Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Reis | Travel > Kompetisies | Competitions

Kompetisies | Competitions


<< 1 2 3 4 5 >>

Langpad-storiekompetisie: Verlore in vertaling?
Willemien Jansen - 2010-07-13
Al wat hierdie dag kan red, is sigarette, chips en bier, dink ek toe ek in die straat afloop na die kafee naby my woonstel. Dit was ’n uitputtende dag met té veel vreemde geluide en té veel dinge vir my brein om te absorbeer. CAUTION, CAUTION: INFORMATION OVERLOAD! Aan die voet van die heuwel sprei die see voor my uit. Iets omtrent die see hier lyk af. Dis te blou, te kalm. Iets omtrent die hoek van die water is ook nie heeltemal reg nie. Ek het al probeer om dit aan mense te...

Langpad-storiekompetisie: Langs die pad
SD Fourie - 2010-07-13
Soms loop ’n mens se spore ver en wyd. Vergaap jy jou aan die wonders van ander wêrelde, die “ieder woelt hieronder” van vreemde nasies en hulle gewoontes en die diversiteit van die Skepping. Kom jy weer tot stilstand en blaai jy deur jou foto’s, notas en onthougoed; besef jy skielik dat dít wat die blywendste indruk gelaat het, nie die groot wêreldstede en hulle bekende toeriste-attraksies is nie. Mense in hulle eenvoud en opregtheid is dikwels jou kosbaarste...

Langpad-storiekompetisie: Leeujag
Swerwer - 2010-07-13
Op ’n koue winteroggend pak ons die Toyota – ons gaan leeu jag! Oom Sterk Koos anderkant Outjo het gebel; die leeus het deurgebreek vanaf Etosha en is besig om tussen sy beeste te maai. Kan ons nie asseblief vir Jakob bring en die gediertes kom skiet nie? Die laaste woorde was nog nie eers by die oor nie, toe is die bakkie gepak. Hannes is co-driver; Diklieg die skinker. Dit is baie moeilik om te bestuur en jou eie doppie te gooi – seker dié dat hulle aanbeveel “moenie...

Langpad-storiekompetisie: Die Vinger
Swerwer - 2010-07-13
Dis 4 Desember 1976; die pad is warm en hittegolwe veroorsaak hersenskimme van drywende water doerrr ver op die teer. Die Ford Escort – ’n 1600 Sport, helder oranje – wil-wil aan die kook gaan, en die bordjie regs voor langs die pad lees Mariental (nog) 200 km. Dis ’n plat stuk aarde tussen Keetmanshoop en Mariental; jy kan môre twee dae ver sien aankom en gister is drie dae later steeds sigbaar. Ons is moeg, warm en gatvol gery, ek en my nuwe vrou. Pasgetroud en pas...

Langpad-storiekompetisie: Wiederschau
Swerwer - 2010-07-13
Wat sou ek nie wou gee om lekker rustig met ’n kouetjie in die hane op Myl 108 se strand te sit nie. ’n Vuurtjie wat kringlig sprankel met afgeëtste donker figure wat jou bekruip uit ’n nooit vergete kindernag. Niemand in sig – net die volmaanstrale wat sonate op deinende water speel. Onder die oppervlak, dof en verlig, dansende seewier met swaaiende spookhande, grypend na bo, grypend na lig, in pas met ’n vrees uit donker dieptes aangejaag. G’n musiek,...

Langpad-storiekompetisie: Van die pad af
Swerwer - 2010-07-13
Die oomblik dat jy die grenspos by Ramatlabama, duskant Zeerust, oorsteek, begin jou reis. ’n Reis wat jou neem na ’n wonderwêreld van ’n amper vergete, verbyry-stukkie Afrika – die wêreld van die Trans-Kgalagadi-deurpad tussen Suid-Afrika en Namibië. Die pad tussen Lobatse en Jwaneng word gekenmerk deur seer duime van mynbedrywighede; skagtorings wat die landskap bederf met staal en wiel – nie dat dit jou nuutgevonde vryheid aan bande lê nie....

Langpad-storiekompetisie: Mosambiek toe – die “macho-roete”
Henning Janse van Vuuren - 2010-07-13
Dit is nog ses maande voor die Wêreldbeker en ons buurman se laaitie blaas sy vuvuzela een strook deur. Hy is ’n klein mannetjie. Daarom kon ek aanvanklik nie glo hý is vir die oorverdowende geskal verantwoordelik nie. In my geestesoog begin ek ’n chaotiese, onbeheerste toevloei van buitelanders sien. Tot so ’n mate dat ek nie my gat kan draai nie. Ek sien brandstoftekorte. Diesel, leaded en unleaded. Ek sien massas bulderende vuvuzelas, duur vlugte en onbekostigbare...

Langpad-storiekompetisie: Muzungu op ‘n Afrikabus
Piet du Toit - 2010-07-13
Ná derduisende kilometers op alle moontlike (en soms onmoontlike) vervoermiddels en paaie in Indië en Afrika oor die afgelope klompie jare het ek gemeen ek is alles gewoond en kan alles hanteer. Maar Afrika het die vermoë om jou onverhoeds te oorval en jou uitgelewer, weerloos en dikwels sprakeloos te laat. Die busrit tussen Yei in die suide van die Soedan en Kampala, hoofstad van Uganda, is ’n voorbeeld hiervan. Ons Gateway-bus sou die Woensdagoggend stiptelik om 03:00 uit...

Langpad-storiekompetisie: 'n Dag in Bangkok
Tilla Diedericks - 2010-07-13
Kuier ons in die Ooste op ons eerste oorsese vlug. Ek en die man. Ons land op Don Muang International Airport. Iemand moet ons oplaai om ons na die Indra Regent Hotel te neem, waar ons tuisgaan. Die skuifdeure van die lughawegebou gaan oop en ek smelt soos ’n KFC-roomys in die warmste, bedompigste lug wat ek al ooit gevoel het – whap! in my gesig. Ons pak uit en stort en geniet die lugversorgde hotel. Eet aandete, drink goor wyn en gaan slaap baie opgewonde. Môre is ons eerste...

Langpad-storiekompetisie: Vodka vir die siel
Anneke Pelser - 2010-07-13
Om te shkink of nie te shkink nie ... Dít ish die vraag. In Moskou is daar twee dinge wat jou sal laat val dat jy hik: sneeu en vodka. Maar as jy só koud kry dat jy begin shtik en shtotter en jou bloed shtol, vat ’n kanshie! Shluk ’n shopie. Klink daarop en bottoms up! Net een hap. En SÍT die glasie met mening op die toonbank neer. Van vodka, so vertel die Russe my, kry mens net twee tipes: goed en baie goed! Dié “klein water” is al langer as...

Langpad-storiekompetisie: Staning
Johann de Jager - 2010-07-13
Aankoms, aanstons by die staning, reeds binne sig in fluoor-halogeenwoestynlig van die sakson, nog skroeiend – selfs teen die laat lae helling gekantel – trek momentele realisme uit daelange hallusinasies. “Nog anderhalfuur!” skree die roeteroeper, sy stem ’n karinkel. Die vrome vroue trek hulle sluiers af, ululeer aalelujas. My reisvoogde is Kopte, Christene in ’n Dervisjgebied. Hoe anders kom ’n wit suiderling oorland lewend deur die Sahel; ons vir wie...

Langpad-storiekompetisie: Sepiarit na groen heugenisse
Johann de Jager - 2010-07-13
“… dan soek ek in die maanlig al die mooiste plekkies uit waar ek klei-osse gemaak het as ’n kind.” Toon van den Heever “Platteland” het ’n ander betekenis in die Hoëveld as byvoorbeeld in die Karoo of Springbokvlakte. In “Karoo” is ’n stil platheid soos ’n pan roerlose staanwater, vlak by alles verdamp. Nogal ’n naam wat hulle daar sou kon gebruik soos ander sulke beskrywendes: Verneukpan, Grootvloer en Hakskeenpan...

Langpad-storiekompetisie: Spitsverkeer
Gerrie Odendaal - 2010-07-13
Sondagmiddae het Patrys se ma en pa agter die slaapkamerdeur verdwyn om ’n uiltjie te knip. Dan moes niemand aan daai kamerdeur klop nie ... So het Patrys eendag van verveeldgeit die Ford se sleutels gevat en in die garage agter die stuurwiel ingeklim. Geoefen hoe om met daai hefboompie te dim en te bright en in sy verbeelding ver paaie gery ... Toe die tyd kom vir Patrys om sy bestuurslisensie te kry, kon hy dim en bright saam met die beste van hulle. Die Ford Fairlane het syne geword en...

Langpad-storiekompetisie: Is dít hoe die KGB lyk?
Anneke Pelser - 2010-07-08
“Kom ons maak die beste van vandag, want môre val ons miskien vas in die sneeu.” Só lui ’n ou Russiese spreekwoord. Vir die sneeu kan ek nie meer wag nie, al val ons dan letterlik vas. Om darem die grys en dooie landskap in ’n spierwit sprokieswêreld van duisende kleure en weerkaatsende liggies te sien verander, sal die moeite werd wees. Oor probleme van gladde ys in die straat sal ek my later bekommer. Daardie renostersnot-gladde ys wat vorm as die...

Langpad-storiekompetisie: Zoeknog, Violet Bank van onder af
Johann de Jager - 2010-07-08
Daardie bloue berge van die onderwêreld darem onder die platorand – “eskarp”, wil ek soms sê, want dit eggo die woord “skerp” tot amper ’n fotobeeld van die kantelende afgronde by Graskop, Venus, Kowyns en ’n bietjie verder aan Marieps. Mense wil altyd van bo af op die strekkende panorama afkyk, waar die laeveld stomend deur lang somers lê. Daardie blou berge haal iets uit my soos water delikate kleur en geur uit teeblare haal, maar...

Langpad-storiekompetisie: Uit die mond van die suigeling
Kerneels - 2010-07-02
Capies, bergies, sout-van-die-aarde-mense. So eerlik soos ’n spieël, sonder skaamte, en tog … mens. Vuil, soms. Dronk, meestal. Tandeloos … Wel, ’n Capie met tande is nie ’n Capie nie. So ’n paar jaar gelede is ons as gesin op ’n mini-toer deur ons grootworddorpies in die Oos-Kaap. Uitenhage, Despatch, Swartkops, Port Elizabeth … Pa wys ons die huisie waarin hy jare gelede gebore is. Ma wys waar sy en haar gesin gebly het toe hulle doerie jare...

Langpad-storiekompetisie: Die barrakuda van Khor Najd
Anneke - 2010-07-02
Na Khasab, in die Musandamprovinsie van Oman, daar waar ek vir oompie Moses raakgeloop het, was ons al ’n paar keer vantevore. Die area het ’n bekoring van sy eie. Geen wolkekrabbers nie, en niks wat blink en goud is nie. Net doodgewone steenhuise, en hier en daar oorblyfsels van antieke modderstrukture en uitgediende forte. En dís waarnatoe ons vandag weer op pad is. GPS, kameras, koelboks en stoele ingepak. Spesiaal vir Chris: ’n ekstragroot toiletrol! Voor hy weer kniediep...

Langpad-storiekompetisie: Griekse gode?
Elma - 2010-07-02
Eienaardig, dog interessant, die mans van Griekeland! ’n Vriendin merk onlangs op dat die Griekse sokkerspan inderdaad met die aantreklikste mans in die Wêreldbekertoernooi spog – weet nou nie dáárvan nie, maar my ondervinding met hulle in Griekeland was beslis nie vervelig nie. Met die intrapslag in die land sien mens die mans sit en speel kaart en die vroue vee en pas kinders op! Soveel te sê vir vroueregte en emansipasie. Selfs in die soewenierwinkels is...

Langpad-storiekompetisie: Kaapse kapers
SD Fourie - 2010-07-02
Ons Overbergse voorvaders het oor die Ghantou-pas getrek om hulle hier aan die ander kant van die berg te kom vestig. Hulle het die wêreld vir ons mak gemaak en geslagte het in liefde en vrede saamgewoon. Só glo ons. Ek betwyfel heel dikwels die liefde en vrede, want die ou spulletjie was ook maar hardkoppig as ek die streke van die nageslagte so beskou! Swaarkry was daar wel, maar ek glo nie dat hulle ooit noemenswaardige gevare getrotseer het nie. Anders as vandag, want dat ’n...

Langpad-storiekompetisie: Kraanvoël se reise op pap tyres
Harry Louw - 2010-07-02
Kraanvoël het by Alexcor in Alexanderbaai as ’n painter gewerk. Sy naam het hy gekry deur sy waardige manier van stap. Hy het so vernaam ’n afgemete tree op ’n slag gestap, soos ’n kraanvoël deur die vlei. Hy het daar in die buitekamp vir enkellopende mans gebly, soos die meeste van die jongmanne daar. In daardie dae was dit die manne se doelwit om getroud te kom en dan saam met die vroutjie in ’n huis in die binnekamp te gaan bly, waar die getroude mense gebly...

Langpad-storiekompetisie: Gouelokkies en die 300 skrape
Marion Erskine - 2010-07-02
Ek kort ’n massering Kyk, om ’n masseringsplek in die Verre Ooste te kry, is basies dieselfde as om ’n plek te soek wat rys bedien. Dit is oral. Net waar jy kyk. Om elke hoek en kant. Sommiges vryf net jou voete. Ander jou hele lyf ... en ander vryf (of knyp) katte in die donker. Nooit was daar ’n tekort aan plekke waar jy net rustig kan gaan lê vir ’n Thai-massering nie. In Thailand is dit nog spotgoedkoop ook, en jy betaal so R40 vir ’n massering van ’n...

Langpad-storiekompetisie: Parys - Toe nie so romanties nie
Marieke Snyman - 2010-07-02
Ek was 18 jaar oud en het besluit om die jaar ná skool vir myself te neem. Om myself te vind, jy weet. Ek het Europa gaan verken en in Nederland au pair. Eintlik was ek maar vrek bang om êrens heen te gaan. Dit vat tyd om guts aan te groei om die wye wêreld alleen aan te pak, dink ek. Iets waarvan ek nie in oormaat gehad het nie. Maar desnieteenstaande oortuig ek toe een van my mede-au pairs om vir ’n naweek saam met my Parys te gaan verken. Duidelik moet sulke reëlings...

Langpad-storiekompetisie: Busrit in Rusland
Katrina - 2010-07-02
Novgorod, Rusland, 2002. Ná aandete besluit ek en Kim om ’n bietjie deur die park te gaan stap. Hierdie tyd van die jaar is dit nog tot elfuur in die aand heerlik lig en dis ’n Sondagaand. Hoë bome troon dig om ons en oral is daar paadjies wat kruis en dwars loop en kafeetjies en kiosks waar ’n mens iets kan koop om te eet of te drink. Dit is ’n vreemde aand, met ’n vreemde atmosfeer. In die middel van die park kom ons op ’n groot spuitfontein af waar...

Langpad-storiekompetisie: Perde
Susan Hattingh - 2010-06-30
Tant Ralie en oom Daniel het in die vyftigerjare in Amalia naby Sweizer Reynecke gewoon. Hulle was in standerd vier so verlief op mekaar dat hulle ouers glad nie verbaas was toe hulle in standerd sewe afgehaak het en ewige trou aan mekaar gesweer het nie. Tant Ralie het net so hard soos haar man gewerk en haar dierbare man het op sy beurt ook help kinders bad en grootmaak. Hulle was mekaar se beste vriend en het deur al die op en af van die lewe as 'n span saamgewerk. Tant Ralie en oom Daniel...

Langpad-storiekompetisie: ’n Pampoen by Malips
Johann de Jager - 2010-06-30
As hy nog reg onthou, het Loffie “Ligter” by ons weersiens vertel, moes mens destyds die Olifants meer as kniediep in die water by Malipsdrif deur as jy oor die berg van Ofcolaco se kant af kom. Lyk die drif dalk te veel van ’n bedreiging vir ’n bleeksiel, sodat hy eerder met die grondpad verbyhou in die hoop om ’n brug vorentoe te kry, ry hy al op die wal langs om ná ’n halfuur te ontdek die pad word twee spore, en dié loop later teen ’n...

Langpad-storiekompetisie: Paradise se rally
Ignoramus - 2010-06-30
Ek het al baiekeer net gaan sit en wonder hoekom ek so graag ’n bike rally bywoon. Ek het nie antwoorde nie. Ek weet nie hoekom nie. Eintlik is dit net ’n bymekaarkomplek van ’n klomp bikers wat heel naweek nie wil bad of skeer nie, en lus is om in ’n klein, ongemaklike tentjie tussen duisende ander bikers te gaan kamp en ’n paar lang biere weg te sluk, en grootskaals probeer om onderhoudend en sinvol stront te praat. En dís net die vroue. Die mans is nog...

Langpad-storiekompetisie: Die reis Knysna toe
Ouboet - 2010-06-30
Aan die einde van my derde jaar het ek tussen twee verkoopstoere ’n stukkie naastediens verrig. Oom Meyer, die buurman nie wie hierbo verwys word, het my gevra om sy kar Knysna toe te bestuur. Oom Meyer was ’n baie aangename mens wat die lekkerste “curry” gemaak het. Hy het op sy oudag besluit om weer te trou – met sy oorlede broer se vrou, wat in Knysna gebly het. My taak was om hom en al sy aardse besittings met sy nuwe Datsun 120 GX Knysna toe te neem. Hy het...

Langpad-storiekompetisie: Wadi Bih en sy mense
Anneke Pelser - 2010-06-30
Die Grand Canyon van die Verenigde Arabiese Emirate – só word Wadi Bih allerweë beskou. Dis maar net een van talle droë rivierlope of valleie in die noordelike deel van die Hajar-gebergte van Oman. En een keer per jaar word die 72 km Wadi Bih Run hierdeur gehardloop. Sekere tye van die jaar kan wadi's doodsgevaarlik raak. Dis dán wanneer ’n vloedgolf water van ’n veraf reën kampeerders onverhoeds kan betrap en meesleur na wie weet waar. Toe ons...

Langpad-storiekompetisie: Lourdes
Katrina - 2010-06-30
Sondagoggend, einde Julie 2001. Dis reeds warm so vroeg in die oggend hier in Madrid, Spanje. Gister was ons in Toledo – die mooiste antieke stadjie op ’n berg. Ná ontbyt het ek vir oulaas deur ’n paar straatjies geloop om die stad se prentjies in my kop te kon bêre. Vandag ry ons na die noorde van Spanje – gelukkig nie weer deur die bar semi-woestyngebied soos ons gekom het nie. Toe het ek verwag om enige oomblik ’n lui donkie agter ’n kaktus...

Noordkaap-blues
Johann de Jager - 2008-10-29
'n Storie oor waan en glorie uit die laat 1980's, vroeë 1990'sMaar, uit blougrond kom daar diamante, nie net die beteutering van gemoeds-"blues" in hierdie grintharde wêreld nie. Dit is skitterdiamante, ontdek Loffie in die streekstaal, die idiolek en idioom wat die mense oral langs die pad van Hopetown af, Ghaapse plato oor na Griekwastad se kant toe gebruik. Hy het 'n skryfkursus aangebied op Orania, en daarna besluit om 'n draai in die bo-noorde van die...

Windhoek
Daniel Hugo - 2008-10-28
Windhoek, Namibië is Daniel Hugo se Jerusalem én sy Rome: die heilige stad waar hy met die Sestigers se verbysterende woorde kennis gemaak het nog vóór hy sy eie hand aan die digkuns gewaag het. Foto’s: Andreas Vogt. Rondom Windhoek lê daar berge: die Auasberg, die Erosberg en die Khomas-hoogland. Windhoek self is soos Rome gebou op heuwels. Byna al die strate het dus ’n helling, ook John Meinertstraat 118 in Windhoek-Wes waar...

Pofadder se Frikkie met die rooibaadjie
Swerwer - 2008-10-22
Die goud wat in die Noord-Kaap versteek is, is nie ondergronds nie; dit lê vasgevang in stories, stories wat die essensie en humor van dié droë gedeelte van ons land weerspieël. Die humor van die Noord-Kaap is naas die mense en hul stories sy grootste skat. Een só ’n storie is ’n paar jaar gelede om ’n kampvuur aan my vertel ... Op Pofadder het tannie Botha in een van die ouer huisies aan die onderkant van die kerk gewoon. Weduwee al vir...

Riel innie Noord-Kaap
Mara Kellerman - 2008-10-20
"Hierdie agterstervoorom georganiseerdheid kan ek mos nie verdra nie," laat ant Maria luidrugtig hoor van waar sy meerkatregop op die toer-yskassie in ons minibus gaan sit vir die soektog. Khuboes se drie of wat stofstrate is skielik stadsgroot - Tokkie is weg. By elke huis of vier hop ant Maria uit en roep dat 'n stofwolk opslaan: "Is Tokkie hier? Waar is daai Tokkie? Ons moet dans vanaand." Dan's dit weer terug op die yskassie met 'n vrome: "Ry maar vorentoe,...

Geheimenisse van die Noord-Kaap
Ruline de Bruyn - 2008-10-20
As jy tussen Prieska en Copperton ry, begroet versamelvoëlneste bo-op telefoonpale en wildeturksvybome jou langs die pad. In die verte staan ʼn ou mynskag soos ʼn seer vinger afgeëts teen die horison. Die oorblyfsels van ʼn eens florerende kopermyn. Hier was ook ʼn inryteater met sulke boks-"speakers" wat jy by jou motor se ruit ingehaak het. Ben Hur, met Charlton Heston in die hoofrol, was die eerste fliek wat hier gedraai het. Dit was in die sewentigerjare ...Die...

Noord-Kaap-herinneringe
Anna S Ahllers - 2008-10-20
Spierwit klippies so ver as wat die oog kan sien en twee blinkgeskuurde blikemmers vol water op die tafeltjie by die agterdeur: dis my sterkste herinnerings aan die wêreld van my kleintyd. Elke tweede jaar se Kersfees was dit die Kaapse familie se beurt, maar die tussenin jare se Junie-maand was vakansietyd by oupa Frans-hulle op Opwag. Voor Pa ‘n kar gehad het, het ons met die trein gery tot op De Aar. Daar het ons dan oorgeklim op die gemengde trein wat oor Draghoender na Kleinbegin...

Pella in die Noordkaap
Evadné du Plessis - 2008-10-20
Om teen skemeraand met die soet klanke van "Kumbaya" begroet te word na 'n lang dagreis in wederhelf se lawaaierige ou Landie, het my onwillekeurig laat dink dat ‘n gewone aardling seker so moet voel as hy in die hemel aankom. Dit het ons te beurt geval toe ons in die hartjie van die winter die dorpie Pella in die Noord-Kaap binnery op die eerste been van ‘n magiese vakansie. Die klanke was afkomstig uit die honderd jaar oue kerkie wat die middelpunt van hierdie sendingnedersetting...

My Kalahari-Wêreldbeker
Janina Theron - 2008-10-15
Ek bevind my in ons blou Volkswagen Kombi saam met my twee boeties, my ouers en Leon Schuster se "Hie' Kommie Bokke" teen die hange van Sir Lowry's-pas. Op hierdie stadium is ek nog onbewus dat ons daardie kasset al die pad tot in die Kalahari gaan luister, dat die ervaring wat vir my voorlê, vir ewig geëts as herinnering in my bloudruk sal word.Die enigste herinnering wat ek van hierdie spesifieke vakansie het, is beperk tot die tydsduur van een standaard rugby- (Wêreldbeker-eindronde-)...

Dapper oorlewing in die Noord-Kaap
Martha Geiger - 2008-10-15
Die boom gee nie koelte nie. Maar dit voel beter om onder die gekronkelde doringboom met sy yl steekblare stil te hou as in die skreiende, sidderende oop sonbrand en hitte. Ruth is konsekwent dat ons mekaar gereeld aflos en hier, presies halfpad tussen Kamieskroon en Springbok, sal ons gou ons bene rek, nog 'n bottel water agter uit die koelboks haal, ruil en aanry. Strykdag by Ouma en vars-gestrykte linnegoed, nog warm, is skielik in my gedagtes. Die lug ruik verbrand en tref neuswande, keel...

Net amper
Louis Lategan - 2008-10-07
Karel kry die oproep vroeg die Maandagoggend van Marydale se polisie. "Is meneer Abrahams een van julle werknemers?""Ja, hoekom?""Ons het hom Saterdagaand op 'n klag van verkragting in hegtenis geneem, maar hy word nou op borgtog vrygelaat. Hy't gevra dat ek Meneer laat weet.""Sê vir hom ek kom; ek sal hom op die stasie kry."Die 250 km se harde, oop wêreld van De Aar na Draghoender skuur teen Britstown langs en loop min of meer saam met...

Agter die wynroete
Louis Lategan - 2008-10-07
Die wynroete langs die Oranjerivier van Groblershoop tot onder duskant Augrabies is nie meer 'n geheim nie, en karre en sleepwaentjies met vreemde nommerplate karwei jaarliks vragte wyn huis toe. Groblershoop en Grootdrink se kelders, dan Upington s'n, en verder teen die rivier af, ook Keimoes en Kakamas, hou baie kele nat. En die plaaslike mense het darem self ook waardering vir die vrug van die druif, veral as hy uit 'n bottel of boks getap kan word. Maar wingerdwerk is harde werk en...

Waar die dooies nog tel
Flippie Jacobs - 2008-10-07
Ja ... nou onthou ek ... ek het dit een oggend in trane vir hom vertel.Ek het gesê dat ek dit graag met hom as my oudste seun wil deel; ek het gevra dat hy vir altyd moet onthou dat ons almal van die Noord-Kaap af kom. Hy het toe vir my gevra om hom meer te vertel oor watse soort plek is hierdie Noord-Kaap dan. Ek het vir hom gesê dit is ‘n baie, baie droë plek - maar ‘n plek wat niemand ooit sal laat dors ly nie. Ek het onthou hoe die stilte van ‘n Karoonag net...

My Namibië-droom
Willie Coetzer - 2008-09-16
My lewenslange Namibië-droom was om Sossusvlei te besoek. ‘n Tyd gelede het ek en my pragtige vrou, Bernice, die pad Noorde toe gevat. Heel-heel bo by Ruacana gaan draai. Die hele land deurreis en toe, op pad suid, is my groot droom bewaarheid! Net een bekommernis, oral lees jy "4x4 REQUIRED", en ons toer met ons 1500 cc-Daewoo-karretjie! "Wel," reken ons, "met meer as 4 000 Namibië-kilometers agter die rug, waarvan meer as 1 000 daarvan grondpad, laat ons...

Vgelfeder-berg
Yolanda McCabe - 2008-09-16
Kom ons praat bietjie oor Vögelfeder-berg. Nee, ek het nie die naam opgemaak nie; daar's ‘n bordjie wat dit sê! Dit is omtrent 70 km van Walvisbaai af in die middel van ‘n area wat kaler en platter is as enige vlakte wat ek ken. Op 'n helder dag kan mens Walvisbaai van daar af sien! Daar is twee berge, maar dit lyk nie soos jou gemiddelde berg nie. Die een berg lyk soos ‘n massiewe, historiese olifant wat op sy sy geval het en so versteen het (‘n 4x4 lyk...

Strandsaluut
Dries van Heerden - 2008-09-16
Het ons maar ag geslaan op die padpredikante op pad Namibië toe. Maar nee, ons vier Kaapse manne dink net vis. Ons vóél al die plukke van pienk-wit kabeljoue en bruin galjoene, ook die hitte van ‘n Namib-vuur as ons by die kamp nat broeke uittrek.Vaal rooitee-bosse mylpaal die knarsvlakte waar ‘n witborskraai ons welkom krys. Dan deur die blompot van die lente. Verby Bitterfontein met sy grafsteenblokke en omdraaitrein. Tussen sonverbrande klippe groei net f-ôls....

Die hart van die Namibië
Elsa Wasserfall - 2008-09-12
Die treffende natuurskoon van Namibië reflekteer ook in die harte van sy inwoners en hul ongelooflike vriendskappe.In November 1957 het my pa sy eerste vastevlerkvliegles onderneem. Hy was algemene praktisyn op die dorp en distriksgeneesheer vir ‘n area so groot soos die Oranje-Vrystaat, wat met ‘n vliegtuig baie meer bereikbaar sou wees.Die noodlot was egter teen hom en die vliegtuig se enjin het gestol net na opstyging. Die loods het ‘n noodlanding in die loop van die Visrivier...

Namibië
Marié Blomerus - 2008-09-10
Dat die Europeërs wat Namibië in die vroegste tye besoek het, dikwels swerwers en ontvlugters was, ly geen twyfel nie. Hulle was dapper en ook waaghalsig. Daarom ook onvergeetlik. Sover bekend was die eerste Europeër wat voet op Namibiese bodem gesit het, Diogo Cão. Aan die begin van 1486 plant hy sy kalksteenkruis by die huidige Kaakruis, maar hy vertoef nie. Na hom volg Dias in 1488 met ’n kruis verder suid by Angra Pequna, vandag bekend as Luderitzbucht. As gevolg...

Toe Namibië net-net nog Suidwes was
Kobie Coetzee - 2008-09-10
Ek kon nooit my studentemaats wat van Suidwes af gekom het, se begrip vir afstand verstaan nie. Vir my was dit ver om van Durban-Wes na Durban-Noord toe te ry. Hulle vertel jou hulle bly naby Windhoek, maar dan is dit ‘n dagreis ver!Tot ons vir die eerste keer daar gaan toer het - met ons karavaantjie en vyf kinders. Dit was net voor die onafhanklikheidsverkiesing, dus nog Suidwes-Afrika en nie Namibië nie.Niemand het ons gewaarsku dat jy liewer nie met ‘n karavaan daardie grondpaaie...

Uittreksels uit my Namibië-dagboek
Linda Truscott - 2008-09-10
... dassies het saam met my eerste geel sonstrale gevoel ... pad net baie reguit ver voor my ... Vreemde kliprantjies, wintergeelgrasse, geharde groen doringbome, kamakazi-voëltjies op die pad ... tannie op Grünau maak twee koppies Ricoffy in polystyrene ... ek moet haar onthou van vier ... besig met bakpoeier inmeng vir karringmelkbeskuit.... sportdag op Stampriet ... boere, Afrikaans, kerrie en rys ... winterwarmson in ons oë as die bal deur die lug trek ... spontane sportmansgees...

Home is where ...
Marlon C Thieras - 2008-09-10
... you find yourself staring, in awe of God's creation. The unbelievable majestic views from the top of a canyon slowly but unmistakably carved out over many, many years by the fresh waters of the Fish river. When you cast your eyes as far and wide and close to the edge of the horizon as you possibly can, you cannot help but feel proud and privileged to be one of the "chosen" few to witness the indescribable brilliance of an ingenious Artist, our Creator. And to think that, compared...

Die Vinger
Swerwer - 2008-09-10
Dis 4 Desember 1976, die pad is warm en hittegolwe veroorsaak hersenskimme van drywende water daar doerrr ver op die teer. Die Ford Escort - 1600 Sport - helder oranje, wil-wil aan die kook gaan, en die bordjie regs voor langs die pad lees Mariental (nog) 200 km. Dis 'n plat stuk aarde tussen Keetmanshoop en Mariental; jy kan môre twee dae ver sien aankom en gister is drie dae later steeds sigbaar.Ons is moeg, warm en gatvol gery, ek en my nuwe vrou. Pasgetroud en pas uit die Polisiekollege,...


<< 1 2 3 4 5 >>