Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns

Rubrieke | Columns


<< 1 2 >>

Toe die Kaap kon kyk hoe aKING mekaar bliksem
Annie Klopper - 2011-06-09
Tydens die bekendstelling van hul jongste musiekvideo vir “Catch alight” was aKING foutloos en definitief nie futloos nie. Ten spyte van ’n paar negatiewe aanhangers in die noorde, na afloop van ’n onlangse ... ahem ... problematiese gig by Firkin in Pretoria, kon aKING aan ’n Kaapse gehoor wys waarom hierdie groep tog gereken word as een van die top rockgroepe in die land. Die musiekvideo is puik vervaardig deur Am I Collective en wys in super slow motion hoe...

Van hip-hop tot hippie-hophop en pp
Theunis Engelbrecht - 2011-03-23
Luisterpaneel:Elsie Els en Beyers Eybers Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Cypress Hill: Rise Up Lupe Fiasco: Lasers KiD CuDi: Man on the Moon II Entertainers Vol 1: The Official SA Hip-Hop Compilation Elsie en Beyers sê hulle het albei nooit regtig van rap en hip-hop gehou nie (in Beyers se geval met enkele uitsonderings, soos Cypress Hill en Public Enemy), maar danksy Die Antwoord en Jack Parow is hulle belangstelling in die rap- en hip-hop-kultuur geprikkel...

Wilder as die Wildtuin groei geleidelik op die oor
Annie Klopper - 2011-03-23
Untitled Document Wilder as die Wildtuin Die Heuwels Fantasties Klik hier en koop Wilder as die Wildtuin nou op Kalahari.net! My gemengde gevoelens veroorsaak dat ek moeilik aan dié resensie begin skryf. Maar hoe dan anders as gemengde gevoelens oor ’n vars mengsel gevoelens? Die titelsnit waarmee Die Heuwels Fantasties se tweede album, Wilder as die Wildtuin, open, is duidelik ontwerp as ’n doeltreffende vangnet met laag op laag verweefde catchy melodieë en sinne....

MK Awards 2011
Annie Klopper - 2011-03-09
Untitled Document Die MK Awards 2011 het op Saterdag, 26 Februarie by die CTICC plaasgevind en is gevolg deur ’n afterparty by Assembly. Met live optredes deur Foto na Dans, Zebra and Giraffe, Die Heuwels Fantasties ft Thieve, Jack Parrow ft JR en Prime Circle was die MK Awards sekerlik een van die grootste rock’n roll shows van die jaar. Bouwer Bosch Tamara Dey Jack Parow ontspan agter die skerms. Jedd Kossew en Wynand Myburgh van Van Coke...

Gille vir Kersfees
Theunis Engelbrecht - 2010-12-15
Luisterpaneel: Elsie Els, Naas Vermaas en Willemien Toerien Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Dit breek ons besmette harte net soveel soos julle s’n dat Sound Bites vanjaar baie ongereeld – indien ooit? – verskyn het. (Miskien nooit?) Dit is daaraan toe te skryf dat drie lede van ons eerbiedwaardige luisterpaneel (Beyers Eybers, Yvette Ysterslet de Wet en Alice Ellis) vanjaar besluit het hulle is gatvol vir die vals glans van die vermaaklikheidsbedryf, die venyn van...

Die musiek beteken nog iets: Bittereinder se ware verhaal
Annie Klopper - 2010-11-18
’n Ware verhaal Bittereinder Ek ervaar ’n onvermydelike behoefte om byna elke reël aan te haal in my dagboek, in my status updates op Facebook, in verjaardagkaartjies en grafredes. Die ritmes en lirieke is so sterk soos eeue oue idiome. “Ek is kwaad,” sê my buurman Henry toe ons so ’n paar weke gelede die eerste keer Bittereinder ontdek. “Waar kruip hierdie band nog die heeltyd weg?” As ek sy vraag moet probeer antwoord, sou ek sê...

How does a mango groove and keep on grooving? Annie Klopper in conversation with Claire Johnston
Annie Klopper - 2010-10-06
I have a theory and am yet to be proven wrong on this one. There is a sure-fire, easy and cost-effective way to liven up any dull party (or bad day for that matter). Simply crank up Mango Groove’s “Special Star” at full volume and forget who is watching as your feet start involuntarily moving. This method works especially if you were as privileged as I was to grow up with Mango Groove’s music and are therefore upon hearing any Mango Groove hit from the past two decades (and...

Foto’s: Oppikoppi (2)
Annie Klopper - 2010-08-18
"Dit sal mos nou juveniel wees om te dink dat my enkele oogpunt – nugter, agter ’n kameralens en tot onlangs ’n Oppikoppi-maagd – ’n fees van hierdie kaliber sal kan vasvang." Die tweede sarsie Oppikoppi-foto’s deur Annie Klopper. Lees haar Oppikoppi-storie hier. Klik hier vir die ander foto’s van die fees. Elmarie Lategan en Frannie van Deventer Foto: Annie Klopper Van Coke Kartel Foto: Annie Klopper Die...

Foto's: Oppikoppi (1)
Annie Klopper - 2010-08-18
"Daar is slegs een ding moeiliker as om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat nie daar was nie, en dit is om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat wel daar was. Hier verwys ek nie slegs na die effek van drank, dwelms, dodgy shwarmas, stof, son en musiek nie, maar ook na die verskillende perspektiewe van die rekordgetal sowat 16 000 mense wat hierdie jaar tussen 6 en 8 Augustus opgedaag het vir die grootste (en waarskynlik mees legendariese) musiekfees in Suid-Afrika." Annie Klopper...

Oppikoppi 2010: Glimlagte, tromslae en narkotika
Annie Klopper - 2010-08-18
Daar is slegs een ding moeiliker as om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat nie daar was nie, en dit is om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat wel daar was. Hier verwys ek nie slegs na die effek van drank, dwelms, dodgy shwarmas, stof, son en musiek nie, maar ook na die verskillende perspektiewe van die rekordgetal sowat 16 000 mense wat hierdie jaar tussen 6 en 8 Augustus opgedaag het vir die grootste (en waarskynlik mees legendariese) musiekfees in Suid-Afrika. Dit sal mos nou juveniel...

Hier kom die sensitiewe stoeiers met The Rude Mechanical: Foto’s
Annie Klopper - 2010-04-22
Foto’s: Annie Klopper As dit kom by stemgimnastiek, is Werner Olckers, voorsanger van die Pretoriaanse groep Wrestlerish, se beheersing tussen intervalle grasieus en soomloos. Nie slegs die sterk voorsang nie, maar ook ’n verfrissende aanslag tot liriese wenresepte, maak hierdie groep tans een van die mees opwindende bands op die plaaslike toneel. Hulle stoei dalk op poëtiese wyse met heelwat eksistensiële krisisse en romanses, maar met melodieë word daar allesbehalwe...

Thomas Krane debuts gliding on sweet lo-fi energy
Annie Klopper - 2010-03-24
Title: Thomas KraneBand: Thomas KraneClick here to order the CD! It doesn’t happen often that one is confronted with an artist or band so refreshing that trying to draw comparisons, finding links and descriptions is so strenuous that it actually spoils the mere pleasure of just enjoying the blissful indescribability. When I first saw Thomas Krane, a newish band from Durban, perform at RAKA – an acoustic festival held on the outskirts of Swellendam in February – I initially had to...

Musiek by die US Woordfees 2010: Van oom Ollie tot Jack Parow
Annie Klopper - 2010-03-18
Daar was tydens hierdie jaar se US Woordfees op Stellenbosch weer eens ’n ryk verskeidenheid musiekaanbiedinge. Om ’n tafereel te skilder wat hierdie verskeidenheid deur middel van foto’s uitbeeld, is haas onmoontlik. Maar ek plak in elk geval enkele van my gunstelinge hier. Daar was Valiant Swart, Ollie Viljoen en Pietman Geldenhuys wat daagliks die musiek gemaak het by kykNET se opnames van die nuwe televisieprogram ... met permissie, waarna oom Ollie later kragte met...

RAKA-musiekfees 2010: RAKA rustig, man
Annie Klopper - 2010-03-02
Dit gebeur min dat ’n mens presies kry wat jy nodig het. Ek praat van die smaak van daardie eerste koppie (goeie) koffie in die oggend of jou ma se kos na ’n lang, droë maand in die koshuis. Deesdae kry ek dáárdie tipe bevredigende gevoel al hoe minder voor verhoë. Hier in die stad is ek bederf met die oormaat van geleenthede om musiek in rokerige, donker plekke te gaan kyk en dis daardie rokerige donker plekke wat my begin onderkry. Ná ’n tydjie...

Zinkplaat se Mooi besoedeling vang doelgerigte digters in ballades vas
Annie Klopper - 2010-01-26
Foto: Mark Reitz Soos ons nou al die Stellenbosse rockgroep Zinkplaat ken, is dié groep se musiek nie oorhaastig om ’n goeie indruk te maak nie, maar klink die band eerder soos ’n groep vriende wat, rustig en fyn ingestel op mekaar, ’n klank slyp tydens jam sessions. En dit sonder om een keer skeef te trap – ook op hul jongste album Mooi besoedeling. ’n Mens het hier te make met “’n doelgerigte digter in ballades vasgevang”, soos daar...

Fokofpolisiekar, Indie en Elektro: Kies jou klankbaan
Annie Klopper - 2010-01-19
Wie sal ooit die episode van Ally McBeal vergeet waar die hoofkarakter op soek is na haar eie persoonlike temalied? Soos Ally, het ons almal klankbane tot ons lewens, maar dit gebeur bitter weinig dat daar net ’n enkele temaliedjie op hierdie klankbaan is. Dis seisoenale kompilasies – daardie pak CD’s wat in jou kar gelê het in die somer van 2005 of die mix-CD wat jy vir jou 30ste verjaarsdagpartytjie gemaak het. Hierdie seisoen is daar drie CD’s wat tans die klankbaan...

Annie Klopper chats with The Stremes
Annie Klopper - 2010-01-07
Twenty years ago, South African schoolmates Wayne Pauli and Adam Shapiro (Atom Shape) started conceptualising a band; it gradually took shape and eventually resulted in the birth of The Stremes in 2006. After spending a substantial amount of time building up a following playing and touring in the UK, an expired visa resulted in the band recently returning to South African soil, where this rock three-piece now consists of Pauli, Benjamin Peacefull and Jay Kruger. Being the result of the members’...

Die Rockjagter se top tien plaaslike musiekvideo’s van 2009
Annie Klopper - 2009-12-17
Enkele jare gelede sou dit byna onmoontlik wees om ’n top-tien lys van plaaslike musiekvideo’s saam te stel, bloot omdat daar so weinig opgeneem is. Origens het die kwaliteit van sodanige video’s destyds veel te wense gelaat. Die groei van die produksie van Suid-Afrikaanse musiekvideo’s latertyd loop byna direk parallel met die onstaan en ontwikkeling van onse eie musiekkanaal, MK. En dankie tog daarvoor. Terwyl MK onlangs die nominasies in verskeie kategorieë vir...

Wanneer ’n groot teddiebeer ’n liedjie oor die penis sing: Foto's
Annie Klopper - 2009-12-14
Die publikasie MK Bruce Lee het Saterdag 5 Desember sy vyfde uitgawe gevier by The Assembly in Kaapstad. Bekende voorsanger van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke, was die redakteur van hierdie uitgawe. Die aand is ook as geleentheid gebruik om Van Coke Kartel se briljante musiekvideo vir die enkelsnit “Voor ons stof word” bekend te stel. “Voor ons stof word” is die eerste enkelsnit vanaf die groep se derde vollengte-album, Skop, skiet en donner...

MK Vierde Avontoer: Annie gesels met Beer Adriaanse
Annie Klopper - 2009-12-02
Desember is die tyd van die jaar wanneer twee busse, tien bands, hope gees en die kuslyn soos kosmiese kragte saamspan en geboorte gee aan ’n oerknal: die MK Avontoer. Oor hierdie toer het ek gesels met Zinkplaat se tromspeler, Beer Adriaanse, wat ook een van die voormanne van die organiseerder, De Plate Kompanjie, is.Beer, wat het julle besiel om vir die vierde opeenvolgende jaar hierdie magiese projek aan te pak? Ek weet dis nou al ou nuus, maar 2009 was ekonomies gesproke ’n...

Step down! Fire Through the Window chats about their latest music video, Durban and feel-good tunes
Annie Klopper - 2009-11-19
Durban-based rock outfit Fire Through The Window is tantalising the senses of sweet-toothed rock lovers with a sugary sound that incorporates flavours of subtle ska, infectious indie and playful pop. The band’s basic line-up of guitar, bass and drums (Peter Babol, Keagan van Rooyen and Sheldon Yoko) is complemented by the unique vocal stylings of couple Sinead Dennis and Marc De La Querra. While not taking themselves too seriously, their lyrics craft bittersweet experiences to upbeat,...

Desember was toe nie die begin en einde nie: Thieve debuteer met Gold
Annie Klopper - 2009-11-12
Klik hier en koop Gold nou by kalahari.net! Met die vrystelling van Bellville Rock City aan die einde van verlede jaar was ek verbaas om te sien dat daar ’n groep genaamd Thieve is wat saam met prominente Bellville-groepe soos Fokofpolisiekar, Springbok Nude Girls, New Holland, aKING, K.O.B.U.S.!, Foto Na Dans en ander op die kompilasie ingesluit is. Eintlik kan ek my sin herhaal en inkort: Ek was verbaas dat daar ’n groep genaamd Thieve is. Punt. Want voor die genoemde uitreik...

Krismis in die hart
Theunis Engelbrecht - 2009-11-12
Luisterpaneel: Alice Ellis, Beyers Eybers, Yvette (Ysterslet) de Wet en Naas Vermaas Sameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtKlik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! Sy háát Kersfees, sê Yvette, want dan mis sy altyd haar gesin en familie, wat almal ver of dood is of nie meer vir haar omgee nie. Beyers sê hy kan Kersfees ook nie uitstaan nie, want dis net ’n waansinnige kommersiële en materialistiese orgie wat ’n mens beskaamd...

New Holland stel Exploded Views bekend in Kaapstad: Foto's
Annie Klopper - 2009-11-04
New Holland het onlangs hul tweede album, Exploded Views, tydens 'n intieme geleentheid by House of Rasputin in Kaapstad bekendgestel. Hierdie album volg op 01, dié Kaapse rockgroep se debuut in 2008. Nie slegs het House of Rasputin se skamel geklede danseresse dié aand aandag getrek nie, maar dit was duidelik dat New Holland se nuut-uitgebreide repertoire groot aftrek geniet het by die gehoor. Die album is divers en gutsy. Die ouens is hot. Die Kaap is alwéér Hollands....

The Turn voorspel draaipunt vir onderwaardeerde Taxi Violence
Annie Klopper - 2009-10-28
Draai die klank harder en draai die ruite af: Taxi Violence, waarskynlik die mees onderwaardeerde rockgroep in Suid-Afrika, het so pas 'n tweede vollengte-album, The Turn, vrygestel. Terwyl Taxi Violence die afgelope paar jaar van tyd tot tyd rimpelings op die Suid-Afrikaanse musiektoneel gemaak het, het hierdie Kaapse rockgroep steeds nie die erkenning gekry wat hulle toekom nie. Om die waarheid te sê, tot onlangs het dit vir my voorgekom asof dié groep hul naam gestand doen deur...

aKING stel die musiekvideo vir “You and I” bekend: Foto’s en vrede
Annie Klopper - 2009-10-08
Met die luister van aKING se jongste album, Against All Odds, het die snit "You and I" dadelik uitgestaan. Die gevoel van die lied vang iets vas wat nie noodwendig direk eweredig aan woorde loop nie. Dis terselfdertyd triomfantelik en nostalgies, pragtig en wroegend. Dit is vir hierdie snit wat die groep onlangs Argentinië toe is saam met regisseur Eban Olivier om 'n musiekvideo te skiet tussen grafstene, ou mure, wit lakens, grys strate en Buenos Aires se tango-klubs. Terwyl voorsanger...

Fokofpolisiekar ruk Stellenbosch (alweer): Foto's
Annie Klopper - 2009-09-30
Verlede week het Fokofpolisiekar die buiteverhoog van die Klein Libertas Teater laat sidder. Dit sou dié groep se laaste show op Stellenbosch vir 2009 wees, maar Kapenaars kan nou daarna uitsien om vir Fokof nog een keer weer hierdie jaar op hierdie einste verhoog te sien, tydens die Kaapse Vredefest op 16 Oktober. Besoek die Facebook-bladsy vir meer inligting oor hierdie komende optrede saam met aKING, The Dirty Skirts, Foto Na Dans en D7. Foto’s deur Annie Klopper ...

Straatligkinders kom Kaap toe(r): Foto's
Annie Klopper - 2009-09-22
Die Potchefstroomse groep Straatligkinders het onlangs Kaapse gehore kom vermaak met vertonings op Worcester, Strand en Stellenbosch. Hierdie groep se jongste liedjie, "Desvalido", wat hulle in samewerking met Koldproduk opgeneem het, het my so begeesterd gehad dat ek besluit het om dié vier ouens weer vir 'n slag rond te volg. Sodra jy klaar die foto's van Straatlig se Kaapse toer gekyk het, kyk na die musiekvideo vir "Desvalido"op YouTube. Foto’s deur...

Mining for Gold in Bellville? Thieve's frontman Andrew Davenport tells us how
Annie Klopper - 2009-09-16
Thieve is a fresh Bellville breed which, even after only three live shows during the course of 2009, has everyone talking. On the eve of their debut release I met up with frontman Andrew Davenport.So we all buy the Bellville Rock City compilation last year and on it we hear this killer track called "Last Day December". And even though this is an awesome introduction to a new band called Thieve, we have never heard them play before ... How did it come about that you were included in this...

Taxi Violence stel The Turn in Kaapstad bekend: Foto's
Annie Klopper - 2009-08-18
Die Kaapse rockgroep Taxi Violence het verlede Vrydag hul jongste album, The Turn by Mercury Live in Kaapstad bekend gestel. Die geleentheid is ook gebruik vir die bekendstelling van die musiekvideo vir die liedjie "Devil and Pistol" (waarvan Natasja Fourie die regie behartig het). Ek was daar om die geleentheid op my kamera vas te vang. Hou LitNet dop vir 'n resensie van The Turn. Foto’s deur Annie Klopper Voorsanger van Taxi Violence, George van der Spuy...

'n Ode aan VanFokKingTasties: Foto's
Annie Klopper - 2009-07-31
Fokofpolisiekar se Francois van Coke Vyf jaar gelede het ek op die vuil trappe van ’n raserige Mercury Live in Kaapstad vyf ouens ontmoet met groot oë, groot bekke en groot drome. Ek was ’n jong, skeptiese joernalis met ’n swartraambril, ’n pen, ’n stukkie papier, min ondervinding en baie vrae. Voor die vuiltrap-onderhoud het ek ’n Black Label met een teug afgesluk en die jong bulletjies by die horings gepak. Ek het voor daardie eerste gesprek met my...

Agter die skerms, meer as vriende met Captain Stu
Annie Klopper - 2009-06-05
Voorsanger Nick Key Baskitaarspeler Ryan McArthur bespreek die storiebord met regisseur 187 Captain Stu is ’n Kaapse groep bekend vir hulle energieke musiek waarin rock, Afro, pop, ska en reggae vermeng word tot ’n sonderlinge klank. ’n Paar weke gelede het ek gaan inloer agter die skerms van dié groep se musiekvideo-opname vir die liedjie “More Than Friends”. Dié liedjie is deur die voorsanger, Nick Key, geskryf na afloop van ’n...

Van ou perde tot tergterte
Theunis Engelbrecht - 2009-05-19
Luisterpaneel: Alice Ellis, Beyers Eybers, Yvette (Liewe Let) de Wet en Naas Vermaas Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Klik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! Bob Dylan Together Through Life Daar was ’n hewige getwis onder ons paneellede oor wat die hoogtepunt van die afgelope paar weke op die rock-’n-pop-rollercoaster-&-hip-hop-toaster was en dus die titel “CD en/of DVD van die maand” verdien. Twee van die paneellede voel dit...

aKING stel Against All Odds op Stellenbosch bekend: Foto's
Annie Klopper - 2009-05-14
Plaaslike rockgroep aKING het verlede Woensdag hulle nuwe album, Against All Odds, by die Klein Libertas Teater op Stellenbosch bekend gestel. Alhoewel die drukoplaag van die CD nie betyds vir die bekendstelling gereed was nie, het hulle nuwe liedjies die skare gaande gehad. Volgens die groep se aanhangerbladsy op Facebook behoort die album darem hierdie week op die rakke van vooraanstaande musiekwinkels beskikbaar te wees. Die musiekvideo vir aKING se single “In the Twilight” het ook...

Van Bruce tot allerhande ander juice
Theunis Engelbrecht - 2009-04-16
Luisterpaneel: Naas Vermaas, Yvette de Wet, Fritz Brits Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Klik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! CD VAN DIE MAAND Bruce Springsteen Working on a Dream Met die intrapslag al verkrummel Springsteen enige moontlike weerstand met die epiese liedjie “Outlaw Pete” (al laat die versgedeeltes ’n mens dink aan die wysie van Kiss se 1978-treffer “I Was Made For Loving You”). “Outlaw Pete”...

Om vir 'n Maart lank musiek te jaag: Foto's
Annie Klopper - 2009-04-02
Verlede maand tydens Ramfest staan ek op ’n stadium backstage en gesels met Johan Falck – ’n jong akteur wat as een van die MC’s by die fees opgetree het. Tydens ons gesprek maak die lede van Die Antwoord hul opwagting agter die verhoog, waar daar reeds ’n hele klomp lede van groepe soos onder andere Fokofpolisiekar, Dirty Skirts, New Holland, Mr Cat & The Jackal en Lark aan ’t uitspan is. Johan (wat blykbaar vergeet het dat hy op daardie stadium geklee was...

Ramfest 2009: 'n Fees wat brul tot die bittereinder-blues
Annie Klopper - 2009-03-13
Lark Jaco "Snakehead" Venter Die Suid-Afrikaanse air guitar-kapioen, Lord Wolmer, het sy titel verdedig en met die louere weggestap. Kidofdoom aKING Ek het dit miskien reeds die Sondagmiddag geweet toe die laaste noot van Dan Patlansky se kitaar soos ’n slagter se lem deur murg saag. Nee, dalk vroeër ... Ek het dit al geweet toe Snake Venter die vorige aand van die verhoog af klim met bloed wat stigmaties deur sy vingers en oor sy tromstokkies...

Bellville Rock City: 'n Binne-blik op die baanbrekende Bellville-beweging
Annie Klopper - 2009-01-30
Ek was 12 jaar oud en salig woonagtig in ’n onnoemenswaardige Vrystaatse myndorp toe my ouers een middag aan die etenstafel die nuus aankondig: ons trek Brackenfell toe. “Brackenfell?!” het ek en my twee ouer susters geskree. My susters het geskree omdat hulle gedink het dis ’n uiters swak idee. Ek het geskree omdat ek nie geweet het waar dit is nie. “Dis langs Bellville,” het my pa ons getroos (beide susters nou reeds in trane met dié dat hulle toe...

Hangovers, hoernaluste en leftovers
Theunis Engelbrecht - 2009-01-16
Luisterpaneel: Theunis Engelbrecht, Yvette (Ysterslet) de Wet, Tom Blom Kort voor Krismis was daar skielik weer ‘n kakhuis-so-groot-soos-‘n-pakhuis vol nuwe CD’s in die winkels, maar met almal wat met vakansie gegaan het en toegemaak het en opgehou funksioneer het – insluitend die agbare lede van ons luisterpaneel – kom ons nou eers daarby uit in Sound Bites. Dis verskriklik dat daar elke jaar in Desember van ons verwag word om net in terme van die Krismismark...

Be-Bob-a-Lu-La!
Theunis Engelbrecht - 2008-11-26
Klik op die albums en DVD's se omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! ALBUM VAN DIE JAAR Bob DylanTell Tale Signs Rare and Unreleased: 1989-2006 The Bootleg Series Vol 8Ná ‘n loopbaan van 46 jaar kom die 67-jarige Bob Dylan vorendag met ‘n album wat stof skop in die oë van vandag se kunstenaars. Op The Bootleg Series word liedjies versamel wat hy nog nie voorheen uitgereik is nie – soos onder meer reeds bestaande liedjies waarop hy met alternatiewe...

Geestesgesondheid in die rondheid
Theunis Engelbrecht - 2008-10-15
Klik op die CD-omslae om dit te bestel by kalahari.net CD van die maand: Brian WilsonThat Lucky Old SunBrian Wilson (66) was in die 1960’s die baasbrein agter die Beach Boys – nie net het hy die meeste van die groep se liedjies gesing nie, maar hy was ook die produksieleier en het die verwerkings gedoen waardeur die groep se kenmerkende, eiesoortige klank geskep is.Kort na dié groep se kultusalbum Pet Sounds in 1966 het hy begin werk aan ‘n opus met die naam Smile (wat...

Van skarlakendose tot chemiese romanses
Theunis Engelbrecht - 2008-08-19
Luisterpaneel: Alice Ellis, Yvette de Wet, Beyers Eybers en Zander StanderSameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtKlik op die CD-omslae om by kalahari.net te bestel.aKingDutch CourageWaar so baie Suid-Afrikaanse rockgroepe klink na blote nabootsings van oorsese rock, is daar darem nog musikante uit eie bodem wat hulle op hierdie klipperige pad begewe en vorendag kom met albums wat myle en myle beter klink as baie van die oorsese CD’s wat soos ‘n eindelose storm van hoenderstront...

Van Bloemfontein tot Upper West Side Soweto
Theunis Engelbrecht - 2008-07-02
CD VAN DIE MAAND 1ElbowThe Seldom Seen KidThe Seldom Seen Kid is die Britse groep Elbow se superbriljante vierde album en volg op hul indrukwekkende vorige album, Leaders of the Free World (2005). The Seldom Seen Kid is egter maklik hul beste en sterkste album tot dusver. Anders as met so baie ander albums, kan jy op een slag van voor tot agter daarna luister sonder om een oomblik verveeld te raak. Die musiek trek jou in en kry ‘n hipnotiese houvas op jou.Sanger Guy Garvey se stem sleur ‘n...

Goudvissies tussen piranhas
Theunis Engelbrecht - 2008-05-27
Goldfish Perceptions of Pacha Van al die honderde nuwe CD’s het dié een die grootste plesier aan ons uitgelese paneellede gebied. Die rede is dat die groep van die beste dans- en partytjiemusiek maak wat jy tans kan kry. Daar is min dinge deesdae wat ‘n mens vrolik laat voel. Baie rockmusiek is ‘n erge gewroeg, en borrels in ‘n skuimbad het meer bestaansreg as die meeste kommersiële popmusiek. Daarteenoor laat Goldfish ‘n mens voel of die lewe werklik...

ʼn Tsoenami van bloed en Afrikaans
Theunis Engelbrecht - 2008-04-08
Luisterpaneel: Alice Ellis, Yvette de Wet, Tom Blom, Beyers Eybers en Fritz BritsSameroeper en notuleerder: Theunis EngelbrechtVandag, vir die eerste keer in Sound Bites se geskiedenis, het die agbare lede van ons luisterpaneel daarop aangedring dat dit ʼn eksklusief Afrikaanse extravaganza moet wees. Hulle sê daar is so baie goeie nuwe Afrikaanse musiek dat hulle met alle mag en mening hul eie Afrikaanse Top 10 vir LitNet wou saamstel uit die duisende Afrikaanse CD’s op die mark...

Van Balkan-baldadigheid tot Shitney Smears
Theunis Engelbrecht - 2008-03-10
CD VAN DIE MAANDBeirutThe Flying Club CupOns enigsins vuisvoosgefokte ou spulletjie hier by Sound Bites het baie baklei oor hierdie CD. By ons paneel van vyf luisteraars is daar eenstemmigheid dat hierdie album absoluut fantasties is. Dit is ‘n moet in die versameling van enigiemand wat probeer byhou met verwikkelinge in die waansinnige wêreld van kontemporêre musiek.Yvette de Wet het aanbeveel dat dit die CD van die maand moet wees. Alice Ellis verskil van haar en sê dit...

Koningskos, koolkopbreine, krismis en blou knaters
Theunis Engelbrecht - 2007-12-13
NOG TWEE VUURWARM DVD’S Springbok Nude Girls Live at The Astoria Dit is simpel om altyd vergelykings te tref en te sê dit is beter as dat en hierdie of daai is die heel beste van alles en almal, maar as jy na dié DVD kyk, kan jy nie anders nie as om te dink Springbok Nude Girls (wat in Europa net as Nude Girls bekend staan) is loshande die vuurwarmste Suid-Afrikaanse rockgroep. Die DVD is opgeneem tydens die bekendstelling van hul jongste album, die briljante Peace Breaker....

Die enigmatiese mnr Otis Fink
(is uitsonderlik flink)

Theunis Engelbrecht - 2007-12-04
Ons verloopte ou spulletjie hier by Sound Bites het dit goedgedink om hierdie keer net na DVD’s te kyk. Die DVD’s hier onder is min of meer in die volgorde waarin dit die lede van die kykpaneel die meeste meegesleur het. Dave Gilmour Remember That Night: Live at the Royal Albert Hall David Gilmour is dalk meer bekend as sanger en kitaarspeler van Pink Floyd, maar as solokunstenaar het hy ook al uitstekende werk gelewer, wat ‘n hoogtepunt bereik het op sy mees onlangse album,...

Die musiekjaar raak net al hoe lekkerder
Theunis Engelbrecht - 2007-11-20
Daar is vandeesweek nie net een CD van die maand nie, maar sommer vyf – die nuwe uitreikings van Manu Chao, Youssou N’Dour, Neil Young, Bruce Springsteen en JJ Cale. Met Kersfees om die draai begin die CD-rakke behoorlik kreun in die musiekwinkels. Daar is te veel om van te kies, maar die vyf CD’s van die maand is ‘n goeie begin en sal jou ure se luistergenot bied. Manu Chao La Radiolina Baie van ons hier by Sound Bites sê as ons vir die res van ons lewens net...

Van koninklike happies tot kitskotsklankies
Theunis Engelbrecht - 2007-11-01
CD VAN DIE MAAND Björk Volta Met haar jongste album, Volta, bewys Björk sy bly steeds een van die avontuurlikste, uitdagendste en boeiendste kunstenaars in die musiekwêreld. Sy is nie bang om telkens nuwe horisonne in haar musiek te verken en grense te verskuif nie. Volta staan soos ‘n vuurtoring uit onder 2007 se uitreikings. Om als te kroon is dit nie gefabriseerde Top 40-kitskotsklankies wat Björk opdis nie, en Volta is allesbehalwe ‘n kommersiële album....


<< 1 2 >>