Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess > BiegNet se inwonende sielkundige

BiegNet se inwonende sielkundige


<< 1 >>

Reaksie op die kat en die nagtegaal
Ettienne van Lille - 2007-02-21
Ek lees nou die dag die brief van Kwaai Kat aan Mia Nagtegaal. Natuurlik lei Kwaai Kat se brief toe na die lees van Mia Nagtegaal se brief aan BiegNet. In haar brief skryf Nagtegaal oor daardie gevoelens wat sy ontwikkel het vir ’n professionele persoon, in haar geval ’n sielkundige. Om die waarheid te sê was ek nie vreeslik verras om oor dié tema op BiegNet te lees nie, want dit gebeur binne die sielkunde-/psigiatriepraktyk al jare al. Sedert Freud en Jung. Daar is ’n...

My reaksie op "verlore" liefde(s)
Ettienne van Lille - 2007-02-13
Terwyl ek hierdie stukkie skryf, ervaar hierdie Britse eilande seker een van die ergste windstorms sedert my aankoms hier in Februarie 2003. Nie dat ek enigiets daarmee te doen het nie. Winde van tot 99 myl (158 km) per uur is al oor die afgelope twee dae aangeteken en tien mense is al dood in weerverwante voorvalle. Met die gevolg dat mense gevra is om liewers in hulle huise te bly. So ‘n in die huis bly het mos soms die gevolg dat ‘n mens dikwels meer introspektief word en begin dink,...

Reaksie op ''My donker geheim''
Ettienne van Lille - 2006-12-05
Met die deurgaan van die briewe op BiegNet so oor die afgelope naweek was daar een brief wat my opgeval het: “My donker geheim”. Daar was seker verskeie redes waarom, maar hier op die Maandag kan ek net die volgende redes onthou. In die eerste plek, die dapperheid van die skrywer om twee baie sensitiewe onderwerpe, naamlik seksuele molestering as kind en vroulike seksualiteit te verwoord. Mens sou seker kon sê dat dit relatief maklik is om dit te doen, want dit gebeur onder ’n...

BiegNet se inwonende sielkundige: Die begin
Ettienne van Lille - 2006-11-15
Nou ja, ek kan ook seker begin met ’n bieg; dit stel ons dan almal soort van op ’n gelyke voet. Ek moet bieg dat ek eintlik maar so twee weke terug regtig begin lees het wat op BiegNet aangaan. Ek moet ook erken dat ek dit (as leser, hoe lekker defensief raak hy nou) so in Julie 2006 uit blote nuuskierigheid besoek het. Waarom? Ek kan nie met groot sekerheid sê nie, maar dit is moontlik gemotiveer vanuit die behoefte om te weet dat dit ook soms met ander mense nie goed gaan nie,...


<< 1 >>