Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters

Briewe | Letters


<< 1 2 3 4 1370 >>

VRYDAG; 13/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-13


Dwelmbase voer heerskappy
Jaco Fourie - 2012-01-13
Suid-Afrika het nog nie so erg soos van die Suid-Amerikaanse state geword nie, waar dwelmbase die de facto heersers van groot gedeeltes van die land geword het, en wat selfs “no go zones” vir polisie en troepe geword het, en wat die onderskeie regerings, veral Brasilië; Meksiko; en Columbië nie kan beheer nie. In hulle onderlinge stryd teen mekaar om die plaaslike mark te beheer, aarsel die dwelmbase nie om van die mees gruweldadigste marteling teen die mensdom op hulle slagoffer...

Die gemors by UJ ens
Jan Rap - 2012-01-13
Daar het julle dit nou; so ’n fiasko sou nooit by ’n Afrikaanse universiteit, soos RAU, gebeur het nie. Verder hoor ek ook die Noordwes-universiteit gaan geen studente met agterstallige skuld toelaat om in te skryf nie; die agterstallige fooie beloop blykbaar miljoene. Bogenoemde kelder nou finaal die storie dat Afrikaanse universiteite Engels moes word omdat, soos Gerrit Brand destyds vir my geskryf het, universiteite nou soos ’n besigheid bedryf word en Engelse onderrig lok meer...

Die reg op lewe – Wouter
Jaco Fourie - 2012-01-13
Beste Wouter Dankie vir die mooi en interessante brief “Nog notas oor die doodstraf”. Die reg op lewe (the right to life) is een van die basiese menslike regte (basic human rights). En dit is juis as gevolg van die aanvaarding van hierdie beginsel, dat die doodstraf in die meerderheid lande nou afgeskaf is of gaan word. Jou aanhaling van John Paul Stevens, afgetrede regter van die Amerikaanse “Supreme Court”, nl: “the death penalty represents the pointless and needless...

Wouter: Debatte en loopgrawe
Gilgamesh - 2012-01-13
Hello Wouter Die loopgrawe is inderdaad diep gegrawe en die moontlikheid vir ’n middeweg waar argumente kan ontmoet is verseker "’n idealistiese versugting en nie hoe die werklikheid daarna uitsien" nie. Ek sou heeltemal met jou saamgestem het as die debat was tussen, sê Panda of Angus en Kobus, maar dit is nie hul bedoeling, glo ek, om iemand soos Kobus te oortuig van die valsheid van sy posisie nie. Ons weet almal dat Kobus lieg, verdraai, misinterpreteer en skel vir sy God en...

Heers? Nee ANC teister – aldus Beeld-berig
Ran Doodt - 2012-01-13
In "Die ANC ’n nasionale onheil", het Wouter ’n aktuele skakel na RW Johnson se skrywe in Beeld geplaas. Toe ek dit lees, moes ek my knaters knyp – is RW Johnson die Brit nou Dan Roodt die Boer van The-Scourge-of-the-ANC-faam, of het ek deur Wouter-stouter se kuberskakel in ’n heel eienaardige heelal beland, ’n soort Alice in Wonderland? By nugtere ondersoek word die saak egter gou glashelder. RW Johnson die Brit skryf soos Dan Roodt die Boer sedert 2009. 2009 Was...

Nuwe Suid-Afrika
Dup - 2012-01-13


Oor fabels en mites
Kobus de Klerk - 2012-01-13
Panda en Angus Spesiaal vir julle: fa´bel (-s) 1 Verdigte vertelling met opvoedkundige doel: Die fabels van Esopus. 2 Versinsel, leuen, verdigsel: Dis sommer pure fabels. Dit behoort tot die ryk van die fabels, is ’n versinsel. [fabula] fabel: ~dier, ~kunde, ~kundige, ~land, ~leer, ~literatuur, ~wêreld. fa•bel•ag´tig b.nw en bw 1 Soos ’n fabel; ongeloofwaardig: Fabelagtige avonture. 2 Ongelooflik, wonderlik, verbasend: Die vuurwerke was fabelagtig mooi....

Wouter in die loopgrawe van kennis en van weet ...
Kobus de Klerk - 2012-01-13
Ja, Wouter Mens kan alles bestudeer én dan daardie inligting aan ander kommunikeer – maar dit is maar slegs die begin. Die kruks van die vraag is of jy verstáán wat jy lees, wat jy hoor, wat jy leer. Is dit net inligting, of is die nodige dinamika van begrip en perspektief ook beskikbaar … dít is die vraag. Nou, oor ’n saak soos spiritualiteit, wat meeste van julle nog nie baasgeraak het nie en selfs die bestaan daarvan betwyfel en indien nie, hoegenaamd...

Vinnige Vragie aan Ran??
Francois Williams - 2012-01-13
As ek jou nou reg verstaan dan kom ons almal uit die EU uit, so 10 duisend jaar terug of? Ek meen, waar was die oorsprong van Homo Sapiens nou eintlik? Iewers naby die noordpool of? Om te dink dit het hulle vandaar slegs 10 000 jaar geneem om die Suid punt van Afrika ook te bereik, merkwaardig! Was dit so saam-saam hand aan hand met die Bywwelse geskiedenis, of val die Xten se sesduisend jare oue Aarde effe uit die bus uit? Ten minste stem ons darem saam dat Afrika die bakermat is!! Francois...

Dis wat met ’n land gebeur na Westerse intervensie!!
Francois Williams - 2012-01-13
Dis met ontsetting dat mens lees oor die lot van Irak, ek meen, vir die EU is hierdie land die ware bakermat van hul beskawing, en kyk waar is dit vandag! Net ’n paar korte jaartjies nadat die Witte Yanks al hoe juigend ingemarsjeer het lees ons: By Michael B. Sauter, 24/7 Wall St. Recently, a series of roadside bombs killed 11 people and injured dozens more in the Iraqi capital of Baghdad. The attacks were part of coordinated assaults by insurgent elements around the country that killed...

Wouter, hou asb verduidelik
Hans Richardt - 2012-01-13
Baie dinge in SA het ingrypend verander. Daar was altyd “gentlemen” klubs, wat niks met homoseksualiteit te make gehad het nie. Dit was op streng keuring, eintlik net n luukse kroeg-koffiewinkel-biblioteek ineen. Die tipe klubs het uitgesterf. Dit het gewoonlik ’n leesafdeling gehad, waar ’n man rustig kon sit, ’n sigaar of pyp rook, lees en gedagtes uitruil, sonder om ooit te moes vrees die ou oorkant jou het ’n onderbroek vol planne om jou agter die kop te kyk....

Kyk, ek sou lankal opgegee het
Hans Richardt - 2012-01-13
Ek sou dalk lankal opgegee het, as ek diè kritiek van ’n KdK oor jare gekry het. Sy “skryfsels” is fundamentalisties obsessief, amper soos ’n Dana Snyman wat ’n traan in ’n Kersdiens afvee in Calvinia. Dis seker die mees florerende NG-kerk oor in SA, want daar is 2 gemeentes. Snyman het die NG-kerk naby my gemis en skryf feitlik oor “diè NG-kerk” in Calvinia? Maw net ’n halwe waarheid. Die waarheid is dat die kerk langs “clan-lyne”...

Vinnige antwoordjie vir Francois
Dirk D - 2012-01-13
Antwoord: Ja daar is moord en misdaad in elke land, maar indien daar van hierdie gruwelikhede in VSA, VK, Oz en Wes-Europa plaasvind, dan op so ’n klein skaal dat dit bykans geïgnoreer kan word. As jy nie saamstem nie, moet jy maar vertel van voorvalle van muti-moorde, babas in asblikke, halssnoermoorde, ens in daardie lande. Ja, wit mense, om erg te veralgemeen, het myns insiens wel ’n geneigdheid om rassisties te wees, maar as jy dit stel as jou belangrikste maatstaf vir beskawing,...

Wouter, hoe ek “koos sas" verstaan het
Hans Richardt - 2012-01-13
Hy het my net voorgehou as ’n gewone mens, wie geleef het om te ervaar in die lewe, nie as ’n klankbord en voorbeeld vir ander op LitNet nie. Magtag, doen jou eie ding op jou eie manier. Onthou net, jy het net een lewe om te leef en ’n “bucket list” aan die einde, is nie genoeg nie. So, as lang Engelse aanhalings jou gesofistikeerd laat voel, doen so voort. Ek werk en leef in ’n Engelse omgewing. Vir 3 weke elke jaar leef ek my droom in Namakwaland en ek skryf...

Johannes Comestor en universiteite
Hans Richardt - 2012-01-13
Jy is reg. Ek het nog nooit beeldmateriaal gesien oor lang toue voornemende studente by Wits, UCT of Rhodes of enige van die voorheen “tuisland”-universiteite nie. Is die Engels te moeilik daar? Of is diè standaard laer by voorheen “Afrikaanse” universiteite? Dan, wat is ’n mens met ’n BA-graad werd, meer as ’n mens met ’n tegniese vakleerlingskap voltooid, in SA se ontwikkelende derde wêreld-ekonomie, waar grondstowwe nou meer as ooit,...

Bwahahahahahaha!!!
oester - 2012-01-13


Om aan iets, of om in iets te glo ...
Cornelius Henn - 2012-01-13
Sabbat Shalom. In terme van ons hart is "aan" en "in" teëstellinge wat skerp teenoor mekaar staan; byvoorbeeld om aan die Bybel te glo, of om in GOD te glo. Vir baie is hierdie werklikheid eenvoudig; vir die werf se alwetende kits naslaners iets onmoontliks. Elke mens gaan deur ’n stadium om aan iets gebonde te wees. Ek was ’n groot aanhanger van Paul McCarthy, Roger Waters, Ian Anderson, Neil Diamond ... sonder dat enigeen van hulle ooit sal weet wie ek is. As tiener was ek...

Cornelius: Agnostiese-ateïstiese-humanistiese-sekulêre groete
Gilgamesh - 2012-01-13
Hello Cornelius Ek vind dit effens moeilik om te glo dat jy ’n werklike versoening of logiese draad kan vind tussen al die gelowe waarna jy verwys sonder om oormatig te "cherry-pick" wat vir jou persoonlik van waarde is. Ek moet saamstem met Kobus dat jy ’n Cornelius-Henn-geloof vir jouself saamgeflans het, maar anders as hy pla dit my min. Dan Barker het telkemale al verwys na Christene, Jode en Moslems as beter as die God waarin hulle glo. Jy "glo in ons almal se Almagtige Lewende...

sonner Sy Permissie
Jacobus Faasen - 2012-01-13
soos een vannie meerderheid, domnooslik, “Duiwelspiek”-gepeupel, supersubmissief, wend Mens Mens nou tot Self-destruksie, chrono-teleologies, nogal Millennium Drie, verder, verder verwyder van mede-Mens, al hoe nader aan klimaks, van Krisis Een, aan verwydering van Gewete, uit Mens, verbetering, uitbreiding, van struktuur, van geweld, van ultra-gewetenloosheid, onkunde-ontkenningskunde, olie-oorlog, ’s glo “gelowiges” wat so Gewete-loos glo, koelbloedig voorgee...

ienshaalaa
Jacobus Faasen - 2012-01-13
met graagte, umNtu, uit Liefde, vir Naaste, Gee God altyd, Absoluut net Sy Allerbeste, vir Mens, mede-Mens, in deeske Geweste, Planeet Een, voorheen bekend as “Aarde”, nie sommer takserend t’Skat, na Waarde, nog minner, ten minste, ultra-allermins, Allah mapstieks, o Skepper, van Alles, t’Onnerskat, t’Onnermyn, t’Onnerdruk, m’t Duiwelspiek-dissipels t’probeer Skik hayibo, Mens, vra gerus vir Bloeddiens, of Mens-bloed korrieng “ras”...

DONDERDAG; 12/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-12


13
Cornelius Henn - 2012-01-12
Veels geluk liewe LitNet omdat jul verjaar! Dis ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ek onthou die dag toe julle ses jaar oud was soos gister. Intussen het ek meer as tagtig biljoen karaktertjies van hier uit my hoek aan die donkerkant van die maan aan julle getik; het ’n paar Webvoete gekom en ons weer verlaat; is daar ’n Ou LitNet, ’n nuwe LitNet en nog ’n heel nuutste op pad. Daar is ook baie harte wat gekom en weer weg is; party wat helaas ten volle ken in die Hiernamaals....

Hoe klink ’n vallende boom as niemand dit hoor nie?
Angus - 2012-01-12
Daar doer in een van die multiversums is daar ’n planeet net soos ons aarde, met hominides nogal baie soos ons. Al verskil is, hulle gebruik hulle sintuie ’n bietjie anders as ons. Hulle gebruik bv hulle gesigsintuig om mee te proe. Hulle het hope kunsgalerye wat hulle met smaak beskryf. Wat ons kan sien, dit ruik hulle. Groen ruik vir hulle soos suurlemoen, en wat ons hoor, dit sien hulle. Die 1812-overture van Tsjaikofski, daar waar die kanonne so bulder, lyk vir hulle soos klappers...

Pyn
Elbe Erasmus - 2012-01-12
Hallo Hans Oor jou skrywe, sal mens seker baie kan sê, maar as ek mag, sal ek ’n mening wil lug. Jy het seker al gehoor van krokodiltrane? Nou-ja, daar is regtig so iets! Soms kan ’n paar trane maklik gestort word, en daarmee wil ek nie sê die pa's het krokodiltrane gehuil nie, maar soms is die smart so diep, dat dit bykans onmoontlik is om uiterlik emosie te toon. ’n Ander mens se pyn, fisies of emosioneel, is iets waaroor ons as buitestanders nie regtig ’n...

Jaco: Nog notas oor die doodstraf
Wouter - 2012-01-12
Hello Jaco Baie dankie vir jou reaksie. Daar is nie veel waaroor ek wil verskil nie, behalwe om van my kant af puntenerig te wees oor die betekenis van “lynch mob”. Die betekenis daarvan moet nie letterlik gelees word as die historiese verskynsel daarvan in die VSA wat ’n werklike tragiese aspek van daardie land se geskiedenis was en so laat soos 1968 eers onwettig verklaar was. Die bedoeling wat ek eerder probeer oordra het is dat dit na die impuls verwys, soos gesien in die...

Oor Afrikaans en universiteite
Johannes Comestor - 2012-01-12
Richard van der Ross, die rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) van 1975 tot 1986, het in sy intreerede die wens uitgespreek dat hierdie inrigting by uitstek die werkersklas moet dien. Gedurende sy ampstermyn was die onderrigtaal van die UWK oorheersend Afrikaans. Hierna het die UWK ’n era betree waarin pro-ANC-politiek voorrang bo akademiese oorwegings geniet het. Die oogmerk was dat die universiteit nie uitsluitlik vir bruin studente mag bestaan nie, dus nie ’n apartheidsinrigting...

Cornelius se antitese-geloof
Kobus de Klerk - 2012-01-12
Cornelius antwoord op Dirk D se vraag of hy aan die Joodse godsdiens glo en (by voorbaat) die latere vraag of hy in die Christendom glo en sê dat hy aan niks glo nie, maar weerspreek homself dan onmiddellik deur te kenne te gee dat hy glo in ons almal se Almagtige Lewende Skepper se liefde en genade en in die openbaring daarvan in alle godsdiens op aarde. Wat hy dan eintlik sê, is dat hy wat Cornelius is, aan álle religieë op aarde glo – en juis dít is die probleem...

Vir Hans oor konvensie
Jan Rap - 2012-01-12
Hans, jy wat so hoog opgee oor buite die boksie dink, konvensie oorboord gooi, ek-is Hans-en-Hans-maak-wat-hy-wil-houding, jy gaan staan en raak die volgende kwyt: "n Mens kan nie metaan afblaas oor gebruik van Afrikaans en dan Engelse skrywers as verwysings aanhaal nie." Hoekom nie? Is dit konvensie? ’n Reël wat iemand vir jou neergelê het? La'k jou nou ’n ding vertel: ’n Mens kan. ’n Mens kan metaan afblaas oor die verval van Engels en Sanskritskrywers aanhaal...

Voëlvry as ’n tipiese “Afrikaanse hippie”
Hans Richardt - 2012-01-12
Die Voëlvry-era kan as die mees onlangse Afrikaanse hippie manifestasie voorgehou word, van “anti-establishment”. Dit sal beslis nie juis as ’n Angus Buchan charismatiese herlewing uitgelig word nie. Dit was ’n bevraagteken van die “totale aanslag” vs menseregte in SA. Tans voel ek as hippie, dat die wit man totaal afgeskryf is met wetgewing en tog bestaan ons tasbaar in SA. Ek het nie “politiek swart” geword nie, maar soos Johannes Comestor uitgewys...

Hans: Nog meer
Wouter - 2012-01-12
Hello Hans Verwys asseblief na my vorige brief, daarin bevestig ek dat ek nie ’n probleem met jou het nie en dat die kritiek wat ek wel geplaas het in die konteks van “koos sas” se stellings was en dat die kritiek eenmalig geopper was en dat die onderneming was om nie meer oor die onderwerp te skryf nie. Verwys ook na die brief wat 11 Januarie 2012 publiseer was, getiteld, “Hoekom Shakespeare”, waarin ek weereens bevestig dat ek nie krities teenoor jou staan nie....

Ek vra om verskoning – Johan du Plooy
Jaco Fourie - 2012-01-12


Beatniks tot hippies
Hans Richardt - 2012-01-12
Asb Maggie, is jy besig om ’n opsetlike wanindruk te skep op LitNet met KdK-weergawe van obsessie geloof gebaseerde tipe Waco, Texas of Charles Manson tipe “charismatiese hippie”? Beatniks wat gatvol was vir Billy Graham revival, waar demone uit hul uitgedryf moes word, het die “civil rights” en “women liberation” gedryf, na die totale aanslag era van McCarthy, wie ’n kommunis in alles gesien het en Billy Graham ondersteun het. Voeg hierby die toename...

Ek en Shakespeare
Hans Richardt - 2012-01-12
Ek het my hele lewe lank gesukkel met Shakespeare. Opgegroei met al Shakespeare se werke op boekrak. Eers in matriek in 1976 agtergekom met The Tempest dat jy net met die verklarende frase boek, die “plot” kan ontrafel. Dis soos om te vergeet dat die charismatiese Billy Graham en Martin Luther-King sy-aan-sy met die blommekinders (hippies) geleef het in VSA. Die “charismatiese kerke” het nie as reddingsboei na die tyd gekom nie, maar die karakter van die kerke was juis verander...

Kobus: (Gilgamesh) Terug in die loopgraaf?
Wouter - 2012-01-12
Hello Kobus, Gilgamesh, (Panda) Gilgamesh, verskoning indien die verwysing na jou oorgekom het asof jy alleenlik isoleer was, die bedoeling was egter om die loopgrawe waarin die onderskeie opponente hul bevind te identifiseer as verteenwoordigend van godsdiensdebat en dalk so enige ander tipe van debat waar daar geen ruimte vir ’n middeweg is waar argumente kan ontmoet, maar dit is ’n idealistiese versugting en nie hoe die werklikheid daarna uitsien. Alhoewel daar na Comestor en jy,...

’n Nota oor die "nuwe Christelike beweging"
Wouter - 2012-01-12
Hello Hierdie frase van FB verwys: tog wonder mens of hierdie nie ook die klimaat skep vir die vorming van ’n nuwe Christelike beweging, sodra die wroeging teenoor die bestaande kerklike strukture afgeskud is, en ons onsself uitgewoed het nie? Het my aan hierdie slotsom van ’n opstel onlangs gelees laat dink: The secularisation thesis actually happened, though not exactly in the way 20th century sociologists predicted. They thought levels of religiousity would decline as religion...

Oor die wedloop van die lewe
Kobus de Klerk - 2012-01-12
Die agnostici wat reageer op Oom OuKoos Voorkamer takel hom toe omdat hy dit sou durf waag om my te vra om eerder nie vêrder in die diskussies met die agnostici betrokke te raak nie. Uit sy brief aan my, was dit duidelik (vir my, altans), dat hy ongemaklik is met dié manier van Godsdienstige interaksie en dat hy eerder sou wou dat dit end kry. Nou word hy deur die agnostici daarvan beskuldig dat hy kwansuis debat en tweegesprek wil stopsit – wys jou net hoe die agnostici sukkel...

Die Bybel in Skandinawiese lande en elders
Cornelius Henn - 2012-01-12
Vir jare reeds word allerlei onderdrukking en verdagmakery van ander se aanbidding tot ons Almagtige Lewende Skepper buite die soort Protestantisme deur die werf se hoëpriester Kobus de Klerk en sy massa volgelinge gevoer. Ek kon dus nie anders as om ’n traan van dankbaarheid in my hart na die Hemel te stort toe ek in die Beeld vanoggend lees dat die Bybel vandag die topverkoper in Noorweë is nie. Johannes 3:16, ’n liefdesvers in verskeie tale en dialekte vertaal lees onder...

Gewete-herwinningsmakietie
Jacobus Faasen - 2012-01-12
glo min Mens Naaste was ’n agent van apartheid, vir skei, van Mens en Mens, deur “ras” en “klas”, struktuurgeweld, als wat so Self-destruktief was, staar Millennium Drie Mens na heel nuwe Stryd sing gelowiges voor, taamlik trots op hul dissipelskap, van “Duiwelspiek”, berustend, op Godsvyand se steun, o lief Aard’, gat Mens mede-Mens nog vir water vertrap, by kraan, spruit, stroom, fontein, rivier, op Planeet Een enigste blijfplek, o Aarde, ander...

Vir Gilgamesh: Dankie vir die ondersteuning
Angus - 2012-01-12


Vinnige vragie vir Jan Rap?
Francois Williams - 2012-01-12


Vinnige Vragie vir Dirk D?
Francois Williams - 2012-01-12


Panda het dit in die kol oor fabels (Kobus moet sy skoolgeld terugvra)
Angus - 2012-01-12
Didaktiese kuns of strekkingskuns is werke met ’n lerende, en moraliserende oogmerk, en dit kom in prosa- en po‘sievorm voor. Dit sluit oa die volgende in: sages, mites, fabels, legendes, sprokies en parabels of gelykenisse, soos dit in die Bybel bekend staan. Die fabel is ’n vertelling waarin diere, en dinge soos bome en plante as handelende wesens optree. Dit bied altyd ’n sedeles op aanskoulike wyse aan. Die moraal van die les kom meestal aan die einde van die storie, maar...

Gilgamesh: Oom OuKoos Voorkamer
Cornelius Henn - 2012-01-12
Hallo Gilgamesh Dis altyd gaaf om op iets van jou op die werf te kliek. Oom OuKoos Voorkamer herinner baie sterk aan PW Botha se stille meerderheid wat so die een Nasionale Party verkiesing na die ander laat wen het. ’n Mens het nooit juis van hulle in enige verkiesing stryd gehoor nie. Hul kruisie was net klokslag agter die wenparty wat vandag die groot verloor meegebring het. Vandag sit die meeste van hulle natuurlik oor die groot water iewers heen. Die res maak stilletjies hul rassistiese...

Afrika: Onbetwisbaar bakermat van wetenskaplike beskawing!
Ran Doodt - 2012-01-12
Dit is nou maar so dat rugby-belangelose mans graag spog oor spesifieke plekke as die bakermat van beskawing. Jan Rap het verwys na rioolwerke, veeteelt en wetenskaplike boerdery, en vir Westerlinge is beskawing sinoniem met sulke wetenskap. Die eerste plek op aarde met al hierdie rasionele wetenskap in een plek: veeteelt, rioolstelsel, wetenskaplike landbou, perdekarre en paaie, stads-en streekbeplanning, biblioteke en argiewe, realistiese kuns en skryfwyse, en gelyke regte vir meisies en vroue...

WOENSDAG; 11/01/12, ENIGSTE UITGAWE
Maggie van Eeden - 2012-01-11


Hoekom Shakespeare?
Wouter - 2012-01-11
Hello Hierdie is op geen manier ’n poging om ’n debat met Hans aan die gang te probeer hou nie, maar hierdie frase het wel die oog gevang, wanneer Hans skryf: “Ek het nog nooit sin in Shakespeare gesien nie, behalwe dat hy vrot gerook was aan dagga”. Laat dit dan so wees, daar is ’n verskeidenheid van maniere hoe die mens ongeletterd kan wees en ek is glad nie deel van die skool wat aanvoer dat ’n persoon net “beskaafd” is indien Shakespeare of letterkunde...

Die weg van die galg – Wouter
Jaco Fourie - 2012-01-11
Beste Wouter ’n Paar herinnerings vanuit vorige briewe van my met betrekking tot die doodstraf ... Jy skryf: “Dit (die bespreking oor die doodstraf) was grootliks ’n poging om die alternatief ook ’n spreukbeurt te gee, aangesien die begeerte vir doodstraf met soveel sekerheid aangebied is deur jou en ander.” Ek het geskryf: “Ek onderskryf (onwrikbaar) die doodstraf vir sekere misdade reeds in ’n vorige skrywe genoem. Jy in teendeel is teen die doodstraf...

Insake die ANC – Wouter en Jan Rap
Jaco Fourie - 2012-01-11
Beste Wouter en Jan Ek beantwoord albei briewe gelyktydig om tyd en spasie te bespaar. Wat blykbaar deur albei misgekyk is, is dat my brief nie oor die dade van die ANC en die Afrikaner partye, reg of verkeerd, oor die afgelope 100 gegaan het nie, maar oor die beginsels wat die ANC oor dieselfde tydperk suksesvol toegepas het wat die Afrikaner partye nie gedoen het, om te oorleef nie. My huldeblyk aan die ANC se 100 jaar bestaan is geensins ’n stelling van ondersteuning van die huidige...

ANC byna 20 jaar aan bewind – wederkoms naby?
Ran Doodt - 2012-01-11
Dank aan Jaco Fourie vir sy aktuele ANC-analise in agt punte. Dit is so dat die grootste stambelange beheer is. Beurte is gemaak: eers het Zoeloes die ANC beheer, toe Xhosas, en nou weer Zoeloes. Byna 50% van alle ANC-lede vandag is lede van hierdie twee Nguni-hoofstamme. Poligame President Zuma het onder andere redelik onlangs met ’n Madiba-sibbe dame getrou, en beïnvloed daardeur ’n beduidende Xhosa-bevolking. ANC-afgevaardigdes van Kwazulu-Natal en die Oos-Kaap kies as ANC-meerderheid...


<< 1 2 3 4 1370 >>