Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Onderhoude | Interviews

Onderhoude | Interviews


<< 1 >>

Cape Town songstress Auriol Hays on revealing your talent at the right moment
Steyn du Toit - 2011-08-30
Auriol Hays was born and raised all over the Western Cape, everywhere from Mitchells Plain to Eerste River. Despite coming from a musical family she kept her vocal talent and songwriting very much disguised. It would be four whole years of marriage before Auriol even admitted to her husband that she had a talent for singing! A chance meeting with songwriter/producer extraordinaire André Scheepers brought her debut album, Behind Closed Doors, into fruition and led to her first SAMA nomination. You...

The Rescu on song-writing getaways and finding their own sound
Steyn du Toit - 2011-08-25
Untitled Document “I Did It For You” Music Video The Rescu has been crafting and performing the songs that make up their debut, self-titled album for the past 18 months. Regular trips to an empty house in a small town not far from the Mother City helped to produce the ten tracks that make up the album. These song-writing getaways, coupled with countless rehearsal sessions back home, were a fruitful pre-production stage for The Rescu to find their sound and capture it. Why the...

Mr Sakitumi on being a secret Asian man
Steyn du Toit - 2011-08-04
Untitled Document Multi-instrumentalist, producer and live stage performer Sean Ou Tim, aka Mr Sakitumi, recently released his debut album called Secret Asian Man. Innovative musical phenomena the likes of Mr Sakitumi are few and far between in the world of electronic music, as Steyn du Toit discovers. Mr SakitumiPhoto: The Grrrl What is the difference between Sean Ou Tim and Mr Sakitumi? Let's see what differences I can list? With the hat, Mr Sakitumi is slightly taller....

Laurie Levine embraces honesty on her third album
Steyn du Toit - 2011-08-03
Untitled Document Laurie Levine’s third album, Six Winters, has just been released and sets a new benchmark on the South African scene for production standards, arrangement and songwriting in the female vocal genre. The combination of Laurie’s characteristic songwriting and producer Dan Roberts` unique engineering and dedicated production flair is cutting new territory and could very well head up a new movement leading us towards a rekindled appreciation of the power and the role...

Niël Rademan verklap sy drome en liefdes as enkelverhoogkunsteNAR
Adriaan Louw - 2011-07-28
Untitled Document Met slegs een klant in die restaurant is die vertrek gevul met sjarme, kunssinnigheid en warmte. Ja, Niël Rademan is híér. Dié boorling van Heidelberg in die Suid-Kaap, in ’n area wat saam met Albertinia en Riversdal deur ene Abraham H de Vries beskryf is as die towerdriehoek van die Afrikaanse literatuur, oortref al my verwagtinge. Hierdie streek is bewoon deur wondername wat Chris Lombard, Helena Gunter, Wium van Zyl, Petra Müller, MER,...

Holiday Murray on the passing of rock 'n roll, “haters”, and making it as a new band in Cape Town
Steyn du Toit - 2011-07-20
Untitled Document James Tuft Photo: Laura McCullagh Holiday Murray have been working hard over the past year to establish themselves as a new band to be reckoned with on the local music scene. And with a beautifully packaged debut album now on the shelves, filled with their distinct blend of musical genres, they are about to start reaping the deserved rewards. Steyn du Toit chats to James Tuft from the band about the road so far. Why the name Holiday Murray?...

“Jou klank is jou persoonlikheid”: Ashtray Electric gesels oor hul jongste album, Measured in Falls
Sonja Badenhorst - 2011-07-14
Ashtray Electric se jongste album, Measured in Falls, is onlangs vrygestel. Drie van die vier lede het ’n spanpoging aangewend en meer lig gewerp op die dubbelsinnige naam en inhoud van hulle jongste projek. Rudi Cronjé – kitaar Regardt Nel – baskitaar / agtergrond stem Rupert Nel – dromme André Gideon Montgomery Pienaar – stem / kitaar Kom ons begin by die mees voor die hand liggende en waarskynlik populêrste (asook irriterendste) vraag: Het julle...

Bittereinder Jaco van der Merwe – die cool Dutchman
Reney Warrington - 2011-06-22
Untitled Document ’n Ware verhaal Bittereinder Daar was net een boom by Ramfest hierdie jaar. Een boom wat Vrou se hangmat kon akkommodeer. En onder daardie boom, in haar hangmat, het Vrou dan die hele dag saam met die wind en alternatiewe musiek gewieg. Sy het dit egter alles opgegee. Die gemak, die wind deur haar hare en die bands op die main stage, toe sy Afrikaans van die dance stage af hoor pomp. Dit is hoe ons, hangmat opgerol onder die arm en heel oorbluf, met Bittereinder kennis...

Chris Chameleon gesels met Bibi Slippers oor die bekendstelling van sy nuwe album As jy weer skryf
Bibi Slippers - 2011-06-15
Chris, baie geluk met die verskyning van As jy weer skryf. Dis jou tweede album Ingrid Jonker-toonsettings, so daar is duidelik geesdrif en groot waardering by jou vir haar werk. Ek het gewonder wat jou heel eerste bekendmaking met haar werk was? baie dankie! ja, ek is passievol oor haar werk. dit spreek op ’n persoonlike manier tot my emosionele wêreld. ek het haar, seker soos die meeste, heel eerste op skool raakgeloop. maar was dalk te onvolwasse om dit te peil. ek het na skool...

Hunter Kennedy oor Die Heuwels Fantasties se eerste akoestiese show, goeie lirieke, ’n kuur vir babelas
Steyn du Toit - 2011-06-15
Die Heuwels Fantasties het ’n besonderse 2011 sover. Nie net is hulle tweede album ’n paar maande terug uitgereik nie, maar hulle het ook onlangs hul heel eerste akoestiese show gehad. Dit is by The Barnyard in Willowbridge gehou, en Steyn du Toit het met Hunter Kennedy oor hierdie ervaring gesels. Hoekom het julle so lank gewag om ’n akoestiese gig te doen? Is dit omdat julle merendeels ’n elektroniese groep is, of is daar ander redes? Die geleentheid het hom maar net...

EDGES: An unpatronising look at what young people get up to
Steyn du Toit - 2011-06-08
Untitled Document EDGES is a musical production that is presented in contemporary song cycles. The plot explores the questions four young adults face as they come of age and seek simple truths in a complex world. Roland Perold, one of the cast members, took some time out of the busy rehearsal schedule to chat to Steyn du Toit about the show. EDGES has been very well received. What are some of the awards it has won? Writers Benj Pasek and Justin Paul won the 2007 Jonathan Larson Award for EDGES....

Vloed van musiek, vloed van emosie: Nadine Theron gesels met Foto na Dans oor Die Vloed
Nadine Theron - 2010-10-19
Vloed van musiek, vloed van emosie ... Foto Na Dans se jongste album is besig om gehore regoor die land weg te spoel. Nadine Theron het met die groep gesels net voor hulle album launch by Klein Libertas, Stellenbosch. Kyk nou na die video-onderhoud op YouTube. Vloedgolf Foto Na Dans was in 2008 op die kruin van die golf. Nie net is hulle by die MK-toekennings aangewys as Beste Groep nie, maar hul eksperimentele album, Pantomieme in Herwinbare Klanke, is ook beloon met ’n Suid-Afrikaanse...

Niel my vriend
Niel van Deventer - 2010-06-09
Niel van Deventer is ’n vriend van my. Iemand saam met wie ek al meer as my share van ons land se nasionale paaie help verken het. Ons sak sout is al halfpad en ons het nie meer tequila nie. Daarom dink ek nie ek kan ’n resensie oor hom of sy nuwe CD skryf nie. Mens review nie op papier jou vriende nie. Dis ’n les wat ek met tyd begin leer het. Plus, ek en ou Niela doen nie dinge so nie. Daarom gebruik ek liewer hierdie geleentheid om hom aan van julle voor te stel. Soos seker...

Valium vir die siel – Albert de Vos oor Gemengde gevoelens
Sonja Badenhorst - 2010-02-17
Woordskilder en sosiale kommentator Albert de Vos het reeds drie CD’s op sy kerfstok. Sonja Badenhorst het agter die vlymskerp lirieke van CD nommer drie, Gemengde gevoelens, die man van min woorde probeer opspoor en neerpen. Hoe vergelyk Gemengde gevoelens se inslag met Diep Karoo en Wolfman op musikale vlak, sowel as liriekgewys? Musikaal is Gemengde gevoelens meer gestroop as die vorige albums in die sin dat daar van baie minder ekstra instrumente gebruik gemaak is en op...

Fred de Vries in conversation with Andries Bezuidenhout on his latest album, Bleek Berus
Fred de Vries - 2009-12-08
“Modest” is the best word to describe Andries Bezuidenhout. Throughout our two-hour interview he constantly tries to downplay the importance of his work as a singer/songwriter, as someone who carried the Voëlvry spirit into the 21st century. But for me Andries is one of the most exciting and versatile characters in the alternative Afrikaans scene. Many will know him as the singer of the now defunct Brixton Moord en Roof Orkes. But he’s also a sociologist at Wits University...

Ondervindings en confessions: Sonja Badenhorst gesels met Marcia Moon
Sonja Badenhorst - 2009-05-19
Groot gees en skrywer Leo Tolstoi het by geleentheid gesê: "Music is the shorthand of emotion." Maar hoe dra 'n musikant iets so persoonlik soos gevoelens, passie en emosie oor in elke noot en woord wat hy of sy in die wêreld uitstuur? Marcia Moon is een van min musikante wat wel oor dié unieke talent beskik. Tot 'n paar maande gelede was ek salig onbewus van Marcia Moon en onder die indruk dat ek al bykans alle Suid-Afrikaanse musiek gehoor het. Groot was my...

Geen grense of resepte: Anton Goosen gesels oor sy trilogie van sukses
Anneke Steenkamp - 2009-01-21
Ná dekades van musiekmaak het die liedjieboer beslis die regte resep beet. Sommige noem hom die vader van Afrikaanse rockmusiek, en indien dit die geval is, het hy sy kinders uitstekend grootgemaak. Anton Goosen is meer as ‘n mens, hy is tydloos, hy is ‘n melodie, hy is die snare. Hy is musiek. Dit was 1976 toe Anton Goosen onderwys verruil het vir die musiekwêreld. Hy het as resensent opgetree vir die toe nuwe publikasie Beeld. In ‘n onderhoud met Sonja Herholdt...

Rudi van Ashtray Electric gesels oor die band, Bellville en, uhm, Limp Bizkit
Annie Klopper - 2009-01-20
Ashtray Electric is ’n vyftal Kaapse indie-rockers wat volgens hulle biografie vas daarin glo dat ’n bottel rooiwyn enige probleem kan oplos en dat musiekmaak die meeste pret is wat jy kan hê – met of sonder jou broek aan. Die groep bestaan uit Andre (stem), Wouter (klawerbord en kitaar), Rupert (tromme), Andrew (baskitaar) en Rudi (kitaar). Ek het laasgenoemde groeplid (regs) die dag na ’n onlangse optrede in Zula Sound Bar in Kaapstad nader gehark vir ’n...

Tassenberg Legends Live: Zinkplaat en die melodieë van melancholiese menere
Annie Klopper - 2008-11-26
Die jaar 2004 was 'n skrikkeljaar. Volgens die Sjinese kalender was dit die jaar van die aap en dus dalk nie verbasend dat dit die jaar was wat Tony Blair tydens 'n toespraak met 'n pers meelbom gegooi is nie. The Lord of the Rings: The Return of the King wen in hierdie jaar 'n rekordgetal 11 Oscars en die VSA se wapens-van-massavernietiging-kwessie gons in die media. Een van die belangrikste gebeure in 2004 in die lewe van hierdie musiekjoernalis word egter nie in die geskiedenisboeke...

Die verkleurmannetjie, die mite en die storieverteller
Sonja Badenhorst - 2008-11-18
Chris Chameleon het die afgelope naweek teruggekeer van 'n suksesvolle toer van Nederland en België. Sonja Badenhorst het hom ingewag en uitgevra oor die toer, groupies en sy pas-vrygestelde CD, Made Available.Jy was die afgelope maand op toer in Nederland en België - hoofsaaklik in teaters en op uitnodiging van Kik Produksies. Boo! het destyds redelik in hierdie lande getoer, maar dié keer moes jy dit op jou eie aandurf en met jou eie materiaal. Jy moes dus die Nederlandse gehore...

Tassenberg Legends Live: Piet Botha - woordsmid en teensinnige legende
Sonja Badenhorst - 2008-11-18
Suid-Afrikaanse musieklegende Piet Botha en Jack Hammer het onlangs saam met Southern Gypsy Queen in Potchefstroom opgetree as deel van die Tassenberg Legends Live-reeks. Sonja Badenhorst het met Piet gesels oor Jack Hammer se jongste CD, Highway 13, en die stand van die musiekbedryf in Suid-Afrika. alone on the road we stop for a while in the middle of the night no use in counting miles anymore i know the score all the dreams i had were sold on a highway and the promises i could not keep i come...

Annie Klopper gesels met Jax Panik oor spoedige sukses, sigarette en kaneel
Annie Klopper - 2008-11-17
Jou eerste treffer, "Cigarettes & Cinnamon", se sukses klink soos 'n urban legend. Die een oomblik is jy Jacobus Johannes van Heerden, 'n boytjie van Bellville (wat op sy computer musiek maak), en die volgende oomblik is jy bo-aan trefferparades van radiostasies regoor Suid-Afrika - om nie eers van die televisieblootstelling te praat nie. Onlangs is jy boonop uitgewys as Suid-Afrika se nominasie vir MTV Africa se Listeners' Choice-toekenning. What does this all mean?! Waaraan...

Vanself ... soos asem - Amanda Strydom
Johann P Boshoff - 2008-11-12
"Van God."Net dit. Nie 'n rasionaliserende relaas oor hoe haar bipolêre depressie 'n klomp energie laat loskom soos Thomas Moore in sy Care of the Soul beweer met depressie gebeur nie. Nee."Van God."Van Hom, sê Amanda Strydom - nie Amandla Strydom of Miss Mandy of Die Diva of die wat-ook-al nie - kom al haar energie vir die skepping en vertolking van 'n lied."Een of twee sinne sal by my begin spook. Ek skryf hulle vinnig neer, anders vlieg hulle weg."...

Luna, Laurinda en Lize sit daad by die noot met Liedere vir liefdadigheid
Sonja Badenhorst - 2008-10-30
Luna, Laurinda en Lize se name allitereer nie net sag op die tong nie, maar gaan binnekort ook op die oor weerklink as dié drie volgende week hul stemme vir liefdadigheid verhef.Liedere vir liefdadigheid vind op Donderdag 6 November by D'Aria Wynlandgoed buite Durbanville plaas en is 'n uitsonderlike geleentheid om drie van Suid-Afrika se voorste sangeresse saam op 'n verhoog te sien optree in 'n pragtige omgewing en terselfdertyd die voortbestaan van 'n noodsaaklike diens...

In 'n warm kar saam met Peter Mitchell
Annie Klopper - 2008-10-21
Iewers tussen Johannesburg en nêrens beland ek toevallig op 'n baie lang, baie warm pad in transito met die enigmatiese sanger/komediant/sjef Peter Mitchell. Die roete was dalk vaal, maar die diskoers was kleurvol. Hierdie is 'n transkripsie van hoe die dialoog min of meer verloop het:Annie: Kyk, daar's 'n lamlendige donkiekar.Peter: Watse goed hardloop daar langsaan?A: Honde.P: O, ek het vir 'n oomblik gedink dis bonzai-donkies. A: Ek ken jou as Pietman, lid van Valiant...

Akkedis Dekade: 10 jaar van rebelse Afrikaanse rock
Sonja Badenhorst - 2008-10-13
The Dennis Brothers; Die Twins; Akkedis; Arthur en Rudie ... wat jy hulle ookal wil noem - die legendariese tweelingbroers is reeds vir meer as tien jaar net so eg Stellenbosch soos eekhorings en akkerbome.Na 'n dekade van Akkedis-rock is Akkedis Dekade onlangs vrygestel met 19 van die beste Akkedis-tracks. Volgens Arthur was dit moeilik om te kies tussen ongeveer 60 snitte en is daar nog verskeie opnames met Valiant as baskitaarspeler, bekende kitaarghoeroe Albert Frost, Francois Kruger van...

Hallelujas en sweepslae: 10 vinnige vrae aan Gerald Clark
Sonja Badenhorst - 2008-09-17
Daar is twee soorte musikante in die wêreld: dié wat volgens die boek gaan, die regte akkoorde met deurdagte presisie tref en bypassende woorde noukeurig byvoeg, en dan kry jy die Gerald Clarks van die musiekwêreld – musiek is in hul bloed, en in hul harte. Gerald het vroeër die jaar sy eerste Afrikaanse en solo-album, Sweepslag, vrygestel. Jy's al sedert 1999 die gesig en stem agter die bekende en suksesvolle Deltablue. Wat het jou laat besluit om...

Foto Na Dans verstom met Pantomime
Sonja Badenhorst - 2008-09-11
Foto Na Dans het verlede week in gepaste dramatiese styl hul jongste EP, Pantomime op Herwinbare Klanke, by die Kaapse Waterfront bekendgestel. Neil Basson was betrokke by die elektroniese verwerking en die vaslê van lirieke op die EP. Ek het tien vinnige vrae aan hom gestel oor die veelbesproke vrystelling wat waarskynlik `n groter opskudding gaan veroorsaak as dié week se Oerknal-eksperiment.Die titel van die CD gaan baie mense laat wonder. Is dit 'n stelling teen die kommersiële...

Heupvuur: Eva de Roovere
Annie Klopper - 2008-09-10
Jou musiek word genoem "Vlaamse rootspop". Hoe sou jy hierdie tipe musiek aan Suid-Afrikaners beskryf?I started singing in a folk band, which played traditional Flemish, French, English and Scandinavian music. Lyrics and melodies were found in very old handwritings from the Middle Ages. And they used instruments like bagpipe, violin, hurdy-gurdy etc. The music that I write and sing today is pop music and is played with modern instruments (our band has drums, bass, guitar and saxophone),...

Tassenberg Legends Live: Legende-in-wording Andra Cilliers - 8,7 op die Richterskaal
Sonja Badenhorst - 2008-08-20
Dinamiet kom in klein pakkies en aardbewings tref met mening wanneer jy dit die minste verwag. Nuweling Andra Cilliers registreer minstens `n 8,7 op die Richterskaal en het onlangs haar debuut-CD, Secrets and Skeletons: Notes from a Desert Café, vrygestel. Jy skryf al vir jare jou eie liedjies, maar het eers die afgelope drie jaar begin sing en optree. Wat het jou die moed gegee om die groot stap te neem van sing in die Village Café in Swakopmund tot 'n groot byeenkoms soos STRAB...

Chris Chameleon: Wesenlik anders
Johann P Boshoff - 2008-08-12
Om 'n indrukwekkende mens soos Chris (nié Chameleon nie) maar net nog 'n keer op dieselfde ou stokkie neer te sit, doen hom 'n onreg aan. Dis nou dié stokkie waarop die media hom tot dusver grootliks neergeplak het – 'n stokkie waarop Chameleon (nié Chris nie) net een "kleur" het: daardie kleur (eintlik vaalheid) waaraan die meeste van die lesende, luisterende en kykende publiek blootgestel is en word en skynbaar verder aan blootgestel wil word.Chris is nie cliché-agtig...

Tassenberg Legends Live: Valiant Swart oor sy nuwe CD, legendes en studentwees
Sonja Badenhorst - 2008-07-29
Die Tassenberg Legends Live-reeks het onlangs op Stellenbosch afgeskop met die vrystelling van Valiant Swart se jongste CD, Vrydagaand/Saterdagaand. Die CD-vrystelling was die eerste in 'n reeks wat blootstelling bied aan legendariese Suid-Afrikaanse sangers en liedjieskrywers. Ek het met Valiant gaan praat oor die nuwe CD, legendes in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en hoe dit voel om weer `n Matie te wees.Valiant, eers 'n boeremusiek-CD saam met Ollie, 'n besluit om verder te studeer...

Johnny de Goede praat oor lewe na die Maaiers
Sonja Badenhorst - 2008-06-27
MK se veelbesproke dokumentêr oor die geskiedenis van Afrikaanse rockmusiek, Johnny en die Maaiers, het dié week op hierdie kanaal gepremière.Die verhaal van Johnny en die Maaiers loop regdeur die dokumentêr en stel ons voor aan Johnny de Goede, ‘n sukkelende Afrikaanse musikant, en die Maaiers, sy band. Die situasies waarin hy hom bevind, hou verband met die onderwerpe onder bespreking, en bied ‘n komiese inslag wat die gewig van die inligting wat in onderhoude...

The Orange Stilettos gesels oor hulle debuutalbum Penelope's Rising
Sonja Badenhorst - 2008-06-04
[K]eep me safe | i heard my name when the dragon came collecting children’s dreams | i saw my father brake and knew today I have to grow up too | and innocence had passed with summertime - (Uit: "Breathe") My eerste kennismaking met The Orange Stilettos was verlede jaar tydens 'n buitelug-konsert by die Beyerskloof Musiekmaraton saam met 'n hele ander groep (toe) meer bekende kunstenaars. Hulle het egter so uitgestaan tussen die res dat ek nogsteeds nie kan onthou wie die ander...

Op Reis na die Suide saam met Laurinda Hofmeyr
Sonja Badenhorst - 2008-05-20
Jou jongste CD is onlangs vrygestel na 'n relatiewe lang stilte. Waarmee het jy jouself tussendeur besiggehou? In 2005 was dit tyd vir ‘n regte baba. En "besiggehou” is die regte woord. Sy het hierdie jaar drie geword in dieselfde maand as wat my nuwe CD die lig gesien het. My vorige CD’s was ook drie jaar uit mekaar. Ek is eintlik al vanaf 2006 weer heel aktief met feeste en toere! Laasjaar het ek oa die produksie Sameloop saam met my niggie, die violis Zanta Hofmeyr, gedoen....

Haydee Morgan praat met Mynie Grové oor haar loopbaan, platemaatskappye en jong opwindende stemme
Haydee Morgan-Hollander - 2008-05-14
Wat sê die weerberig? Is daar reën in die lug? Wat sê die weerkantoor? Is daar mooiweer op ons spoor? Wat ook al die weerkaart sê, ons hoop dis wat u wil hê. Ons dank u vir die weerverslag, nou weet ons wat vir ons wag. Huisvrou, sakeman, sportman, boer, ons wens u alle voorspoed toe! Mynie Grové started her professional singing career as a member of the Claude Larson Singers (CLS), went on as a member of the...

Theunis Engelbrecht gesels met David Kramer oor sy splinternuwe CD, Hemel & Aarde
David Kramer - 2007-10-16
David Kramer Hemel & Aarde Theunis Engelbrecht As jy die snare so slaan in die lig van die donkermaan … My bloed is ‘n snaar My bloed is ‘n snaarDis my vingers wat kan singDissie bruinbakkitaarWat die liedjies vir jou bring Ek dans innie straatEn ek sing vir die maanJou tong wil heeldag praatAl het jy niks verstaan Ek en my skaduweeOns dans in die stofVanaand gaan die hemelMet sterre ontplofMôreoggend sê die...

Foto na dans – Musikale grense skuif in Afrikaans
Riana Wiechers - 2007-10-03
Foto: Annie Klopper Harde rock met trompetgeskal, buierige klassieke bewerkings, rock-opera-oomblikke. Dis nie maklik om Foto Na Dans se eklektiese musiekstyl genoegsaam te beskryf aan diegene wat dit nog nie self gehoor het nie. Dis selfs moeiliker om iets vergelykbaars op die plaaslike musiekfront te vind - alhoewel resensente al parallelle probeer trek het tussen die vyftal en Fokofpolisiekar, asook Springbok Nude Girls – “seker maar oor die trompet en oor ons ook...

Seisoene van die lewe: Naomi Bruwer gesels met Luna
Naomi Bruwer - 2007-04-03
Luna is vanjaar op die ABSA KKNK te sien in haar produksie Vier seisoene. Naomi Bruwer het met haar gesels oor haar produksie; en insig gekry in haar lewensuitkyk en haar drome. Luna kom maak ‘n draai op Stellenbosch voor sy die pad vat Oudtshoorn toe – ons spreek af om mekaar te kry vir ‘n margarita by Fandango’s. Ek is laat. My diktafoon se battery is pap; my kamera lê by die huis – sy battery is ook pap. Min sou ek in my verwarde aankoms weet hoe geïnspireerd...

Beyerskloof-musiekmarathon
Annie Klopper - 2007-03-29
Zinkplaat The Orange Stilettos Southern Gypsey Queen Rory Elliot Jan Blohm ...

De Priester en Een Kerkorrel: Haydee Morgan-Hollander gesels met Jak de Priester oor sy nuwe vertoning
Jak de Priester - 2007-02-21
De Priester en Een Kerkorrel10 Maart 2007: Woordfees Stellenbosch (Japie Krige-saal, 20:00, R60)KKNK 2007 “Hierdie show begin in 1989. Ek was in standerd vyf aan die Laerskool HF Verwoerd in Parys en salig onbewus van die Afrikaanse musiekbeweging Voëlvry. Salig onbewus van apartheid. Salig onbewus van enigiets … Net ’n doodgewone kind wat ook van sing gehou het. Tot ek Kerkorrel op televisie sien sing het. Dit het my lewe verander. Afrikaans was skielik beeldskoon.” Jak...

Oor cool wees en Sondeval:
Haydee Morgan-Hollander gesels met Abel Kraamsaal

Abel Kraamsaal - 2006-11-07
Abel Kraamsaal Wonder jy ook soms wat cool is? “Cool is so glibberig soos kwik. Wat cool is in Amerika, is nie cool in die Kaap nie”, skryf Sonja Loots in De Kat (Julie 1998). “Om cool te wees, is ’n toestand, ’n lewensvorm, ’n hiërargie en aktiwiteit. Tussen dié wat cool is, en dié wat uncool is, lê ’n woestyn. “Die kwalifikasievereistes word verswyg. Hulle besluit of jy cool is of nie, en niemand weet...

Die kuns van oorgawe:
Haydee Morgan gesels met Stef Bos

Haydee Morgan - 2006-10-06
Stef Bos sing op vanaand in die Aula in ’n buitengewone optrede saam met die Simfonie-orkes van die Universiteit van Pretoria (UP). Verwerkings vir ’n volskaalse simfonie-orkes van Stef se bekendste liedjies soos "Papa", "Witsand" en "Die taal van my hart", asook Kerkorrel se "Hillbrow", gaan gehoor word. (’n Voorsmaak hiervan kan tydens vanjaar se Aardpops (29 September) met dieselfde orkes gehoor word wanneer meer as honderd mense vir die...

Redelik oop vir interpretasie
Riana Wiechers - 2006-07-03
“Daar’s nog steeds mense wat voel ons as band maak die reëls, en die kinders wat na ons luister volg dit na. Maar die laaities voel ‘n fok vir wat ons sê, man. Hulle almal het lankal hulle eie minds opgemaak.” Rock se rakleeftyd in ‘n slak soos Suid-Afrika. Die verskil tussen ‘n single en ‘n EP. Wie kans gesien het vir Herman Giliomee se Die Afrikaners en die rede agter hulle onverwagse skuif na politieke kommentaar. Riana Wiechers het by nuwe...


<< 1 >>