Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynreis

Wynreis


<< 1 >>

Maak ‘n draai by Polkadraai
Johann H Crafford - 2008-09-29
WC Fields het eendag gesê ‘n vrou het hom na drank gedryf en hy't nooit eers die ordentlikheid gehad om haar te bedank nie! Pous Johannes XXIII het weer gesê dat mans soos wyn is: sommige verander in asyn, maar die beste verbeter met ouderdom.Daar is baie gesegdes oor wyn, en mens verstaan hoekom wanneer jy so ‘n tree of drie op die wonderlike wynreis geneem het. Net iets wat soveel passie ontlok soos die nektar van die wingerd kan ook soveel sêgoed na vore bring....

Hemel op aarde
Johann H Crafford - 2008-08-13
"Almal eet en drink, tog waardeer net sommiges die smaak." Die Sjinese filosoof Confucius het die spyker op die kop geslaan toe hy hierdie wysheid kwytgeraak het.Ek het dikwels aan hierdie gevleuelde woorde gedink toe ek en vroulief onlangs die Hemel en Aarde-vallei besoek het. Dis die vallei in die Walker Bay-wynstreek waar puik wyn, puik kos en asemrowende uitsigte op jou wag. En veel meer.Na daai besoek van twee dae aan die wynmakers in die vallei daar by Onrusrivier het ek besluit sy...

‘n Paradys aan die voet van die Helderberg
Johann H Crafford - 2008-07-28
“Wyn is vir my passie. Dit is familie en vriende. Dit is ‘n warm hart en ‘n edelmoedige gees. Wyn is kuns. Dit is kultuur. Dit is die wese van die beskawing en die kuns van die lewe.”So skryf Robert Mondavi oor die nektar van die gode in sy outobiografie Harvests of Joy.Met hierdie gevleuelde woorde in gedagte het ek een wintersoggend met ‘n nuwe Nissan X-Trail All Mode 4x4-i die pad Stellenbosch toe gevat om ‘n dag by die wynmakers langs die Annandale-pad tussen...

Klein Drakenstein vol verrassings
Johann H Crafford - 2008-07-07
Pous Johannes XXIII het eendag gesê: "Mans is soos wyn. Sommige verander in asyn, maar die bestes verbeter met ouderdom."Ek sal maar dat vroulief besluit watter een van daai twee ek is, maar ek het so ‘n vermoede sy gaan sê ek verouder baie goed. Soos ‘n uitmuntende rooiwyn.Altyd op soek na nuwe plekke en ervarings in die wynlande - en natuurlik nuwe wyne, kosse en mense - vat ek en my beter helfte een Vrydagoggend toe mos die N1 noordwaarts uit Kaapstad, draai links...

Die Klein Karoo het ‘n groot hart
Johann H Crafford - 2008-05-06
"‘n Heildronk op verskeidenheid." So lui die leuse van die Klein Karoo-wynroete. En wát ‘n verskeidenheid! Wyn, kos en mense. Wingerde, vrugteboorde en fynbos. Berge en dale. Vlaktes en rotskoppies. Staproetes, quadbike-roetes en fô-baai-fô-roetes. Wildreservate en warmwaterbronne. En vele meer.Ja, dis ‘n wêreld wat jy nie haastig aanpak nie. Roete 62 tussen Montagu en Oudtshoorn ry jy stadig en met mening! Al is die pad so mooi. Want daar’s...

O brandewyn laat my staan ...
Johann Crafford - 2008-02-22
Brandewyn en Coke was my eerste bekendstelling aan Bacchus. Dit was as student op Stellenbosch en ek dink die Coke het gehelp met die oorgang van koeldrank na sterker drank. Later het ek “opgegradeer” na brandewyn en gemmerlim, oftewel ’n “ginger square” (overgeset synde ’n gemmervierkant). Maar soos alle vriendskappe het my en Bacchus s’n ook maar begin met die aanvanklike kennismaking, later het ons pelle geword, en na baie jare en vele sakke sout...

'n Skatkis vol juwele
Johann H Crafford - 2008-01-21
Een van die gewildste dorpe in die Boland vir binnelandse sowel as buitelandse besoekers is ongetwyfeld Franschhoek. En as mens na al daai uitsonderlike eetplekke, boetieks, galerye en dies meer in sy hoofstraat kyk, is dit duidelik hoekom. Maar Franschhoek se rykdom lê nie net binne sy dorpsgrense nie. Die verskeidenheid wynprodusente in hierdie pragtige vallei bied op hul eie meer as genoeg rede om keer op keer terug te gaan. Een Saterdag besluit ek en vroulief toe mos om weer ‘n...

Dagtoer: Stellenbosch-skatkis onthul nog ’n juweel
Johann H Crafford - 2007-12-13
Villiera Tel: 021 8652002/3 E-pos: wine@villiera.com Web: www.villiera.com Wynproe-tye ...


<< 1 >>