Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual > Foto's | Photos

Foto's | Photos


<< 1 2 3 4 >>

Voorbladnooi se glansaand
Izak de Vries - 2011-12-23
Nelle Dreyer se outobiografie, Voorbladnooi, is Woensdag 7 Desember 2011 in The Book Lounge aan ’n waarderende Kaapstadse gehoor bekendgestel. Talle bekendes, onder wie beroemde fotograwe, het ingeloer. Izak de Vries het sy lyf paparazzo gehou. Jackie Burger (links), die redakteur van die modetydskrif Elle, het die bespreking gelei. Hier is sy saam met Nelle, die skrywer van Voorbladnooi. Lambro Tsiliyiannis (fotograaf) en Nelle Dreyer Lambro Tsiliyiannis...

Dis weer tyd om “te ruk en te riel”!
Menán van Heerden - 2011-12-06
Untitled Document Die 6de ATKV Rieldans-finaal 2011 het op 3 Desember die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) omskep in ‘n kaleidoskoop van kleur, beweging, musiek en joligheid. Die gehoor is vermaak deur seremoniemeester “Zinzi” van 7de Laan (Caroline Jacobs). Elias Nel, ATKV-projekorganiseerder, het die groepe herinner: “Ons is nie hier om te hanna-hanna poet-poet nie, ons is hier, ons gaan groot, of gaan lood”, en beklemtoon: “Ons is juis hier om die...

Fotoblad: Die geheim van Slangfontein word bekendgestel
Alwyn van Zyl - 2011-11-30
Die geheim van Slangfontein is ’n musiek-fliek met Rian Malan en die Radio Kalahari Orkes. Die DVD is verlede week by die Daddy Long Legs Hotel in Kaapstad bekendgestel. Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari om hom oor te gee aan die stilte, maar hy word onverhoeds bekendgestel aan Radio Kalahari met RKO agter die mikrofoon – ’n radiostasie wat hom laat soek na die geheim van Slangfontein. In episode 2 vertrek Rian en RKO na Oppikoppi 2010 vir hulle optrede daar, onder...

Oewerbestaan se herdruk in Johannesburg gevier
Melt Myburgh - 2011-11-29
Untitled Document Die tweede oplaag van Melt Myburgh se Oewerbestaan, vroeër vanjaar bekroon met die Ingrid Jonker-prys, is in November in Johannesburg gevier met ’n partytjie wat deur Myburgh se vriende gehou is. René Bohnen was onder die 80 gaste en het foto’s geneem. Die gasvrou was Alma Kennedy. Arn en Natasja de Lange Manda Reyneke Daar is weggelê aan lekkernye uit die boonste rakke. Die Johannesburgers het soos Kapenaars...

’n Kaapse konsert vir Christa Steyn
Calvin Siderfin - 2011-11-24
Untitled Document LitNet kopknik in hierdie Kerstyd vir Christa Steyn, wat kanker het. Christa is iemand wat liedjies kan skryf en of jy nou wil of nie wil nie, jy onthou dit. "Geel madeliefies", "Aan die einde van die reënboog", "Eerste liefde". Voor mens jou kan kry, sing jy saam. Nou die aand in Stellenbosch is daar ’n fondsinsamelingskonsert gehou om haar mediese onkoste in hierdie moeilike tyd te help dek. LitNet het gaan kyk en luister watter musikante haar by Hoër Meisieskool...

Fotoblad – Die bekendstelling van David Kramer: ’n Biografie
Retha Ferguson - 2011-11-23
Untitled Document David Kramer: ’n Biografie is op 22 November in Kaapstad bekendgestel. Kramer was in gesprek met die skrywers van die boek, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers. David Kramer: A Biography was launched on 22 November in Cape Town. Kramer was in conversation with the authors of the book, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers. Annie Olivier van NB-Uitgewers David Kramer David Kramer, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers Dawid...

Fotoblad: Guy Buttery se bekendstelling van To Disappear in Place
Retha Ferguson - 2011-11-17


Fotoblad: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans-oggendseminaar
Margarethie Bredenkamp - 2011-11-16
Untitled Document Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa het Vrydag 11 November 2011 ’n oggendseminaar aangebied oor speurromans: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans. Kerneels Breytenbach het vanuit sy perspektief as uitgewer, leser en skrywer 'n oorsig van die speurverhaal as genre se spel met verwagtinge, plaaslik sowel as internasionaal, gegee. Deon Meyer het oor sy eie werk gepraat. Met woord en tong in die kies het Leon Rousseau...

Fotoblad: Die bekendstelling van Mankepank en ander verse deur Antjie Krog
Bibi Slippers - 2011-11-10
Untitled Document Antjie Krog se kinderboek Mankepank en ander verse met illustrasies deur Diek Grobler, is op Maandag 31 Oktober by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Lees Bibi Slippers se artikel oor Mankepank en ander verse hier. Mankepank en ander Verse deur Antjie Krog, geïllustreer deur Diek Grobler Halloween-aand by The Book Lounge is die perfekte geleentheid om die verskyning van Mankepank te vier en ’n glasie te klink op ’n nuwe generasie...

Photos: 20 Stellenbosch: Two Decades of South African Sculpture
Kristine Kronjé - 2011-11-03
Untitled Document On Wednesday, 26th October Joachim Schönfeldt launched 20 Stellenbosch: Two Decades of South African Sculpture with an opening parade. Almost overnight a flamboyant spectrum of sculptural pieces appeared in and around Stellenbosch in a celebration of public art (or, as contended in some cases, merely art in public spaces). Jacques Coetzer Sanell Aggenbach Guy du Toit Dylan Lewis Click here to...

Foto's: Ommietafel met skrywers 2011
Naomi Bruwer - 2011-11-01
Die jaarlikse Ommietafel met skrywers het op 29 Oktober by die Taalmuseum in die Paarl plaasgevind. Vanjaar se eregaste was Mathys Roets, Alistair Izobell, Carina Stander en Gerrit Rautenbach. Die program het gefokus op reis en Martelize Brink was die gespreksleier. Die program is direk op RSG uitgesaai. Ommietafel met skrywers is aangebied in samewerking met LitNet, en Leopard's Leap-wyn is saam met ’n heerlike buffetete bedien. Martelize Brink en Mathys Roets Foto: Naomi...

Carina Stander se debuutroman Wildvreemd word bekendgestel
Naomi Meyer - 2011-11-01
Carina Stander se debuutroman, Wildvreemd, is by Lanzerac bekendgestel. Naomi Meyer was daar, en Herman Stadler (ouditeur, vriend van Carina en gas by die geleentheid) het ook ingespring en heelwat foto’s geneem. Lanzerac skakel die ligte vir die aankomelinge aan. Bradley, Davion en Portia bedien die dorstige gaste. “Moenie hare trek nie, Ilan,” sê Gerrit, Carina se man, vir eregas Ilan, hul tien maande oue seuntjie. Een nag...

Foto's: Oepse daisy word bekendgestel
Naomi Bruwer - 2011-11-01
Johan Bakkes het onlangs sy jongste boek, Oepse daisy (uitgegee deur Queillerie), by Die Poort Erfenisterrein in die Paarl bekendgestel. Gaste is genooi om hulle eie piekniekmandjies en braaivleis te bring en saam te kuier. Riku Lätti, Les Javan en Koos Koegelenberg het vir musiek gesorg. Braaivleisvure is vroeg reeds aangesteek om die geselligheid aan die gang te kry. Foto: Alwyn van Zyl Foto: Alwyn van Zyl Foto: Alwyn van Zyl Marko van...

Fotoblad: Die bekendstelling van Sirkusboere deur Sonja Loots
Margarethie Bredenkamp - 2011-10-27
Untitled Document Sonja Loots se nuwe boek Sirkusboere is op Dinsdagaand 24 Oktober by Exclusive Books in Brooklyn bekendgestel. Margarethie Bredenkamp het 'n paar foto's geneem. Daar is lekker gekuier oor ’n glasie wyn en ietsie te ete. Hier is die skrywers Helene de Kock en Jeanette Ferreira aan die gesels terwyl die skrywer Susan Olivier en Aretha du Rand in die agtergrond druk in gesprek is. Links agter staan Jackie Grobler, historikus by UP. Skrywers Helene de...

Foto's: LAPA Leeskring-seminaar by Bloemdal-restaurant
Maggie van Eeden - 2011-10-26
LAPA Uitgewers het op 25 Oktober ’n Leeskring-seminaar by die Bloemdal-restaurant in Durbanville aangebied. LAPA-lesers is getrakteer op ’n driegang-ontbyt, praatjies deur van LAPA se mees gewilde skrywers en ’n keuse van twee van die betrokke skrywers se boeke. Pieter Aspe (Pierre Aspeslag), die Nederlandse skrywer wie se eerste twee boeke (Vierkant van die wraak en Die Midasmoorde) in sy misdaadreeks onlangs deur LAPA vertaal is, was in gesprek met Daniel Hugo. Aspe het...

Photos: Poetry Africa Tour
Bibi Slippers - 2011-10-20
Untitled Document On Saturday, 15th October, an exultant wave broke on the shores of Cape Town in the form of the Poetry Africa Tour, the touring leg of the annual Poetry Festival held in Durban. Lebo Mashile welcomes the audience to the Cape Town leg of the Poetry Africa Tour. Lebo Mashile Gabeba Baderoon looks out over the packed house at the CTICC. Gabeba in action Gabeba Baderoon Sandile Dikeni performs his poems from...

Fotoblad: Die Melville Poetry Festival
René Bohnen - 2011-10-20
Untitled Document Die Melville Poetry Festival het op Saterdag 15 Oktober in Johannesburg afgeskop. René Bohnen was daar met haar kamera. Melville Poetry Festival Andries Bezuidenhout, wat gelees het hoe hy maar liewers by party dorpe verbyry Botsotso Jesters op die straathoek Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem en as JC Blyk Corne Coetzee lees uit Nuwe Stemme. Colin Smuts lees die gedig voor wat sy vriend Wopko...

Fotoblad: Simposium oor die lewe en werk van Adam Small
Bibi Slippers - 2011-10-13
Untitled Document ’n Simposium oor die lewe en werk van Adam Small is op Vrydag 8 Oktober by die UWK aangebied. Small sal in Desember vanjaar sy 75ste verjaarsdag vier, en akademici met persoonlike en professionele bande met Small het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om te besin oor Small se bydrae as digter, dramaturg, filosoof en mens. Hein Willemse Wium van Zyl Nico Koopman Adinda Vermaak Madge du Preez Frank Hendricks Die...

Open Book Festival: Day 3
Bibi Slippers - 2011-09-28
Untitled Document A young blood to watch Paul Harding, author of Tinkers, in conversation with Sfiso Mzobe, author of Young Blood. Both were awarded literary prizes for their debut novels. Paul Harding was full of praise for Sfiso’s novel, drawing attention to the deep humanism which underpins this tale of a youth gone wrong. Sfiso Mzobe spoke of the divisions that still exist in our country, and about how literature can address some of our deepest...

Versindaba 2011: Adam Small se kitaar en kruis
Bibi Slippers - 2011-09-26
Die digter Adam Small is op Saterdag 24 September by die Versindaba gehuldig. Twee-en-twintig digters het op ’n uitnodiging reageer om ’n gedig te skryf wat in gesprek tree met, of hulde bring aan, hom. Die inisiatief was die breinkind van RSG-omroeper Iris Bester, en is opgeneem om verwerk te word in ’n program oor Small wat later op RSG uitgesaai sal word. Akteur Nic de Jager het ingestem om die digters wat nie die geleentheid kon bywoon nie, se verse voor te lees. Afskrifte...

Fotoblad: Die bekendstelling van Bloedwater deur Douwleen Bredenhann
Carina van der Walt - 2011-09-22
Untitled Document Douwleen Bredenhann se Bloedwater is op Woensdag, 14 September in Exclusive Books, Somerset Wes bekendgestel. Carina van der Walt het ’n paar foto's geneem. Marga Collings van NB-Uitgewers stel Elna van der Merwe (Die Huisgenoot) en Douwleen Bredenhann aan die woord. Douwleen Bredenhann antwoord vrae oor haar nuwe roman, Bloedwater. Retha van der Walt laat haar eksemplaar van Bloedwater teken. Douwleen Bredenhann saam met Wim Braamse...

Some highlights from day one at the Open Book Festival
Bibi Slippers - 2011-09-22
Untitled Document Hari Kunzru, Lauren Beukes and Steven Galloway during “Forthcoming Attractions” at Lobby Books Ingrid de Kok has a giggle during Chris van Wyk’s reading at Lobby Books. Frederik de Jager and Veronica Klipp during the discussion entitled “A word from the Publishers”. Dawn Promislow during the lunchtime reading at Homecoming Centre Liesl Jobson reading at Homecoming Centre Diane...

Foto’s: Die bekendstelling van ANNA
2011-09-02
Die Afrikaans-Nederlands Nederlands-Afrikaanse Woordeboek (ANNA) is op Vrydag 26 Augustus in Pinelands bekendgestel. Die rooi tapyt Dirk Elzinga Dorothea van Zyl Minister-president van Vlaandere, Kris Peeters Premier Helen Zille Anna van Wyk Floris Brown Rudie Botha Stewart van Wyk Adriaan Oosthuizen en Bondina Osterhoff ANNA in Afrika Die Kambro Diggers uit die Klein Karoo Karen...

Foto’s: Nina Fourie-Gouws by die City Soirée
Carla Erasmus - 2011-09-02


Boekbekendstelling: Net ’n lewe deur Fransi Phillips
Margarethie Bredenkamp - 2011-08-18
Untitled Document Fransi Phillips se roman Net ’n lewe is Sondag 14 Augustus by die Tina Skukan galery bekendgestel saam met die kunsopening van haar suster Liekie Fouché. Net ’n lewe is die wenner van LAPA se romankompetisie 2011. Fransi Phillips en Liekie Fouché Liekie Foucé, Deborah Steinmair, Fransi Phillips, Dineke Volschenk en Kosie Schoeman Izak du Plessis en Piet Croucamp Michèle Nigrini en Piet Croucamp ...

Kalfiefees-boeketent, Saterdag 6 Augustus 2011
Naomi Bruwer - 2011-08-11
Die Kalfiefees op Onrus het vanjaar weer ’n gratis skrywersprogram aangebied. Saterdag se program het die volgende ingehou ... Elna van der Merwe, redakteur van Huisgenoot se boekebylaag, gesels met Martie Retief Meiring, skrywer van Elita en haar lewe met FW de Klerk en meer onlangs Janie du Plessis – ’n Keuse vir die lewe. Martie Retief Meiring Elna van der Merwe Martie Retief Meiring oor die politiek...

Foto's: Gerrit Rautenbach se eerste reisbundel, Kopreis, word bekendgestel
Naomi Bruwer - 2011-08-04
Gerrit Rautenbach se eerste bundel reisverhale, Kopreis, is Dinsdagaand by sy stamkafee Gino's @ De Kelder op Stellenbosch bekendgestel. Naomi Bruwer was daar om saam te kuier en kiekies te neem. Simone Basson en Vincent Connell het musiek gemaak. Hier staan Gerrit by sy motorfietsmuse, David Venter. "Dankie Dave." Gerrit Rautenbach en Marli van Wyngaardt, redakteur van Distrikspos Gerrit Rautenbach moes vroegaand al begin boeke teken. Johan Bakkes...

Pretoria: Foto's fantasties!
Elsa Hoogenhout - 2011-08-02


Clover Aardklop Nasionale Kunstefees programbekendstelling
2011-07-28
Untitled Document Besoek gerus Clover Aardklop se splinternuwe webwerf. Marguerite Robinson, die programbestuurder Ousus Andries Very, Mike Joyner, Dr Steve Booysen, Dr Chris Lerm, Prof Elain Vlok, Johan Botha Hennie Jacobs en metgesel Karen Meiring, Saartjie Mark Banks Dr Steve Booysen, voorsitter van die beheerliggaam Clover Aardklop Nasionale Kunstefees van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom Die Clover Aardklop...

Fotoblad: Ashtray Electric se warm, wellustige Measured in Falls-albumbekendstelling
Maggie van Eeden - 2011-07-28
Untitled Document Ashtray Electric het gedurende Julie hulle tweede album Measured in Falls met ’n landwye toer bekendgestel en het ook in Stellenbosch ’n draai kom maak. In die Klein Libertas-teater het hulle die gehoor vermaak met wat beskryf word as warm, wellustige musiek. Measured in Falls bevat elf splinternuwe songs en hulle gewilde treffer "Release" as ’n ekstra bonus. Klik op die skakel om die nuutste onderhoud met die band te lees. “Jou klank is jou persoonlikheid”:...

'n Donker Poppy en 'n verskietende ster: Jeugboekbekendstelling in Groenpunt
Imke van Heerden - 2011-07-28
Jeugromanskrywer Maya Fowler se As jy ’n ster sien verskiet en SA Partridge se Dark Poppy’s Demise (beide boeke van NB-Uitgewers) is Woensdagaand by die Meksikaanse restaurant El Burro in Groenpunt, Kaapstad bekendgestel. Lewer kommentaar op ons Facebook-fotoblad. As jy ’n ster sien verskiet en Dark Poppy’s Demise Grant Sutherland, Maya Fowler (skrywer van As jy ’n ster sien verskiet) en Izak de Vries van Protea Boekhuis Maya...

Silwerskerm: Eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees (om die) draai!
Imke van Heerden - 2011-07-27
Verlede week het kykNET, Nu Metro en ’n handvol joernaliste vir drie dae in die Karoodorp Prins Albert vertoef om die eerste Nasionale Afrikaanse Filmfees – die Silwerskerm Filmfees – te loods. By die feesbekendstellingseremonie het die feesbeskermheer, Jans Rautenbach, onthou hoedat die fondament vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 18 jaar gelede ook in die Karoo gelê is. Oor die nuwe nasionale fees het Jans opgemerk: “Ons glo dit gaan groot en wonderlik wees.”...

’n Heildronk op die lewe: Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie se prysoorhandiging
Imke van Heerden - 2011-07-27
As die son teen skemer in jou glas kom lê en die maan tussen die takke van ’n kremetartboom blom, strek ’n katding hom langpoot uit. Jy sien hom nie. Hoor nie eens as hy geruisloos naby jou verbysluip nie, die nag in. Dis Afrika. Jy lig jou glas tot teen die angel van die Skerpioen. En drink ’n heildronk op die lewe. LitNet het lesers uitgedaag om ’n mikrostorie in ongeveer 60 woorde met ’n ekologiese of natuurbewaringstema te skryf. Die twee kompetisie-wenners...

Photos: Bloody England in Cradock at the Olive Schreiner Karoo Writers’ Festival
2011-07-19
Untitled Document A staged reading in costume of Bloody England, a new South African play by Tony Jackman about the feud between Cecil John Rhodes and Olive Schreiner, was given at the Victoria Manor in Cradock on Saturday, July 9th at the Schreiner Karoo Writers' Festival. The performance, in costume, was warmly received by an audience of what the play refers to as “Schreinerphiles”. Lynita Crofford played the role of Schreiner, with John Caviggia as Rhodes and Francis Chouler as...

Bekendstelling: Piet Botha se Spookpsalms
Naomi Bruwer - 2011-07-15
Piet Botha het Woensdag sy eerste album in 8 jaar by die Cape Diamond Hotel in Kaapstad vrygestel. Spookpsalms het 11 splinternuwe snitte op en het ’n meer tradisionele aanslag as sy vorige werk. Arthur Dennis en Piet Botha by sy jongste album, Spookpsalms se bekendstelling. Piet Botha Michael Joubert Leon-Ben en Sonika Lamprecht Ilza Roggeband en Rudi Dennis van Akkedis Piet Botha Liesl en Josh Weppener Piet...

Fotoblad: City Soiree by The Book Lounge met Loftus Marais
Bibi Slippers - 2011-07-14
"In Other Words" was ’n geleentheid wat woordkuns en musiek kombineer om aan die gehoor by The Book Lounge ’n unieke kultuur-ervaring te bied. Lees Jaco Barnard-Naudé se verslag oor die geleentheid hier. City Soiree is ’n inisiatief van Gerhard Maree (links) en is Vrydag 15 Julie in samewerking met Creative Week Cape Town by The Book Lounge aangebied. Die Soiree het optredes van digter Loftus Marais, mbira-speler Dillion Banda en luitspeler Vera Vukovic...

Fotoblad: Die Cradock Vier-erfenisroete tydens die Olive Schreiner Karoo-fees, Julie 2011
Menán van Heerden - 2011-07-14
Die Cradock Vier-roete in Lingelihle, Cradock, is deel van ’n nasionale-erfenis-roete. (Die Cradock Vier was die vermoorde aktiviste Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto.) ’n Groepie feesgangers het ’n aantal historiese tonele besoek: die Cradock Vier-gedenkteken en -grafte; Cradock se eie Distrik Ses en Berlynse muur; die huis van eerwaarde James Arthur Calata en die toneel waar, volgens oorlewering, die eerste weergawe van die Vryheidsmanifes deur eerwaarde...

Fotoblad: Skrywersgesprekke by die Victoria Manor Hotel, Olive Schreiner Karoo-fees, Julie 2011
Menán van Heerden - 2011-07-14
Verskeie skrywers het opgetree en oor hul werk gesels. Heerlike etes is aangebied! Klik op die skakels vir nog foto's van die Olive Schreiner Karoo-fees: Besoek aan Olive Schreiner se graf, Buffelskop, Cradock Skrywersgesprekke, Holy Rosary Convent Die Cradock Vier-erfenisroete Karoo Keepsakes deur Chris Marais en Julienne du Toit en Olive Schreiner: The Other Side of the Moon deur Heather Parker Lewis Lisa Antrobus-Kerr (mede-organiseerder van die fees) en Heather...

Fotoblad: Skrywersgesprekke, Holy Rosary Convent, Olive Schreiner Karoo-skrywersfees, Julie 2011
Menán van Heerden - 2011-07-14
Untitled Document Tydens die 2011 Olive Schreiner Karoo-fees te Cradock het ’n klompie skrywers oor hul werk gesels. Klik op die skakels vir nog foto's van die Olive Schreiner Karoo-fees: Besoek aan Olive Schreiner se graf, Buffelskop, Cradock Skrywersgesprekke by die Victoria Manor Hotel Cradock Vier-erfenisroete ’n Visuele uitstalling van Clinton V du Plessis se gedigte was te siene by die Holy Rosary Convent. Clinton is ’n LitNet-rubriekskrywer. Clinton...

Fotoblad: Besoek aan Olive Schreiner se graf, Buffelskop, Cradock – Olive Schreiner Karoo-skrywersfees, Julie 2011
Menán van Heerden - 2011-07-14
Tydens die tweede Olive Schreiner Karoo-skrywersfees het ’n klompie feesgangers die lang tog na die graf van romanskrywer Olive Schreiner (The Story of an African Farm) aangedurf. Klik op die skakels vir nog foto's van die Schreiner Karoo-fees: Skrywersgesprekke, Holy Rosary Convent Skrywersgesprekke, Victoria Manor Hotel Cradock Vier-erfenisroete Toast Coetzer, Erns Grundling, Gibson Munemo en Sam Galf (agter) op Buffelskop (waar Olive Schreiner se sarkofaag te vinde...

Fotoblad: Bekendstelling van Fourie Botha se Donkerkamer
Bibi Slippers - 2011-07-06
Untitled Document ek tree die vierhoek binne ... Fourie Botha se bundel Donkerkamer is op ’n donker Donderdagaand by die Book Lounge in Roelandstraat bekendgestel. “dit het tyd geraak,”/ deel jy my mee ... Hester Carstens, uitgewer van Donkerkamer by Queillerie, het die digter en sy gespreksgenoot aan die gehoor bekendgestel. Niks gaan kan keer: die klein ontmoeting ... Marius Swart, soos Fourie ook ’n Nuwe Stemme 4-debutant, en dosent...

Fotoblad: Die boekbekendstelling van The Afrikaans of the Cape Muslims
Menán van Heerden - 2011-07-05
Untitled Document Die bekendstelling van The Afrikaans of the Cape Muslims: Afrikaans at the Cape from 1815 to 1915 – A Sociolinguistic Study deur Achmat Davids (1939-1998) (reds Hein Willemse en Suleman E Dangor, uitgegee deur Protea Boekhuis, 2010) het op Vrydag 1 Julie by Timbuktu Books, Claremont plaasgevind. Die boek is ’n geredigeerde weergawe van Davids se MA-verhandeling (Universiteit van Natal, 1991). Gasspreker: Muhammed Haron (Universiteit van Botswana) Kariema...

Fotoblad: Snoek-en-Patatfees 2011
Etienne van Heerden - 2011-06-28
Untitled Document Die tradisionele Snoek-en-Patatfees het tydens 24 en 25 Junie op Goedverwacht, Piketberg plaasgevind. Elias Nel van ATKV-rieldansfaam was ook daar. Andre Kearns van Sanlam het ook tougestaan vir snoek en patat. Kaia van Heerden gesels met mede-Stellenbosser Lorian Telemakers. Snoekbraaiers. Die mense van Goedverwacht het destyds patats in ruil vir snoek gegee aan die Weskussers – vandaar die idee van hierdie fees. Etienne...

toets
2011-06-23


Foto’s: Short Story Day South | Photos: Short Story Day South
Bibi Slippers - 2011-06-23
The Book Lounge played host to one of the events celebrating Short Story Day South on 21st June 2011 (the shortest day of the year). Readers, writers, publishers and critics came together to celebrate the short story in all its forms and to listen to readings from a variety of short stories. Die Book Lounge in Kaapstad het een van die geleenthede aangebied waar Short Story Day South op 21 Junie 2011 (die kortste dag van die jaar) gevier is. Lesers, skrywers, uitgewers en kritici het bymekaargekom...

Fotoblad: Eerste Festival voor het Afrikaans in Amsterdam: Dag 3
Carina van der Walt - 2011-06-22
Untitled Document Klik hier om na die Festival voor het Afrikaans se indeksblad te gaan. Lewer kommentaar op ons Facebook-fotoblad. "Die saal vir die opening van die eerste Afrikaanse fees in Amsterdam was te klein. Op Vrydagaand 17 Junie het die ingangsportaal van die Koninklike Instituut vir die Trope gegons. Bekendes en minder bekendes het mekaar om die nek geval. Die atmosfeer was gelaai ..." Lees nog ... Rapper D'Low open sy eerste vertoning in Amsterdam. Deen...

Fotoblad: Eerste Festival voor het Afrikaans in Amsterdam: Dag 1
Carina van der Walt - 2011-06-21
Klik hier om na die Festival voor het Afrikaans se indeksblad te gaan. Untitled Document Lewer kommentaar op ons Facebook-fotoblad. "Die saal vir die opening van die eerste Afrikaanse fees in Amsterdam was te klein. Op Vrydagaand 17 Junie het die ingangsportaal van die Koninklike Instituut vir die Trope gegons. Bekendes en minder bekendes het mekaar om die nek geval. Die atmosfeer was gelaai ..." Lees nog ... Taalmanne Wannie Carstens en Willem Botha tussen ons...

Fotoblad: Eerste Festival voor het Afrikaans in Amsterdam: Dag 2
Carina van der Walt - 2011-06-21
Klik hier om na die Festival voor het Afrikaans se indeksblad te gaan. Untitled Document Lewer kommentaar op ons Facebook-fotoblad. "Die saal vir die opening van die eerste Afrikaanse fees in Amsterdam was te klein. Op Vrydagaand 17 Junie het die ingangsportaal van die Koninklike Instituut vir die Trope gegons. Bekendes en minder bekendes het mekaar om die nek geval. Die atmosfeer was gelaai ..." Lees nog ... Theater van de Verloren Tijd heet gaste welkom op die trappe...

Fotoblad: Eerste Festival voor het Afrikaans in Amsterdam
Etienne van Heerden - 2011-06-21
Klik hier om na die Festival voor het Afrikaans se indeksblad te gaan. Untitled Document Lewer kommentaar op ons Facebook-fotoblad. Voor die fees begin: Gert Vlok Nel, Calvin Ngcaku, Joris Cornelissen (hooforganiseerder), Marita van der Vyver, Themba Ndimande, Etienne van Heerden, David Kramer, Niël Rademan, EKM Dido en Rachelle Conradie (organiseerder) in die ingangsportaal van die Teater van die Trope Renaye en David Kramer, Amanda Strydom, Karen Meiring...

Foto's: Wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse aangekondig
Naomi Bruwer - 2011-06-17
Die wenners van die 2011 Media24 Boeke Literêre Pryse is Vrydag, 10 Junie by ’n intieme funksie in die 15 on Orange-hotel in Kaapstad aangekondig. Klik hier vir al die besonderhede. Alexander Strachan en Riana Barnard Hester Carstens en metgesel Pieter Zukiswa Wanner Cynthia Jele, Siboniso Mthethwa, Sharon Mina en Zukiswa Wanner Gerhard Greyvensteyn en Andries Wessels Christina Groenewoud en Zelda Jongbloed Lenie...


<< 1 2 3 4 >>