Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Ongepubliseerde digters


<< 1 2 3 4 8 >>

nou dat dit aand is
Gerhard Bothma - 2011-12-07


Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s
Jaco Barnard-Naudé - 2011-11-17
Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s “Wat kan ek nou nog vir julle vertel? Seuns, dogters, julle is tog wel bekend met die mossie? Twee vir ’n stuiwer, sê die Bybel en nie een van hulle val sonder die Vader op die aarde. Moeilik om te glo, ja, die dooie god by Nietzsche, sowaar, hande vol vere is nog geen voël nie! Maar ék sê nou vir julle: waar die Arnika uitbundig bloei in die Swartwoud se donker turf, vér van die Führer se bunker,...

weghol haikoe
DW Gouws - 2011-11-15


aardreg
Celesté Fritze - 2011-10-20
Untitled Document aardreg jy kan maar sê jy boer volhoubaar, hersikleer na die werkershuis jy kan voorgee op jou grond het jy ’n hart vir ’n rooikat piekolie ’n uitnodiging om meer mielies te plant, redeneer jy ’n sangoma uitroep, ja, ontgin jou woordeskat antroposentries die polikrisis is ’n groengek se agendapunt, aardjurisprudensie, lag jy waar hoor jy als die mens-Natuur-band se los konneksie is twak, onheilig soos ’n uilroep, hier regeer ék,...

hoenderkode
Celesté Fritze - 2011-10-20


Melville Poetry Festival
Adriaan Coetzee - 2011-10-20
Untitled Document Melville Poetry Festival Note the plastic chairs in neat rows for a poetry reading Deduce from their dirty laps something beyond the fact that minutes ago they were still stacked outdoors The dirt is a metaphor The sponsor’s logo perhaps The sandy scalps of Wopko Jensma Dry pans with bullfrogs beneath the crust awaiting a shower Consider the gallery’s word art lost on the walls and our eternal audience yet again, smudged within the greater frame, recall the...

nog boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-19


Verras-vers: jy met jou verkleurmannetjiebroek
Carina van der Walt - 2011-10-14


boomkwatryne
Gerhard Bothma - 2011-10-14


Verras-vers: Die kamer 1 & 2
Wilma Barry - 2011-10-04


Verras-vers: Vir see
Louis Roux - 2011-10-04
Untitled Document Vir see dit het gereën hier vir dae en dae aanmekaar dit was of god ons weer wou wegwas en oor begin en vandag het dit opgehou en die lug was blou die amper-deurskynende blou van jou oë en die wolke het gelyk soos die stukkies watte wat kleuters op hulle arts+crafts-projekte plak (en ek het uiteindelik verstaan hoekom kinders altyd vir die heilige soek in die lug) en die landskap wat agter die karvenster verbygeflits het was groen die groen van lig ...

Verras-vers: ô'se Aram
Monty Isaacs - 2011-10-04
Untitled Document ô'se Aram op die vlakte net buitekant die kaap daar het jy die kaapse inslag gevind gee jy ’n stem aan die vergetenes besing jy hulle sukkel wel en wee in hulle swaarkry-dae vind jy ’n lag hul kaapse soet tong laat jou jubel sing durf jy die establishment met radbraak aan straatpraat, vanuit die lekker kaapse gopse laat jy die honde uit die townships los wek jy hulle op tot hoër hoogtes nou eindelik dat moedertaal onder beleg is kom erkenning wat toeka al...

Farce poetica
Izak du Plessis - 2011-10-04


Halleluja
Sulani Grobler - 2011-08-25


Resepmatige stappe tot geluk
Wessel Stoltz - 2011-08-16
Resepmatige stappe tot geluk: Untitled Document Hartchirurgie Druk lank en hard genoeg op die bors; totdat die hand deur die ribbes glip en die vingers die polsing sekuur omsluit. Verwyder met ’n plukaksie. ’n Mens kan leef sonder ’n hart Stikwerk Vul die hartholte sorgvuldig met lug om cicatrix manet, a consciousness of lost limbs (of ‘n soortgelyke toestand) te voorkom. Stik netjies toe. ’n Mens kan leef sonder ’n hart Fopdos Pluk aan...

Ek het uitgegaan
Jaco Fouché - 2011-08-11
Ek het uitgegaan Ek het uitgegaan en onder die roosbeslaande hemel aanskou hoe jeugleërs teen die bestel opgemars het en teen die heuwels af tot waar hulle in die vallei van vergesigte met verlange na insig en wysheid toegerus is. En ek het gesien dis wat met ons gebeur, in daardie donker, lugarme hole tussen die beendere van ons ouers waar die gelowiges van die generasie hulle kans afwag, biddend, lowend, lydend. in die stil ure het die kerkklokke geslaan en op nege vasgesteek....

3 winternag haiku’s
Izak van Rensburg - 2011-08-02


die skip in die bottel is ’n seebrief
Izak van Rensburg - 2011-08-02
Untitled Document die skip in die bottel is ’n seebrief ek het vir jou ’n gedig gemaak met balsahoutwoorde en vasgegomde metafore in sagte linne toegedraai, die sinne uit ongetemde bokseil gesny ’n skouspelagtige bootjie sonder swaar kettings of doelbewuste ankers ek het die skaalmodel (want ’n brief sou veel lywiger wees) in ’n glasbottel teen middernag te water gelaat op ’n wit strand in Afrika net vir ingeval die dobberende skippie sou sink nou wag ek gedwee...

Syd Barrett (6 Januarie 1946 – 7 Julie 2006)
Jaco Fouché - 2011-07-27
Untitled Document Syd Barrett (6 Januarie 1946 – 7 Julie 2006) Onthou jy toe jy jonk was? Al daardie son En die lang, polsende aande Al daardie kleure en klank En die smag en die dank En die felheid en die helheid Van sinne behou Onthou jy toe jy jonk was? Albums en liefde en uitdagendheid Sak soos die son in die see Jy leef jare sonder om te sing Gaan uit vir tee Los ’n fooitjie onder jou piering Eendag, eendag kwyn selfs die verlange Onthou jy toe jy jonk was? Al die grafskrifte...

om ’n digter te dood
Adriaan Coetzee - 2011-07-12


Diary of a bad year
Marietjie Steenberg - 2011-06-15
Untitled Document Diary of a bad year met apologie aan JM Coetzee enkele hardnekkige rafels klou nog verbete aan ’n verslete blad wat steeds voorgee om met ’n rugkant, gestroop tot in die senuwee die rebellie van omkrulblaaie te keer daagliks wen die penkoppe grond merk hulle gebied met plasse ink grys loodgroewe, neon-graffiti en kramme om die oorname te beklink volgens beplanning sal hierdie staat ook op die bestemde tyd tot sy val kom en die eens kleurvolle lint halfmas hang...

Vir ’n digter
Hilda Smits - 2011-06-01
Untitled Document Vir ’n digter daar is heuning in jou woorde konsonante tussen jou tande sagte vokale in jou handskud jou soepel tong vlek my vel oop in die reën in die reën vlek jou sterk soepel tong my oop ek is ’n vrug ek is ’n gedagte in my moeder se geheime baarmoeder my vingerpunte so klein en teer soos die voelers van ’n mier tas na fluweelagtige mure ek lees jou daar raak in braille tussen bloed en naelstring teen my moeder se hartklop tussen my gedagtes...

Ag, anderkant Freud
Waldemar Gouws - 2011-05-04


Piëta
Izak du Plessis - 2011-05-04
Untitled Document Piëta (by die dood van Andries Tatane) Die hart is nie ’n klip nie, juis daarom syg ’n mens makliker neer as marmer (klei in die hande van ’n beeldhouer) as die hart gebeitel word, tot ’n krom- posisie van die dood: Verlossers kom en gaan deur skote as die elikser van die lewe stol, die hart tot bitter beelding op die mond uitloop. Juis daarom is dit sommer ’n kak idee om uit oortuiging neer te syg soos marmer. Piëtas is onvolledige...

Neerslagtigheid
Michael du Plessis - 2011-04-26
Neerslagtigheid Na Charles Baudelaire, LXXVIII, "Spleen", Les fleurs du mal Die rëengod, vererg tot in sy dieptes deur die stad, giet skaduryke koue in golwe uit sy kruik en gooi die bleek inwoners van ’n nabygeleë kerkhof nat en stort op mistige voorstede die kennis van ’n dooie. My kat soek teen die vensterruit vergeefs ’n lêplek en sonder ruskans bly sy maer lyf vol omlope en woelig; in die geute dwaal die gees van ’n ou digter, gevrek, met die treurstem...

Humeurigheid
Michael du Plessis - 2011-04-26
Humeurigheid Na Charles Baudelaire, LXXXIX, "Spleen", Les fleurs du mal Was ek ook duisend jaar oud, het ek nie meer herinneringe. ’n Groot laaikas, belaai met rekeninge, verse, liefdesbriewe, hofpapiere, ou romantjies en dik haarlokke gerol in vaal kwitansies, steek minder weg as my bedroefde dodeskop. Dis ’n piramiede dié, ’n groot grafkelder volgeprop met meer lyke wat daar lê as in ’n gemeengraf saam. Ek’s ’n begraafplaas verafsku deur die...

Ergernis
Michael du Plessis - 2011-04-26
Ergernis na Charles Baudelaire, LXXX, "Spleen", Les fleurs du mal Ek’s nes die vors van ’n land vol rëen, ryk, dog onmagtig, grysaard en tog seun, hy minag sy raadgewers se swiere, verveel hom met sy honde soos met ander diere. Niks beur hom op nie, nie wildvoëls en nie valke, en nie sy volk nie, wat vrek vlak voor sy balkon. Die aardige ballades van sy lieflingsnar laat dié siek wreedaard net sy gesig verstar. Sy beblomde bed verander in ’n graf. die...

Skroot
Jan-Ben Rothmann - 2011-04-26


vir klaasman
Hilda Smits - 2011-03-18
vir klaasman geliefde broer, die seisoene verander hier tydsaam soos ’n ou dame met rumatiek wat soggens pynlik stadig haar trui toeknoop haar misvormde vingers soek en vat soek en vat sy stap saam met my op die grondpad stasie toe gebukkend onder die koue wat vat en los vat en los skuifelend stap ons geliefde broer – daar is ’n kroeg in soho jou vingerafdruk blink op ’n pint staropramen die reuk van jou tabak talm in die lug terwyl ek drentel my gedagtes vat en los vat en...

Kompetisie: Peugeot 504
Liezel Coetzer - 2011-03-10
Peugeot 504 Die doeane-offisier se woorde weergalm soos ’n doodskreet “U Peogeot 504 word na Malawi verskeep” Jare se onthou flits voor my geestesoog verby Deur dik en dun het ons die golwe van die lewe saam gery Skooldae se afduik agter die seat Het plek gemaak vir ’n trotse student agter die stuur Die kerk se koster met sy kunsbeen moes jou selfs een oggend brandstoot Daardie vernedering van net te groot! Maar een blye dag ná jy ons gestrand gelaat het op die...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Ek het ’n plek in Afrika
Marisa Nortje - 2011-03-10


Kompetisie: Verwelk
Anda Visagie - 2011-03-10


Kompetisie
Antoinette Klein - 2011-03-09
toe ek honger was het jy suiwer woorde in my bord kom skep toe ek alleen was het jy saam met my op die strand gaan loop met die sak van die son en die opkoms van die maan in verbyvlug die voëls na hul neste vir oulaas in die skemerte sien gaan toe dit koud was en klappertand my lyf aanraak het jy hout met ’n byl gekloof en in die kaggel vir ons ’n vuur brandgemaak veel later vir my van jou verse gesê my lyf gereed vir jou geblom toe jy versigtig jou arms...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Die renosterstroper
Suset Maakal - 2011-03-09


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Sal ons?
Marie Cloete - 2011-03-09


Kompetisie: Poppalap
Roual Deetlefs - 2011-03-08


Kompetisie: liefde soene harte sterre duiwe blomme mooi oë lippe drukkies sag bemin voel ewig lief
Frederik de Jager - 2011-03-08
liefde soene harte sterre duiwe blomme mooi oë lippe drukkies sag bemin voel ewig lief Hier is vir jou ’n gedig maar jy weet die L-woord is ’n oortreding. Want ons bedryf het te maak met die versinkte pomp wat maar net skop om meer bloed na ons versteekte kop te jaag. Saans staan ons verstar onder swyspunte wat aan die heelal vreet; ek sien gate in jou gesig – jy’s God se konka! – wat ek net toe wil stop. Ons maak saad maar dit bloei nie en dit vrug nie, so sluit...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Simba
Tilla Diedericks - 2011-03-08


Winterbome in Parys
Heidi Pienaar - 2011-03-03
Winterbome in Parys “Und vor mir plätscherte die Seine von Paris, die mein Seele nicht zur Rühe kommen liess” – Der Clochard – Ingeborg Goebel Dis Sondag in Parys ’n mis trek oor die stad en filligree-toring steeds bedek met swart Franse kant van die nag in kerke brand rou-kerse stil verskonend vir die sondes van die wêreld dis Sondag in Parys die hart word ’n rooi meul van weltschmerz ’n kreupel kunstenaar ’n meisie op ’n mandjiefiets...

Istanboel (1979)
Heidi Pienaar - 2011-03-03
Istanboel (1979) Istanboel, hoeveel stede lê in jou stad en hoeveel seë in jou see en hoeveel dinastieë in jou dinastie want die Bosforus se walkastele en vakansiepaleise sink my boot in ’n blougroen geskiedenis in waar ek lees, ’n gebrandskilderde sprokie o Istanboel ek sien die sultan van die Ottoman lei al weer sy skilpaaie met kerse op hul rûe deur die tulpe van die Topkapi se tuine want teen skemer staan jou moskee die Hagia Sophia, ’n reuseskilpad tussen...

Fauvist-vlinders
Nic Steenekamp - 2011-03-03


Kompetisie: Die Ex
Roual Deetlefs - 2011-03-03


Kompetisie: Einde
Renier Palland - 2011-03-03
Einde Ek pluk die sonlig uit jou hare, en jou arm spoeg is dor in my nek. Jou verbleikte buik bars op my En ek rook tik op jou bors. Die ruite na jou mond is kaal en koud, soos silwer in sneeu. Jou blad weef tepels in die lakens, En ek hang my lippe in jou ribbekas. Jou koel hande kleef aan my ken, Soos nat maanlig na ‘n storm. Die omlope in my stem word genees, sodra jou asem ontbind in my oor.Vir altyd en altyd, Sal ek my bitter in jou wil spuit. Spyt is ek nou, dat jy sal vrot in my...

Kompetisie: Februarie 2002
Roual Deetlefs - 2011-03-03


Kompetisie: sentimental friend
Izak van Rensburg - 2011-03-03
sentimental friend speel vanaand ’n gekrapte kortspeelplaat, afgemete teen vyf en veertig omwentelinge per minuut sodat dit kan voel asof die tyd vinniger verbygaan. lê en luister vanaand oor deurnagversoeke of jy weer haar sagte asem in die golwe teen die rotse kan hoor as die naald deur jou sinne sny en die warm bloed soetsappig oor jou wange rol. verbeel jou die soel aand is ’n skeertuig oor moerasse in ’n vakuum waarin gedagtes vashaak soos die ankers van gebreekte...

Kompetisie: Vesting van staalbrûe
Susan Grobler - 2011-03-03
Vesting van staalbrûe Wag vir my in Pittsburgh en dra ’seblief jou goue ketting waarop ons bloudrukke geëts is. Daar’s nog net ’n paar brûe wat oorgesteek moet word na die broodboom van ons verlede waar lang verdrinkte winters in oopgebreekte skulphelftes soos ’n Raka op ons wag. Luister hoe die wind begin roep na herinneringe wat onverbiddelik deur onstuimige waters beur. Wag vir my, want spoedig sal my vingers in die kromming van jou hande verstrengel...

Kompetisie: Waas
Roual Deetlefs - 2011-03-03


Kompetisie: die son was ’n stekelblaarklapper
Adriaan Coetzee - 2011-03-03
die son was ’n stekelblaarklapper sy moet jou by rehab kom haal soos ’n afbeenkolgans. later terugvat sodat hulle jou vlerke kan knip voor jy weer die son in donner en crash. sy sal julle kinders kalm hou en skerm vir jou al sê almal jy’s nie meer lekker nie want jy vertel vir haar die son was ’n stekelblaarklapper. sy verstaan jou gehuil oor alles of onbeheerste lag. tree in die eg om die eer van ’n vrou en nie in die naam van jy weet wat, so- doende kan dit...

Kompetisie: brandstand
Mariëtte van Graan - 2011-03-01
brandstand jou sweet stink na siel en sonde teen my aan- gesig hierdie tipe temptasie is nie vir dié wat blind en broos van siel is nie red ons van verhongering breek die brood in brokke oor die bed ons knaag soos diere aan donker dinge hierdie drifte gooi ’n duisternis so groot soos die heel- al se genade oop deur die plafonne van ons hokke en kraak uit in onsuiwer verskuiwings van die aarde wat vulkane oopbreek soos supernovas waardeur ons neerdaal tot die afgronde van die hel en...

Kompetisie: Een van ons is
Pieter Kriel - 2011-03-01



<< 1 2 3 4 8 >>