Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 >>

Tydskrif vir Geesteswetenskappe is vyftig jaar oud
Ina Grabe-Wolfaardt - 2011-12-15
Die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, gepubliseer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, is vanjaar ’n volle vyftig jaar oud. Die Redaksie het dit goedgevind om ’n feesuitgawe saam te stel ter viering van hierdie besondere mylpaal en om die Desembernommer van 2011 hiervoor opsy te sit. Ons dank aan die agtien medewerkers wat bereid was om in die bydraes in hierdie uitgawe terug te dink oor die afgelope vyftig jaar en, in die konteks van hulle eie belangstellingsveld of...

Nelle Dreyer by Protea Boekhuis Stellenbosch
2011-11-17


Boekbekendstelling: David Kramer – ’n Biografie
2011-11-15


Boekbekendstelling: David Kramer – ’n Biografie
2011-11-10


November is die maand om te skryf
2011-11-08


Deon en Anita Meyer stel 7 Dae en Kom eet bekend
2011-11-03


Boekbekendstelling: Jannie Mouton ''en toe fire hulle my''
2011-11-02


Boekbekendstelling: Sir David de Villiers Graaff
2011-11-02


Irma Joubert en Kerneels Breytenbach by Exclusive Books in Tygervallei
2011-10-25


Boekbekendstelling: Kronkelpad deur Irma Joubert
2011-10-25


Boekbekendstelling: Ons was daar
2011-10-20


Boekbekendstelling: Sirkusboere deur Sonja Loots
2011-10-19


Johan Bakkes by Protea Boekwinkel
2011-10-19


Boekpraatjie: Sonja Loots by Protea Boekwinkel
2011-10-18


Ongelowige geloof: Bekendstelling van Om te mag twyfel / Doubting Faith – Book launch
2011-10-12


Boekbekendstelling: In die withaak se skadu
2011-10-11


Johan Bakkes stel sy jongste boek Oepse daisy bekend
2011-10-05


Nuut by Naledi: Lang bene & lipstiek
2011-10-04
Lang bene & lipstiek Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses Riette Rust Uitgewer: Naledi Uitgewers Baie feministe sal sê dis ’n doodsonde om jou lang bene en lipstiek in te span om in jou werk te vorder. Maar nou bewys navorsing dit wérk! Die bekroonde joernalis Riette Rust skryf feitelik, boeiend en soms ook tong in die kies oor erotiese kapitaal, die nuwe gonswoord vir daardie X-faktor wat tot dusver onbeskryf is. Mens sou erotiese kapitaal kortliks kon opsom as...

Taalmuseum se “Ommietafel” vanjaar regstreeks op RSG
2011-09-22
Untitled Document Ommietafel met stories Die Taalmuseum, Historium Konferensiesentrum, Paarl Saterdag 29 Oktober Toegang: R200 Besprekings: www.cultivaria.com Die Taalmuseum in die Paarl bied op Saterdag 29 Oktober die vierde “Ommietafel met stories” as deel van die Cultivaria-fees aan. Dié storievertelprogram, wat in samewerking met LitNet aangebied word, sal regstreeks deur RSG uitgesaai word. Die program, wat van 12:00 tot 14:00 in die Taalmuseum se Historium Konferensiesentrum...

Chris Karsten se boodskap by die ontvangs van sy ATKV-pryse
Chris Karsten - 2011-09-22


LAPA Leeskring seminaar (Klein-Kariba)
2011-09-22
Untitled Document LAPA Leeskring seminaar (Klein-Kariba) Plek: ATKV Klein-Kariba Datum: 26-28 Oktober Koste: R950,00 Skrywers en sprekers sluit in o.a Pieter Aspe (bekende Vlaamse skrywer), Daniel Hugo, Marinda van Zyl, Christelle Webb-Joubert (RSG en boekeredakteur van Lééf), Corlia Fourie en vele meer. Kom geniet ’n Nederlandse film, musiek deur Valiant Swart en boekbesprekings van ongeveer 6 skrywers en sprekers. Bespreking is noodsaaklik. Jou kaartjie sluit...

LAPA Leeskring-seminaar
2011-09-22
Untitled Document Smul & gesels saam met LAPA skrywers! Plek: Bloemendal Restaurant (Kaap) Datum: 25 Oktober Koste: R350,00 Skrywers en sprekers sluit in Pieter Aspe (bekende Vlaamse skrywer), Daniel Hugo, Chanette Paul, Corlia Fourie, Karen Brynard, Madri Victor en vele meer! Bespreking is noodsaaklik. Jou kaartjie sluit in: ’n Heerlike ontbyt X4 Boekbesprekings Musiek deur Valiant Swart x2 boeke van enige twee skrywers op die program Boeke onder bespreking Die Midasmoorde...

ATKV-Woordveertjies 2011
2011-09-15
Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 9 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die vierde keer aangebied. Vyftien Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Die gasvrou vir die aand was Ruda Landman en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van...

Kennisgewing: Wie praat nou? nou beskikbaar
2011-09-13
Wie praat nou? – ’n Gids na die wêreld van geestelike energie Skrywer: T Goosen ISBN: 9780620482011 Dié boek is die eerste van ’n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit ’n spiritueel/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Ons gaan op die lange duur meeste van die aspekte van die lewe bespreek waaroor almal soms wonder en dan redeneer dat daar geen antwoorde daarop bestaan nie. Die hoër leringe wat u hierin gaan vind, is geensins aangepas om by mense...

Boekbekendstelling: Daai ding loop in jou bloed
2011-09-08
Protea Boekwinkel, Stellenbosch en Protea Boekhuis nooi u hartlik om te om deel in die bekendstelling van Daai ding loop in jou bloed. Saterdag 17 September om 11:00 Andringastraat, Stellenbosch (Net agter die Nuwe Letteregebou) Kom geniet ’n glasie van Delheim se beste en vra die outeurs om jou boek te teken! Iets oor die boek Die stories in hierdie boek gaan jou omklits. Jy gaan soms jou maag vashou van die lag, maar jy gaan ook gereeld ’n sakdoekie nodig hê om jou...

Boekbekendstelling: Dark Poppy's Demise en As jy 'n ster sien verskiet
2011-07-19


Lééf bring ’n gesonde porsie sielsverryking na die Vryfees
2011-06-30
Untitled Document Sielskalender-bekendstelling Die Kunstetrust Odeion, Bloemfontein 13 Julie 2011: 09h30 Toegang: Gratis (Besprekings noodsaaklik) Sielskalender, die nuwe inspirerende geskenkboek uit die pen van Elize Parker word op 13 Julie 2011 in samewerking met Lééf-tydskrif by die jaarlikse Vryfees in Bloemfontein bekend gestel. Vir enige reis is padkos een van die eerste dinge waarvoor ons sorg. ’n Happie energie is noodsaaklik om te verseker dat mens gefokus en wakker...

BK Publishing launces Shaggy: 14 Rather Amusing Rambles
2011-05-25


Verklikker – Waarheid. Leuens. Onheil
2011-05-25
Verklikker Leon van Nierop Uitgewer: LAPA ISBN: 9780799349573 Prys: R186.95 Klik hier en koop Verklikker nou van Kalahari.net! Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie. Dan is daar Ludwig...

Tom Lanoye se Sprakeloos wen ng ’n enorme prys
2011-03-10
Untitled Document Tom Lanoye Tom Lanoye is pas nog ’n keer vereer vir Sprakeloos, die uitsonderlike roman waarvan die Afrikaanse vertaling pas by Protea Boekhuis verskyn het. De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde het gister bekendgemaak dat hulle die gesogte Henriette Roland Holst-prijs aan Lanoye se Sprakeloos toeken. Die prysgeld beloop Euro 2 500 en daar is ook ’n oorkonde aan verbonde. Hierdie prys word al om die drie jaar aan ’n prosawerk toegeken. Poësie...

’n Fees van verkenning by die Afrikaanse stem- en boekefees
2011-03-08
Untitled Document DigSange: Afrikaanse stem- en boekefees Groenkloof-Ouditorium, Pretoria Sondag, 13 Maart: 14:30 Kaartjies: R120 (R100 vir studente en pensioenarisse) Besprekings: Computicket Sondag 13 Maart 2011 om 10:00 begin die boekefees en om 14:30 die stemfees by die Groenkloof-Ouditorium in Pretoria. Soos in Maart en Oktober 2010, het die fees weer ’n onvergeetlike smeltkroesprogram. Kunstenaars wat optree en wie se werk voorgestel word, sluit in Mimi Coertse, die Mannekoor...

Breyten Breytenbach se bundel die beginsel van stof word bekendgestel
2011-01-20


Alba Bouwer: Doyenne van jeugliteratuur is oorlede
2010-10-08
NB-Uitgewers is hartseer om aan te kondig dat Alba Bouwer op Dinsdag , 5 Oktober 2010, oorlede is. Sy was 90 jaar oud. Alba (Albertha Magdalena) Bouwer is op 16 Maart 1920 op ‘n plaas naby Vredefort in die Vrystaat gebore. Ná die dood van haar pa is die gesin terug na haar ma se familieplaas in Klein Drakenstein, naby die Paarl. Alba matrikuleer aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Na ‘n paar jaar as onderwyser het sy by die SAUK in Kaapstad begin werk...

Aanlynhandelaar Kalahari.net, eerste om nuwe bekendstelling in druk en elektroniese formaat te bied
2010-06-04
Aanlynhandelaar, kalahari.net, het hierdie week die eerste Suid-Afrikaanse handelaar geword om ’n nuwe, plaaslike publikasie in beide druk en elektroniese formaat op dieselfde tyd, teen dieselfde prys aan kopers bekend te stel. Aanlynkopers kan die nuwe Eugène Terre’Blanche biografie, Eugène Terre’Blanche – my storie, by www.kalahari.net koop as boek of as e-boek. Die e-boek is huidiglik eksklusief by kalahari.net beskikbaar. Volgens Gary Hadfield, hoofbestuurder...

Die nuwe Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme
2010-06-04
SAVI Boland, SATI Boland en USATI Boland bied aan: Inligtingspraatjie: Die nuwe Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme Deur: prof Jan Lochner, US Aangebied deur: SAVI Boland op 29 Mei 2010. Die Boland-afdeling van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (www.translators.org.za) nooi almal wat in Afrikaans oor mediese sake skryf na ’n praatjie oor die nuwe, hersiene Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme (WAG), deur prof Jan Lochner van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit...

R150 000 op die spel in LAPA se 2010 Afrikaanse Romankompetisie
2010-05-19
LAPA nooi alle Afrikaanse skrywers om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe lengte of tema nie en debutante sowel as reeds gepubliseerde skrywers kan deelneem. Die enigste vereiste is dat die manuskrip ’n nuutgeskrewe, oorspronklike Afrikaanse teks moet wees. Dit is vir LAPA uiters belangrik om kwaliteit Afrikaanse leesstof te publiseer en om Afrikaanse skrywers die nodige erkenning te gee. Die skrywer van die wenmanuskrip ontvang R100,000...

LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie
2010-05-19
LAPA nooi skrywers van jeugboeke om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar dit moet Afrikaanse tekste van 25 000 tot 45 000 woorde wees waarmee tieners kan identifiseer. Inskrywings moet alleenstaande enkeltitiel-jeugromans wees en nie deel vorm van ’n beoogde reeks nie. Die teikenouderdom is 13 tot 18 jaar. LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. LAPA bied graag tieners plaaslik...

Pieter Greef by Protea Boekwinkel (Stellenbosch)
2010-04-26


FilosofieKafee
2010-03-25
FilosofieKafee Vrydag: 26 Maart 2010 vanaf 19:30"Waarom VERSET, selfs in ‘n regstaat?" - Willie SpiesDie regstaat in Suid-Afrika is onder beleg. Hofbevele word deur die staat verontagsaam, haatspraak word algemeen en minderhede voel meer en meer uitgelewer aan die genade van die meerderheid.Maar wat staan ons te doen? Hoe kan ons die regte wat vervat is in die grondwet gebruik maar terselfdertyd vordering maak op die pad na ‘n veilige leefruimte in Suid-Afrika? Wat is die rol...

Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2009 se wenners aangekondig
2010-03-18
Sanlam loop al vir jare ’n kreatiewe en opwindende pad saam met Tafelberg-Uitgewers. Uit dié unieke verhouding spruit daar elke twee jaar nuwe jeugboeke in Afrikaans, Engels en Afrikatale: die wenboeke in die twee-jaarlikse Sanlam-prys vir Jeuglektuur. Die wenners vir 2009 is op 17 Maart 2010 by ’n spoggeleentheid by die Officers’ Club in Century City aangekondig. Die tema vir die wenverhale sowel as die aand was humor en met komediant Marc Lottering as seremoniemeester...

Nuwe titel: Nuwe stemme 4 · Saamgestel deur Danie Marais & Ronel de Goede (Tafelberg)
2010-03-05


Nuwe titel: Padmaker · Christine Barkhuizen le Roux (Human & Rousseau)
2010-03-05


Woordfees: onse mense bekendstelling en voorlesing
2010-03-01


Marlizé Kruger aangestel as OFM se besigheidsbestuurder
2010-02-02
Bloemfontein - 2 FEBRUARIE 2010 - Marlizé Kruger, voormalige feesbestuurder van die Aardklop kunstefees is aangestel as OFM se besigheidsbestuurder vir die Noordwes. Kruger is ‘n bekende en gerespekteerde inwoner van Potchefstroom. In haar loopbaan het sy al verskeie hoogtepunte ervaar en suksesse bereik. Behalwe, dat sy haar eie regsfirma bedryf het, was sy ook al drie keer onder-burgemeester. Sy het ook die afgelope vier jaar as feesbestuurder van Aardklop ‘n baie groot rol gespeel...

Holderstebolder se Vita stories in Afrikaans om kinders te help met lewensvaardighede
2009-11-24
Wat is VITA STORIES? Die VITA STORIES reeks bestaan uit 24 stories en inkleurprente wat spesiaal ontwikkel is om kinders met lewensvaardighede te help. Elke storie behandel ’n ander sosiale kwessie wat relevant is tot kinders in die ouderdomsgroep 5 tot 9. Die kwessie word dan verder aangespreek en behandel aan die hand van ’n lysie vragies oor die storie. Hierdie vragies is spesiaal gestruktureer om individuele gesprekke of klasgesprekke uit te lok en te stimuleer. Met behulp...

Boekklub vir kinders en tieners
2009-11-24
Holderstebolder Boekklub Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB! Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ’n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ’n spanningsvolle riller. Die boeke word in die middel van elke maand, vanaf die maand wat jy jou bestelling plaas, deur middel van die Suid-Afrikaanse...

Prinsloo versus
2009-10-20
Skrywer/Author: Meyer, Adriaan Price per Unit (piece):R175.00 Binding: Sagteband Illustrasies: Geen ISBN: 9781869192525 Publikasiejaar: 2009 Bladsye: 144 Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as ’n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: ’n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná...

Bekendstelling: As almal ver is
2009-10-12


Clinton V du Plessis se nuutste digbundel, Gedigte, talk show hosts & reality shows, is nou beskikbaar
2009-10-08
Clinton V du Plessis se nuutste digbundel, Gedigte, talk show hosts & reality shows, is nou beskikbaar. Du Plessis se vorige digbundel het in 1996 verskyn. In sy nuutste bundel is hy steeds besig om ondermynend te werk met konsepte soos die estetika van boeke, taal en poësie. As jy vooropgestelde idees oor enige van die konsepte het, vermy dan liefs die publikasie. Die bundel sal nie in boekwinkels beskikbaar wees nie en is uitgegee deur Ama-Coloured Slowguns. Dit kan bestel word teen R100,00...

LAPA-Uitgewers stel bekend: My eerste woordeboek
2009-10-02
’n Vrolike en prettige woordeboek vol kleurryke illustrasies. Maklike woord-prent-assosiasies word in vier tale, Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie. DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER Maja Sereda is oorspronklik van Pole maar woon reeds sedert 1989 in Suid-Afrika. Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en is 29 jaar oud. My eerste woordeboek...


<< 1 2 3 >>