Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Katvrou: Katswink

Katvrou: Katswink


<< 1 >>

Dassie met ’n stofsnor
Katvrou - 2007-09-05
Vleis gooi my met ’n stuk e-pos en beveel aan ek moet my Oppikoppi-storie as volg betitel: “’n Veldstudie van geselekteerde oorlewingsmeganismes, soos aangeteken en gefotografeer tydens observasie van en interaksie met ’n gekonsentreerde hoeveelheid Homo (soms) Sapiens Erectus (ook soms) tydens rituele tydverdryf, met spesifieke verwysing na twee waargenome vorme van ouditiewe sosio-tipiese kultuuraktiwiteite bekend as ‘rock’ en ‘roll’, in direkte...

Chris Chameleon en my amigdala
Katvrou - 2006-10-03
Ek’t die eerste keer besef ek’t ’n amigdala* toe KOBUS! in die jaar 2000 met hulle anti-inflammatoriese “Gee Raat” daarvan praat: gee raat vir die polsende, stomende, jeukende selfverwytgee raat ou man vir my lewensplan,die prys van sneeu, die nuwe eeugee raat vir die wriemelende amigdala in my brein … * ’n Amandelvormige massa grysstof in die serebrum wat ’n rol speel in naderings- en vermydingsgedrag. – Psigologiewoordeboek (Gouws, Louw,...

Albums met murg
Katvrou - 2006-07-21
Sommige albums het nie nodig om ná ’n week of ’n paar keer se speel in jou kop te klim nie. Sommige albums gryp jou aan die lieshare en pluk jou rond tot jy jou naam, jou van en jou voorvaders vergeet. Sommige albums is só ongewoon dat jy vir dae na die eerste luister steeds daaraan herkou. Sommige albums ruk mal. Hier’s vir jou ’n paar van hulle. Taxi Violence – Taxi Violence Vier manne uit die Kaap – hierdie is ’n kort-kortspeler met...

Toast Coetzer - Die skroeikant
Katvrou - 2006-07-21
“Ons vergeet, maar dis net dormant, dit sluimer iewers tot iets anders - 'n reuk dalk - dit trigger en skielik is jy weer vyf met 'n tuinslang in jou hand, somer, moerbeie, muisvoëls in die kriebosse.” Tik Toast Coetzer se naam by die Google-venstertjie in (vir die Suid-Afrikaanse webblaaie) en jy kry die volgende: Resultaat 1 tot 10 van omtrent 10 300 vir Toast+Coetzer (0,06 sekondes) Die meeste resultate is wel hy. Nie obskure roosterbroodresepte, ’n plaaslike tennisster...

Dans op Loftus met die Robster
Katvrou - 2006-07-07
Maandagoggend na die Paasfees-Oppikoppi. Ons knaag aan ‘n laat ontbyt in ‘n besige Wimpy iewers buite Brits wanneer vriendin Linda se sms deurkom dat hulle nou uit Johannesburg ry om te gaan toustaan vir lekker staanplek op Loftus – vir die Robbie Williams-man. Hulle sal vir my ‘n staanplekkie hou. Dis nou bykans halftwaalf. Die Robster begin na alle waarskynlikheid eers nege-uur vanaand geluide binne sy mikrofoon maak. O die skunnige waansin. Verskeie ure nadat Oppikoppi...


<< 1 >>