Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Slypskole | Workshops > Afrikaans > Prosa

Prosa


<< 1 2 3 >>

Departement Afrikaans en Nederlands, US Skrywerswerkswinkels
2011-06-07
Untitled Document Skrywerswerkswinkels Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie 2011 Poësie en Prosa (Kortverhale) Koste: R425 (R325 vir studente ) Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied vanjaar weer werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding van ’n gevestigde skrywer of ’n kundige uit die skryf- en uitgewersprofessie....

Departement Afrikaans en Nederlands, US Stellenbosch Skywerswerkswinkel
2011-05-17
Untitled Document Skrywerswerkswinkels: Poësie en Prosa (Kortverhale) Departement Afrikaans en Nederlands (kamer 693), Stellenbosch Vrydag 24 en Saterdag 25 Junie 2011 Fooi: R425 vir die publiek | R325 vir studente Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch bied vanjaar weer werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die doel met ons jaarlikse werkswinkels is om aan aspirantskrywers die geleentheid te bied om hul talente te slyp onder leiding...

Tafelberg-Uitgewers slypskool tydens Volksblad-kunstefees
2011-05-17
Untitled Document Tafeberg-Uitgewers slypskool Bloemfontein (die lokaal sal later bevestig word) 12 en 13 Julie 2011 Fooi: R1 500 (etes en verversings ingesluit) Studente mag gratis deelneem, maar sal ook gekeur word. Wil jy fiksie publiseer? Dan is die letterkunde self die beste leerskool. Tafeberg-Uitgewers bied ‘n slypskool aan om saam te val met die Volksblad-kunstefees in Bloemfontein. Dié kursus wys jou: 1. Hoe die letterkunde jou leer sien luister en voel sodat...

SkryfNet XXIV: Chanette Paul se tweede verslag
Chanette Paul - 2010-02-18
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Chanette Paul van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Nota aan al vyf skrywers Alhoewel daar graadverskille is, het ek by elkeen van die herskrywings goeie verbetering gesien. Gaan lees weer my vorige nota aan...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se tweede verslag
Wilna Adriaanse - 2010-02-17
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Beste Lizanne Met die deurlees van jou verhaal kan ek sien dat jy daaraan gewerk het. Die probleem is egter...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se tweede verslag
Wilna Adriaanse - 2010-02-11
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Nota aan al vyf skrywers Alhoewel daar graadverskille is, het ek by elkeen van die herskrywings goeie verbetering gesien. Gaan lees weer my vorige...

SkryfNet XXIV: Om te bly vier (2)
Ansie de Kock - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Ansie de Kock se kortverhaal: Die geskenk (vroeër "Om te bly vier") Annelien plak ’n paar sakke kruideniersware op die kombuistafel neer. Sy vee die sweet van haar voorkop af. Haar inkopielys was langer as gewoonlik en die dorp weer ’n malhuis, maar ter wille van haar mense sal sy die ekstra moeite doen. Die krismisrose staan verlep. Vlekkie, haar woelige foksterrier,...

SkryfNet XXIV: Bloedlus (2)
Adriaan Coetzee - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Adriaan Coetzee se kortverhaal: In-wees (vroeër “Bloedlus”) My coathanger-kind is my enigste moord. In standerd nege, met die nuwe skooljaar op hande, storm ek die matriekbadkamers in om ’n groot nood te verlig. Daar is nie tyd om by die eerste verdieping uit te kom nie, het daardie sangoefeninge op die pawiljoene een sekonde langer geduur ... “Wat soek jy hier?” begin...

SkryfNet XXIV: Die erfstuk (2)
Kate Coetzee - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Kate Coetzee se kortverhaal: Die erfstuk “Wat? O genade, nee! Wanneer?” Roep Renè uit terwyl sy die pienk sweetband van haar kop aftrek en haar blonde hare losskud. Sy is pas terug van die gim toe haar huistelefoon lui. “Gisteraand, rustig. Sy moes die een of ander tyd gaan, Renè,” kom Debbie se ewig-geduldige stem. Renè sug en verplaas haar gewig...

SkryfNet XXIV: Loop soos die glas (2)
Lizanne Kruger - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Lizanne Kruger se kortverhaal: Loop soos die glas (sien bespreking tov taalgebruik aan einde van verhaal) Klaas kom staan by die agterdeur. “Daai vrou van my, ons verstaan mekaar nie. Nou, sy dra die baba van my bloed, maar nou, sy slaap by die ander man. My kind gaan mos siek word. Sy moet net weet, as sy breek met my, sy sal lê tussen die wind en die hemel.” Rin kan sien dat...

SkryfNet XXIV: Visse laat nie spore nie (2)
Margarethie Bredenkamp - 2010-01-05
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Tweede weergawe van Margarethie Bredenkamp se kortverhaal: Visse laat nie spore nie Marelize kies die tafel met oorleg, bietjie privaat, maar so dat sy die ingang kan dophou. ’n Lang man met ’n blink bles aarsel kort daarna in die kosyn. Henk Pistorius, weet sy toe hy aangestap kom. Hulle bestel koffie. Sy praat onbeholpe oor die weer, die baie reën, die stand van die damme. Die koffie kom. Sy skeur die...

SkryfNet XXIV: Chanette Paul se eerste verslag
Chanette Paul - 2009-11-19
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Algemene nota aan al vyf skrywers. Gepubliseerde verhale is gewoonlik reeds deur vele filtrerende prosesse, soos onder meer ’n keurder, ’n redigeerder...

SkryfNet XXIV: Wilna Adriaanse se eerste verslag
Wilna Adriaanse - 2009-11-18
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste verslag deur Wilna Adriaanse van: Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Kate Coetzee: "Die erfstuk" Ansie de Kock: "Om te bly vier" Margarethie Bredenkamp: "Visse laat nie spore nie" Adriaan Coetzee: "Bloedlus" Lizanne Kruger: "Loop soos die glas" Beste Lizanne Dankie vir die storie wat jy vir ons ingestuur het. Dit het ’n interessante storielyn,...

Sanlam SkryfNet XXII: Almal is rooikoppe (3)
Rita Swanepoel - 2009-10-29
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Almal is rooikoppe Petra bring haar mond na die rand van die beker. Met haar lippe meet sy die hitte. Nog té warm om te kan geniet. Sy vou haar hande om die beker; geen hitte hoort in hierdie koue vermors te word nie. Dis nooit veel van ’n krisis wanneer haar motor gaan staan nie, want gewoonlik gebeur dit in die dorp. Binne minute is daar ’n boerklong wat die...

Sanlam SkryfNet XXII: Stille wraak (3)
Antoinette Diedericks - 2009-10-29
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Antoinette Diedericks se verhaal: Stille wraak Die slymerige vloeistof is orals. Dit word dieper en dieper. My voete kry geen vastrapplek nie. Ek gly en val. Die slym sluit oor my kop. Ek kan nie opstaan nie. Ek probeer gil, maar slym loop by my mond in, wil my versmoor. Wild gryp ek rond; my vingers vat iets raak. Desperaat trek ek myself regop, maar dit gee mee onder my gewig. Stadig gly ek terug in...

Sanlam SkryfNet XXII: Swaard van vergelding (Dag van Vergelding) (3)
Susan van der Walt - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Susan van der Walt se verhaal: Dag van Vergelding Kobus woel rond in sy bed. Sy lakens is sopnat van die vorige nag se stryd teen die koors. Lydia kyk gesteurd na sy een been wat maar nie stil kan lê nie. “Hoe gaan dit hier?” vra sy pa van die deur af. “Ek weet nie, Hannes. Die koors wil maar net nie breek nie.” Sy ma staan op en volg sy pa by die kamer uit. “Ek...

Sanlam SkryfNet XXII: Two-hour Pandora’s Box (Die jas) (3)
Luitje Mulder - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Luitjé M Mulder se verhaal: Two-hour Pandora’s Box (Die jas) Mattheus loop op en af voor Pandora’s. Wat het hom besiel om dinge so ver te laat gaan? Wat is die sin daarin om ’n verhouding met Dorita aan te knoop? Miskien moet hy eerder loop voordat sy hier is. Hy kyk skuldig af en sien ’n papiertjie op die grond lê. Instinktief buk hy en tel dit op. Hy lees dit, frommel...

Sanlam SkryfNet XXII: Daar’s ’n tie-rod betrokke (3)
Harry Cronjé - 2009-10-28
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Laaste weergawe van Harry Cronje se verhaal: Daar’s ’n tie-rod betrokke Pa is in hart en siel ’n poliesman, maar hy voel ’n sterk roeping om predikant te word. Dis ’n worsteling. Hy wieg tussen sy áánkeerdrang en sy békeerdrang. Eendag voeg hy die daad by die durf. Hy tree toe tot die bediening en aanvaar beroep Kimberley toe. Die gemeente sukkel maar en geld is skaars....

SkryfNet XXII: Deon Meyer se tweede verslag
Deon Meyer - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Tweede verslag deur Deon Meyer van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Ek is nie seker jou herskryf...

SkryfNet XXII: Jan van Tonder se tweede verslag
Jan van Tonder - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Tweede verslag deur Jan van Tonder van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Ek kan sien, Rita, dat...

Sanlam SkryfNet XXII: Two Hour Pandora’s Box (Die jas) (2)
Luitje Mulder - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Luitje Mulder se verhaal: Two Hour Pandora’s Box (Die jas) Die advertensies op Pandora’s Box se winkelvenster sê nie veel nie. Dis net toe hy wil omdraai en loop dat hy die jas deur die venster sien. Dié jas wat hy nou so lankal na soek. Hy kyk vlugtig op sy horlosie. As hy gou maak, sal hy nog betyds wees om by Dorita te gaan koffie drink. Hy stap die tweedehandse winkeltjie binne....

Sanlam SkryfNet XXII: Almal is Rooikoppe (2)
Rita Swanepoel - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Almal is Rooikoppe Petra bring haar mond na die rand van die beker. Met haar lippe meet sy die hitte. Nog té warm om te kan geniet. Sy vou haar hande om die beker; geen hitte hoort in hierdie koue vermors te word nie. Dis nooit veel van ʼn krisis wanneer haar motor gaan staan nie, want gewoonlik gebeur dit in die dorp. Binne minute is daar ʼn boerklong wat die kap op het en...

Sanlam SkryfNet XXII: Swaard van vergelding (2)
Susan van der Walt - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Susan van der Walt se verhaal: Dag van Vergelding Kobus voel die stamp tussen sy skouerblaaie en probeer vergeefs sy balans hou, maar sy swak voet laat hom in die steek en hy val hard op sy knie. Danie! Dit kan net Danie Combrink wees, dink hy terwyl hy sy boeke begin bymekaarskraap. Sy knie brand soos vuur en hy knip die trane uit sy oë. Juffrou Rademan staan nader om hom te help, maar hy klap haar hand...

Sanlam SkryfNet XXII: Stille wraak (2)
Antoinette Diedericks - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Antoinette Diedericks se verhaal: Stille wraak Die slymerige vloeistof is orals. Dit word dieper en dieper. My voete kry geen vastrapplek nie. Ek gly en val. Die slym sluit oor my kop. Ek kan nie opstaan nie. Ek probeer gil, maar slym loop by my mond in, wil my versmoor. Wild gryp ek rond, my vingers vat iets raak. Desperaat trek ek myself regop, maar dit gee mee onder my gewig. Stadig gly ek terug in die slymput,...

Sanlam SkryfNet XXII: Daar’s ’n tie-rod betrokke (2)
Harry Cronjé - 2009-10-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Tweede weergawe van Harry Cronjé se verhaal: Daar’s ’n tie-rod betrokke Pa is in hart en siel ’n poliesman, maar hy voel ’n sterk roeping om predikant te word. Dis ’n worsteling. Hy wieg tussen sy aankeerdrang en sy békeerdrang. Hy voeg eendag die daad by die durf. Hy tree toe tot die bediening en aanvaar beroep Kimberley toe. Die gemeente sukkel maar en geld is skaars. Een Sondag na middagete,...

SkryfNet XXIV: Visse laat nie spore nie
Margarethie Bredenkamp - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Margarethie Bredenkamp se kortverhaal: Visse laat nie spore nie Marelize kies die tafel met oorleg, bietjie privaat maar so dat sy die deur kan dophou. ’n Lang man kom in die deur staan, kyk rond en sien haar raak. Terwyl hy aanstap na die tafel toe, merk sy die blink bles, omraam deur swart hare op. “Mevrou Roux?” Sy knik en steek haar hand uit. “Henk Pistorius” Sy handdruk...

SkryfNet XXIV: Loop soos die glas
Lizanne Kruger - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Lizanne Kruger se kortverhaal: Loop soos die glas Klaas het by die agterdeur kom staan. “Daai vrou, ons mekaar verstaan nie. Nou sy dra die baby van my bloed, maar nou sy slaap by die ander man. My kind gaan mos siek word. Sy moet net weet, as sy breek met my, sy sal lê tussen die wind en die hemel.” Pa het hom vererg en gesê Klaas moet loop. Deur die kamervenster het ek hom...

SkryfNet XXIV: Die erfstuk
Kate Coetzee - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Kate Coetzee se kortverhaal: Die erfstuk “Wat? O genade, nee! Wanneer?” Roep Rene uit terwyl sy die pienk sweetband van haar kop aftrek en haar blonde hare losskud. Sy is pas terug van die gim toe haar huistelefoon lui. “Gisteraand, rustig. Sy moes die een of ander tyd gaan, Rene,” kom Debbie se ewig-geduldige stem. Rene sug en verplaas haar gewig van die een slanke been na die...

SkryfNet XXIV: Om te bly vier
Ansie de Kock - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Ansie de Kock se kortverhaal: Om te bly vier Annelien vee die sweet van haar voorkop af. Sy plak die sakke met kruideniersware op die kombuistafel neer, bly nie voor met alles wat nog gedoen moet word nie. Die krismisrose staan verlep. Kasper-brak het ’n donga in die voortuin gegrawe, die grasperk besaai onder die petunias wat sy nét gíster geplant het. Die...

SkryfNet XXIV: Bloedlus
Adriaan Coetzee - 2009-10-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXIV - Prosa Eerste weergawe van Adriaan Coetzee se kortverhaal: Bloedlus My coathanger-kind is my enigste moord. In standerd nege, met die nuwe skooljaar op hande, storm ek die matriekbadkamers in om verligting van ’n drukkende nood. Daar is nie tyd om by die eerste verdieping uit te kom nie; het daardie sangoefeninge op die pawiljoene een sekonde langer geduur ... "Wat soek jy hier?" begin dit. "Ek pis."...

SkryfNet XXII: Jan van Tonder se eerste verslag
Jan van Tonder - 2009-09-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Eerste verslag deur Jan van Tonder van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" "Almal is rooikoppe"...

SkryfNet XXII: Deon Meyer se eerste verslag
Deon Meyer - 2009-09-21
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Prosa Eerste verslag deur Deon Meyer van: Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Antoinette Diedericks : "Stille wraak" Susan van der Walt: "Swaard van vergelding" Harry Cronjé: "Daar’s ’n tie-rod betrokke" Luitjé M Mulder: "Two Hour Pandora’s Box" Rita Swanepoel: "Almal is rooikoppe" Beste Rita Dankie vir die voorreg...

Sanlam SkryfNet XXII: Two Hour Pandora’s Box
Luitje Mulder - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Eerste weergawe van Luitjé M Mulder se verhaal: Two Hour Pandora’s Box ’n Entjie verder in die straat af slaan ’n groot klok twee keer. Geelbruin herfsblare warrel kort-kort op net om ’n entjie verder vir ’n oomblik hul lê te kry. James kyk vlugtig na weerskante voordat hy die straat oorsteek. Halfpad moet hy vir ’n oomblik stop toe die son se straleweerkaatsing in ’n winkelvenster...

Sanlam SkryfNet XXII: Daar’s ’n tie-rod betrokke
Harry Cronjé - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Eerste weergawe van Harry Cronjé se verhaal: Daar’s ’n tie-rod betrokke Pa is destyds poliesman gewees. Maar in sy agterkop hoor hy maar altyd ’n stem wat roep. Die stem roep hom na die bediening toe. Pa besluit toe mos eendag hy sal die stem se roep beantwoord. Bedags werk hy as poliesman, en saans studeer hy aan ’n Bybelkollege. Weens dergelike en onvermydelike omstandighede was pa se skoolgaan...

Sanlam SkryfNet XXII: Swaard van vergelding
Susan van der Walt - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Eerste weergawe van Susan van der Walt se verhaal: Swaard van vergelding Die Samoerai lig sy swaard triomfantelik in die lug. Die glans van die ondergaande son val op die bloedbevlekte lem … Kobus strek hom behaaglik uit op die rusbank. Sjoe, dit was nou ’n goeie fliek. “Ek wens ek kon meer soos jy wees, Takeshi Shun. Jy is darem maar ongelooflik behendig met jou swaard ...” Kobus skrik vervaard wakker...

Sanlam SkryfNet XXII: Stille wraak
Antoinette Diedericks - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Eerste weergawe van Antoinette Diedericks se verhaal: Stille wraak Met ’n harde klikgeluid sluit die ysterhekke agter die luukse, swart voertuig wat in die oprit digby die swierige woning tot stilstand kom. Die enjin spin saggies soos ’n tevrede kat as Anton du Preez dit vir ’n oomblik laat luier voordat hy die sleutel draai om die motor af te skakel. Binne die motor kyk hy vlugtig op sy Rolex. “Kwart...

Sanlam SkryfNet XXII: Almal is rooikoppe
Rita Swanepoel - 2009-09-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XXII - Kortverhale Eerste weergawe van Rita Swanepoel se verhaal: Almal is rooikoppe Petra bring haar mond na die rand van die beker. Met haar lippe meet sy die hitte. Nog té warm om te kan geniet. Sy vou haar hande om die beker; geen hitte hoort in hierdie koue vermors te word nie. Sy hoor Gert werskaf agter een van die deure wat uit die vertrek lei. Klanke van die lomp hantering van kombuisware. Moeilik om te glo dat hierdie reus kan...

SkryfNet XIX: Tweespoor-kronkelpad
Hannes Steyn - 2009-07-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Finale weergawe van Hannes Steyn se verhaal: Tweespoor-kronkelpad Kurt is moeg. Sy lyf is seer. Sy gemoed veel erger. Veral vanmiddag. Vir meer as twintig dae al ry hy nou dié eentonige pad Galgeberg toe en terug. Die werkgedeelte kan nog gaan. Dit is ’n selfoonperseel wat hy bo-op die berg buite McGregor bou. Dis nie soseer die fisiese aanslag op sy 43-jarige lyf wat pla nie. Selfs die laaste stuk gruispad die berg uit...

SkryfNet XIX: Vir Oulaas
Katryn Penberthy - 2009-07-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Finale weergawe van Katryn Penberthy se verhaal: Vir oulaas "Oom Pieta is toe gisteraand oorlede," lui my sus se e-pos-boodskap. "Die begrafnis sal seker Woensdag of Donderdag wees." Ek skakel my rekenaar af en gaan sit op die stoep, toegewikkel in ’n kombers, stomende koffiebeker in die hand. Meimaand in Seattle is koud en nat, al is dit lente. Oom Pieta, jongste broer van my ma. Dis nie asof die nuus onverwags...

SkryfNet XIX: Van Kaïro na Alexandrieë: 3de Klas
André Ferro - 2009-07-23
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Finale weergawe van André Ferro se verhaal: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas Kaïro skrik vroegoggend wakker na ’n rustelose nag. Die stad staan onwillig op en gooi die kombers van nag langs hom neer. Sonder sukses probeer hy die alomteenwoordige besoedeling uit sy oë vee. Deur die rookmis kyk hy na die ou vuil geboue. Dit staar strak terug na hom. Op die ongelyke...

Sanlam SkryfNet XX: Francois Bloemhof se eerste verslag
François Bloemhof - 2009-05-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste verslag deur Francois Bloemhof van: Christien Nesser: BomIda Bester‘Gräbe: Op soek na Sarita Rita Swanepoel: Marta loop in haar slaap Stefanus Nel: VarkoelientjieJohnny Malgas: Voicemail Christien Nesser: Bom Christien, die eerste ding wat my hinder – met die veronderstelling dat die verhaal gemik is op plasing in ’n tydskrif – is dat dit te kort is: 1 145 woorde, terwyl die meeste ...

Sanlam SkryfNet XX: Elize Parker se eerste verslag
Elize Parker - 2009-05-22
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste verslag deur Elize Parker van: Christien Nesser: BomIda Bester‘Gräbe: Op soek na Sarita Rita Swanepoel: Marta loop in haar slaap Stefanus Nel: VarkoelientjieJohnny Malgas: Voicemail Christien Nesser: Bom Die karakterskets word nie ’n verhaal nie en bly ’n karakterskets van iemand in die verlede van die hoofkarakter wat vertel (wie is sy, waar is sy nou in haar verlede, hoekom is die storie vir...

Sanlam SkryfNet XIX: Gerrit Rautenbach, tweede verslag
Gerrit Rautenbach - 2009-05-13
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede verslag deur Gerrit Rautenbach van: Kobie Coetzee: Rugreis na gister André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: "Vir oulaas" Kobie Coetzee: Skandmuur Die nuwe opskrif werk beter. Daar is ’n uitnodiging en intrige. ’n Goeie inleidende prikkel kan die leser by die...

Sanlam SkryfNet XIX: Chris Barnard, tweede verslag
Chris Barnard - 2009-05-13
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede verslag deur Chris Barnard van: Kobie Coetzee: Rugreis na gister André Ferro: Van Kaïro na Alexandrië: 3de klas Margarethie Bredenkamp: Die Madonna op my boekrak Hannes Steyn: Tweespoor-kronkelpad Katryn Penberthy: "Vir oulaas" Kobie Coetzee: Skandmuur Benewens enkele tikfoute, soos byvoorbeeld die aanhalingstekens in die slotsin, het ek geen belangrike kritiek teen die teks nie....

SkryfNet XIX: Vir oulaas
Katryn Penberthy - 2009-04-15
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Katryn Penberthy se verhaal: Vir oulaas "Oom Pieta is toe gisteraand oorlede," lui my sus se e-pos-boodskap. "Die begrafnis sal seker Woensdag of Donderdag wees." Ek skakel my rekenaar af en gaan sit op die stoep, toegewikkel in ’n kombers, stomende koffiebeker in die hand. Meimaand in Seattle is koud en nat, al is dit lente. Oom Pieta, jongste broer van my ma. Dis nie asof die nuus...

SkryfNet XIX: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas
André Ferro - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van André Ferro se verhaal: Van Kaïro na Alexandrië: 3de Klas Kaïro skrik vroegoggend wakker na ’n rustelose nag. Die stad staan onwillig op en gooi die kombers van nag langs hom neer. Sonder sukses probeer hy die alomteenwoordige besoedeling uit sy oë vee. Deur die rookmis kyk hy na die ou vuil geboue. Dit staar strak terug na hom. Op die ongelyke...

SkryfNet XIX: Tweespoor-kronkelpad
Hannes Steyn - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Hannes Steyn se verhaal: Tweespoor-kronkelpad Kurt is moeg. Sy lyf is seer. Sy gemoed veel erger. Veral vanmiddag. Vir meer as twintig dae al ry hy nou dié eentonige pad Galgeberg toe en terug. Die werkgedeelte kan nog gaan. Dit is ’n selfoonperseel wat hy bo-op die berg buite McGregor bou. Dis nie soseer die fisiese aanslag op sy 43-jarige lyf wat pla nie. Selfs die laaste stuk gruispad die...

SkryfNet XIX: Rugreis na gister
Kobie Coetzee - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Kobie Coetzee se verhaal: Rugreis na gister Dit was herfs toe ek hulle ontmoet het: asem-wegslaan-herfs in die Diamantberge van Noord-Korea. Ek het by ’n rusplekkie langs die pad gaan sit – enersyds om bietjie asem te skep ná die steil klim; andersyds om net die oranje en geel en rooi en brons glorie rondom my te geniet. Ondertoe kronkel mierstrepies mense teen die hange uit en boontoe:...

SkryfNet XIX: Die Madonna op my boekrak
Margarethie Bredenkamp - 2009-04-14
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XIX - Reisverhale Tweede weergawe van Margarethie Bredenkamp se verhaal: Die Madonna op my boekrak “Segovia. Jy móét Segovia toe gaan.” José sit effens vorentoe in sy stoel. Hy kyk my in die oë, lig sy hande en laat sak hulle weer wanneer die kelner twee koppies koffie en ’n espresso op ons tafel neersit. Ek en Sophi het graag by die bakkery oorkant sy groentewinkel koffie gedrink en hy het dikwels...

SkryfNet XX: Voicemail
Johnny Malgas - 2009-04-08
Die Sanlam/LitNet Aanlynskryfskool: SkryfNet XX - Tydskrifverhale Eerste weergawe van Johnny Malgas se verhaal: Voicemail Die telefoon lui net. Aanhoudend. Hy moes al seker neergesit het, maar hy hou aan en word verslaaf aan die ritmiese luitoon. Sy kop begin maal en flitse van kindergesigte word duidelik in sy kop. Hy beleef die aaklige gelag van die kinders op die speelgrond en hy wat alleen met stof op sy skoene en broek staan.Hy voel hoe die groter seun vorentoe stap en hom vol in die...


<< 1 2 3 >>