Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Jason Lloyd: Hotnotsgot

Jason Lloyd: Hotnotsgot


<< 1 2 >>

Bok-afrigter: storie van hartseer, maar ook van hoop
Jason Lloyd - 2011-11-22
Die storie van Peter de Villiers as Bok–afrigter – nog tot volgende maand (?) – is ’n storie van hartseer, maar ook van hoop en blydskap. Toe hy vier jaar gelede die geleentheid gekry het – weliswaar op omstrede wyse – is hy vanuit die staanspoor uitgeskel as ’n “transformasie-afrigter”. Die rede vir dié beskuldiging moet ook deels op die brood van die rugbybaas, Oregan Hoskins, gesmeer word, omdat hy gesê het Div se aanstelling...

Alle mense is stories
Jason Lloyd - 2011-11-16
Dit is ’n bekentenis of belydenis wat ek teenoor Jakes Gerwel moet doen omdat ek die verhaal oor ’n uitsonderlike inwoner van Somerset-Oos nog nooit geskryf het nie. Die besoek aan Somerset-Oos wat dié belofte voorafgegaan het, het so begin. Dit was 22h00 op 15 April 2009 en ek het pas my kamer in die Somerset Hotel in Somerset-Oos oopgesluit. Soos die skrywer Alan Paton in 1946 in sy hotelkamer in Noorweë aangekom het en gaan sit het en begin skryf het, net so het ek ook...

Die droom van die armes
Jason Lloyd - 2011-10-11
Untitled Document Twee beelde van (chroniese) armoede het my weer eens gekonfronteer – iets wat miskien met ons almal behoort te gebeur – met dié vraag: Wat gaan van hierdie land word as die droom van ons armes sterf? Twee maande gelede het die tragiese verhaal van oom Dan (59) by my kom spook. By die huis op Uitenhage het hy te voorskyn gekom. Geklee in ’n stukkende verkeersbeampte-baadjie, ’n verbleikte swart Telkom-T-hemp en ’n (vuil) kakie kortbroek. Hy...

Zuma was nog nooit die ''ware Jakob'' nie
Jason Lloyd - 2011-10-04
Untitled Document President Jacob Zuma se leierskap laat veel te wense oor. Reeds daarom is dit veilig om te impliseer dat hy nie die “ware Jakob” is nie. Sy strategiese-leier-eienskappe skiet in baie opsigte heeltemal te kort. Zuma se onlangse optrede in die parlement deur belangrike vrae van die opposisie te systap – nogal met die hulp van die Speaker – is baie kommerwekkend en bewys sy gebrek aan ware leierskap. Wanneer daar van Zuma verwag word om ferm op te tree,...

Welvaartbelasting
Jason Lloyd - 2011-08-30
Die meerderheid wit mense (en veral Afrikaners) toon geen begrip van, berou oor en respek vir die kroniese skade wat slawerny, kolonialisme en apartheid aan swart mense (in die breë generiese sin) aangerig het nie. Die klank, toon en aard van die reaksies van wittes op emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se voorstel dat wittes self leiding moet neem met ’n “welvaartsbelasting”, is ’n bewys daarvan. Die reaksie veral in die Afrikaanse media is ’n stortvloed kritiek...

Mondli Makhanya het nie ’n gewete nie. Hy moet bedank.
Jason Lloyd - 2011-08-25
Untitled Document Mondli Makhanya is ’n kat met nege lewens, wat al lankal moes bedank het. Trouens, hy moes al by drie geleenthede bedank het, maar hy het nie. Tydens dié geleenthede moes drie rubriekskrywers en ook ’n waarnemende redakteur in die swaard val waarin Makhanya ook moes geval het. Nie eens die jongste mediastorm wat losgebars het nadat die rubriekskrywer Eric Myeni vir City Press-redakteur Ferial Haffajee aangeval het in ’n rubriek in die Sowetan het die...

Bloedoffers vir spraakvryheid
Jason Lloyd - 2011-08-02
Untitled Document Wat is die ergste wat met ’n skrywer of digter kan gebeur? Natuurlik sal menige mense die maklike en ook baie hartseer antwoord – die dood – as antwoord gee. In baie gevalle is die dood egter die beste uitweg. Dit spaar die menslike siel aanhoudende pyn en vernedering. Ook marteling, wat soms in die afwesigheid van die dood onuitwisbare merke en skade laat. Met die moontlike gevolge van die konsep-wetsontwerp op die beskerming van inligting en die dreigende...

Colour(ed) TV behoort verwelkom te word as 'n begin tot erkenning
Jason Lloyd - 2011-07-26
Untitled Document Konsensus onder bruines oor die verskyning van Colour(ed) TV op SABC3 bestaan nie. Sommiges sê dit is ’n klomp gemors, terwyl andere dit as ’n geleentheid sien – om bruines se seldsame verskyning op TV stop te sit. Die eerste episode van Colour(ed) TV het Vrouedag in 2006 vir my in herinnering geroep. ’n Destydse (bruin) fabriekswerker, Sophie Williams-De Bruyn, praat oor haar ervaringe in 1956 toe 20 000 vroue na die Uniegebou gemarsjeer het teen...

Die Taalwet se haalbaarheid
Jason Lloyd - 2011-07-20
Untitled Document Hoe prakties haalbaar is die volle implementering van die voorgestelde Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale? In beginsel is dit ’n wonderlike idee wat moet toesien dat al 11 amptelike tale soos verskans in die Grondwet (Wet 108 van 1996) ten volle gelyke status moet geniet. Die reg van alle persone om sy of haar taal sonder vrees te kan praat of te skryf behoort ’n ononderhandelbare burgerlike vryheid van elke grondwetlike demokrasie te wees. Vanweë die staat se...

Die DA moet transformeer
Jason Lloyd - 2011-06-15
Untitled Document Hoe die DA sy gekonsolideerde wit, bruin en Indiër-steun en ietwat verhoogde swart steun in die onlangse munisipale verkiesings gaan omskep in ’n party met inklusiewe strukture en nasionale beleid, gaan geen maklike taak wees nie. In beginsel stem ek saam met Jakes Gerwel toe hy in ’n onlangse Rapport-rubriek geskryf het dat die wyse waarop Helen Zille rassegrense oorskry het, “alle non-racialists dankbaar (behoort) te laat”. Die groot uitdaging lê...

Ons: Standpunte van annerkant die treinspoor: Wyngaard omseil omstrede kwessies
Jason Lloyd - 2011-06-08
Ons: Standpunte van annerkant die treinspoor Heindrich Wyngaard ISBN: 9780620496155 In sy bundel rubrieke skryf Heindrich Wyngaard veral oor “kwessies wat hul bestaan in die bruin gemeenskap het of wat bruin mense in die eerste instansie raak”, dus oor die kompleksiteit van (bruin) Afrikaanssprekendheid in ’n postapartheid-Suid-Afrika. Hy skryf ook oor ander sosiaal-politieke kwessies, maar keer elke keer terug “tot die storie van die bruin mense – of dan liewer ‘swart...

Verander die kiesstelsel
Jason Lloyd - 2011-06-01
Untitled Document Die herskikking van die politiek in die nabye toekoms is te ver en daarom lê dit nie opgesluit in die versterking van die (reeds) flou opposisiepartye nie, maar eerder in die diepgaande herbesinning en verandering van die huidige kiesstelsel. Die geskiedenis leer dat baie Afrika-bevrydingsbewegings suid van die Sahara na ongeveer 25 jaar na bevryding en/of onafhanklikheidswording hul land in die moeilikheid in regeer. Dit is omdat hulle eers die ekonomie verwoes. Die gevolg...

Drie opsies vir bruines
Jason Lloyd - 2011-05-04
Untitled Document Die nuwe verskynsel hier vlak voor die plaaslike verkiesings is dat die ANC veral steun verloor onder sy tradisionele bruin middelklas-kiesers, wat ’n minderheid in dié gemeenskap vorm. Die meerderheid bestaan uit die werkersklas en ondersteun hoofsaaklik opposisiepartye soos die DA. In gesprekke met mense uit die bruin middelklas, debatte op so­siale netwerke en koerantbriewe voer hulle aan die ANC is gestroop van alle redelikheid. Dat die waardesisteem wat die...

Gratis onderwys – ’n duur belofte
Jason Lloyd - 2011-03-23
Soos die gesegde lui, is politiek die kuns van die moontlike – maar dikwels ook die onmoontlike. En dat president Jacob Zuma in sy politieke loopbaan die kuns beproef, is gewis. In die proses is al menige politikus se beeld verbrysel. Daarom het die Britse politikus Enoch Powell lank gelede opgemerk dat alle politieke lewens in mislukking eindig. Kom ons neem Zuma se doelwit om gratis en verpligte onderwys vir armes tot op voorgraadse universiteitsvlak in te stel, in oënskou. Dit is...

Coloured nationalism: Be forwarned
Jason Lloyd - 2011-03-17
Untitled Document The so-called coloured people – who are actually black – are standing with their “political and economic backs” to the wall, because they have rejected their “ghastly” blackness. This rejection of blacks by the coloureds is, according to a number of blacks, the root of the evil that caused the polemic on the position of the coloureds in post-apartheid South Africa. Look, Jimmy Manyi’s so-called statement that there is an “overconcentration”...

Bruin is nie swart nie, of is dit?
Jason Lloyd - 2011-03-01
Met sy stelling dat hy nie swart is nie, het Danny Titus, uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV, lewe gegee aan die soliede raskategorieë wat in Suid-Afrika nog steeds bestaan. Sodoende het hy weer eens groot verwarring gesaai onder bruines oor hul identiteit en herkoms. Dit was einde Januarie by die Suidoosterfees in Kaapstad tydens die bespreking van die onderwerp “Ons, julle en hulle”. Titus, wat een van die sprekers op die paneel was, het veral ’n hou ingekry na...

Pastoor Galtrol
Jason Lloyd - 2011-02-16
Hy sit skielik die draadloos af. Die gesalfde van God kan nie lekker lees nie. Die musiek irriteer hom – al sing die dame so roerend en aangrypend mooi. Hy sit orent en bring die koerant nader aan sy gesig. Met sy dikraambril wil hy beter lees, want die storie gryp sy aandag. Dit gryp hom aan die bors. Binne-in die huis is dit nou doodstil, so stil soos dit gewoonlik op ’n Sondagoggend is. Dit was na die oggendkerkdiens. Buite was daar ’n ligte windjie uit die suide. Die lug was...

’n Song vir Afrikaans
Jason Lloyd - 2011-01-05
Die debat in en om Afrikaans se voortbestaan, veral in die bruin gemeenskap, verdien ’n paradigma-skuif. Ek het in die verlede soos volg oor dié debat geskryf: "Afrikaanssprekendes is tans almal benewel deur emosies en pyn wat nie gedelg kan word nie. Die gekerm oor Afrikaans se voortbestaan is kompleks ..." En ook: "[D]ie laaste skote oor Afrikaans is nog nie geskiet nie." By die KKNK in Oudtshoorn in 2010 tydens Die Burger se lesingreeks oor Afrikaans, Regs, links of stadig op pad...

Wys vir my jou selfoon en ek sê jou wie jy is
Jason Lloyd - 2010-12-17
Wys vir my jou selfoon en ek sê jou wie jy is. Die afgelope klompie jare het selfone ’n tipe subkultuur geword; iets waarsonder die moderne mens glad nie kan oorleef nie. Navorsing bewys die eerste selfoon het byna ’n kilogram geweeg en ’n mens kon sowat ’n halfuur praat nadat jy die battery ure lank gelaai het. Een van die eerste fone te koop was die Motorola DynaTAC 8000X. Met die bekendstelling van dié foon in 1984 het mense letterlik oor hul voete geval om...

Toe musiek maar net musiek was
Jason Lloyd - 2010-11-23
Ek sou wou skryf oor die wel en wee van Oos-Kapenaars. Oor die sosiaal-ekonomiese probleme, hoogtepunte, laagtepunte van die Oos-Kaap, wat beskou word as die armste provinsie in die land. Ek sou ook graag wou skryf oor my bewondering vir die natuurskoon van my provinsie. Dit was op ’n Saterdagaand toe ek van idee verander het. Dit het my teruggeneem na ’n tydperk toe musiek maar net musiek was. ’n Tydperk toe die woorde niks beteken het nie; net die ritme van die musiek. ’n...

Mara trek ’n Pieter (of is dit ’n Julius?): Idols en ras
Jason Lloyd - 2010-11-17
Daar is nie ’n besliste reg of verkeerd in Mara Louw se aanvegbare uitbarsting dat Idols in wese ’n rassistiese musiekkompetisie is nie. ’n Gesprek oor verandering in die aanbieding en stemprosedure van die kompetisie kon uiteraard interessant gewees het, maar toe trek Louw ongelukkig ’n Peter de Villiers (of is dit ’n Julius Malema?) op haarself deur te “bid dat die Here vir L’loyd laat wen”. Ek kon dit nie glo nie. Boonop sê sy Idols, waarop...

Reg en verkeerd
Jason Lloyd - 2010-11-09
Wie bepaal wat is reg? En wie bepaal wat is verkeerd? Dit is moeilike filosofiese vrae en glad nie maklik om te beantwoord nie. Iemand moet dit egter vra. So, wie gaan hierdie vrae beantwoord? Die antwoord lê opgesluit in die realistiese benadering dat dit moeilik is vir enige siel om te bepaal wat reg of verkeerd is. Kom ons neem byvoorbeeld die bohaai oor poligamie nadat pres Jacob Zuma vroeër vanjaar met die soveelste vrou getrou het. Poligamie is vanjaar gedurende die KKNK by Die...

Susan Smith steek haar nek uit vir Afrikaans
Jason Lloyd - 2010-10-27
Terwyl gerugte oor die afsterwe van Afrikaans soos ’n dwarrelwind deur die land trek, groei dié taal stilletjies op ’n plek waar ’n mens dit nie sal verwag nie; en boonop word die groei gevoed deur ’n Afrikaanse digter en ook ’n nasaat van een van Afrikaans se geliefde ontslape digters. In die oorwegend Engelse Oos-Londen, in die Gassonsentrum, wat tevore die Rhodes Universiteit se satellietkampus gehuisves het, het Susan Smith Afrikaans tot nuwe hoogtes uitgebou....

Spoed maak dood
Jason Lloyd - 2010-09-29
Ek is ernstig as ek sê: Spoed maak dood. Dit het ek weer eens besef toe ek op ’n Donderdag van King William’s Town na Mthatha gereis het. Die Vrydag terug King William’s Town toe en daarna na my tuisdorp, Uitenhage. ’n Hele 750 km in net meer as ’n dag. Baie gery, sou ’n mens agterna wou sê. En weer eens het ek ’n paar padlesse geleer. Die Donderdagaand in my hotelkamer het ek op Facebookgeskryf: “Nou net by die hotel hier in Mthatha aangekom,...

Jason Lloyd gesels met Jean-Pierre du Plessis
Jason Lloyd - 2010-09-21
Die nuwe 7de Laan-akteur Nico Smit, oftewel Jean-Pierre du Plessis – beter bekend as JP – vou sy hande en kyk my in die oë en sê deur op nuwe gehore soos die jeug te fokus, gaan Afrikaanse teater weer nuwe lewe in die Oos-Kaap kry. Gewapen met die bekende dramaturg Reza de Wet se toneelstuk Mis en Mirakel, het Du Plessis (27) en sy teatergeselskap, Swerwersproduksies,reeds ’n oproer in Oos-Kaapse teaterkringe veroorsaak. En noudat hy ook ’n rol in 7de Laan losgeslaan...

Waarvandaan daai woord kom
Jason Lloyd - 2010-09-08
Dit is laat herfs in die Vredendal-wynlandstreek en iewers vertrap iemand die vroeë ryp met sy kaalvoete dat die gras huil. Hy was te laat: die persoon met die stem in Afrikaans het die foon neergesit. Nou gaan hy weer inkruip. Net voor hy weer, soos gewoonlik, die stukkende kombers oor sy kop trek, hoor hy ’n klop aan die deur. Sy niggie: "Bakkies, magtig man, gevrek soos altyd, maak die se deur oop." Bakkies Cloete sit orent, draai sy kop sywaarts na die deur en spring van die kooi...

Eish, die dêng met taal
Jason Lloyd - 2010-08-31
Eish, die dêng met taal. Orie Deetsemmermaand bel ’n vriendin woedend uit my (aangenome) tuiste, King William’s Town, sedert 2004. Sy wou hêppie krismis sê, ma’ toe is my selfoon af. Ma’ sy was ook erg ontsteld omdat my personal greeting in Afrikaans is, "want dus nettie cool nie". By die Afrikaanse-gedeelte het sy die foon afgesit. "As jy verder geluister het sou jy die boodskap in Afrikaans, Engels en Xhosa gehoor het. Dit is die amptelike tale van die...

Jy kan nie anders as om Rietbron lief te hê nie
Jason Lloyd - 2010-07-28
Die digter en filosoof Adam Small het sy eerste lewenslig aanskou aan die oewers van die Bergrivier in die Wamakersvallei. Hy is op Wellington gebore. Het egter nie daar grootgeword nie, maar op die buitewyke van Robertson – Goree. In 1978 verwoord Small sy liefde vir die “rooibruin grond” van Goree in sy biografiese drama The Orange Earth. Dit sou later, in 1996, deur Daniel Hugo in Afrikaans vertaal word met die titel Goree. Dié drama is in die buiteland, Nashville, Tennessee,...

Is dit regtig hoe die DA onder Zille lyk?
Jason Lloyd - 2010-07-21
Dit verbaas nogal dat die vuurvreter-politikus Patricia de Lille dit oorweeg het, of nog steeds oorweeg, om tot die pos van nasionale voorsitter van die Demokratiese Alliansie verkies (of is dit benoem?) te word. Enersyds omdat die DA se verbintenis tot ’n nierassige Suid-Afrika deur ’n groot deel van die bevolking bevraagteken word, en andersyds omdat die posisie van nasionale voorsitter volgens die DA se federale grondwet bloot seremonieel – sonder enige mag – is. Dié...

Op soek na die onbekende: Jason Lloyd in gesprek met skrywer Pieter Wagener
Jason Lloyd - 2010-06-14
Dit sou heel gepas wees om die Afrikaanse skrywer Pieter Wagener as ’n ontdekkings-reisiger te beskryf – iemand wat heeltyd op soek is na die onbekende. Iemand wat soek en vind, maar nooit versadig word nie. Iemand wat soekend bly. ’n Renaissance-persoon, wat met sy kop, mond, hande en voete amper alles kan doen. Soos William Shakespeare in ’n ander konteks opgemerk het: “He is a man of all seasons.” Dit is asof Wagener heeltyd probeer om die karakter Smerki, uit...

Die oorsake van hoofpyne
Jason Lloyd - 2010-06-03
Die ander dag toe ek en ’n (Engelse) girl filterkoffie gedrink het, gesels het oor die letterkunde en geluister het na klassieke musiek, het ek dit weer gesê. Dit nadat ek dit seker vir ’n miljoen keer in Afrikaans gesê het. Die gevoel was egter dieselfde; net in ’n ander taal. Ons sit in ’n koffiewinkel iewers in King William’s Town – my aangenome tuiste sedert 2004. Ek vertel haar oor my liefde vir Yeats, James Baldwin, DH Lawrence, Antjie Krog,...

Liefde vir die Karoolandskap
Jason Lloyd - 2010-05-11
Dit was op ’n dag dat die uwe sy liefde vir die Karoolandskap so ampertjies verloor het – omdat ek op dié stuk landskap vir ’n wyle in ’n “dal van doodskaduwee” beweeg het. Ek bewonder die Karoo, amper soos die digter Antjie Krog die golwende rooi gras van die Vrystaatste vlaktes (Themeda triandra) bemin. Dit is inderwaarheid ’n vry landskap waar jy nog in die aande “Tant’ Tollie hoor hoe sy nog die Here en die uile roep (...)”...

Het die KKNK nog bestaansreg?
Jason Lloyd - 2010-04-28
Het die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) nog bestaansreg? Afrikaanssprekendes is tans almal benewel deur emosies en pyn wat nie gedelg kan word nie. Die gekerm oor Afrikaans se voortbestaan is kompleks en die bloed het al behoorlik op die geslagveld gespat. Menigtes is al in die proses van oorlogvoering vermink. Dié verminktes sien nie meer kans vir debatvoering nie. Hulle is moeg en uitgeput van die verdagmakery en verkies liewer om stil te bly. En glo my, die laaste skote oor...

Wat is die verskil tussen Malema en Dozi?
Jason Lloyd - 2010-04-19
Wat is die verskil tussen die stormram-politikus Julius Malema en die Afrikaanse musikant Henk Opperman, beter bekend as Dozi? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opkom nadat Dozi by die pas afgelope Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) ʼn Malema op homself getrek het deur die lirieke van die nou alombekende liedjie “Skiet die boere” in “Skiet die kaffers” te verander. Dozi is deur my in die Swiss Bistro-restaurant in Baron van Rheedestraat in Oudtshoorn uitgevang toe hy die...

Gooi die kleintjies almal in die see
Jason Lloyd - 2010-04-15
Die moeilikheid is dat die moord op die ver-regse AWB-leier Eugene Terre’Blanche die teelaarde van rasse-polarisasie wat al lankal broei, laat kleintjies kry het. En die kleintjies hardloop onverantwoordelik in verskillende rigtings in. Hulle is ongetwyfeld die gevolg van ʼn “poligamie-politiek” wat deur wit en swart geskep is. Dit is so omdat die moord eintlik twee kante het: ʼn swart en ʼn wit kant. Menige swart mense sal sê dit is Terre’Blanche se verdiende loon. Hy is...

Sy vel was donker, sy broers s’n lig
Jason Lloyd - 2010-03-18
Die droewige verhaal van Sandra Laing, wie se biologiese ouers albei wit was, wat ingevolge apartheidswetgewing as “Kleurling” geherklassifiseer was omdat sy ’n “donker vel” en “kroes hare” het, behoort ons – miskien baie pynlik? – op ons kleurrykheid as nasie te wys. Nogtans is dit ’n verhaal wat diep tot op die been sny; dreig om die been te deurboor en sodoende die murg en senuwees te vernietig. So ’n ervaring intimideer...

number five
Jason Lloyd - 2010-03-10
“Ai tog, jirre, dit is seker net number five, net number five,” sê auntie Wynsak terwyl sy haarself op die rusbank neerboender. “Vrou, hoekom sug jy so? Wat pla, het jy jou pilletjies gedrink? Dit was na die eerste hoenderhaan (of is dit nou ʼn hen?) gekraai het. Ek kan voor die Here sê, ek het jou nie kwaad gemaak nie.” Oom Pypkan staan sukkel-sukkel op van die rusbank op en wil weet of hy dan niks koffie gaan kry nie. “Gaan vra vir ou Jakob Regop.”...

Om “openbare figuur” te wees
Jason Lloyd - 2010-02-23
Glo my as jy wil: die wêreld is ʼn klein plek, al lyk dit op die wêreldkaart so groot soos ʼn Bybelse Goliat. Die waarheid in dié oorbekende gesegde opgesluit het ek twee weke gelede weer eens ontdek. Mag dit altyd so wees sodat die mens dit nooit kan vergeet nie en altyd iets goeds daaruit kan leer. So, behandel enige persoon wat jou pad kruis met die nodige respek. Wees nederig en onthou om ander te respekteer kos niks nie. Wees gewaarsku: waar jy ook al beweeg, is daar ʼn paar...

Oneerlikheid oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans
Jason Lloyd - 2010-02-15
Miskien is dit erg neerslagtig om te sê dat die onderliggende nuanses rakende eenheid in en om Afrikaans dui op ’n stryd oor wie nou eintlik die regmatige eienaars van dié taal is. Diverse metafore om bostaande te motiveer kan ek noem, maar laat ek ’n paar noem. Die verskillende perspektiewe rakende die omstrede toekenning van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs aan die gevestigde en bejaarde skrywer André P Brink (75) is een voorbeeld wat as barometer...

Die betekenis van begrafnisse
Jason Lloyd - 2010-01-06
Ek sou graag oor Julius Malema se skokkende uitlating dat prof Jonathan Jansen “een van ons” – bedoelende swart – is, wou skryf. Daarmee het Malema klaarblyklik gesê dat dit in die haak was om die Reitz-vier te “vergewe” omdat Jansen “een van ons” is. Indien Jansen wit was, sou hy miskien ’n rassis gewees het. Ek kan ook praat oor die aaklige klug by Eskom, maar dit liefs daar gelaat. Die afgelope naweek het ek my by ’n begrafnis...

Die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs
Jason Lloyd - 2009-12-18
Ek vermoed 'n tipe houding (reg of verkeerd?) by die gevestigde en bejaarde skrywer André P Brink (75) dat hy nie – soos sommige mense versoek het – die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs gaan teruggee nie omdat hy waarskynlik iewers in sy agterkop dink die beurs is eintlik maar wit geld wat deur twee wit kunstenaars agtergelaat is. Jare gelede het die filosoof en digter Adam Small so 'n houding in 'n ander konteks as 'n “wit houding” beskryf....

So min van ons skryf oor die dinge wat bruines ten nouste raak
Jason Lloyd - 2009-12-08
Ek weet die vrou was ernstig toe sy dit gesê het. Ons ken mekaar en gesels gereeld. Haar oë het dit gewys en ek kon vir die eerste keer haar asem ruik. Sy het nader gestaan en my in die gesig gekyk. “Raak jy nie moeg om oor bruin kwessies te skryf nie? Jy skryf tot satwordens toe oor dié issues en al skryf jy oor ’n ander onderwerp sal jy ook die bruin kwessie daarin klits. A-nee man, raak jy nie moeg nie?” Die dikkedensie is reeds dat so min van ons oor...

Ons lewe deur herhaling
Jason Lloyd - 2009-08-27
Die karakters se verhouding in die jongste roman, Voetstoots, van John Miles sou ʼn goeie metafoor wees om die samekoms van Riaan en Amy te beskryf. Dié karakters in Miles se boek belê in iets, in hierdie geval ʼn verhouding, en daar is absoluut geen waarborg dat dit die regte keuse is nie. Anders gestel: daar is geen waarborg dat dit gaan werk nie. Sy sou die deur van haar woonstel stadig oopstoot. Die sleutels in haar handsak gooi. Die koerant onder haar arm op die sofa in die sitkamer...

Michael Jackson se behoefte aan “witheid”
Jason Lloyd - 2009-08-17
Ek skryf dié rubriek vanuit Grahamstad, waar ek vir ʼn week ʼn kursus in mediabestuur en leierskap by Rhodes-universiteit volg. Ek was ook in Mei hier gewees tydens ʼn boekvoorlesing-sessie van die skrywer Eben Venter. ʼn Besoek aan Grahamstad is altyd interessant en leersaam en dit dwing my altyd om diepdenkend te wees. Dié besoek was geen uitsondering nie. So beland ek toe in ʼn restaurant, Cock House. Tydens ʼn besoek aan dr Godfrey Meintjies, hoof van Afrikaans aan Rhodes,...

Om vry te wees in Afrikaans
Jason Lloyd - 2009-07-15
Die Afrika-landskap tussen Aliwal-Noord, Barkly-Oos en Elliot is ʼn mooi en vry landskap. Dit is ʼn vry landskap met singende voëls, waar die reën vrylik en gereeld val. Dit is ʼn vry landskap, waar reënstorms gereeld vrylik met minimale skade voorkom. Dit is ʼn vry landskap, waar merinoskape, beeste en wilde diere vrylik teen die hange van die Malutiberge wandel. Dit is ʼn vry landskap, wat vryheid en lewe aan sy pragtige plantegroei en natuurlewe bied. Dit is ʼn vry landskap, waar...

Jason Lloyd in gesprek met Clinton V du Plessis
Jason Lloyd - 2009-07-09
Dit was een aand in 2006. Die “swart” Afrikaanse skrywer en digter Clinton V du Plessis se siniese nihilisme skop in. In Sandton in Johannesburg skrik hy ongemaklik wakker – amper soos Bruce Springsteen met daardie “freight train running through the middle of my head”- gevoel. Na drie jaar as rekenmeester in Jozi het ’n pyn in die borskas hom laat besef: “Iewers het ek fokus verloor.” Gevolglik vat hy sy goed en verlaat die Goudstad vir sy tuisdorp,...

Het die Hendrickse-familie die politieke en kerk-arena nou vaarwel geroep?
Jason Lloyd - 2009-06-25
Is dit miskien ook ’n geval, soos met die Terblanche’e in die sepie 7de Laan wat een-vir-een van die kassie verdwyn, dat die destydse kleurryke Hendrickse-familie die politieke en kerk-arena nou vaarwel geroep het? Wyle eerw Allan Hendrickse (1927–2005), leier van die destydse Arbeidersparty, se aanvanklike politieke stryd vir die onderdrukte bruin mense in die apartheidsbestel en sy veelbewoë swem by Port Elizabeth se "Slegs Blankes"-Koningstrand in 1987 het aan...

Het die Hendrickse-familie die politieke-en-kerk-arena nou vaarwel geroep?
Jason Lloyd - 2009-06-19
Is dit miskien ook ʼn geval, soos met die Terblanche’e in die sepie 7de Laan wat een-vir-een van die kassie verdwyn, dat die destydse kleurryke Hendrickse-familie die politieke-en-kerk-arena nou vaarwel geroep het? Wyle eerw Allan Hendrickse (1927–2005), leier van die destydse Arbeidersparty, se aanvanklike politieke stryd vir die onderdrukte bruin mense in die apartheidsbestel en sy veelbewoë swem by Port Elizabeth se "Slegs Blankes"-Koningstrand in 1987 het aan hom internasionale...

’n Ope brief aan oom Abraham “Ronnie” Phillips
Jason Lloyd - 2009-06-02
Ek hoop my redakteur, Etienne van Heerden, gaan my toelaat om dié rubriek in die vorm van ’n ope brief aan die skrywer Abraham Phillips te rig. Terloops, ek het dié stuk alreeds in April verlede jaar (2008) in die vorm van ’n forum-artikel aan Die Burger gestuur, maar dit is nooit geplaas nie; geen redes is daarvoor verskaf nie. Ironies genoeg was dit die heer Heindrich Wyngaard, toe nog meningsredakteur van Die Burger, wat dié sensuur toegepas het. In ’n...

Skrywers voed die siel
Jason Lloyd - 2009-05-19
My Kaapse vriendin, dr Scarlett Cornelissen – senior lektor in politieke studies by Maties en tans besoekende dosent in die buiteland – stuur die ander aand ʼn SMS uit Skotland: “Skrywers voed die siel”, skryf sy. Sy het ʼn skrywersvoorlesing bygewoon en wou dit graag met my deel. Vroeër vandeesmaand het Eben Venter, die skrywer van die roman Horrelpoot, ʼn paar interessante opmerkings gemaak tydens sy boekvoorlesing-sessie by Rhodes-universiteit. Maar...


<< 1 2 >>