Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Taal | Language > Nederlands | Dutch > Rubriek: Refleksies

Rubriek: Refleksies


<< 1 >>

Mutilasie as verskrikking in 30 Nachten in Amsterdam en andere
Carina van der Walt - 2012-01-03
Die Nederlandse 30 Nachten in Amsterdam het middel November 2011 by Uitgewery Podium verskyn. Die vertalers was Karina van Santen en Martine Vosmaer. In 2010 het dit Etienne van Heerden se tweede Hertzog-pryswenner geword. Met hierdie toekenning word Van Heerden se eerste Hertzog-prys van 1989 met De betoverde berg weer uit die vergetelheid opgediep. Van Heerden kodeer mutilasie as deel van albei romans. Daar is ’n verskil van ongeveer twee-en-twintig jaar tussen die twee romans, maar...

Blou Lyn-projek dupe in Durban
Carina van der Walt - 2011-12-02
Met die bekendstelling van Sculpting the Earth ontmoet ek weer Strijdom van der Merwe die afgelope September in Stellenbosch. Vandat hy tydens die kunstefees Oerel 2009 op die Nederlandse eiland Terschelling sy landskapskuns vertoon het, volg ek sy internasionale loopbaan. Hy was borrelend entoesiasties oor sy Blou Lyn-projek. Hierdie projek het hy vir Kaapstad beplan met die oog op die komende internasionale konferensie oor klimaatsverandering (COP 17). Die konsep van die projek was eenvoudig...

Nuwe voorsitter van die ATR praat, k uit Amsterdam
Carina van der Walt - 2011-11-25
Untitled Document Michael le Cordeur Op 18 November is Michael le Cordeur verkies tot die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR). Le Cordeur is ’n onderwysman van formaat. Tans is hy as dosent verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsingsterrein is die verbetering van lees en skryf deur middel van nuwe media en die inligtingstegnologie. Vroeër was hy kringbestuurder, skoolhoof, taalonderwyser en skrywer van verskeie...

Tropenmuseum word bedreig (Aflewering 2)
Carina van der Walt - 2011-11-09
Untitled Document Straatbeeld van die Tropenmuseum aan die Mauritskade van Amsterdam Die afgelope tyd het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Staatsekretaris Ben Knapen het op 12 Oktober die Koninklijk Instituut voor de Tropen (KIT) in kennis gestel dat hulle jaarlikse subsidie van 20 miljoen euro vanaf Januarie 2013 gestop sal word. Al vyf bene van die KIT word daardeur geraak: die Tropenmuseum, Tropentheater, Bibliotheek, Medische Laboratorium en Advieswerk...

Tropenmuseum, Afrikaans en mre (Aflewering 1)
Carina van der Walt - 2011-11-01
Untitled Document Die afgelope twee weke het dit behoorlik gegons op Nederlandse kultuurgebied. Opnuut het die publiek geskok gereageer op besparingsmaatreëls van die huidige kabinet. Hierdie keer het dit die Tropenmuseum geraak. Die Tropenmuseum het deesdae ’n spesiale plekkie in die harte van Afrikaanse skrywers en sangers. Vier maande gelede het die eerste volbloed Afrikaanse fees hier in Amsterdam plaasgevind. Dié wat hier was, wil weer kom. Ander hoop om in die toekoms uitgenooi...

Een Zulu op mijn bank verwoord rassisme in Nederland
Carina van der Walt - 2011-09-14
Onlangs het ’n publikasie by Uitgeverij International Theatre & Film Books verskyn. Dit is Een Zulu op mijn bank (2011) van die toneelregisseur Roelof R Twijnstra. Die boek is outobiografies. Daarin kry Zandile dit nié reg om in Nederland aan te pas nie. Sy vertrek met haar seuntjie Thabo terug na Suid-Afrika. Die hoofpersoon se onvermoë om Zandile se aanpassingstryd in Nederland te verstaan is opvallend. Die boek openbaar ’n onvriendelike immigranteklimaat en vriendelike...

Leeskring van Zuid-Afrikahuis: dupe van ZASM-besluit
Carina van der Walt - 2011-09-02
Die Leeskring van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bestaan al byna tien jaar onder leiding van Corine de Maijer. Die ongeveer vyf-en-twintig klublede kom die laaste Dinsdag van elke maand van regoor die land na Keizersgracht 141 om ’n boek te bespreek. Nou dreig ZASM om Zuid-Afrikahuis te verkoop. Hoë restourasiekoste word as hoofrede aangevoer, maar vir baie betrokkenes is dit nie oortuigend nie. ’n Ander suggestie doem op in ’n rubriek van die hoofredakteur van ZAM, Bart...

Joernalistieke kollig op Kaapstad
Carina van der Walt - 2011-08-16
Untitled Document Dit is weer somervakansie in Nederland. Daar is min nuus. Tog weet die koerante hoe om sinvol daarmee om te gaan. Die NRC-Handelsblad het byvoorbeeld De grote wereld saamgestel. Dit is ’n reeks artikels oor tien wêreldstede: Parys, Istanbul, Kaapstad, Moskou, Sjanghai, New York, Berlyn, Sydney, Rio de Janeiro en Londen. Vir die reislustige Nederlanders is dit heerlik om goed ingelig na een van die bestemmings te vertrek. Dit is één van verskillende reekse...

Karin Brynard – ’n opwindende stem in Amsterdam
Carina van der Walt - 2011-08-03
Untitled Document Op Woendagaand 6 Julie was dit die bekendstelling van die Nederlandse vertaling van Karin Brynard se riller, Plaasmoord. Die Nederlandse titel is Moord op Huilwater. Dit is vertaal deur Riet de Jong-Goossens. Die bekendstelling het plaasgevind in De Java Bookshop in Amsterdam. Brynard was in gesprek met haar uitgewer, Lidewyde Paris van Uitgeverij Ailantus.Sy het begrip gehad vir die vrae van die klein maar belese gehoor. Haar insig is onder andere gewortel in ’n persoonlike...

Nie swart nie wit nie – wenresep in Culemborg
Carina van der Walt - 2011-07-21
Untitled Document Dit is selde dat ’n hoërskool-toneelstuk soveel belangstelling in de pers kry as Nie Swart nie wit nie gedurende Juniemaand in Culemborg. Kombineer egter die regte elemente en jy’t ’n wenresep. Hierdie resep is die innoverende denke van leerlinge van De Fransche School vir ’n eindeksamen-projek; hulle onderwyser se ontvanklikheid vir hulle idee; sy bereidheid om die toneelteks te skryf; Jan van Riebeeck as geskiedkundige figuur tussen sy geboorteplek...

Liggewig-rame vir swaargewig-konsepte in E du Perron-lesing
Carina van der Walt - 2011-06-02
Untitled Document Op Dinsdagaand 31 Mei het die een-en-twintigste toekenning van die E du Perron-kultuurprys plaasgevind. Die wenner is Anton de Kom. Dit is die biografie van ’n Surinaamse Nederlandse skrywer. Vanjaar word vir die eerste keer ook ’n E du Perron-lesing gehou. Antjie Krog is uitgenooi om hierdie baanbrekersrol te kom vervul. Sy gebruik daarvoor Kaapse kaalkoppe, ’n uitgawe van die Vlaamse strokiesprent Suske en Wiske. Raam vir raam verduidelik sy die Mandela-ingegewe...

’n Ridder in ons midde: Nederlandse folklore
Carina van der Walt - 2011-05-25
Untitled Document Op die oggend van 29 April was dit weer sulke tyd: die dag waarop “lintjes” uitgedeel is. Jaarliks word op die dag voor Koninginnedag (30 April) koninklike onderskeidings aan lede van die publiek toegeken. Dit is ’n groot eer om ’n “lintje” te kry tydens die “lintjesregen”, soos daarna verwys word in die volksmond. Amptelik staan dit bekend as die uitreiking van die Orde van Oranje-Nassau.Net soos poësie, liedere, verhale, sprokies,...

Grieselige verhaal wen Nederlandse literatuurprys
Carina van der Walt - 2011-05-13
Op Maandagaand 9 Mei is die wenner van die Libris Literatuurprys 2011 in Amsterdam bekend gemaak. Hy is Yves Petry met sy skokkende roman De maagd Marino (2010) van die uitgewery De Bezige Bij. Die prysgeld is 50 000 euro. Die verhaal van De maagd Marino is gebaseer op die ware verhaal van ’n Duitse kannibaal uit 2002 wat sy waansin as ’n soort religieuse ritueel uitgevoer het. In De maagd Marino het die dader (Marino Mund) en sy vrywillige slagoffer (Bruno) vooraf ’n ooreenkoms...

ANNA uitgedos in pronkvere van Prisma
Carina van der Walt - 2011-04-28
Untitled Document In die middel van die Paasnaweek is die eerste Afrikaans-Nederlands, Nederlands-Afrikaans Woordeboek (ANNA) bekendgestel in Amsterdam. ’n Groot genoeg gehoor was teenwoordig in die Koninklijk Instituut voor de Tropen, al was dit buite ’n sonnige Saterdagmiddag. Op sulke dae verkies die meeste Nederlanders om op die sypaadjies aan hulle koue biertjies te sip. Of nog beter: om met ’n bootjie op die kanaal deur die stad te vaar. Maar die kombinasie van ANNA en die...

Ondanks kritiek, sukses vir Black Butterflies
Carina van der Walt - 2011-04-06
Untitled Document Op Donderdag 31 Maart was dit in Nederland die première van Black Butterflies, die film oor die lewe van Ingrid Jonker. Na hierdie eerste naweek se vertonings lyk dit asof Black Butterflies ’n groot lokettreffer kan word. Nie alle filmprogrammeurs het met ewe veel oortuiging en entoesiasme die film vir hulle teaters aangeskaf nie. ’n Bruuske antwoord op my nuuskierige vraag oor die kwaliteit van die film was: “Niet goed.” Ek het dus gaan probeer vasstel...

Nederlandse Boekenweek
Carina van der Walt - 2011-03-29
Kader Abdolah Die Nederlandse Boekenweek 2011 strek vanaf 16 tot 26 Maart. Tien dae lank vind allerhande feeste, byeenkomste, voorlesings en markte dwarsdeur die land plaas om die belang van die boek te bevorder. Die Boekenweek staan hierdie jaar in die teken van biografieë en die motto is: “Curriculum Vitae - Geschreven portretten”. Vir die 76ste jaar van die Boekenweek het Kader Abdolah De Kraai geskryf. De Kraai dien as boekeweekgeskenk. 951 000 eksemplare is gedruk....

Black Butterflies: Ingrid Jonker as slagoffer
Carina van der Walt - 2011-03-16
Carice van Houten Op 22 Maart is dit die première van die film Black Butterflies in die Tuschinski-teater in Amsterdam. Die lewensverhaal van die Suid-Afrikaanse digteres Ingrid Jonker word verbeeld deur Carice van Houten, 35 jaar oud. As die bekendste Nederlandse aktrise vertolk sy Ingrid Jonker. Abraham Jonker word vertolk deur Rutger Hauer. Die Ierse akteur Liam Cunningham speel die rol van Ingrid se groot liefde, Jack Cope. Beide die rolverdeling en die produksiespan is internasionaal:...

Lekker lag saam met Joke van Leeuwen – lekker huil kom vanself
Carina van der Walt - 2011-02-24
“Joke” staan vir “grap” in Engels. Maar wie in die gedigte van Joke van Leeuwen net die snaakse dinge hoor, word op Woordfees met ’n Joker buite spel geplaas. Nietemin is humor in taal een van die belangrikste eienskappe in haar styl. Sy skommel met woorde totdat dit iets verrassends sê. Daarmee trek sy jou aandag af van die erns van die kaartspel. Óf die lewe. Sy maak van ’n “nobody” ’n “yesbody”. Lara, een van...

Strydbare skrywers … soos Grunberg
Carina van der Walt - 2011-02-15
Arnon Grunberg (1971) dreig om nie meer vir NRC-Handelsblad te werk nie. Dit gebeur nadat ’n kollega ’n negatiewe resensie geskryf het oor sy tweede roman, Figuranten (1997). Blykbaar was daar nie vir hom én resensent Hans Goedkoop plek op dieselfde redaksie nie. Maar hy trek sy dreigement terug. Arnon Grunberg Tien jaar later beledig Grunberg die skrywer AF Th van der Heijden in ’n oop brief. Gebelgd dreig Van der Heijden met die uitreiking van...

Saartjie Baartman as Venus Noir
Carina van der Walt - 2011-02-02
Die film Venus Noir / Black Venus van die Frans-Tunisiese regisseur Abdellatif Kechiche was ’n terloopse kennismaking. Ek was op soek na Afrikaanse films op die 40ste Internasionale Filmfees Rotterdam (IFFR) – tans aan die gang vanaf 26 Januarie tot 6 Februarie 2011. Venus Noir is in die randprogram. Dit vertel egter niks van die kwaliteit van hierdie film oor die lewensgeskiedenis van Saartjie Baartman nie. Venus Noir word in drie tale vertel: Frans, Engels en Afrikaans. Die speeltyd...

Amanda laat eerste wintersneeu smelt
Carina van der Walt - 2010-12-14
Op Maandagaand 29 November het Vuur in glas in die Koningstheater van die Noord-Brabantse stad ’s-Hertogenbosch afgeskop. Die saal was uitverkoop. Dit is die begin van Amanda Strydom se vierde konserttoer deur Nederland. Tydens haar veertien komende optredes word haar nuwe CD, Stroomop, vrygestel. Twee voorafgaande CD’s, Briewe uit die suide (2007) en Kerse teen die donker (2008), het daarvoor gesorg dat sy teen hierdie tyd ’n stewige aanhang in die Lae Lande het. Amanda...

Protes 2 – Leve De Beschaving
Carina van der Walt - 2010-12-08
Subsidies word verminder. In Nederland ontvang formele instansies soos biblioteke en museums langtermyn-subsidies om te oorleef. Dit word vanuit die owerheid toegeken deur stadsrade, provinsiale rade of nasionale rade. Nou staan subsidieverleners onder groot druk om te bespaar. In aansluiting by die protesaksie Nederland Schreeuwt om Cultuur het die kabaretster Freek de Jonge ’n manifestasie in die Heineken Music Hall in Amsterdam gereël: Leve De Beschaving. Dit het plaasgevind op Maandagaand...

Protes 1 – Nederland Schreeuwt om Cultuur
Carina van der Walt - 2010-12-02
Sedert Septembermaand kry aankondigings van streng besparingsmaatreëls toenemend momentum in Nederland. Die regering probeer om begrotingstekorte tydens die huidige kredietkrisis aan te vul. Hierdie maatreëls is ingrypend. Veral kuns en kultuur ly daaronder. Die drie fasette waarop bespaar moet word, is die belasting op konsertkaartjies, wat styg van 6 persent na 19 persent, ’n vermindering van kultuursubsidies, en die afskaffing van die Wet Werk en Inkomen Kunstenaars (WWIK). Saam...

Diana Ferrus se klawer wassie drogie*
Carina van der Walt - 2010-11-09
Die konsert van Diana Ferrus en Florence Filton in Amsterdam op Vrydagaand 29 Oktober was ten bate van Stigting Klawer. Stigting Klawer het saam met die Wereldmuziekschool Amsterdam die aand aangebied. Opbrengste het gegaan na die kinders van die dorpie Klawer – klein en afgeleë in die noordwestelike hoek van die Wes-Kaap. Op die pamflet het ek digter Peter Snyders se gedig herken: “Ek is oek important”. Ek móés gaan. I've come to take you home Die...

Harry Mulisch (83) oorlede – ook hý ontglip aan Nobelprys
Carina van der Walt - 2010-11-01
Jy het geen behoorlike Afrikaans-Nederlandse opleiding gehad as jy nie kennis gemaak het met Harry Mulisch nie. Hy was veral bekend vir sy romans De aanslag (1982) en die magistrale De ontdekking van de hemel (1992). Albei hierdie romans is suksesvol verfilm. Na die vertaling van De ontdekking van de hemel in Engels en Duits het die Nederlandse literêre wêreld toenemend sy naam voorgestel as kandidaat vir die Nobelprys. Saterdagaand 30 Oktober is Mulisch aan die gevolge van kanker oorlede. Sondagoggend...

Nanny’s Only belig gevoelige Suid-Afrikaanse issues
Carina van der Walt - 2010-10-05
Nanny’s Only was ’n aangrypende toneelstuk verlede week op Afrovibes Festival in Amsterdam. Afrovibes is veral ’n dans-, teater- en musiekfees met nuwe talent uit Suid-Afrika. Hierdie fees toer tussen 22 September en 24 Oktober deur Nederland en Engeland. Die deurlopende tema is No Borders – geen grense tussen tradisies en die hedendaagse, tussen verskillende kulture, tussen wit en swart en tussen Afrika en Europa nie. Hedendaagse issues oor die verwerking van die apartheidsgeskiedenis,...

Tikkop – Nederlandse perspektief op Suid-Afrika
Carina van der Walt - 2010-09-28
Vrydagaand 17 September was die bekendstelling van Tikkop, die jongste roman van Adriaan van Dis by Uitgewery Augustus in Amsterdam. Vir die skryf hiervan het hy hom maande lank teruggetrek in Suid-Afrika. Die hoofkarakter is Mulder. Hy is ook die alter ego van Van Dis. Mulder ervaar Suid-Afrika so: “Het nieuwe Zuid-Afrika was een beet in zijn kuit, verborg zich achter hoge muren, dook naar verboden schelpen, hoereerde en snoof zich stom.” Een van die eerste vrae wat mens as Afrikaanse...

Wilders: Nederlandse ET maak land onregeerbaar
Carina van der Walt - 2010-09-08
Die Nederlandse politiek is die afgelope naweek terug by die verkiesingsuitslag van 9 Junie. Toe het dit tot almal se verbasing gedui op twee duidelike stromings. Eerstens het die CDA sy swaarste verlies in meer as twee dekades gely. Balkenende IV kon nie oor sy eie skadu spring nie, al wou hy self dolgraag weer in die regeerstoel sit. Tweedens het die eenmansparty Geert Wilders die derde meeste stemme getrek. Dit het van sy party, die PVV, skielik ’n stem gemaak waarmee die regering rekening...

Elektroniese storms in die boekewêreld (Deel 2)
Carina van der Walt - 2010-08-27
Lees Deel 1 hier. Dit lyk asof die verskyning van e-boeke op e-leestablette onvermydelik deel van die toekoms is. Die digitalisering van die boekewêreld in die 21ste eeu word vergelyk met die ontstaan van die Koninklike Biblioteek van Alexandrië. Hierdie biblioteek uit die Klassieke Oudheid het in die eerste eeu voor Christus tussen 400 000 en 700 000 boekrolle besit. Google Book Search het alreeds 12 miljoen boeke uit biblioteke in die VSA en Engeland afgelaai. Dit het gelukkig nie...

Elektroniese storms in die boekewêreld (Deel 1)
Carina van der Walt - 2010-08-19
Is jy ook een van die mense wat ’n kledingstuk uit jou reistas haal om ’n ekstra boek saam te neem? Of iemand wat tandeknersend 10 kg se boeke in jou handbagasie deur die kontrole op die lughawe loods? Of iemand wie se huis eintlik te klein is vir al die boekrakke vol met boeke? Dan is daar vir jou ’n oplossing! Die e-boek. Leesbaar op ’n e-leestablet. So ’n e-leestablet is superslank, ongeveer 20 x 15 cm en ongeveer 2 cm dik. Jy kan ’n mag der menigte boeke daarop...

Komkommertyd in die boekewêreld
Carina van der Walt - 2010-07-28
Dit is komkommertyd in Nederland. Somervakansie. Hier gebeur weinig in die boekewêreld om oor te skryf. Nederlanders is reislustig. Dan neem hulle stapels boeke saam om te gaan lees. Die boekwinkels maak nou goed geld, maar nuwe publikasies is so skaars soos hoendertande. Dit is elke jaar gedurende Junie, Julie en Augustus dieselfde storie. Gewoonlik word ’n nuwe publikasie van ’n bekende skrywer van wie daar baie verwag word, aangekondig op die voorblad van die NRC-Handelsblad....

Watou – ook Dirk se erf
Carina van der Walt - 2010-07-15
Die afgelope naweek was dit die begin van die twee maande lange kunstefees Watou 2010: Tussen taal en beeld, verzamelde verhalen #2. Watou is ’n klein en ouderwetse dorpie in België op die grens met Frankryk. Die inwonertal is 1 200. Vir die hele jaar lank is dit tjoepstil. Hierdie dorpie het ’n plein, ’n kerk en ’n Spar, maar vanaf begin Julie tot begin September elke jaar stroom poësieliefhebbers na Watou. Aanvanklik het die kunstefees as Poëziezomers ontstaan...

Sakevernuf en “oranjegekte” te ver gedryf
Carina van der Walt - 2010-06-22
Verlede week het ek in Refleksies nogal positief verwys na die Nederlanders se sakevernuf. Daar kan ook ’n keersy aan wees. Die mediadekking wat die Bavaria Babes in Suid-Afrika en in Nederland gekry het, het dit onder die aandag gebring. Op Maandag 14 Junie het die bemarkingsbom gebars tydens die wedstryd tussen Nederland en Denemarke. Een mooi meisie trek altyd die aandag. Dit geld des te meer vir ses-en-dertig blonde bomme. Hulle het die ysige, Hoëveldse koue met onskuldige...

“Oranjegekte” en sakevernuf
Carina van der Walt - 2010-06-10
’n Groot deel van die Nederlandse stede is besig om baie vinnig in oranje te verkleur. Dit gebeur in ooreenstemming met die koms van die “WK”-voetbal. Byna alle volkskroeë is volledig in oranje ingepak met die Nederlandse vlag daarby en slagspreuke soos “Hup Holland Hup!” Dit geld ook vir strate oorspan met oranje vlaggies, boomlanings met die boomstamme in oranje ingepak en vensters aan die straatkant vol teddies, ballonne, balle, baniere, hoedjies, glasies, poppe...

Is dit JM Coetzee?
Carina van der Walt - 2010-05-18
Dit is ’n bedrieglik eenvoudige vraag, waarmee Nederlanders vier dae lank die 70ste verjaarsdag van JM Coetzee, Suid-Afrikaanse skrywer en Nobelpryswenner van 2003, gevier het. Hy was teenwoordig. Gedurende hierdie tyd het hy ’n Nederlandse koninklike onderskeiding ontvang: hy is nou Ridder in de Orde van de Nederlandse Leeuw. De Balie in Amsterdam was uitgedos met tien identiese afbeeldings van Coetzee met die vraag: "Is dit JM Coetzee?" telkens as onderskrif. Op elke afbeelding...

Ha!Man: spontane kreatiwiteit
Carina van der Walt - 2010-05-11
Onlangs het Ha!Man, oftewel Francois le Roux, weer ’n keer opgetree in Zuid-Afrika Huis aan die Keizergracht in Amsterdam. Buite was die lenteson die oorsaak daarvan dat baie Amsterdammers met hulle bootjies op die gragte rondgedobber het. Vir ’n oomblik het ek gewonder of ek nie ’n fout gemaak het nie. Dit lyk darem baie verleidelik! Wie is hierdie Ha!Man nou eintlik? My nuuskierigheid het tog die oorhand gekry. Die klein gehoor vul die ruimte. Francois le Roux stel homself...

Terloopse ontmoetings
Carina van der Walt - 2010-05-03
Wêreldboekedag het hier in Nederland redelik ongesiens verbygegaan. Tog is daar deurlopend baie ander boeke en literêre geleenthede wat daarvoor kompenseer. Mens kan maar net dink aan die Boekenweek, Nationale Gedichtendag, Nacht van de Poëzie, Poetry International, Winternachten ens. April was die Maand van de Filosofie. ’n Dag na die Wêreldboekedag ontmoet ek byna toevallig twee groot geeste uit die Nederlandse literêre wêreld hier in Tilburg: Charlotte...

Amandla! Mandela
Carina van der Walt - 2010-04-19
Dit was ’n belewenis. Die skouburgteater was stampvol gepak met die musiekspel Amandla! Mandela. Bos-teaterproduksies sluit hiermee aan by die 20-jaar-vrylatingvieringe van Mandela vroeër vanjaar. Talle boeke is al in alle wêreldtale oor Suid-Afrika se grootste ikoon geskryf. Enkele films oor die onreg van apartheid en die omskakeling van apartheid na demokrasie het al die lig gesien. Maar ’n teaterproduksie oor die mens Nelson Mandela? Dit het onmoontlik geklink. Selfs Pieter-Dirk...

Nogmaals, Ingrid Jonker!
Carina van der Walt - 2010-04-07
Ingrid Jonker se poësie staan die afgelope dekade toenemend in die lig van musikale verwerkings. Oor ’n wye spektrum toonsettings weerklink haar stem. Jy kan kies tussen kabaret, pop, jazz, poësie en klassiek as jy na haar wil luister. Die jongste CD is Hierdie reis van Charlotte Margiono en Frans Ehlhart, in September 2009 in Nederland uitgegee. Ek het aanvanklik nie besef watter pragtige, nuwe vonds ek present gekry het nie. Die eerste klavierklanke laat mens verras regop...

Nederlandse perspektiewe op Suid-Afrika
Carina van der Walt - 2010-03-25
Op Vrydagmiddag 5 Maart was ek in Amsterdam by die boekbekendstelling van Puur Goud, andere verhalen uit Zuid-Afrika. Skrywer Bart Luitrink het homself omring met ou vriende en kennisse uit die Anti Apartheidsbeweging Nederland (AABN). Tilly Hermans van Uitgewery Augustus kon verlig asemskep. Die eerste kopieë was pas binne. Dit het nog na lou lym geruik. Die “Augustus” het inderhaas ’n bietjie skeef op die rugkant uitgekom, maar die bruin skakerings op die buiteblad...

Sokker en rugby pak mekaar op US Woordfees
Carina van der Walt - 2010-03-11
Baljaar is ’n unieke, onvertaalbare Afrikaanse woord. Dit was vanjaar die tema van die US Woordfees. Daarin was die erns van sport en die ligsinnigheid van sports saamgevat. Bal- as woorddeel het nuttig te pas gekom, maar dat so ’n ooglopend eiervormige bal ook op die suksesgolf van FIFA gery het, was verrassend. Die US Woordfees het in sy program ’n spontane vertaalslag na rugby probeer maak in die grootste sokkerjaar ooit van Suid-Afrika. Waarom? Die woordwêreld en...

Nederlanders op Woordfees 2010
Carina van der Walt - 2010-03-01
’n Handjievol Nederlandstalige woordkunstenaars neem binnekort aan die Woordfees op Stellenbosch deel. Hulle is die Vlaamse skryfster Annelies Verbeke, die Nederlandse digter Menno Wigman en die half-Nederlandse, half-Suid-Afrikaanse sanger Stef Bos. Verder neem twee groepe deel, naamlik Theater van de Verloren Tijd en Theatergroep Flint. Wie is dié mense en wat kan feesgangers verwag? Verbeke het met haar debuutroman in 2003, Slaap, ook direk bekendheid verwerf binne Suid-Afikaanse...

Balkenende, Nederland se eie Zuma
Carina van der Walt - 2010-02-23
Die afgelope naweek het kabinet-Balkenende IV in Nederland geval. Direkte aanleiding was die CDA se terugkrabbeling op 'n twee jaar lange belofte om Nederlandse soldate in Augustus 2010 uit Afganistan te onttrek. As reaksie daarop het die PvdA uitgestap. Nee, Balkenende het nie vyf vrouens soos Zuma nie. Hy het ook nie twee en twintig kinders (waarvan sommige buite-egtelik is) verwek nie. Of tóg? Die afgelope agt jaar het kabinette-Balkenende I-IV elke keer in koalisie met ander partye...

Suid-Afrikaanse fotograwe kom graag na Nederland
Carina van der Walt - 2010-02-17
Chika Onyejekwe, Junior Ofokansi, Thomas Okafor. Enugu, Nigeria (2009). Fotograaf Pieter Hugo Twee gelyklopende tentoonstellings deur die fotograaf Pieter Hugo is pas in Nederland verby. Dit was Nollywood en Be prepared! in die Cokkie Snoei-galerye in Amsterdam en Rotterdam. ’n Fotografiestudent in Stellenbosch noem onlangs dat Pieter Hugo vir Suid-Afrikaanse fotograwe is wat Antjie Krog vir Afrikaanse poësieliefhebbers is. Die Nederlandse publiek ken Krog en Hugo albei, veral...

Antjie Krog skitter op Winternachten
Carina van der Walt - 2010-02-03
Die hoogtepunt op die openingsaand van Winternachten 2010 in Den Haag was die Winternachtenlezing deur Antjie Krog. Die vraag wat sy probeer beantwoord het, was: As jy op hierdie oomblik die reëls van die Universele Verklaring van Menseregte moet herskryf vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief, sal die resultaat anders lyk as in die oorspronklike dokument? Haar antwoord hierop het twee titels (in Afrikaans vertaal): “’n Universele Verklaring van Onderlinge Verbondenheid”...

Winternachten 2010 – internasionale fees
Carina van der Walt - 2010-01-26
Vanaf 14 tot 17 Januarie het Winternachten in Den Haag vir die vyftiende keer sy uitgebreide literêre netwerk weerspieël. Die fees betrek Nederlandse skrywers en skrywers uit nie-Westerse lande. Skrywers het uit hulle eie werk voorgelees, as gaste in gesprekke opgetree, op musikale verwerkings geïmproviseer, en geskitter as ’n verfilmde roman of ’n dokumentêre film van hulle werk vertoon word. Die tema vanjaar was Het spel van de regels – ’n...


<< 1 >>