Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Rubrieke | Columns > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 >>

Engelse liefde
Paul Cilliers - 2007-10-03
On Chesil Beach Ian McEwan Jonathan Cape ISBN 978-0-224-08118-4 166 bladsye ’n Worsteling met die vraag: “Wat is liefde?” is een van die ewigdurende temas van die romankuns. Ian McEwan skryf gereeld en in detail daaroor. Dink maar aan Enduring Love en sy voorlaaste roman Saturday. Dié boek het my geweldig getref. Die predikamente van ’n hedendaagse mens, iemand wat bloot probeer om sinvol te lewe te midde van al die eise wat aan hom gestel word, is met insig...

Richard Powers, ’n naaswenner
Paul Cilliers - 2007-06-26
The Echo MakerRichard Powers451 ppWilliam HeinemannISBN 0-434-01632-2 Hoewel Richard Powers hier miskien nog nie so ’n groot leserspubliek het nie, kry hy lankal reeds ’n uitstekende ontvangs by die kritici. The Echo Maker is sy negende roman en was pas die naaswenner van die Pullitzer-prys vir letterkunde. (Julle sal dalk onthou dat die vorige boek waaroor ek dit gehad het, The Road van Cormack McCarthy, die wenner was – en wat ’n voortreflike boek was dit tog.) Powers...

Bleek maar briljante McCarthy
Paul Cilliers - 2007-05-29
The RoadCormac McCarthy Picador 2006ISBN 0-330-44755-9 241 bladsye Indien enigiemand Cormac McCarthy leer ken het deur die swak film wat gemaak is van sy roman All the Pretty Horses, moet hulle dit dadelik vergeet. McCarthy is een van die belangrikste lewende skrywers in die VSA. Die New York Times se paneel deskundiges het Blood Meridian aangewys as een van die vyf beste Amerikaanse romans van die afgelope 25 jaar en The Road het pas die Pulitzer-prys vir letterkunde gewen. McCarthy se tekste...

Oorweldigende Pynchon
Paul Cilliers - 2007-05-02
Against the DayThomas PynchonJonathan Cape 2006ISBN97 80224080958 1085 ppKlik hier om hierdie boek by Exclusive Books te koop. Laat ek my kaarte dadelik op die tafel sit: ek is ’n Pynchon fan. Ek het al sy goed gelees. Ek onthou hoe ek mateloos beïndruk was deur V toe ek dit in die vroeë tagtigs gelees het. Dit was snaaks en ernstig met ’n reikwydte wat my asem weggeslaan het. Daarna het ek vir maande gesukkel om Gravity’s Rainbow in die hande te kry, aangesien...

Travels in the Scriptorium: ’n metafiksionele spel
Paul Cilliers - 2007-03-07
Travels in the Scriptorium Paul Auster Faber and Faber ISBN 0-571-23255-8 130 pp Klik hier en koop Travels in the Scriptorium nou. Klik hier om Travels in the Scriptorium te wen! Kompetisie sluit 31 Mei 2007. ’n Jaar of wat gelede het die New York Times vir ’n honderd letterkundiges (skrywers en kritici) gevra om die beste Amerikaanse roman van die afgelope 25 jaar aan te wys. Die wenner, Beloved van Toni Morrison, was miskien iets van ’n verrassing, maar die top...


<< 1 >>