![]() |
Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012) This is the LitNet archive (2006–2012) |
||||
|
Fanie Viljoen - 2011-02-22 ink eendag sal ek hierdie vuis vol gedigte in ink doop en hulle versigtig reël vir reël op jou vel tattoeëer oor die ronding van jou boarm jou bors jou maag soos vlerke oopgesprei oor die kruis van jou rug oor jou bene in jou lies
eendag sal ek hierdie woorde in ink doop en wanneer jy die wêreld ingaan met klere aan sal niemand weet dat jou lyf my digbundel is nie ![]() • Klik hier vir die kompetisie-besonderhede
|


