Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Skryfsake | Writing matters


<< 1 >>

Eben Venter: Hoe maak 'n mens tyd om te skryf?
Eben Venter - 2010-03-09
Die obsessie – ek raak obsessief met ’n storie. Op reis of in die kleinhuisie of selfs as ek ’n koolkop van die rak af lig, kry ek idees wat tot daardie storie behoort. By die huis skryf ek die vars idee op ’n kaartjie en plaas dit terug op sy plek in die boks. As ek die gedagte nie dadelik neerskryf nie, vergeet ek dit. En as ek nie obsessief oor die storie is nie, vervaag hy. Die prioriteit – ek máák tyd om aan my storie te werk. Soms word daar van...

Marita van der Vyver: Hoe maak 'n mens tyd om te skryf?
Marita van der Vyver - 2010-03-09
Iemand het op ’n keer gesê as jy ’n taak gou en goed gedoen wil hê, vra ’n werkende ma om dit vir jou te doen. Ek glo nogal daaraan. Dis ’n geval van nood leer bid. Of honger help skryf. Vandat ek kinders en stiefkinders het om te voer en te versorg, skryf ek met veel meer drif en dissipline as toe ek ’n selfsugtige alleenloper was. (Waarmee ek nie beweer dat alle alleenlopende skrywers selfsugtig is nie, maar ek was.) Voor die koms van my kinders kon...

Bernard Odendaal: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Bernard Odendaal - 2010-02-19
Was daar maar ’n wonderoplossing. Soos meer van die ewigheid in hierdie alte tydelike werklikheid ... Maar waardeur ons waarskynlik minder die drang sou gevoel het om iets in kuns te bestendig. Eenkeer by ’n poësiewerkswinkel het ons deelnemers die Afrikaanse BOS-beginsel in skryfproduktiwiteit gepatenteer, as ekwivalent van die Engelse “ABC (Apply Bottom to Chair) principle”: Bas Op Stoel! Maar dis makliker gesê as gedaan as verse nou nie juis vir brood...

Lucas Malan: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Lucas Malan - 2010-02-19
Eintlik vind ek dit nog altyd moeiliker om tyd te kry vir lees as vir skryf. My skeppende produksie is betreklik skraal en word nie deur ’n program of voorneme gerig nie. Embrionale “gedigte” meld hulle onverwags by my aan en is grootliks die gevolg van ’n betekenisvolle waarneming of ervaring. Daardie “invalle”, soos Hennie Aucamp dit noem, kan binne enkele ure of eers jare ná die waarneming kom. Ek vermoed dit hang af van hoe paraat die geheuebank...

Henning Pieterse: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Henning Pieterse - 2010-02-19
Ek ken geen skrywer wat genoeg tyd het om te skryf nie. Jy moet gewoon skryftyd skep op ’n daaglikse basis. Sommige skrywers floreer tussen 03:00 en 06:00, ander weer tussen 22:00 en 02:00. Daar is net ’n paar skrywers van wie ek weet wat die luukse het om ’n hele of halwe dag ononderbroke te kan sit en werk en dan nog tyd oor het vir redigering. Ek probeer elke dag iets skryf - of dit nou ’n beeld is wat later deel kan word van ’n gedig, ’n skets van ’n...

Wilna Adriaanse: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Wilna Adriaanse - 2010-02-19
Ek sal graag die vraag wil omdraai en vra hoe kry skrywers dit reg om tussen hulle skryfwerk nog besige lewens ook te lei, want ek sukkel soms daarmee. Vir my is skryf ’n jaloerse proses en al beplan ek hoe deeglik, beland ek met elke boek in ’n stadium dat ek my dikwels aan vriende, familie en die wêreld onttrek en die grootste gedeelte van my dae in ’n gedagtewêreld saam met fiktiewe karakters deurbring. En selfs die tye dat ek nie agter die rekenaar sit nie,...

Carina Stander: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Carina Stander - 2010-02-19
Daar is drie dinge waarsonder ek nie kan skep nie: verbeelding, stamina en ’n sperstreep. Verbeelding is wat dit is: ’n binnesintuig. Stamina is ’n soort hardkoppigheid, ’n single-minded wil om aan te hou skep, of mens nou wil of nie. ’n Sperstreep, of deadline, is ’n grens wat ek skep en waarby ek eenvoudig hou. Want wanneer die wilde perde van verbeelding deur my tuin hardloop, is daar ’n tyd om hulle te ry en ’n tyd om hulle tot rus te bring....

Zandra Bezuidenhout: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Zandra Bezuidenhout - 2010-02-11
Daar is twee maniere: Jy skeep jou “gewone” werk en ander dagtake af. ’n Bepaalde onderwerp, insig of invalshoek meld hom soms so sterk aan dat jy dit nie kan, wil of durf ignoreer nie. Uit ondervinding leer jy hoe vlugtig sulke momente is. Dan steel jy willens en wetens tyd – en vergeet van die gevolge. Dit vra ’n (lekker) soort roekeloosheid. Jy offer slaap op. Eintlik ideaal as die hele wêreld om jou snork en jou kop gaan al oper. Die vaak wyk in...

Andries Bezuidenhout: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Andries Bezuidenhout - 2010-02-11
Ek weet nie. Ek kry heeltemal te min tyd vir skryf. Ek skat vir voltydse skrywers wat hul brood met net hul woorde verdien, is dit ’n meer filosofiese vraag oor dinge soos inspirasie. Vir my is dit ’n praktiese kwessie van tyd inruim tussen navorsing, akademiese skryfwerk, musiek en skilder. In die verlede het ek happe tyd ingeruim deur verlof te neem en na ons huis in Trompsburg toe te gaan. Maar daar is ’n iesegrimmige tuin wat hande uitruk, wispelturige krane weens swak...

Joan Hambidge: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Joan Hambidge - 2010-02-11
Baie eenvoudig. Ek werk ekonomies met tyd. My mantra is: kom tot die punt; en op my kantoordeur staan “Please knock and wait” – wat beteken dat mense my nie moet onderbreek terwyl ek skryf nie. Geen Coleridge-oomblikke nie. Wag tot ek roep: “Binne!” Studente spreek my per afspraak en moet laat weet hoekom hulle my wil spreek. Ek staan soggens vroeg op en skryf. Ek skryf die hele dag. Op agendas en notules – nou onlangs ’n vers geskryf op die notepad...

Deborah Steinmair: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?
Deborah Steinmair - 2010-02-11


Ontdek Afrikaans by hAp
2008-05-05
Kursus: Afrikaanse Digkuns I: Woordgenot!Kursusinhoud: Agtergrond en geskiedenis van die Afrikaanse digkuns, die verskillende bewegings in die Afrikaanse digkuns, Hedendaagse digters, besinning en oorsig.Vir wie: Op soek nou jou eie stem – hierdie kursus is net wat jy nodig het. Hierdie kursus gaan jou aan die skryf kry – of jy nou ‘n ernstige digter is of net vir die lekkerte skryf.Mentor: Prof Ian RaperDuur van kursus: 4 Saterdae vanaf 09:00 – 14:00Datum: 3, 10, 17, 24...


<< 1 >>