Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Koos Kombuis: Kaalkop die waarheid

Koos Kombuis: Kaalkop die waarheid


<< 1 >>

Oor pedigree-honde, taalstryders en die landswye munisipale staking
Koos A Kombuis - 2009-07-30
Ek het twee honde, ʼn opregte bokser en ʼn pavement special. Die opregte bokser se naam is Griet, en ek het haar ten duurste gekoop, want sy’t gekom met ʼn pedigree. Die pedigree verhoed ongelukkig nie dat haar speekselkliere oortyd werk nie. Dis feitlik onmoontlik om Griet te streel of te liefkoos, want die geringste sensoriese stimulus prikkel haar speekselkliere. Die oormatige spoeg, gekoppel aan ʼn orale fiksasie, veroorsaak dat Griet gedurig rondloop met slierte druppels onder haar kakebeen,...

Kom laat ons twit
Koos A Kombuis - 2009-05-19
Terwyl die tik-euwel oorneem in ons townships, is daar ’n erger verslawing wat chaos saai in die gegoede suburbs van Suid-Afrika. Gesinne word in twee geskeur, huwelike word bedreig, die geestesgesondheid van die volk ly skade as gevolg van … twit. Vergete is die dae toe Facebook die enigste internet-verslawing van middelklas whiteys was (benewens pornografie, wat ons altyd met ons sal hê, en MXit, wat basies ’n klomp tienderjariges met selfone is). Twitter is die nuwe...

Hoekom is onse mense tog so lief vir skinder?
Koos A Kombuis - 2009-04-01
Verlede Sondag, nadat ons die heeldag in die bed gelê het en deur die Sondagkoerante geblaai het, sit ek en my vrou in die sitkamer met ons glasies wyn, en ek vra vir haar: “Wat dink jy doen die Van der Westhuizens vanaand?” “Seker dieselfde as ons,” sê sy. “Gesels oor die dag se nuus.” “Kyk ’n ou video of twee,” voeg ek by. Ag, ek weet dit klink nou asof ek my verlustig in Joost en Amor se bad luck. Ek weet ook dis slegte maniere...

Die aand toe ek gedink het Stellenbosch brand af
Koos A Kombuis - 2009-02-11
Ek en my vrou het Woensdagaand baie vroeg gaan inkruip. Ons het elkeen in die loop van die dag ’n persoonlike krisis beleef, en ons was pootuit. Sy het gesukkel met ons nuwe hondjie wat ons die vorige week gekry het, maar wat toe siek geword het en die hele mat vol gekots het. Ek was betrokke in ’n hoogs geheime noodvergadering met sekere sleutelspelers van die Stormers-rugbyspan. Ons het strategie bespreek vir Saterdag se game teen die Sharks. Skaars was ons aan die slaap, of...

''Ubuntu'' het ook ’n donker kant
Koos A Kombuis - 2008-11-27
Voor verlede Saterdag se glorieryke Bok-oorwinning op Twickenham, so hoor ek, het kaptein John Smit elkeen van die spelers opsy geneem en individuele spanpraatjies met elkeen gehou. Dit het meer gedoen vir die manne se samespel as ’n dosyn wedstrydplanne. Omdat John Smit elke speler se selfrespek ge-boost het, kon elke speler eindelik bo sy eie talente uitstyg om deel van iets groter te word. Daardie "groter ding" – as daar so iets is – is moeilik om te definieer....

Die kleur van koffie en tee: slegs ʼn graadverskil?
Koos A Kombuis - 2008-07-16
Waarom die vestiging van ʼn kultuur van selfrespek onder bruines onontbeerlik is vir die volhoubare ontwikkeling van die Nuwe Suid-Afrika Miskien vir jou is dié plek lelikMaar vir my is dié plek mooiHoekom sal ons nou hier bly?Want die Here het ons hier gegooi (David Kramer, "Matchbox Full of Diamonds") Dit was met ʼn onbeskryflike gevoel van heimwee dat ek Jason Lloyd se woorde gelees het: “Bruin mense is hul eie grootste vyande.” Ek wil nie voorgee...

As ek De la Rey was, het ek jou ge-sue!
Koos A Kombuis - 2008-04-14
Ope Brief aan Deon Opperman van Koos Kombuis Liewe Deon Party ouens fok Australië toe, party ouens blaas hulle breins uit met drugs, party ouens is in denial en sê alles sal vanself regkom, en party ouens probeer iets positiefs doen en reik uit om ander Suid-Afrikaners deel van hulle protes te maak. Dit is alles verstaanbare opsies. Want ons lewe in ’n tyd waarin dit moeilik is om de regte keuses te maak, en selfs al maak jy die regte keuse, het mens geen waarborg dat dit...

“Someone’s braaiing, my Lord, Kumbaya ...”: Waarom die idee van ’n reënboognasie skadelik geword het vir ons kollektiewe psige
Koos A Kombuis - 2008-03-04
Hoe ouer mens word, hoe meer mites ontgroei jy. Toe ek in my tienerjare was, het ek baie mites geglo. Ek het geglo mens kan al die onregte van die wêreld oplos met harde rockmusiek. Ek het geglo moffies gaan hel toe. Ek het geglo ek en Susanna Zeeman gaan eendag mekaar warm vry. Noudat ek 53 jaar oud is, ontgroei ek ander mites. Ek weet vandag dat as ’n loodgieter of sleutelmaker “24 uur diens” adverteer in die Geel Blaaie, hy nie noodwendig sy selfoon beantwoord as...

Die primitiewes
Koos A Kombuis - 2008-01-29
Op die rand van ’n woestyn. Etlike eeue voor Christus. Josua en die Israeliete val die Beloofde Land binne. Die heidene se afgode word afgebreek en verbrand. Een na die ander marsjeer hulle die vreemde stede binne, dood vroue en kinders, maak selfs die vee en troeteldiere van kant. Hulle is op ’n heilige sending. Een oggend vroeg, terwyl die Leviete nog hul oggendgebede sê, daal daar ’n helikopter neer in die middel van die Joodse kamp. Josua val op sy knieë neer...

Die Uur van die Blindes
Koos A Kombuis - 2007-11-19
My "inside man" by Die Son stuur nou die dag vir my ‘n dringende e-pos. “Volg jy die Deon Maas-sage?” vra hy. Ek antwoord dadelik, want ek het toevallig op daardie oomblik klaar ge-Facebook vir die dag en ek het niks om te doen nie. “Nee,” skryf ek. “Is dit belangrik?” My inside man by Die Son stuur vir my die hele kaboedel: Deon Maas se oorspronklike Satanisme-artikel, die redakteur van Rapport se persverklaring, en al die jongste nuusberigte...

Geheime van die Grys Tuisland
Koos A Kombuis - 2007-08-21
My skoonpa is ’n baie slim man. Hy is sestig jaar oud, en hy het al alles gesien. Hy weet waar om die beste braaivleishout in Namibië te kry. Hy het al saam met hoofmanne van Afrika-stamme om die vuur gesit. Hy vang gereeld vis in Angola. En hy kan ’n hele skaap opsaag binne ’n halfuur; hy weet presies waar elke stuk vleis sit, wat dit genoem word, en hoe om dit gaar te maak. Maar hy kan nie drie knoppies na mekaar op ’n computer druk nie. Vir ’n maand lank...

breyten – die groot Onvoltooide
Koos A Kombuis - 2007-07-16
Koos Kombuis besoek weer ’n vergete kamer in die huis van die dowe Vir die eerste keer is daar weer ‘n breyten-digbundel wat ek kan lees. Lees, terwyl die reën van buite af teen my ruite hamer. Lees, soos iemand wat in die geheim sondebrood eet. Lees, want lees, op sy beste, is beter as meditasie of slaap. breyten, die tronk-breyten, die taal-breyten, die bitter breyten kon ek nie lees nie. Net hier en daar by wyse van uitsondering het ‘n gedig, of ‘n deel van...

Is DIT die sonde van die moderne wêreld?
Koos A Kombuis - 2007-05-23
Nog ’n vinnige klip in die bos deur Koos Kombuis As kind was ek gefassineerd deur die verhale in my Kinderbybel. Veral die epiese stories uit die Ou Testament: Moses, Josef, en die wedervaringe van die Israeliete. Vandag leef ons in die 21ste eeu. Die eeu van die internet, Sky News en selfone. Tog: elke keer wanneer iets soos 11 September gebeur, elke keer wanneer ons hoor van nog ’n skermutseling tussen Israel en Hisbollah, besef ons opnuut dat ’n baie groot deel van...

Wat sou Aldous Huxley van die tik-generasie gedink het?
Koos A Kombuis - 2007-03-21
Tot sowat twaalf jaar gelede was ek ’n dwelmgebruiker. Dit was nie ’n besonder goeie tyd in my lewe nie en as ek daardie tye sou kon oor hê, sou ek beslis nie naby enige vorm van onwettige dwelmmiddel kom nie; nie net omdat dit onwettig is nie, maar omdat alle dwelms in ’n mindere of meerdere mate ongesond is, sielkundig gevaarlik, en antisosiaal. Wanneer ek egter kyk na die dwelmkultuur wat in Suid-Afrika vandag ontstaan het, moet ek erken: dit lyk vir my erger as enigiets...

Die Struggle het weer begin
Koos A Kombuis - 2007-02-13
Hoe lank lê daai ou hopie Vrye Weekblaaie nou al onder in my laai? Ek weet nie. Ek weet net dit is een van my kosbaarste besittings. So twee of drie maal per jaar haal ek hulle uit, blaai daardeur, en dan vat die nostalgie my. Die nostalgie en die walging. Want dis ’n tyd waaraan ek nie graag terugdink nie. Anders as party van my ou Voëlvry-tjomme, leef ek nie graag in die verlede nie. Tot nou toe kon ek myself nog nie so ver bring om Pat Hopkins se boek behoorlik te lees of eers...

Nie ’n ''Rittelfees'' nie, maar ’n ''Rillerfees''
Koos A Kombuis - 2006-10-31
Koos Kombuis skryf ’n opspraakwekkende rubriek van agter die skerms van Vredendal se groot jaarlikse musiek-makietie Hierdie rubriek gaan oor baie dinge, want dit was ’n baie lang naweek. Dit gaan oor hoe ek amper vir Willem Botha gemoer het. Dit gaan oor rassisme, oor gayhuwelike, en oor Spruitdrift-wyn. Kom ons begin by die wyn. Daar is ’n urban legend oor Spruitdrift-wyn, en dit kom uit my eie familie. Daar is ’n urban legend dat, toe my skoonpa nog die enigste verspreider...

Van Trompie tot Fokofpolisiekar
Koos A Kombuis - 2006-09-19
Daar is twee soorte mense in die wêreld: dié wat lees, en dié wat nie lees nie. As jy iemand die vraag vra: “Wat lees jy op die oomblik?” sal die persoon wat lief is vir lees, dadelik vir jou kan sê: “Ek is op die oomblik besig met hierdie of daardie boek of boeke.” Mense wat graag lees, lees elke dag. Al is dit nie noodwendig ernstige boeke wat hulle lees nie – dit kan selfs net speurverhale wees – is lees vir sulke mense ’n gereelde...

Uithaal en Wys, Vroue van Suid-Afrika!
Koos A Kombuis - 2006-07-07
Dit was nou een van die mees sensible dinge wat Thabo Mbeki ooit kwytgeraak het. In ‘n toespraak verlede week kondig hy aan: “Die volgende president van Suid-Afrika moet ‘n vrou wees.” En, net daar, troef hy al sy teenstanders. Hy troef die hele Zuma-faksie. Want as julle mooi oplet, sal julle sien: Jacob Zuma is nie ‘n vrou nie. Die downside van Thabo se speech is natuurlik dit: hy het waarskynlik die een of ander boring vrou in gedagte soos dr Manto, minister van...


<< 1 >>