Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Vintage@LitNet

Vintage@LitNet


<< 1 2 3 4 5 6 >>

Brief aan my broer Wilhelm na die publikasie van die versamelbundel
Deon Knobel - 2011-09-01
Liewe Wilhelm Ja! Ja! Ek weet ek het jou vir maande afgeskeep. Jy sal my vergewe as ek jou vertel dat die werk aan die publikasie van jou versamelbundel As die woorde begin droom ’n volle agt maande geduur het. Ek het in detail geskryf daaroor in my laaste brief aan jou, tot my skande so lank gelede as vyf maande, op 22 Februarie 2011. Ek het dalk wel vertel dat die seleksie van gedigte vir insluiting in die versamelbundel gedoen is deur Johann de Lange, die jonger digter aan wie so pas...

Brief aan my broer, Wilhelm: Oor die versamelbundel
Deon Knobel - 2011-03-17
22 Februarie 2011 Liewe Wilhelm Ek gaan nie eers probeer onthou wanneer laas ek aan jou geskryf het nie. Maande der maande gelede, in elk geval. Dalk moet ek jou vertel wat die rede is en dan kan jy self oordeel of ek skuldig is of nie. Die 75e herdenking van jou geboortedag het op 26 Oktober verlede jaar, 2010, plaasgevind. En in my agterkop was reeds vir jare die gedagte om dit te herdenk deur ’n versamelbundel van jou totale oeuvre te laat saamstel. Hierdie behoefte het sterker gegroei...

Brief aan Wilhelm – 27 September 2010
Deon Knobel - 2010-10-07
Bel Monte, Kaapstad 27 September 2010 In Memoriam Rinie Stead Liewe Wilhelm Ek was nie werklik van plan om so gou weer aan jou te skryf nie, en die volledige inligting oor my Versindaba-optrede is nog nie eers gepos nie. Dit kom later. Vanaand het ek hartseer nuus om aan jou oor te dra. Ek het vanoggend ’n brief van Amanda Botha per Vonkpos ontvang om te laat weet dat Rinie Stead oorlede is. Ek dink dit was op Woensdag die 22e September. Nou ja, jy sal wel goed weet wie Rinie Stead is,...

Brief aan Wilhelm – 29 September 2010
Deon Knobel - 2010-10-07
29 September 2010 Bel Monte Kloofnekweg Oranjezicht Kaapstad Liewe Wilhelm Jong, nou kan ek nie meer byhou nie. Soveel het die laaste tyd gebeur. Die Versindaba op Stellenbsoch, die voorbereidings vir die herdenking van jou 75e geboortedag op 26 Oktober – net om die draai. Nou ja, as mens eenmaal met ’n tradisie begin, moet mens maar aanhou. Vir jou 60e verjaardagviering was Mamma nog by ons en het ons ’n wonderlike byeenkoms gehad. Phil du Plessis se nuutste digbundel, geïllustreer...

Brief aan Wilhelm
Deon Knobel - 2010-09-30
Bel Monte, Kaapstad, Donderdagaand, 23 September 2010, 20:15 Naand Wilhelm Ek is jammer ek het jou die laaste tyd so afgeskeep, maar vanaand het ek tog vir jou interessante nuus, oftewel, vir mý is en was dit interessante en belangrike nuus. Ons het so pas die derde Versindaba-byeenkoms op Stellenbosch gevier, waartydens die Afrikaanse poësie ervaar en gevier kon word – ook heelwat nuwe debutante wat van hulle verse voorgelees het tydens die debutant-sessie. En wil jy nou glo,...

Gaste – ongenooi, maar welkom
Desiré Lyners Volkwijn - 2010-08-10
Oudtshoorn, in die Klein-Karoo, is waar ek grootgeword het; omtrent neëntien myl noord is die befaamde Kango-grotte. Die grotte het baie toeriste gelok. In daardie dae was daar nie hotelle vir donkerkleurige mense nie, en dikwels het motors voor ons deur stilgehou met gaste wat op aanbeveling van vriende by ons slaapplek kom soek het. Daar was geen aarseling aan my ouers se kant nie, en baie aande was al drie ons slaapkamers vol besoekers – my ouers slaap dan op die vloer in ons sitkamer...

Oor tande, beursies en Magersfontein ...
Theresa Potgieter - 2010-01-26
Ek het grootgeword op ’n plaas ongeveer 20 km van Winburg af. Winburg was egter ’n baie klein dorpie wat nie met ’n tandarts of ’n groot verskeidenheid winkels geseënd was nie. Daarteenoor was die Oos-Vrystaatse dorpie, Senekal, ongeveer 45 km in die teenoorgestelde rigting, heelwat groter en kon boonop spog met ’n Krieks (klerewinkel) en ’n tandarts. My ouers het dus ’n groot deel van hul besigheid daar gedoen. Een so ’n dag staan my nog helder...

In die aande het ’n kaalkop, bebaarde senior met ’n piksteel deur die gange gestap
André Mller - 2010-01-26
Toe ek as eerstejaar by my universiteitskoshuis aangekom het, is my ouers met gul glimlagte begroet deur skyn-vriendelike huiskomiteelede (dertien verkose inwoners van die koshuis, meestal derde- en vierdejaars). Diegene wat kon, het oor die Desember-vakansie baarde laat groei. En die oomblik toe die ouers weg is, het hulle in nors karakters verander wat die eerstejaars laat afkyk, rondmarsjeer en vir lang ure in die son laat staan het. Ons moes elke HK-lid “Meneer” noem,...

Besoek aan die distriksgeneesheer
Conrad Cockcroft - 2010-01-15
Dis vroeg in 1976. Per geleentheid om ’n braaivuur besluit ek en ’n goeie vriend dat hy die Lugmag en ek die Vloot vaarwel gaan toeroep. Redelik gatvol vir die kampe wat ons elke jaar ’n maand op ’n slag van ons families en werk af weghou, besluit ek en Johan Dippenaar om by die eertydse Suid-Afrikaanse Polisie aan te sluit as polisiereserviste. Hierdie stap beteken dat ons ons verbintenis met die Weermag opsê, aangesien reserviste Weermag-vrystelling ontvang....

Gatvol bekvol
Hannes Steyn - 2009-11-13
Eintlik my tjom Rassie se storie, maar ek kry nog steeds, na amper veertig jaar, ’n wrang smaak in die mond (namens hom) as ek daaraan dink. Hy het hierdie meisie ontmoet. Wel, almal ontmoet meisies, maar ek was nogal bly vir sy part, veral omrede dit diep in sy puisiestadium was. Moet sê, Erna was nogal oukei: so ’n langerige doedie met groot, ronde oë wat jou maak wens dat dit jy is na wie sy so liefdelik kyk. Net jammer vir haar besitlikheid. Bid jou aan, twee...

Brief aan Wilhelm: Rinie Stead en “Apollo 8”
Deon Knobel - 2009-10-08
Liewe Wilhelm Ek hoop jy het my brief oor Joan Lötter en haar dood ontvang. Ek hou kontak met haar dogter, Ilse. Hulle het die gerf gedigte wat Joan self as haar bestes beskou het, gevind waar sy dit netjies op haar lessenaar gelaat het. Ek self hou baie daarvan, maar ons sal die poësiekenners vra om daarna te kyk en deskundige opinies daaroor te gee. Dan gaan ek en Ilse soek vir ’n uitgewer. Maar soos jy dalk nie weet nie, is die publikasie van poësie deesdae maar baie moeilik....

Drie musiekwinkels
Yuri - 2009-10-01
Wanneer ’n mens aan die goue dae dink van Johannesburg hier in die tagtigs, sal musiek een van die belangrikste aspekte daarvan wees. En, die Goudstad het drie uitmuntende musiekwinkels gehad. Kohinoor, Joy (albei in die middestad) en Look & Listen in Hillbrow. En dit was in die dae voor winkelsentrums ons horison kom vervuil het. En dit is juis oor Joy waaroor ek wil tob. Die winkel was op die eerste verdieping van Anstey's-gebou op die hoek van Jeppe en Joubertstraat. Net ’n...

Die Plymouth slaat ’n ses
Hannes Steyn - 2009-09-16
Jare gelede, toe garagedeure en motors nooit gesluit was nie en hekke permanent gegaap het, het ons uit die bloute besoek ontvang van familie. Uit Rhodesië nogal. Ons vier laerskoolboeties is halfpad deur die 1963-skoolvakansie uit ons kamer geboender. Om plek te maak vir die Oom en Tannie wat ons van geen kant af geken het nie. Maar ons het nie omgegee nie. Dit was veel makliker om vanuit die garage vakansie te hou as vanuit die huis. Ons "gaste" het elke oggend in hul pikswart...

Terug na toentertyd (Sixties)
Trisa Hugo - 2009-07-22
Enige persoon jonger as dertig gaan seker dink ek kom van ʼn ander planeet, en inderwaarheid is ek maar net een generasie ouer as die meeste van julle. Indien soveel. En tog het die lewe absoluut dramaties verander die afgelope sê maar veertig jaar.Die lewe wat ek beskryf, is dié van ʼn plaaskind; onthou, dit het ook dramaties verskil van die lewe in stede. Ons het kerse en olielampe gebruik. (Die destydse Evkom se reikwydte het eers later jare tot daar gestrek, en boere moes toe ook...

Bes Mostert, die jong juffrou
Susan la Grange - 2009-07-02
Bes Mostert, die jong juffrouDit was gedurende die Depressiejare. Al wat kind was, wit of bruin, was maar skamel gekleed en kaalvoet. Daar was nie werk vir die ouers nie en dus geen inkomste nie. (Hoe dat ons ouers nog groot gesinne kon grootmaak, weet ek nie.) Op skool het juffrou Bes altyd die beste presteerder in die klas met ‘n geskenkie vergoed. Die dogters het gewoonlik ‘n selluloïde-poppie gekry. Malie was min of meer in graad 4 (destyds standerd 2) en so nege jaar oud. Tuis...

Joan Ltter se dood
Deon Knobel - 2009-07-01
KaapstadSondag 17 Mei 2009, hersien Woensdag 17 Junie Liewe Wilhelm Hierdie slag nie soos eenmaal aan my van jou - “Na ‘n lang tyd van droogte het ek weer vandag 'n gedig geskryf …” – nie, maar "na ‘n taamlik lang periode van hibernasie” sommer so in die laat somer- en herfsmaande het die eerste werklike winterkoue in die Boland en Kaapstad my wel weer laat ontwaak. Die herontwaking het wel ook te doen met ‘n skielike sterfte in ons vriendekring....

Bes en Christien: ’n Storie uit die Depressiejare
Susan la Grange - 2009-06-17
(Dit is ’n ware verhaal. Ek het Bes in haar latere jare leer ken, maar het ongelukkig nooit vir Christien ontmoet nie.) Mejuffrou Bes Mostert was gedurende die Depressiejare ’n laerskoolonderwyseres in die Kaap. Ek skat die Depressie het min of meer geduur van 1926 tot laat in die jare dertig. By Bes se ouers was ’n jong bruin meisie, Christien, so agtien jaar oud, in diens. Die egpaar was al bejaard en Christien het by hulle gebly tot hulle afsterwe. Toe is Christien na...

Te perd oor die berg
Susan la Grange - 2009-06-09
Ek is Susan la Grange, gebore Els. My vriendin, Louie Hugo, gebore Coetzer, is ’n paar maande ouer as ek. Sy is op 2 November 1920 gebore en ek op 29 Mei 1921. Sy is in 1927 skool toe, en ek Januarie 1928. Aangesien Afrikaans eers in 1914 as onderrigtaal in skole erken is, is ons van die vroeëre seksie leerders wat nie meer in Nederlands onderrig is nie. En wat ’n genade! Die kerk het byvoorbeeld jare later eers afgesien van Nederlands. Eers in 1933 het die Bybel in Afrikaans...

Probleme met oupas
Danie Botha - 2009-03-10
Daar in die jare vyftig was die radio vir ons boerefamilie regtig 'n aardigheid. As oom Kosie Malan sy skoonpa-hulle 'n slag wou plesier, het hy op 'n Saterdagaand die draadloos met die formidabele battery in die bakkie van Boplaas aangery sodat almal by Oupa-hulle Die Mielieblaarklub kon luister. Die lugdraad is by die hoë voorhuisvenster uitgehang. Later het Oupa en Ouma 'n eie radio gekry, een wat met 'n klomp batterytjies gewerk het....

Kuiertydjies met oom Piet Nien
Ellen Botha - 2009-03-10
'n Vriendelike oom wat baie interessant kon gesels, het so een of twee keer per maand van Johannesburg af na sy plaas Libri in die Senekal-distrik gery. Vir ons as jong dogters was prof PJ Nienaber net oom Piet Nien, ons ouers se goeie vriend, en ook ons s'n. Hy het altyd belang gestel in en uitgevra na ons kinders se doen en late. Die gewoonte was dat hy eers by ons in die dorp inloer vir 'n geselsie en sy glas koue water met twee blokkies ys. Dan het hy sy hoed afgehaal en ons...

Daai 1939 Studebaker in 1944
NJJ Grobler - 2009-03-10
Daar is ook staaltjies en humor in elke familie, soos toe Oupa en Ouma besluit het om ’n motorkar te koop. Op Bultfontein (OVS) het net die regte motor in die vertoon lokaal gestaan: so ’n donkerblou 1939 Studebaker. Gou-gou was dit Oupa en Ouma se motorkar. Om ’n bestuurderslisensie te bekom was dit nodig dat Oupa vir sy kennis en nodige bestuursvernuf getoets word. Die plaaslike prokureur was in daardie jare op Bultfontein aangewys om bestuurderslisensies uit te reik. Oupa...

Haar tingelingetjie
Johann de Jager - 2009-02-17
So kom sy met haar tintellaggie soggens kaalvoet uit die brame voor die agterdeur staan om "Oumie" se voete te kom smeer. Sy klop nie, sy lag so kjie-kjie-kjie - Oumie se "klimmeid"- want sy weet Oumie wag, loer deur die sifgordyntjie; het al klaar die bekers reg vir koffie en 'n dik sny growwe brood met wit varkvet wat jy goed sout en vaal van die peper gooi. Kjie-kjie-kjie, want agter haar ruggie hou sy 'n bossie wit blommetjies vas, of 'n pluksel brame, of...

Ai Kommerpot ... Die rokersding
Lucas - 2009-01-20
Ek was 26 jaar gelede ’n kettingroker. Toe stop ek oor die dokter vir my gesê het dat ek ’n groot kol op my long het. Nee ek lieg. Hy het dit gesê terwyl ek met dubbele longontsteking in die hospitaal gelê het. Ek het nie in die hospitaal gerook nie, omdat dit gewoon net te seer was en ek het duiselig geword van die hoes. Na drie weke in die hospitaal waar ek saam met die ander longpasiënte gelê en luister het hoe sommiges in die nag geveg het om asem te kry...

Brief aan Wilhelm: Na maande van droogte
Deon Knobel - 2009-01-20
11 Januarie 2009 Liewe Wilhelm Dis reeds maande gelede dat ek laas van my laat hoor het. Jy het my eenmaal die boeiende gedig “n Man staan op die land” saam met ’n brief gestuur, waarin jy ewe filosofies opmerk: "Na maande van droogte het ek weer vandag ’n gedig geskryf. Ek hoop jy hou daarvan.” Nouja, vir my geld dieselfde – na maande se droogte – en dit was behoorlik droogte wat kreatiewe skryfwerk betref. Het net nie die energie of inspirasie...

Daantjie Saayman - 'n gawe van vriendskap
IL de Villiers - 2008-11-18
Audrey Blignault het gesê Daantjie Saayman is een van daardie rare wesens met ’n gawe van vriendskap. Oral waar hy gekom het, was daar iemand bly om hom te sien, en hom selfs op die Franse manier te omhels. In die wêreld van die letterkunde was hy ’n soort ridder van die boektafel. Met sy blink oë en Svengali-baardjie het hy vroue betower. En die mans het sy geselskap gesoek daar waar die vuurtjie brand, die wors braai en die gelag al harder word. Ons het mekaar in 1977...

60's: Wiskundige leopard crawl
Hannes Steyn - 2008-10-23
Ons matriek-outjies van die laat sestigs het die vooruitsig van Militêre Diensplig met gemengde gevoelens hanteer. Ek, byvoorbeeld, het dag na dag aan maniere gedink oor hoe om medies ongeskik verklaar te word. Stories het die rondte gedoen van hoe jy uit jou comfort zone gepluk gaan word: voor dagbreek opstaan; verskreeud rondjaag heeldag; ure lange fullpack drill; oopte-geslapery tussen muskiete en oorkruipers; Angola-terries om elke draai; maande weg van die huis. Die gedagtes hieraan het...

1994
Hannelee Doubell - 2008-10-20
Dit was 1994. Die verkiesing - die eerste demokratiese verkiesing - was op hande. ‘n Boer is naby Mafikeng doodgeskiet langs sy Mercedes - die gevegsvoertuig waarmee die groep mans na Bophuthatswana wou opruk. Koelbloedig tereggestel.Mense het blikkieskos gekoop. Ek het nooit van blikkieskos gehou nie en het maar liewer nie gekoop nie. Ook nie kerse, paraffien of vuurhoutjies nie. Ek het veel eerder my geld op ‘n tiendae-kamp by die Castle Walk-karavaanpark naby Sabie spandeer. Daar was...

Oom Twigs
Yuri - 2008-10-15
Mense uit Marabastad en Eersterust het hom as oom Twigs geken. Nooit op sy voornaam genoem nie. Nie eens op sy van (Beukes) nie.Wanneer jy aan hom dink, onthou jy die saggeaarde jintelman. 'n Kerkman, gesinsman en baie hulpvaardig. Ek het hom eers leer ken as laerskoolkind, wanneer ek na hom moes gaan om vir Ma of Ouma 'n afspraak te gaan maak by hom. Oom Twigs was 'n sonderlinge mens. Een van die ware pioniers van die taxibedryf. Die manne wat met Chevvies, Valiants, Chryslers en dies...

Die verdomde coildraad
Llewellyn Abdoll - 2008-10-15
(Memoirs uit my kinderdae) Saterdag vroegoggend was ek al wakker. Vanaand is die groot aand. Ons gaan dorp se bioskoop toe, kompleet met ‘n wye doek en klank wat uit alle rigtings kom. Nie soos die bioskoop van meester Christie wat hy soms in die skoolsaal wys nie, o nee, vanaand is dit tyd vir die dorp se bioskoop!Soos gewoonlik kom alles teen ‘n prys. Ons was net na pap en koffie deur Pa opgekommandeer om ons uitstappie later vanaand "te verdien" soos hy dit gestel het. Vee...

Laat sestigers: Herinnering aan die groottantes
Celesté Fritze - 2008-10-13
(vir Ta-Anna Kilian (née van Rooyen), Ta-Dien Dreyer (née van Rooyen) en Ta-Mart Rossouw (née van Rooyen))Noudat al die kinders daar bo is - oupa Cor van Rooyen; Ta-Mart van Rooyen-Rossouw oompie Hannes van Rooyen; Ta-Dien van Rooyen-Dreyer; Ta-Anna van Rooyen-Kilian - noudat julle ma, ouma Magriet van Rooyen-Harris, julle almal kom haal het, noudat julle teruggestap het deur die tonnel na waar julle ander geliefdes wag, moenie besorg staan oor ons wriemel en wurg in ons boeie...

Laat sestigers: Die Belydenis
Celesté Fritze - 2008-10-13
Die kinders het reeds 'n kringetjie om die kryt getrek toe sy daar aankom. Koos Oortjies is besig om ou Meneer se beeste uit die malvabedding voor die meisieskoshuis te verjaag, en die gebulk en gemaal veroorsaak 'n rooi stofwolk wat soos 'n voorbode oor die speelterrein hang. Suzan is laat en Juffrou lui die klok hard, verergd. Terwyl die kinders gil en jou, boor die kind met haar groottoon al dieper in die rooigrond. Die snikheet stof meng met die sweet op haar voorkop. Juffrou het...

Audrey Blignault: Oorlede 1 Oktober 2008
Deon Knobel - 2008-10-07
Wilhelm, jammer my ou broer dat ek jou so afgeskeep het, maar ek het bietjie lawaai gemaak op die internet namens jou en almal wat leef en presteer ten spyte van, en dalk ook te danke aan, bipolariteit. So ‘n paar klappe uitgedeel en ontvang ook, maar ek glo dat daar goeie inligting en opheldering oor die toestand ontstaan het. Gedurende 2005 het ek van talle van jou vriende deur die jare, asook van ‘n aantal Sestigers wat nog lewe, bydraes ontvang ter herdenking van jou 70ste geboortedag....

Stokkiesdraai
Hans Walvis - 2008-09-24
Sien, dit was in sub A, 1945. In Karibib. Dis daardie klein plekkie wat mens net duskant Usakos kry.Dit was 'n tweemanskooltjie en die hoof was nogal 'n De Jager. Nie familie nie. En juffrou Malan. Tussen dié twee het hulle alles van sub A tot standerd vier behartig. Juffrou Malan en Ma was groot pelle. Met so 'n vriendskap was dit nie snaaks dat klein Hans nog voor skool onnodige en ongevraagde blootstelling aan lees gehad het nie. Plaas die lotjie los my in vrede waar ek en Otto...

2000 - Straat-op
Hans Walvis - 2008-09-22
Sesde Straat is 'n slagaar van Walvisbaai. As ek dít geweet het, sou ek dalk in 'n ander straat huis gesoek het. Die owerhede het al die ander "dorp toe"-strate so bemors met stoptekens, verkeersligte, voetoorgange, drankwinkels, skole, kerke, vulstasies, rondloophonde en besighede dat al wat leef Sesde Straat vier keer per dag gebruik: werk toe, huis toe vir ete, werk toe en weer huis toe. Van waar Skuldbult se mense uit Vyfde Weg by Sesde Straat indraai tot doer onder by...

1945 - Spoke
Hans Walvis - 2008-09-22
Net na die oorlogsjare (1945) was trekboere 'n algemene gesig in die Noorde. 'n Trekboer in moderne terme was 'n wannabee boer. Hy't 'n paar besies iewers bymekaargekrap en so van plaas tot plaas getrek, weiding gebedel en gekry ook, want niemand het genoeg beeste gehad om 'n 6 000-hektaarplaas vol te maak nie. Die trekboer het hom normaalweg gunter weg by 'n veepos staangemaak en dan aan sy vee die voorbeeld gestel oor wat aanteel beteken. Sy versameling diere was bees,...

Dina met die dye
Johann de Jager - 2008-09-16
"Sý - hardloop?" Skroot Visagie het die vraag met 'n uitroepteken in sy stem gevra. "Kyk daardie dye, en sy wil teen die ander meisie-atlete in die honderd treë gaan hol. Sy moet teen ou Manie Maritz gaan stoei, man! Nee, Skoensool my ou maat, dis darem net te dik vir 'n daalder, daardie dye." Skoensool - soms net Sool - Schumacher het hom ook verkyk aan die kort pers rokkie waaronder die paar wit, frisser as fris bobene van die onbekende meisie in hulle skool...

Iewers in die 70’s – Kommunikasie
Hans Walvis - 2008-09-16
Iemand wou weet, aangesien ek dan soms van honde en katte praat, of ek dink die goed kan kommunikeer. Die persoon het egter nagelaat om te spesifiseer of dit kommunikasie met mense is of kommunikasie met ander viervoetiges. Ek dink die antwoord is ja. In beide gevalle. Ou buurman Stan Horne in Tsumeb het twee Siamese katte gehad. Orraait, hulle opvoeding het skeefgeloop, want hulle het gedink hulle is honde, behalwe vir die blafgedeelte. Kon nie anders gewees het nie, want as iemand met 'n motor...

Pre-1950 – Oom Gert se Ford
Hans Walvis - 2008-09-16
Jy vat die pad suid uit Grootfontein uit. Dit was 'n swart turfpad. Reëntyd het jy met die perdekar gery as jy op die dorp wou kom. Dis nou in die oorlogsjare en vir lank daarna tot hulle die gruispad gebou het. Die eerste plaas, net uit die dorp, was Diepwater, maar ek kan nie onthou wie daar gebly het nie.Die tweede plaas het aan Duitser Halberstadt behoort - die plaasnaam het ek vergeet, maar dis omdat die oumense altyd net van Halberstadt gepraat het as hulle na die plek verwys het....

40’s tot 90’s: Dingaansfeesviering
Deon Knobel - 2008-09-10
Die rituele wat elke jaar met 16 Desember, ’n rooiletterdag vir die Afrikanergemeenskap van Bethlehem, gepaardgegaan het, was velerlei en het blywende indrukke op die jong Knobelkinders se gemoedere gelaat. Die Knobelgesin het soos stoere Voortrekkers van ouds die voortou geneem om die voorbeeld te stel met feesvier en die onthou van voorvaders se beloftes en tradisies. Die week vooraf is op die plaas gewerskaf, soos in menige ander kombuis in die distrik, om vir die groot uitkamp...

1959 – Gebede aan tafel
Hans Walvis - 2008-09-10
Oom Frans en tant Meraai Germishuys – ’n kinderlose egpaar – was my ouers se vriende jarre gelede in Usakos. Oom Frans se ou moeder het by hulle ingewoon. Bedags, as oom Frans sy werk as rytuigondersoeker gedoen het, was die twee vroumense natuurlik op mekaar aangewese vir vermaak en geselskap. Soos dikwels met sulke “alleen”-mense die geval is, het die Germishuyse áltyd ’n hond in die huis gehad. Vandag weet ek hoeveel aandag en liefde daardie honde...

Berta Smit: die engel van Leitourgos
IL de Villiers - 2008-09-10
Toe ek haar die eerste maal by Tafelberg Uitgewers in hul ou gebou in Keeromstraat ontmoet het, was Berta Smit pas terug van ’n oorsese reis. Ek het navraag gedoen oor die manuskrip van my eerste digbundel wat aan hulle voorgelê is. Sy het van die manuskrip geweet, maar haar jong kollega het daarmee gewerk. Hy was nie baie beïndruk nie. Ons het in haar kantoor gesit en hy het die woord gevoer. Sy het hom met haar kop effe skeef beluister. Ek het my stadigaan vererg en gesê...

1961
Douwlina du Plessis - 2008-09-10
Die huis is skemer en koel binne. Die gang is lank en vorm 'n donker tonnel. Aan die onderpunt van die gang is die swaar donker deur wat oopkraak na Oumagrootjie se kamer. Die kamer ruik na kamfer en Vicks. Dit laat my bors toetrek.Ek hoes en Oumagrootjie kyk op. Sy vee met 'n wit sakdoekie oor haar sagte lippe. Ek weet dat haar lippe nou na 4711 (four-seven-eleven) ruik en dat sy wil hê ek moet haar soengroet. Haar lippe bewe soos klein witmuisies onder myne.Haar rok het lang moue...

1959 - Gebede aan tafel
Hans Walvis - 2008-09-05
Oom Frans en tant Meraai Germishuys - 'n kinderlose egpaar - was my ouers se vriende jarre gelede in Usakos. Oom Frans se ou moeder het by hulle ingewoon. Bedags, as oom Frans sy werk as rytuigondersoeker gedoen het, was die twee vroumense natuurlik op mekaar aangewese vir vermaak en geselskap. Soos dikwels met sulke "alleen"-mense die geval is, het die Germishuyse áltyd 'n hond in die huis gehad.Vandag weet ek hoeveel aandag en liefde daardie honde moes gekry het, want voor...

1944 –Om ’n tand te trek: Oorlogsjaar 1944. Abenab.
Hans Walvis - 2008-09-04
Dis daar tussen Tsumeb en Grootfontein, vir julle wat nie weet nie. Klein Hans het twee kiestande met gate waarin koejawelpitte perfek pas. Gaan vertel nou ’n sesjarige klong om sy pote uit die koejawelboom te hou. Onmoontlik. Lekker is lekker in ’n wêreld waarin iets soos suurklontjies ’n luukse was en die vrugtebome gehang het van die vrugte. Aanvanklik het Pa of Ma die oortredende pitte met iets skerps uit die kiestande verwyder en die pyn sou dadelik bedaar,...

40’s tot 90’s: Kinderdae en Kersfees op die familieplaas Vêrsien
Deon Knobel - 2008-09-04
Op Vêrsien het almal sekere pligte en werkies gehad om in en om die huis te verrig: honde kos gee, duiwe en voëls voer, hanskuikens grootmaak, en dan – waarvoor nie een van ons lief was nie – Saterdagoggende moes al die dosyne klein koperornamentjies op twee groot koperskinkborde gepak word, na die grasperk voor die agterdeur geneem word en blink gevryf word met Brasso. Die klokkies, kandelaartjies, bokkies, en nogmaals klokkies, en die interessantste van alles, die...

Noodslagting
Johann de Jager - 2008-08-21
Boela is dood. Ek weet dus wat van hom geword het, maar wonder nou, na byna veertig jaar, waar Jack is – Jack “bek”, wat opera gesing het in die hangsale van die ou Germistonse slagpale. Flip ook, en oom Odie en Butch en Stetson en oom Hennie, wat van “Diklis” afkomstig was.Die nuus van Boela se dood het nogal geskok, want almal in die slagpale het geweet Butch en Stetson het hom weer verlei – hulle was aandadig. Hulle gesigte het dit ook gewys, want by die ligsinnige...

Laurens van der Post: Wat is die Afrikaner se Groot Idee?
IL de Villiers - 2008-08-19
Ek trek Laurens van der Post se About Blady – a pattern out of time uit die boekrak, en dink aan Jaap Steyn se Sonkyker: Afrikaner in die verkeerde eeu. Voorin het Van der Post geskryf: "For my friend, Izak Devilliers, with best wishes and a 'Hamba Gahle' from Laurens van der Post. 1993.'" Toe trek ek sy biograaf, JDF Jones, se Storyteller: The many Lives of Laurens van der Post ook uit die rak. Dis nie ‘n vleiende biografie nie. Inteendeel. Die biograaf moes tot sy ontsteltenis...

Dit brand in my
Ida Bester-Gräbe - 2008-08-19
In die jaar 1908, presies honderd jaar gelede, het die Pretoriatak van die Transvaal University College (TUC) sy deure oopgegooi. Begaafde jongmense uit gesinne wat nog gesteier het onder die nagevolge van die Anglo-Boereoorlog het die akademie gretig betree. In 1930, kort voor die Depressie, word die groeiende kollege herdoop tot die Universiteit van Pretoria. Op die kampus van hierdie uitstaande bastion van kennis word vanjaar feesgevier. Vanaand neem dit die vorm van ’n uitnodigingskonsert...

Brief aan Wilhelm: Die Hertzogprys vir poësie - aspekte wat jou en Breyten raak
Deon Knobel - 2008-08-18
Liewe Wilhelm In 1968 verskyn jou naam en dié van Breyten en Ingrid Jonker saam met Boerneef en DPM Botes op die kortlys vir die Hertzogprys. Ek dink die ander digter was MM Walters, maar ek is nie seker nie. Sover ek nou kon vasstel, was die algemene gevoel dat die prys Breyten toegekom het. Dit klink my hy was toe al ’n omstrede politieke figuur, en om die politieke tameletjie te vermy, het die komitee die prys toe postuum toegeken aan Boerneef, skynbaar met taamlike kommentaar...

Brief aan Wilhelm: Verdere herinneringe aan die vriendskap tussen jou en Breyten B en my eie konneksies met hom
Deon Knobel - 2008-08-12
22/23 April Liewe Wilhelm Ek kom nou net weer terug van die tarentaalveld, waar ek hulle gevoer en my drie honde op hulle daaglikse wandeling geneem het. Ek wou jou al vertel van die treurige nuus dat ou tant Sarah nou al vir drie weke na mekaar nie haar verskyning gemaak het nie. Sy is óf dood aan die onderliggende toestand wat die geswel veroorsaak het, óf is dalk deur een of ander roofdier of huiskat gevang omdat sy nie meer so goed kon beweeg en vlieg nie. Ek hoop maar...


<< 1 2 3 4 5 6 >>