Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Boekartikels | Articles on books > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 >>

Dana-kragtoer tref Boland
Francois Verster - 2011-11-29
Dana Snyman en die musiekgroep Klopjag Die naweek van 26 en 27 November was besonders vir die Boland: Dana Snyman het die Saterdagoggend by Protea se boekwinkel op Stellenbosch gesels oor sy nuwe boek, Hiervandaan. En Sondagaand was dit weer hy, en die musiekgroep Klopjag, wat Bolanders naby Wellington vermaak het. Die naweek was omtrent ’n snoesige storie, knus tussen twee Dana-buiteblaaie verpak. By Protea Boekwinkel het Louis Esterhuizen iemand aangehaal: “Hiervandaan lees...

Antjie-Mankepantjie
Bibi Slippers - 2011-11-10
Untitled Document In 1985 (toe ek twee jaar oud was) het die boek verskyn wat my generasie sou vorm soos geen ander boek nie. Dit was amper soos Kerouac se On the road vir die Beat-generasie, net meer invloedryk, omdat ons op so ’n brose ouderdom daaraan blootgestel is. Die Beat-generasie was bemoei met jazz, dwelms en digkuns. Teen die tyd dat ons in die ‘80's gebore is, het jazz gevlug voor shoulder pads en popmusiek, en dwelms was ou nuus. Daar was darem nog die digkuns,...

Boeke laat mens toe om self filmregisseur te speel, keer op keer en onbeperk
Francois Verster - 2011-11-09
Untitled Document Daar is nou ’n advertensie op televisie wat handel oor die wonderwêreld van boeke, wat my bly maak, maar ook ’n bietjie treurig laat voel. Want eerstens identifiseer ek met dit wat die skepper daarvan sê: dat boeke die deure is waardeur ons in Narnia-wêrelde stap, maar meer nog, die spieël waarin Sneeuwitjie en Alice – en elkeen van ons – kyk om onsself te leer ken terwyl ons verbeeldingsmilieu’s verken. Maar daar is ’n...

Cor Dirks se Uile is terug in ’n nuwe eeu
Danie Botha - 2011-10-20
Die Uile van Kranskop Cor Dirks Publisher: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194345 Price: R100.95 Die Uile en die rampokkers Cor Dirks Publisher: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194420 Price: R110.95 Breuk onder die Uile Cor Dirks Publisher: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194505 Price: R100.95 Onder ons wat nou aan die begin is van ons seniorburger-jare sal daar diegene wees wat sal terugdink aan Cor Dirks se Uile-reeks, hoe dit hulle aan die lees gesit het en van die jare vyftig...

Open Book-verslag: Eerste versamelinge
Bibi Slippers - 2011-09-28
Vier digters in verskillende fases van hul literêre loopbane, saam drie debuutbundels, ’n tweede bundel van een digter op pad, en een tema op almal se lippe: die angs en ekstase van ’n eerste digbundel. Rustum Kozain, Jasper van Zyl, Andries Samuel en Bibi Slippers het met die gehoor gepraat oor die spesifieke angs wat hulle ervaar het met die publikasie van hul eerste bundels, of (in die geval van Slippers) die angs in die proses van skryf aan die eerste bundel. Kozain, wie se...

Roepman in die Kloof, met Jan
Francois Verster - 2011-09-20
Untitled Document Vriende van ons is entoesiastiese ondersteuners van gereelde kultuurgeleenthede op die Bolandse plaas Koopmanskloof. En dis hulle wat ons saamnooi na ’n boek- en filmbespreking daar: Jan van Tonder sal ons oor Roepman vertel. Die plaas lê styf teen die blad van ’n koppie wat ’n entjie weg van Bottelarypad verby loop en ons ry met ’n hobbelrige paadjie tussen bome deur terwyl dit vinnig donker word. By ’n vurk in die pad onthou ons net betyds...

Skool gaan met Theo hopelik nog ver loop
Francois Verster - 2011-09-16
In die saaltjie agter die Breytenbach-huis in Wellington met sy tekeninge en aanhalings teen die mure weerskante ’n eklektiese versameling stoele is ’n verhogie met ’n swartgeverfde agtergrond en ’n groot bos blomme. Die blomme is meestal pienk, dieselfde pienk van die enkele kussing op ’n turkoois rusbank langs sy maat, ’n ewekleurige leunstoel. Uit die dakluidsprekers rol die ronde, warm klanke van kitaarmusiek terwyl mense stadig by die deur insypel en algaande...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Helena Gunter - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? Missionaris deur Elsa Joubert en Verkenning deur Karel Schoeman het my bewus gemaak van die uitwerking wat Europese kolonisasie op die vasteland van Afrika het. Ek het beide boeke destyds gelees as ironiese kommentaar op die sogenaamde voorspoed en vooruitgang wat Westerse kerstening en beskawing na Afrika gebring het. Die ontheemding, verstrooiing en ontmensliking van die destydse inheemse...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Annemari Coetser - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? Eish ... Dalk die eerste Afrikaanse boek wat ek as kind in my hande gehou het? Miskien Sus en Daan? Die Afrikaanse Kinderensiklopedie? Geen enkele skrywer kan aanspreeklik gehou word vir hierdie obsessie waaraan ek gelukkig ly nie. Dalk was dit ’n greep uit Langenhoven se Versamelde Werke of ’n knypie uit FA Venter se boeke wat my lees- en skryflus aangewakker het. Miskien het Eitemalof...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Gerrit Rautenbach - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? Ag nee toe, julle kan dit mos nie aan ’n mens doen nie! Een boek? Ek kan nie eers net een skrywer uitsonder nie. Ek lees dan nog my hele lewe lank meer as een boek op ’n slag. Maar in my vormingsjare het ek PJ Schoeman, PH Nortje en Doc Immelman raakgelees. En daardeur het ek reis in woordvorm ontdek. Die magiese van nuwe bestemmings. En die stories daaroor. Ek wou ook eendag sulke...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Anoeschka von Meck - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? Sonder om te diep te dink, sou ek sê Alba Bouwer se Abdoltjie. Dit het op my as kind en selfs as grootmens 'n magiese impak omdat dit 'n eenvoudige dog egte wêreld skep waarin die fantasie-elemente net so natuurlik soos die res van die storie aangebied word. Teen die tyd dat die storie klaarmaak, is jy saam op daai donkiekarretjie, met die maan wat soos 'n sny pampoen oor jou kop...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Zandra Bezuidenhout - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? NP Van Wyk Louw se bundel Tristia het my kop finaal in die rigting van die poësie gedraai. DJ Opperman het dié bundel met ons behandel en ek het begin verstaan wat groot poësie is, en wat dit kan doen. Tristia bly vir my 'n ykpunt. Al lyk die hedendaagse digkuns heelwat anders, lees ek steeds gedigte in die hoop dat dit 'n Tristia-ervaring sal bring; daardie duiselende oomblik...

Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag: Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk inspireer
Malene Breytenbach - 2011-08-12
Watter Afrikaanse boek het jou skryfwerk die meeste beïnvloed of geïnspireer, en hoekom? Ek kan nie slegs een Afrikaanse boek uitsonder wat my geïnspireer of beïnvloed het nie. Die werk van sekere skrywers het dit kollektief gedoen. Aanvanklik het ek my verbeel ek kan nie eintlik in Afrikaans skryf nie, maar dit was ’n uitdaging. Ek het begin deur ’n romanse in Afrikaans te pleeg en dit is gepubliseer. Toenemend agtergekom ek kan dit doen, my taal verbeter en...

Big Book Chain Chat #74 Young Adult Fiction: Give us a good story!
Izak de Vries - 2011-08-10
Untitled Document This forum has recently published two thought-provoking articles on writing for young adults by two authors of that genre. The first was by Maya Fowler (“Some thoughts on writing youth novels”) and the more recent one by SA Partridge (“Pop culture and context in young adult fiction”). Both asked, and addressed, the question of pop art in young adult fiction. A summary of their views will not do justice to them, so I urge the reader to read their respective...

Kortlys-fokus: M-Net Literêre Toekennings 2011
2011-06-10
Kortlys: Kategorie AfrikaansM-Net Literêre Toekennings 2011 ’n Keur LitNet-artikels oor die gekortlyste skrywers en boeke Afstande Dan Sleigh • Resensie: Afstande is heilsame opvoeding en ’n onmisbare leeservaring• Resensie: Afstande – baie vleis aan been, maar te min murg • LitNet | ATKV Skrywersalbum:Dan Sleigh (1938–) Marike se laaste dans Deborah Steinmair • Uittreksel: Marike se laaste dans • Resensie:...

Liefdesverhale: 2011
JB Roux - 2011-04-28
Untitled Document Volgens ’n bron wat onregmatige toegang tot LAPA se kantore verkry en rondgesnuffel het, verskyn daar vanjaar heelwat boeke wat die tone gaan laat krul. Ons bring ’n paar van die opwindendste leesvooruitsigte nou reeds onder lesers se aandag, aangesien daar – met die onsekerheid oor hoe die dagblaaie se “nuwe” boekeblad gaan lyk – dalk nie weer so ’n geleentheid gaan wees nie. Van Sophia Kapp gepraat: lesers wat van skop in hul mengeldrankies...

Hertzogprys-fokus: Johann de Lange
2011-03-29
Die Hertzogprys, die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld, word vanjaar aan Johann de Lange toegeken vir sy bundel Die algebra van nood. ’n Groot hoeveelheid materiaal oor (en deur) Johann de Lange het die afgelope jare op LitNet verskyn. Klik op die onderstaande skakels om meer uit te vind oor Johann en sy werk. Biografiese inligting ATKV Skrywersalbum LitNet-biografie Die algebra van nood Resensie deur Marius Crous Essay...

Uitgewer Annari van der Merwe oor die geskiedenis van Richmond, Karoo. Die goeie, die slegte en die snaakse
Annari van der Merwe - 2011-01-11
Titel: Richmond, Karoo. Die goeie, die slegte en die snaakse Skrywer: Paul Viljoen Uitgewer: Quincunx-Uitgewers Beskikbaar by: The Book Lounge in Kaapstad en Protea Boekhuis Vir pos­bestellings skakel 021 882 9100 Toe Paul Viljoen my verlede jaar bel, het my moed so ’n bietjie in my skoene gesak. As uitgewer was ek alte goed vertroud met die situasie waar mense hul jeugherinneringe opteken, eintlik vir hul familie, maar dan nie weet hoe om verder te werk te gaan nie en die manuskrip...

YouTube-clip: Annelie Botes gesels oor Tabernakel
2011-01-05


’n Dag saam met Eben Venter
Rohan Magerman - 2010-12-14
Kom ek wees eerlik: Skrywers is nou nie eintlik celebrities onder ons jongklomp nie. Veral nie Afrikaanse skrywers nie. Niemand word juis opgewonde wanneer hulle hoor dat hierdie of daardie skrywer tans in die stad is om sy nuutste roman te bevorder nie. En die kanse is skraal dat jy ’n lewensgroot plakkaat van byvoorbeeld André P Brink op ’n tienerseun se kamermuur sal sien pryk. As dit by skrywers en hul boeke kom, is jongmense maar bra lugtig. Hiervan kan ek getuig deur te verwys...

’n Stralekrans vir Mariël le Roux
Danie Botha - 2010-12-03
Die kans om saam met ’n skrywer te kuier, kry jy nou ook in Durbanville. Mari Lategan van die maatskappy In Context Consulting en die nuwe bemarker van fiksie by NB-Uitgewers, Eben Pienaar, gaan voortaan saamspan om boekgesprekke met skrywers te reël in die elegant-gemaklike Treat Patisserie in die Hertex-vertoonlokaal in Durbanville. ’n Ligte ete word ook voorgesit en jy mag maar ’n boek koop en dit deur die skrywer laat teken. Vroegaand Donderdag 18 November was die eerste...

Commendatio vir die UJ-prys vir Skeppende Skryfkuns: Reisiger
Gerrit Olivier - 2010-10-26
Skrywer: Elsa Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624048121 Prys: R300 Klik hier en koop jou eksemplaar van Reisiger nou van Kalahari.net! Professor Van der Merwe, kollegas, dames en here Dit is vir my ’n eer en ’n voorreg om vanaand namens die beoordelingspaneel die commendatio te lewer vir die toekenning van die Universiteit van Johannesburg-prys aan Elsa Joubert vir haar Reisiger, uitgegee deur Tafelberg. Elsa kan ongelukkig nie teenwoordig wees om die geleentheid saam met...

Commendatio vir die UJ-Debuutprys vir Skeppende Skryfkuns: Plaasmoord
Thys Human - 2010-10-26
Titel: Plaasmoord Outeur: Karin Brynard Uitgewer: Human en Rousseau ISBN: 9780798151160 Bladsye: 512 Klik hier en koop Plaasmoord nou van Kalahari.net! Donderdagaand 14 Oktober 2010 In sy LitNet-resensie beskryf Izak de Vries – wat nie ’n lid van die UJ-keurpaneel was nie – Karin Brynard se debuutroman Plaasmoord as ’n “bliksem van ’n boek” (2009). Hierdie beskrywing kom uiteraard nie in een van die nege beoordelingsverslae vir die UJ-Prys vir Skeppende...

Bedanking by die ontvangs van die Universiteit van Johannesburg se Prys vir Skeppende Skryfwerk
Elsa Joubert - 2010-10-26
Skrywer: Elsa Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624048121 Prys: R300 Klik hier en koop jou eksemplaar van Reisiger nou van Kalahari.net! My hartlike dank aan professor Thys Human en aan die Departement van Afrikaans vir die toekenning van die Universiteit van Johannesburg se Prys vir Skeppende Skryfwerk. Dit is vir my ’n groot eer om dit te ontvang en ek stel die toekenning hoog op prys. Ongelukkig kan ek nie vanaand daar wees nie, maar ek stuur ’n paar gedagtes oor die genre...

Bedanking by ontvangs van die UJ-Debuutsprys vir Skeppende Skryfkuns
Karin Brynard - 2010-10-26
Titel: Plaasmoord Outeur: Karin Brynard Uitgewer: Human en Rousseau ISBN: 9780798151160 Bladsye: 512 Klik hier en koop Plaasmoord nou van Kalahari.net! Niemand kon meer verbaas wees om hierdie prys te ontvang as juis ek nie. Of nee, ek dink daar is een persoon meer verbaas: my moeder van 85. Want dié steek my boek onder haar bank weg in die ouetehuis op Stellenbosch waar sy woon. Kan die kragwoorde daarin nie uitstaan nie en is bang haar vriende dink sy het my so grootgemaak. En nou...

Die ontstaan van die Afrikaanse Taalmonument en -museum
Daniel Hugo - 2010-08-11
Die Afrikaanse Taalmonument vier vanjaar sy 35-jarige bestaan. In die boek Halala Afrikaans word die agtergrond van die Taalmonument as volg deur Daniel Hugo uitgebeeld: ’n Uittreksel uit Halala Afrikaans Saamgestel deur Daniel Hugo ISBN: 9781869192921 Uitgewer: Protea Prys: R160 Klik hier om Halala Afrikaans te koop by Kalahari.net. Die Afrikaanse Taalmonument met sy slanke suile staan teen die hang van Paarlberg en is op 10 Oktober 1975 ingewy – ’n honderd jaar ná...

Een kou’kou’ oggend by ’n boekwinkel
Francois Verster - 2010-07-20
Dis wasem uit die asem as jy jou haas na Protea Boekwinkel in Andringastraat, Stellenbosch. Ek skuifel na my gewone hoekie en slaat my oë op na die boeke. Van Adam Small, met Olive Schreiner getoebroodjie tussen hom en Salman Rushdie, tot Hemingway en Plaatjie bo-op hulle soos ’n leiklippie: dun, maar gehard teen die aanslae van tyd en vooroordeel. Praat van die prag van fossiele – en die aanwesiges is ook nie gister gebore nie: meesal gryskoppe, maar geeneen blou geperm nie. Hierdie...

Woordfees: Keurboslaanreeks
2010-02-26


Die Buys-tweeling reeks
2010-02-26
Die Buys-tweeling reeksAudio Boekevir kinders 9 tot 14 jaar Anna Emm Productions is reeds die afgelope sewe jaar bedrywig met die vervaardiging van oorspronklike kinderstories op CD. Daar is al meer as 500 nuwe stories op hulle kerfstok - almal uit die pen van skrywer en vervaardiger, Anna Emm - en hulle is tans die grootste vervaariger van oorspronklike kinderstories op CD in die land!Die nuutste produk uit hierdie produksiehuis, is ‘n versameling audio boeke met oorspronklike avonture vir...

Disgrace skok ook in herskrywings
Charles Malan - 2010-02-09
Klik hier en koop die Disgrace (boek) nou op kalahari.net! Klik hier en koop die DVD van die film Disgrace nou op kalahari.net! Klik hier en koop In oneer nou op kalahari.net! By geleentheid van JM Coetzee se sewentigste verjaarsdag kan Suid-Afrikaanse lesers in die vierings deel deur die belewing van verskillende herskrywings van sy mees opspraakwekkende roman, Disgrace. Verwerkings van ’n literêre teks word herskrywings genoem, en tereg....

Groot Verseboek: Die Mandela-brief
2010-02-09


Michelangelo in Afrikaans (3)
Hennie Aucamp - 2009-11-18
“’n Madrigaal vir ’n edelvrou” Die vertaler Anthony Mortimer sê in sy inleiding tot Michelangelo: Poems and Letters, Penguin Classics, 2007, dat Michelangelo oorwegend sonnette en madrigale geskryf het, soms ook kwatryne. Hy omskryf die madrigaal as “a relatively free-rhyming arrangement of long and short lines (eleven and seven syllables)”. Hiermee, sê Mortimer, het Michelangelo nie moeite gehad nie, anders as met die streng vorm van die sonnet....

Michelangelo in Afrikaans (2)
Hennie Aucamp - 2009-11-13
“Oor dié geskilder moet ek my skaam” “Carrara”, DJ Opperman se groot gedig oor Michelangelo, staan in Dolosse. Ook wat dié gedig betref, is dit lonend om Titaan van Karel Schoeman nader te trek, want in minder as ’n bladsy (bladsy 212) roep Schoeman die berggemeenskap van Carrara op, die klipbrekers en -bewerkers, die marmerhandelaars. En orals die marmer, soos sneeu teen die berge. ’n Mens sou net meer van Michelangelo se omgang met sy “kollegas”...

Michelangelo in Afrikaans
Hennie Aucamp - 2009-11-06
“Moses met die golwende baard”Ek het my stuk oor Titaan van Karel Schoeman in Rapport van 11 Oktober 2009 soos volg afgesluit: Titaan gaan, na my mening, ’n naslaanwerk word wat tussen boeke oor die kuns staan; ’n begeleiding by onder meer die mooi gedigte oor Michelangelo wat daar reeds in Afrikaans bestaan: dié van DJ Opperman, WEG Louw en Elisabeth Eybers. Een digter wat nie in my voorlopige kompendium staan nie, is Izak de Villiers, aangesien ek sy gedig “Moses”...

Die man wat riviere aan die vloei skryf - Chris Barnard word 70
Frederik de Jager - 2009-07-15
Chris Barnard lag nie sommer nie, al lag hy graag. Daar is 'n verskil, en wie die verskil nie ken nie, kan dink hy is kwaai.Dis humor wat 'n jong redakteur oor sy skrik gebring het toe hy die skrywer in Johannesburg moes gaan opsoek. Op die tafel voor hulle het die manuskrip van Moerland gelê, met redigerings so kordaat soos rooimiere oral oor die bladsye.Moerland was Chris se eerste roman sedert Mahala een en twintig jaar tevore. Daardie magtige sprong oor tyd, van een hoë bergtop...

Uittreksel uit Chris Karsten se Seisoen van sonde
Chris Karsten - 2009-06-29
Chris Karsten is die veelsydige skrywer van onder andere die blitsverkoper-biografie Charlize - Ek leef my droom asook die bekroonde roman Frats. Karsten se nuutste boek, die vreesaanjaende sielkundige riller Seisoen van sonde, is 'n gebeurtenis in Afrikaanse misdaadfiksie. Slim, gedetailleerd en uiters spanningsvol, hierdie verhaal speel af in Suid-Afrika, maar die skryfkwaliteit is ongetwyfeld internasionaal. Lees hieronder die proloog van Seisoen van sonde.AGT DAE VOOR PASESy prooi is op twee...

Uittreksel uit Karin Eloff se Stiletto
Karin Eloff - 2009-06-10
Hier volg ʼn uittreksel uit Karin Eloff se opspraakwekkende boek, Stiletto, wat pas by Tafelberg verskyn het. Die medeskrywer is Carel F Cronjé. Karin Eloff is 'n voormalige werker in die volwasse vermaakindustrie. Sy werk tans as joernalis by die weeklikse koerant Sondag en woon in Johannesburg. Carel F Cronje is 'n musikant, joernalis en skrywer van onder ander Sonja Heroldt se biografie. Karin Eloff is 'n Boeremeisie met 'n honneursgraad in sielkunde en 'n Dopper-agtergrond....

Nie heeltemal so ‘Lost in Translation' ...
Isabella Hough - 2009-04-30
LitNet het ʼn paar studente aan die Universiteit van Stellenbosch genader vir hul indrukke oor produksies wat tydens Woordfees 2009 aangebied is. Isabella Hough lewer verslag oor Lost in Translation, ʼn gesprek oor vertaling waaraan skrywers en uitgewers op 14 Maart deelgeneem het.Hoekom vertaal ons Afrikaanse en Engelse skrywers se werk? Is daar ooit ʼn mark vir vertaalde boeke in Suid-Afrika? Daar is by die onlangse Woordfees (2009) na ʼn paar van hierdie kwessies gekyk. Die Engelse...

Holocaust-dagboeke, met spesiale verwysing na Die Agterhuis van Anne Frank
Hennie Aucamp - 2009-04-01
Lina Spies se vertaling van Het Achterhuis, die dagboek van Anne Frank, is ’n formele beklinking van haar dekade lange gemoeidheid met die Holocaust by wyse van artikels en verse. Een van die vroegste literêre manifestasies van hierdie belangstelling was die gedig “Vir Anne Frank van Het Achterhuis”, wat in Spies se debuutbundel Digby Vergenoeg (1971) opgeneem is. Vir die rekord moet genoem word dat die Frank-gesin reeds in 1960 hul intrede in die Afrikaanse letterkunde gedoen...

’n Belydenis van ’n geskryfde: Joan Hambidge
Joan Hambidge - 2009-03-25
I Om na ’n wit plafon te staar het ek vir FinemusicRadio soos volg geresenseer: Hierdie roman word tipeer as ’n reguit roman. Reguit? Dis bepaald wat dit is. Op die man af. Sonder draaie of swaaie. Dis ’n satire van Naspers en die media. Dit vat regstellende aksie en die lot van die wit man aan in die huidige onseker Suid-Afrika. In hierdie opsig is die plafon van ’n dubbelsinnige titel. Dit dui op iemand wat net staar na die plafon, maar ook die plafon van sy loopbaan...

Ruda gesels met André P Brink
2009-02-20
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman beloof om dié kwartaal die grootste nóg te wees en aanhangers van André P Brink* mag dit nie mis loop nie! Daar is drie kuiergeleenthede saam met Ruda en dié gevierde en internasionaal bekende skrywer en skepper van ondermeer 23 romans in Afrikaans. Dit sluit in 'n onderhoud met die skrywer, 'n heerlike ete en die geleentheid vir gaste om vrae te vra en getekende boeke te koop danksy Exclusive Books.Die Insig-Boektafels word...

My Book Shop op Stellenbosch se Kersfeeslysie
2008-12-10
My Book Shop op Stellenbosch stel die volgende 10 boeke voor vir jou Kersfeeslysie The Enchantress of Florence Salman Rushdie Rushdie se woordkeuse en omstandige relaas verryk lesers se woordeskat en verbeeldingswereld. ’n Blywende Vreugde Audrey Blignault Hemel & See Boeke Audrey se briewe verskaf ryke verwysings van ons Afrikaanse geskiedenis en menslikheid wat jou ’n bevoorregte deelgenoot laat voel van haar ervarings. Dark...

Klein Karoo Boekwinkel op Montagu se Kersfeeslysie
2008-12-10
Die Klein Karoo Boekwinkel op Montagu spesialiseer in kinder- en tienerboeke. Hulle stel die volgende 10 boeke voor vir jou Kersfeeslysie: Willemien en die geel kat Chris Riddell Lapa 'n Lieflike boek wat reeds destyds toe dit in Engels verskyn het, aandag getrek het. Wonderlik in Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs, met 'n ietwat ingewikkelde storielyn - tog kan dit vir verskeie ouderdomme werk: teks is min genoeg sodat beginnerlesers nie moed verloor nie, terwyl...

Protea Boekwinkel op Stellenbosch se Kersfeeslysie
2008-12-10
Protea Boekwinkel op Stellenbosch stel die volgende 10 boeke voor vir jou Kersfeeslysie Tussen Stasies Irma Joubert R150, Lapa Gretl, ’n Duitse wesie met haar groot geheim, kom Suid-Afrika toe en word ’n Afrikaner-Christen-meisie. Dit is ’n verhaal van die mens se onmag teen die noodlot wat dreig om sy geluk te verwoes, maar ook die mag van sy gees om bo uit te styg en te oorwin. Werklik ’n verhaal wat jou nog lank bybly nadat jy dit klaar gelees...

Klatergoud, ’n vetgesmeerde kalkoen – en boeke …
JB Roux - 2008-12-09
Met die uitsondering van kinders hou niémand blykbaar van die Feestyd nie. Die hitte, Kersboompies van plastiek, die blikkerige geneul van "Jingle Bells" sodra jy dit by ’n winkelsentrum in waag, ’n feesmaal wat ’n dag lank voorberei en binne ’n halfuur verorber word en jou ’n week later nog laat voel asof jy ’n seekoei ingesluk het, met al die sooibrand wat daarmee saamgaan … En dan die geskenke: ’n kas vol goeters en onwaarskynlikhede...

Kanker: oorsake, bestuur en behartiging
Riekie Vickers - 2008-10-15
1. Inleiding Vir talle mense is die woord kanker sinoniem met die dood. Maar soos wat u sal sien, is kanker in party gevalle voorkombaar en, veral wanneer dit vroeg gediagnoseer word, oorwinbaar. Die woord kanker is slegs ʼn generiese term en kan na ʼn wye verskeidenheid toestande verwys. Daar bestaan honderde siektes wat as “kanker” geklassifiseer kan word. Breinkanker verskil byvoorbeeld dramaties van leukemie. Die ooreenkomste tussen kankers is heelwat minder as die...

Boeke-Insig se Boektafels met Dana Snyman en PG du Plessis
2008-09-25
Die Insig-Boektafel met Ruda Landman is dié kwartaal met twee geliefde skrywers; PG du Plessis en Dana Snyman. Dana Snyman, seker een van Suid-Afrika se gunsteling-reisskrywers, se nuwe bundel, Op die agterpaaie, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande weë waarop hy hom al begeef het. Dana sal meer vertel hoe hy soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, en nog baie meer interessante staaltjies.PG du Plessis sal die dag saam met Dana met Ruda praat oor sy nuwe...

Krisis in die Afrikaanse literatuur?
JB Roux - 2008-08-06
In By van 2 Februarie hef Joan Hambidge ’n klaaglied op oor “middelmatigheid” in die Afrikaanse letterkunde, wat inhoud sowel as omslae betref, en vergelyk sy die standaard van onlangse uitreikings met die kragvoorsieningskrisis.Soms verskyn daar boeke wat moes gebly het, maar is dit billik om te impliseer dat die Afrikaanse letterkunde ’n krisis beleef?Dis tyd vir bestekopname: om kers op te steek by rolspelers op alle vlakke van die bedryf. ’n Goeie invalshoek is om...

Versindaba ʼn skitterfees vir die digkuns
Marlise Joubert - 2008-07-31
Die afgelope drie jaar dien die Versindaba al as ʼn vertoonkas van die uitstekende werk wat tans in die Afrikaanse digkuns gelewer word en vanjaar se fees, wat oor die naweek van 5 en 6 September in die HB Thom-teater op Stellenbosch aangebied word, is geen uitsondering hierop nie. Soos dit die geval was met die vorige feeste, bied vanjaar se program weer iets van alles vir die poësieliefhebber. Van ons mees prominente Afrikaanse digters van wie daar onlangs digbundels verskyn het, of binnekort...

By die bekendstelling van Andries Bezuidenhout se debuutbundel Retoer (Protea, 2007)
Martjie Bosman - 2008-05-06
Andries Bezuidenhout is reeds bekend – as rocksanger en liriekskrywer, as rubriekskrywer, en ook miskien as sosiologie-navorser. Vanaand is dit egter my voorreg om die digter Andries Bezuidenhout bekend te stel, ’n kant van hom wat u miskien ook so sal verras as wat dit my verras het, en die faset van sy skrywerskap wat, wie weet, die ander kan oorstyg en oorleef.Soos Bezuidenhout self, is sy debuutbundel Retoer veelkantig, en by hierdie geleentheid kan ek net enkele dinge aanroer wat...


<< 1 2 >>