Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Artikels | Articles

Artikels | Articles


<< 1 >>

Clare Menck se kunstenaarskap: ’n strewe-in-wording na die dokumentering van ’n deurleefde en geleefde wêreld
Amanda Botha - 2011-12-08
Untitled Document Clare Menck se kunstenaarskap ’n Evaluering en herwaardering van Clare Menck se kunstenaarskap word verken in ’n tentoonstelling van 120 werke wat deur Sanlam aangebied word en het op 25 Oktober 2011 in Sanlam Kunsgalery in Bellville geopen. Amanda Botha beskryf Menck se kunstenaarskap as “’n strewe-in-wording na die dokumentering van ’n deurleefde en geleefde wêreld”. Die leefwêreld van Menck word verken in vier genres –...

Diane Victor herrangskik die landskap van emosie: Kuns as beswering van ’n samelewing se disfunksionaliteit
Amanda Botha - 2011-12-01
Diane Victor herrangskik die landskap van emosie: Kuns as beswering van ’n samelewing se disfunksionaliteit Diane Victor het haar gevestig as ’n hooffiguur in die Suid-Afrikaanse en internasionale kunsgemeenskap. Haar werk lewer kommentaar op die vlietende Suid-Afrikaanse sosiopolitieke landskap. In hierdie reeks, Disasters of Peace, gee sy ook ’n kopknik na haar historiese voorgangers. Hierin toon sy haar veelsydigheid van uitdrukking, nie net deur die skep van veelvuldige betekenislae...

Robinson Regstreeks – Skelmstreke
2011-07-15


Willem Boshoff: Woord en beeld – naas mekaar, deurmekaar en vervleg
Amanda Botha - 2011-06-15
Untitled Document Woord en Beeld: Naasmekaar, deurmekaar en vervleg – ’n greep op die kuns van Willem Boshoff ’n Eerste benadering tot Willem Boshoff se kuns is om sy werk as ’n leser van ’n boek te benader. Beeld en woord is hier interafhanklik – dit gaan vir hom oor die begripsinhoude van woorde wat beelde skep en beelde wat tot woorde aanleiding gee. Die inhoud is gelade en ambivalent. Jou begrip van woorde, jou vermoë om dit wat jy lees in beelde...

Hannalie Taute oor haar kuns, blogging, en ma-wees
Steyn du Toit - 2011-05-19
Untitled Document Hou op skree, Mammie Hannalie Taute se visuele-kunste-uitstalling Skeidingsangs het groot opslae by vanjaar se KKNK gemaak. Soos ’n wafferse spinnekopwyfie wat na paring die mannetjie toespin, so ook het sy als toegedraai wat vir haar spesiaal is, en waarvan sy sukkel om afskeid te neem, in lap, wol, gare of tou. Maar stilsit is nie iets wat hierdie ma van twee ken nie! Tussendeur huisvrou, kunstenaar en ma wees het sy ook onlangs ’n blog begin...

Hannalie Taute oor haar kuns, blogging, en ma-wees
Hannalie Taute, Steyn du Toit - 2011-05-19
Untitled Document Hannalie Taute se visuele kunsuitstalling Skeidingsangs het groot opslae by vanjaar se KKNK gemaak. Soos ’n wafferse spinnekopwyfie wat na paring die mannetjie toespin, so ook het sy als toegedraai wat vir haar spesiaal is, en waarvan sy sukkel om afskeid te neem, in lap, wol, gare of tou. Maar stilsit is nie iets wat hierdie ma van twee ken nie! Tussendeur huisvrou, kunstenaar en ma wees het sy ook onlangs ’n blog begin en het vir Steyn du Toit bietjie meer daaroor...

Present History: Heidi Erdmann chats to Steyn du Toit about the past ten years as gallery owner
Steyn du Toit - 2011-05-19
Untitled Document Welcome to the jungle, Karlien de Villiers Heidi Erdmann has been involved with the local art scene as both curator and gallery owner of The Photographers Gallery ZA & ERDMANNCONTEMPORARY. To mark the 10th anniversary of her gallery she will present a series of exhibitions. The first of these exhibitions, Present History, coincides with a street party in the newly pedestrianised Shortmarket street on 25 May at 18:00. For more information visit www.erdmanncontemporary.co.za....

Optelgoed bied blik op straatkinders se wêreld op Die Tiep
Steyn du Toit - 2011-04-06
Untitled Document Soos verskyn in Krit op 5 April 2011 “Kyk, daar is oom Kakkig! En Loppies en Ballas ook!” Die reaksie en opgewondenheid deur straatkinders van Die Tiep oor foto’s deur of van hulle geneem, laat mens net daar besef hoe belangrik die uitstalling Optelgoed is. Die Tiep is ’n munisipale stortgrond net buite Oudtshoorn. Dit is egter ook al plek wat baie mense hulle huis kan noem. Optelgoed het begin posvat toe Judy Kellerman, wat hier in Oudtshoorn met straatkinders...

Kuns as belegging en avontuur
Amanda Botha - 2011-02-24
Untitled Document Kuns as belegging en avontuur In hierdie oorsig stel Amanda Botha die kyker bloot aan die avontuur van kunswaardering. Vir baie is dit genoeg om die vaardige aanwending van verf, die delikate komposisie of die vorm waarin dit aangebied word te waardeer. Vir ander lê die krag in die kunswerk en in sy vermoë om tot die kyker te spreek en jou so binne te trek in ’n intellektuele dialoog tussen ervaring en persepsie in. Fundamenteel bly kuns vir ons almal...

Heinrich Zille – satirikus vir die minderbevoorregtes
Cornelia de Kock - 2011-01-19
Die dagblaaie berig gereeld oor geld wat vir straatkinders ingesamel word. Dit laat ’n mens weer eens besef dat sosiale probleme so oud soos die mens self is en dat die volgende stelling waar bly: "Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde." In 2008 is die geboorte, 150 jaar gelede, van Heinrich Zille, “die bekendste van die onbekende” Berlynse kunstenaars uit die vorige eeu, met ’n kunsuitstalling gedenk. Hy het ’n indirekte verbintenis met Suid-Afrika –...

Diederick During (1917–1991) – ’n Ywerige verkenner op soek na ’n outentieke stem
Amanda Botha - 2010-12-07
Diederick During – ’n Ywerige verkenner op soek na ’n outentieke stem Diederick During (1917–1991) se werk bied ’n oorsig oor die periode waarin hy geleef het en spesifiek hoe hy die sosiaal-politieke struktuur verbeeld het. Hy het die leefwêreld van swart mense onder die aandag gebring, veral trekarbeiders wat noodgedwonge aan verstedeliking onderwerp was. Dit is ’n belangrike rekord met ’n outentieke stem. Sy gewete het op ’n menslike vlak...

Larry Scully (1922–2002): Visionêr en mistikus: ‘n reus onder kunstenaars
Amanda Botha - 2010-07-15
Larry Scully (1922–2002): Visionêr en mistikus: ’n reus onder kunstenaars Dit was sy bemoeienis met die stad, en spesifiek Johannesburg, as landskap waarvoor hy ’n spoor getrap het waarin ander kon volg – veral ’n latere generasie swart kunstenaars gemoeid met stadstonele van die Goudstad. Sy betrokkenheid met byvoorbeeld Hillbrow in dié tyd kan terugskouend gesien word as die vestiging van ’n soort ”Manhattan in Afrika”. In sy laaste...

Venda-beeldhoukuns: Van landelike tot hoofstroomkuns
Amanda Botha - 2010-05-19
Vir die eerste keer is in 1985 ernstig kennis geneem van die werk van beeldhouers uit Venda en is hulle werk op die uitstalling Tributaries, ’n mylpaalgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis, erken as deel van professionele kunsproduksie. Objekte wat voorheen gerelegeer was tot die orals te vinde kategorieë van etnografie en township-kuns is nou binne die raamwerk van eietydse kunsproduksie gebring. Venda-beeldhoukuns het van landelike artefakte tot hoofstroomkuns ontwikkel....

toets
2010-04-29
Die kykNET-reeks Vallei van Sluiers vertel die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in die onmin, twiste en skandale ingetrek word. Kyk hierdie clips vir 'n voorsmakie as jy nog nie die eerste episodes onder oë gehad het nie. In die eerste episode is kennisgemaak met die mense van die Vallei. Bertho fassineer almal met sy stories, maar...

toets
2010-04-29
Die kykNET-reeks Vallei van Sluiers vertel die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in die onmin, twiste en skandale ingetrek word. Kyk hierdie clips vir 'n voorsmakie as jy nog nie die eerste episodes onder oë gehad het nie. In die eerste episode is kennisgemaak met die mense van die Vallei. Bertho fassineer almal met sy stories, maar...

Lekker clips uit Vallei van Sluiers
2010-04-29
Die kykNET-reeks Vallei van Sluiers vertel die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in die onmin, twiste en skandale ingetrek word. Kyk hierdie clips vir 'n voorsmakie as jy nog nie die eerste episodes onder oë gehad het nie. In die eerste episode is kennisgemaak met die mense van die Vallei. Bertho fassineer almal met sy stories, maar...

vallei van sluiers
2010-04-29
Die kykNET-reeks Vallei van Sluiers vertel die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in die onmin, twiste en skandale ingetrek word. Kyk hierdie clips vir 'n voorsmakie as jy nog nie die eerste episodes onder oë gehad het nie. In die eerste episode is kennisgemaak met die mense van die Vallei. Bertho fassineer almal met sy stories, maar...

Lekker clips uit Vallei van Sluiers
2010-04-28
Die kykNET-reeks Vallei van Sluiers vertel die storie van ’n paar bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns … en van die mense wat deur die drie families in die onmin, twiste en skandale ingetrek word. Kyk hierdie clips vir 'n voorsmakie as jy nog nie die eerste episodes onder oë gehad het nie. In die eerste episode is kennisgemaak met die mense van die Vallei. Bertho fassineer almal met sy stories,...

Die beeldhoukuns van Sydney Kumalo: Op die kruispunt van twee kulture – Afrika en Europa
Amanda Botha - 2010-03-24
In ’n tweede reeks artikels oor Suid-Afrikaanse kuns word weer eens gefokus op die kunswerke in die Sanlam Kunsversameling met Stefan Hundt as kurator. Amanda Botha skryf oor bepaalde kunswerke wat as merkers gesien kan word in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis en verken ook aspekte van die kunstenaar se lewe en werk, om sodoende insig te bied op die invloede wat op die kunstenaar ingewerk het. Sydney Kumalo (1935-1988), wat in Sophiatown, Johannesburg gebore is, het in ’n onderhoud...

Selfportrette: ’n Spieëlbeeld wat die aandag van jou oë vra
Amanda Botha - 2009-07-29
In die selfportret is die kunstenaar die fokus van sy eie waarneming en hieruit ontstaan boeiende vrae, soos: Wat sien ’n kunstenaar as hy na homself kyk? Of wat probeer hy deurgee en wat kan die kyker te wete kom van die kunstenaar/mens as hy/sy na die uitbeelding kyk? In hierdie artikel kyk ons na vier selfportretstudies – van twee ouer en reeds gestorwe kunstenaars, Alexis Preller (1911-1975) en Johannes Meintjes (1923-1980), en twee hedendaagse kunstenaars, Tyronne Appollis (1957-)...

Vroeë portretstudies wat medemenslike waardigheid en respek boekstaaf
2009-07-08
Amanda Botha Die portretkuns is diep gewortel in die wêreld- en Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis. Die versoeking van ‘n kunstenaar om ‘n beeld van hom- of haarself vas te lê om iets van ‘n bepaalde tyd en ervaring te verbeeld is dikwels aanloklik. Soos Rembrandt en Picasso dikwels gemoeid was met die verkenning van die self, so is daar in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis ook kunstenaars wat hulle herhaaldelik met selfportrette bemoei het om verskillende stadia van...

Landskapskuns : terrein van menslike interaksie met die land
Amanda Botha - 2009-05-22
Die konsep landskap vra ook na ’n besinning oor die verhouding tussen die mens en die natuurlike omgewing waarin hy hom bevind. In ’n landskapskildery is daar ook sprake van die uitbeelding van dié verhouding. Kortom: dit handel oor hoe die landskap die kunstenaar se belewenis van sy omgewing vertolk. Baie verskillende vorme van landskapskuns is oor die afgelope 500 jaar geskep. Dit sluit water- en olieverfskilderye, fotografie, landskuns en -installasies, tuinontwerp, ...

Opening address for the exhibition Johann Louw: A mid-career retrospective
Stefan Hundt - 2009-05-06
Click here for more information on the exhibition. Johann Louw (Foto: Naomi Bruwer) 15 April 2009 – Sasol Art Museum – University of Stellenbosch A decade or so ago the death of painting was on everyone’s lips in the art world. Digital, performance and installation art were the new frontiers that South African artists would traverse in returning to the international world of art production. And for the past few years these art “forms” have...

Suid-Afrikaanse landskappe: Stadstonele as memoires
Amanda Botha - 2009-05-06
Die voortgesette gewildheid van die landskap as onderwerp vir Suid-Afrikaanse kunstenaars hou ook verband met die invloed van die Impressionisme en die Ekspressionisme op Suid-Afrikaanse skilders. Die Impressionistiese en Ekspressionistiese benaderings is in Europa baie toepaslik vir veral landskapstudies gebruik. Vanaf die pionierkunstenaars tot vandag is daar onder Suid-Afrikaanse kunstenaars ’n voortgesette obsessie om hulle omgewing ook uit ’n “Europese” oogpunt te beskrywe...

Suid-Afrikaanse landskapskuns: Die kunstenaar as verslaggewer en geheue
Amanda Botha - 2009-02-18
Die landskap was nog altyd die sentrale tradisie in die Suid-Afrikaanse skilderkuns. Die eerste skilders wat hier gewerk het, was “verslaggewers” wat veral die topografie, die flora en die fauna van hierdie onbekende en fassinerende land wou beskryf aan mense wat dit nooit sou sien nie. Dit het ook aangesluit by die intensiewe ontwikkeling in Europa van kunsvaardighede om die objektiewe wêreld mee te beskryf. Landskapskildering uit eie reg was ‘n belangrike faktor in die...

Pionierkunstenaars: Geanker in die Suid-Afrikaanse bodem
’n Unieke blik op die landskap

Amanda Botha - 2008-12-09
In die vorige artikel is spesifiek gekyk na grondleggers in die Suid-Afrikaanse kuns en is gefokus op die bydrae van drie uiteenlopende vroeë landskapkunstenaars: Frans Oerder, Cathcart Methven en JEA Volschenk en die meesterbeeldhouer Anton van Wouw. Hulle het aan die begin van die 20ste eeu onderskeidelik in Pretoria, Durban en Riversdal gewerk. Die uitbeelding van die Suid-Afrikaanse landskap het by die meeste kunstenaars inslag gevind en ondanks die groot kunsproduksie rondom die...

Tydloosheid van vroeë kunstenaars se werk - grondleggers van Suid-Afrikaanse kuns
Amanda Botha - 2008-10-08
Na die bestekopname van die begrip verteenwoordigend in Suid-Afrikaanse kuns word daar in die volgende paar artikels spesifiek besin oor die bydraes van bepaalde kunstenaars in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis oor die afgelope eeu. Vir die doeleindes van hierdie reeks word die afgelope eeu se kunsproduksie onderverdeel in verskillende historiese periodes: vroeë Suid-Afrikaanse kuns (1880–1925); sedert die eeuwending tot na die Tweede Wêreldoorlog (1890–1948);...

Hoe lyk 'n versameling wat "verteenwoordigend" van Suid-Afrikaanse kuns is? Is dit 'n pypdroom of 'n moontlikheid?
Amanda Botha, Stefan Hundt - 2008-09-10
Die neteligste vraag om in Suid-Afrikaanse kuns te beantwoord, is seker die vraag: Wie en wat sal “verteenwoordigend” van Suid-Afrikaanse kuns wees? En hoe om so ’n “verteenwoordigende” beeld in ’n versameling te verkry. Hierdie vraag bly die onderwerp van debat en hoe dit ook al benader word, daar is geen klinkklare antwoord nie. Hierdie vraag is ook gelaai met politieke inhoude wat altyd in ’n poging tot beantwoording polemies word. Wat nou gemaak...

Decade: Highlights from 10 years of collecting for the Sanlam Art Collection - Opening Remarks by Stephan Welz
Stephan Welz - 2008-08-19
Johannesburg 5 March 2008 In the early 1960s Sanlam formally started a collection of South African art with three objectives: to decorate the offices of members of staff, to support and promote art in South Africa and, possibly the most distinctive, to own paintings for reproduction in Sanlam’s art calendars. The collection was originally well funded and by the late 1960s it already comprised some 160 paintings. Already in 1968 Sanlam was able to mount an exhibition of 59 works which...

Decade: Highlights from 10 years of collecting for the Sanlam Art Collection - Opening Remarks by Dr Wilmot James
Dr Wilmot James - 2008-08-19
Bellville Exhibition7 August 2008 Oscar Wilde once said, "All art is immoral." He also said that "It is through Art, and through Art only, that we can realise our perfection; through Art, and through Art only, that we can shield ourselves from the sordid perils of actual existence" (Intentions, 1891). In human society art is ubiquitous because we are born with the capacity to make and appreciate art, although, as with all other qualities, how well we do is regulated by the...

Wat kan as verteenwoordigend van Suid-Afrikaanse kuns in 'n postmoderne periode gereken word?
Amanda Botha - 2008-08-13
In die volgende reeks artikels word spesifiek gekyk na die werk in die Sanlam Kunsversameling wat die afgelope dekade aangekoop is in Sanlam se strewe om ’n “verteenwoordigende” kunshistoriese versameling van Suid-Afrikaanse kuns op te bou. Die uitdagings wat hierdie opdrag inhou, sal ondersoek word aan die hand van 544 werke wat tot die aanwinslys gevoeg is. Die uitdaging aan die kurator Tyrone Errol Appollis (1957 – ), Self Portrait, 2006, akriel op doek, ...

Ekspressionistiese konvensies voed landskappe van verbeelding: Die kuns van Kentridge, Bell en Hodgins
Amanda Botha - 2008-06-02
In die laaste van die reeks artikels oor die invloed van die Duitse Ekspressionisme op Suid-Afrikaanse kuns word spesifiek gekyk na die kunstenaars William Kentridge, Deborah Bell en Robert Hodgins soos verteenwoordig in die Sanlam Kunsversameling.Teen die einde van die veertigerdekade het die baanbreker-Ekspressioniste soos Irma Stern, Maggie Laubser en Wolf Kibel geleidelik aanvaarding gevind. Hulle is gevolg deur ’n jonger geslag kunstenaars vir wie Ekspressionisme nuwe weë gebaan het....

Protes en weerstand – Ekspressionistiese konvensies in werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars
Amanda Botha - 2008-04-24
Sesde en voorlaaste aflewering in die reeks oor die invloed van die Duitse Ekspressionisme op Suid-Afrikaanse kuns. In hierdie artikel word spesifiek gekyk na hoe die konvensies van die Ekspressionisme protes- en weerstandstandskuns in Suid-Afrika beïnvloed het, veral ook as impuls van swart kuns. ’n Onderskeidende faktor van die Duitse Ekspressionisme was die gebruik van grafika, veral hout- en linosneë. Hierdie medium is veral suksesvol aangewend in die ontwikkeling van...

Kuns uit selfopgelegde bannelingskap:
Harry Trevor en Gerard Sekoto

Amanda Botha - 2008-02-12
Vierde aflewering in die reeks oor die invloed van Duitse Ekspressionisme op Suid-Afrikaanse kuns Impuls van Duitse Ekspressionisme in Kaapstad Hoewel die persepsie bestaan dat diegene wat binne die dampkring van die Duitse Ekspressionisme gestaan het en direk daaruit geput het, die vernaamste eksponente van hierdie beweging is, is die teendeel ewe geldig. Veral is die impuls van die Ekspressionisme sterk gevoel in Suid-Afrikaanse kuns by kunstenaars wat nooit regstreeks kontak gehad of opleiding...

Maggie Laubser se bevrydende blik – die impuls van die Duitse Ekspressionisme in haar werk
Amanda Botha - 2008-01-21
Die pastorale, as bousteen Die werk waarmee Maggie Laubser (1886–1973) in die Sanlam Kunsversameling verteenwoordig word, toon haar by uitstek as ’n leidende eksponent van die Duitse Ekspressionisme. Haar werk kan beskryf word as ’n bevrydende siening wat haar as wegwyser op eie bodem vestig. Haar humanitêre insig plaas haar buite die postkoloniale diskoers van die eiening van figure as objekte. Vir haar word die objek medemens met wie sy empatie en meelewing toon. Laubser...

Die strewe na die individuele – die siel van die Ekspressionisme: ’n Studie van vyf Suid-Afrikaanse kunstenaars
Amanda Botha - 2007-11-29
Agtergrond Israel-Isaac (Lippy) Lipshitz, The Expulsion, 1948, monotipe op papier,520 x 340 mm Die Duitse Ekspressionisme was die belangrikste deurlopende invloed van ’n groot avant-garde-beweging op Suid-Afrikaanse kuns. Die Ekspressionisme is deur die werk van twee Suid-Afrikaans-gebore kunstenaars, Irma Stern en Maggie Laubser, aan die plaaslike kunspubliek voorgestel. Albei kunstenaars het eerstehands...

Skakerings van lig
Melt Myburgh - 2007-11-15
Dale Yudelman se foto’s en kortfilms word tot 29 November uitgestal in SMAC (Stellenbosch Modern and Contemporary Art Gallery). Melt Myburgh het gaan rondsnuffel in die Eikestad se nuutste en kordaatste ruimte waar kunswerke tot hul reg kom. Dale Yudelman by een van sy werke wat tans by SMAC te sien is As jy vanuit Birdstraat deur die historiese Steeg stap, word jy van die regterkant af getormenteer deur die geur van varkribbetjies wat met tange op die Spur se braairoosters vlam nadat dit...

Die Ekspressionistiese drang in Suid-Afrikaanse kuns
Amanda Botha - 2007-10-31
’n Kort reeks artikels word aangebied rondom werk in die Sanlam Kunsversameling wat betrekking het op die Duitse Ekspressionistiese beweging soos dit in Suid-Afrikaanse kuns neerslag gevind het. Agtergrond Die invloed van die Duitse Ekspressionisme het wêreldwyd, ook in Suid-Afrika, 'n weerklank gevind. In Suid-Afrikaanse kuns is die Ekspressionisme as kunsuitdrukking besonder relevant. Hoewel dit nooit amptelik hier as beweging erken is nie, is drie van ons pionierkunstenaars...

Om waarderend en uitdagend te versamel: Hoogtepunte in die Sanlam-versameling
Amanda Botha - 2007-10-05
Hoogtepunte in die versameling Pieter Wenning, Transvaal Evening, sonder jaartal, olie op doek, 360 x 460 mm Hoewel die strewe van die Sanlam-versameling is om verteenwoordigend van die beste van Suid-Afrikaanse kuns te wees, beteken dit nie dat daar ’n werk van elke gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaar in die versameling is nie. Die hoofversameling strek oor die hele 20ste eeu en omvat talle internasionale...

Om waarderend en uitdagend te versamel: Geskiedenis van die Sanlam-versameling
Amanda Botha - 2007-10-05
Geskiedenis van die Sanlam-versameling Die destydse hoofbestuurder, dr Andreas Wassenaar, is op rekord met ’n uitspraak aan sy direksie dat die vestiging van ’n kunsversameling “'n belangrike bate en die refleksie van ’n land se beskawing is”. In 1966 bewys dr Wassenaar sy toegewydheid tot die vestiging van ’n korporatiewe kunsversameling deur Walter Battiss, African Night Market, 1965, olie...

Om waarderend en uitdagend te versamel: Korporatiewe Suid-Afrikaanse kunsversamelings met spesiale verwysing na die Sanlam-versameling
Amanda Botha - 2007-10-04
Irma Stern, Flowers, 1949, olie op doek860 x 860 mm Wêreldwyd is daar ’n groeiende belangstelling in Suid-Afrikaanse kuns en in die uiteenlopende skeppingsprodukte wat gelewer word. Die belangstelling was altyd daar, maar het met die kulturele-isolasie-jare gekwyn. Sedert die negentigerjare geniet Suid-Afrikaanse kuns wye internasionale aandag. ’n Treffende voorbeeld is die eeufeestentoonstelling met ’n prestige-katalogus rondom die werk van Irma Stern...

Ouma Grietjie ... jou dierbare ding
Naomi Bruwer - 2007-08-23
Klik hier vir nog foto's "Lewe in vrede," sê ouma Grietjie Adams van Garies altoos. Woensdag was egter alles behalwe ’n vreedsame dag in haar 80-jarige bestaan, met flitsende kameras en vele toesprake in hoge Ingels. Ouma Grietjie is Woensdagaand by ’n gesellige geleentheid in die Distrik 6-museum deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening met die gesogte Versoeningstoekenning vereer. Die Versoeningstoekenning is aan ouma Grietjie gegee vir haar rol in kulturele...

A glimpse into the bumpy life of South African modern art
Ferdinand Kidd - 2007-07-02
The latest exhibition in the Stellenbosch Modern And Contemporary Art Gallery is entitled "Abstract SA Art from the Isolation Years Volume 1".It includes works by artists such as Armando Baldinelli, Bettie Cilliers-Barnard, Christo Coetzee, Paul du Toit, Charles Gassner, Sidney Goldblatt, Sidney Khumalo, Erik Laubscher, Simon Lekgetho, Renée le Roux, Aileen Lipkin, Louis Maqhubela, Judith Mason, Dirk Meerkotter, Douglas Portway, Fred Schimmel, Larry Scully, Cecil Skotnes, Edwardo...

“Abstract South African Art from the Isolation Years” – from the catalogue of the exhibition at the Stellenbosch Modern and Contemporary Art Gallery
20 June – 22 July 2007 - 2007-06-26
The following works from the “Abstract South African Art from the Isolation Years” exhibition can be seen or purchased at the Stellenbosch Modern and Contemporary Art Gallery: Edoardo Villa, Rising Forms, 160 cm, Steel Gordon Vorster, African Forest, 70 x 85 cm, Oil on board Matthew Whippman,...

Introduction to the SMAC exhibition: Abstract Art in South Africa during the Isolation Years
Muller Ballot - 2007-06-25
Muller Ballot introduces the exhibition, Abstract Art in South Africa during the Isolation Years, which opened at the Stellenbosch Modern and Contemporary Art Gallery:Abstraction – in the figurative as well as the non-figurative sense, has been with us for a hundred years already and shows no signs of disappearing. The new forms and modes of expression that appeared from the 1890s in cities such as Paris, Brussels and London had already heralded most of the features of the visual arts of twentieth-century...

8 Metafoorposse
Charl-Pierre Naudé - 2007-04-25


Emergence Exhibition
L’ormarins, Franschoek - 6 – 27 March 2007 - 2007-02-14
Objectives of the Emergence Exhibition - To explore through art one of the most urgent issues of our time – the destruction of the environment and its consequences to the human psyche. - To break new ground by redefining the context in which sculpture is traditionally shown. - To create an exhibition of world class quality that will launch in South Africa and travel internationally. The Theme of the Exhibition and its Meaning “All the artworks in this exhibition are inspired by...

Toby Wright: Saints, Martyrs & Relics
Johan Myburg - 2007-01-05
Heiliges, martelaars, relikwieë en ikone is vir Toby Wright nie vreemdelinge nie. Hulle is jare lank al vertrouelinge. Vriende. In verskillende gestaltes het hulle hul intrek geneem in sy blyplek in Johannesburg – van kosbare familie-erfgoed tot ikone wat versigtig op reise aangeskaf is. Daar’s ’n tafel met Oosterse gewydes, heup aan heup met hol-oogheiliges; daar’s kruise aan die mure en klein religieuse tekste. As jy hierdie geheiligdes sou beskou as argetipiese draers...


<< 1 >>