Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Ongepubliseerde skrywers


<< 1 2 >>

Wanneer die kamer weer stil is
Reney Warrington - 2011-03-23
Lize ruk wakker! Sy vlieg orent, soek na die verdomde wekker op die bedkassie, kry uiteindelik die snooze-knoppie en haal dán eers asem, wanneer die kamer weer stil is. Sy haat wekkers, dink sy, en lê weer terug in die bed. Dit is nog pikdonker buite. En dit reën. Great, sy hoop die tente is waterdig. 04:40 gaan die wekker weer af. Lize skrik dié keer nie so groot nie. Sy draai op haar sy, sit die wekker af en wag. Priya krul teen haar rug op, vou haar arms om haar en...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Ina du Toit - 2011-03-10


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Jacques Maree - 2011-03-10


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Geveg
RS Mostert - 2011-03-09


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Hart van steen
Bruno FA Andries - 2011-03-07


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Sal jy my onthou?
Estè du Plessis - 2011-03-02


Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: Bewaar ons
Lettie du Preez - 2011-03-01


Uittreksel uit die ongepubliseerde roman Wat Emma weet
Dineke Volschenk - 2011-03-01
Emma staan so lank onder die stort , dat Marina aan die deur kom klop en sê: “Onthou, ons het nie baie water hier nie!” “Skies!” roep sy en draai die krane toe. Sy voel verkwik. Dalk vir die eerste keer vandat haar ma dood is, dink sy: weg uit die stad, skoongewas en effe aangeklam. Die chenin blanc in die tuin het haar vinnig aangetas en sy voel haar skouers is los. In haar kamer, terwyl sy aantrek, raak sy bewus van die stilte. Iewers blaf ʼn hond en ʼn opgewarmde...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: kringdans
Susan Grobler - 2011-03-01
kringdans reënstokke swalk ritmies uur na lange uur eentonige voeteval stuif stofdeeltjies om die vuur donker oë lonker en lag daag al die ruigtes uit tooi witwarm vlamme in vuurspuwende rooitongprag in ’n parket van spiese veilig in die hittekring word dié jaar se water in – weeldedans besing in die stiller skaduwees agter die ritsel van grassade sluip – luiperd geruisloos – honger dors die vors Klik hier vir die kompetisie-besonderhede. Lees...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie: lugspieëling
Jannike Bergh - 2011-03-01
lugspieëling ’n maanhaarleeu flikker in die verte, kom in fokus, word werklik en beweeg. tussendeur growwe oker- en houtskoolhale stap hy nader – die koning van wêreldsend se stowwerige halo beur windstil teen die wolklose blou en verdwyn – snellergou – dae is lank hier. sand sluk ure en herkou, terwyl die laaste maanhaar van damaraland se glasoë blink in ’n bourgeois sitkamer in die buiteland. Met verwysing na dr Flip Stander...

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie
Dionne Crafford - 2011-03-01


Hond
Mercia S Burger - 2011-02-03
Mense behandel my anders sedert ek uit die kliniek ontslaan is. Met jammerte, met versigtigheid, met verdraagsaamheid. Asof ek nie meer dieselfde mens is nie. Soms asof hulle bang is vir my en ja, dit is waar, kan ek met sekerheid sê – ’n mens kan vrees ruik. So ’n soeterigheid wat deur sweet en riool breek. Mense praat ook harder met my, stadiger, asof ek doof of dom is. Ek probeer om my nie te veel daaraan te steur nie. Solank as wat ek veilig voel. En ek het mos nou...

Dames en here, Tittewyt Kweelkous!
’n Storie vir Kinders (Deel I)

Johann Schutte - 2011-01-06
Die sangeressie in die bos Diep in die hartjie van ’n groot bos, langs die silwer stroompie net anderkant die miershoop, was die huisie van mejuffrou Tittewyt Kweelkous. Sy was eens op ’n tyd die mees bekende sangeres in die hele bos. Diere en kabouters en feetjies en allerhande goggas het van heinde en verre gekom om na haar pragtige sopraanstem te luister, maar dit was voordat iets verskrikliks gebeur het. Wie is Tittewyt Kweelkous? Nou, kom ek verduidelik: Kyk, Tittewyt Kweelkous...

Die rustelose siel
Elsa Engelbrecht - 2010-09-14
Ons was moeg die aand toe ons op die dorpie aankom. Het laat weggekom van die vakansieplek en die wind het sterk gewaai op die pad sodat ons nie na wense gevorder het nie. Besluit toe om slaapplek te soek eerder as om verder te ry. Marie het ons reis gereël volgens ’n Getaway -tydskrif wat sy saamgevat het. Ná ’n rondbellery kry ons slaapplek in ’n ou huisie wat opgeknap is om aan reisigers oornagplek te verskaf. Te dankbaar om tot rus te kom, sit ons af na die huisie...

Die begrafnis
Elsa Engelbrecht - 2010-09-08
Die hele dorp is vandag aan’t gesels oor die nuus van tant Jossie se dood. Oral waar mense bymekaarkom, word daaroor gepraat. Alle gebeure rondom die ryk Stofbergs ontlok altyd heilige verontwaardiging of loflike aanprysing; die afsterwe van tant Jossie is ’n nuwe geleentheid om oor die doen en late van die familie te wonder en te skinder. Die dag van die begrafnis breek aan: grou, grys en triestig. Lae wolke hang oor die dorp en dit lyk asof dit enige oomblik kan begin reën. Dit...

Jopie Adam op ’n geel scooter
Marthinus van Loggerenberg - 2010-08-11
Fanie van Rooyen loop kop onderstebo met hulle pasgeskeerde poedel deur die winkelkompleks. Ag toggie tog tog, dink hy by homself, as iemand my nou sien, kan ek maar in ’n pers rok voor die hele skool gaan gedigte opsê en wag dat die eerste rugbyspan my so kom opbliksem dat ek vir weeklikse slaapterapie moet gaan. Hy wou nie eens sy eenjarige niggie in haar pienk pram by die sypaadjie af stoot nie. Hy het maar so eenkant onder die skadu van ’n boom die tyd gaan staan en omwag....

Ongetiteld
Reney Warrington - 2010-03-02
Dit is in die Pick n Pay waar ek haar raakloop. Daar is niemand agter haar in die tou nie en ons wil almal die vyfuurverkeer mis. Ek sit my organiese worteltjies neer. My R10 is reg. Eers tóé kom ek agter dat al haar kruideniersware reeds opgelui is. Sy en die kassier wag vir iets anders. Die kassier kyk af; sy kyk op. Dit verklaar oombliklik waarom daar niemand agter haar was nie. Dammit. Iets het sekerlik nie 'n prys opgehad nie. Of die regte kleingeld skort. Dit lyk nie...

Die blou-oog-man in my familiefoto’s
Reney Warrington - 2010-01-26
Hy lê, in die hospitaalbed, met die laken opgetrek tot onder sy ken. En dit oor ek gespot het om hom te kielie tot hy hoes. Hy het longontsteking, maar hy kan nie hoes nie. Ook nie praat of skryf of loop nie. Hy is 67 jaar oud. Hy eet sy nougat happie vir happie en weier om dit te deel met my of die vreemdeling aan die oorkant van die bed. Ek en sy maak nie oogkontak nie, ons praat net met die pasiënt, die een wat nie kan praat nie, ek aan sy regterkant, sy aan sy linkerkant. Ons...

Die hemp
Hannes Steyn - 2010-01-08
“Jissie ou Gerrit, dankie man. Ek is seker hulle sal dit waardeer,” gesels Barend terwyl hy hurkend ’n hoop ou klere en skoene in ’n swart rommelsak terugprop. “Ek sien dis als mansgoeters … maar hier is darem ’n T-shirt en ’n trui wat vir Rindie … tannie Marinda … behoort te pas.” Hy steun en versit hom effens, want sy vyftig-plus-knieë pyn met paaiemente. “Moet sê, dit lyk nie eintlik na jou styl nie. Waar kom...

Katryn vertel
Marthinus van Loggerenberg - 2009-12-15
En toe kom ons goddank daar aan. ’n Ewigheid. Of so het dit gevoel. Bawalie Sun Game Reserve of so iets. Vier-ster nogals. My natuurlik vrek geskaam vir Pa met sy tjoklitbruin PT-broekie en daai seningrige blou-wit bene. En sy uitgewaste "Ek was by Margate"-hempie. Alles maar in die goeie gees, het ek gedink. "Spufgat vark-aar bloubloed bliksems," stotter my af broer toe nog ’n grand Duitse kar ons van die pad afdruk. Die Langley brul maar so moronerig in...

Aniekie ve’tel stories
Johann Schutte - 2009-11-19
Jy praat van die sêding? Koud innie woestyn? Ja, ons sê dit ma partykeer hie rond. Dis as iets jou koud maak heller oordag. Nie soos die winter jou koud maakie, nee. Dis ’n ding wat jou binneste lat stilstaan. Dan begint die koue in jou maag en kruip langs jou ruggraat op en krioel in jou hare. As jy vi jou skrik lat jou kop leeg is, lat jy staan en bewe so onnerie geel son, dan kry jy koud innie woestyn. Jy wilit op tape sit? Nou kom ons sit. Gee vi my een van daai siegrets...

Bloutong
Douwleen Bredenhann - 2009-11-13
In boerderygeledere word party woorde met groot ontsag geuiter. Niemand sal dit byvoorbeeld waag om die woord bloutong sommer ydellik te gebruik nie, want dít is 'n hoogs aansteeklike siekte wat periodiek onder vee uitbreek. Elke boer bid seker gereeld dat sy diere dit tog nie moet kry nie. ’n Hele kudde kan sommer in 'n japtrap daardeur uitgewis word. Veel minder bekend is die feit dat mense ook bloutong kan opdoen. Lyers daaraan ontwikkel dit herhaaldelik weens hul...

Die skryfburo
Elsa Engelbrecht - 2009-10-01
Die tas hang swaar aan my arm en ek draai rond in die smal kamertjie om ’n neersitplek te soek terwyl ek wag vir Willem wat nog besig is om die ander goed van die motor af te dra. Ma se ou kamertjie in Willem se huis waar sy die laaste jare van haar lewe gewoon het. Willem het dit hierdie naweek aan my toegewys omdat ek die enigste alleenloper-gas in die huis vol mense sal wees. Dis die naweek waarop ons bymekaarkom om ma se testament te lees. Met haar onverwagse dood en begrafnis was ons...

Die eerlike meneer Graabe
Pienkes du Plessis - 2009-09-07
Meneer Daniël Graabe se eerlikheid is onomstootlik te bewys uit die volgende feite:Dit was sewe minute voor twaalf die Saterdagoggend toe hy ontdek dat daar 'n duisend pond uit die brandkas gesteel is."Dit was 'n fout om nie vanoggend die geld te gaan bank het nie," sê hy vir sy seun Christo. "Ek sal Maandag 'n opdrag uitreik dat alle departemente voortaan op Saterdae 'n halfuur vroeër hulle inbetalings by jou maak."Daarmee het meneer Daniël...

Vrou en man - twee mense alleen
WB Nel - 2009-07-16
“Jy lyk hoeka soos ‘n onbevoegde prostituut …” So weerklink bitter woorde in haar geheue. ‘n Vrou begin mos glo, as onbenullighede lank genoeg in haar kop gehamer word. Hulle bekyk mekaar so op en af. Kan nie eers onthou hoe hierdie vars fight begin het nie. Nog swaarder om te onthou hoekom dit die moeite werd is. Maar ‘n roetine is ‘n roetine en dit wil volhou wees … "Jou beurt …” Sy spoel haar hart uit, vloek en skel en stoei...

Die heilige wolf
Pienkes du Plessis - 2009-07-15
Dit het alles op ’n besondere aand gebeur, dieselfde aand wat doktor Markus die erepenning kry. Die staatspresident gee dit vir hom. Die man wie se naam Barend is en wat ’n beleefde bediende is en wat vir doktor Markus werk, wat, soos almal weet, ’n baie geleerde en vername man is, sê op die besondere aand vir doktor Markus ’n wolf het uit die dieretuin weggeraak, en dat dit ’n witwolf is en nie ’n gewone gryswolf nie. Dis maar dieselfde as ’n woudwolf,...

Halfpadmerk
Gerald Erasmus - 2009-07-15
(“Day by day”) Die Bolandse eendeweer-winter herinner my aan ons warm somers en die kort dae laat my dink aan ons heerlike lang Desemberdae. Soos Oujaarsdag, 2008. * Dit was al laat. In die Boland is donker in Desember al laat. Ons’t by ons ronde tafel gesit en eet, ek en jy, toe die voordeurklokkie lui. Jy’s met ‘n “… gots, ek het nie ‘n bra aan nie …” kamer toe. Ek het opgestaan, seker gemaak ek druk nie met my oormatige gewig op...

ET en die silwerhaar
Reney Warrington - 2009-05-18
In ʼn poging om ons winterpense van twee winters terug af te skud voor ons dié winter ʼn derde winterpens optel, stap ek en Vrou om die grootste groenigheid in Jo'burg, Zoo Lake. As die flou wintersonnetjie so deur die bome trek en die grasperke sag belig, is die plek mooi en vergeet ʼn mens van die stank en eend-crap wat die hele plek vol lê. Vanmiddag doen ons die rondte om die dam, terwyl ons die resessie en die werkdroogte wat voor ons uitstrek, bespreek. My...

Water
M Labuschagne - 2009-04-16
Die eerste druppel glip-glip deur die kraak in die teer en gaan lê in die son. Dit was ʼn loeiende warm dag en die druppeltjie se grootste vrees was dat hy dalk vinnig gaan verdamp. Uit die kraak, naby ʼn straathoek, het nog ʼn paar druppels gesypel - stil-stil en geheimsinnig, maar dit was deel van ʼn plan wat naby ʼn brandkraan in ʼn verlate deel van Pretoria begin het. Dit sou eers ʼn druppel wees, dan ʼn plassie, want laasgenoemde is sterker as eersgenoemde....

Oupa gaan hemel toe
Pienkes du Plessis - 2009-04-09
Oupa gaan reguit hemel toe, g'n kwessie nie. So praat ʼn pa en ʼn ma en nog ʼn ma en ʼn ouma en nog ʼn ouma. 'n Paar ander in die familie sê as Oupa by die Poorte kom, stap hy regdeur tot by die troontrappe heel binnekant sonder dat ʼn hand op hom gelê word. En alles net oor die ding met die seunskinders in die Moordenaarskaroo wat hy gedoen het. Ek is Oupa. Dis van my wat hulle praat. En dis ek wat die ding van die Moordenaarskaroo met die seunskinders...

fascistiese pampoenkliersiekte
M Labuschagne - 2009-03-31
vir bb, no hard feelings’n man het die dokter besoek op sy verjaarsdag die 16de september 1994.sy naam was louw van wyk en hy was ’n nederige klerk by die departement van onderwys. van wyk het gekla dat sedert hy met swart mense begin werk het, hy omtrent vyftig keer ’n dag die dwingende behoefte gehad het om hardop die woord "kaffer" te sê. dit het van wyk baie ontstel, want hy het geweet dat hy nie ’n rassis is nie en geen wrokgevoelens teen swart mense gekoester...

Daaglikse geweld
W Gouws - 2009-03-17
Vir F Kafka Gister was dit die ystervark in die TV-kamer. Nogal ’n albino. Toe ek hom kon sien, was hy al baie kalmer; vir seker heeltemal radeloos. Sy pienk ore lyk op ’n haar na net soos daardie seuntjie van Jan en Hester s’n; of dan – behalwe nou vir die kleur - nes my vriend van destyds, Steve Bantu, s’n. Dié het altyd klein ore gehad en het nie oud geword nie. Grootoormense word deur ’n langer lewensverwagting in die oë gestaar. Steve se...

Oumense kan mos nie slaap nie
Reney Warrington - 2009-03-17
Die wekker lui. Dis 05:30. Ek moet my ouma Kroonstad toe vat en sy wil sewe-uur al ry. "Oumense kan mos nie slaap nie," is wat sy gisteraand vir my oor die telefoon gesê het. Vir ’n oomblik lê ek warm en lomerig in die bed, in die donker, en dink aan die dag wat voorlê. Ek het die vrou lanklaas gesien. Sy is ’n hardkoppige ou tannie wat nie huiwer om vir mense presies te sê wat met hulle persoonlikhede en lewens skort nie. Sy sal ’n glorious...

Sy hang wasgoed op
Nandi Venter - 2009-03-11
Sy bly skaam afkyk na haar hande. Elke nou en dan draai sy haar kop skuins na die vrou langs haar en knik 'n ja om te wys sy luister. Die vrou maak haar baie senuweeagtig, want sy's mooi en sy sit te naby aan haar. Ria wonder hoekom hulle nou weer so naby mekaar sit op hierdie harde seegroen bankie in die metrotrein tussen 'n klomp slapende mense. Sy probeer haar aandag terugbring na die vrou langs haar se gesprek, maar sukkel om te fokus. Haar gedagtes is verward, soos 'n...

Sussie se glory
Marthinus van Loggerenberg - 2009-02-17
"En dan wil ek net vir my ma en pa dankie sê vir als en ook vir my budjie koebaai sê wat gister uit haar hok gevlieg het toe daai fucknut Fanie van langsaan die hok se hekkie oopgelos het. Fanie, jy’s ’n donnerse etter, ’n zefgat! Hoor jy my! Hoor jy my! Ek fokken haat jou! Ek gaan jou nog opfok! Jou fokken bliksem! Budjie! BUDJIE!" En daar gooi Solein ’n vloermoer - haar speech vir best-dressed op die Duitse Volkspele-aand solidly in sy moer. ...

Jerusalemvoete
Willie van Aardt - 2009-02-17
Die afgelope ruk stoei Stefan weer met die monster. Op aandrang van sy psigiater is sy medikasie verhoog. In die laaste tyd wonder hy watter hel sy skoolvriend Sebastian moes verduur het as gevolg van ons samelewing se verkrampte Calvinistiese uitkyk op die lewe. Sebastian se geestelike worsteling met dieselfde kenmerkende gedagtes oor die intieme dinge in sy lewe dien as inspirasie vir Stefan wanneer hy simpel idees kry, soos om selfmoord te pleeg. Dit is ook dan wanneer Sebastian se ma dien...

Yellow Boy
Susan Kemp - 2009-02-17
Ek dink haar naam is Anna. Sy het minute gelede die president soos ’n ridder laat uitroep. Sy gaan hom ook die nekslag toedien. Alles net soos hy haar gevra het. Toe die president se uitroep weerklink, kyk Yellow Boy op. Anna druk haar gesig in die president se nek, die president slaan sy blik op na die hemele en dank die gode en probeer onthou hoekom hy tot die politiek toegetree het, en die volk se oë gaan oop. * Toe sy kreet my in die middel van die nag uit ’n diep slaap...

Voicemail
Johnny Malgas - 2009-02-04
Die telefoon lui net. Aanhoudend. Hy moes al seker neergesit het, maar hy hou aan en word verslaaf aan die ritmiese luitoon. Sy kop begin maal en flitse van kindergesigte word duidelik in sy kop. Hy beleef die aaklige gelag van die kinders op die speelgrond en hy wat alleen met stof op sy skoene en broek staan.Hy voel hoe die groter seun vorentoe stap en hom vol in die maag slaan, hy voel hoe sy knieë lam word en hoe hy snak na sy asem. Hoe hy inmekaarsak sonder om ‘n enkele geluid te...

Bult-op
Johan Nieuwoudt - 2009-01-28
Carl Gustav Jung en Pierre Teilhard de Chardin stoei deesdae weer in my kop. Nie so erg as die keer toe hulle my Denmar toe gedryf het vir die lang slap slaap en allerhande soorte terapie nie. Maar tog, hulle lol weer: Jung praat die heel tyd van die Self, van argetipes, skadudanse en mandalas. Nes Jung moeg is, kom Teilhard met sy tipiese priester-manier en preek van attraksie, konneksie, kompleksiteit en die Omega-bewussyn. Nogal lastig, die ou twee grotes wat nie eenstemmigheid kan bereik...

'n Belangriker afspraak
Johnny Malgas - 2009-01-27
Hy het haar die eerste keer agter die toonbank by die bank gesien en gehoop dat die assistent hom na haar sou verwys. Hy het gestaan en dagdroom toe die assistent hom in die teenoorgestelde rigting stuur en dit het hom aangemoedig om in die toekoms 'n hele paar bankbesoeke af te lê.Die volgende week het hy haar een middag van die bank af sien terugloop verby die koffiewinkeltjie op die hoek. Hy het van ver af gestaan en kyk hoe sy ewe elegant van die sypaadjie af seil, haarself bekyk in...

Stille sintuig
Johnny Malgas - 2009-01-22
Die trein se gekrap oor die spore maak hom wakker en Alan besef dat hy sy stasie so pas gemis het. "Shit," dink hy terwyl hy vinnig sy kaart uithaal en 'n alternatiewe roete begin soek. Hy wonder hoekom hy die laaste tyd so moeg is, maar sy denke word vinnig kortgeknip deur 'n roete in die rigting van Peckham Rye. Hy sit terug en word rustig met die wete van sy nuwe bestemming."This train is for London Bridge. The next station is Peckham Rye." Alan neem sy aktetas en staan...

Die storie van Phomudzo
Reney Warrington - 2009-01-21
My kuite is vandag seer. Dis oor ek ʼn halfuur lank op my hurke gesit het om vir die paramedics lig te gooi met ʼn gaslamp. My storie begin egter drie jaar gelede.Ek kan nie vir julle ʼn boeiende portret skets van Phomudzo nie, want ek het haar nie goed geken nie. Al het sy elke Dinsdag en Donderdag vir die afgelope drie jaar ons wasgoed en skottelgoed gewas. Al het haar driejarige seuntjie kort na geboorte op ons bank geslaap terwyl sy werk. Al was sy getroud met die tuinier van die...

39
Reney Warrington - 2009-01-06
VrydagDit is ten minste 40°C. Wie trou nou in November?! Ek draai my venster oop en soek ongeduldig vir die ingang van een of ander kunsmatige "French countryside venue" met laventel voor die kapel en Tuscan-afdop-verf-tegnieke op die mure. Die naam kan ek nie uitspreek nie, maar Greitjie, my getroue GPS, sê ons is drie minute weg en Greitjie lieg nooit nie.Die paadjie Hartebeespoort toe is nou en vol slaggate en die bikers sit ongeduldig op my gat. Ek ry aspris stadig en kyk...

Kersfees in Kampsbaai
Ria Venter - 2008-12-18
Kersfees sal nie weer dieselfde wees na Desember 2004 nie. Dit is vroeg Desember en ek is in die Kaap. My dogter doen modelwerk daar en ek het sommer net gaan ontspan. Die middag van 9 Desember nooi ek haar en haar vriendin om saam met my te gaan uiteet in Kampsbaai. Ons bestel 'n lekker bottel wyn en geniet die ete terdeë. Na ete stel ek voor ons leen wynglase by die restaurant en gaan drink die res van die wyn op die strand. Die weer is ongelooflik lekker, net 'n ligte briesie...

Die tuin van verlatenheid
Elsa Engelbrecht - 2008-11-24
Die pad is byna onbegaanbaar. My suster, Martie, het moeite om al die slaggate te vermy en die motor in die pad te hou. Die man by die motorhawe het vir ons baie duidelike aanwysings gegee oor hoe om by die plaas te kom, maar het vergeet om te sê dat die pad nog feitlik net deur die swaar voertuie van die Mondi-mense gebruik word. So ver ons ry, sien ons die plantasies in wording. Sommige is al goed gevestig; op ander plase word die grond nog voorberei om die jong boompies oor te plant. Stadig...

AHM SCHOLTZ
2008-11-14
SêGoed van Andrew Scholtz “Mens vat jou eie gevoelens en dan sit jy dit in ’n mens in. Dis wonderlik wat ek geleer het in die drie jaar wat ek die boek geskryf het. As jy op dieselfde plek sit, op dieselfde tyd, dan kom daai goed so maklik, en daar’s party dae wat jy jou eie goed kom sit en lees en dan wonder jy, het ek die geskryf, dit klink dan so mooi. En daar’s partykeer wat jou karakter jou sê wanneer hy wil huil of hy wil lag.”...

Nine to five ...
2008-11-14
Dis nie aldag maklik om ‘n ma te wees nie.Dis ook nie aldag maklik om ‘n getroude vrou te wees nie.Dis nóg minder maklik om beide die bogenoemde te wees, én te werk. Nine to five.Vergeet van die feit dat jy ook die rol van kollega, vriendin, dogter, ousus, buurvrou, kok, kliënt, pasiënt, diplomaat, vrederegter, troeteldier-versorger, mevrou-diaken, skottelgoedwasser, skoolbrood-pakker en wat-nog-als moet speel. Nine to five.Dis eintlik ‘n konsert.Die hele...

Pansy shell
Nikki Lordan - 2008-10-07
Vroegoggend staan sy met haar vingers in die mis. Nie mis soos in koeimis nie, maar binne die misterie van druppels water. Só klein, dit bly gewigloos in die lug hang totdat die son dit uiteindelik, genadeloos, een vir een, wegskroei. Elke oggend se storie. Solank sy buite is, lyk dit nie asof sy omgee waar sy is nie. En aan ander steur sy haar ook min. Verkieslik kaalvoet. Sodat spoelklippe haar voete kan kneus, sand die harde dele kan wegskuur en gras die sagte dele kan kielie. Sodat sy...

Balle en brênds
Hannes Steyn - 2008-09-30
“Toemaar my ou man, cheer up. Dit kon erger gewees het, jy weet,” paai Lizzie terwyl sy ’n denkbeeldige stoffie van die rusbank se leuning wegstof. “Die kinders geniet hulle gate uit. Veral Mercia.” “Ja dit herinner my, ek is nog lank nie klaar met haar nie. Weet jy dat sy eers na twaalf hier ingesluip het? Hoekom het jy my nie wakker gemaak sodat ek haar kon vasvat nie?” kerm Paul terwyl hy begin rondvroetel vir sy pyp. “En wat's dit met die...

Ma praat met my
Adri Troskie-Vivier - 2008-09-29
Katz gooi die kaarte. "Creativity. You lost your creativity," profeteer sy in Engels. ‘n Supersexy Afrikaanse energy powerhouse wat haar Afrikaanse pasiënt (of is die uwe nou kliënt?) in Engels gaan "read" en "heal". (Wat de engel is mens nou eintlik in hierdie esoteriese helingsituasie? Miskien ʼn fool wat gefool wíl word, want jy is in elk geval ʼn perimenopousale verlang-na-haar-ma-fool?) "I am religious. I believe in Lord...


<< 1 2 >>