Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
In Memoriam

In Memoriam


<< 1 2 >>

In Memoriam: Afscheid van “JC”
Ingrid Glorie - 2012-01-03
Eind 1992 gaf John Kannemeyer een reeks colleges over Afrikaanstalige poëzie aan de Vrije Universiteit te Amsterdam. Wij, Nederlandse studenten, die nog maar weinig van Afrikaanse literatuur af wisten en geen besef hadden van de tweedelige literatuurgeschiedenis die hij toen al op zijn naam had staan, verbaasden ons over deze formele man, keurig in pak, die ons met ‘u’ aansprak, met ‘juffrou’ en ‘meneer’; iets wat in Nederland sinds de studentenrevolutie...

John Kannemeyer (31 Maart 1939 – 25 Desember 2011) en die uitgewers
Kerneels Breytenbach - 2011-12-28
Die afsterwe van John Christoffel Kannemeyer op Kersdag 2011 het groot literêre betekenis vir Afrikaanssprekendes. Dit is nie ’n gewone afsterwe van ’n skrywer of literator nie, maar een wat op unieke wyse die oorgang van een tydvak na ’n volgende in die Afrikaanse letterkunde markeer. Kannemeyer is die verpersoonliking van die toegewyde akademikus wat met onblusbare drif alle beskikbare feite navors ten einde volledig aan die geslagte van die toekoms verslag te kan doen...

John Kannemeyer (1939–2011): He was an institution
David Attwell - 2011-12-28
“Untimely” is an over-used adjective, routinely applied to a life cut short. But consider how apt it is in the case of John Kannemeyer. The manuscript of his magnum opus, JM Coetzee: ‘n Geskryfde Lewe, is complete, in both the Afrikaans original and in the English translation by Michiel Heyns. It is being shepherded through the press by Hannes van Zyl, acting for the publisher, Jonathan Ball, and will be released in late 2012. Uitgeverij Cossee in Amsterdam will publish a...

John Kannemeyer (1939–2011)
Helize van Vuuren - 2011-12-27
Soos DJ Opperman in die sewentigerjare gesê het: “Daar is net een wat kans gesien het vir die literatuurgeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde, en dit so gou en goed gedoen gekry het: John Kannemeyer.” Met sy biografie oor JM Coetzee in die pyplyn vir 2012, ’n boek waarna almal in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld reikhalsend uitsien, verlaat John Kannemeyer ons “with a bang, not a whimper”. Met sy kennis, ongekende werkywer en die toewyding...

In Memoriam: John Kannemeyer
Melt Myburgh - 2011-12-26
kora-treurlied vir john kannemeyer o vader, rus jy vandag vir altyd in jou wysheid? lê jy daar met ’n hartseer gesig en sonder glimlag? asseblief, staan op vir my seun van ’n skoonmoeder o, is jou rus vandag vir ewig? van wie weet jy wat na ons kan omsien noudat jy so daar lê? waar sal ek weer iemand van jou gelyke in wysheid raakloop? ek huil nie oor jou nie – is jou rus van so ’n aard dat ek jou moet betreur? my susters, laat ons die man uitlos sodat...

Phil du Plessis (1944–2011): Jy onthou Phil, want jy kán nie anders nie
Amanda Botha - 2011-11-30
Untitled Document Phil du Plessis was altyd trots dat hy as Wurm-digter gereken word. Saam hiermee was dit sy vreugde om, soos hy dit dikwels gestel het, “te lees en gedigte te skryf, om viool te speel en skilderye te geniet”. Dit is wat hy die grootste deel van sy lewe gedoen het – tot met sy dood – vanoggend. Sy onvergelyklike uitsig uit sy eertydse koloniale dubbelverdiepinghuis in Kalkbaai op Valsbaai kon hom nooit heeltemal Kapenaar maak nie. Die huis op...

DW Fokkema (1931–2011)
Ena Jansen - 2011-10-13
Untitled Document Op 23 Augustus 2011 is Douwe Fokkema oorlede. Hy was emeritus hoogleraar Vergelijkende Literatuurwetenschap aan die Universiteit Utrecht en het 80 jaar oud geword. Van 1971 was Fokkema in Utrecht werksaam, vanaf 1981 as hoogleraar. Generasies Suid-Afrikaanse letterkundestudente wat in Utrecht gestudeer het in die 1970’s en 1980’s onthou hom as ’n besonderse mentor by wie ons die beginsels van vergelykende literatuurondersoek geleer het. Dit was...

Paul Cilliers (1956–2011)
Leon Strydom - 2011-10-11
Untitled Document Paul Cilliers (1956–2011)wat word van die man wat sy hart afwend van sogenoemde smart op die sewende dag hy speel dis die lewe die somer van sy lewe debakel of mirakel mens dis om 't ewe hy steek sy neus in al wat see is proe-proe en punteneurig soos vis vastelande die sit hy weer op hul plek en ontdek die ewenaar soos disgenote kan krimp en strek hy hink heneweer in daan en in sus se skoene hy speel met lyf en lewe iets van die vier seisoene die man smak van die lus of...

Hella S Haasse overleden
Hendrik-Jan de Wit - 2011-10-04
Untitled Document Hella S Haasse Donderdag 29 september is de Nederlandse schrijfster Hella S. Haasse in haar woonplaats Amsterdam overleden. Ze is 93 jaar geworden. Hélène Serafia Haasse werd op 2 februari 1918 in Batavia (Nederlands-Indië) geboren. Ze geldt als een groot schrijver, al kreeg ze niet zoveel aandacht als haar collega's Hermans, Reve en Mulisch. Zonder twijfel staat ze minstens op gelijke voet met deze plaatsbepalende Nederlandse auteurs van...

Hulde aan ’n komplekse mens
Johann Lodewyk Marais - 2011-08-30
Op pad terug van die jaarberaad van die Afrikaanse Skrywersgilde op Gordonsbaai het ek en Charles Malan by die Lord Milner-hotel op Matjiesfontein in die Karoo oorgebly en geëet. Die hotel is ryk aan geskiedenis. En dis hier waar NP Van Wyk Louw die eerste prikkel vir die skryf van Raka gekry het toe hy as kind na die trofeë van wilde diere teen die mure gekyk het. Daar is dié aand baie rooiwyn bestel en ons het gesels oor die afgelope beraad, waar ek vir die eerste keer met belangrike...

Charles Malan: ’n Huldeblyk
Martjie Bosman - 2011-08-30
Ek sal altyd onthou hoe Charles Malan soggens in die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) by die RGN se gang afgestap het: met sulke lang treë, aktetas in een hand, ’n klomp boeke onder die arm vasgeknyp. Soms het hy geantwoord op die groet van die personeel, dikwels nie, sy gedagtes duidelik besig met een van sy talle artikels, verslae, beplanningstukke of boeke. Charles Malan was bykans tien jaar lank my direkte hoof by SENSAL. In dié tyd was hy nogal ’n...

’n Brief oor die ander kant van Charles Malan
Robert J Pearce - 2011-08-26
Hallo almal My innige meegevoel aan familie, kennisse en naasbestaandes met die heengaan van ons skrywersvriend, Charles Malan. ’n Foto wat ek en Charles saam met Don Mattera geneem het in 1995 by die Congress of South African Writers se byeenkoms in Hillbrow. Ek, Charles, Rachel Greeff en andere is op Maselspoort verkies as die laaste Afrikaanse Skrywersgilde Bestuur, met Charles as voorsitter. Charles het, toe die ANC se Congress of South African Writers (waarvan ek ook lid was) daarop...

Poësie oor Patrick Petersen
Willem Fransman - 2011-08-22
Digters tel hul penne op en skryf oor Patrick Petersen, die man wat ander digters vlerke probeer gee en bemagtig het. Lees hier meer oor die gedenkdiens in sy ere en ook sy biografie. Vanjaar sou Patrick sy sestigste verjaarsdag gevier het. Patrick Petersen 1951–1997 Joan Hambidge Sou jy kon voel hoe hierdie vers, hierdie vers die pyn skandeer van iets so wrakkig as ‘n lewe wat eindig in ‘n ambulans onbetyds om die hartlongmasjien te haal, ‘n suurstofmasker of intensiewe...

Jaco Barnard-Naudé: Paul Cilliers was 'n legende
Jaco Barnard-Naudé - 2011-08-04
Wat beteken dit om iemand te bewonder? Om na iemand op te sien, soos mens sê? Soos die woord self sê, het dit iets met wonder, wondere en wonder-likheid te doen. Ek het Paul Cilliers nie goed geken nie. Maar ek het hom bewonder. My eerste kennismaking met sy werk was ’n artikel wat hy en Yvonne Malan in 2001 oor dekonstruksie, reg en geregtigheid in die Stellenbosse Regstydskrif gepubliseer het. Ek het dit in 2003 gelees vir en aangehaal in my LLD oor kontraktuele geregtigheid....

Paul Cilliers (1956–2011)
Rika Preiser - 2011-08-04
Untitled Document Paul Cilliers het vir baie mense baie verskillende dinge beteken. Vir boek- en musiekliefhebbers was hy die soort resensent wie se oordeel en kritiek mens kon vertrou vanweë die feit dat mens geweet het dat sy kennis op hierdie terreine ensiklopedies was. Dit was moeilik om oor ’n boek of nuwe musiekopname te praat wat Paul nog nie gelees of geluister het nie. Vir sommige mense was dit ’n uitdaging om hom aan nuwe musiek en boeke bekend te stel wat hy moontlik...

Afskeid aan Paul Cilliers
Vasti Roodt - 2011-08-04
Untitled Document Paul Cilliers se dood op 31 Julie dwing diegene wat bevoorreg genoeg was om hom te ken om óór hom te praat, terwyl ons tog eintlik mét hom wil praat. Dit is wat sy vriende en kollegas die meeste sal mis: om saam met Paul om ‘n tafel te sit en gesels. Dieselfde kenmerke wat van wat Paul so ‘n gewaardeerde gespreksgenoot gemaak het, het meegewerk in sy akademiese filosofie: sy weerstand teen pogings om die kompleksiteit van ‘n gegewe saak...

Paul Cilliers: Requiem vir ’n vriend
Desmond Painter - 2011-08-04
Untitled Document Paul Cilliers was ’n goeie vriend. Ek bedoel nie daarmee bloot dat ek hom as een van my eie goeie vriende gereken het nie, maar dat hy ’n talent gehad het vir vriendskap. Dat hy dit ernstig opgeneem het. Dat hy dit reggekry het om betekenisvol kontak te maak en vol te hou met baie mense. In my laaste lesing by hom, in my derde jaar, het ons Derrida se The Politics of Friendship bespreek. Paul het begin voel-voel na die etiese implikasies van dekonstruktiewe denke,...

Patrick Petersen: “Sy poësie het die spektrum van menslike ervaring bestryk”
Willem Fransman - 2011-08-01
“My kind” uit die digbundel Vergenoeg die pastorie het beroerte gekry dingetjie uhmmm die matte huil nie meer die gang slaak ook nie meer ’n sug van verligting nie en jou portrette teen die muur hang eenkant verlam en die raampie klap nie hande nie en die foto groet nie meer, goeiemôre dêddie nie Vrydagaande bak ek nie meer pizzas nie en die stilte is leweloos sonder verwagting o, die tyd lê stukkend, stukkend stukkend ’n kwaai wind teister die teddiebeer...

Patrick Petersen-gedenkdiens: Stryder vir die digkuns
Willem Fransman - 2011-07-29
’n Gedenkdiens vir wyle digter Patrick Petersen is op 9 Julie 2011 op wat sy sestigse verjaarsdag sou wees by die VGK Vredenburggemeente in Vredenburg gehou. Werke van Patrick en menige boodskappe van vriende, kollegas en medeskrywers van regoor die wêreld is voorgelees. ’n Krans is na die afloop van die diens op Patrick se graf gelê. Die geleentheid is deur die Afrikaanse Skrywersvereniging, Kreatiewe Skrywersgroep en Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans gereël. Hier...

Outa Lappies – a life as colourful as his coat
Ingrid Wolfaardt - 2011-07-14
Outa Lappies is gone. Once in Prince Albert's main street I called out a greeting to him and he sullenly looked at me and asked, "Is groet ’n moet?" To which I so righteously replied, "But of course – another's humanity is acknowledged and affirmed through greeting – and one's own, indirectly.” We then debated this issue back and forth, with one of the girls chipping in and reminding Outa that friendliness costs nothing. Outa's home on the Prince Albert road had been trashed...

Volgende asseblief
Die laaste woorde aan Zack du Plessis

Gerrit Rautenbach - 2011-06-21
Untitled Document Vyf maande gelede het Zack my op die OR Thambo-lughawe kom haal. Dit was ’n Saterdag. Hy en Magda het my gehuisves, want Maandagoggend elfuur was my pa se gedenkdiens.Met my uitstap by die lughawe staan Zack daar langs sy Hilux-bakkie. Lekker ou Zack met sy boep en sy bokbaard en sy wit bos hare. Dit was ’n troos toe hy soos ’n ouboet sy arm om my sit.“Ons gaan vir Pa Fanus mis.”“Dankie dat jy nog hier is Boet,” antwoord ek.Terwyl ons huis...

Huldeblyk aan Christa Jonker-Jordaan
2011-05-20
Christa Jonker-Jordaan was een van die suksesvolste skrywers by Carpe Diem Media. Haar boeke het gesamentlik oor die 40 000 eksemplare verkoop en duisende mense, veral vroue en tieners, se lewens aangeraak. Sy is gebore met ’n liefde vir skryf en het alreeds in die hoërskool gedigte en prosa begin skryf. Sy het ook later as vryskutskrywer van tyd tot tyd vir verskeie tydskrifte geskryf. Nadat Christa in 2004 haar manuskripte aan Carpe Diem Media gestuur het, is haar inspirerende...

Musiek-en-liriek-man, Hannes Beukes, oorlede
Johann P Boshoff - 2011-05-04
Untitled Document IN MEMORIAM: Hannes Beukes (15 November 1955 - 29 April 2011)Mnr Hannes Beukes, in die vroeë 1980’s ’n bekende komponis en liriekskrywer in die Afrikaanse musiek-en-liriek-beweging, is op Vrydag 29 April op die ouderdom van 55 in Dunedin, Nieu-Seeland, oorlede. Bekendes soos Laurika Rauch, Des en Dawn Lindberg, Art Heatly, Mynie Grové, Malie Kelly en Thinus Maree het van sy werk opgeneem en uitgevoer. Hy het soms ook self opgetree, maar geen plaat is opgeneem...

In memoriam: Heinrich Grebe (2 Maart 1950 – 8 April 2011)
Hein Willemse - 2011-04-26
Eiewys. Belese. Krities. Behoudend. Passievol. Heinrich Grebe sou nie omgee dat hierdie byvoeglike naamwoorde hom toegevoeg word nie, want hy het waardering vir die geledinge van die lewe gehad. Hy kon in besonderhede vertel van ’n besondere gereg of ’n goeie wyn, net soos hy ’n fyn sin vir ’n mooi skildery, ’n treffende ontwerp of ’n gebou gehad het. By voorkeur het hy Europese kunsmusiek, Lieder en opera, waardeer. Jare na ’n besoek kon hy vertel van die...

In memoriam: Heinrich Grebe (2 Maart 1950 – 8 April 2011)
Willie Burger - 2011-04-26
Ek het baie waardering gehad vir Heinrich se manier om ’n kontrarie-standpunt in te neem, om byna op alles “inteendeel” te sê, om nooit weg te skram daarvan om te verskil nie. Maar altyd hoflik, byna met ’n ouwêreldse sjarme. Sy laaste groot werk, Op die keper beskou: Oor die ontstaan van Afrikaans, ’n werk oor die historiese taalkunde, sal eersdaags verskyn. Hierin, soos in die laaste artikel wat LitNet Akademies van hom geplaas het, skroom hy ook nie om...

In memoriam: Heinrich Grebe (2 Maart 1950 – 8 April 2011)
Nerina Bosman - 2011-04-26
Ons gewaardeerde kollega en vriend Heinrich Grebe is op 8 April 2011 oorlede. Die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria was vir bykans 29 jaar sy akademiese tuiste, waar hy voor- en nagraads in Afrikaanse en Algemene Taalkunde doseer het. Onder sy leiding het ook die aanleerderskursus Leer Nederlands tot stand gekom. ’n Mens kan nie aan Heinrich dink sonder om sy onverdrote ywer (hy sou gehou het van hierdie uitdrukking!) teen die stadig maar sekere verdringing van sy geliefde...

A short obit from Greig Coetzee about Syd Kitchen
Greig Coetzee - 2011-04-06
I first came across Syd Kitchen when I stumbled across his terminally cool shop, Syd Kitchen’s Guitar Saloon, when I was a school kid in the early eighties. I was looking for sponsorship for a charity thing we were doing and I wanted Syd to take an ad out in the programme. I was told Syd would be back soon, he was just in the back, “thinking”. When he did come back, having no doubt taken the last drag of his hand-rolled thought-torpedo, he was in a very good mood and he took a quarter-page...

’n Vuur vir Fanus: Want hy is my pa ...
Gerrit Rautenbach - 2011-02-08
Dis Oukersaand 2010 en ek het hom by Arcadia gaan haal. Sy blyplek die afgelope paar jaar. Moet dit asseblief tog net nie ’n ouetehuis noem nie, sal hy vir jou vertel. Dis óf ’n koshuis óf ’n oudehof. Ouetehuis is ’n term van depressiwiteit. Neerslagtige onskeppendheid. Ons sit buite by die vuur waar ons al baie gesit het van kleintyd af. Baie vure op baie plekke. Daar was die agtertuin in Northcliff vir Saterdag en Sondag se braai. Dan het hy altyd so een ekstradun...

Van Danie aan Fanie: Herinneringe aan Fanus Rautenbach
Danie Botha - 2011-02-04
My oom Willie Naaf had harspan ’n man met ’n gedamasseerde kop hy het dit self geweet en hy’t vir my gesê Sakman ’n man moet harspan hê ’n harspan wat oorlopensvol woorde lê annersonie is jy nommer nôt jy moet jou woorde kan inspan groot en diep en gedagtewoorde moet jy kan inspan van hotagter oor die paar op ses tot die haarvoorbul en dan ry jy juts boeta swernoot dan ry jy juts met jou gedagtens jou woordens...

Flip Theron (4 Augustus 1942 - 7 Julie 2010)
Leon Strydom - 2011-01-04


By die dood van Bettie Cilliers-Barnard (1914-2010)
Eunice Basson - 2010-09-23
Al die eerbewyse, toekennings en haar lang lys solo- en groepuitstallings tersyde, om by Bettie Cilliers-Barnard aan huis te kuier, hetsy in die sitkamer of in haar ateljee, was om telkens net die gesprek voort te sit wat by ’n vorige kuier met ’n dubbelpunt gelaat is. Sy was by uitstek ’n goeie luisteraar en altyd geïnteresseerd in die mening van ander, of die onderwerp letterkunde of politiek was, of die stand van die Suid-Afrikaanse kuns. Maar sy was ook gretig om oor een...

Thoughts following the death of Saramago
Coenraad Bezuidenhout - 2010-06-29
It was shortly before midnight on 18 June when I read the post by a Portuguese acquaintance on Facebook. José Saramago had died and it left me feeling lonely, tender and resigned, I guess, as it does when death claims a friend. Saramago and I am … were ... not friends. We never met. Decades separated us in age, thousands of kilometres lay between where he lived and I still do, and an unfathomable chasm in how we were socialised. He was a devout communist; I find resonance with...

Vernie Plaatjies: 6 September 1962 – 18 Mei 2010
Willem Fransman - 2010-06-17
Dit was nie ’n engel nie, maar ’n gemeenskaplike vriendin, Karin Daniels, wat my met ’n oproep in die middel van die dag die tyding gebring het. Die nuus dat Vernie Plaatjies aan nierversaking dood is! Dié Vernie wat dikwels in swart geklee, afgerond met ’n swart cowboy-hoed of swart baret en stewels, in die openbaar verskyn het. ’n Lamheid het hom in my eie lyf kom tuismaak. Nie Vernie nie. Nie nog ’n digter nie. Nie nog ’n skrywersvriend nie....

Hulde aan André van Vuuren
Selwyn Milborrow - 2010-05-19
Selwyn Milborrow skryf oor sy vriendskap met die digter André van Vuuren, wat verlede week skielik oorlede is. “Die lewe is hard en word net harder.” Dit was van die laaste woorde wat André van Vuuren sowat ’n jaar gelede met my gedeel het. Daar is interessante parallelle tussen André van Vuuren en Frederik Van Zyl Slabbert. Verlede week is hierdie twee groot Afrikaanse geeste op dieselfde dag oorlede. Albei moes ’n groter rol in die Suid-Afrikaanse...

’n Huldeblyk aan Bree O’Mara | A celebration of Bree O’Mara
Morné Malan - 2010-05-18
Dit is met diep hartseer en skok dat ek verneem van die verlies van ’n goeie vriendin, die skrywer Bree O’Mara. Nog erger vir my is die onsinnige en stomp manier waarop haar lewe, en dié van 102 ander slagoffers van die rampspoedige Afriqiyah-vlug naby Tripoli, Libië, geëindig het. Skielik luister ’n mens anders na die nuusberigte, kyk ’n mens anders na die verskriklike foto’s van vliegtuigbrokstukke, goedere, bagasie en verstrooide besittings....

Hannes Meiring
Joan Hambidge - 2010-05-07


Hannes Meiring (11.10.1934–03.04.2010)
Hannes van Zyl - 2010-05-06
Hannes Meiring, bekende argitek en bewaringsvegter wat in die jare sewentig ’n landwye beweging gelei het om Kerkplein in Pretoria te bewaar, het vandeesweek onverwags aan huis in Stellenbosch gesterf. Hy was 75 jaar oud. Die beweging van destyds om Kerkplein te red was meer as net ’n gewone bewaringspoging. Dit was voorbladnuus en volbladnuus in koerante. Dit het ’n dimensie bevat van kulturele opstand teen ’n regering wat sogenaamd denkende mense toenemend vervreem...

Lucas Malan (19 Julie 1946 – 15 April 2010): Vaandeldraer vir die Afrikaanse leeskring
Amanda Botha - 2010-04-21
Op Maandag 19 April het ’n groot aantal familielede en vriende by Evita se Perron op Darling saamgekom om die lewe van die digter, letterkundige en opvoedkundige Lucas Malan in herinnering te roep. Die gesellige ruimte, wat spesiaal vir hierdie geleentheid beskikbaar gestel is, was so gepas. Dit was ’n metafoor vir Malan se tuiskoms op Darling, waar hy as gebore en getoë Transvaler kom aftree en ’n tuiste en holte vir sy voet gevind het. Hier kon hy hom met sy gemeenskap...

Lucas Malan (19 Julie 1946 – 15 April 2010)
Gerrit Olivier - 2010-04-19
Ek en Lucas Malan ken mekaar sedert 1965. Ons was toe saam tweedejaarstudente in Afrikaans en ook kamermaats in die koshuis. Meer as een keer het ons die vorige aand gaan fliek en moes dan ons fonetiek-huiswerk op die dubbeldekkerbus tussen Sunnyside en die universiteit doen, terwyl ons teen wil en dank luister na die vermaaklike sang van Michiel Grobbelaar, “die singende buskondukteur”. Lucas het gou ’n lid van ons familie geword. Almal was lief vir hom, van my ouma in die Vrystaat...

Leonard Koza: ’n Huldeblyk aan een van ons grotes
20 September 1941 – 20 Februarie 2010

Willem Fransman - 2010-03-18
Lennie Koza, soos hy maar algemeen onder sy vriende bekend was, was die eerste "lewende" skrywer wat ek geken het. Destyds, in die laat sestigs, begin sewentigs, was hy ’n klerk by Parow Munisipaliteit gemoeid met die insamel van huurgeld. Daar agter die toonbank het ons, as jong seuns, hierdie "groot" digter bewonder. Die man wat met woorde kon speel. Ook nie sommer enige woorde nie … nee – woorde wat ons elke dag op straat praat, het hy in gedigte omgesit....

Dirk der Duisende steeds gehuldig
Charles Malan - 2010-03-01
Die huldebetuiging van Dirk de Villiers word voortgesit deurdat hy pas deur Saftas vereer is vir sy lewenslange bydrae tot die rolprent- en televisiebedryf. Daarbenewens word ’n dokumentêre rolprent oor hom afgerond. Die legendariese en veelsydige filmmaker was inderdaad Dirk der Duisende, soos Dirk Opperman ironies na sy eie digterspersona verwys het. Soos PW Botha ’n wysvinger op die volk gerig het, het Dirk ’n middelvinger vir hoogheilige “verteenwoordigers”...

Chris Louw
Joan Hambidge - 2009-12-17
Van die oomblik toe ek per ongeluk op LitNet afgekom het op die berig van Chris Louw se dood, het ’n soort onrus van my besit geneem. Chris Louw was die bebliksemde Boetman. Die afgelope tyd het hy onder andere vir Antjie Krog en Jonathan Jansen ingeklim. Laasgenoemde uitgeskel as ’n wolf in skaapsklere en eersgenoemde beskryf as ’n vrou met groot balle. Daar word vermeld dat hy moeg was vir die aanvalle op hom. He who lives by the sword, will die by the sword, weet ’n...

Kleinboer onthou Chris Louw
Kleinboer - 2009-12-02
V van Gogh, E Marais, E Hemingway, H Schoeman, G Korsten, K Cobain, nou ook C Louw. Chris Louw se selfskietery het my onkant gevang. Daar was iets veglustig in sy blik, maar tog ook ’n vonkel in sy oë. Ek het die nag na sy selfmoord gelê en hoop dat sy hond nie saam met hom was toe hy homself geskiet het nie. Ek het saam met hom by Farmer’s Weekly gewerk so vier jaar gelede. Hy het goeie in-diepte stories geskryf oor wit boere wat in die vrugbare Levubu-vallei van hul...

Saam met Barend in Die Hel
Philip Fourie - 2009-10-15
Barend Toerien is dood. Ek hoop hy het dit ervaar soos in sy eie woorde:Om dood te gaan is seker soos 'n valskermsprongdie eerste keer; jy breek in koue sweet uit na gelangdie oomblik nader, sluit jou oë, laat los en val -!Die skerm gaan tog ope, jy was verniet so bang. (Uit: Gedigte, 1960)Toe ek in 1956 die eerste keer as skoolseun van hom gehoor het, by wyse van 'n paar gedigte in Senior Verseboek, het hy reeds baie jare in die VSA gewoon. Ons...

Barend J Toerien
John Kannemeyer - 2009-10-08
29.3.1921 – 4.9.2009 My eerste ontmoeting met Barend Toerien was in 1965. Van die begin af het ek in hom die ewige kritikus gewaar. Hy was iemand wat alles met ’n koel oog kon bekyk, niks op sigwaarde wou aanvaar nie, en sy siening van sake sonder ’n omhaal van woorde oorgedra het. Sommige mense het hom as ’n moeilike mens en ’n korrelkop beskou, maar ek het hierdie puntenerige houding in hom waardeer. Miskien juis daarom het hy in Peter Blum, daardie ander stroomop...

Vir Izak de Villiers: “Vriend wat sterf”
Marthinus Beukes - 2009-10-01
Ná die nuus Sondag dat Izak dood is, was die lamppaalplakkaat die volgende oggend die raakste opsomming van sy veelkantige persoonlikheid: “Izak de Villiers sterf”. Een naam het soveel begaafdhede ingesluit. Izak was vir my veral predikant, digter en vriend. Hierdie aspekte het dan ook in sy gedigte versstof geword. Hy het roerend oor vriendskap kon skryf. Daarom het ek die kop vir hierdie huldeblyk uit ’n titel van een van sy elegiese verse geleen. Hy het met deerniswekkende...

Barend J Toerien (29 Maart 1921 – 4 September 2009)
Helize van Vuuren - 2009-09-10
Barend J Toerien is op die plaas Steenwerp buite Porterville (vandag ’n tronk) gebore. Baie jare later het Breyten Breytenbach hom op ’n Sederbergse staptog in 1973 tot "die Bul van Porterville” gedoop (in Seisoen in die paradys beskryf). Dié naam het bly steek. Hoewel Barend gereeld na sy eie “wortelloosheid” verwys het, was hy onwrikbaar verknog aan hierdie Bolandse wêreld van berge, fynbos, en Boesmantekeninge in Die Hel met sy waterval en die...

In Memoriam: Sheila Cussons (1922-2004)
Johann de Lange - 2009-04-09
My eerste kennismaking met Sheila was deur haar skryfwerk, meer spesifiek Plektrum. Dit is waar my bewondering van en waardering vir Sheila begin het. Sy het in daardie stadium nog in Barcelona gebly en in 1981 het ek moed bymekaar geskraap en vir haar ’n bewonderaarsbrief geskryf. Dit was Meimaand in Barcelona met die onluste op ’n spits gedryf toe sy op my skrywe reageer met ’n lang brief: haar handskrif bitter klein maar gedrewe, swart vulpen op dun uiepapier: Ek geniet ook...

’n Staande ovasie vir Percy Sieff
Albert Maritz - 2009-03-03
Neil Sandilands bevestig nog eergister met my dat Percy Sieff en sy skoonsuster, Sybil, die Impresario launch op 5 April by Dorpstraat Teater-restaurant sal bywoon. Toe lees ek gisteraand in Die Burger dat Percy Sieff oorlede is. Dis ’n skok en onwelkome, onverwagse nuus. Percy is een van ons onbesonge helde, van wie die publiek weinig geweet het. Dis juis een van die mikpunte van die nuwe kykNET-reeks, Impresario: om die publiek bewus te maak van die mens agter die ster van Arende....

In Memoriam: Don Maclennan
Dan Wylie - 2009-02-12
Don Maclennan died this week, the best beloved of teachers and critically most neglected of playwrights and poets. No one who encountered Don during the more than three decades of his teaching career at Rhodes University is likely to forget the piercing appraisal of his blue eyes, the penetration of his questions, or the incisiveness of his opinions. No budding poet - or, for that matter, lover - who consulted him came away without startling insights. Don was born in 1929, and grew up in London and...


<< 1 2 >>