Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynforum

Wynforum


<< 1 >>

Waarde gee deurslag in uitvoermarkte
Johann H Crafford - 2008-11-07
Daardie Suid-Afrikaanse produsente wat die beste waarde bied, sal ook die meeste baat by die huidige onsekerheid in internasionale markte en die beduidende verswakking van die rand. Só glo Jacques Jordaan, bemarkingshoof van die Du Toitskloof-wynmakery in die Breedekloof. Die kelder se uitvoer het die afgelope twee jaar meer as tienvoudig toegeneem en maak nou meer as 30 persent van sy totale bottelwynverkope uit."Hoewel die waarde van alle geldeenhede weens die ekonomiese krisis gedaal...

Wyn- en sjokoladeplesier op Uitkyk
Johann H Crafford - 2008-10-02
Cape Legends het onlangs op 'n seldsame, sonnige lentedag sy beste, huidige oesjaarwyne en -port, asook 'n brandewyn, op die historiese Uitkyk-wynlandgoed naby Stellenbosch ten toon gestel.Maja Berthas, 'n Sweedse spesialis op die gebied van wyn en sjokolade kombineer, en wat onlangs 'n boek oor sjokolade die lig laat sien het, het verduidelik hoe om die beste uit twee van die mees geliefkoosde smaaksensasies ter wêreld te haal. Dis nou wyn in sy verskillende vorme en sjokolade....

A pack of cards!
Peter Finlayson, Bouchard Finlayson, Hemel en Aarde - 2008-09-16
Every vintage is a pack of cards! In 2007 we were dealt the perfect hand and great wines followed. This year has presented different elements and challenges but has resulted in some outstanding wines, particularly sauvignon blanc and chardonnay.Having said this, we had to play a tough poker game in the process! It was a testing vintage, unusual in that weekly rains fell throughout the growing season. Strong growth in the vines with abundant soil moisture crafted a generous vintage with surprisingly...

Agter die skerms van ‘n dop!
Johann H Crafford - 2008-09-15
Almal het seker al die bekende ou grappie gehoor van die skooljuffrou wat voor die voorskoolse klassie staan en vra: "Kinders, wie kan vir my vertel waar melk vandaan kom?" En dan, so tussen die armpies deur wat entoesiasties die lug inskiet, wys sy na klein Jannie daar in die middel en vra: "Ja Jannie, waar kom melk vandaan?" Jannie staan dan ewe windmakerig op in sy bank en antwoord vol selfvertroue: "Van Woolworths af, Juffrou!"Ek dink daar's heelwat ouer Jannies...

Suid-Afrika maak skoonskip by Decanter-wyntoekennings
Adam Lechmere - 2008-09-08
Op 'n aand wat vir verskeie verrassings gesorg het, het Suid-Afrika met die louere weggestap by die onlangse internasionale Decanter-wyntoekenningsgeleentheid.Suid-Afrka het 12 streektrofeë en 'n verstommende ses internasionale trofeë ingepalm, onder andere die internasionale trofee vir Bordeaux-variëteite (Onder £10) en die internasionale trofee vir Rhône-variëteite (Onder £10).Cederberg Shiraz het die Rhône-kategorie gewen, terwyl Amani-landgoed...

The story of zinfandel
Johann H Crafford - 2008-07-21
Where does zinfandel come from?Thanks to DNA testing it has been proven by Dr Carole Meredith of UC Davis that zinfandel and primitivo are the same. The next closest relative that she studied was the plavac mali (pronounced plah-vahtz mahlee), an offspring of zinfandel and the Croatian varietal dobricic. Eventually she found a grape called crljenak kastelanski (pronounced sirl-yen-ack kastenlanski) in Croatia. It was then confirmed that zinfandel, primitivo, and crljenak kastelanski are genetically...

Winskopies uit die wingerd
Edo Heyns - 2008-06-24
Die tyd van die jaar wat die oesjaarsyfer op die meeste winkelrak-witwyne vinnig besig is om oor te slaan, is hier. Dit is ’n baie opwindende tyd vir wyndrinkers: nie net is daar die opwinding van vars, nuwe geure in veral jong sauvignon blancs nie, maar die verskynsel van "bin end”-uitverkopings en verspotte afslag behoort al hoe meer dié met ‘n oog vir ‘n winskopie se aandag te trek.Dit spruit natuurlik uit die feit dat daar druk op winkels is om rakspasie te...

PG beantwoord nog wynvrae
Johann Crafford - 2008-06-12
Daar is beslis groot belangstelling onder mense om meer van wyn te weet en hopelik kan ons deur die Virtuele Wyngemeenskap bydra tot ‘n groter kennis en waardering van die nektar van die gode. En miskien kan ons sodoende ook ietsie positiefs doen aan die skokkend lae syfer van net 14 persent volwasse Suid-Afrikaners wat Bacchus se voggies geniet.Wynvrae sypel stadig maar seker deur na ons en ons sal voortgaan om vir PG Slabbert, wynmaker van Stellenbosch Hills, te vra om op hulle te reageer.Indien...

PG beantwoord jul wynvrae
Johann H Crafford - 2008-06-09
Die Wynforumblad was skaars “lewend” toe laat die lesers van hulle hoor. En sommer ‘n klomp het lekker interessante vrae gehad, wat ons na PG Slabbert, wynmaker van Stellenbosch Hills, (foto regs) deurgestuur het vir kommentaar.Omdat so baie vrae ontvang is, het ons eers net ‘n paar deurgestuur. Die volgende klompie sal vroeg volgende week deurgestuur word na PG.Hier is die vrae en PG se antwoorde:1. Jaco Kleynhans van die Strand: Wat’s die verskil tussen byvoorbeeld...

Vyfgangmaaltyd met portwyn
Johann H Crafford - 2008-05-22
Op een van my besoeke aan die Klein Karoo-wynroete – waar ek ‘n oorvloed lekker wyn, lekker kos en lekker mense ervaar en geniet het – het ek by De Krans-privaatkelder op Calitzdorp gaan inloer. En terwyl ek en Boets Nel, wynmaker én wynmeester, so om ‘n tafel wyn en wyndinge gepraat het, het hy my skielik uit die veld geslaan met die woorde: “Het jy geweet ‘n mens kan ‘n hele maaltyd net met gefortifiseerde wyne voorsit?"Ek het hom so half skepties...

Is ons Suid-Afrikaners maar net agter die klip?
Johann H Crafford - 2008-05-20
Statistiek wat einde verlede jaar aan die lig gekom het, dui daarop dat slegs 14 persent van Suid-Afrika se volwasse bevolking wyn gebruik teenoor sowat 70 persent in Frankryk. Wat hierdie inligting erger maak en in mens se keel laat vassteek, is die feit dat blykbaar net die Sjinese minder drink as ons. As dít nie genoeg is om ‘n mens na drank te laat gryp nie, weet ek nie wat is nie!Maar hoekom is ons hier aan die suidpunt van Afrika so ver agter die klip? Ek bedoel, hier word reeds...


<< 1 >>