Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-resensies

Biebouw-resensies


<< 1 2 3 4 5 >>

Grilbrigade laat die jeug weer skrikwakkerregop sit
Nanette van Rooyen - 2011-12-15
Grilbrigade Fanie Viljoen Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156240 Prys: R90.95 Klik hier en koop Grilbrigade nou van Kalahari.net! Fanie Viljoen, die Vrystaatse jeug- en kinderboekskrywer, het dit as missie om die jeug aan die lees te kry en dit so te hou. Hierin slaag hy met vleuels aan die voet. Opvallend van sy skryfstyl is sy trefseker woordgebruik, fantastiese verbeelding en skerp sin vir humor. Sy mees onlangse publikasie, Grilbrigade, laat die jeug weer skrikwakkerregop...

Die see, die Vrou
Sandra Troskie - 2011-12-14
Die see Reza de Wet Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869195205 Prys: R150.95 Klik hier en koop Die see nou van Kalahari.net! Was die keuse vir die titel van die drama, Die see, ’n slordige fout of net ondeurdag? Dít was die vraag wat my ná die eerste lees daarvan genoop het om dié jongste drama van Reza de Wet, wat pas in boekvorm by Protea Boekhuis verskyn het, ’n tweede keer te takel. Op die oog af is dit ’n historiese drama wat in die tyd van die...

Boereoorlogstories in ’n gesoute samesteller se hande
Heini Heydenrych - 2011-12-14
Boereoorlogstories: 34 verhale oor die oorlog van 1899-1902 Jeanette Ferreira (samesteller) Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624051398 Prys: R175.95 Klik hier en koop Boereoorlogstories nou van Kalahari.net! Die twee sentrale gebeurtenisse in die Afrikaners se geskiedenisbewussyn, die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog, het al tot heelwat geskrifte – wetenskaplike geskiedskrywing sowel as fiksie – aanleiding gegee. Dis egter opmerklik dat oor nóg die Groot Trek nóg die...

Skrapnel as sleutelmetafoor
Brink Scholtz - 2011-12-14
Skrapnel Willem Anker Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194093 Prys: R150.95 Klik hier en koop Skrapnel nou van Kalahari.net! ’n Jong, wit, Afrikaanse man is op een van die moltreine in Londen waarin daar op 7 Julie 2005 ’n bom ontplof. Die drama open met die ontploffing, oomblikke nadat “Chris”, onder puin begrawe, daarvan bewus word dat hy besig is om dood te gaan. Die daaropvolgende tonele blyk geheueterugflitse te wees voordat hy sterf. Aan die woord is Chris en...

Weerlig van die ongeloof spreek van tematiese verskeidenheid en geslaagde natuurbeelding
Marius Crous - 2011-12-13
Weerlig van die ongeloof Johann de Lange Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194512 Prys: R150.95 Klik hier en koop Weerlig van die ongeloof nou van Kalahari.net! In ’n onderhoud wat Bibi Slippers op 10 November met Johann de Lange gevoer het oor sy jongste bundel, verwys Johann na die skildery van Judith Mason op die voorblad en merk op: Vir my begin ’n boek by die omslag – dit is waar jy die eerste kodes aan die leser deurgee. Die oog op Weerlig is belangrik omdat die...

Kronkelpad trek al die los drade bymekaar
Madri Victor - 2011-12-13
Kronkelpad Irma Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053873 Prys: R124.95 Klik hier en koop Kronkelpad nou van Kalahari.net! “Die lewe loop soms vreemde kronkelpaaie met ’n mens,” vertel Lettie Louw se ma haar op skool nadat sy, soos vele ander meisies, tevergeefs op die gewilde en aantreklike De Wet Fourie verlief raak, “maar elke pot kry op die ou end sy eie deksel.” Indien jy Irma Joubert se trilogie gevolg het, met Anderkant Pontenilo as die eerste boek...

Streekselement gee bestaansreg aan Bitter heuning
JB Roux - 2011-12-08
Untitled Document Bitter heuning Hermoine Suttner Uitgewer: Kwela ISBN: 9780795703133 Prys: R189.95 Klik hier en koop Bitter heuning nou van Kalahari.net. Volgens SASOL se Vetplante van Suid-Afrika is die Sandveld ’n “sanderige, plat area met rotsriwwe” en strek dit vanaf Alexanderbaai in die noorde tot Bloubergstrand in die suide. Bogenoemde boekie verklaar ook: “(D)ie Sandveld (is) diamant-, vis- en kreefwêreld, ’n plek met sy eie unieke karakter, aardse,...

Bloedwater is onderhoudend en goed uitgewerk
Gerhard Scholtz - 2011-12-07
Bloedwater Douwleen Bredenhann Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155595 Prys: R180.00 Klik hier en koop Bloedwater nou van Kalahari.net! Na Douwleen Bredenhann se emosiebelaaide debuut, ’n Hemelhoë hekkie, volg Bloedwater, ’n roman waarin ’n familie uitmekaar geskeur word. Vir die lesersmark nog ’n populêre tema as dit onder die topverkopers val. Die verhaalgegewe is dramaties: die hoofkarakter, ’n nugtere Adriana Coetzer, staan op trou...

Gedeeltes van Wildvreemd boei
Helize van Vuuren - 2011-12-06
Wildvreemd Carina Stander Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053392 Prys: R175.95 Klik hier en koop Wildvreemd nou van Kalahari.net! Die motto voorin Wildvreemd is uit die Jungiaanse analis en storieverteller Estés se Women who run with the wolves. Contacting the power of the wild woman (1992): “Nag na nag word ons gebore uit dieselfde wilde droom.” Die wolf is vir Estés die argetipe van die wilde vrou, en sy glo dat sprokies, mites en feëverhale instruktief is...

Barend Vos se ’n Dorp soos Silwer Streams vat die platteland aan
Jaco Fouché - 2011-11-29
’n Dorp soos Silwer Streams Barend Vos Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053101 Prys: R175.95 Klik hier en koop ’n Dorp soos Silwer Streams nou van Kalahari.net! Toe ek die resensiekopie ontvang en agterop lees die boek is ’n “literêre debuut”, wou ek vra vir wat ’n dominee-skrywer wat waarskynlik heel goed vaar met sy kontreivertellings en Bybelromans wil oorloop na die dark side. Dáár hou skribbelaars wat min verkoop; dáár...

Hiervandaan: Baie meer as ’n road movie
Harry Kalmer - 2011-11-24
Hiervandaan: Op reis in die geliefde land Dana Snyman Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780798151139 Prys: R142.95 Klik hier en koop Hiervandaan nou van Kalahari.net! Hulle is besig om dood te gaan. Die ooms wat Old Spice gedra het. Die ooms wat kortbroeke, kniekouse en pampoengeel Grasshoppers gedra het. Die ooms wat nooit oorsee gegaan het nie. Die ooms wat hulle Joseph Rodgers-knipmesse se lemme smal geslyp het. (Vir ’n slypsteen was hulle beslis nie bang nie.) Die ooms wat gedink het...

Inspring, kêrels! – Waarvoor dié heruitgawe?
Matilda Burden - 2011-11-15
Inspring, kêrels! PJ Schoeman Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869192228 Prys: R120.95 Klik hier en koop Inspring, kêrels! nou van Kalahari.net! My heel eerste vraag met die herlees van PJ Schoeman se Inspring, kêrels! was: Vir watter mark is hierdie boek (die heruitgawe van die oorspronklike boek wat in 1960 verskyn het) bedoel? Die vraag het my van begin tot einde gepla. Daarmee saam gaan die vraag waarom Protea Boekhuis besluit het om ’n heruitgawe te laat verskyn....

Die rolbalspeler: ’n Held op die rolbalbaan
Ilse Carla Groenewald - 2011-11-01
Die rolbalspeler Zain Eckleton Uitgewer: Kwela Books ISBN: 9780795703225 Prys: R157.95 Klik hier en koop Die rolbalspeler nou van Kalahari.net! Ek kan hierdie resensie begin met pragtige vergelykings tussen die tonnelvisie of “amper” blindheid van die hoofkarakter, Hans Meintjies, en hoe die verhaal hom afspeel, maar dit sal afbreuk doen aan die eenvoudige genot wat hierdie debuutroman van Zain Eckelton die leser verskaf. Die boek is pure plesier en een van die mooiste liefdesverhale,...

Te min kodeks – te veel huilende tjello’s
Joan Hambidge - 2011-11-01
Kodeks Nini Bennett Uitgewer: Cordis Trust Publikasies ISBN: 9780620500302 Die afgelope tyd het daar ’n handvol sterk debute verskyn. Van Andries Samuel se Wanpraktyk tot Martina Klopper se Nadoodse ondersoek; Melt Myburgh se oewerbestaan en Loftus Marais se Staan in die algemeen nader aan vensters. Fourie Botha se Donkerkamer en ’n hele rits nuwe digters wat sowel in die Versindaba se bloemlesings as in die Nuwe stemme-reeks die aandag getrek het. Die jongeling Jasper van Zyl...

Blou Maandag: Bundel het vermaak sowel as meriete
Jaco Fouché - 2011-10-26
Blou Maandag Saamgestel deur Kerneels Breytenbach Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053897 Prys: R144.95 Klik hier en koop Blou Maandag nou van Kalahari.net! “Skryf oor Blou Maandae,” was die opdrag aan die 35 bydraers tot hierdie bundel wat Kerneels Breytenbach saamgestel het. En hulle het, in mindere of meerdere mate. Sommige het nougeset by Maandae gehou, soos Philip de Vos in sy vermaaklike “Ek en ’n motorkar”. Ander het die opdrag verder geneem as die dag,...

Johnny is nie dood nie – ’n Uiters waardevolle toevoeging tot die Suid-Afrikaanse drama
Brink Scholtz - 2011-10-26
Johnny is nie dood nie Malan Steyn Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194475 Prys: R150.95 Klik hier en koop Johnny is nie dood nie nou van Kalahari.net! Vier universiteitsvriende ontmoet mekaar in 2002 vir ete, kort na Johannes Kerkorrel se selfmoord. Die dramatiese handeling ontvou tydens die verloop van hierdie aand, met die vriende se ongemaklike reünie, afgewissel deur terugflitse na sleutelfases van hulle vriendskap. Die belangrikste hiervan blyk die tydperk rondom die 1989-Voëlvrytoer...

Vat ’n gap boei, inspireer en vat raak
Alette de Beer - 2011-10-26
Vat ’n gap Jana du Plessis Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052739 Prys: R139.95 Klik hier en koop Vat ’n gap nou van Kalahari.net! “Ek is Jaz Coetzee en ek doen fashion.” Jana du Plessis het met haar debuut ’n eietydse, prontuit storie geskep wat veral sal praat met jongerige meisies wat hou van chick flicks, ontwerpersklere, cocktails, nagklubs en lang, aantreklike mans. Nes die karakters is die boek mooi verpak met ’n sjiek omslag wat smeek om saam met...

Helse manier van koebaai sê: Die finale Rooi Luiperd stel nie teleur nie
Madri Victor - 2011-10-26
Helse manier van koebaai sê Francois Bloemhof Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798155878 Prys: R162.95 Klik hier en koop Helse manier van koebaai sê nou van Kalahari.net! James Bond. Sinoniem met ver, eksotiese plekke, vinnige motors, mooi meisies en gedugte teenstanders. Die wêreld van ’n MI5-agent bestaan uit spanning, avontuur, lewensgevaarlike opdragte en baie glitz and glamour. Suid-Afrika se weergawe van James Bond, agent Mark Steyn, oftewel die Rooi Luiperd,...

Die lanternswaaier: ’n boek vol vrae, dog heel leesbaar
Francois Verster - 2011-10-19
Die lanternswaaier SD Fourie Uitgewer: Naledi ISBN: 9780986990779 Prys: R152.95 Klik hier en koop Die lanternswaaier nou van Kalahari.net! Elke boek behoort by die voorblad te begin – die titel kan reeds die eerste frase van die teks wees, of minstens ’n duidelike aanduiding van die inhoud. Die lanternswaaier slaag hierdie eerste toets. Die voorblad-illustrasie ontsluit die boek via die titel en is boonop treffend: met die eerste oogopslag lyk dit soos twee persone wat in ’n...

Ghoera: Speelse verse met oerwysheid
Nini Bennett - 2011-10-19
Ghoera Hennie Aucamp Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194536 Prys: R135.95 Klik hier en koop Ghoera nou van Kalahari.net! Hennie Aucamp het in 1963 as kortverhaalskrywer gedebuteer. Benewens kortprosabundels het hy ook vyf digbundels gepubliseer. Hy het al talle pryse verower en het geen bekendstelling onder sy lesers nodig nie. In dié nuwe digbundel tree musiek op die voorgrond. Die titel, Ghoera, dui op ’n primitiewe musiekinstrument wat deur die Boesman, Khoi en Koranna...

Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees
Malene Breytenbach - 2011-10-19
Droomdelwers Esta Steyn Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624051459 Prys: R175.95 Klik hier en koop Droomdelwers nou van Kalahari.net! Esta Steyn, bekend vir Weskus-verhale soos die TV-reeks Meeulanders en die roman Kinders van die Sabbatsee, se Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus-gemeenskappe: Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap). Dit word redelik idillies uitgebeeld: wit huisies teen die see, min winkels, straatjies waarin kinders speel,...

Bek sonner brieke: Elias P Nel is ’n kultuurskat
Riette Rust - 2011-10-18
Bek sonner brieke Elias P Nel Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194604 Prys: R130.95 Klik hier en koop Bek sonder brieke nou van Kalahari.net! Ek het lanklaas ’n bundel vertellinge so geniet soos Elias P Nel se Bek sonner brieke. By monde van oom Goliat Tross, oftewel oom Goltros, kan jy jou verluister, of “verlees”, aan sy stories oor die mense uit die “gorras” (syfergate) van die Boesmanland. Lesers is reeds in 1998 aan dié skrywer se werk bekendgestel...

Die verste uur: ’n Roman vol interessante, dog onderontwikkelde idees
Henry Cloete - 2011-10-11
Die Verste Uur Steve Hofmeyr Uitgewer: Zebra Press ISBN: 9781770221642 Prys: R150.95 Klik hier en koop Die verste uur nou van Kalahari.net! ’n Besige straatkafee in Vredehoek is dalk ’n kakkerige, of dalk juis ’n skitterende, plek om ’n ietwat intense boekbespreking te hou, maar Tank en Trog, ongeskool in die fynere van gedragsriglyne, kon dit onmoontlik nie weet nie. Ligte jazzmusiek speel in die agtergrond en tientalle jongerige mense klets luid en pretensieus...

Hondsdol: Iets Suid-Afrikaans vir jou boekrak
Gerhard Uys - 2011-10-11
Hondsdol Michael Green Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799349580 Prys: R126.95 Klik hier en koop Hondsdol nou van Kalahari.net! Joernalis Ben Klopper het sy werk verloor. Dit maak hom effe terneergedruk, maar benewens dit is die lewe op Port Elizabeth rustig. Hy is lief vir sy familie en hoewel hy en vrou Gracie kort-kort vassit, lyk dit of hulle deur hulle probleme sal kan werk. Seun Henry dink pa Ben is die “coolste” pa ooit. Sy pa leer hom allerhande gevegskunstruuks...

Sirkusboere: ’n Boeiende en vermaaklike historiese roman
Chris van der Merwe - 2011-10-06
Sirkusboere Sonja Loots Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053354 Prys: R166.95 Klik hier en koop Sirkusboere nou van Kalahari.net! Sonja Loots het in 1995, op baie jeugdige leeftyd, die aandag getrek met die verskyning van haar debuutroman Spoor. Nou, sestien jaar later, het haar tweede roman, Sirkusboere, verskyn – ’n publikasie waarna baie lesers uitgesien het. Sirkusboere is ’n historiese roman, gebaseer op uiters boeiende historiese gegewens wat die outeur grondig nagegaan...

Skool: Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel onder oë
Marius Crous - 2011-10-05
Skool Theo Kemp Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 978062405305 7 Prys: R195.95 Klik hier en koop Skool nou van Kalahari.net! Hierdie debuutroman van Theo Kemp handel oor ’n outobiografiese ek (by name Theo Kemp) wat ondersoek instel na die toestande in die Suid-Afrikaanse skole. Die hoofkarakter versamel knipsels oor skole, geweld in skole, probleme wat in skole voorkom, en berigte oor leerders en hulle lotgevalle, en gebruik dit dan as stof vir ’n boek. Sy ondersoeke lei hom...

Margie van die seminary: Verhale vol deernis
Johan Anker - 2011-10-04
Margie van die seminary en ander verhale Winnie Rust Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156004 Prys: R165.95 Klik hier en koop Margie van die Seminary en ander verhale nou van Kalahari.net! Winnie Rust se Margie van die Seminary en ander verhale vertel kortliks die verhale van ses verskillende vroue wie se lewens vervleg is met Wellington se geskiedenis en die Seminary waar die opleiding van onderwyseresse op Wellington begin het. As inwoner van Wellington vir die afgelope dertig...

Kopreis is ’n lekker boek
Harry Kalmer - 2011-10-04
Kopreis Gerrit Rautenbach Uitgewer: Queillerie Publishers ISBN: 9780795800245 Prys: R175.95 Klik hier en koop Kopreis nou van Kalahari.net! Wanneer jy aan die einde van die boek Gerrit Rautenbach se Kopreis neersit, raak jou eie kop vir ’n paar oomblikke stil. Net soos wanneer jy ’n goeie gedig gelees het, wegstap van ’n goeie skildery, of wanneer ’n stuk musiek wat jou roer, tot ’n einde kom. Maar die wêreld wat Rautenbach beskryf, is baie ver van die...

Dryfhout – ’n snaarstywe spanningsroman
Madri Victor - 2011-09-27
Dryfhout Chanette Paul Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799348828 Prys: R200.95 Klik hier en koop Dryfhout nou van Kalahari.net! Die eerste boek in die reeks was Springgety. Dit speel af op die fiktiewe dorp Kruisbaai, waar speursersant Gys Niemand en Faantjie Fortuin ’n raaiselagtige moord moet oplos: Springklip het nóg ’n slagoffer geëis en Lily Reyneke, wat pas op Kruisbaai haar intrek in die vissershuisie “Visvrou” geneem het, is sterk onder verdenking....

Abel se lot bewys Karsten weer eens as een van ons beste misdaadskrywers
Madri Victor - 2011-09-21
Abel se lot Chris Karsten Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798152921 Prys: R190.95 Klik hier en koop Abel se lot nou van Kalahari.net! Met die openingstoneel skep Chris Karsten die atmosfeer vir Abel se lot. Die poëtiese beskrywing van wag-’n-bietjie en frangipani’s, die lug “skoon gewas” na die reën, die “dynsige stoomnewe oor die nat gras in die park” is ’n vals gerusstelling; die leser word, saam met die vlieë, vinnig deur die...

Talia vat grond: Suid-Afrikaanse Chick-lit skop haar babaskoene uit
Madri Victor - 2011-09-08
Talia vat grond Melissa Scharneck Uitgewer: Queillerie ISBN: 9780795800238 Prys: R175.95 Klik hier en koop Talia vat grond nou van Kalahari.net! In Britse uitgewershuise loop die gerug dat chick-lit iets van die verlede is. Hulle meen dis oor die muur, voorspelbaar en vervelig – ten spyte van die sterk aanhang wat dit steeds geniet. Die Britte mag dalk so dink, maar hier in Suid-Afrika skop chick-lit sy babaskoene uit vir sexy rooi spykerhakies. En die aanhang groei vinnig. Op...

Piekniek by Hangklip ’n seepgladde plesier
Louise Viljoen - 2011-09-08
Piekniek by Hangklip Kerneels Breytenbach Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156035 Prys: R220.95 Klik hier en koop Piekniek by Hangklip nou van Kalahari.net! Deel 1 Waarin Die Resensent Enkele Agtergrondsgegewens Verskaf en Vuriglik Hoop dat dit Die Leser nie sal Verveel nie Vanaf die oomblik dat ’n mens op die titelblad van Kerneels Breytenbach se roman Piekniek by Hangklip lees dit is “Die Geskiedenis van die Avonture van Joshua Gumbo en Sonja Griessel. Geskryf...

Donkerkamer ingestel op die visuele
Nini Bennett - 2011-08-30
Donkerkamer Fourie Botha Uitgewer: Queillerie ISBN: 9780795800221 Prys: R150 Klik hier en koop Donkerkamer nou van Kalahari.net! In die nota agter in die digbundel word genoem dat die meeste gedigte in dié bundel tydens ’n graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad voltooi is. Botha het voorheen in Nuwe Stemme 4 gedebuteer en aandag getrek as jong digter. Die omslagontwerp is interessant: bo-oor die torso van ’n jong man loop stippellyne en figure wat...

Hoogty – Tydsaam, maar met sorg en wins
Jeanette Ferreira - 2011-08-23
Hoogty E Kotze Uitgewer: Kwela ISBN: 9780795703140 Prys: R210.95 Klik hier en koop Hoogty nou van Kalahari.net! Kotze se tweede roman ontvou tydsaam – maar met soveel sorg en wins dat dit ’n genoeglike ervaring is. In haar eerste roman, Toring se baai, het soveel karakters gefigureer dat dit soms terugblaai gekos het om ’n karakter te identifiseer. By die lees van Hoogty is dit duidelik dat Kotze hierdie probleem agtergelaat het. Hierdie roman handel hoofsaaklik oor Helena...

Die Jakkalsdans – ’n Speelse dans met samsara
Ilse Carla Groenewald - 2011-08-18
Die Jakkalsdans Francois Loots Uitgewer: Umuzi ISBN: 9781415201015 Prys: R170.95 Klik hier en koop Die Jakkalsdans nou van Kalahari.net! Die siklus van die lewe en hergeboorte word binne die Boeddhistiese tradisie samsara genoem. Dit is letterlik die vloei van die lewe – geboorte, lewe, dood en reïnkarnasie of hergeboorte. Dit verwys ook na die aanhoudende, maar toevallige, stroom van passie, begeerte, emosie en ervaring. Die effense lyding wat met die lewe gepaardgaan. Die Jakkalsdans...

Die lewe tussen pikkewyne: Digkuns oor 'n lewensbestaan in absurditeit
Marius Crous - 2011-08-03
Die lewe tussen pikkewyne Jasper van Zyl Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624046813 Prys: R130.00 Klik hier en koop Die lewe tussen pikkewyne nou van Kalahari.net! Die jong hoërskoolseun Jasper van Zyl het in 2004 gedebuteer met gedigte in Nuwe stemme 3 wat deur Antjie Krog en Alfred Schaffer saamgestel is. In 2011 verskyn sy digbundel Die lewe tussen pikkewyne met sy mooi bandontwerp en word daar reeds gesuggereer dat die spreker in hierdie gedigte op die een of ander wyse gaan uitstaan...

Vier begrafnisse en ’n troue – ’n Suid-Afrikaanse armoede-tot-rykdom-storie
Marisa Botha - 2011-07-28
Vier begrafnisse en ’n troue Pat Stamatélos Uitgewer: Kwela ISBN: 9780795703072 Prys: R190.00 Klik hier en koop Vier begrafniesse en 'n troue nou van Kalahari.net! Pat Stamatélos se Vier begrafnisse en ’n troue (2010) is ’n roman met kleurvolle karakters en satiriese dialoog. Sy beweeg weg van die sterk outobiografiese inslag wat haar eerste twee romans, Kroes (2005) en Die val van die dice (2007), gekenmerk het. Die outobiografiese besonderhede het reeds verminder...

Die behoue huis: Verhale teen die skemer
Johan Anker - 2011-07-27
Die behoue huis. ’n Keur uit die kortverhale van Abraham de Vries AH de Vries Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798152792 Prys: R170.00 Klik hier en koop Die behoue huis nou van Kalahari.net! By die herlees van Abraham de Vries se kortverhale in die nuwe samestelling deur Wium van Zyl word mens weer eens deur die vakmanskap van hierdie meester van die kortverhaal beïndruk. Dit is met groeiende bewondering en verwondering dat ’n mens die storie van die menslike kondisie...

Ligloop: ’n Genoeglike roete deur ’n “lap van lig”
Zandra Bezuidenhout - 2011-07-27
Ligloop Tom Gouws Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798152396 Prys: R152.50 Klik hier en koop Ligloop nou van Kalahari.net! Wanneer ’n digter-denker soos Tom Gouws aan die woord is, kom lesers gou agter dat hulle inderwaarheid met ’n siener te make het. Sy blik op die synstoestand van die mens is uiteraard ryk, verwikkeld en gevarieerd, maar genadiglik ook verrassend helder. Die temas is enersyds eenvoudig en kan gereduseer word tot aspekte van “lig”, “loop”...

Die lekkerste perske is ’n vy: De smalle weg na die poort van die poësie
Eckhard Cloete - 2011-07-21
Die lekkerste perske is ’n vy Anne-Ghrett Erasmus Uitgewer: Benedic Boeke ISBN: 9780981440859 Prys: R115.00 Kyk, laat ons nou nie doekies omdraai nie. Met ’n titel en omslag soos dié weet mens hier kom pêre. En perdedrolle is nie vye nie. Alhoewel ’n vy blykbaar wel ’n perske kan wees. Dit het my ’n hele ruk geneem om uit te pluis wat presies die titel veronderstel is om te beteken. Maar nadat ek agtergekom dat die oënskynlike nuutskepping is’n...

As jy ’n ster sien verskiet: Gewigtige sake word met ’n goeie skoot humor versag
Derick van der Walt - 2011-07-20
As jy ’n ster sien verskiet Maya Fowler Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052869 Prys: R120.00 Klik hier en koop As jy ’n ster sien verskiet nou van Kalahari.net! ’n Nuwe jeugboek is altyd goeie nuus, sê die uitgewers, want jeugboeke en jeugboekskrywers is skaars in Suid-Afrika. Heeltemal te dun gesaai. As jy ’n ster sien verskiet van Maya Fowler (met ’n baie mooi omslag deur Michelle Staples) is boonop welkom omdat dit ernstige kwessies onder die soeklig plaas....

As die woorde begin droom: ’n Bundel vir die poësieliefhebber en versamelaar
Nini Bennett - 2011-07-19
As die woorde begin droom: ’n Keur uit die gedigte van Wilhelm Knobel Saamgestel deur Johann de Lange Uitgewer: Bel Monte Uitgewers ISBN: 0620486880 Prys: R170.00 Op die agterflap van dié mooi versamelbundel beweer Gerrit Komrij: “Voor mij is hij een van de indrukwekkendste Zuid-Afrikaanse dichters uit de tweede helft van de twintigste eeu … een dichter als Knobel laat je niet los, je keert steeds opnieuw naar zijn werk terug.” Die digter Wilhelm Knobel is in...

Bloedgrond: die smul en spoeg aan die swiets van ’n verrassingspakkie
Riana Scheepers - 2011-07-14
Bloedgrond Malene Breytenbach Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052746 Prys: R190.00 Klik hier en koop Bloedgrond nou van Kalahari.net! Ek het die afgelope tyd binne kort bestek drie romans van Malene Breytenbach gelees, een daarvan nog in manuskripvorm. My binnegoed sê vir my dat Breytenbach besig is om in ’n opwindende skrywer te ontwikkel – al weet ek nog net nie presies in watter rigting nie. Maar dophou sal ek haar dophou, en lees sal ek haar lees! Met Bloedgrond betree...

Tuiskoms: Dié liefdesverhale bied iets meer
Riette Rust - 2011-07-06
Tuiskoms: Stories oor die liefde Irma Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624052791 Prys: R160 As ek in my lewe vyf tydskrifverhale van begin tot einde deurgelees het, is dit baie. Weens verveling oorval slaap my meestal. Maar dit was nie die geval met Irma Joubert se Tuiskoms nie. Hoewel Joubert lank reeds – sedert 2004 – tydskrifverhale skryf, is sy meer bekend vir haar historiese romans, waaronder Anderkant Pontenilo en Pérsomi, kind van die brakrant, twee van ’n...

Toorwoorde roep my: Valiant se toorwoorde roep beslis
Elbie Adendorff - 2011-07-06
Toorwoorde roep my Valiant Swart Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799351736 Prys: R164.95 Klik hier en koop Toorwoorde roep my nou van Kalahari.net! Valiant Swart is Suid-Afrika se eie Afrikaanse rock ’n roll-troebadoer. Sy eerste liriekboek het so pas by LAPA Uitgewers verskyn. Dit bevat Valiant se lirieke chronologies vanaf sy Die mystic boer-CD in 1996 tot sy CD Wild en wakker in 2010. Die lirieke is gestroop van enige akkoorde en notas. Dit is slegs die woorde op papier, en so hoort...

Kampvuurstories: Stories vir die kampvuur én kaggel, met of sonder vuurwater
Francois Verster - 2011-07-05
Kampvuurstories Pieter W Grobbelaar Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780798151269 Prys: R165.00 Klik hier en koop Kampvuurstories nou van Kalahari.net! Wanneer mens die naam Pieter Grobbelaar op ’n publikasie sien, weet jy dat jy tien teen een hier met ’n juweeltjie of twee uit die Afrikaanse kultuurgeskiedenis te doen het. In die geval van Kampvuurstories is dit inderdaad ook die geval: daar is ’n hele paar juweeltjies in hierdie bundel. En om hierdie metafoor verder te poets:...

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee: ’n eerlike blik op verblyf in die buiteland
Madri Victor - 2011-06-24
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee Skrywer: Ilse Salzwedel Uitgewer: LAPA ISBN: 9780799349306 Klik hier en koop Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee nou by Kalahari.net! Om te bly of te gly. Dit is ’n debat wat van voor 1994 al woed. En stééds lees ’n mens op gespreksforums en LitNet en in die koerant se briewe-afdelings veroordelende uitsprake teenoor dié wat emigreer, of lofsange van dié wat besluit het die gras is werklik groener...

Kaalvoet: Amanda se musikale gedigte raak nog steeds die hart
Elbie Adendorff - 2011-06-14
Kaalvoet Amanda Strydom Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9781869194291 Prys: R140.00 Klik hier en koop Kaalvoet nou van Kalahari.net! Amanda Strydom is veral bekend as kabaretkunstenaar, komponis en sanger-skrywer. Sy het in 2004 haar eerste boek, Kaalvoet, by Genugtig! uitgegee en dit is so pas weer uitgegee, deur Protea Boekhuis. Dit spog met ’n nuwe voorblad en verder is dit verblydend om te sien dat die teks enkele redigeringsveranderinge ondergaan het. Die bundel word verder pragtig...

Meetsnoer laat jou asem ophou
Stephanie Nieuwoudt - 2011-03-30
Meetsnoer Chanette Paul Uitgewer:LAPA Uitgewers ISBN: 9780799347234 Prys: R197.95 Klik hier en koop Meetsnoer nou van Kalahari.net! Dis jammer dat net Deon Meyer se naam keer op keer opduik wanneer ’n mens van speurverhale praat. Want Chanette Paul is ’n ewe bedrewe skrywer. Haar verhale is goed nagevors, onderhoudend en boeiend. Maar voordat ’n mens te gefokus raak op die speurverhaal- of misdaadgenre, ’n regstelling. Want al lyk Paul se boeke in die Gys Niemand-reeks...

Toe dit nog vroeg was: antropologie in versvorm
Zandra Bezuidenhout - 2011-03-29
Toe dit nog vroeg was Mari Grobler Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049425 Prys: R110.50 Klik hier en koop Toe dit nog vroeg was nou van Kalahari.net! Mari Grobler se derde digbundel sentreer rondom die leefwyse van die vroeë San- en Khoi-bewoners van Suidelike Afrika – iets wat reeds gedeeltelik in haar bundel Eggo’s in bewolkte water (2004) figureer. Daarmee verbreed sy die relatief klein korpus werke in die Afrikaanse digkuns wat tot dusver die land se inheemse bevolking tematies...


<< 1 2 3 4 5 >>