Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Essays

Essays


<< 1 2 3 >>

Joernaliste is beide brûe en tolke
Francois Verster - 2011-12-13
Die Departement Joernalistiek op Stellenbosch het van 21-25 November 2011 ’n slypskool aangebied waar bekende wetenskaplikes soos dr Jurie van den Heever en joernaliste soos Elsabé Brits as sprekers opgetree het. Ook etlike akademici met hulle wortels in die joernalistiek, soos proff Lizette Rabe en George Claassen (beide van die US) en dr Pedro Diederichs van Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT), het bydraes gelewer. Ek het prof Claassen se lesing, “Writing for and talking...

Rooi kaarte aan Pierre de Vos én Marié Heese
Christo van der Rheede - 2011-11-29
Ek volg met belangstelling Pierre de Vos en Marié Heese se bekgeveg oor Afrikaans en die US. Albei spoeg vuur vir die vale en skroom nie om mekaar sleg te sê nie. Terwyl ek begrip het vir albei se perspektiewe, dus nou De Vos se aandrang op regstelling van die ongeregtighede van die verlede versus Heese se aandrang op moedertaalonderrig, kan ek nie anders as om ’n paar rooi kaarte uit te deel aan albei van hulle nie. En die redes is soos volg: Aan Pierre: dis onsin dat Afrikaans...

Voorsittersrede: Derde Jaarvergadering van die ATR – 18 November 2011
Wannie Carstens - 2011-11-29
Prof WAM Carstens, Voorsitter ATR Gelewer by die Afrikaanse Taalmuseum, Paarl Dames en here Dit is weer eens met groot genoeë dat ek hierdie voorsittersrede van die ATR lewer – dit is reeds die derde een. In die eerste voorsittersrede van Augustus 2009 in Pretoria het ek verslag gedoen oor die verloop van die proses wat opgebou het daartoe en ook tot die proses wat gelei tot waar ons vandag is. In die tweede voorsittersrede van Augustus 2010 is terugvoer gegee oor vordering met die aktiwiteite...

Die HB Thom is ’n mikrogolfoond
Naomi Meyer - 2011-11-16
"Julle sal sien," sê die man op RSG en sy stem bewe van emosie. "Ons is nie alleen nie." Die gesprek is op ’n einde; ek hoor net genoeg om te besef waaroor dit handel. Daar is lewe op ’n ander planeet vanaand. En dit het niks met die alien Malema te doen nie. Ek parkeer naby die halfuitgebrande Wilcocks-gebou. Dis aand. Dus stap ek vinnig na die naaste teken van lewe: twee ander vroulike studente voor my. Hulle kyk vinnig om om seker te maak hulle is self veilig. Een vra selfs:...

Die toekoms van gedrukte media in Suid-Afrika, à la Bun Booyens
Francois Verster - 2011-11-16
Op 10 November 2011, in ’n volgepakte HB Thom-teater op Stellenbosch, het die redakteur van Die Burger as genooide spreker by die Konvokasie van Stellenbosch Universiteit opgetree. By hierdie geleentheid is die toekoms van Afrikaans as voertaal in die universiteit bespreek, ‘n tema wat al geruime tyd in die nuus was en wat waarskynlik nog lank in die nuus sal wees. Maar Booyens het oor die bedreiging van ’n ander “spesie”, die gedrukte media, kom praat. Hoewel hy op...

Die ewige kind
Hennie Aucamp - 2011-10-26
Daar kan nie veralgemenend oor die kind gepraat word nie, net soos daar nie veralgemenend oor die grootmens gepraat kan word nie. Die mens, oud sowel as jonk, is steeds wordende en toon, in watter fase van wording ook, die “infinite variety” waarvan Shakespeare skryf. Tog word daar, om logistiese en ander redes, van die kind en die grootmens gepraat, byna soos van twee opposisies, ironies genoeg juis deur die onderwys. En dan kom ’n kinderboekskrywer soos dr Seuss en kompliseer...

Die Belydenis van Belhar se kwarteeufees
Mary Anne Plaatjies-Van Huffel - 2011-10-26
Op 26 September 2011 het die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) die aanvaarding van die Belydenis van Belhar herdenk. Die feesvieringe was gekenmerk deur ‘n diep nadenke oor die vormingsjare van die Belydenis, asook ’n oproep om die Belydenis konkreet in postapartheid-Suid-Afrika uit te leef. Aandag is onder andere gegee aan die aanvaarding, resepsie en aktualiteit van die Belydenis. Die tema van die konferensie ter viering van die Belydenis van Belhar se kwarteeufees...

Konformering tot sekere manlikhede is dodelik
Christi van der Westhuizen - 2011-08-25
Untitled Document Oliver Hermanus se Cannes-bekroonde film Skoonheid, wat voorverlede week in teaters geopen het, kloof Afrikaner-manlikheid oop tot op die been. Dit kan gelees word as nie net ’n dapper ontleding nie, maar ook ’n tydige waarskuwing. Manlikheidstudies verskaf insigte waarmee die identiteit verklaar kan word wat in Hermanus se film onder die loep is. Hierdie studieveld het die afgelope twee dekades ontwikkel en is sedert die publisering van die boek Changing Men in Southern...

Ons vrees nie presidente nie ...
George Claassen - 2011-08-10
Untitled Document Vanessa en Diederik ding as karakters in 7de Laan mee oor hoe Bio-Strath die beste bemark kan word. Volgens Bio-Strath se webwerf is die produk ’n “goed nagevorste Switserse kruie-aanvulling wat 61 van die 100 verskillende voedingstowwe bevat wat ons liggaam daagliks [be]nodig” en is dit ’n “unieke kombinasie” (towerclichés in die advertensiewêreld) van kruie wat help om die liggaam te herstel, waar nodig. Net maar een voorbeeld...

SHARP-kongres, Washington DC: The Book in Art and Science
Francis Galloway - 2011-08-02
Untitled Document Die jaarlikse kongres van die Society for the History of Authorship, Reading and Publishing (SHARP) het van 14 tot 17 Julie 2011 in Washington DC plaasgevind. SHARP is in 1991 gestig om ’n globale netwerk van boekhistorici, wat in ’n verskeidenheid van vakdissiplines werk, te skep. Navorsing op die terrein van boekgeskiedenis fokus op die sosiale, kulturele en ekonomiese fasette van die produksie, verspreiding, resepsie en verbruik van geskrewe kommunikasie in materiële...

“Hulle kan dit nie doen nie – of kan hulle?” Right2Know-protesbyeenkoms, Junie 2011
Nadine Theron - 2011-06-10
Klik hier vir foto’s van die byeenkoms. Rooi en wit baniere, pamflette, T-hemde. Die vergaderplek is ’n stampvol ou boekwinkel skuins agter die parlement. Onder die teenwoordiges is ’n minister, ’n oudminister wie se afdanking in polemiek gehul is, ’n professor in grondwetreg, ’n imam, ’n verteenwoordiger van Cosatu en een van die Menseregtekommissie, asook ’n spotprent-tekenaar wat tans met twee aanklagte deur die President te kampe het. Soos wat die...

Gedigte: die hanna-hanna en die hoekom?
Francois Verster - 2011-06-02
Untitled Document Ek het onlangs Murray la Vita se onderhoud met Danie Marais in Die Burger (2010/12/10, p17) weer gelees. En toe draai ’n paar ratte en ’n paar gedagtes kom vry – in aansluiting by die skryfseltjie wat ek in Maart vanjaar gepleeg het (“Hoekom ’n mens (nie) moet skryf nie”). Nie omdat ék iets weet nie, maar omdat ek iets probéér weet. Dís die idee. In bogenoemde artikel spreek Marais sy vertwyfeling aangaande sy digterskap...

Wat is rassisme?
JP Smit - 2011-05-19
Untitled Document Die fokus op begrippe is een van die aspekte van die hedendaagse filosofie wat buitestanders dikwels as vreemd beskou. Diegene wat vertroud is met die geskiedenis van filosofie ken dit as ’n dissipline waar die groot denkers interessante, en somtyds skokkende, dinge oor die wêreld te sê het. Hoekom dan oor begrippe praat, eerder as oor die wêreld self? Die rede vir hierdie benadering is die vermoede dat die ontstaan van vermeende filosofiese probleme dikwels...

Energiebesparing: beleidsmaatreëls en persoonlike bewusmaking
Philip Fourie - 2011-05-03
Untitled Document Geluk aan LitNet dat u bereid is om ook geleentheid te gee vir die bespreking van aktuele sake buite die letterkunde en kunste; die "Two Cultures" van CP Snow is gelukkig iets van die verlede! In die prikkelende artikel van Koos Holtzhausen op LitNet toon hy aan hoe stygende lewenstandaarde (en in ’n mindere mate bevolkingsgroei) lei tot ’n steeds toenemende vraag na energie, in die besonder elektrisiteit. Sy gevolgtrekking is dat voorsiening in die verwagte toename...

Margaret Bakkes
Liesbeth Botha - 2011-03-24
Vir haar huldigingsfunksie in haar 80ste lewensjaar, by die Woordfees Stellenbosch, 7 Maart 2011 Ek onthou vir tannie Margaret sedert my laerskooldae, meer as 40 jaar gelede. Sy en oom Cas en hulle vier kinders het einde 1969 in Pretoria kom woon. Tannie Margaret het sedert kort na hulle aankoms in Pretoria die ereplek van my ma se “beste maatjie” beklee. En synde die oudste dogter van die seer geliefde en legendariese Elize Botha was ek altyd diep onder die indruk van die belangrikheid,...

Die energiekrisis: hernubare oplossings vir energieverbruik ’n noodsaak
Koos Holtzhausen - 2011-03-23
In ’n hoogs interessante artikel, “Prometheus se vloek” (By, 4 Desember 2010), maak Francois Durand onder andere die stelling dat die gode die mens straf omdat hy geleer het om die aarde te beheer en te benut. In die begin het die mens oënskynlik in volkome utopiese balans met die natuur geleef: eers net plante en vrugte geëet, later leer jag en is gejag deur wilde diere. Durand toon aan hoe die mens se intellek hom in staat gestel het om verdere hulpmiddels te ontwikkel...

Hoekom mens nié (moet) skryf nie
Francois Verster - 2011-03-16
Daar is al baie gepraat én geskryf oor waarom mens moet skryf. Een rede is die veronderstelde terapeutiese waarde van die skryfproses. Ek wil egter aanvoer dat, soos dit die geval is met medisyne, te veel van ’n goeie ding ook sleg, selfs dodelik, kan wees. Net so het die skrywer-uitgewer Leon Rousseau onlangs in ’n koerant geskryf dat ’n vriend opgemerk het dat drank, in matige hoeveelhede, tóg heilsaam is. Dit hang natuurlik ook af van wie die drinker is –...

Die rol van Afrikaanse poniekoerante soos die Son in die ontsluiting van die sosiale, opvoedkundige en ekonomiese waarde van Kaapse Vernakulêre Afrikaans
Christo van der Rheede - 2011-02-10
Inleiding Talle nuwe koerante en tydskrifte het sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 die lig gesien. Dit sluit in Afrikaanse poniekoerante soos die Son, wat spesifiek geskep is om laer-inkomste Afrikaanse gemeenskappe van inligting te bedien. Van meet af is informele spreektaal en sensasionele beriggewing as die vernaamste drywers ingespan om potensiële laer-inkomste-lesers te prikkel en hulle aan te moedig om die koerant daagliks te koop. Ondanks kritiek uit talle...

’n Alternatiewe mening oor Max du Preez se Dwars – Mymeringe van ’n gebleikte Afrikaan
Schalk de Beer - 2011-01-06
Du Preez beweer onder andere in Dwars dat vroe‘ Afrikaners hulle slawe sleg behandel het, die Voortrekkers “’n rowwe ingeteelde lot” was (“Ossewa Trash”) wat die grond wat hulle beset het, “gesteel” het (51), dat die Suid-Afrikaanse regering besig was om “weens hulle eie arrogansie en onkunde ’n spel te speel wat nie in belang van die mense in Namibi‘ was nie” (123), en in besonder dat hulle regering ’n verskriklik onregverdige beleid...

Mag is noodsaaklik vir vrede: Ter verdediging van Konstantyn
Danie Goosen - 2010-12-07
Vandat ek kan onthou, het ’n afkeurende trek om die mondhoeke van my dosente verskyn as die naam Konstantyn die Grote (c 274-337) ter sprake gebring is. Hulle was – en is na alle waarskynlikheid steeds – daarvan oortuig dat dié Romeinse keiser die Christelike godsdiens ’n enorme onguns bewys het deur dit tot “staatsgodsdiens” uit te roep. As rede vir hulle afkeurende houding het my dosente aangevoer dat Konstantyn die jong en dinamiese kerk vir politieke...

Raakpunte tussen die Suid-Afrika van apartheid en die DPRK
Etienne Britz - 2010-10-26
Twee “very strange societies” Tydens ’n onlangse besoek aan die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DPRK) het sekere raakpunte met die Suid-Afrika van apartheid en Afrikaner-nasionalisme my opgeval. Daar is uiteraard groot verskille tussen die DPRK en die sogenaamde ou Suid-Afrika. Noord-Korea is ’n Oosterse land met Confucius en Boeddha versonke in sy kollektiewe bewussyn. Dit ken ook ’n tradisie van gedienstigheid teenoor die “mandaat van die hemel”,...

Raakpunte tussen die Suid-Afrika van apartheid en die DPRK
Etienne Britz - 2010-10-21
Tydens ’n onlangse besoek aan die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DPRK) het sekere raakpunte met die Suid-Afrika van apartheid en Afrikaner-nasionalisme my opgeval. Daar is uiteraard groot verskille tussen die DPRK en die sogenaamde ou Suid-Afrika. Noord-Korea is ’n Oosterse land met Confucius en Boeddha versonke in sy kollektiewe bewussyn. Dit ken ook ’n tradisie van gedienstigheid teenoor die “mandaat van die hemel”, die wettigheid van goeie leiers, wat teruggaan...

Geleerdes soek skoor met ons taal
Anzil Kulsen - 2010-09-07
En so baklei hulle alweer oor Afrikaans. Die taal waarin ek gebore is. Die taal wat ek toe later uitgevind het gesien word as die onderdrukkerstaal, die taal waaroor ek vandag nog baie sterk voel. Want sien, voor die skokkende ontdekking dat ek nie met reg Afrikaner is nie, het ek luidkeels saam met Innes en Franna Benade gesing: “Ek is ’n gebore Afrikaner, ons het die mooiste, mooiste taal.” Ek is bruin. Bruin en Afrikaans. En aangesien daar nie veel stemme geluide maak oor die...

Neo-Gotiek in die Afrikaanse letterkunde
Hennie Aucamp - 2010-08-12
Die woorde Gotiek en Neo-Gotiek word nie dikwels in gesprekke oor die Afrikaanse letterkunde gehoor nie. Dié terme kom selfs nie in ’n puik naslaanwerk soos Literêre terme en teorieë (TT Cloete (red)) voor nie, maar nou moet haastig gesê word dat ook ander bronne, soos dié van Shipley, dié terme verswyg. Van Gorp het wel ’n bondige, maar ráák, inskrywing onder die noemer Gothic Novel, waaruit ek een reël gaan aanhaal: “Roman...

Nasiebou en subnasionale identiteite in Suid-Afrika na 1994
Neville Alexander - 2010-08-12
Inleiding Onlangse debatte oor die vraag: Bestaan daar iets soos “Suid-Afrikaners”? (HSF 2010a en HSF 2010b) het twee aspekte duidelik na vore gebring. Enersyds is dit duidelik dat al hoe meer mense die illusionêre karakter van die “reënboognasie” begin verstaan en dat hierdie gewaarwording die einde van die euforie en die katarsis wat die vrylating van Nelson Mandela en die daaropvolgende historiese gebeure in die land veroorsaak het, aankondig. Die geledere van...

Strooi-praat as ontwikkeling, groei en oefening van intelligensie
Gys Loubser - 2010-08-05
In my lewe is ek al menige kere beskuldig van Strooi-praat deur ’n verskeidenheid mense, in so ’n mate dat my ouers my betaal het om stil te bly toe ek jonk genoeg was om te glo dat R1 vir 30 minute ’n goeie kompromie was. Deur die loop van my lewe, veral my jare van teologie swot, het ek baie mense ontmoet wat net soveel daarvan hou om strooi te praat en dit is as gevolg van hierdie ervaringe dat ek begin tyd spandeer het aan besinning oor Strooi-praat en die gebruik daarvan. Wat...

Menswaardigheid en die peetma van die Civil Rights-beweging in die VSA: Dorothy Irene Height (1912-2010)
Julie Claassens - 2010-06-10
20 April 2010. Die 98-jarige Dorothy Height, ’n klein grys tannetjie met ’n versameling hoede wat ’n verkleurmannetjie jaloers sou maak, keer terug huis toe (soos hulle dit in haar African American gemeenskap noem). Haar “homegoing service” word die volgende week in die National Cathedral in Washington, DC gehou, waar Barack Obama die huldeblyk lewer. Vlae hang halfmas regoor die land en by ambassades wêreldwyd. Vir ’n week lank is daar tientalle nuusstories...

Buchan brou
Christo Lombaard - 2010-05-26
Om Angus Buchan, volksprediker, te kritiseer, is nie altyd maklik nie. Hy het oor die afgelope jare ’n populêre godsdiens-ikoon geword, en mense ag ikone heilig: eensydig betekenisgewend; bo bevraagtekening verhewe. Sy lewe spreek van ’n tipe egtheid wat wyd resoneer: hy ken swaarkry; hy lewe onbeswadderd; hy het ’n gemaklike “common touch”. Verder is hy geen teoloog nie – iets waarop hy soms op ’n manier roem; iets waarmee hy homself teen kritiek kan...

Laat my hart nie teen my getuig nie
Marié Heese - 2010-05-18
Watter kaart of watter ster sal ek jou wys Om veilig deur die grysland heen te reis? Sal ek van ’n god praat wat verdoem, van Christus, en die tien gebooie noem? Voorlopig dan, maar onthou altyd aan jou dade grens ’n ewigheid ... Klik hier en koop The Double Crown nou by kalahari.net! Hierdie woorde van Opperman uit sy gedig "Negester en stedelig" stel die hooftema van hierdie beskouing: "Aan jou dade grens ’n ewigheid". Dit is ’n digterlike stelling...

John Hlophe dalk weer ’n beskuldigde – ’n klein bietjie troos vir Pius Langa
Coenraad Bezuidenhout - 2010-05-04
Nou reeds amper vier jaar gelede, kort na my sielpynigende gekruip tot ’n beroep tot ’n einde gekom het, het ’n vorige wynlandse winterkys weer verskyn. Die sneeu het toe nog dik op die berge gelê, maar teen die lentebloeisels se wink was die kys nog alte soet om daarvan af te sien. Ek skaf toe maar ’n motortjie aan om die naweek-opsittery ’n bietjie gemakliker te laat verloop. Die pendelary was maar moeilik op my aanvangsalaris (dit was immers toe die commodities...

Om krities te wees oor queer
Jaco Barnard-Naudé - 2010-04-28
Met die wegdoening van totalitaristiese staatspraktyke wat rondom die polisiëring van seksualiteit gesentreer het, word die woord queer al meer opvallend in akademiese werk en joernalistiek oor seksualiteit in Suid-Afrika. Dit is nie verrassend dat die woord ter plaatse oorwegend in ’n spesifieke sin gebruik word nie, naamlik om ’n positiewe bevestiging van dit wat voorheen as afbrekend gedien het, te signifieer. Hierdie gebruik van die woord spruit vanuit ’n dualistiese...

’n Nuwe status vir Swartafrikaans?
Charlyn Dyers - 2010-04-22
Hierdie essay is ’n hoogs persoonlike beskouing van die volgende twee vrae: Wat is Swartafrikaans, en het dit beskerming en ingryping nodig? My belangstelling in hierdie onderwerp spruit uit ’n onlangse gesprek oor swart Afrikaanssprekendes se groter deelname in die debat oor en vir Afrikaans wat op 17 Maart 2010 by die UWK plaasgevind het. Vir die sameroeper, Lionel Adendorff van die Afrikaanse Beraad, is ’n swart Afrikaanssprekende "enigeen wat hom of haar nie vereenselwig...

Enkele kanttekeninge by Marius Crous se “Tussen mans: ’n Perspektief op homososiale begeerte in Karel Schoeman se ’n Ander land
Joan Hambidge - 2010-04-12
Bykans teen die einde van Marius Crous se artikel “Tussen mans: ’n Perspektief op homososiale begeerte in Karel Schoeman se ’n Ander land” staan daar: Hierdie sterwenstoneel is ’n voorspooksel van Versluis se eie komende einde. Die toneel is in die eerste instansie ’n vermensliking van Versluis en dan ’n seksualisering. In aansluiting by Denisoff (1994:70) kan die liggaam van die sterwende man ook gelees word as ’n falliese objek wat sy finale orgasme...

Dit is ons s’n, asseblief
Jan Heese - 2010-03-31
My 18-jarige suster betree laas maand haar universiteitsloopbaan. Aangesien ons ouerhuis ver van die UP is, sy nog jonk is en nie ’n bestuurslisensie het nie, het sy besluit om in ’n koshuis te bly. Ek het nooit in ’n tradisioneel Afrikaanse koshuis gebly tydens my Stellenbosch-dae nie, maar ek was nog altyd geïnteresseerd in die tipe institusionele kultuur by daardie koshuise, en in die geval van my eie en my suster se toekomstige koshuis (’n nuwer koshuis by...

Einde aan willekeurige taalbestel deur die nasionale regering
Cerneels Lourens - 2010-03-30
Die prokureur Cerneels Lourens het onlangs die staat suksesvol in die hof aangevat het oor dié se versuim om wetgewing oor die regering se gebruik van amptelike tale aan te neem. Hier sit Lourens die aanloop tot, motivering vir en implikasies van die saak uiteen.Op 16 Maart 2010 het die Noord-Gautengse Provinsiale Afdeling van die Hoë Hof by monde van regter B du Plessis in die saak CJA Lourens / President van die RSA, die Parlement, Minister van Kuns en Kultuur, Wetenskap en Tegnologie,...

Fees van die ongenooides histories verantwoordbaar
Fransjohan Pretorius - 2010-03-25
1. ’n Fees PG du Plessis se historiese roman Fees van die ongenooides het die leserspubliek gaande, en nie sonder rede nie. Die werk is ’n fees, en is met goeie verbeelding, uitdrukkingsvermoë, aanvoeling en navorsing tot ’n uitstekende verhaal gekonstrueer. En dit bowendien oor ’n onderwerp wat sedert die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog in 1999-2002 en die TV-dokumentêr (en gelyknamige boek) Verskroeide aarde die Afrikaner se verbeelding aangryp....

Kannemeyer word eredoktor, dissipels van ‘‘Fokolt’’ vergete
Etienne Britz - 2010-02-12
Hierdie artikel is in 2010 en na aanleiding van Kannemeyer se eredoktorsgraad geskryf. Kort voor die Tweede Wêreldoorlog is die ouer Afrikaanse skrywersgeledere aangevul met ’n aantal hoogs talentvolle pasgeborenes. Hierdie toekomstige skrywers sou help sorg dat die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde uiteindelik internasionale aansien bereik. Teen 1960, toe die moderne vaart van die Afrikaanse letterkunde begin het, was dié opkomende jongmense ongeveer 21 jaar oud. ...

En hadde de liefde niet: kanttekeninge by die liefdesverhaal
Hennie Aucamp - 2010-02-10
Wie zegt dat je kunt beminnen zonder leed of droefenis die is niet goed bij zijn zinnen of weet niet wat liefde is. (Spaanse copla, anoniem, vertaal deur Dolf Verspoor) There is a lack of understanding in almost every love story. (Pedro Almodovar) 1 Wie oor liefdesverhale skryf, mag hom spoedig op afdwaalpaadjies bevind. Ek gaan probeer om areas soos die filosofie, die antropologie, die teologie en ander net in die verbygaan te noem en so ver doenlik suiwer literêr...

Om die dubbel-nie nek om te draai of nie
Leon Rousseau - 2010-02-03
Hierdie artikel het in verkorte weergawe as brief in BY van 30 Januarie verskyn in antwoord op prof Kotzé van die Akademie se Taalkommissie. Wat ’n eer om in BY aangevat te word deur die voorsitter van die Akademie se Taalkommissie, prof Ernst Kotzé (prof K). Ek ken prof K ongelukkig nie, maar ek het hoë respek vir sy amp. Sonder reëls kan Afrikaans nie klaarkom nie, altyd met die hoop dat die doel van die reëls die verryking en vaartbelyning van Afrikaans...

Afrikaners se plek en toekoms?
Johann Rossouw - 2010-02-03
In ’n lesing wat Hermann Giliomee op 22 Oktober 2009 by ’n kongres van Solidariteit se Helpende Hand-fonds gelewer het, het hy op ’n kommerwekkende gevaar gewys wat klaarblyklik nie veel openbare kommentaar ontlok het nie: "Ek het die idee," het hy gesê, "dat onder radikaal vervreemde Afrikaners die potensiaal van ’n verbitterde en gedugte guerrillastryd aansienlik is."[1] Op 26 Januarie 2010 skryf Johan Jooste, ’n voormalige boer en veearts...

(Doop)kaptein span die seile
Beer Adriaanse - 2010-01-26
Toneel 1: Vreesaanjaende visioene van monsters sonder skoene ’n Paar jaar gelede het ek ’n dood rustige somersoggend in Stellenbosch bederf deur ’n reuse-televisie van ’n tweede verdieping balkon af te gooi. Dit was vroeg Februarie en as doopkaptein by Helderberg Manskoshuis was dit my plig om die eerstejaarstudente by hul nuwe tuiste te verwelkom. Die eerstejaars was besig om voor die ontspanningsaal aan te tree toe ek eers ’n stoel, en toe die televisie, met al my...

Evolusie en Christelike Geloof – wat is die vraag nou eintlik?
Ernst M Conradie - 2009-12-04
Calvyn en Darwin Die viering vanjaar van die geboorte van Johannes Calvyn (1509-1564) val saam met dié van Charles Darwin (1808-1881). Terselfdertyd word die publikasie van Calvyn se Institusie van die Christelike godsdiens (1559) saam met dié van Darwin se The origin of species (1859) herdenk. Maar wat het Christelike geloof nou eintlik met evolusie te make? En Calvyn met Darwin? Teenpole of bedmaats? Menings hieroor in die openbare media is só verwarrend dat gesprek...

Die Verklaring van Akkra en die huidige globale ekonomiese bestel
Malcolm Damon - 2009-11-13
In 2008 het die wêreld bewus geword van ’n finansiële krisis wat die fondamente van regerings, besighede, industrieë en mense tot stilstand geruk het. In Amerika het banke en ander finansiële instellings aangekondig dat hulle hul bedrywighede sal moet staak, dat hulle onseker is van die toekoms en dat mense se deposito’s en ander beleggings in gedrang gebring kan word. Binne dae het dit na Engeland versprei en banke het dit duidelik gemaak dat hulle blootgestel...

Is daar iemand wakker by Die Burger?
Gerrit Olivier - 2009-11-11
* Ek het hierdie stuk afgehandel voordat ek Crito se blog op LitNet en die reaksies daarop gelees het, maar voel nietemin dat my kommentaar ’n nuttige bydrae mag wees. In Die Burger van 5 Oktober 2009 het ’n resensie van Paul Miles se Skoot (Hond, 2009) deur Koos Kombuis verskyn wat selfs binne die wêreld van die Afrikaanse letterkunde, waar oppervlakkige boekbesprekings aan die orde van die dag is, die een of ander laagtepunt moet wees. Dis ’n beskeie verwagting...

Onmag as magstrategie. Enkele opmerkings oor die retoriek van slagofferskap
Marinus Schoeman - 2009-10-28
Referaat gelewer by die konferensie van die Nederlands- en Afrikaanstalige Wysgerige Genootskap, Stellenbosch, Januarie 2007Marinus SchoemanMedeprofessor, Departement Filosofie, Universiteit van Pretoria Ons tyd word, tipies modern, gekenmerk deur ongeduld met lyding. Daarby is dit opvallend dat diegene wat ly, hulleself graag as "slagoffers" voordoen. Dit wil voorkom of ’n slagoffer-kultus besig is om sig meester te maak van die mensdom. Slagofferskap het ʼn begerenswaardige en soms...

''De alchemie tussen het Nederlands en het Afrikaans'': Nederlands/Afrikaans op skool, universiteit en ander terreine
Dorothea van Zyl - 2009-10-22
Bydrae gelewer tydens Roots-konferensie by Universiteit van Wes-Kaapland, 22-23 September 2009 Prof Dorothea van Zyl, Universiteit Stellenbosch In een lezing uit 2001 zei de Nederlandse dichter Gerrit Komrij op typisch provocerende wijze: Door kennismaking met het Afrikaans krijgt het Nederlands andere accenten. Je Nederlands is daarna nooit meer dezelfde taal. Je kunt het in alle toonaarden ontkennen, je kunt hoog springen en je kunt laag springen, een feit blijft dat er tussen het Nederlands...

Commendatio by die toekenning van die UJ-Prys vir Skeppende Skryfwerk (2009) aan Etienne van Heerden vir 30 nagte in Amsterdam
Thys Human - 2009-10-19
Etienne Roché van Heerden se tiende roman, 30 nagte in Amsterdam (2008), is ’n groots-opgesette, gewaagde – soms heerlik vergesogte – boek met ’n meesleurende vaart en talle verrassende verhaalwendings. Met hierdie roman bereik Van Heerden (in die woorde van een van die keurpaneellede) “’n nuwe vlak van beleë meesterskap”. Dít is geen geringe kompliment vir ’n skrywer van twee digbundels, twee kortverhaalbundels, ’n versameling...

Hoe standaard kan ‘n taal wees? Perspektiewe op die teenstrydighede van Afrikaans
Ernst Kotzé - 2009-10-15
Bydrae gelewer tydens Roots-konferensie by Universiteit van Wes-Kaapland, 22-23 September 2009 Prof Ernst Kotzé , Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Port Elizabeth 1. Inleiding Die bekende taalkundige Max Weinreich het in 1945 ’n treffende definisie gegee van wat nou eintlik ’n taal is. Sy bewoording in Jiddisj lui: “A shprakh iz a diyalekt mit an armey un a flot”, oftewel “’n Taal is ’n dialek met ’n leër en...

Taal in onderwys: ’n Gebrek aan politieke wil ondermyn ’n taalbeleid vir Suid-Afrika
Michael le Cordeur - 2009-10-15
Bydrae gelewer tydens Roots-konferensie by Universiteit van Wes-Kaapland, 22-23 September 2009 Dr Michael le Cordeur, dosent in Afrikaans Didaktiek aan die Universiteit van Stellenbosch en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad Opsomming Die uitslae vir gesyferdheid en geletterdheid dui daarop dat agt uit elke tien leerders in graad 3 en graad 6 in 2007 minder as 50 persent vir gesyferdheid en geletterdheid behaal het. Volgens Jansen (2009) begin die probleem in die grondslagfase, waar...

Toespraak by die ontvangs van die UJ-prys vir Letterkunde: Geloofsbriewe
Etienne van Heerden - 2009-10-14
By die ontvangs van die Universiteit van Johannesburg-prys vir Letterkunde, 8 Oktober 2009 Dames en here Die titel van my bedankingswoord vanaand is “Geloofsbriewe”. Dit gaan oor ’n jong vrou wat in 1908 in Tafelbaai op ’n passasiersboot na Europa klim. ’n Eeu gelede. Ter sprake is die vir ons steeds bekende spanning tussen metropool en kolonie, tussen Europa en Afrika. Sy kom vandaan; sy gaan terug. Terwyl die skip wegvaar, staan sy op dek. Dis ’n besonderse...


<< 1 2 3 >>