Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Rubrieke | Columns > Willie Knoetze: Uit die boks

Willie Knoetze: Uit die boks


<< 1 >>

Uit die boks: Onmin in die Familie
Willie Knoetze - 2007-10-31
“Dit walg my dat my naam met hierdie mense geassosieer word!” 24 uur later het die stof gaan lê. Betrokke maatjie was nie meer nie. “Hierdie mense” was my vriendinne wat op Lentedag getroud is – en geen mannetjie wat te precious vir my mense is, is meer welkom nie.Hierdie episode het my skielik herinner dat, selfs in my vredeliewende seepbelrealiteit, daar steeds wrywing tussen homoseksuele mans en homoseksuele vroue is. ’n Wrywing wat ek glad nie kan kleinkry...

Uit die boks: Hie-h, hie-h
Willie Knoetze - 2007-07-23
Hoeveel keer stamp ‘n donkie nou weer sy kop teen dieselfde klip? My vervolgverhaal eindig toe met ‘n klomp knoppe teen my voorkop. So deur die radiostiltes heen het my bipolêre gemoedjie begin mik vir die naaste bodemlose put. Soveel so dat Christine en suster Visser gegil het: “Intervention!!” en met ‘n eie aksieplan vorendag gekom het: skep ‘n fiktiewe karakter en spoor Die Man op oor die radiogolwe; flirt sy sokkies af en kyk wat gebeur. Ten einde laaste...

Uit die boks: Skote Petoors
Willie Knoetze - 2007-06-20
"Alle mans is straight-acting - tot jy hulle los." So het ek digby twee jaar gelede my eerste rubriek begin. Soos die noodlot dit wil hê, is dit dan ook hoe ek my vierde jaar “oor die muur” ingestorm het: as ‘n mal, “straight-acting” queen. Min het ek gedink dat ek, terugskouend, soveel van my toekoms voorspel het! Julle sien, die malligheid het my mos weer ingehaal. So onvoorspelbaar en onverwags soos die sneeu in Plettenbergbaai het my stomme hart...

Uit die boks: De la Rey?
Willie Knoetze - 2007-05-03
Nou toe kyk, selfs ek het nie gedink hierdie komper se toetsbord gaan ooit “Bok van Blerk” tik nie – maar daar het dit nou so pas. Dit het my so rukkie gevat om uit te werk – maar my deelname aan die sogenaamde “De la Rey-debat” is alles Pampoen se skuld (nie Steve se snit nie – die eetplek in Mosselbaai). Dis daar waar ek en my ouers die eerste keer die liedjie gehoor het. Wel, ten minste my ouers; ek weet nie wanneer ek die liedjie gehoor het nie. Vermoed...

Uit die Boks: Vaal tuine
Willie Knoetze - 2007-03-21
Ek het ’n Maandag-ritueel. Ek begin elke week met ’n traan vir iemand wat ek nie ken nie. Nee, wag nou; rol jou oë terug vorentoe en doen jouself ’n guns: gaan kyk na www.postsecret.com. Sien wat ek bedoel? Die webmeester laai elke Sondag nuwe tuisgemaakte poskaarte met anonieme persone se geheime op die blad. Dis ’n ongelooflike platform wat hy geskep het en sluit aan by ander elektroniese biegplatforms soos BiegNet (die uiters gewilde biegplatform op LitNet). Op www.postsecret.com...

Uit die boks: Vergifnis
Willie Knoetze - 2007-02-28
Kersfees tuis het grootliks sonder voorval gekom en gegaan. Dis nogal anders as dit net jy, jou ouers en twee grootouers is om die etenstafel. Gesprekke dwaal na onbekende mense van jare gelede en familie van wie jy nog nooit gehoor het nie. In die jaarlikse oorsig is vlugtig na tannie Lettie (en haar vriendin van oor die dertig jaar) verwys. Ek wens ek het meer geweet van hulle – maar daardie hoofstuk is duister. My ma het my al vertel wat sy weet – dat Lettie ’n sterk vrou is...

Uit die boks: ’n Ander blye boodskap
Willie Knoetze - 2007-02-05
Die lewe is te kort vir vervelige kos, dronk tieners of slegte drag shows. Dieselfde geld vir Trixie et al wat nog steeds glo ’n knik is ’n uitnodiging tot ’n orgie. Of dan nou meer spesifiek – en meer irriterend – ’n uitnodiging vir mans wat jou aan die gulp gryp as hulle groet! So pyl ’n man mos nou die dag op my af (in Stones in Mosselbaai – bid jou aan!) en “wie’s jou pappa” my waar ek met ’n kliënt staan en...

Uit die boks: Ella
Willie Knoetze - 2007-01-23
Dis asof Moeder Aarde vóór ons geweet het. Vóór ons geweet het en vóór ons begin treur het. Die pyn om afskeid te neem was ondraaglik, en haar reëntrane het ons verswelg. Huise in Glentana is weggeskeur uit die landskap, paaie het vol gate geval, Knysna se brûe is deur die water teruggevat en die berg het Kaaimansrivierpas van hom begin afskud. Haar aanvanklike pynkreet was verskeurend. Maar ons kon nie verstaan nie ... Longontsteking was...

Geen gay-bloed, asseblief!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie Knoetze sê die Bloeddiens se besluit is onlogies. Geen seksueel aktiewe persoon behoort bloed te skenk as hulle dan sekere peste nie kan waarneem nie. Hoekom word die GLA nog steeds toegelaat om onverantwoordelik namens LGBTIQ-organisasies te dreig? Dis 2006 en hoog tyd vir ‘n nuwe Boks om uit te pak, en ‘n goeie plek om te begin is seker by die beste en slegste van die afgelope feesseisoen. (Of altans, dit was my plan ... maar kom, laat my nie die proses vooruitloop...

Ons, die paradysvoëls, kan trou!
Willie Knoetze - 2006-11-01
Willie raak skoon soppy ... So ja, daar het jy dit nou: die hooggeregshof sê ons mag nou ook wettiglik trou. En trou soos in Trou – nie "civil unions" of een of ander tweedeklas-institusie nie – die hele maaltyd. Register, verwantskap en al. Ek is mal oor Suid-Afrika! Die feit dat die wet eers oor ‘n jaar volkome herskryf hoef te wees, is nie die ergste nie … Inteendeel, dit gee baie lewensmaats nou genoeg tyd om voor te berei vir die groot stap!...


<< 1 >>