Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Fiksie | Fiction

Fiksie | Fiction


<< 1 >>

(Gay) trou is nie perdekoop nie …
Kris Alexander - 2011-08-24
Untitled Document Plek- en eiename is verander om hulpvaardige straight mense te beskerm. Ons het nie eens daaraan gedink om die knoop wettiglik deur te haak nie, al het ons saam met ons ander gay landgenote die nuwe “civil union”-wet toegejuig – tot ons begin wonder het hoe wettig ons pensioenskemas ons ongehude, maar “reeds-twintig-jaar-saam-geblewe”-staat sou beskou as een van ons die emmer skop. Ná lang gesukkel spoor ek ’n hoog aangeskrewe gay...

Manuel, die vlees en die koningin van die see
Francois Loots - 2010-05-27
Vir André Ek skrik gedurende die nag wakker, kom op die rand van die bed gesit en dit voel my of ek van bo af op my neerkyk: sittend op die rand van die bed, met die heupe en kruis wat enige Griekse god jaloers sou maak. In der waarheid lyk ek hoegenaamd nie só nie. Maar hoe ek ook al mog lyk, skeel my tans min en ek staan op en mik vir die drankkabinet in die sitkamer. Ek skink ’n helse groot glas whiskey, neem ’n ewe groot sluk, voel hoe dit keelaf brand en bevind...

Skeepsreg
Wim Vorster - 2010-03-18
Dit reën. Nie ’n stortbui wat alle sondes wegspoel nie, maar ’n mislike, onafgebroke motreën wat nogtans enige buitemuurse pret voorkom. Guur. Winterweer. “Daar gaan ons dag op Sandybaai.” “Is jy teleurgesteld?” Miskien eerder verlig as bek-af. Beskuldig my ouers daarvan. Dat ek regtig gemaklik is in my Adamspak. Toe ek ’n kleuter was, het my ma my skynbaar vir rukkies in die son laat baljaar met net ’n lagie kanferroom aan. In later jare...

Kris
Johann de Lange - 2010-03-08
“’n Stem so skril soos ’n trassiejakkals,” sê Nico terwyl hy versigtig uit die heuningpotjie ’n draaisel bloekomheuning in sy koppie heuningbossietee laat drup. “Veral as hy eers ’n paar weg het. En hy’t altyd op eie koste dronk geraak. Dit was nou nie juis in sy aard om ’n ronde te staan nie. Elkeen vir homself; selfs al het hý jou vir ete genooi by ’n restaurant.” Hy sit terug met die koppie tee in die een hand...

Die drie van ons
Francois Loots - 2009-11-13
Barend was besig om ons oor ’n klant in een van sy klerewinkels te vertel. ’n Mooi jong man, want om die kroegtoonbank handel dit altyd oor ’n mooi man. Daardie keer was dit ’n lenige man met lang gespierde bene en goddelike boude, ene agter wie hy uit pure wulpsheid by die aanpaskamer wou ingaan en aan wie hy die helfte van sy voorraad teen kosprys sou verkoop. Tien teen een was dit nie heeltemal waar nie, maar om die kroegtoonbank handel dit selde oor waarheid. Veral...

’n Droom in die trope
Coenie Kukkuk - 2009-10-21
Ek kyk uit by die venster van die villa. Die see kom tot teenaan die trappe onder by die hoofingang en die klein brandertjies wat daarteen breek, veroorsaak ’n sproei seewater wat elke nou en dan soos mis opstyg. Die son is so pas onder – die water se kleur is ’n mengsel van blou en donkergroen tot waar die ander eilande so ’n halfuur ver per boot bo die kalm see uitstyg. Die vasteland lê net agter die eerste paar en mens kan die blou berge van hier af uitmaak –...

Die roep van die bilaal
Francois Loots - 2009-10-09
Ek het deur die kombi se venster oor ’n bleek landskap sit en kyk. ’n Plat wêreld, met hier en daar ’n heuweltjie of ’n handjievol kaal winterbome. En ’n wit wêreld, bedek met ’n dik laag sneeu wat nog vir maande lank sou lê. Ek was die joos in, want ons Russiese tak se boekhouding was geheel en al onvoldoende. Gedurende my eerste paar dae daar het ek gou besef dat dit lank sou neem om hulle boeke ordentlik geouditeer te kry. Ek het ons...

Infiniteit
Willie van Aardt - 2009-05-13
“Tristan! Tristan, dit is jou beurt om die verhoog te betree.” Die ouditorium sit volgepak met mense wat na Tristan se toespraak kom luister het. “Alles wat is, was reeds gewees. Ek het nog altyd gewonder of die teenswoordige tyd parallel beweeg met gebeure wat reeds plaasgevind het in die toekoms waarna ons verwys as die verlede.” Dit voel vandag vir Tristan anders as elke keer wanneer hy oor die gehoor uitkyk en hy bloot die een of ander aantreklike man gewaar,...

Apfelstrudel
Francois Loots - 2009-04-16
“Apfelstrudel,” runnik Adolf. Adolf runnik altyd "Apfelstrudel". Al bedoel hy slaaikoppe of lusern, dat die seeluggie vandag lekker koel waai, of dat die Duitse eienaar van die kleinhoewe terug uit Suidwes is. Soms korrigeer Hendrik hom, want hy hoor die Duitser en die Engelse vrou wat die kleinhoewe se huis met hom deel, altyd van Namibië praat. Adolf hou nie daarvan om korrigeer te word nie en stamp dan sy voorpoot hard teen die grond en runnik: “Apfelstrudel!"...

Well I never!
Shaundre Balie - 2009-03-10
I am standing in the corner of the dance floor next to the oversized speaker when I see him. The sound of Madonna’s classics has everyone singing along and dancing to the beat. I can’t believe it. What is he doing here? I don’t figure him for this scene or a crowd like this. Maybe he’s here with some friends. Some straight guys are under the misconception that it’s easier to pick up girls in gay clubs. Maybe it’s true, but I think it’s bullshit. I personally...

Het altyd gewonder
Andries Goosen - 2009-02-26
Gedurende my skooldae en weermagopleiding het ek dikwels daaraan gedink hoe dit sal voel om saam met ’n man in die bed te wees met die doel om seks te hê. Die tyd van my weermagopleiding het ek ’n paar keer manne gehoor in die toilette en in die donker van ons kamer. Nooit die aksie self gesien nie, net altyd die kreune van lekkerkry gehoor. Dit het my natuurlik aangespoor om ook van hierdie aksie deel te wees. Nêrens kon ek inskakel nie, en moes maar tevrede wees met...

Na die dood op Brandwacht
Danie Botha - 2009-02-26
Teen 1955 was ek, sus Dria en boetie Koos bekend met die dood. Al het Ma altyd die hoofstuk in Die Kind se Bybel oor die kindermoord en wenende moeders in Bethlehem oorgeslaan.In die stuk sandveld het die swart hoop gelê van Kaptein, die muil met sy eens drillende boude voor die ploeg. Knoetse hare, vel, hope bene. Hy verrot in die verlatenheid. Wind, son en reën laat hom verdwyn. Kalkoentjies en gousblomme slaan daar op. Af en toe skiet die swartkorhaan op van die rantjie en kondig die...

Met nadruk
Danie Botha - 2008-10-28
Ter ere van Adult WorldDit is goed om nie te dikwels na die sekswinkel te kom nie. Dis opmerklik hoe suksesvol ʼn mens ná ʼn afwesigheid is. Kry sommer dadelik iemand. Nie die gewag nie. Nie die manne wat bo op die loopvlak verby jou hokkie loop nie. Of net staan en staan sonder om in te steek by gloriegat.Waarby kom dit? Jy lyk dalk nie soos ʼn ou wat elke liewe dag daar uithang nie? Vars, nuut, soos ʼn beginner? Jy voel self asof dinge nuut is. Wat's die beste tyd? Pappas...

Naak Engel
Frik Smith - 2008-09-24
Want het verschriklijke is,een mens kan niet alleen zijn.Op de duur ga je daaronherroepelijk aan kapot. (Anna Blaman)Die twee rye spore lê soos dit lê. Woestynsand kleur die een helfte van die reliëf in skakerings van lig en skadu. Die boonste helfte is ligblou met spierwit wolke. ʼn Absolute voorspelbaarheid. Rekenaargemanipuleerd. Die eentonige reliëf word oorheers deur twee rye spore wat teen die helling van die sandduin naaste aan die voorgrond een ry word. Dan is daar...

Nat latex en cowboys
Alwill Westcott - 2008-09-12
Mens kan net eenvoudig nie ʼn toebroodjie laat laminate nie, veral nie ʼn ham-en-kaas-sarmie nie. Heel eerstens gaan jy sukkel om die blerrie ding by die mond van die masjien in te kry, dan is daar nog die various sousies wat gaan uitdrup en in al die complicated dele van die masjinerie gaan indonder. En dan is daar natuurlik nog die kans dat die oorgebotterde slices deurgaans in die proses van mekaar afgly."So gebruik minder botter ..." sê Marilize al kouende aan haar veertiende...

Bruid
JMT Labuschagne - 2008-07-28
“So jy gaan trou,” sê Hein.Hannes is besig om sy das reg te trek voor die vollengte spieël.Hy sê niks.“Another one bites the dust,” voeg Hein by.Hannes sê nog steeds niks nie. Hy is te besig om homself in die spieël te bekyk.“Jy lyk goed,” sê Hein. Sy ou skoolmaat kyk skerp na hom. Hein lag senuweeagtig en boks hom speels teen die skouer.Hannes ignoreer hom weer en begin aan die blom in sy lapel te peuter. Hein trek sy hand deur...

Al kwyn die sonlig teen die hange
Hennie Aucamp - 2008-07-16
1Hulle het kort na mekaar ingetrek by Huis Herfsblare, die wewenaar Stefaans Nolte en die oujongkêrel Leonardo Terblanche, en soos die toeval dit wou hê – geluk, het hulle later besluit – was hul woonstelle, die laastes in die gang af, regoor mekaar.Beide was bles, met iets onsekers, iets apologeties omtrent hul lyftaal, en hulle sou as ’n tweeling aangesien kon word, as dit nie was dat Leonardo soms ’n bietjie opsigtelik aangetrek was nie. Hy het ’n duur...

Jagtog
André van Zijl - 2008-06-05
Ek was nogal gevlei toe ek die eerste keer gevra is of ek nie deel van die jaarlikse jagtog in die Kalahari wou word nie. Per slot van rekening gaan die groep al vir jare in laat Junie daar naby Askham ‘n paar bokke omklits. Hulle was die mees vooraanstaande jonger boere in die distrik en ek was maar nog net sewe jaar as algemene praktisyn op die dorp. In dié tyd het ek en my vennoot darem ‘n goeie praktyk opgebou en heelwat van hulle vrouens en kinders was pasiënte van ons....

Ook mens
Sebastiaan Nouwen - 2008-04-30
Hy was die laaste van vyf viewings.“Are you English or Afrikaans?”“Afrikaans.”“My naam is MJ. Ek is 25 jaar oud. Geskeer. Besny. 16 cm onder. FBM is my spesialiteit. Ek doen dinge 'n bietjie anders as die ander boys.”Sy presentation was selfversekerd. Uitdagend en uitnodigend.Hy is so 1,8 m lank. Skraal, maar macho. Die donkerbruin hare is in 'n moderne styl gesny en gejel. Sy donker oë vonkel en daar speel ʼn vriendelike glimlag om sy mondhoeke. Van die...

Die Sonnekus Familie 2
Stefanus Nel - 2008-04-22


Yster
Nandi Venter - 2008-04-08
“Voel hier.” Die vrou vat sommer my hand en druk dit op haar knieg met die lang, lelike letsel op. “Ysterknieg, my eksvrou het my knieg afgebliksem toe ek by die voordeur instap.” Sy snork ongeërg en gooi haar kop agteroor. Ek kyk haar ongelowig aan en vra waarom haar “vrou” haar dan so aangeval het. “Nee, ek praat nie daaroor nie. Wat drink jy? Kom ek koop nog ’n dop vir julle elkeen.” Nog voor ek ja of nee kan antwoord, wink sy die ou agter...

Die Sonnekus Familie
Stefanus Nel - 2008-04-02


James se Vioolkonsert in F
Johan Reiners - 2008-04-02
Simfoniekonserte sou nooit weer dieselfde wees nie. Veral nie na dié Donderdagaand nie. En, net vir die rekord, James kon nog nooit viool speel nie, ten minste nie op die tradisionele manier nie. Maar laat ek heel voor begin.Die Natalse Filharmonie is, soos enige simfonieorkes, nes ʼn familie. ʼn Doodnormale disfunksionele gesin met al die trimmings en woelinge wat met die daaglikse sleurgang van die lewe gepaard gaan. Aan die hoof van die orkestafel was daar Mr B, ons jong, oorentoesiastiese...

New York, New York
Coenie Kukkuk - 2008-03-18
Werkloos, met net ʼn lied in sy hart, kom hy op ʼn Desemberoggend in New York aan. Die koue klief soos ʼn mes deur sy twintigjarige, lenige lyf toe hy deur die laaste glasdeur van JFK na buite stap. Met sy dokumente en reisigerstjeks om sy lyfband onder sy hemp, ʼn groot rugsak, en sy dik jas styf om hom, bestel hy ʼn taxi. Die Griek neem hom vir ʼn “scenic tour”, sê hy. Hy het ingeboek in ʼn hotel naby Broadway, net om naby die teater, die musiek, die...

Falsetto in Korea
Johan Reiners - 2008-03-12
En die spieël smile ook …Ai toggie, my hare! Synde in ‘n familie waar die grys al so om en by 20 om jou slape wys, kan jy jou net indink hoe ons op 40 moet lyk. Heeltemal grys! Spierwit! Glads te veel vir ‘n hupse iewers-in-die-40 goeie ordentlike moffie. Dis mos die image wat tel, sien. En al is die enigste wat jou image kan waardeer, jy self, dan is daar nog iets soos self-image. Of iets in dier voege. Daarom doen ek wat elke ander ydele lid van my falsetto familie doen:...

R-E-S-P-E-C-T!!!
Mario Jonathan Brown - 2008-02-11
Dis 04:45. Ja, dis nog donders vroeg, maar wat kan ek anders doen? Ek moet opstaan, want dis ‘n nuwe dag en ek moet weer gaan werk. Ja, ek moet in stad toe gaan. Ek bly mos hier in Bellville, so dit is presies 33 minute met die trein. Ja, die trein, maar ek kan nie kla nie, want ek werk vir die Departement van Vervoer, so ek is in ‘n mate besig om my deel vir die burgerlike samelewing te doen om die vervoerstelsel te verbeter. OK, genoeg van dit, ek wil by my storie uitkom!Ja, dis 04:45...

Die afskeid
Sebastiaan Nouwen - 2008-01-24
Vyftien jaar lê tussen ons. 'n Ongelooflik lang tyd as jy uitgelewer is aan geloof, hoop en liefde. En die grootste hiervan is die liefde!Seer is wanneer jy iemand liefhet en dit word nie beantwoord nie. Seerder as dit is wanneer jy iemand liefhet en soos wat die tyd aanstap, kom jy tot die besef: you have to let go.Nóg seerder as dit is die seer wanneer jy iemand liefhet en daardie persoon word van jou weggeneem. Ek ken nie dié soort seer nie.Die séérste seer is...

Once threw a party
Izak de Vries - 2007-08-16
I am the devil in disguise I Karel Niebuhr is mal oor Elvis. Karel Niebuhr is ook ’n Wiskunde-onderwyser in die Moordenaarskaroo. Hy is baie konsensieus, en probeer vreeslik hard om Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid aan die boere en die plaaswerkers se kinders te verduidelik. Dit gaan maar moeilik, maar Karel is baie gelykmatig en hy spandeer baie tyd aan ekstra lesse – meestal verniet. Karel Niebuhr is enkellopend, ten spyte van ’n paar plaastannies se beste bedoelings. Karel...

Langafstandliefde
Cobus van der Merwe - 2007-07-03
Ek sit hier in Dar-es-Salaam voor my Tanzanië-tafel met my oë toegeknyp, wagtend om dit op die laptopskerm te sien. Sit maar oë toe, want om so te sit en staar na “no connection” terwyl die ander skermpie flikker “waiting for http:/www.gaydar.co.za …” is darem net té onlogies frustrerend. En sielskeurend. Want ek weet wat wag wanneer die konneksie inskop. Vreemd hoe die heelal my altyd waarsku as ‘n geliefde my verneuk. Die vorige boyfriend...

Kersfees 2006
Sebastiaan Nouwen - 2007-05-09
Hy is twintig. Pas tweedejaar. Sy uitslae het sowat ’n week gelede uitgekom. Hy sê hy sien nie kans vir Kersfees nie. Nie vir hierdie Kersfees nie. Hulle familie vier al vandat hy kan onthou Kersfees op dieselfde manier. Die hele familie kom Oukersaand van heinde en verre bymekaar. Hulle eet saam en dan word daar geskenke gegee. Dit was tot verlede jaar nog altyd vir hom ’n opwindende ervaring. Vanjaar kan dit vir hom, sê hy, net ’n nagmerrie wees. Die ete en die...

Van testosteroon, adrenalien en bevogtiger
Erik Dopper - 2007-04-04
Het mos toe nou onlangs besluit die fiksheid begin maar taan, so miskien is dit goed om weer te begin oefen. Nou dis snaaks hoe dinge in plek val as jy jou half in ’n spesifieke rigting begin wend. Dié dat ek kort voor lank in ’n gayspan begin rugby speel. Ek is nog steeds half verstom dat so iets werklik bestaan en dat dit nie net op Will & Grace gebeur nie. Maar nouja, so begin ons toe mos oefen. Nou geen gay man kan anders as om my gelyk te gee dat mens so deur...

Lili Marlene
Coenie Kukkuk - 2007-04-04
Skuins voor middagete loer Liesl by my deur in. Aan haar gesig kan ek sien sy wil weer iets hê. “Wat?” vra ek ongeduldig, en kyk af na my rekenaar. “Kom ek stick jou vir lunch. Wag, ek weet jy dieet of iets, maar waar ek jou wil vat, maak hulle die beste vegetarian pizzas denkbaar.” Sy bly stil en kyk af en ek weet hier kom dit. “Asseblief, Steven. Ek wil nie alleen gaan nie – dis nie werk nie, dis net ’n vriendin en ek het nie vandag...

Die tale van die Queen en die Groot K ...
Eagan A - 2006-11-29
“Ek is bang,” sê ek. “Waarvoor?” vra my erg flambojante, grootste vertroueling-pel (of eerder “suster”). “Of is dit nou weer een van daai Paula-7de Laan-dramatiese-aanvalle van jou?” Dié gesprek gebeur onlangs in my halwe huis in ‘n voorstad van Pretoria, etlike ure voor ek by die Pretoriase Urologie-hospitaal opgeneem moet word vir ‘n “onder-narkose-ondersoek”, wat dit ook al mag beteken. “Bang...

Crossdress
Anna-Marie de Vos - 2006-11-29
Ons stap, effe beneuk, saam met ons jong dogter na die gayklub se deur, waar ons almal soos wafferse tieners getjap word. Dit is al half laataand en twee ou vrouens soos ons se gaanlêtyd. Binne maal ‘n bont spul rond. Wat ons hier soek, dit nogal saam met ‘n tiener, weet g’n mens nie. Almal is aangetrek volgens die voorskriftelike tema “Crossdress”. Ons ook opgetooi in aandpak en sarong, weliswaar moeilik om te sê wie die ander van ons twee is. Die...

Reën
Adam Willemse - 2006-11-14
Reën was alles weg [...] die reën val op my hande, die reën val op my arms, die reën val op my oë, die reën val op my lyf, die reën val op my gesig, die reën val op my rug, o, reën val neer hier [...] die reën val neer op doringdraad die reën val op berge, die reën val op valleie die reën word strome, die reën word riviere, die reën word 'n see reën was alles weg hier, was alles skoon...

''Die boekklub''
Anna-Marie de Vos - 2006-09-08
Ek dink nog steeds dis ‘n goeie idee. Dis net dat die tyd my ‘n bietjie ingehaal het, soos gewoonlik. Ek wou nog ‘n woordeboek koop en eers bietjie daarin lees om gewoond te raak aan die gebruik van minder bekende woorde – sodat dit interessanter sou klink – maar daar is nou nie meer tyd daarvoor nie. Al wat oorbly, is gewone woorde. My deelname aan die skryfgroepie (wat begin is vir oefening) is deel van my plan om groot geld te maak met die skrywery. Ek gaan erotiese Afrikaanse verhale skryf vir...

Geliefde ...
Nandi Venter - 2006-09-08
Ek pen gedagtes neer wat jou nooit sal bereik nie, want jy is te ver weg op jou eie Via Dolorosa. Ek wens ek kon sê dat “ek en jy” nooit gebeur het nie, wens dat ek jou nooit ontmoet het nie, maar ek kan nie. Ek wil jou haat met my hele hart, maar ek het nie die moed nie. Jy het my onherstelbaar seergemaak. Die seer bly altyd sluimer en slaan met tye in bloedkolle deur my vel, want soms is treurende snye die enigste teken van lewe. Dit is jy wat in die nagte by my spook, dit...


<< 1 >>