Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > LitNet Akademies-gespreksruimte

LitNet Akademies-gespreksruimte


<< 1 2 >>

Tieners in die kuberwêreld – kan jeugromans byhou? Franci Greyling lewer kommentaar
Franci Greyling - 2011-12-08
Franci Greyling reageer op die artikel “‘Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Johan Anker. Oor ’n vraag Die miniseminaar stel die vraag: “Tieners in die kuberwêreld – kan jeugromans byhou?” Wanneer die woorde geskommel word, ontstaan nog ’n paar vrae: “Kuberwêreld in die tieners – kan jeugromans byhou?”;...

YouTube-onderhoud: Johannes Froneman
Johannes Froneman - 2011-12-08
Johannes Froneman gesels oor homself en sy akademiese agtergrond en vertel van sy ervaring as mediapraktisyn en hoe hy eindelik as dosent by die NWU beland het. Verder bespreek hy sy en Christo Lombaard se gesamentlike LitNet Akademies-artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport”. Froneman vertel van die verskeie teorieë wat oor massamedia ontwikkel het en watter van hierdie teorieë hy onderskraag....

YouTube-onderhoud: Daan Wissing
Daan Wissing - 2011-12-01


YouTube-onderhoud: Susan Meyer
Susan Meyer - 2011-11-24
Susan Meyer praat oor literêre manifesteringswyses van die natuur in Voetpad na Vergelegen van Chris Barnard en Verbrande Paradys van Hans du Plessis. Barnard se omgewing is dié uit 'n vroeëre tyd, in Du Plessis s'n is die omgewing modern. Maar als slaan op die Afrikaanse plaasroman, waar grond algemene besit is. Ander tekste word ook betrek - werke van Eben Venter en Marlene van Niekerk, met grond as ideologiese materiaal, waar komplekse menseverhouding en samelewingsverval...

YouTube-onderhoud: Rianne van Vuuren
Rianne van Vuuren - 2011-11-17


LitNet Akademies-resensie-essay: Grond/Santekraam
Gunther Pakendorf - 2011-11-10
Untitled Document Grond/Santekraam Ronelda Kamfer Uitgewer: Kwela Books ISBN: 9780795703652 Prys: R144,95 Klik hier en koop Grond/Santekraam nou van Kalahari.net! Die beëindiging van apartheid en die omverwerping van die ancien régime in Suid-Afrika het oor die afgelope nagenoeg 20 jaar ’n skynbaar nimmereindigende vloed publikasies vanuit ’n verskeidenheid invalshoeke tot gevolg gehad. Tog lyk dit of die fundamentele betekenis van kultuurideologie,...

LitNet Akademies: Gender, ras en klas in fiksionele tekste – ’n kritiese bespreking met spesifieke verwysing na vroue. Amanda Gouws lewer kommentaar
Amanda Gouws - 2011-11-03
Amanda Gouws reageer op die artikel “‘Binne ’n halfuur het ek wit geword’: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse fiksionele uitbeeldings van voorkoms” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Jessica Murray. Die artikel van Jessica Murray “Binne ’n halfuur het ek wit geword: Snypunte van gender, ras en klas in Suid-Afrikaanse fiksionele uitbeelding van voorkoms” is ’n belangrike bydrae ten opsigte van ons...

LitNet Akademies-resensie-essay: Biografie van 'n bende: Die storie van Fokofpolisiekar
Reinhardt Fourie - 2011-11-02
Untitled Document Biografie van 'n bende: Die storie van Fokofpolisiekar Annie Klopper Uitgewer: Protea Boekhuis ISBN: 9780799351606 Prys: R180.95 Klik hier en koop Biografie van 'n bende nou van Kalahari.net! Inleiding Musiek het veral sedert die sestigerjare van die vorige eeu ’n belangrike medium geword waarin maatskaplike, kulturele en politiese kwessies in verskillende musiekbewegings verken is. Musici het standpunt begin inneem teen die establishment, oorlog,...

YouTube-onderhoud: Carla-Marié Spies
Carla-Marié Spies - 2011-10-27
Carla-Marié Spies gesels oor haar artikel “Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans”. Sy fokus op haar studie oor vertaling van die Die Agterhuis. Sy sê parateks is besonder funksioneel in 'n nie-fiksie werk soos dié. In 'n literêre werk is dit belangrik dat die vertaler getrou bly aan die stem van die skrywer. Die parateks is 'n uitsondering, want hier kan die vertaler se stem wel...

LitNet Akademies brei uit na Regte
2011-10-27
Johann Neethling is pas aangestel as Regte-redakteur van LitNet Akademies. Hy sal die projek loods en bestuur. Inligting oor voorleggings, stylriglyne en beskikbare fondse volg binnekort. Biografiese besonderhede Johann Neethling is gebore in Clocolan in die Oos-Vrystaat en het grootgeword as ’n “boy from Bethulie” (Patrick Mynhardt) in die Suid-Vrystaat. Na matriek in 1963 behaal hy sy BA LLB aan die Vrystaatse Universiteit. Sy akademiese loopbaan neem in 1970 ’n...

Oor Arthur Hall se spekulasie oor Martina Viljoen se artikel
Reinhardt Fourie - 2011-10-27
Arthur Hall “spekuleer” wyd en syd oor ’n hele aantal kwessies in sy repliek op Martina Viljoen se redelik onlangse artikel in LitNet Akademies 8(2). Daar is egter ’n aantal van sy opmerkings en argumente wat problematies is. Hall beskou Jack Parow (seker tereg) as nog ’n uitvloeisel van ’n Bellville-musiekbeweging wat onder andere Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en aKING insluit. Hy noem dat hierdie groepe se werk “elemente (bevat) van aanvallende...

LitNet Akademies: Jack Parow se “Cooler as ekke” – ’n kritiese ontleding binne ’n sosiokulturele konteks: Paul Blom lewer kommentaar
Paul Blom - 2011-10-25
Paul Blom reageer op die artikel “Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se ‘Cooler as ekke’” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Martina Viljoen. Wanneer dit by musiek kom is die “gimmick” somtyds baie belangrik om jou van die res af te skei en die aandag dus op jou te vestig (al is dit net vir ’n kort genoeg tydperk om jou naam bekend te kry). Trends en styl in ’n globale Twitter- en Facebook-gemeenskap het uiters...

LitNet Akademies: Jack Parow se “Cooler as ekke” – ’n kritiese ontleding binne ’n sosiokulturele konteks: Arthur Hall lewer kommentaar
Arthur Hall - 2011-10-25
Arthur Hall reageer op die artikel “Die banale as (rap-) identiteit: Jack Parow se ‘Cooler as ekke’” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Martina Viljoen. Martina Viljoen se artikel laat inderdaad vele stof tot nadenke. Met my mees onlangse navorsing wat oor identiteit handel, beoog ek om in hierdie bespreking primêr die vrae oor identiteit, die hedendaagse Afrikaner-identiteit, aan die hand van Parow se lirieke te beantwoord. Eerstens gaan...

YouTube-onderhoud: Annemie Stimie
Annemie Stimie - 2011-10-20
Annemie Stimie, musiekwetenskap-lektor by Unisa, gesels oor haar LitNet Akademies-artikel “Die Europese musiektradisie en die ontwikkeling van ’n Afrikaner-identiteit: ’n Oorsig van Afrikaanse musiekjoernalistiek in Die Brandwag en Die Nuwe Brandwag”, haar sosiale en akademiese agtergrond, navorsing waarmee sy tans besig isen ook waarom sy besluit het om in haar artikel te fokus op spesifiek die tydperk vanaf 1910 tot 1933. Stimie gesels ook oor die verbintenis tussen die...

LitNet Akademies: Deugde en karaktersterktes as voorspellers van akademiese prestasie: Gert van der Westhuizen lewer kommentaar
Gert van der Westhuizen - 2011-10-18
Gert van der Westhuizen reageer op die artikel “Deugde en karaktersterktes as voorspellers van akademiese prestasie” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Leon Ueckermann en Gert Kruger. 1. Die artikel is baie goed geskryf en ’n toonbeeld van hoe duidelik, presies en mooi die Afrikaanse akademiese idioom kan wees. Dis ook ’n bewys dat Afrikaans steeds ’n bemagtigde taal is wat gebaat het by historiese bevoorregting tot op die punt dat dit...

YouTube-onderhoud: Marlies Taljard
Marlies Taljard - 2011-10-13


YouTube-onderhoud: Loraine Maritz
Loraine Maritz - 2011-10-13
Untitled Document Loraine Maritz gesels oor haar agtergrond en akademiese loopbaan. Sy beantwoord ook vrae rondom die Afrikanervroue se betrokkenheid in die WNC (Women's National Coalition), die grense tussen die verskillende groepe vroue in die WNC en die doel van haar artikel. Sy gesels uiteindelik vlugtig oor haar huidige navorsing. Loraine Maritz het ook in ’n vorige LitNet Akademies-onderhoud met Dioné Prinsloo gesels oor die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s...

LitNet Akademies-resensie-essay: Aweregs, spitsvondig en droog – Net ’n lewe as ’n feministiese teks
Nini Bennett - 2011-10-12
Untitled Document Net ’n lewe Fransi Phillips Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799351606 Prys: R179.95 Klik hier en koop Net ’n lewe nou van Kalahari.net! Ek pak ’n geborduurde katoennagrok in vir die hospitaal, ’n paar babygrows en weggooidoeke, ’n walkman met tapes van opera-arias wat ons oorsee gekoop het en Beyond good and Evil van Nietzsche. Die engel frons oor die boek. Hy vra: “Wat is die doel hiervan?” “Gewoonlik...

LitNet Akademies-resensie-essay: Aweregs, spitsvondig en droog : Net ’n lewe as ’n feministiese teks
Nini Bennett - 2011-10-12
Untitled Document Net ’n lewe Fransi Phillips Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799351606 Prys: R179.95 Klik hier en koop Net ’n lewe nou van Kalahari.net! Ek pak ’n geborduurde katoennagrok in vir die hospitaal, ’n paar babygrows en weggooidoeke, ’n walkman met tapes van opera-arias wat ons oorsee gekoop het en Beyond good and Evil van Nietzsche. Die engel frons oor die boek. Hy vra: “Wat is die doel hiervan?” “Gewoonlik...

YouTube-onderhoud: Hans du Plessis
Hans du Plessis - 2011-10-06
Hans du Plessis, die skrywer van die artikel “Die romansier en die verlede: die skrywer se hantering van historiese materiaal in die skep van die historiese roman Die pad na Skuilhoek” in LitNet Akademies, gesels oor homself, sy akademiese agtergrond en ook oor sy betrokkenheid by die ATKV-skryfskool. Na aanleiding van sy artikel verduidelik hy hoe die geskiedskrywer moet onderskei tussen feit en fiksie wanneer hy/sy met historiese dokumentasie te doen kry en ook hoe ingewikkeld dit soms...

YouTube-onderhoud: Bernard Lategan
Bernard Lategan - 2011-10-06
Bernard Lategan, die skrywer van die artikel “Oor die veelduidigheid van tekste” in LitNet Akademies, gesels oor homself, sy akademiese agtergrond en die navorsing wat hy tans doen. Hy onderskei verder tussen die positiewe en negatiewe dimensies van veelduidigheid. Lategan bespreek verder resepsie van ’n teks en die rol wat die leser speel binne die literêre perspektief. Hy onderskei tussen die verskillende benaderings tot tekste (bv skrywersgerigte en teksgerigte benaderings)...

YouTube-onderhoud: Joan-Mari Barendse
Joan-Mari Barendse - 2011-09-23
Joan-Mari Barendse, die skrywer van die artikel “Eietydse ridders: ’n Vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché” in LitNet Akademies, gesels oor haarself, haar akademiese agtergrond en die navorsing wat sy tans doen. Sy vertel hoe sy te werk gegaan het om Die mugu van Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken van Jaco Fouché te vergelyk en bespreek die interdissiplinêre karakter...

LitNet Akademies: Die digitalisering van NALN se knipselversameling – Wannie Carstens lewer kommentaar
Wannie Carstens - 2011-09-22
Wannie Carstens reageer op die artikel “Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert Senekal. 1. Inleidend Burgert Senekal se onlangse artikel in LitNet Akademies oor die prosesse wat digitalisering verg en die vaardighede wat nodig is om dit moontlik te maak, is inderdaad van groot waarde en belang vir Afrikaans. Dit stippel netjies...

LitNet Akademies: Die digitalisering van NALN se knipselversameling – Jacques du Plessis lewer kommentaar
Jacques du Plessis - 2011-09-22
Jacques du Plessis reageer op die artikel “Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van 21ste-eeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert Senekal. Miskien sou dit van waarde wees om my eie konteks, as iemand in die diaspora, toe te lig, sodat die hoek waaruit ek die saak benader, duideliker is. Ek het aan UNISA en UP studeer en in die middel-tagtigerjare ’n unieke geleentheid...

LitNet Akademies-resensie-essay: Op soek na lig. Uitbeelding van die mistiek in Die reise van Isobelle deur Elsa Joubert
Chris van der Merwe - 2011-09-21
Die reise van Isobelle(Heruitgawe 2011) Elsa Joubert Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053088 Prys: R180.00 Klik hier en koop Die reise van Isobelle nou van Kalahari.net! Goedegebuure en Die reise van IsobelleToe daar verlede jaar in Nederland ’n boek verskyn met die titel Nederlandse schrijvers en religie, 1960-2010, geskryf deur die Leidse hoogleraar Jaap Goedegebuure, het dit my aan die dink gesit. Goedegebuure argumenteer dat, veral in die sestiger – en sewentigerjare van...

LitNet Akademies-resensie-essay: Skool – Heldhaftige individu, of reaksionêre massa?
Nicol Faasen - 2011-09-15
Skool Theo Kemp Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053057 Prys: R195.95 Klik hier en koop Skool nou van Kalahari.net! If you knew when you began a book what you would say at the end, do you think you would have the courage to write it? – Michel Foucault1 Waarheen my boek op pad is, weet nugter. – Theo Kemp, Skool (49) In die Roelandstraat Hotel se kroeg gesels Theo Kemp en Josh Kriel. Theo, ondersoeker van skole se swakhede, wil meer inligting bekom oor onderwysdepartemente...

LitNet Akademies: Vertaling as oortekening – Michiel Heyns gee sy mening
Michiel Heyns - 2011-09-14
Michiel Heyns reageer op die artikel “Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Pieter Odendaal. Pieter Odendaal skep ’n interessante nuwe teoretiese kategorie van vertaling na aanleiding van Breyten Breytenbach se praktyk in oorblyfsel/voice over: “Die term oortekening is ’n neologisme wat ek voortaan sal gebruik om na die vertaalstrategie te verwys wat Breytenbach...

LitNet Akademies: Vertaling as oortekening – Carla-Marié Spies gee haar mening
Carla-Marié Spies - 2011-09-14
Carla-Marié Spies reageer op die artikel “Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Pieter Odendaal. Die vertaling van poësie word dikwels as besonder uitdagend beskou, aangesien daar só baie in ’n gedig verweef is wat in die doeltaal oorgedra moet word. Dit kan onder andere verskillende vlakke van betekenis, ritme, rym, klank en ’n bepaalde struktuur...

LitNet Akademies: Vertaling as oortekening – Leon de Kock gee sy mening
Leon de Kock - 2011-09-14
Leon de Kock reageer op die artikel “Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Pieter Odendaal. Pieter Odendaal gee in sy artikel ’n mooi, teoreties volronde blik op hoe “afwykende”, of “ontroue”, vertaling beskou kan word as “gepas” binne ’n poststrukturele paradigma waarin betekenaars se arbitrêre aard ten volle aanvaar en self...

LitNet Akademies: Vertaling as oortekening – Amanda Lourens gee haar mening
Amanda Lourens - 2011-09-14
Amanda Lourens reageer op die artikel “Oortekening as vertaalstrategie in Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Pieter Odendaal. Dit is werklik verblydend dat literêre vertaling – as praktyk en as teoretiese vakgebied – toenemend meer aandag geniet, soos blyk uit die verskyning van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over, sowel as die artikel deur Pieter Odendaal wat die ongewone vertaalkeuses...

YouTube-onderhoud: Zandra Bezuidenhout
Zandra Bezuidenhout - 2011-09-07
Zandra Bezuidenhout is die skrywer van die artikel “Die grande dame van die Vlaamse poësie: Christine D’haen (1923–2009): Tot lof van ’n vroulike stem” in LitNet Akademies. Sy gesels oor haar agtergrond, akademiese loopbaan en die pad wat sy met die letterkunde loop. Sy bespreek D’haen se oeuvre, haar tematiek en haar plek in die Nederlandse literêre sisteem, en die aspekte in D’haen se werkswyse wat haar persoonlik aantrek en inspireer....

YouTube-onderhoud: Elbie Adendorff
Elbie Adendorff - 2011-09-02
Elbie Adendorff is die skrywer van die artikel “’n Behoefte-analise as eerste fase in die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus vir Afrikaans-tweedetaalonderrig op universiteitsvlak” in LitNet Akademies. Sy gesels hier oor haar agtergrond en die doktorsgraad waarmee sy tans besig is. Sy bespreek waarom behoefte-analise so belangrik is as die beginpunt vir pedagogiese taakontwikkeling, en hoe taakgebaseerde onderrig die behoeftes en uitdagings wat Afrikaans-tweedetaalstudente...

LitNet Akademies-resensie-essay: Alice Miller – Saartjie Baumann en Thomas
Joan Hambidge - 2011-08-31
Thomas@rock-ster.net Carina Diedericks-Hugo Uitgewer: LAPA ISBN: 9780799350807 Prys: R80.00 “Experience has taught us that we have only one enduring weapon in our struggle against mental illness: the emotional discovery and emotional acceptance of the truth in the individual and unique history of our childhood.” – Alice Miller in The drama of the gifted child (1979:3). I By die lees van Carina Diedericks-Hugo se bekende én suksesvolle Thomas@-reeks word...

LitNet Akademies-resensie-essay: 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby
Kerneels Breytenbach - 2011-08-24
Untitled Document 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby Wim van der Berg Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624053347 Prys: R299.00 Klik hier en koop 150 Jaar van Suid-Afrikaanse rugby nou van Kalahari.net! Hoor jy die magtige dreuning? Die lied van ’n volk se ontwaking, wat harte laat sidder en beef? Die klank wat jy hoor, kom van Loftus af. Die klink op in en om Nuweland, Kingspark of die Vrystaat-stadion, wyd gesweef. Dit sou ’n byeenkoms van Angus Buchan kon wees, en dan sou mens...

YouTube-onderhoud: Carl Rohwer
Carl Rohwer - 2011-08-23
Untitled Document Carl Rohwer is die skrywer van die Natuurwetenskappe-artikel “Naasbeste benadering met gladstrykers” in LitNet Akademies. Hy gesels hier oor homself en sy akademiese agtergrond en bespiegel of hy homself as ’n wiskundige, ingenieur of selfs filosoof beskou. Hy bespreek die oorsprong van die LULU-teorie en waar die naam “LULU” vandaan kom en brei uit op die stelling wat hy ’n tyd gelede gemaak het: “’n Mens verstaan enigiets beter...

LitNet Akademies: Tematiese fisionomie en die waardering van kuns – Hendrik Hofmeyr lewer kommentaar
Hendrik Hofmeyr - 2011-08-17
Hendrik Hofmeyr reageer op die artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bertha Spies. In die eerste plek wil ek graag my dank betuig teenoor Bertha Spies vir ’n uitstekende artikel. Ek is dit roerend eens met haar dat melodie vir die meeste musiekliefhebbers die primêre toegangsvlak tot musiek verteenwoordig, en dat betekenis in musiek dus op geen ander wyse...

LitNet Akademies: Tematiese fisionomie en die waardering van kuns – Heilna du Plooy lewer kommentaar
Heilna du Plooy - 2011-08-17
Heilna du Plooy reageer op die artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Bertha Spies. Die onvermydelike bestanddeel – oor stories en melodieë Bertha Spies se artikel “Tematiese fisionomie skep toegang tot drie uiteenlopende 20ste-eeuse komposisies” besin oor ’n boeiende aspek van musikale tekste en luisteraars se pogings om ingewikkelde modernistiese...

LitNet Akademies: Maritha Snyman gesels oor die plek van middelmoot-literatuur in die literêre sisteem
Maritha Snyman - 2011-08-10
Maritha Snyman reageer op die artikel “Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Hennie van Coller. Van Coller se artikel bespreek in genuanseerde terme die verskil tussen middelmootliteratuur en letterkunde. Hy verduidelik ook op omvattende wyse hoe en waar hierdie onderskeid ontstaan het en waarom dit, volgens sy mening, moet bly bestaan. Van Coller verdedig die siening dat letterkunde “onderskeibare...

LitNet Akademies: Phil van Schalkwyk gesels oor die plek van middelmoot-literatuur in die literêre sisteem
Phil van Schalkwyk - 2011-08-10
Phil van Schalkwyk reageer op die artikel “Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Hennie van Coller. In die debat oor “hoë” en “lae” verskyningsvorme van die literatuur is ek ’n voorstander van ’n pluralistiese perspektief. ’n Literêre sisteem vol variasie is dinamies en leen hom tot allerlei (onvoorsiene) ontwikkelinge. Smaak speel uiteraard...

Bekendstelling: Die LitNet Akademies-resensie-essay
Etienne van Heerden - 2011-08-09
In die lig van kommer oor die verskraling rondom die gesprek oor nuwe Afrikaanse boeke, het LitNet het pas 'n nuwe inisiatief aangekondig: Die LitNet Akademies-resensie-essay wil meer as ’n gewone boekbespreking wees. ’n Nuwe of baie onlangse Afrikaanse boek (wat ook ’n heruitgawe van ’n ouer boek kan wees wat pas verskyn het) word vanuit ’n interessante hoek bekyk, geproblematiseer en krities beskou. Hoe dra dié boek by tot ons denke? Watter estetiese, kulturele...

LitNet Akademies: ’n Interpretasie van Leipoldt se Die heks – Marisa Keuris lewer kommentaar
Marisa Keuris - 2011-07-18
Marisa Keuris reageer op die artikel “‘My sonde is steeds voor my’: Die rol van belydenis in C Louis Leipoldt se Die heks (1923)” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Thys Human. Thys Human se artikel waarin hy ’n aantal “problematiese” aspekte van Leipoldt se Die heks beskou vanuit ’n interpretasie waarin die rol van belydenis voorop gestel word, is ’n interessante herlees van ’n baie ou drama (Die heks is in...

LitNet Akademies: ’n Interpretasie van Leipoldt se Die heks – Jacomien van Niekerk lewer kommentaar
Jacomien van Niekerk - 2011-07-18
Jacomien van Niekerk reageer op die artikel “‘My sonde is steeds voor my’: Die rol van belydenis in C Louis Leipoldt se Die heks (1923)” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Thys Human. Die Afrikaanse drama het nog altyd aan die agterspeen gesuig in die akademie. In vergelyking met die rakke en rakke gepubliseerde romans, kortverhale en gedigte wat ’n mens in die Afrikaans-afdeling van jou gemiddelde universiteitsbiblioteek aantref, vul die...

LitNet Akademies: Eep Francken en Olf Praamstra lewer kommentaar op die artikel “Literatuur in die marge: Die plek van middelmoot-literatuur”
Olf Praamstra - 2011-07-13
Eep Francken en Olf Praamstra lewer kommentaar op Hennie van Coller se artikel “Literatuur in die marge: Die plek van die middelmoot-literatuur”, wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het. Opnieuw: wat wij wel en wat wij niet zeggen In Litnet Akademies 8 nr 2 (augustus 2011) publiceert Hennie van Coller zijn artikel: “Literatuur in die marge: Die plek van die middelmootliteratuur”. In $ 5 schrijft hij: “Iets over die definiëring van literatuur”. In dit...

LitNet Akademies: Gerrie Snyman gee sy mening oor die Jesus Seminaar
Gerrie Snyman - 2011-06-22
Gerrie Snyman reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. 1. Om af te loer Diek Grobler (2008) se waarneming oor die goddelike en sy vraagstelling oor wat die goddelike nou eintlik doen in die stuk God the Voyeur som die huidige stand van sake mooi op oor die rol van die goddelike en die aan-/afwesigheid van Jesus binne die Drie-eenheid. God...

LitNet Akademies: Gerda de Villiers gee haar mening oor die Jesus Seminaar
Gerda de Villiers - 2011-06-22
Gerda de Villiers reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. In sy artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” raak Sakkie Spangenberg twee belangrike punte aan: hy kritiseer die wyse waarop hedendaagse politieke leiers (hy neem sy voorbeelde uit Amerika) militêre welslae...

LitNet Akademies: Abel Pienaar gee sy mening oor die Jesus Seminaar
Abel Pienaar - 2011-05-31
Abel Pienaar reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. Sowat nege jaar gelede het ’n paar Bybelwetenskaplikes, onder andere Sakkie Spangenberg, besluit om Suid-Afrikaners bekend te stel aan oop gesprekke oor ’n nuwe hervorming binne die Christendom. Dit het veral gegaan oor ’n kritiese interpretasie van die Bybel en...

LitNet Akademies: Christo Lombaard gee sy mening oor die Jesus Seminaar
Christo Lombaard - 2011-05-31
Christo Lombaard1 reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. Oor Bybelinterpretasie sit Spangenberg se turf, en myne: Ons albei is krities oor hoe mense die Bybel gebruik, en ons wil historiese stippellyne natrek om aan te dui, as sake verkeerd geloop het, waar en hoe dit gebeur het. Ons albei wil die wêreld van nou ’n...

LitNet Akademies: De la Rey Marais gee sy mening oor die Jesus Seminaar
De la Rey Marais - 2011-05-30
De la Rey Marais reageer op die artikel “Die Jesus Seminaar vier sy eerste kwarteeu: nabetragtings van ’n buitestander” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Sakkie Spangenberg. Agtergrond Spangenberg lewer in sy artikel verslag oor die 25ste bestaansjaar van die Jesus Seminaar te Kalifornië van 13 tot 16 Oktober 2010. Alhoewel hy as buitestander inkyk op die doelstellings, werksaamhede en uitkomste van die Jesus Seminaar, raak hy ook betrokke deur...

LitNet Akademies: Herman Wasserman gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberigte oor misdaad en ongelukke
Herman Wasserman - 2011-05-11
Herman Wasserman reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Lombaard en Froneman se artikel is ’n tydige bydrae tot die mediastudies-literatuur in Suid-Afrika, aangesien dit twee onderwerpe kombineer waaraan daar tot op hede nog te min aandag gegee is in die akademiese diskoers rondom...

LitNet Akademies: Neels Jackson gesels oor godsdienstige verwysings in koerantberige oor misdaad en ongelukke
Neels Jackson - 2011-05-09
Neels Jackson reageer op die artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Christo Lombaard en Johannes Froneman. Is daar genoeg om enigiets te sê? Christo Lombaard en Johannes D Froneman se artikel “’n Kritiese evaluering van godsdienstige verwysings in berigte oor misdaad en ongelukke in Beeld en Rapport” roer twee kwessies...


<< 1 2 >>