Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews

Resensies | Reviews


<< 1 2 3 4 12 >>

Die dokter as vennoot: ’n Juweel vir die gestoomrollerde publiek
Douwlina du Plessis - 2011-12-15
Die dokter as vennoot Dr Dawie van Velden Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194666 Prys: R180.95 Klik hier en koop Die dokter as vennoot nou van Kalahari.net! Dié lekkerlees 260-bladsy-boek is deur Protea Boekhuis uitgegee en vul beslis ’n ruimte en behoefte in die mark. Mense met vrae oor die mediese toestande wat hulle, om verskeie redes, nie met hulle mediese praktisyns wil bespreek nie, het hier goeie toegang tot mediese inligting wat op die man af is en betroubaar en...

Grilbrigade laat die jeug weer skrikwakkerregop sit
Nanette van Rooyen - 2011-12-15
Grilbrigade Fanie Viljoen Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156240 Prys: R90.95 Klik hier en koop Grilbrigade nou van Kalahari.net! Fanie Viljoen, die Vrystaatse jeug- en kinderboekskrywer, het dit as missie om die jeug aan die lees te kry en dit so te hou. Hierin slaag hy met vleuels aan die voet. Opvallend van sy skryfstyl is sy trefseker woordgebruik, fantastiese verbeelding en skerp sin vir humor. Sy mees onlangse publikasie, Grilbrigade, laat die jeug weer skrikwakkerregop...

Triumph of the Pennywhistle: Occasionally stirring but entirely overwrought debut
Jonathan Amid - 2011-12-15
Triumph of the Pennywhistle Sofi Adelbrand Publisher: Frog Books ISBN: 9789381115312 Price: R195.00 Order your copy from s.adelbrand@gmail.com. While I was reading Sofi Adelbrand’s debut novel Triumph of the Pennywhistle(the author’s real name is Runa Prinsloo) a few questions relentlessly battered against the hinges of my reading experience: Is there a limit to the ways that certain stories can be told? Do we, and should we, forgive authors certain limitations and flaws due to the...

The Boers in Angola: There for even longer than you thought
Bill Nasson - 2011-12-14
The Boers in Angola 1928–1975 Nicol Stassen Publisher: Protea Book House ISBN: 9781869193959 Price: R335.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. At 656 pages this is a very fat book behind which can be found not only an extraordinarily industrious and dedicated author, but a battalion of individuals, numbering around 500, who provided research assistance. If you are looking for an illustration of the observation about current history made some years ago by the eminent British...

Die see, die Vrou
Sandra Troskie - 2011-12-14
Die see Reza de Wet Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869195205 Prys: R150.95 Klik hier en koop Die see nou van Kalahari.net! Was die keuse vir die titel van die drama, Die see, ’n slordige fout of net ondeurdag? Dít was die vraag wat my ná die eerste lees daarvan genoop het om dié jongste drama van Reza de Wet, wat pas in boekvorm by Protea Boekhuis verskyn het, ’n tweede keer te takel. Op die oog af is dit ’n historiese drama wat in die tyd van die...

David Kramer: ’n Biografie: ’n Gesaghebbende boek oor Kramer se werk
Schalk D van der Merwe - 2011-12-14
David Kramer: ’n Biografie Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049678 Prys: R159.95 Klik hier en koop David Kramer: ’n Biografie nou van Kalahari.net! Ek was baie opgewonde toe ek gevra is om hierdie biografie te resenseer. David Kramer se statuur as kunstenaar en sy ongelooflike bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek en teater vereis werklik nougesette aandag, en maak die idee van ’n biografie ’n welkome een. Biografieë oor Suid-Afrikaanse...

Boereoorlogstories in ’n gesoute samesteller se hande
Heini Heydenrych - 2011-12-14
Boereoorlogstories: 34 verhale oor die oorlog van 1899-1902 Jeanette Ferreira (samesteller) Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624051398 Prys: R175.95 Klik hier en koop Boereoorlogstories nou van Kalahari.net! Die twee sentrale gebeurtenisse in die Afrikaners se geskiedenisbewussyn, die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog, het al tot heelwat geskrifte – wetenskaplike geskiedskrywing sowel as fiksie – aanleiding gegee. Dis egter opmerklik dat oor nóg die Groot Trek nóg die...

Skrapnel as sleutelmetafoor
Brink Scholtz - 2011-12-14
Skrapnel Willem Anker Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194093 Prys: R150.95 Klik hier en koop Skrapnel nou van Kalahari.net! ’n Jong, wit, Afrikaanse man is op een van die moltreine in Londen waarin daar op 7 Julie 2005 ’n bom ontplof. Die drama open met die ontploffing, oomblikke nadat “Chris”, onder puin begrawe, daarvan bewus word dat hy besig is om dood te gaan. Die daaropvolgende tonele blyk geheueterugflitse te wees voordat hy sterf. Aan die woord is Chris en...

Weerlig van die ongeloof spreek van tematiese verskeidenheid en geslaagde natuurbeelding
Marius Crous - 2011-12-13
Weerlig van die ongeloof Johann de Lange Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194512 Prys: R150.95 Klik hier en koop Weerlig van die ongeloof nou van Kalahari.net! In ’n onderhoud wat Bibi Slippers op 10 November met Johann de Lange gevoer het oor sy jongste bundel, verwys Johann na die skildery van Judith Mason op die voorblad en merk op: Vir my begin ’n boek by die omslag – dit is waar jy die eerste kodes aan die leser deurgee. Die oog op Weerlig is belangrik omdat die...

Kronkelpad trek al die los drade bymekaar
Madri Victor - 2011-12-13
Kronkelpad Irma Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053873 Prys: R124.95 Klik hier en koop Kronkelpad nou van Kalahari.net! “Die lewe loop soms vreemde kronkelpaaie met ’n mens,” vertel Lettie Louw se ma haar op skool nadat sy, soos vele ander meisies, tevergeefs op die gewilde en aantreklike De Wet Fourie verlief raak, “maar elke pot kry op die ou end sy eie deksel.” Indien jy Irma Joubert se trilogie gevolg het, met Anderkant Pontenilo as die eerste boek...

Streekselement gee bestaansreg aan Bitter heuning
JB Roux - 2011-12-08
Untitled Document Bitter heuning Hermoine Suttner Uitgewer: Kwela ISBN: 9780795703133 Prys: R189.95 Klik hier en koop Bitter heuning nou van Kalahari.net. Volgens SASOL se Vetplante van Suid-Afrika is die Sandveld ’n “sanderige, plat area met rotsriwwe” en strek dit vanaf Alexanderbaai in die noorde tot Bloubergstrand in die suide. Bogenoemde boekie verklaar ook: “(D)ie Sandveld (is) diamant-, vis- en kreefwêreld, ’n plek met sy eie unieke karakter, aardse,...

Reclaiming the L-Word: Piercing the Solid Silence
Janka Steenkamp - 2011-12-08
Untitled Document Reclaiming the L-Word: Sappho’s daughters out in Africa Editor: Alleyn Diesel Publisher: Modjaji ISBN: 9781920397289 Price: R153.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. After they’ve fed off of your memories Erased dreams from your eyes Broken the seams of sanity And glued what’s left together with lies, After the choices and voices have left you alone And silence grows solid Adhering like flesh to your bones Lebogang Mashile – In...

A Sailor's Honour: Ambitious, intelligent and enjoyable thriller
Jonathan Amid - 2011-12-07
A Sailor’s Honour Chris Marnewick Publisher: Umuzi ISBN: 9781415201633 Price: R171.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. As the winner of the University of Johannesburg Prize and the K Sello Duiker Memorial Award, Chris Marnewick has made a name for himself as a thriller writer who believes his novels should contain certain non-negotiable elements: gripping, complex premises and the interweaving of various connected plot lines; characters closely involved with the law, with its...

Grape bring kwessies uitdagend dog verteerbaar na vore
Johan Fourie - 2011-12-07
Grape: From Slavery to BEE Jeanne Viall, Wilmot James en Jakes Gerwel Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049388 Prys: R179.95 Klik hier en koop Grape nou van Kalahari.net! Ek het die boek met die kleurvolle voorblad sien lê op die rakke van my plaaslike boekwinkel en dit belangstellend opgetel en deurgeblaai. Interessant, ja, maar vir ’n Stellenbosser is ’n boek oor wyn tog soos sneeu vir ’n Eskimo, nie waar nie? Die mededinging vir leestyd is elk geval so straf, het...

Bloedwater is onderhoudend en goed uitgewerk
Gerhard Scholtz - 2011-12-07
Bloedwater Douwleen Bredenhann Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155595 Prys: R180.00 Klik hier en koop Bloedwater nou van Kalahari.net! Na Douwleen Bredenhann se emosiebelaaide debuut, ’n Hemelhoë hekkie, volg Bloedwater, ’n roman waarin ’n familie uitmekaar geskeur word. Vir die lesersmark nog ’n populêre tema as dit onder die topverkopers val. Die verhaalgegewe is dramaties: die hoofkarakter, ’n nugtere Adriana Coetzer, staan op trou...

Gedeeltes van Wildvreemd boei
Helize van Vuuren - 2011-12-06
Wildvreemd Carina Stander Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053392 Prys: R175.95 Klik hier en koop Wildvreemd nou van Kalahari.net! Die motto voorin Wildvreemd is uit die Jungiaanse analis en storieverteller Estés se Women who run with the wolves. Contacting the power of the wild woman (1992): “Nag na nag word ons gebore uit dieselfde wilde droom.” Die wolf is vir Estés die argetipe van die wilde vrou, en sy glo dat sprokies, mites en feëverhale instruktief is...

Things I Thought I Knew: Lyrical and gripping sophomore effort from Kathryn White
Jonathan Amid - 2011-12-01
Title: Things I Thought I Knew Author: Kathryn White Publisher: Umuzi ISBN: 9781415201220 Price: R162.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. In a year that has seen bold and brilliant literary works from the likes of Finuala Dowling, Henrietta Rose-Innes and Ivan Vladislavic, to mention but a few, Kathryn White’s second novel, Things I Thought I Knew (following her first novel Emily Green and Me) enters the fray amid relatively little hype. Having read this stunning new novel...

Reader’s Review: Inspiration and the Inner Wolf: Women Who Run With The Wolves
Elizabeth Joss - 2011-11-30
Untitled Document Women Who Run With The Wolves Author: Clarissa Pinkola Estés Publisher: Rider & Co ISBN: 9781846041099 Price: R195.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. It’s only once in a lifetime that you come across a book that really makes sense to you as a woman and inspires you utterly. Clarissa Pinkola Estés’s novel Women Who Run With The Wolves does just this. Estés constructs the novel in the most distinctive way. She is a cantadora,...

Barend Vos se ’n Dorp soos Silwer Streams vat die platteland aan
Jaco Fouché - 2011-11-29
’n Dorp soos Silwer Streams Barend Vos Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053101 Prys: R175.95 Klik hier en koop ’n Dorp soos Silwer Streams nou van Kalahari.net! Toe ek die resensiekopie ontvang en agterop lees die boek is ’n “literêre debuut”, wou ek vra vir wat ’n dominee-skrywer wat waarskynlik heel goed vaar met sy kontreivertellings en Bybelromans wil oorloop na die dark side. Dáár hou skribbelaars wat min verkoop; dáár...

Bram Fischer: ’n Portret van teenstrydighede
Chris Marnewick - 2011-11-29
’n Seun soos Bram: ’n Portret van Bram Fischer en sy ma Ella Hannes Haasbroek Uitgewer: Umuzi ISBN: 97814152014703 Prys: R220 Klik hier en koop ’n Seun soos Bram nou van Kalahari.net! Soggens as ek oor Bram Fischerweg in Durban werk toe ry en my staal vir die dag se sake, wonder ek oor die advokaat wat Bram Fischer was. Wanneer ek smiddae op dieselfde roete huis toe ry en so in die ry van die advokaat in my ontslae raak, dan wonder ek weer oor die Bram Fischer wat ook so...

Resident Alien told you so
Janet van Eeden - 2011-11-24
Untitled Document Resident Alien Author: Rian Malan Publisher: Jonathan Ball ISBN: 9781868423569 Resident Alien has been reprinted since 2009, and it’s a good thing it’s back on our shelves. Some people, like me, missed it the first time around. Although the most recent piece written dates to 2010, Malan has added postscripts at the end of each entry to update the collection. It adds an interesting dimension to see how his articles can sometimes predict the way events will unfold....

Radical Middle: Confessions of an Accidental Revolutionary – Extraordinarily self-reflexive and satirical
Isaac Ndlovu - 2011-11-24
Untitled Document Radical Middle Confessions of an Accidental Revolutionary Author: Denis Beckett Publisher: Tafelberg ISBN: 9780624049128 Price: R162.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. Beckett’s autobiography, Radical Middle Confessions of an Accidental Revolutionary (2010), has echoes of Breytenbach’s The True Confessions of an Albino Terrorist (1984). One may designate both narratives “meta-autobiographical” because of their extra self-reflexivity on...

Hiervandaan: Baie meer as ’n road movie
Harry Kalmer - 2011-11-24
Hiervandaan: Op reis in die geliefde land Dana Snyman Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780798151139 Prys: R142.95 Klik hier en koop Hiervandaan nou van Kalahari.net! Hulle is besig om dood te gaan. Die ooms wat Old Spice gedra het. Die ooms wat kortbroeke, kniekouse en pampoengeel Grasshoppers gedra het. Die ooms wat nooit oorsee gegaan het nie. Die ooms wat hulle Joseph Rodgers-knipmesse se lemme smal geslyp het. (Vir ’n slypsteen was hulle beslis nie bang nie.) Die ooms wat gedink het...

Spitstyd: ’n Boek vir haastig koop en stadig lees
Chris van der Merwe - 2011-11-22
Spitstyd: Uitgesoekte rubrieke Wilhelm Jordaan Uitgewer: Litera Publikasies ISBN: 9781920188351 Prys: R153.95 Klik hier en koop Spitstyd nou van Kalahari.net! In ’n tyd soos ons s’n, waarin mense haastig dink en vinnig skryf, staan die weeklikse koerantrubrieke van Wilhelm Jordaan uit. En nou is daar goeie nuus vir mense wat aan sy rubrieke verslaaf is (en ook vir mense wat sy rubrieke nog nie ken nie): so pas het ’n keur daaruit verskyn onder die titel Spitstyd, in Pretoria...

Byleveld: Realiteit is altyd harder, kouer en meer skokkend as fiksie
Gerhard Uys - 2011-11-22
Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder Hanlie Retief Uitgewer: Umuzi ISBN: 9781415201428 Prys: R129.95 Klik hier en koop Byleveld nou van Kalahari.net! “Die twee is honger. Hulle sny die vleis van die lyk se boude af en braai die stukke net daar: asof dit skaaptjops is. Maande later vra Piet Byleveld vir hulle hoe dit voel om ’n mens te eet na jy hom gesodomiseer het. Dis net vleis sê die kaalkop sonder emosie, sonder berou. Net vleis en hulle was honger.” Hannelie...

The other Booker Prize: Sonderlinge verhale vanuit die rand van ons gesigsveld
Chris van der Merwe - 2011-11-16
The other Booker Prize Azila Talit Reisenberger Uitgewer: Pretext Publishing ISBN: 9780987004239 Azila Reisenberger het in ’n Hebreeuse huisgesin in Israel grootgeword, as jong vrou die wêreld deurreis, en haar later saam met haar Duitse man in Kaapstad gevestig. So pas het van hierdie merkwaardige vrou ’n tipe “vermomde outobiografie” verskyn met die raaiselagtige titel The other Booker Prize. Die hoofkarakter heet Abigail Pearlmutter, ’n karakter wie se lewensloop...

Woord vir woord: ’n Genotvolle stukkie werk
Daantjie Badenhorst - 2011-11-16
Woord vir woord: 'n lewensreis Johan Stemmet Uitgewer: The Penguin Group ISBN: 9780143528180 Prys: R129.95 Klik hier en koop Woord vir woord nou van Kalahari.net! Die afgelope twintig jaar is Johan Stemmet ’n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie as aanbieder van die gewilde musiekvasvra Noot vir noot. Noudat sy sestigste verjaardag nader kom, het hy besluit om sy lewensverhaal te vertel. Hy begin sy verhaal met sy kinderjare op die Namakwalandse dorpie Kleinzee. Hy vertel van...

Riviereland – Twee besoeke aan Nederland: ’n Diachroniese reisverslag
Cilliers van den Berg - 2011-11-16
Riviereland: Twee besoeke aan Nederland Karel Schoeman Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194970 Prys: R250.95 Klik hier en koop Riviereland: Twee besoeke aan Nederland nou van Kalahari.net! Die jongste werk uit die pen van die befaamde romansier en historikus Karel Schoeman is ’n reisverslag getiteld Riviereland: Twee besoeke aan Nederland. Soos wat deur die titel aangedui word, beskryf die teks twee besoeke van Schoeman in 1999 en 2003 aan Nederland, hier beeldend voorgestel as...

Light and After: From the mind of a sensitive poet
Dike Okoro - 2011-11-15
Untitled Document Title: Light and After Author: Kobus Moolman Publisher: Deep South Publishers, Grahamstown ISBN: 9780958491570 Published: 2010 Kobus Moolman’s Light and After is his fifth collection of poetry. Lyrically evocative and engaging, this collection reintroduces readers familiar with Moolman’s poetry to his confident lines, unique images, memorable language and impressive narrative voice. In this collection Moolman uses a mixture of prose poems and short/lyric poems to...

Inspring, kêrels! – Waarvoor dié heruitgawe?
Matilda Burden - 2011-11-15
Inspring, kêrels! PJ Schoeman Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869192228 Prys: R120.95 Klik hier en koop Inspring, kêrels! nou van Kalahari.net! My heel eerste vraag met die herlees van PJ Schoeman se Inspring, kêrels! was: Vir watter mark is hierdie boek (die heruitgawe van die oorspronklike boek wat in 1960 verskyn het) bedoel? Die vraag het my van begin tot einde gepla. Daarmee saam gaan die vraag waarom Protea Boekhuis besluit het om ’n heruitgawe te laat verskyn....

Bundu: A worthy trip into the wild
Jonathan Amid - 2011-11-08
Untitled Document Title: Bundu Author: Chris Barnard Translator: Michiel Heyns Publisher: Umuzi ISBN: 9781846881763 Price: R171.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. As one the so-called Sestigers, a group of Afrikaans literary titans, Chris Barnard found critical acclaim. With the release of his novel Boendoe in 1999 Barnard continued this trend. Now, twelve years later, heavyweight translator Michiel Heyns has vividly brought the novel to life in English. The result is Bundu,...

Bra Gib: It’s about bloody time!
Rob Gaylard - 2011-11-02
Untitled Document Bra Gib Author: Rolf Solberg Publisher: University of KwaZulu-Natal Press ISBN: 9781869142094 Price: R150.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. This book is long overdue (one recalls the title and theme song of one of Bra Gib’s best-known shows, HowLong). It pays tribute to the life and work of Gibson Kente, variously described as “the father of township theatre”, a “garage genius”, a “national treasure” – and a “traitor”....

“Relishing the deep badness”: Reading Leon de Kock’s Bad Sex
Jonathan Amid - 2011-11-01
Untitled Document Bad Sex Author: Leon de Kock Publisher: Umuzi ISBN: 9781415201527 Price: R171.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. As an established academic, critic and acclaimed poet, translator and travel writer Leon De Kock has made a name for himself as a meticulous, opinionated contributor to various social and cultural streams. He is no stranger to controversy, and his first novel, Bad Sex, is a suitably risqué exploration of the current crisis of masculinity. As...

Die rolbalspeler: ’n Held op die rolbalbaan
Ilse Carla Groenewald - 2011-11-01
Die rolbalspeler Zain Eckleton Uitgewer: Kwela Books ISBN: 9780795703225 Prys: R157.95 Klik hier en koop Die rolbalspeler nou van Kalahari.net! Ek kan hierdie resensie begin met pragtige vergelykings tussen die tonnelvisie of “amper” blindheid van die hoofkarakter, Hans Meintjies, en hoe die verhaal hom afspeel, maar dit sal afbreuk doen aan die eenvoudige genot wat hierdie debuutroman van Zain Eckelton die leser verskaf. Die boek is pure plesier en een van die mooiste liefdesverhale,...

Te min kodeks – te veel huilende tjello’s
Joan Hambidge - 2011-11-01
Kodeks Nini Bennett Uitgewer: Cordis Trust Publikasies ISBN: 9780620500302 Die afgelope tyd het daar ’n handvol sterk debute verskyn. Van Andries Samuel se Wanpraktyk tot Martina Klopper se Nadoodse ondersoek; Melt Myburgh se oewerbestaan en Loftus Marais se Staan in die algemeen nader aan vensters. Fourie Botha se Donkerkamer en ’n hele rits nuwe digters wat sowel in die Versindaba se bloemlesings as in die Nuwe stemme-reeks die aandag getrek het. Die jongeling Jasper van Zyl...

Blou Maandag: Bundel het vermaak sowel as meriete
Jaco Fouché - 2011-10-26
Blou Maandag Saamgestel deur Kerneels Breytenbach Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053897 Prys: R144.95 Klik hier en koop Blou Maandag nou van Kalahari.net! “Skryf oor Blou Maandae,” was die opdrag aan die 35 bydraers tot hierdie bundel wat Kerneels Breytenbach saamgestel het. En hulle het, in mindere of meerdere mate. Sommige het nougeset by Maandae gehou, soos Philip de Vos in sy vermaaklike “Ek en ’n motorkar”. Ander het die opdrag verder geneem as die dag,...

Johnny is nie dood nie – ’n Uiters waardevolle toevoeging tot die Suid-Afrikaanse drama
Brink Scholtz - 2011-10-26
Johnny is nie dood nie Malan Steyn Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194475 Prys: R150.95 Klik hier en koop Johnny is nie dood nie nou van Kalahari.net! Vier universiteitsvriende ontmoet mekaar in 2002 vir ete, kort na Johannes Kerkorrel se selfmoord. Die dramatiese handeling ontvou tydens die verloop van hierdie aand, met die vriende se ongemaklike reünie, afgewissel deur terugflitse na sleutelfases van hulle vriendskap. Die belangrikste hiervan blyk die tydperk rondom die 1989-Voëlvrytoer...

Vat ’n gap boei, inspireer en vat raak
Alette de Beer - 2011-10-26
Vat ’n gap Jana du Plessis Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052739 Prys: R139.95 Klik hier en koop Vat ’n gap nou van Kalahari.net! “Ek is Jaz Coetzee en ek doen fashion.” Jana du Plessis het met haar debuut ’n eietydse, prontuit storie geskep wat veral sal praat met jongerige meisies wat hou van chick flicks, ontwerpersklere, cocktails, nagklubs en lang, aantreklike mans. Nes die karakters is die boek mooi verpak met ’n sjiek omslag wat smeek om saam met...

Helse manier van koebaai sê: Die finale Rooi Luiperd stel nie teleur nie
Madri Victor - 2011-10-26
Helse manier van koebaai sê Francois Bloemhof Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155878 Prys: R162.95 Klik hier en koop Helse manier van koebaai sê nou van Kalahari.net! James Bond. Sinoniem met ver, eksotiese plekke, vinnige motors, mooi meisies en gedugte teenstanders. Die wêreld van ’n MI5-agent bestaan uit spanning, avontuur, lewensgevaarlike opdragte en baie glitz and glamour. Suid-Afrika se weergawe van James Bond, agent Mark Steyn, oftewel die Rooi Luiperd,...

The Tempest Prognosticator: Enlivened poems worth reading
Kobus Moolman - 2011-10-25
Untitled Document Title: The Tempest Prognosticator Author: Isobel Dixon Publisher: Umuzi ISBN: 9781415201619 Price: R117.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. Isobel Dixon is the author of two previous collections of poetry, Weather Eye (Carapace, 2001) and A Fold in the Map (Jacana, 2007). She won the Sanlam Prize and the Olive Schreiner Prize for her debut collection. Although she grew up in the Karoo, she currently works in London as a literary agent. I must confess at the outset...

Imagine Africa: Idealism and disillusionment in the imagining of Africa
Richard Jurgens - 2011-10-20
Imagine Africa Edited by Breyten Breytenbach Publisher:Island Position, Gorée Institute ISBN: 9781935744993 Imagine Africa, a collection of essays and literary pieces edited and introduced by poet, writer and activist Breyten Breytenbach, is the first in a projected series of volumes from the Gorée Institute, one of whose aims is to “celebrate the vitality and the diverse voices from the dynamic continent of Africa”. The literary pieces collected in this book certainly...

Rugbyboeke 2011 – en een oor krieket
JB Roux - 2011-10-20
In ’n land waar die enigste “celebrities” sporthelde en korrupte politici is, is dit nie vreemd dat daar voor die aanvang van die Wêreldbekertoernooi soveel rugbyboeke verskyn het nie. Maar hoeveel van hierdie boeke gaan gelees word noudat ’n moedswillige skeidsregter die Springbokke die Wêreldbeker ontneem het? Want dis nou so dat Suid-Afrikaners ons nasionale rugbyspan tot die dood toe ondersteun … solank Die Span net nie gaan staan en verloor nie. Vir...

The Other Booker Prize: Amusing, gentle and full of natural wisdom
Janet van Eeden - 2011-10-20
Untitled Document Title: The Other Booker Prize Author: Azila Talit Reisenberger ISBN: 9780987004239 Price: R160.00 Azila Talit Reisenberger has made a name for herself as a poet and short story writer, and also as South Africa’s only female rabbi for the Temple Hillel community in East London. She also heads the Hebrew section of the School of Languages and Literature at the University of Cape Town. Reisenberger wrote her first novel after doing a writer’s residency in The Netherlands...

Die lanternswaaier: ’n boek vol vrae, dog heel leesbaar
Francois Verster - 2011-10-19
Die lanternswaaier SD Fourie Uitgewer: Naledi ISBN: 9780986990779 Prys: R152.95 Klik hier en koop Die lanternswaaier nou van Kalahari.net! Elke boek behoort by die voorblad te begin – die titel kan reeds die eerste frase van die teks wees, of minstens ’n duidelike aanduiding van die inhoud. Die lanternswaaier slaag hierdie eerste toets. Die voorblad-illustrasie ontsluit die boek via die titel en is boonop treffend: met die eerste oogopslag lyk dit soos twee persone wat in ’n...

Ghoera: Speelse verse met oerwysheid
Nini Bennett - 2011-10-19
Ghoera Hennie Aucamp Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194536 Prys: R135.95 Klik hier en koop Ghoera nou van Kalahari.net! Hennie Aucamp het in 1963 as kortverhaalskrywer gedebuteer. Benewens kortprosabundels het hy ook vyf digbundels gepubliseer. Hy het al talle pryse verower en het geen bekendstelling onder sy lesers nodig nie. In dié nuwe digbundel tree musiek op die voorgrond. Die titel, Ghoera, dui op ’n primitiewe musiekinstrument wat deur die Boesman, Khoi en Koranna...

Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees
Malene Breytenbach - 2011-10-19
Droomdelwers Esta Steyn Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624051459 Prys: R175.95 Klik hier en koop Droomdelwers nou van Kalahari.net! Esta Steyn, bekend vir Weskus-verhale soos die TV-reeks Meeulanders en die roman Kinders van die Sabbatsee, se Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus-gemeenskappe: Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap). Dit word redelik idillies uitgebeeld: wit huisies teen die see, min winkels, straatjies waarin kinders speel,...

Other signs: The extraordinary beauty of “most things quite ordinary”
Karlien van der Schyff - 2011-10-18
Untitled Document Title: Other signs Author: Ingrid de Kok Publisher: Kwela Books & Snailpress ISBN: 9780795703973 Price: R148.95 Click here to buy a copy from Kalahari.net. Ingrid de Kok’s fifth volume of poetry, Other Signs, is a masterful collection of deeply contemplative and quietly lyrical poems about journeys, memories, childhood and ageing, offering critical yet compassionate reflections on the world we find ourselves in. The title of the collection comes from the poem “Vocation”,...

Bek sonner brieke: Elias P Nel is ’n kultuurskat
Riette Rust - 2011-10-18
Bek sonner brieke Elias P Nel Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194604 Prys: R130.95 Klik hier en koop Bek sonder brieke nou van Kalahari.net! Ek het lanklaas ’n bundel vertellinge so geniet soos Elias P Nel se Bek sonner brieke. By monde van oom Goliat Tross, oftewel oom Goltros, kan jy jou verluister, of “verlees”, aan sy stories oor die mense uit die “gorras” (syfergate) van die Boesmanland. Lesers is reeds in 1998 aan dié skrywer se werk bekendgestel...

Die verste uur: ’n Roman vol interessante, dog onderontwikkelde idees
Henry Cloete - 2011-10-11
Die Verste Uur Steve Hofmeyr Uitgewer: Zebra Press ISBN: 9781770221642 Prys: R150.95 Klik hier en koop Die verste uur nou van Kalahari.net! ’n Besige straatkafee in Vredehoek is dalk ’n kakkerige, of dalk juis ’n skitterende, plek om ’n ietwat intense boekbespreking te hou, maar Tank en Trog, ongeskool in die fynere van gedragsriglyne, kon dit onmoontlik nie weet nie. Ligte jazzmusiek speel in die agtergrond en tientalle jongerige mense klets luid en pretensieus...

Hondsdol: Iets Suid-Afrikaans vir jou boekrak
Gerhard Uys - 2011-10-11
Hondsdol Michael Green Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799349580 Prys: R126.95 Klik hier en koop Hondsdol nou van Kalahari.net! Joernalis Ben Klopper het sy werk verloor. Dit maak hom effe terneergedruk, maar benewens dit is die lewe op Port Elizabeth rustig. Hy is lief vir sy familie en hoewel hy en vrou Gracie kort-kort vassit, lyk dit of hulle deur hulle probleme sal kan werk. Seun Henry dink pa Ben is die “coolste” pa ooit. Sy pa leer hom allerhande gevegskunstruuks...


<< 1 2 3 4 12 >>