Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Theunis Engelbrecht: Sound Bites

Theunis Engelbrecht: Sound Bites


<< 1 >>

Van hip-hop tot hippie-hophop en pp
Theunis Engelbrecht - 2011-03-23
Luisterpaneel:Elsie Els en Beyers Eybers Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Cypress Hill: Rise Up Lupe Fiasco: Lasers KiD CuDi: Man on the Moon II Entertainers Vol 1: The Official SA Hip-Hop Compilation Elsie en Beyers sê hulle het albei nooit regtig van rap en hip-hop gehou nie (in Beyers se geval met enkele uitsonderings, soos Cypress Hill en Public Enemy), maar danksy Die Antwoord en Jack Parow is hulle belangstelling in die rap- en hip-hop-kultuur geprikkel...

Gille vir Kersfees
Theunis Engelbrecht - 2010-12-15
Luisterpaneel: Elsie Els, Naas Vermaas en Willemien Toerien Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Dit breek ons besmette harte net soveel soos julle s’n dat Sound Bites vanjaar baie ongereeld – indien ooit? – verskyn het. (Miskien nooit?) Dit is daaraan toe te skryf dat drie lede van ons eerbiedwaardige luisterpaneel (Beyers Eybers, Yvette Ysterslet de Wet en Alice Ellis) vanjaar besluit het hulle is gatvol vir die vals glans van die vermaaklikheidsbedryf, die venyn van...

Krismis in die hart
Theunis Engelbrecht - 2009-11-12
Luisterpaneel: Alice Ellis, Beyers Eybers, Yvette (Ysterslet) de Wet en Naas Vermaas Sameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtKlik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! Sy háát Kersfees, sê Yvette, want dan mis sy altyd haar gesin en familie, wat almal ver of dood is of nie meer vir haar omgee nie. Beyers sê hy kan Kersfees ook nie uitstaan nie, want dis net ’n waansinnige kommersiële en materialistiese orgie wat ’n mens beskaamd...

Van ou perde tot tergterte
Theunis Engelbrecht - 2009-05-19
Luisterpaneel: Alice Ellis, Beyers Eybers, Yvette (Liewe Let) de Wet en Naas Vermaas Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Klik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! Bob Dylan Together Through Life Daar was ’n hewige getwis onder ons paneellede oor wat die hoogtepunt van die afgelope paar weke op die rock-’n-pop-rollercoaster-&-hip-hop-toaster was en dus die titel “CD en/of DVD van die maand” verdien. Twee van die paneellede voel dit...

Van Bruce tot allerhande ander juice
Theunis Engelbrecht - 2009-04-16
Luisterpaneel: Naas Vermaas, Yvette de Wet, Fritz Brits Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Klik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! CD VAN DIE MAAND Bruce Springsteen Working on a Dream Met die intrapslag al verkrummel Springsteen enige moontlike weerstand met die epiese liedjie “Outlaw Pete” (al laat die versgedeeltes ’n mens dink aan die wysie van Kiss se 1978-treffer “I Was Made For Loving You”). “Outlaw Pete”...

Hangovers, hoernaluste en leftovers
Theunis Engelbrecht - 2009-01-16
Luisterpaneel: Theunis Engelbrecht, Yvette (Ysterslet) de Wet, Tom Blom Kort voor Krismis was daar skielik weer ‘n kakhuis-so-groot-soos-‘n-pakhuis vol nuwe CD’s in die winkels, maar met almal wat met vakansie gegaan het en toegemaak het en opgehou funksioneer het – insluitend die agbare lede van ons luisterpaneel – kom ons nou eers daarby uit in Sound Bites. Dis verskriklik dat daar elke jaar in Desember van ons verwag word om net in terme van die Krismismark...

Be-Bob-a-Lu-La!
Theunis Engelbrecht - 2008-11-26
Klik op die albums en DVD's se omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! ALBUM VAN DIE JAAR Bob DylanTell Tale Signs Rare and Unreleased: 1989-2006 The Bootleg Series Vol 8Ná ‘n loopbaan van 46 jaar kom die 67-jarige Bob Dylan vorendag met ‘n album wat stof skop in die oë van vandag se kunstenaars. Op The Bootleg Series word liedjies versamel wat hy nog nie voorheen uitgereik is nie – soos onder meer reeds bestaande liedjies waarop hy met alternatiewe...

Geestesgesondheid in die rondheid
Theunis Engelbrecht - 2008-10-15
Klik op die CD-omslae om dit te bestel by kalahari.net CD van die maand: Brian WilsonThat Lucky Old SunBrian Wilson (66) was in die 1960’s die baasbrein agter die Beach Boys – nie net het hy die meeste van die groep se liedjies gesing nie, maar hy was ook die produksieleier en het die verwerkings gedoen waardeur die groep se kenmerkende, eiesoortige klank geskep is.Kort na dié groep se kultusalbum Pet Sounds in 1966 het hy begin werk aan ‘n opus met die naam Smile (wat...

Van skarlakendose tot chemiese romanses
Theunis Engelbrecht - 2008-08-19
Luisterpaneel: Alice Ellis, Yvette de Wet, Beyers Eybers en Zander StanderSameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtKlik op die CD-omslae om by kalahari.net te bestel.aKingDutch CourageWaar so baie Suid-Afrikaanse rockgroepe klink na blote nabootsings van oorsese rock, is daar darem nog musikante uit eie bodem wat hulle op hierdie klipperige pad begewe en vorendag kom met albums wat myle en myle beter klink as baie van die oorsese CD’s wat soos ‘n eindelose storm van hoenderstront...

Van Bloemfontein tot Upper West Side Soweto
Theunis Engelbrecht - 2008-07-02
CD VAN DIE MAAND 1ElbowThe Seldom Seen KidThe Seldom Seen Kid is die Britse groep Elbow se superbriljante vierde album en volg op hul indrukwekkende vorige album, Leaders of the Free World (2005). The Seldom Seen Kid is egter maklik hul beste en sterkste album tot dusver. Anders as met so baie ander albums, kan jy op een slag van voor tot agter daarna luister sonder om een oomblik verveeld te raak. Die musiek trek jou in en kry ‘n hipnotiese houvas op jou.Sanger Guy Garvey se stem sleur ‘n...

Goudvissies tussen piranhas
Theunis Engelbrecht - 2008-05-27
Goldfish Perceptions of Pacha Van al die honderde nuwe CD’s het dié een die grootste plesier aan ons uitgelese paneellede gebied. Die rede is dat die groep van die beste dans- en partytjiemusiek maak wat jy tans kan kry. Daar is min dinge deesdae wat ‘n mens vrolik laat voel. Baie rockmusiek is ‘n erge gewroeg, en borrels in ‘n skuimbad het meer bestaansreg as die meeste kommersiële popmusiek. Daarteenoor laat Goldfish ‘n mens voel of die lewe werklik...

ʼn Tsoenami van bloed en Afrikaans
Theunis Engelbrecht - 2008-04-08
Luisterpaneel: Alice Ellis, Yvette de Wet, Tom Blom, Beyers Eybers en Fritz BritsSameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtVandag, vir die eerste keer in Sound Bites se geskiedenis, het die agbare lede van ons luisterpaneel daarop aangedring dat dit ʼn eksklusief Afrikaanse extravaganza moet wees. Hulle sê daar is so baie goeie nuwe Afrikaanse musiek dat hulle met alle mag en mening hul eie Afrikaanse Top 10 vir LitNet wou saamstel uit die duisende Afrikaanse CD’s op die mark...

Van Balkan-baldadigheid tot Shitney Smears
Theunis Engelbrecht - 2008-03-10
CD VAN DIE MAANDBeirutThe Flying Club CupOns enigsins vuisvoosgefokte ou spulletjie hier by Sound Bites het baie baklei oor hierdie CD. By ons paneel van vyf luisteraars is daar eenstemmigheid dat hierdie album absoluut fantasties is. Dit is ‘n moet in die versameling van enigiemand wat probeer byhou met verwikkelinge in die waansinnige wêreld van kontemporêre musiek.Yvette de Wet het aanbeveel dat dit die CD van die maand moet wees. Alice Ellis verskil van haar en sê dit...

Koningskos, koolkopbreine, krismis en blou knaters
Theunis Engelbrecht - 2007-12-13
NOG TWEE VUURWARM DVD’S Springbok Nude Girls Live at The Astoria Dit is simpel om altyd vergelykings te tref en te sê dit is beter as dat en hierdie of daai is die heel beste van alles en almal, maar as jy na dié DVD kyk, kan jy nie anders nie as om te dink Springbok Nude Girls (wat in Europa net as Nude Girls bekend staan) is loshande die vuurwarmste Suid-Afrikaanse rockgroep. Die DVD is opgeneem tydens die bekendstelling van hul jongste album, die briljante Peace Breaker....

Die enigmatiese mnr Otis Fink
(is uitsonderlik flink)

Theunis Engelbrecht - 2007-12-04
Ons verloopte ou spulletjie hier by Sound Bites het dit goedgedink om hierdie keer net na DVD’s te kyk. Die DVD’s hier onder is min of meer in die volgorde waarin dit die lede van die kykpaneel die meeste meegesleur het. Dave Gilmour Remember That Night: Live at the Royal Albert Hall David Gilmour is dalk meer bekend as sanger en kitaarspeler van Pink Floyd, maar as solokunstenaar het hy ook al uitstekende werk gelewer, wat ‘n hoogtepunt bereik het op sy mees onlangse album,...

Die musiekjaar raak net al hoe lekkerder
Theunis Engelbrecht - 2007-11-20
Daar is vandeesweek nie net een CD van die maand nie, maar sommer vyf – die nuwe uitreikings van Manu Chao, Youssou N’Dour, Neil Young, Bruce Springsteen en JJ Cale. Met Kersfees om die draai begin die CD-rakke behoorlik kreun in die musiekwinkels. Daar is te veel om van te kies, maar die vyf CD’s van die maand is ‘n goeie begin en sal jou ure se luistergenot bied. Manu Chao La Radiolina Baie van ons hier by Sound Bites sê as ons vir die res van ons lewens net...

Van koninklike happies tot kitskotsklankies
Theunis Engelbrecht - 2007-11-01
CD VAN DIE MAAND Björk Volta Met haar jongste album, Volta, bewys Björk sy bly steeds een van die avontuurlikste, uitdagendste en boeiendste kunstenaars in die musiekwêreld. Sy is nie bang om telkens nuwe horisonne in haar musiek te verken en grense te verskuif nie. Volta staan soos ‘n vuurtoring uit onder 2007 se uitreikings. Om als te kroon is dit nie gefabriseerde Top 40-kitskotsklankies wat Björk opdis nie, en Volta is allesbehalwe ‘n kommersiële album....

Pret uit Pretoria op 'n wa uit Tshwane - 'n Proudly South African Special
Theunis Engelbrecht - 2007-10-17
Nadat ons hier by Sound Bites enkele maande gelede ons hooghartige snobisme oor Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiek laat vaar het, danksy briljante nuwe plaaslike albums van onder andere Springbok Nude Girls, Vusi Mahlasela en Foto Na Dans, het ons besluit om hierdie keer weer ons ore uit te leen na wat hier onder ons eie neuse aangaan. En ons is verheug om te sê dat daar weer ‘n klompie stewige Suid-Afrikaanse albums is, en selfs een of twee in Afrikaans. CD VAN DIE MAAND Dan...

Rock around the c(l)ock
Theunis Engelbrecht - 2007-09-27
Raai wie het vanjaar die lekkerste winter van almal gehad? Die rockliefhebbers. Daar het die afgelope drie tot vier maande soveel nuwe rock-CD’s verskyn dat ‘n mens aanvanklik gevrees het jy sal breinskade opdoen as jy na die hele stapel moet luister, maar dit was helaas nie so erg nie. Die grootste klomp van die nuwe uitreikings het mens ‘n sug van verligting laat slaak, want dit het al begin voel of rockmusiek die einde van sy pad begin bereik het. Daar is baie vars asem en...

Soete verleiding, 'n springmielie en 'n cool-chic-slick-chick
Theunis Engelbrecht - 2007-09-04
Dit is die meeste van die tyd moeilik om ‘n Laserskyf van die Maand te kies, omdat daar gewoonlik meer as een aanspraakmaker is. Hierdie maand was daar meer as ‘n hand vol van hulle: Modest Mouse, Bruce Springsteen, Velvet Revolver, The View, Bloc Party, Interpol … Daar is dus hierdie keer wéér ‘n keuse gemaak van die DRIE kwaaiste CD’s van die maand: Feist, Sinéad O’Connor en Make Some Noise … CD’S VAN DIE MAAND Feist The...

High oppie Highway
Theunis Engelbrecht - 2007-08-01
DVD VAN DIE MAAND Bob DylanDon't Look Back Oplaas beskikbaar op DVD: DA Pennebaker se dokumentêre fliek oor Bob Dylan se laaste Britse solotoer in 1965. Dis hoofsaaklik ‘n agter-die-skerms-loerdery met vermaaklike oomblikke, soos die perskonferensie op Heathrow-lughawe aan die begin van die fliek waar Dylan so geïrriteerd is met die joernaliste se simpel vrae dat hy absurde antwoorde gee, wat dan deur die einste nuuswolwe opgeslurp word asof dit orakelwoorde is. Histeries. In...

Verruklike vroumense
Theunis Engelbrecht - 2007-07-03
Waar dit ‘n paar maande gelede die outoppies was wat die lekkerste nuwe musiek gemaak het, is dit tans weer die vroue van alle ouderdomme wat die avontuurlikste musiek maak. Wat kan ‘n mens meer vra as nuwe CD’s van Tori Amos, Patti Smith, Suzanne Vega en Björk in een maand? Die debuutalbums van Amy Winehouse en Dolores O’Riordan is ook nie te versmaai nie. Van al hierdie liewe dames is Björk die een wat die mense die mees opgewonde en aan die praat het. Ek het...

O Nick Cave, gee my jou lekker lyf
Theunis Engelbrecht - 2007-05-16
Ná die verbruikerswaansin van elke jaar in Desember voel dit aan die begin van die jaar daarna asof alles en almal om jou van ‘n roller coaster afgeval het. Aangesien popmusiek geen geringe rol speel in hierdie kommersiële breinspoeling nie, hou dit die voordeel in dat ‘n mens rustig kan bestek opneem van die oordaad wat op jou neergereën het – en heelwat daarvan het buitendien gevoel soos die donderreën van ‘n strontstorm. Baie CD’s is maar ‘n...

Robbie vat NIE die koek nie ... ook nie die Krismiskoek nie
Theunis Engelbrecht - 2006-12-12
Dit is met groot verontwaardiging dat ek al die stront gelees het wat Jana-Mariana die afgelope twee keer in my afwesigheid agter my rug kwytgeraak het. As kakpraat ‘n kolletjie was, was Jana al lankal ‘n tarentaal. Vat nou maar Robbie Williams se nuwe CD, Rudebox. Nadat ek Jana se liriese orakelsange daaroor gelees het, was ek nuuskierig om daarna te luister. Jana skryf dat van al die jong rammetjies van wie daar nuwe CD’s uit is, vat Robbie die koek. Gmfff. Ek is seker...

Jingle Hells, Jingle Hells ...
Jana-Mariana Human - 2006-12-04
So met die fyndraai van verbruikerswaansin voor Kersfees is daar weer megastores en megastores en megastores vol nuwe CD’s. Een van die gevaarlikste dinge op aarde om te doen, is om met jou kredietkaart na so ‘n megastore te gaan. Jy stap daar in en word oorweldig deur soveel massas en massas en massas CD’s en DVD’s dat jy eintlik wil naar word omdat die totale oordaad van als so obseen is. Almal is gatvol, die jaar was lank, jy is moeg, jy voel afgeleef soos ‘n hoer...

Van leeuloop tot slaksleep – die onreine waarheid
Jana-Mariana Human - 2006-11-21
Ou Theuniskeriekstiekspenis is uit soos ‘n kers en het my gevra om hierdie Sound Bites namens hom te skryf. Die rede hoekom hy uit soos ‘n kers is, is nie dat hy die opsitkers aan beide kante probeer brand nie, maar na ‘n pakhuis vol nuwe hardegatrock-CD’s geluister het – van voor tot agter na elke liewe liedjie op elkeen van hulle. Hy is behoorlik bleek om die kiewe, sy broek bewe – na hierdie handvol CD’s gaan hy skielik nie meer soos ‘n leeuloop...

Mooimeisiesfontein, o Mooimeisiesfontein
Theunis Engelbrecht - 2006-11-14
Nadat dit die outoppies soos Bob Dylan, T Bone Burnett, Johnny Cash en Neil Diamond was wat tot dusver vanjaar vir die lekkerste musiek gesorg het, slaan die jong poppies nou met die koms van die somer weer in hul bloeiselende menigtes toe. Daar is te kus en te keur vir elkeen in die fleur van sy/haar liefdesgeur. Wonder bo wonder het ek en Jana-Mariana hierdie keer saamgestem oor al die CD’s. Ons is albei baie lief vir die werk van jong vroulike avonturiers. Ons is egter ook van mening...

Die jong poppies en die blowjoppies
Theunis Engelbrecht - 2006-10-30
Ek het ‘n woedende brief gekry van ‘n verontwaardigde leser, mev SS van Blerk van Brackenfell, wat vra hoekom daar so baie oor seks geskryf word in Sound Bites. "Is dit nie al erg genoeg dat my kinders reeds blootgestel word aan afwykende verskynsels soos Fokofpolisiekar en Christina Aguilera nie? Om nie eens te praat van Marilyn Manson en die Leeuloop nie!" skryf mev Van Blerk. Mevroutjie, kalmeer tog nou. Die antwoord op u brandende vraag is voor die hand liggend: 96,7...

Dié outoppies druk die regte knoppies
Theunis Engelbrecht - 2006-10-09
'n Mens moet altyd met die nodige aandag en ontsag luister na die musiek wat deur outoppies gemaak word, want hulle het al die pad (en bowenal afdwaal- en kronkelpaaie) geloop.Wanneer daar in een maand nuwe CD's van vier hoogaangeskrewe outoppies is, is dit dus 'n gedenkwaardige gebeurtenis (al sal Praag-Afrikaners nie noodwendig so dink nie, om nie eens te praat van ATKV-Afrikaners en RSG-Afrikaners nie; maar ons los hulle maar vir eers buite die prentjie).Boonop is Bob Dylan se Modern Times ook...

Van 'n reggae-rabbi tot 'n idioolpop
Theunis Engelbrecht - 2006-08-17
CD’s van die maand Matisyahu: Youth enMatisyahu: Live at Stubb’s Matisyahu is die verhoognaam van Matthew Miller. Tans trek hy wêreldwyd baie aandag vanweë die feit dat hy ’n ortodokse Jood is en hoofsaaklik reggae-musiek maak. Nou ja, dit blyk nie nodig te wees om ’n Rastafariër te wees om eksklusief te kwalifiseer vir die eer om reggae-musiek te maak nie. ’n Mens twyfel of Matisyahu dagga rook, alkohol drink en hoer en rumoer, want hy is so ’n...

Troumusiek
Theunis Engelbrecht - 2006-07-07
Ek weet ek het laas keer belowe ek sal hierdie keer skryf oor “music to make love by” na aanleiding van die gelyknamige reeks langspeelplate wat in die 1970’s uitgereik is - die meeste daarvan deur James Last wat musiek van Montevani en Vivaldi uitvoer. Ongelukkig kan ek nie vandeesweek oor hierdie netelige onderwerp gesels nie, aangesien ek gou besef het die navorsing daarvoor gaan baie ingewikkeld wees. Dis ‘n steekproef van so ‘n allemintige omvang dat dit baie...


<< 1 >>