Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Wynnuus


<< 1 2 3 >>

Songs of Praise in die ZK Matthews-grootsaal, Unisa, Pretoria - Sondag 25 Oktober 15:00 Fleur du Cap palm 2de WINE tydskrif Sauvignon Blanc Top 10 benoeming in
2009-10-27
Fleur du Cap, alombekend vir sy bekroonde Sauvignon Blancs van deurlopende hoogstaande gehalte, het weer eens sy slag gewys as een van Suid-Afrika se voorste produsente van dié kultivar met die uitsonderlike Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2009 Limited Release wat as een van die top 10 wyne benoem is by vanjaar se WINE tydskrif Sauvignon Blanc Top 10 kompetisie. Dié elegante Sauvignon Blanc is wynmaker, Pieter Badenhorst, se tweede staatmaker wat die eer te beurt val...

Die Bergkelder stel twee nuwe Fleur du Cap Unfiltered rooiwyne bekend
2009-09-23
Fleur du Cap het so pas twee nuwe oesjare van hul uitsoek rooiwyne in die ultra premium Unfiltered-reeks vrygestel – die kelder se trots, die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 en die ryk, komplekse Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007. Vorige oesjare van beide hierdie twee uitsonderlike wyne het reeds by van die land se voorste wynkompetisies insluitende Veritas en die Old Mutual Trophy Wynskou gewys waartoe hulle in staat is deur dubbelgoud en goue medaljes in te palm. Hierdie...

Die wêreld se Top Variëteit is SA se Pinotage
2009-09-07
Die 2009 Decanter World Wine Awards het vanjaar 10 285 inskrywings gelok, wat dit gevestig het as die wêreld se grootste wynkompetisie. Die uitslae is vandeesweek bekend gemaak en die Internasionale Trofee vir die Top Rooi Variëteit bo £10 is toegeken aan die Kaapzicht Steytler Pinotage 2006. Dit is ‘n historiese oomblik vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf aangesien ons tuisgekweekte Pinotage druif die beste enkelkultivar rooiwyn opgelewer het uit al die inskrywings van regoor...

Kom proe besonderse, skaars wyne by 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase
2009-08-20
KIKS, Donderdag, 20 Augustus 2009, 18h00 Proe uitmuntende wyne, ontmoet van Suid-Afrika se top wynmakers en maak ‘n aanbod op eksklusiewe versamelaarswyne tydens ‘n Stille Veiling by die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase wat plaasvind op Donderdag, 20 Augustus by die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS). Die bekende jazz-groep Breakfast Included sal jou hart se snare tokkel terwyl jy die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde wyne, so wel as keldertrotswyne van...

Nuwe speelgoed uitgenooi na Stellenbosch Wynfees
2009-07-16
Nuwe speelgoed en kinders is vanjaar die eregaste by die Pebbles Projek se kindersorgdiens tydens die Stellenbosch Wynfees, wat plaasvind vanaf 30 Julie tot 2 Augustus by die Paul Roos Sentrum. Die Pebbles Projek is ‘n liefdadigheidsorganisasie en sal kinders tussen die ouderdom van 2 – 7 met groot pret vermaak, maar vra aan ouers en maats om ‘n nuwe speelding saam te bring wat geskenk sal word aan minderbevoorregte kinders met spesiale leerbehoeftes. Kinders by die Stellenbosch...

Unieke landskapkuns ‘raam’ 350 jaar van Suid-Afrikaanse wyn
2009-07-16
Jongste ‘wyn-wonder’ deur Strijdom van der Merwe onthul by Simonsig Wêreld-bekende landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe, het ‘n plan beraam om erkenning aan Suid-Afrikaanse wyne te gee! ‘n Unieke kunsinstellasie van vyf enorme metaalrame, wat elk ‘n interaktiewe element van wynmaak uitbeeld, het sopas tot stand gekom by Simonsig Landgoed ter viering van die plaaslike wynbedryf se 350ste bestaansjaar. Strijdom is genader deur hierdie baanbreker familie-landgoed...

Unieke ‘Ontmoet die Wynmaker’ Aand op Vrydag, 24 Julie om 19h00
2009-07-16
Wees eerste om die nuwe Waterkloof Kelder te ervaar tydens die Stellenbosch WynweekDie Helderberg se jongste wynjuweel, Waterkloof, vier die afskop van die jaarlikse Stellenbosch Wynweek met ‘n eksklusiewe ‘Ontmoet die Wynmaker’ Aand by hulle splinternuwe kelder, hoog geleë aan die hange van die Schapenberg, op Vrydag, 24 Julie om 19h00. Wyn-entoesiaste staan die unieke kans om van die heel eerste kuiergaste van hierdie nuwe gravitasiekelder te wees en sal ook by Waterkloof...

4th Street – ’n Wyn gemaak vir vriende en goeie tye
2009-05-19
“Waar daar ’n opskop is, is daar 4th Street”. Met ’n nuwe sosiale vlinder in ons midde, 4th Street, ’n natuurlike soet Rosé, word goeie tye saam met vriende opnuut verseker. Sonder pretensie en glad op die tong, flankeer hierdie nuwe wyn heel gepas in kringe met ’n passie vir vriendskap en samesyn. 4th Street, is ’n toeganklike, jeugvolle rosé wat perfek is vir ’n gesellige makietie waar vriende goeie wyn en goeie tye deel....

False Bay Chenin Blanc skitter by internasionale Sommelier Wyntoekennings
2009-05-11
Die False Bay Chenin Blanc, wat sy oorsprong in ’n nederige bosstok-wingerd in die Swartland vind, het internasionale roem gewerf as die algehele wenner in sy kategorie by die 2009 Sommelier Wyntoekennings – Brittanje se enigste wynkompetisie wat hom alleenlik toespits op die restaurantbedryf en breër binneverbruik-mark. Die 2008 oesjaar, versadig met elegante geure, het geskitter in die Huis Witwyn (onder £5) kategorie met ‘Goue Lys’ status en ’n ‘Per...

Protégé keer huiswaarts uit Kalifornië na Jordan Wynlandgoed
2009-02-27
Howard Booyson, die eerste kandidaat van die Kaapse Wynmakersgilde se Protégé Program vir jong wynmakers, het pas teruggekeur vanaf Napa Vallei in Kalifornië, waar hy die geleentheid gehad het om wyn te maak op Ravenswood. Howard is tans terug in Suid-Afrika waar sy nuwe vaardighede op eie bodem ingespan sal word by Jordan Wynlandgoed in Stellenbosch.Danksy die Protégé Program is Howard die geleentheid gegun om by van ons land se voorloperwynmakers kers op te steek,...

Adore your loved one at Bilton this Valentine’s Day
2009-02-05
With breathtaking scenery and magical views sure to melt any heart, there is no better place to spoil your loved one than at Bilton Wine Estate this Valentine’s Day for an all embracing dinner enlivened with enchanting wines. Situated on the verdant slopes of the Helderberg in the heart of the Stellenbosch winelands, home to some of the country’s finest red wines, Bilton welcomes love birds with a romantic 3-course Valentine’s Day dinner in the original wine cellar...

Happy Birthday to us!
2009-02-02
Today, (Monday, February 2) is South Africa’s 350th birthday as a wine-producing nation. We are unique in knowing the exact date on which our wine industry began, thanks to the diary entry of Jan Van Riebeeck, who wrote on February 2, 1659:* “Today, praise be to God wine was pressed for the first time from Cape grapes.” Van Riebeeck was sent to the Cape in 1652 by the Dutch East India Company to establish a victualling station for ships rounding the southern tip of Africa...

Bekende Stellenbosch-rooiwynmaker dra sy eerste witwyn op aan sy bruid
Johann H Crafford - 2008-11-17
Hoe gemaak as 'n gesoute, spesialis-rooiwynmaker die dag die knoop met 'n witwynliefhebber deurhaak? Alhoewel dit dalk nie die eenvoudigste uitweg was nie, was die skep van 'n eerste witwyn onder die bekende Martin Meinert-vaandel dalk die mees romantiese oplossing.Met vroulike finesse verleen die La Barry Sauvignon Blanc 2008 flair aan 'n reeks hardebaard-, gesogte rooiwyne vanuit die Devon Crest-wingerde buite Stellenbosch. Hierdie verfrissende nuweling dien ook as 'n ware blyk...

Vyf internasionale toekennings vir Plaisir de Merle Cabernet Sauvignon
Johann H Crafford - 2008-11-17
Plaisir de Merle se Cabernet Sauvignon 2005 het hom as ‘n internasionale wenner van formaat bewys deur tot dusver vanjaar nie minder nie as vyf internasionale toekennings in te palm.Nog skaars was die nuus koud dat die 2005 Cabernet Sauvignon ‘n goue medalje op die 2008 Swiss International Airlines Wine Awards ingepalm het, toe volg die aankondiging dat hierdie wenner goud gewen het op die 2008 Concours Mondial de Bruxelles, ‘n hoog-aangeskrewe, professionele kompetisie om die heel...

Renaissance vir Franschhoek se La Bri
Johann H Crafford - 2008-10-28
Robin Hamilton, eienaar, en sy vennoot, Lindy Waterkeyn, beskryf La Bri as "'n klein, stil en baie mooi plek: net om daar te wees, maak dat jy dinge beter wil doen". Die bou van ‘n nuwe boetiekwynkelder van 120 ton en 'n proelokaal, byna verskuil agter volwasse eikebome, het nie hierdie rustigheid versteur nie, maar is die noodsaaklike belegging om inhoud te gee aan die filosofie om dinge beter te doen.Terwyl die wyse mense in die wynbedryf waarsku teen belegging in sement...

Two Oceans se lekkerdrinkwyne bendruk beoordelaars en wynskrywers
Johann H Crafford - 2008-10-28
Wie sê gewilde en sakpaswyne kan nie ook van topgehalte wees nie? Two Oceans, wat pas hoë lof in die befaamde wynkenner Robert Parker se Wine Advocate ontvang het, het nou ook op 'n multinasionale paneel in die VK indruk gemaak. Die handelsmerk het by vanjaar se International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen, waar dit teen veel duurder wyne te staan gekom het, twee silwermedaljes verower.Een van die van die silwermedaljewenners, wat ook die hoogste punte in sy klas gekry...

Van Ryn vanjaar beste ter wêreld x 2
Johann H Crafford - 2008-10-28
Die Van Ryn's-distilleerdery naby Stellenbosch is tydens twee belangrike toonkaste vir die globale spiritualieë-broederskap as die skepper van die beste brandewyn in die wêreld aangewys.Eers het Van Ryn's vroeër vanjaar by die International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen die titel Beste Brandewyn ter Wêreld met sy 20 Year Old Collector's Reserve verower, en nou het hy die International Spirits Challenge (ICS) se brandewyntrofee vir sy 12 Year Old...

Eerste Dalla Cia cabernet sauvignon pure genot in 'n glas
2008-10-28
Dalla Cia, ‘n geliefde en gerespekteerde familie in die Kaapse wynland wat bekend is vir hulle puik wyne en grappa, het so pas hul eerste cabernet sauvignon bekendgestel - 'n klassieke rooiwyn met net soveel gulheid en karakter as sy groothartige skepper. "Ons speel al vir 'n wyle met die idee om 'n cabernet sauvignon te maak met 'n klassieke styl en goeie verouderingspotensiaal, maar met sagter tanniene en 'n fluweelsagte struktuur," sê passievolle wynmaker...

JC le Roux eerste rosé om Cap Classique-uitdaging te wen
Johann H Crafford - 2008-10-23
Die Huis van JC le Roux, Suid-Afrika se oudste kelder wat uitsluitlik toegewy is aan die maak van vonkelwyn en die voorloper was met die maak van 'n pinot noir Méthode Cap Classique, het die eerste produsent geword om die toonaangewende Wine-tydskrif se Amorim Cap Classique-uitdaging met 'n rosé - die JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006 - te wen.Dié sege oor 47 ander vonkelwyn-inskrywings by die 2008-uitdaging was die tweede toekenning in een week vir die vars en lewendige...

Die Swartland lap sy wyn- en ander geheime uit
Johann H Crafford - 2008-10-20
Laaaank gelede, toe ek nog ‘n motorskrywer was, het die skakelhoof van ‘n bekende Japanse motorvervaardiger eendag gesê: "As Rondom Lelik (die skuilnaam vir die skakelhoof van ‘n bekende Duitse motorvervaardiger!) jou maan toe vat vir ‘n bekendstelling, vat ek jou Mars toe."En so het ons as motorskrywers gewoond geraak aan beter en beter ... en beter. En elke keer as ons gereken het dis nou die beste, was daar iets beter om die draai.Ook maar goed, want die...

Elegante Allesverloren-geskenkpak met sjiek portglase
Johann H Crafford - 2008-10-20
Allesverloren, die oudste wynlandgoed in die Swartland en alombekend vir sy puik portwyn, vang die stemming van die Kersseisoen perfek vas met ‘n spesiale geskenkpak wat bestaan uit ‘n bottel Allesverloren Port 2005, twee stylvolle portglase en twee verleidelike Lindt-neutsjokolades. Hetsy jy die feesspyse heerlik wil afrond met die soet smaak van die Allesverloren port- en Lindt-kombinasie, of vriende, familie en kollegas daarmee wil verras onder die Kersboom, die ryk, verruklike smaak...

Nederburg wen enigste goud vir Suid-Afrika
Johann H Crafford - 2008-10-20
Nederburg se rits bekronings duur voort. Razvan Macici, die keldermeester, en sy span het die enigste goud vir Suid-Afrika by die 2008 International Sweet Wine Challenge in Australië verower, in dieselfde week dat hulle by in die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings die meeste Grand d'Or-medaljes van enige deelnemer in hul sak gesteek het.Vroeër vanjaar is dié wynmakery by die Ou Mutual-Trofeewynskou as die suksesvolste produsent aangewys, en het hy boonop die Lexus WINE...

Drostdy-Hof seëvier by Value Wine Awards in Kanada
Johann H Crafford - 2008-10-20
Drostdy-Hof, die gewilde reeks toeganklike wyne afkomstig van die skilderagtige Tulbagh-vallei, het uitgeblink by die internasionale Value Wine Awards in Kanada met twee wyne wat met Killer Value-status bekroon is as topgehaltewyne onder $15. Die 2007-oesjare van sowel die Drostdy-Hof Chardonnay as die Drostdy-Hof Merlot is uit meer as 1 000 wyne afkomstig van 14 lande uitgesonder in die prysklas onder $25, die prys waarteen 97 persent van alle wynverkope in Kanada geskied. Die kompetisie word jaarliks...

Monis se muskadel is goud in die mond
Johann H Crafford - 2008-10-20
Monis, een van die oudste en mees gerespekteerde name in gefortifiseerde wyne in Suid-Afrika, het hom weer eens bewys as een van die voorste muskadel-produsente in die wêreld. Die 2001-oesjaar het nie net ‘n goue medalje by die 2008 Muscats du Monde in Frankryk verower nie, maar is ook uitgesonder as een van die top 10. Monis is die enigste Suid-Afrikaanse produsent wat ‘n goue medalje by dié toonaangewende kompetisie ingepalm het. Die houtverouderde Monis Vintage Muscadel...

Versnit-triomf vir Kaapse Wyngilde
Johann H Crafford - 2008-10-17
Die Blaauwklippen-versnitkompetisie vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar met 'n rekord-aantal inskrywings van 79 wynklubs regoor Suid-Afrika, asook een internasionale deelnemer van die Verenigde Koninkryk - 'n beduidende toename in deelname teenoor verlede jaar se 64 inskrywings.Dié kompetisie, gestig deur Blaauwklippen-landgoed, is die enigste van sy soort in Suid-Afrika waar amateur wynklubs hul eie wynversnitte kan inskryf vir beoordeling deur professionele wynkundiges. Benewens verskeie...

JC le Roux eerste rosé om Cap Classique-uitdaging te wen
Johann H Crafford - 2008-10-06
Die Huis van JC le Roux, Suid-Afrika se oudste kelder wat uitsluitlik toegewy is aan die maak van vonkelwyn en die voorloper was met die maak van 'n pinot noir Méthode Cap Classique, het die eerste produsent geword om die toonaangewende Wine-tydskrif se Amorim Cap Classique-uitdaging met 'n rosé - die JC le Roux Pinot Noir Rosé 2006 - te wen.Dié sege oor 47 ander vonkelwyn-inskrywings by die 2008-uitdaging was die tweede toekenning in een week vir die vars en lewendige...

Deel in Klipdrift se gasvryheid en wen 'n spoghuis op Robertson
Johann H Crafford - 2008-10-03
In die gees van sy kenmerkende vrygewigheid en gasvryheid gaan Klipdrift 'n huis ter waarde van R1,3 miljoen op die Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed by Robertson weggee, naby waar Suid-Afrika se topverkopende brandewyn gemaak word. Mense ouer as 18 kan vir die kompetisie inskryf en staan ook die kans om een van vele pryse te wen. Verbruikers kan ook per SMS inskryf deur die laaste vier syfers te verskaf van die staafkode op hul gunsteling Klipdrift brandewyn. Natuurliefhebbers en buitelewe-entoesiaste...

Klein maar getrein!
Johann H Crafford - 2008-10-01
Dawid het vir Goliat gewys dat grootte nie saak maak nie. En Don Juan en Casanova het dit glo ook bewys! Nou het ‘n handjie vol passievolle garagiste-wynmakers besluit om te wys dat wanneer dit by passie vir wynmaak kom, grootte ook nie tel nie. Inteendeel!Die Durbanville Boetiekwynvereniging (DBWA) het tot stand gekom nadat ‘n handjie vol entoesiastiese en passievolle wynmakers in die Durbanville-omgewing besluit het om kragte saam te snoer en hul uitsonderlike wyne aan die publiek bekend...

Swartskaap doen dit!
Johann H Crafford - 2008-09-24
In die onlangse SA Terroir-wyntoekennings is Swartskaap van Hermanuspietersfontein naby Hermanus deur ‘n paneel wynkenners - Charl Theron, Dave Hughes, Clive Torr, David Biggs en Susan Wessels - aangewys as die beste cabernet franc in Suid-Afrika. Volgens Dave Hughes, bekende wynkenner en beoordelaar, is hierdie die mees eksklusiewe wynkompetisie ter wêreld weens die wyn-van-oorsprong-reëls wat geld. Hy is nie bewus van enige soortgelyke kompetisie waarin die wynbouterreine (terroir)...

Fleur du Cap stel eerste witwyn met skroefdop bekend
Johann H Crafford - 2008-09-23
Fleur du Cap het pas sy eerste witwyn met ‘n nuttige skroefdop bekend gestel - die 2008-oesjaar van sy veelbekroonde Unfiltered Sauvignon Blanc. Al die 2008-witwyne in Fleur du Cap se gewilde Unfiltered-reeks sal met skroefdoppe pleks van kurk gebottel word.Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc is bekend vir sy besonderse gehalte, en dié wyne palm jaar na jaar toonaangewende plaaslike sowel as internasionale toekennings in. Die 2008-oesjaar behoort geen uitsondering te wees nie.Die...

Ervare Pinotage-meesters deel die verhoog
Marius Labuschagne - 2008-09-19
Die uitslae van 2008 Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is ‘n toonkas van Pinotage-meesters wie se kundigheid die afgelope twaalf jaar met verskeie wenwyne bekroon is. Sommige het glorieryk teruggekeer.2008 Absa Top 10 Pinotage-wenners (in alfabetiese volgorde): Anura Pinotage 2007, Beyerskloof Diesel Pinotage 2006, Beyerskloof Reserve Pinotage 2006, Cloof Pinotage 2005, DeWaal Top of the Hill Pinotage 2006, Fairview Primo Pinotage 2007, Rijk's Private Cellar Pinotage 2004, Simonsig Red Hill...

Creation stel nuwe wyne bekend
Johann H Crafford - 2008-09-18
Hulle mag nou wel die nuwe laaities in die straat wees, maar moenie die fout maak en hulle nie na hul werklike waarde skat nie! Jean-Claude en Carolyn Martin (née Finlayson) het in 2002 ‘n rou stuk grond ‘n paar kilometer op in die Hemel en Aarde-vallei gekoop en wingerd begin aanplant. Drie jaar later het JC, ‘n Switserse wynmaker, ‘n vennootskap met ‘n ou vriend, Christoph Kaser, ook ‘n talentvolle wynmaker, aangegaan en vandag is hulle slaggereed om die...

Lomond se Pincushion wêreld se beste in klas
Johann H Crafford - 2008-09-18
Lomond se 2007 Pincushion Sauvignon Blanc is pas in vanjaar se Decanter World Wine Awards as die beste ter wêreld in sy prysklas aangewys. Die enkelwingerdwyn het stof in die oë geskop van talle topname van Nieu-Seeland en Chili in die strawwe kategorie van Minder as £10.Die enkelwingerd sauvignon blanc is vernoem na die speldekussing-proteas wat geil op die landgoed naby Gansbaai groei, en was een van net 26 wyne wat 'n internasionale trofee kon verower in die kompetisie wat...

Tukulu Pinotage weer in ABSA se Top 10
Johann H Crafford - 2008-09-15
Die 2006-oesjaar van die Tukulu Pinotage is vir ABSA se lys van die voorste tien pinotage-wyne gekies. Dit is die vyfde keer dat die handelsmerk só vereer word.Deidre Samson, bemarkingsbestuurder van Cape Legends wat die bemagtigingshandelsmerk verteenwoordig, sê: "Dit is 'n gepaste eerbewys ter herdenking van die tiende bestaansjaar van Tukulu, 'n trotse voorbeeld van 'n omgewings- en maatskaplik volhoubare wynmakery wat boonop uitnemende wyn maak."Tukulu se wyn...

Paul Cluver Chardonnay wen Decanter-trofee
Johann H Crafford - 2008-09-12
Nadat die Paul Cluver 2007 Chardonnay die Decanter World Wine Awards-streekstrofee vir die beste Suid-Afrikaanse Chardonnay vir minder as £10 ingepalm het, is dié wyn pas in Londen met die internasionale trofee vir die beste ter wêreld vereer. Dié trofee is een van die ses uit 26 internasionale trofeë wat Suid-Afrika gewen het, en dié land se prestasies is 'n triomf, skryf Adam Lechmere in die aanlyn-weergawe van Decanter. Australië, wat meer inskrywings...

Paul Cluver stel 2007 Pinot Noir bekend
Johann H Crafford - 2008-09-12
Die Paul Cluver Pinot Noir 2007 is een van die beste oesjare wat ons nóg bekend gestel het, sê wynmaker Andries Burger. "Dié oesjaar bly getrou aan die vrugte-suiwerheid en struktuur van die wyn wat deur die natuurlike suur voorsien word. Dít is die wese van 'n uitmuntende pinot noir," sê hy."Die neus herinner aan kersies en aarbeie, met tikkies speserye, sampioene en donker sjokolade. Die palet is propvol rooi vrugte, met sweempies speserye en...

Nederburg plant ongewone kultivars
Johann H Crafford - 2008-09-08
Nederburg se besluit om 'n gemengde blok carignan en grenache op die plaas te plant, is een van sy proefnemings met ongewone kultivars om nog boublokke vir vernuwing te skep en die wynmakery op die uitwerking van klimaatsverandering voor te berei.Die nuwe wingerd van 3,5 ha in granietagtige Glenrosa-grond volg op die aanplanting van 'n blok grenache van 2,7 ha en 'n blok carignan van 1,2 ha op die plaas verlede jaar. Produsente lewer al verskeie jare malbec, mourvèdre, tannat,...

A world first for Darling
Johann H Crafford - 2008-08-14
Darling, less than an hour's drive from Cape Town, is the first wine-producing district to be awarded membership status by the Biodiversity Wine Initiative (BWI) with all individual farms, as well as Darling Cellars, achieving accreditation. Desktop research indicates that this is a worldwide first with no similar achievement elsewhere in the wine-producing world.Inge Kotze from the BWI explains: "This exemplary wine district encapsulates BWI's central philosophy of conservation and continual...

Alchemy of Gold betower beoordelaars in Londen
Johann H Crafford - 2008-08-14
Alchemy of Gold het nóg ’n paneel internasionale beoordelaars wat Suid-Afrikaanse brandewyne naas die beste spesialisbrandewyne uit Frankryk, Spanje, Italië, Kalifornië en elders geproe het, betower.Die jongste medalje-oes – twee goues en vier silwer – by die 2008 International Spirits Challenge in Londen volg op die hakke van die portefeulje se veelvuldige-medalje-sukses by vanjaar se International Spirit Competition.Die goue medaljes is toegeken aan ’n oesjaarbrandewyn...

Raats stel nuwe oesjare se wyne bekend
Johann H Crafford - 2008-08-14
Die bekende wynmaker Bruwer Raats van Raats Family Wines stel eersdaags die wyne van sy jongste oesjare bekend. Sowel die 2008 Raats Original Chenin Blanc as die 2007 Raats Cabernet Franc bied 'n ongekende wynervaring. Die Raats Original Chenin Blanc weerspieël duidelik hierdie wynmaker se onwrikbare geloof in hierdie kultivar, en die afwesigheid van hout beklemtoon die inherente vrugtige eienskappe van die chenin-druif. Die 2008-oesjaar is 'n verleidelike kombinasie van appel, pynappel en...

Rickety Bridge Sauvignon Blanc lof toegeswaai
Johann H Crafford - 2008-08-07
Die enigste sauvignon blanc-wingerd op hierdie prentjiemooi Franschhoekse wynlandgoed teenaan die rivier is beloon toe die Rickety Bridge Sauvignon Blanc 2007 ‘n vierstergradering ontvang het in Decanter se "New World Sauvignon Blanc Tasting" (gepubliseer in Decanter se Junie-uitgawe). Dit was een van slegs sewe sauvignon blancs, waarvan net twee uit die Kaap, wat hierdie hoë gradering ontvang het.Decanter, wat in Engeland uitgegee word, is een van die voorste en gesaghebbendste...

Wynbedryf lei wynkelners vir 2010 op
Johann H Crafford - 2008-08-07
Wines of South Africa (WOSA), die niewinsbejag-organisasie wat Suid-Afrikaanse wyne wêreldwyd bevorder, het vorendag gekom met ʼn vernuftige werkskeppingsveldtog om 2 010 wynkelners vir die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 op te lei. Die doel is om te verseker dat plaaslike en buitelandse toeriste in 2010 wynbediening van wêreldgehalte ontvang deur geld vir opleiding deur die verkoop van ʼn rooiwyn van topgehalte in te samel. Dié wyn is spesiaal vir die projek...

Durbanville Hills Sauvignon Blanc 2008 nou beskikbaar
Johann H Crafford - 2008-08-07
Durbanville Hills se 2008 Sauvignon Blanc, die eerste wyn van die kelder se tiende oesjaar, is pas beskikbaar gestel. Met volop tropiese vrugte soos vy, lemmetjie, koejawel en appelliefie, het die wyn ʼn lieflike volheid in die mond, en dit eindig met ʼn vars nasmaak. Die keldermeester, Martin Moore, sê sedert die eerste oes in 1999 het die naam Durbanville Hills bekendheid verwerf vir sauvignon blanc van topgehalte. Moore stel voor die wyn word effens koud op sy eie geniet of saam...

Nederburg wen gesogte shiraz-toekenning
Johann H Crafford - 2008-08-07
Nederburg, wie se 2006 Winemaster’s Reserve Shiraz pas as die wenner van die tydskrif WINE se Shiraz Challenge vir 2008 aangewys is, is besig om baie vinnig ’n uitstekende reputasie vir sy suksesvolle interpretasie van dié kultivar in sy verskillende reekse op te bou. Verlede jaar is hierdie Paarlse wynmakery se eerste shiraz onder die Manor House-etiket - die 2005 - by die International Wine & Spirit Competition in Londen as die wêreld se beste shiraz en wenner van die...

Lord Neethling Noble Late Harvest wen terroir-toekenning
Johann H Crafford - 2008-07-21
Neethlingshof se Lord Neethling Weisser Riesling Noble Late Harvest 2006 is op die jaarlikse Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings as die beste natuurlike soetwyn aangewys vir sy uitsonderlik plekgebonde smaak en ’n vermoë om elegansie met ʼn konsentrasie van geur te kombineer.Die 2005-oesjaar van dieselfde wyn is twee jaar gelede by die heel eerste Suid-Afrikaanse Terroir-toekennings ook as die landwye wenner in die kategorie vir natuurlike soetwyne aangewys. Die kategorie dek die hele...

JC le Roux vonkel in pienk
Johann H Crafford - 2008-07-21
Die Huis van JC le Roux sprankel met ‘n nuwe pienk blos, die elegante La Fleurette, wat parmantig sjarme verleen aan Suid-Afrika se geliefde reeks vonkelwyne. Hierdie verfrissende vonkelgenot bied speels dog stylvol die perfekte pasmaat vir in-die-kol modieuse en glansryke sosiale vlinders wat "Le Good Life" ten volle geniet.Met sy unieke en byderwetse voorkoms streel dié toeganklike rosé die sintuie met ‘n vonkelplesier van uitmuntende gehalte en ‘n lae...

Seidelberg se Cecilia 2006 wen goud
Johann H Crafford - 2008-07-21
Seidelberg-landgoed se Cecilia 2006, wat in 2007 vrygestel is as deel van ‘n opheffingsinisiatief, het weggestap met ‘n goue medalje op die 2008 Femmes et Vins du Monde Concours International (Internasionale Kompetisie vir Vroue en Wyne van die Wêreld), wat onlangs in Monaco plaasgevind het.Die Cecilia 2006, ‘n versnit van shiraz, mourvèdre en malbec, is slegs een van agt wenners van ’n goue medalje en die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat bekroon is onder die klein...

Bunnahabhain wen toekenning as beste ter wêreld
Johann H Crafford - 2008-07-21
Bunnahabhain se 25 jaar oue Islay Single Malt Scotch Whisky het op die onlangse World Whiskies Awards vir 2008, wat in samewerking met Whisky Magazine aangebied is, ’n toptoekenning verower. Dié puik enkelmout is as die beste veenvrye enkelmoutwhisky van Islay aangewys. Dié 25 jaar oue whisky is onlangs in Suid-Afrika bekend gestel.Bunnahabhain het 'n wonderlike mengsel van smake met ’n soet geur van karamel en bessie- en roomsmake wat met geroosterde neute en mout gebalanseer...

SA se eerste organiese vonkelwyn borrel by Avondale
Johann H Crafford - 2008-07-16
Avondale Bio-LOGIC Wynkelder het Suid-Afrika se eerste Méthode Cap Classique-wyn wat van organiese Bio-LOGIC-druiwe berei is, vrygestel.Avondale Méthode Cap Classique Brut (Nie-Oesjaar), ’n 100 persent Chardonnay MCC, is die jongste toevoeging tot Avondale se wynreeks. Die kelder spits hom toe op die verbouing van druiwe deur die natuurlike herstel van die grondbalans. Dit word gedoen deur die herstel van grondswamme en organismes wat natuurlik in die grond voorkom, maar weens...

Al gehoor van Cape Rock Wines?
Johann H Crafford - 2008-07-15
Een van die vele voorregte van oor wyn skryf is dat jy dikwels wyne ervaar wat die gewone man op straat bitter selde, of nooit nie, beskore is. Op ‘n onlangse besoek aan een van my gunsteling-wyngebiede, die Olifantsriviervallei, was ek weer so bevoorreg.Maar voor ek verder gaan, moet ek darem verduidelik dat die Olifantsrivier-wynroete nie net oor lekker wyn gaan nie. Dit gaan ook oor lekker Weskuskos en laastens maar beslis nie die minste nie, die lekkerste mense. O ja, en dan’s daar...


<< 1 2 3 >>