Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Briewe | Letters > SêNet > Bokomo-brekfisbrief

Bokomo-brekfisbrief


<< 1 2 3 4 22 >>

Brekfisbrief; 03/06/2011: MaanKind gaan see toe!
MaanKind - 2011-06-02
Ons gaan see toe! Séé toe! Vir ’n plattelandse kind uit die sestigs was dit magic woorde. Die see was ver en net vir “ryk” kinders beskore. Die regering het ’n wonderlike projek gehad daardie jare – die Kinderstrand by Glenmore. Skole kon om die beurt hulle minderbevoorregte kinders nomineer, wat dan ’n volle kwartaal in die koshuis gaan bly het, en daar skoolgegaan het. Ons skool was so klein, almal van tien jaar en ouer kon toe gaan! My hart was...

Brekfisbrief; 02/06/2011: Siklus van mens en troeteldier
Perdebytjie - 2011-06-01
Die mens stap ’n pad met troeteldiere. Wie onthou nog daardie kleintydse wens vir ’n hondjie, katjie of voëltjie? My eerste troeteldiertjie was ’n oú worshondjie wie se nonna ouetehuis toe moes gaan. Hy was nie gewoond aan kinders nie, dus taamlik iesegrimmig, maar ’n goeie leerskool vir kinders om respek teenoor diere aan te leer! Hy was ’n moeilike kwispelstert, met ’n aksie teen al wat ’n groot hond is. Ons oop (goeie ou dae sonder heinings)...

Bokomo-brekfisbrief; 01/06/2011: Die dag van die groot skrik ...
Namib - 2011-05-31
Ry nou annerdag in Damarland vir kwaadgeld rond (weet julle hoe mooi is ons land nou?) en daar langs ’n kampvuur hoor ek die storie van ’n ene Oom Awel wat so ’n versigtige man was wat so lekker kon skrik. Niemand het egter sommer met hom oor die skrikkerasie gek geskeer nie want hy was ’n gerespekteerde man in sy gemeenskap en daarby nog legendaries sterk ook en kon ’n man dan dalk op sy moer kry as hy vir die oom loop staat en kwaad maak. Maar dinge gebeur mos maar...

Bokomo-brekfisbrief; 31/05/2011: Bibi S se “Oorvloed en ontneming”
Waldemar Gouws - 2011-05-30
Beste Bibi Ek het baie plesier en gestimuleerde (nie gesimuleerde nie) nadenke uit jou resensie geput. Dit is duidelik dat jy nie heeltemal is wat jy eet nie. Of dat jy leef om te eet nie – nie met so ‘n aktiewe kritiese bewuste gediversifiseerde blik op die kos op jou bord nie. Nadat hulle gelees het dat klapperolie Alzheimer se siekte effektief teenwerk, wil my oudste vriendin (92) se kinders haar aanspoor om hierdie middel daagliks te gebruik, want haar toenemende seniliteit begin...

Bokomo-brekfisbrief; 30/05/2011: Pieter se liedjiesoekery
Pieter - 2011-05-27
Toe ontvang ek gistermiddag in die pos ’n dik koevert van Nick Taylor af met “Ten thousand feet” en ook sy vele Afrikaanse liedjies van destyds. Dit was nou lekker luister down memory lane, en so eindig my jare lange soektog na “Ten thousand feet”. Aan almal wie voorheen gereageer het as hulp na my soeke na die liedjie, sal ek volgende week die liedjie per e-pos aanstuur, en jul beter nie seg: “Maar natuurlik, ek herken dit!”, want jul moes dan my ghitaar...

Bokomo-brekfisbrief; 29/05/2011: aan eie lot oorgelaat
Jacobus Faasen - 2011-05-27
aan eie lot oorgelaat Millennium Drie Mens krities diep in krisis, onkundig oor alles wat oor eeue verloor is, geen kennis van kultuur, geskiedenis, reg, of idee waar Paradys se stokou grenslyne is, hoekom Vader, Skepper, Mens, Eigene Kind, laissez faire, dom-nooslik, laat voortploeter Skepsel, opper-onkunde-ontkenningskenner, neo-aanbidder van “Duiwelspiek”-heerser, waarde van norme, moraliteit, etiek, deur ultra-ironie van Self-destruksie, van Gewete-loosheid, lat Mens Mens, Self,...

Bokomo-brekfisbrief; 28/05/2011: Herleef 27 Mei 1948
Jan Maarschalk - 2011-05-27


Bokomo-brekfisbrief; 27/05/2011: B-graad lewens
Adriaan - 2011-05-26
Soms wens jy die lig wil jou meer genadig wees met ‘n invalshoek wat die hele meganisme wat jy ‘n lewe noem soos ‘n Vermeer vasvang. Jy sien jouself huiwer in ‘n kombuis, ‘n ongewillige rat, dalk tussen pype sonder gewete. Jy in een hoek teenoor ‘n skommelende wasmasjien in die ander. Die dag kolk soos ‘n Roger Ballen wolk doringdraad bo jou kop. Die agtergrondmusiek jaag jou gevoelens op hol. Jy lees weer die gebruiksaanwysings van jou verjaarsdaggeskenk...

Bokomo-brekfisbrief; 26/05/2011: Die posman en die brakkie
Johannes Comestor - 2011-05-25
In die oom se lewe het dit skielik aand geword. Hy is darem nog hier en is maar hier rond. Hy wil nie na die radio luister nie. Die platvloersheid en swak Afrikaans irriteer hom. Hy wil ook nie televisie kyk en sien hoe die hordes dans en hoor hoe hulle skreeu nie. Hy verkies om in sy leunstoel te sit en te lees wat hy wil. Van die grootste probleme wat ’n dag oplewer, is om die potlood en die boekmerk op te spoor. Soos Zero Niemand (SêNet, 26.03.2011) trek hy ’n kniekombersie nader,...

Bokomo-brekfisbrief; 25/05/2011: Die littekens van ons tye
Adriaan - 2011-05-24
Kom ons speel crooked cowboys. Daar is baie see vir visse. So vry soos ’n rookpluim in die lug. Aan die eetstokkies tel ’n mens die boom. Daar is baie see vir visse. Dit staan soos ’n mynskag bo water. Aan die eetstokkies tel ’n mens die boom. Dit sal gebeur as die horings renosters kry. Dit staan soos ’n mynskag bo water. Met die maat waarmee julle vreet, sal julle weer opgevreet word. Dit sal gebeur as die horings renosters kry. Dis reeds die voet...

Bokomo-brekfisbrief; 24/05/2011: Herdenking van Mahler se lewe
Vega - 2011-05-23
Ek wil graag vir Johannes Comestor bedank vir sy brief oor Gustav Mahler se sterfdag. Ons was ’n paar weke gelede in Ljubljana, Sowenië en het oral in die stad plakkate gesien wat spesiale vierings en opvoerings van Mahler se werke adverteer het. Hulle vier vanaf 2010 al die 150e herdenking van sy geboortedag en hierdie jaar die 100e herdenking van sy sterfdag. Tot ons spyt het die eerste opvoerings plaasgevind nadat ons reeds vertrek het en omdat ons gedurende die nasionale vakansie dae...

Bokomo-brekfisbrief; 24/05/2011: Herdenking van Mahler se lewe
Vega - 2011-05-23
Ek wil graag vir Johannes Comestor bedank vir sy brief oor Gustav Mahler se sterfdag. Ons was ’n paar weke gelede in Ljubljana, Sowenië en het oral in die stad plakkate gesien wat spesiale vierings en opvoerings van Mahler se werke adverteer het. Hulle vier vanaf 2010 al die 150e herdenking van sy geboortedag en hierdie jaar die 100e herdenking van sy sterfdag. Tot ons spyt het die eerste opvoerings plaasgevind nadat ons reeds vertrek het en omdat ons gedurende die nasionale vakansie dae...

Bokomo-brekfisbrief; 2305/2011: Wittgenstein:
Wouter - 2011-05-20
Hello Terwyl daar gewag word vir die Comestor se Wittgenstein wat die gewone pad sal loop van alle skrywers en denkers wat die ongeluk het om Comestor se pad te kruis en reduseer word tot die ideologie van Comestor. Nog nooit is so ’n verskeidenheid van denkers reduseer tot ’n enkele persoon se blik van die werklikheid. Henn vaar ook nie sleg in daardie verband nie. Hoe dit ook al is daar is tans ’n groot uitstalling wat aangebied word in Berlyn tot en met 13 Junie 2011 getiteld,...

Bokomo-brekfisbrief; 22/05/2011: “’n Stadige hand” (vir Marlene)
Adriaan - 2011-05-20
Baby, o, my baby, Maak dit veilig en warm vir my. By jou volg net die nag op elke dag en die dag stoot die nag weer opsy. O, baby, o, my baby, by jou waar die stil waters vloei, kan ’n stadige hand se sagte kant lig uit die son laat bloei. Laat ’n stadige hand my verlei dat my hart ’n bietjie stukkie-stukkie vrede kry. Laat ’n stadige hand my verlei dat my hart ’n bietjie stukkie-stukkie vrede kry. Hier’s ’n kampvuur vir die koue van jou hart, koue...

Bokomo-brekfisbrief; 21/05/2011: Natuurlike organiese tuin?
Hans Richardt - 2011-05-20
Ek het met gevegte teen elemente in die Karoo, oor jare lesse geleer. Die grond is goed, maar daar is ’n “suur” wat selfs vel kleur. Al wat die byt uithaal, is om kompos in grond te maak. Ek grou nou vlak slote en vul dit met papier onder, droë gras en lusern en droë mis. Maak dit weer toe. Dan plant ek vetiver-gras en suurlemoen-verbena om insekte in toom te probeer hou. Ek het ook geleer dat as ’n plant vrek, vervang ek dit nie met dieselfde nie. Bome groei baie...

Bokomo-brekfisbrief; 20/05/2011: Op die kerk se kennisgewingbord
Angus - 2011-05-19
*Dames, moenie die krap-en-koop aand vergeet nie. Dis ook jou kans om van al die onnodige goed in jou huis ontslae te raak. Onthou om jou man saam te bring. *Die interkerklike vredesberaad is gekanselleer weens sinodale konflik. *Moenie dat bekommernis jou doodmaak nie. Laat die kerk help. *Die koste vir bywoning van die gebed- en vas-konferensie sluit die koste van die etes in. *Vanoggend se erediens handel oor "Ons Redder loop op die water". Vanaand se preek: "Waar is ons Redder?" *Me Charlene...

Bokomo-brekfisbrief; 19/05/2011: Afrikaans
Jan Rap - 2011-05-17
Dikwels hoor mens die bewering dat Afrikaans nie sal uitsterf solank mense nog die taal praat nie. Wel, hulle praat hom al klaar nie meer nie: ’n Rugbykommentator sê nou die dag “hierdie wedstryd gaan opleef tot verwagtinge”. In ’n radio-advertensie: “Die menings hier uitgedruk is nie noodwendig die van die SABC nie”. ’n RSG-omroeper: “Ons saai uit vanaf die Pretoriase skougrond”’. ’n Organiseerder van ’n fees, nogal...

Bokomo-brekfisbrief; 18/05/2011: Grasuilvere
Adriaan - 2011-05-17
(13 Mei 2011) Kort voor winter in die weide kry bankkrotbosse baard, grashalms dra goue linte en die rante se basterrooibosse gooi saad. Op die ploeglande hadida vrouens tussen koolkoppe. In Wessies hou ek stil by Fisherstraat 96 om te vra vir die woestyndruiwe langs die oprit. Niemand is tuis. Ek verneem van die bure die eienaar (oud en alleen en hardhorend) is by ’n dogter vandag. Ook dat iemand haar klokkie by die hek gesteel het. Dieselfde tyd klop ’n ou vriend van my aan by dieselfde...

Bokomo-brekfisbrief; 17/05/2011: Vyf gesprekke. Gesprek 1 ...
HJ - 2011-05-16
Nie dat dit belangrik is nie, maar dit is die jaar 1786. ’n Gesprek met my vriend, die eens priester en nou barrister Jakub Waters, se vader. Die handelaar Petruys Waters. My naam is Guielme Jonas Moot en ek is ’n sizar aan die kollege hier. ’n Student in die Fisika, met nog sowat sewe of agt jaar studie wat voorlê. Ek hoop om voor my graduatus die aandag van die een of ander patronus te trek en sodoende ’n professoraatskap te kan koop. Om tot ’n belangrike Stoel...

Bokomo-brekfisbrief; 16/05/2011: Vrydag die 13de
Gary - 2011-05-13
Omdat dit Vrydag die 13de is, voel ek mens kan dalk ’n bietjie humor vir die bygelowiges gee. As jy “ horror movies” gaan ontleed, sal jy ’n paar reëls kry wat jy moet nakom om nie deur die moordenaar met die masker aangeval te word nie. 1. Moenie in jou sexy nagklere uit die huis uitgaan as daar ’n donderstorm is en die krag het uitgeskop nie. Jy soek vir moeilikheid! 2. As jy 1. nie kan vermy nie, sluit ten minste net die huis se deure, trek jou hardloopskoene...

Bokomo-brekfisbrief; 15/05/2011: sjamaan
Jacobus Faasen - 2011-05-13
teen helling draai Mens, voor Mens grot ingaan, Eerste Mens se laaste vesting, kasteel, skuilte, prehistories inrigting, sjamaan-ateljee, studio, figure teen rotswand, op mees geskikte plek, begin Eerste Mens eerste keer eerste lyne trek, sinvol vorm gee aan droomsimbool, geskiedenis, soos dit voor Mens afflits, in lig van fakkelvuur, soos Mens dit agterlaat, kort voor sterwensuur Eerste Mens, sjamaan, banneling uit Paradys, soos /Xam, Afrika-taal, progressief weer herrys, “Boesman”-bordjies...

Bokomo-brekfisbrief; 14/05/2011: Cornelius – intelligente evolusie
Jakkals - 2011-05-13
Heita, my ou maat. Daai laaste brief van jou het nou regtig lekker gelees. Jy weet, hierdie Jakkals probeer nie om slim te wees nie, maar ek het nogal oor die evolusie gedink, of dit intelligent is of nie. As maatstaf vir die "intelligente ontwerp" van evolusie het ek gewonder wat die doel van evolusie eintlik is? As dit bedoel was om met een probeerslag perfeksie te bereik, dan was dit seker nie baie geslaag nie. Maar as die doel daarvan was/is, om alle moontlike kombinasies uit te probeer en...

Bokomo-brekfisbrief; 13/05/2011: 24.com, letterdash
kammakazi - 2011-05-12


Bokomo-brekfisbrief; 12/05/2011: Appels is so lekker!
Thomas - 2011-05-11
My dag bestaan op die oomblik uit baie ure voor die rekenaar sit met navorsing doen en daarna die opskryf (optik?) van ontledings en gevolgtrekkings. Om dus te ontspan is dit vir my lekker om nie in die studeerkamer voor die rekenaar te sit nie. Omdat die internet deel van my ontspanning geword het (en LitNet daarmee saam), moes ek ’n plan maak om die internet met my saam te kan dra. Ek het vir my ’n splinternuwe iPad2 aangeskaf en siedaar my probleem is opgelos. Wat ’n wonderlike...

Bokomo-brekfisbrief; 11/05/2011: Joernalistiek en skeppende skryfwerk
Markus Quotus - 2011-05-10
John Stuart Mill (1806-1873): "Writing for the press, cannot be recommended as a permanent resource to any one qualified to accomplish anything in the higher departments of literature or thought: not only on account of the uncertainty of this means of livelihood, especially if the writer has a conscience, and will not consent to serve any opinions except his own; but also because the writings by which one can live, are not the writings which themselves live, and are never those in which the writer...

Bokomo-brekfisbrief; 10/05/2011: Die Royal Wedding
Tiens - 2011-05-09
Die TV-uitsending het al om negeuur die oggend begin en was ’n lang, uitgerekte en by tye ’n vervelige affêre. Veral die eerste ruk was daar byna niks om mens te prikkel nie. Net af en toe het daar ’n motorkar aangekom, of ’n koets later. Tot die skare mense langs die strate het vir my verveeld gelyk, totdat die koninklikes begin aankom het. Ek het gehoop op ’n bietjie militêre musiek, maar die twee orkeste wat hulle kortstondig gewys het, se musiek is nie...

Bokomo-brekfisbrief; 09/05/2011: En toe pik die hen my!
HJ - 2011-05-06
Adam: HJ, wat gaan met jou aan? HJ: Niksie. Hoekom? Adam: Jy lyk beswaard. HJ: Ek is moer toe gestuur ... Adam: Hehe! Hoog tyd! En deur wie nogal. Nogal. HJ: Henn. Adam: Nou, jy het dan seker iets verkeerd gedoen of hoe? HJ: Nee, ek het iets verkeerd gesê. Adam: Soos wat. Jy weet jy moet jouse bek hou. Jy moet erken jy is geneig om met jouse pote in jouse bek rond te loop. HJ: Ja, maar hy is lelik. Adam: Hei? Lelik soos in sy ma het hom lelik aangetrek of lelik soos in verbaal lelik,...

Bokomo-brekfisbrief; 07/05/2011: My eie opinie
Jakkals - 2011-05-06


Bokomo-brekfisbrief; 08/05/2011: Kwantum-begrip
Jan Maarschalk - 2011-05-06


Bokomo-brekfisbrief; 06/05/2011: Pieter soek nog liedjies
Pieter - 2011-05-05
Terwyl ek angstig en ONGEDULDIG wag dat Nick Taylor of een van julle vir my lei na “Ten T0housand Feet”, verskaf ek ’n lysie van die ander sestiger-, sewentiger-jare se liedjies waarna ek op soek is, wat ek gehad maar met die tyd verlore geraak het. Die lysie was so 10 jaar gelede ongeveer 200 sterk en ek het heelwat interessante paadjies moes loop om van hul op te gespoor het. Selfs Amazon.com het tans nie “Midnight Snack” beskikbaar nie. Werk deur daardie seven singles,...

Bokomo-brekfisbrief; 05/05/2011: Spoke en die bowe-natuurlike ...
HJ - 2011-05-04
Ek is ’n kenner van spooksels. My werk binne die korporatiewe wêreld, met rekenmeesters, produksiebestuurders, chemici, ingenieurs en diesulke virtueel-spirituele dinge vorm die grondslag van my kennis van die fenomeen. Dan het ek ook al ’n paar tipiese spoke in lewende lywe ontmoet. Regtig. Die spookstorie-ding is al lank met ons. Die bowe-natuurlike. (Jy sê die woord “bonatuurlik” met ’n grafgril in die stem. As jy ouer as sestig is seg jy dit met gravitas.) In...

Bokomo-brekfisbrief; 04/05/2011: Boelies van groot en klein
Klaar-geboelie - 2011-05-03
Vanaand gekyk na die program Robinson Regstreeks op KykNET. Freek het ’n onderhoud gevoer met oa ’n jong seun en sy pleegsorgma. Die mannetjie noem toe dat hy deur ’n seun geboelie is wat ek aanneem groter is as hy. Net daar dink ek toe dat dit nie net kinders is wat mekaar boelie nie. Ook grootmense boelie soms kinders en selfs hul ondergeskiktes. (En omdat die drie wie ek gaan noem, reeds oorlede is, kan en wil ek hul name noem. Sou graag vandag voor hulle wou staan en kyk of...

Bokomo-brekfisbrief; 03/05/2011: My liefie en die simmetrie van ornamente
HJ - 2011-04-29
Ek: Liefie, lees hier. “Women have more orgasms during sex with men who are more symmetrical.” Die ou reken dat die liefde meer gedy wanneer dinge simmetries is. Jy weet, in verhouding soort van. (1) My Liefie: (Sug) Jy is alweer gepla met dinge. Watse “dinge” praat die vent van?! As jy praat van dáái ding het jy ’n probleem! Is dit die simmetrie van die aanslag of simmetrie van die lyflike? Ek: Die vent het te vertelle dat wyfiepoue meer hou van mannetjiespoue...

Bokomo-brekfisbrief; 02/05/2011: Loopdop: Syfermense
HJ - 2011-04-29
Ek het my lewe lank ’n heimlike wantroue in syfermense. Verstaan my goed, van my beste vrinne is syfermense. My Liefie is ’n syfermens. Wantroue is miskien nie die regte woord nie. Miskien is ek net versigtig vir syfermense. Die beste syferaars sit in die tronk. As jy somme kan pleeg kan jy steel ook. Hulle reken goete soos Sin en Cos maak sin. En as jy vra hoekom ... sê hulle “cos-why.” As die Liewenheer wou gehad het dat ons moet syfer het Hy Sy somme reg gehad....

Bokomo-brekfisbrief; 01/05/2011: Die gang van die lewe
Wini Esterhuizen - 2011-04-29
’n Mens kan sien die liggroen muur het jare gelede verf geproe. Die nou gang is nou deel van my gedagtegang. Dit het gister gebeur. Ek het onverwags in die kil, koue gange van die ouetehuis beland. Ons Tuiste. Dis die naam van die laaste rusplek vir bejaardes. Dis nie hoe ek ’n tuiste ken of wil onthou nie. Die deure het almal oopgestaan. In die eerste kamer het ek die hopie mens onder ’n kombers op ’n enkelbed gesien. Ek het die lyne van ’n mens herken, selfs al is...

Bokomo-brekfisbrief; 30/04/2011: Die lewensiklus agteruit
Markus Quotus - 2011-04-29
When he was in his nineties, my father-in-law used to joke that he'd stopped buying green bananas. And he enjoyed the crack about the old man who after seeing an attractive woman walking down the street found his pace-maker opened the garage door. My favourite death joke is a monologue by an American comedian George Carlin: "The most unfair thing about life is the way it ends. I mean, life is tough. It takes up a lot of your time. What do you get at the end of it? A death. What's that, a bonus?...

Bokomo-brekfisbrief; 29/04/2011: Wanneer ’n skuldige gewete agter jou staan ...
Namib - 2011-04-28
Ons ou droë land het mos baie getuienis van dinge wat getraai is en wat nie gewerk het nie. Ou myne is orals waar die fortuinsoekers hulle alie gesien het, maar ook so plase waar die hoop en die werklikheid nie lekker saam wou hande vat nie. Van die manne wat uitgeboer het en darem nog so effe geluk gehad het, die het darem nog die grond behou, maar so lê vele plase sonder bewoners op. Die manne in die omgewing weet dit natuurlik ook en as die wild volop is ook nog, dan is dit net oë...

Bokomo-brekfisbrief; 28/04/2011: Die vanger in die rogland
Tiens - 2011-04-26
Na ek jare lank gesoek het, kry ek uiteindelik ’n eksemplaar van die boek The Catcher in the Rye deur JD Salinger. Die biblioteek se kopieë was weer almal uitgeleen, maar die dame daar gee my toe een wat hulle as donasie ontvang het, maar te oud en lelik is om in die rakke te sit. So, ek het dit nou gelees, maar ek verstaan nie waaroor al die bohaai gegaan het nie – die boek is oorspronklik in 1951 uitgegee en het, tot 1983, diep in die veertig herdrukke beleef. Miskien verstaan...

Bokomo-brekfisbrief; 27/04/2011: Chris
Markus Quotus - 2011-04-26
Ek vind PJ Taljaard en WK Smit se Voorsetselwoordeboek met Engelse vertalings, asook enkele bywoorde (Pretoria: DeJager-HAUM, 1987, 316p) ’n onontbeerlike naslaanwerk. Ter beantwoording van jou navraag (SêNet, 21 deser) hierdie aanhaling (p 180): Omring deur: omring deur iets / surrounded by sth met: omring met iets / enclosed by sth van: omring van gevare / surrounded by dangers Waar Engels dus ’n enkele voorsetsel gebruik, word drie in Afrikaans ingespan. "Begrafnis" beklemtoon...

Bokomo-brekfisbrief; 26/04/2011: Webvoet se liefde vir lees
Tilda - 2011-04-21
Maggie ek is bevrees dat ek ook soos jy maklik kan vergeet van alles en almal rondom my wanneer ek aan die lees raak. Jare gelede nadat skoonma oorlede is moes my man en ek haar huis gaan leegmaak, oppak en skoonmaak. So kom ek op ‘n ou tas met boeke, koerante en tydskrifte af. My man moes my elke kwartier aanspreek omdat ek nie my kant van die pakkery bring nie want ek kon nie wegbly van die tas af nie. Nadat ek mooi gevra het kon ons die tas saamneem huis toe en dit wat ek uit daardie tas...

Bokomo-brekfisbrief; 25/04/2011: Samesyn en die lekkerte daarvan
Geitjie - 2011-04-21
Op ’n koue Hoëveldse oggend het ek besluit om my dierbares te trakteer op lekker "winterkos" – geurige beesstert, stampmielies, vars groente en ’n lekker malvapoeding om mee af te sluit – en het ek weereens besef hoe kosbaar die samesyn van my gesin is. Veral omdat Kleinboet oor 8 dae na die buiteland vertrek om internasionale gehore tot in Desember te trakteer op immergroen internasionale treffers soos “Unchained Melody”, “Bohemian Rhapsody”,...

Bokomo-brekfisbrief; 24/04/2011: As antwoord op:
Wouter - 2011-04-21
Érik Desmazières: La Salle des planètes, from his series of illustrations for Jorge Luis Borges’s story ‘The Library of Babel,’ 1997–2001. Hello Dit begin met my Pa wat werksaam was by die plaaslike koerant, wat van vroeg af ons huis gevul het met koerante en tydskrifte, twee koerante elke dag, en elke Vrydag ’n pak tydskrifte geneem uit die terugsendings. Van jongs af groot gemaak op Huisgenoot, Sarie, Fair Lady, Cosmopolitan ens. Ook was daar...

Bokomo-brekfisbrief; 23/04/2011: Hoe het jy jou hart op boeke verloor?
MaanKind - 2011-04-21
As laerskoolkind in ’n klein plattelandse skooltjie, was ek die enigste kind in my klas wat vrywillig boeke uitgeneem het, tot die irritasie van Juffrou Millie, wat die biblioteek spesiaal vir my moes gaan oopsluit. In die hoërskool het ek minder belanggestel in die skoolbiblioteek, maar veel eerder die dorpsbiblioteek se bibliotekaresse oortuig dat my ma nie omgee as ek liefdesverhale lees nie. Vroeg ryp, vroeg vrot; het my ouma afkeurend gewaarsku, maar dit het die grondslag gelê...

Bokomo-brekfisbrief; 22/04/2011: Pieter se liedjie – deurbraak!
Pieter - 2011-04-21
Met die hulp van Anton Goosen wat vir Martin Lane nadergesleep het en terugvoering van Jurie Els, wat reken die liedjie is moontlik “Ten Thousand Feet” van Nick Taylor (die woorde “ten thousand feet” kom in die koor voor, maar mens tel niks op indien jy dit Google nie), kyk ek vandag na Nick Taylor se Facebook. Hy het onder andere ‘n klomp foto’s daar geplaas van sy seven singles, en wragtag! Daar vind ek dit “Ten Thousand Feet”! Fase twee van my soektog:...

Bokomo-brekfisbrief; 21/04/2011: Nuwe formaat vir die Super 15
Jan Rap - 2011-04-20
Hulle moet dit volgens die Switserse skaaktoernooireëls speel: Die spanne word willekeurig afgepaar vir die eerste rondte. Vir ’n wen kry ’n span twee punte, vir ’n gelykop 1 punt en natuurlik 0 as die span verloor. Na die eerste rondte is daar dan spanne met 2, 1 of 0 punte en nou word die spanne met gelyke punte afgepaar. Na die tweede rondte is daar dus spanne met 4, 3, 2, 1 en 0 punte en die proses word herhaal vir, sê sewe rondtes, waarna daar ’n netjiese...

Bokomo-brekfisbrief; 20/04/2011: Atina en MaanKind oor liedjie-soekery
Pieter - 2011-04-19
Dankie dat jul bereidwillig was om te help. Ek het al baie mense gevra om te help met geen positiewe resultate nie, die beste poging tot nou toe was laasweek gerig aan Anton Goosen wat vir Martin Lane nadergesleep het en die het terugvoering van Jurie Els gekry en wag nou op iemand wat in die SAUK musiek-bib werk, se terugvoering. Ten minste ken hul die liedjie, dis net om op die naam daarvan en die van die manlike solosanger af te kom, en as hierdie poging nie werk nie, dan weet ek nie. Lance James...

Bokomo-brekfisbrief; 19/04/2011: Samesyn en die lekkerte daarvan
Geitjie - 2011-04-18
Op ’n koue Hoëveldse oggend het ek besluit om my dierbares te trakteer op lekker "winterkos" – geurige beesstert, stampmielies, vars groente en ’n lekker malvapoeding om mee af te sluit – en het ek weereens besef hoe kosbaar die samesyn van my gesin is. Veral omdat Kleinboet oor 8 dae na die buiteland vertrek om internasionale gehore tot in Desember te trakteer op immergroen internasionale treffers soos “Unchained Melody”, “Bohemian Rhapsody”,...

Bokomo-brekfisbrief; 18/04/2011: Besoek aan "Booktown" Richmond (Noord-Kaap)
2011-04-15
Kyk, hierdie dorpie het baie meer boeke as mense. Daar is tienduisende boeke in ’n aantal boekwinkels, tot party versamelstukke is beskikbaar. So, as jy op soek is na ’n spesifieke boek kan jy gerus hier ook navraag doen. Die dorp is reg langs die nasionale pad geleë, sowat 160 kilometer suid van Colesberg, en as jy van die N1 af afdraai is jy binne 100 meter in die dorp. Na omtrent dertig jaar in Johannesburg en na haar man oorlede is, het my suster Martie haar hier kom vestig....

Bokomo-brekfisbrief; 17/04/2011: Klaas oor sinnelose argumente
Angus - 2011-04-15
Beste Klaas Man, dis mos waarvoor SêNet daar is – sodat ons kan kibbel, stry, mekaar slegsê, debatteer, en struwel. Dis waarom ek en Kobus mekaar so nou en dan aanvat. Dink net watter plesier ons ou spulle aan Maggie verskaf. My GPS sê my sy sit 1593 km ver van my, maar ek hoor haar hier vanaf 9uur se kant kort-kort kraai van die lag. Moenie so hard praat van plataarde nie. Daar is plataardemense wat ons almal onder die tafel sal invee met Bybeltekste, wiskunde en wetenskap....

Bokomo-brekfisbrief; 16/04/2011: ’n Baie hartseer suurlemoen
Suurlemoen - 2011-04-15



<< 1 2 3 4 22 >>