Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Resensies | Reviews > Afrikaans > Biebouw-kommentaar

Biebouw-kommentaar


<< 1 >>

Kommentaar: Verbode Drif deur Irma Joubert
Alta Cloete - 2009-07-13
Ek wil net graag daarop wys dat Verbode Drif se eerste uitgawe alreeds in 2006 verskyn het. Dit is dus nie ʼn splinternuwe boek soos die skrywer van die resensie beweer nie.Ek dink ook nie die boek is enigsins bedoel om letterkunde te probeer wees of op metafisiese vlak ontleed te word nie. Dit is aanvanklik as historiese romanse in Lapa se Romanza-reeks gepubliseer en dit is wat dit is - ʼn lekkerlees boek met ʼn geloofwaardige held en heldin, waarin die liefde alle struikelblokke oorwin. Die einde...

Die boek van Ester, Malene
Herman Wiid - 2008-12-17
Malene, Die teendeel is waar. Ek noem nêrens van die Ira se betrokkenheid by politieke toesmeerdery nie, niks van Ester en Samuel se "romanse" in Londen of haar reis na Beirut nie, asook bitter min van die internasionale sindikaat wat vir baie drama in die verhaal sorg. Ek gaan ook nie eers in detail in oor die komplekse romantiese (as jy dit dan so wil noem) verhouding van die twee hoofkarakters nie. Al aspekte waarop ek gefokus het in die resensie is die broodnodige verhaallyne...

Geboorte is 'n ongerief deur Johan Steyn
Bertha le Roux - 2008-04-29
Ek skryf hierdie kommentaar nie in die raamwerk van digteres of skryfster nie, maar as akademikus, vriendin en dus iemand wat die werk van Johan Steyn kon waardeer net soos dit is. Vir my hou sy werk glad nie verband met dié van Steve Hofmeyr nie. Die gedigte in hierdie bundel raak 'n mens se binneste diep, bv "Kinderlike ongeloof" op bl14, "In Memoriam " op bl 16, "Psigiatrie" op bl44 en "Ons Tuis" (bl 63). As jy Johan se storie geken het en begrip...

Hemelse hel of Helse hemel?
Mariska Marais - 2008-03-17
Loftus Marais se resensie oor Martinus De Beer se debuutroman Hemelhel kan maklik as onoortuigend beskryf word. Hoewel ek saamstem met Marais se uitlating dat resensies dikwels ingeprek en gebrekkig is, is sy sg “eksperiment” nie juis suksesvol nie. Menings verskil egter.Marais voel dit gepas om twee uiteenlopende resensies oor hierdie debuutroman te skryf. Die resensies word dus verdeel in twee dele nl. “Hel” en “Hemel”. In die eerste resensie lig Marais die negatiewe...

Vergelyking van Johan Anker se resensies
L Hough - 2008-03-17
Met die lees van die drie resensies van Johan Anker - "Die Blou van ons Hemel: Al die elemente van ʼn spanningsroman, maar…", "Chinchilla: aangrypende roman oor trauma" en "Dié Jakkals laat jou vinnig lees") kom dit sterk na vore in watter genre dié resensent belangstel. Die algehele probleem wat voorkom is ‘n tipe snobistiese eienskap van sy “hoëre” kennis van spanningsverhale. Die ironie wat ek hierin vind, is dat sy...

Polaroid-resensie het my geboei
BE Smit - 2008-03-17
Nadat ek al die Biebouw-resensies deurgelees het, was daar egter een wat my geboei gehou het. Dis die resensie van Tom Dreyer se kortverhaalbundel, Polaroid, deur Louise Viljoen. Die opskrif is treffend, wat die nuuskierigheid in die leser sal opwek om verder te lees oor die ‘binnelandskappe’ van hierdie karakters. Viljoen gee relevante inligting deur aan die leser oor die skrywer. Sy verwys ook na sy vorige werke, wat belangrik is vir die leser wat voorheen dalk al een van sy vorige...

Kommentaar op die resensie van Marius Crous: “My sonde: ek is vrou, ek is Boer, ek haal asem”
Annelien van Huyssteen - 2008-03-03
Die oomblik toe my oog die opskrif vang – “My sonde: ek is vrou, ek is Boer, ek haal asem”, was my brein onmiddelik geprikkel. As iemand wat soms taamlik sterk voel oor vroueregte, maar tog nie myself as 'n feminis sal beskryf nie, het hierdie titel my dadelik laat wonder oor wat presies Crous in hierdie resensie gaan kwytraak.Ek was dadelik beïndruk met sy verduideliking van hoe relevant Pat Stamatélos se boek (Die val van die dice) se titel is. Crous se mededeling...

'n Teenstrydige resensie wat sin maak: HemelHel
S Baard - 2008-03-03
Ek vind Loftus Marais se benadering tot sy resensie van HemelHel interessant. Hy beweer dat dit moontlik 'n goeie strategie is vir 'n resensie oor 'n boek wat teenstrydige gevoelens uitlok.Eerstens dink ek dat dit slim was om die boek se titel te gebruik om die twee dele van die resensie te benoem. Dit maak die resensie van die begin af interessant, en die leser se nuuskierigheid dwing hom om aan te lees en die twee resensie-afdelings met mekaar te vergelyk.Ek het gewonder of Marais daarin sou slaag...

Chinchilla, geresenseer deur Johan Anker
Jody Nel - 2008-03-03
Nanette van Rooyen se Chinchilla mag dalk 'n aangrypende roman wees, maar Johan Anker se resensie is glad nie so aangrypend nie. Voordat die negatiewe aspekte van Anker se resensie uitgewys word, moet daar gesê word dat die man weet waarvan hy praat. Dit is heel duidelik dat Anker insig toon waaroor Van Rooyen se roman gaan. Daar is nie juis enige probleme met die inhoud van die resensie op sigself nie. Die probleem lê wel met die tegniese aspek van die resensie. Mens moet immers “strategiese...

Glashelder: kommentaar op Izak de Vries se resensie
Anchen Wobbe - 2008-03-03
Reeds met die inleiding van De Vries se resensie is dit duidelik dat hierdie nie, soos met baie ander ietwat vervelige resensies, 'n ongemaklike splinter in jou voet gaan wees om te lees nie. Die inleiding van De Vries is net soos hy die bundel beskryf – sonder pretensie. Dit boei mens dadelik en mens wil graag verder te lees. Die hele resensie is in so 'n gemaklike trant geskryf, dit voel of De Vries langs 'n lekker skaaptjoppie op die kole die boeke bespreek en dit is waar die verskil lê...

Kommentaar op Chinchilla-resensie: aangrypende roman oor trauma
E Brink - 2008-02-28
Resensie, dit is mos ʼn advertensie? Nie ʼn kom-ons-verveel-die-leser sessie nie! Die resensie deur Johan Anker oor die boek Chinchilla, wat geskryf is deur Nanette van Rooyen, het enige slaaptydstorie wat my ma al ooit vir my gelees het by verre geklop; dit was amper erger as Chemie-klasse, en dít is erg!ʼn Openingslyn met skop het glad nie hier verskyn nie. Die probeerslaggie op ʼn alternatiewe openingsparagraaf het ook geflop en is onvanpas. Die een-sin-agtergrondskets van...

Kommentaar op Johan Anker se Chinchilla-resensie
Solette Stander - 2008-02-28
Johan Anker se resensie oor van Rooyen se debuutroman, Chinchilla, het my opnuut laat wonder oor die mate van kritiek wat in ʼn resensie nodig is. Johan Anker is net vol lof vir die skrywer se debuutroman – van die oorspronklike taalgebruik tot die diepliggende karakterisering.Ek is van mening dat die resensent ʼn balans tussen positiewe kommentaar en opbouende kritiek moet handhaaf. Dié met ʼn bietjie letterkunde tussen die ore, lees ʼn roman nie vir ʼn slaaptydstorie...

Ek gaan Johan Anker verkeerd bewys!
Thelmé van Zyl - 2008-02-28
In Johan Anker se resensie van Die blou van ons hemel stel hy dat "elke leser self sal moet bepaal". Dit is dan juis hoekom lesers die resensie lees – sodat hulle inderdaad nie "self" sal hoef te bepaal nie, maar die resensent, Anker, se opinie kan volg. Die opskrif van die resensie insinueer dat die skrywer, Quintus van der Merwe, goed vertroud is met al die elemente van 'n spanningsroman en dat dit ook inderdaad dié genre van die boek is. In die openingsparagraaf...

Kommentaar op Marius Crous se resensie van Die val van die dice deur Pat Stamatélos
Rezel van der Merwe - 2008-02-28
ʼn Web wat die aandag van mense met feministiese neigings sal vang.Marius Crous het daarin geslaag om die teikenmark van die boek goed vas te vang in sy resensie, “My sonde: ek is vrou, ek is Boer, ek haal asem”, oor die boek Die val van die dice deur Pat Stamatélos. Die teikenmark kan gesien word as vroue in die algemeen, veral vroue wat onderdrukking ervaar as gevolg van kulturele konvensies. Die resensie wakker woede binne die leser aan, omdat dit wat vertel word teen die...

Kommentaar op Die val van die dice-resensie: Geheime verklap!!
Alma Jacobs - 2008-02-28
Marius Crous het op die 11de Februarie 'n resensie oor Pat Stamatélos se roman, Die val van die dice, geskryf. Hy begin heel goed en vertel van die skrywer se vorige boek en dat hierdie een daarop volg. Ons (die leser) word ook vertel waar die titel sy oorsprong het en hoe dit by die sentrale tema aansluit. Dr Crous analiseer ook vir ons die voorblad van die boek en ek moet sê dat ek redelik beïndruk was daarmee! Ek het dadelik besluit om hierdie boek te koop, omdat dit so interessant...

Word Onsigbaar, nooi Gouws jou in sy resensie
Corneli Nel - 2008-02-28
Elke leser word in dié prettig leesbare resensie uitgenooi om deel te wees van ʼn spanningsvolle jaagtog. Jy wil jou tekkies aantrek en die avontuur begin saam met Lemmer en Emma, ʼn avontuur hunkerend na veiligheid, antwoorde en oplossings.Sommer in die tweede paragraaf, so met die intrapslag, word die leser ʼn lys gegee van al die verhaal se bestanddele. Mens wonder dadelik, want daardie rits bestanddele kan όf ʼn vervelige cliché-brousel afgee, όf ʼn...

Kommentaar op Chinchilla-resensie ...
Marlies Haupt - 2008-02-28
Ek glo in die mag van resensies – 'n goeie resensie neem my reguit boekwinkel toe. Johan Anker se resensie oor Nanette van Rooyen se debuutroman Chinchilla was egter vir my teleurstellend. Resensies moet 'n nuwe boek aan 'n breë spektrum potensiële lesers bekendstel. Ek het reeds met Johan se openingsparagraaf belangstelling verloor – die aanhaling wat hy gebruik om die woord 'trauma' te definieer is veels te lank, in Engels, en beslis nie doeltreffend om my as leser se aandag...

Kommentaar oor Hemelhel-resensie
LLM Hesqua - 2008-02-27
Ten eerste word die komplekse boek met die teenstrydige titel in twee resensies verdeel om dit vir die resensie-leser te vergemaklik. Net soos in die twee uiteenlopende resensies waar eers 'hel' en dan 'hemel' bespreek word, gaan daar kommentaar gelewer word op albei resensies. In 'hel' kan daar baie duidelik gesien word hoekom die resensent besluit het om dit so te noem. As motivering van die titel word daar veral gekyk na die hoofkarakter se psigiese toestand. Dit is egter soos die resensent sê,...

Chinchilla-resensie: geen trauma in my ge-Anker
Janike Cronje - 2008-02-27
Met die eerste oogopslag van die resensie van Johan Anker oor die roman, Chinchilla, geskryf deur Nanette van Rooyen, weet die leser dadelik dat die roman handel oor trauma en die verwerking daarvan. Die titel is kort en kragtig. Dit stel die styl van die resensie, en ook die roman, op ʼn gepaste manier voor.Die aanhaling van Onno van der Hart aan die begin van die resensie help die leser om die verwerking van trauma deur die karakters beter te verstaan. Dit werp lig op die keuses en optredes...

Louise Viljoen: tyd vir nuwe Polaroids?
Stefan Prins - 2008-02-27
Louise Viljoen se resensietegniek verdrink my in perfeksie. In haar resensie van Tom Dreyer se kortverhaalbundel Polaroid kom sy met, soos Afrikaanse krieketkommentators dit dikwels kwytraak, “teksboek-spel” na vore.Haar styl is sistematies en georden. In die eerste twee paragrawe verskaf sy die nodige en nét die nodige agtergrondinformasie deur Polaroid met Dreyer se ander romans, sowel as kortverhale deur ander skrywers, te vergelyk. Sy gee deurgaans kort, vloeiende interpretasies...

Kommentaar op Glas-resensie
Ronelle van der Merwe - 2008-02-27
Izak de Vries prys JM Gilfillan se nuwe kortverhaalbundel Glas behoorlik in die resensie, “Glas: Twintig lekker stories”. Dit is Gilfillan se vyfde boek en bevat, volgens De Vries, “gestroopte verhale”. Hy meen dat hierdie “bundel oor mense en hulle geliefdes” ʼn welkome tematiese afwisseling van onderwerpe rakende die “nuwe Suid-Afrika, die ANC en vlakke van misdaad” is. Ek wil egter hier van hom verskil aangesien ʼn verhaal wat hierdie aspekte...

Crous slaan die spyker op die kop
C Gous - 2008-02-27
Die resensie deur Marius Crous oor Pat Stamatélos se boek, Die val van die dice, het onmiddellik my aandag getrek. Eerstens omdat dit handel oor 'n vrou wat trou met 'n Griek, hoewel hy nie die Griek was op wie sy verlief geraak het nie. Ek vind dit baie vreemd dat sy met Laki Pap-pasani se broer getrou het, al was hulle ontmoeting volgens die boek baie spectacular.Tweedens trek Suid-Afrikaanse geskiedenis en veral Apartheid my aan soos 'n mot na 'n vlam. Volgens my het Marius Crous homself...

Kommentaar op Glas-resensie
Carline Jansen van Nieuwenhuizen - 2008-02-27
Izak de Vries gee 'n goeie en deeglike oorsig oor die bundel kortverhale, Glas. De Vries is duidelik ingenome met die temas wat deur al die kortverhale vloei en hoe dit intertekstueel verbind word. Dit is tog moeilik om dieselfde tema oor en oor te gebruik, sonder om te klink asof jy neul. Wat ek waardeer het was dat hy volledig 'n agtergrond gegee het oor die skrywer en haar oeuvre. Dit is nuttige agtergrondinligting, veral indien die skrywer onbekend is aan die leser. Izak de Vries se resensie...

Kommentaar op Louise Viljoen se resensie van Polaroid
Gertruida Grové - 2008-02-18
Louise Viljoen se openingsparagraaf trek onmiddellik die leser se aandag aangesien sy sonder meer inval deur te verwys na Dreyer se vorige romans. Die feit dat sy interessante aspekte van die eerste twee romans – naamlik “karakters”, “filmiese detail”, “geweldstonele” en karnavalagtige eindes”, sowel as die ruimtes waarin die romans geplaas is, beskryf, laat die leser wonder waarmee Dreyer in die nuwe boek vorendag sal kom. Die inleiding is treffend...

Kommentaar oor Johan Anker se resensie van Die blou van ons hemel
Liezl Prinsloo - 2008-02-18
Die taak van die literêre kritikus word op verskeie wyses omskryf. Eenvoudig gestel kan ons verduidelik dat dit die taak van die literêre kritikus is om letterkundige werke te analiseer, te interpreteer en bekend te stel aan die publiek. Die kritiek of kommentaar van die kritikus of resensent is geslaagd as dit op so 'n wyse gelewer word dat dit vir die gewone leser (met ander woorde nie-vakkundiges) toeganklik is. In my opinie verrig Johan Anker sy taak voldoende in sy resensie rakende...

Hemelhel - Kommentaar op twee resensies
SM Koopman - 2008-02-18
Resensies het voorwaar ’n groot invloed op die gewildheid van ’n boek. Na aanleiding van Marais se resensies het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom: Die manier waarop ʼn boek geresenseer word kan maklik mense beїnvloed om ’n boek te koop al dan nie. Nadat ek die twee resensies gelees het, het ek besef dat mens werklik die boek goed moet deurlees om soveel te kan kwytraak. Die resensie wat op die positiewe kant van die boek gefokus het, was nogal in die kol. Die simpatieke...

Kommentaar op Louise Viljoen se resensie oor Die boek van toeval en toeverlaat, geskryf deur Ingrid Winterbach
Lindi Verschuur - 2008-02-18
Ek lees en ek lees weer! Ek dink en ek dink weer, maar my logiese denkprosesse laat my gruwelik in die steek en verhoed my om daardie bevredigende punt te bereik waar dinge vir my sin maak en ek presies weet waarheen ek oppad is met hierdie boek wat vir my so duister voorkom. Dit is Ingrid Winterbach se Die boek van toeval en toeverlaat. Mismoedig gryp ek na Louise Viljoen se resensie van hierdie boek.Skielik besef ek presies hoé belangrik en noodsaaklik ʼn goeie en volledige resensie...

Desmond Painter se bespreking van Siegfried ontoeganklik
Rudolf Stehle - 2008-02-15
Desmond Painter se resensie van Willem Anker se debuutroman, Siegfried, is beslis nie ʼn lesersvriendelike resensie nie; in elk geval nie vir die nie-akademiese leser nie. Siegfried, bygesê, is ʼn komplekse werk en tot Painter se krediet moet gesê word dat hy alles in sy vermoë doen om die roman se raakpunte met die teorieë van Deleuze en Guattari aan die oningeligte leser uit te lig. Desnieteenstaande faal hy myns insiens daarin om die leser se aandag te behou om twee...

ʼn Ietsie vir almal
Alison Stander - 2008-02-15
Loftus Marais se eksperiment om twee resensies van die boek Hemelhel te plaas, bied nie net ʼn kritiese kykie van wat in die boek aangaan nie, maar ook ʼn opheffende blik op die boek.Was die eksperiment geslaagd? Wel, ja, dit laat die leser op twee verskillende vlakke identifiseer met die boek, maar juis omdat die resensies so verskil van mekaar, laat dit toe dat die leser twee keer moet dink oor hoe hy of sy die boek sou oordeel. Die vraag “Met watter resensie ek as leser beter identifiseer?”...

Kommentaar op Chinchilla-resensie: aangrypende roman oor trauma
N Smuts - 2008-02-15
Johan Anker se resensie, “Chinchilla: aangrypende roman oor trauma”, het ware leesgenot aan hierdie leser verskaf. Die resensie is verder ʼn leersame maatstaf vir enige voornemende resensent.Die titel van die resensie verskaf bepaalde inligting aan die leser. Die leser weet dus dadelik dat die roman sy of haar aandag sal hou en dat die roman oor traumatiese gebeure handel. Deur na die titel te kyk, weet die leser dus dat die resensie ʼn positiewe vorm sal aanneem. Hierdie inligting...

Kommentaar op Polaroid-resensie
Jana van Wyk - 2008-02-15
Louise Viljoen is soos ʼn gunsteling tannie wat jou oornooi om resensie-koekies in Tom Dreyer se karavaan te gaan bak. As meestersjef word die presiese bestanddele versamel om die aanloklikste brousel te vervolmaak.Sy ken haar storie en tyd vir doekies omdraai bestaan nie. Sy benader die resensie-beslag sistematies, georganiseerd en volgens die boek. Sy prikkel jou belangstelling eers met geure van Dreyer se vorige werk. Sy laat proe jou selfs aan resensie-koekies van Botha en Fouché om...

Dié jakkalsresensie laat vinnig snork
Chrisanth M Rosant - 2008-02-15
Ek het nog altyd gemeen 'n resensie moet die leser tot 'n sekere mate tot aksie laat oorgaan of ten minste 'n bietjie reaksie uitlok. Na die lees van 'n resensie moet die leser óf sy koerant netjies opvou en sorg dat hy by die naaste Exclusive Books uitkom, óf 'n rukkie wag en dan by die volgende familiebraai maak asof hy die boek self gelees het en eenvoudig net die resensent direk aanhaal sodat hy (die resensieleser) kan lyk asof hy die een is met die kritiese oog. (Moenie so verbaas...

Johan Steyn se Geboorte is 'n ongerief - sentimente sonder sin of l'art pour l'art?
Marelize Ferreira - 2008-02-15
Om 'n digbundel te resenseer, verg die vaardigheid om onderskeid te tref tussen goeie digkuns en sentimentele rymelary. Dit is onvermydelik om 'liedjieskrywertjies' van die ware digters te onderskei, maar die boekemark bly 'n sambreel vir beide soetsappige lettervraat en ernstige letterkundige.Alhoewel Crous 'n goed deurdagte oordeel vel, plaas hy die bundel reeds na die inleiding in 'n 'middelklas-genre'. Die verse uit Steyn se bundel word oa in dieselfde 'genre' as die lirieke van Steve Hofmeyr...

Hierdie jakkals is mak ... of hoe?
Carla Ellis - 2008-02-15
Nooit sou ek kon dink dat ek resensies op LitNet sou lees nie, en minder nog my eie mening lug oor gevestigde resensente se werk. Groot was my verbasing dus toe ek intense belangstelling toon in Johan Anker se resensie, "Dié jakkals laat jou vinnig lees".Anker slaag daarin om 'n kort, dog doeltreffende, oorsig te gee in sy inleidende paragraaf, wat onmiddellik my aandag geprikkel het. Hy lig die belangrikste aspekte van die verhaal uit, sodat die leser 'n presiese idee kan kry van...

Uiteindelik ʼn resensie wat hemels is
Stephan Meyer Jnr - 2008-02-15
Liewe hemel! Soos die spyskaart in enige kitskosrestaurant kry Loftus Marais se eksperimentele resensie oor Marthinus de Beer se Hemelhel dit reg om elke resensie-leser tevrede te stel. Jy kan immers kies watter informasie jy na die ‘komplekse leeservaring’ wil neem en, ten spyte van wat jy op die ou end van De Beer se boek dink, of dit nou hemel of hel was, Marais was reg.Dié resensent weet dat ’n finale oordeel een van die belangrikste elemente van ’n resensie is....

Lenelle Foster – ʼn resensent om dop te hou
Philicia Potgieter - 2008-02-15
Lenelle Foster se resensie oor Bloujare se stories van George Weideman is ooglopend goed geskryf.Foster tree goed op as resensent, want sy raak nie persoonlik teenoor die skrywer, George Weideman, nie. Dit terwyl ander resensente dikwels vergeet van die boek en eerder fokus op die skrywer daarvan. Ek voel wel dat sy op sekere dele haar objektiwiteit effens op die agtergrond skuif, en dan klink dit asof haar siening as vrou in die resensie deursyfer. Sy noem dat die verhale ooglopend oor manne handel,...

Hemelhel-resensie: Reg of weg met Marais se eksperiment?
JM du Toit - 2008-02-15
Dit is met groot nuuskierigheid dat ek Loftus Marais se resensie oor Martinus de Beer se debuutroman gelees het. Vir my moet 'n roman drie belangrike aspekte hê voordat dit as goeie leesstof beskou kan word. Die titel van die roman trek altyd eerste my aandag, dan die omslagontwerp, en die inhoud van die roman.Marais gebruik die titel van die roman op 'n intelligente manier om sy resensie in twee te verdeel: Hemel en hel. Hy spreek eerstens die "hel"-aspekte aan en daarna volg die...

Kommentaar op Hemelhel-resensie deur Loftus Marais: Is sy eksperiment geslaagd of nie?
CM Geldenhuys - 2008-02-15
Die titel van Martinus de Beer se roman, Hemelhel, dui op die kontras tussen goed en kwaad. Net so is Marais se twee resensie-titels kontrasterend met mekaar. Deurgaans kan die leser nie sy eie opinie oor die roman vorm nie omdat dit blyk dat Marais nie baie objektief skryf nie, veral nie oor die jin-jang en homoseksuele kwessies nie.Dit is duidelik dat hy sy eie opinie oor hierdie kwessies op die leser afdwing. Vandag se romans spreek kwessies oor hedendaagse gebeure in ons samelewing aan. My opinie...

Kommentaar op Loftus Marais se Hemelhel-resensies
Liske van Lill - 2008-02-14
Loftus Marais se resensie oor Hemelhel is toeganklik en sy eksperiment met die verdeling van sy resensie in twee is geslaagd: dit is belangrik om te kyk na beide die goeie en slegte eienskappe van die boek, die dualiteite. Tog is dit moeilik om presies te bepaal hoe hy oor die roman voel: sy argument bereik uiterstes, van hewige kritiek tot opbouende lof.Hy verwys na die cliché-opvattings oor "die las van homoseksualiteit", ensovoorts, asook stereotipering – is die lewe self...

Bloujare so reg in hierdie plattelandse meisie se kraal
Jo-Lize Jubelius - 2008-02-14
Lenelle Foster slaag daarin om die leser te oorreed dat hierdie kortverhaalbundel die moeite werd is om te lees. Deur die landskap deel van die stories te maak, slaag die skrywer daarin om 'n sterk verbintenis tussen die mense van die streek en die area waarin hulle dikwels struwelinge teëkom as boere, te bewerkstellig. Hierdie struwelinge sluit primordiale struwelinge in waar daar vir 'n sekere graad van dominansie tussen man en vrou meegeding word. Foster noem so ook dat vroue hul mans nie...

Kommentaar op Marais se resensie – Hemelhel
Heidri Fourie - 2008-02-14
Marais kies ʼn baie weergalose en gepaste wyse aan die hand van ʼn uiters paradoksale titel om hierdie roman te ontrafel. Ek haal my hoed af vir sy ywerige vernuf. Tog, myns insiens, blyk dit inderdaad twee teenstrydige opinies te wees wat die gevaar loop om die resensie-leser se eie mening te kerker. Hoe vorm ʼn mens ʼn finale opinie oor twee uiteenlopende waarhede?Aan die een kant stem ek saam met wat hy te sê het onder die afdeling ‘hel’, veral oor die feit dat...

Johan Anker slaan ʼn slag met “Die blou van ons hemel: Al die elemente van 'n spanningsroman, maar ...”
A Stolz - 2008-02-13
Ek het die resensie van Johan Anker, “Die blou van ons hemel: Al die elemente van 'n spanningsroman, maar …”, wat handel oor die boek van Quintus van der Merwe, gelees. Die komentaar wat ek rondom die resensie het is as volg:Die resensie begin met ‘n kort agtergrond van die skrywer van die roman. Die leser het dan dadelik ‘n konteks waarbinne hulle die romanskrywer se werk kan plaas. Die resensie was vir my goed, omdat daar genoeg tyd gespandeer word om die gebeure...

Kommentaar op Polaroid-resensie
Herman Wiid - 2008-02-13
Dit is met gemengde gevoelens en belangstelling dat ek Louise Viljoen se resensie, “Polaroid: Dreyer verken die binnelandskappe van sy karakters”, oor Tom Dreyer se nuwe bundel kortverhale, Polaroid, gelees het.Ek sê altyd die toets vir enige goeie resensie is die volgende: Sal ek (student van die letterkunde) my ouma (hoogsverveelde nooi op die platteland) en my uiters naïewe kleinsus (wat onmoontlik is om te please) almal die boek in dieselfde lig sien?Viljoen poog in haar...

Biebouw-resensie - Glas: Twintig lekker stories
Elna Smith - 2008-02-13
Na aanleiding van die resensie van Glas van JM Gilfillan, sal ek sê dat Izak de Vries 'n baie goeie prentjie skep van die boek in geheel en baie belangrike aspekte wat die leser se keuse kan beïnvloed, aanraak. Die resensent is baie duidelik ingenome met die boek, asook met Gilfillan se vorige boeke.Izak de Vries begin by die begin, naamlik die voorblad. Hy gee 'n duidelike uitleg van die voorblad en hoe dit van toepassing is op die boek ter sprake. Daarna begin hy om van die twintig verhale...

Is dit altyd nodig om naels te wys as daar resensies oor boeke geskryf word?
Ansebé Smit - 2008-02-13
Ek skryf na aanleiding van die resensie van Die blou van ons hemel deur Johan Anker wat op 12 Maart 2008 op LitNet verskyn het. Ek dink Johan Anker kan homself op die skouer klop oor hierdie objektiewe resensie waarin sy mening duidelik deurgegee word, sonder dat hy die skrywer se werk uitmekaar geskeur het. Sy resensie bevat positiewe en negatiewe kritiek en alhoewel jy kan agterkom dat hyself nie die boek as so suksesvol beskryf nie, hy nie soos ander resensente die boek heeltemal diskwalifiseer...

Kommentaar op Hemelhel-resensie
Martinus de Beer - 2008-02-11
Jippee!Uiteindelik ‘n eerlike en opregte resensie. Ek wag al lank hiervoor. Dit is aangenaam om so iets te lees. Net ‘n bietjie kommentaar:Eerstens, die kompetisie het ‘n wenner gehad – twee, actually: Derick Muller se Vuil Skottelgoed en SA Partridge se The Goblet Club. Naamgewing:Soos hierdie resensie was die boek van dag een af ‘n eksperiment – daarom soveel dinge wat anders is, veral die naamgewing. Die naamgewing is een van daardie dinge wat mense óf...

Daar is meer as een manier om naels te kou
Chanette Paul - 2007-12-14
Na aanleiding van onlangse resensies oor spannings-/speurverhale, onder meer Johan Anker s’n oor Uit die blou van onse hemel, asook vrae en gesprekke tydens die bekendstellingsgeleenthede van my spanningsroman, Springgety, besef ek meer as ooit tevore hoe daar in Afrikaans kleigetrap word ten opsigte van genres in die ontspanningsliteratuur – grotendeels omdat ons nie voorheen veel genreliteratuur in Afrikaans gehad het nie. Ek het al ’n hele ent aan die manuskrip van Springgety...


<< 1 >>