Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > SeminaarKamer | Seminar Room > Afrikaans > Miniseminare

Miniseminare


<< 1 2 3 4 9 >>

Die ASV se bande met Pretoria-PEN
Willem Fransman - 2011-12-07
PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene...

Pretoria-PEN: Meer sigbare resultate
Kerneels Breytenbach - 2011-12-07
PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene...

Fanie Olivier oor Pretoria-PEN
Fanie Olivier - 2011-12-07
PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene...

Dan Roodt oor Pretoria-PEN
Naomi Meyer - 2011-12-07
PEN (oorspronklik vir “Poets, Essayists and Novelists”) International is die oudste menseregte- en literêre gemeenskap ter wêreld. Om aan enige PEN-organisasie wêreldwyd te behoort, moet skrywers die basiese beginsels van PEN se grondwet onderskryf. Vryheid van spraak is vir PEN van kardinale belang. In Suid-Afrika bestaan daar twee PEN-sentrums: South African PEN en Pretoria-PEN, met laasgenoemde wat fokus op die Afrikaanse skrywer. Tydens ’n buitengewone algemene...

Gender en geweld
Anita Cloete - 2011-12-06
Ek vind aanklank by die rubriek “Gender, ubuntu en geweld”, om verskeie redes. Eerstens die verskynsel self – die feit dat daar gepraat word van gender-geweld, met ander woorde geweld wat gemik is teen ’n bepaalde gender (in die Suid-Afrikaanse konteks gewoonlik geweld teen vroue) deur ’n spesifieke gender (mans). Ek wonder soms waaroor gaan dit eintlik, geweld of gender – hopelik beide. Wat onder gender verstaan word, verander saam met kultuur en daarom wonder...

Gender is ’n konstruksie
Joan Hambidge - 2011-12-06
My pa My pa wou ons Sondae treat met ’n ete in die Masonic of in oom Boetie Michaels se hotel, ja, daardie hotel wat in die vloed bly staan het toe sy ma op die boonste verdieping toekyk vanuit die Ark en die off-sales besteel word en die Vaalrivier oor sy walle stroom. Ek onthou die spyskaart van daardie Sondae: Tamatie- of roomsop, vis en spaarsgekerfde lamsboud en doodgekookte groente. Met roomys of dadelpoeding en vla … En my pa wat smak aan ’n groen Grünberger Stein...

Gender en geweld
Amanda Botha - 2011-12-05
Ek vind aanklank by die rubriek “Gender, ubuntu en geweld”, om verskeie redes. Eerstens die verskynsel self - die feit dat daar gepraat word van gendergeweld, met ander woorde geweld wat gemik is teen ’n bepaalde gender (in die Suid-Afrikaanse konteks gewoonlik geweld teen vroue) deur ’n spesifieke gender (mans). Ek wonder soms waaroor gaan dit eintlik, geweld of gender – hopelik beide. Wat onder gender verstaan word, verander saam met kultuur en daarom wonder ek watter...

12 gender (3)
Joan Hambidge - 2011-12-05
Untitled Document My pa My pa wou ons Sondae treat met ’n ete in die Masonic of in oom Boetie Michaels se hotel, ja, daardie hotel wat in die vloed bly staan het toe sy ma op die boonste verdieping toekyk vanuit die Ark en die off-sales besteel word en die Vaalrivier oor sy walle stroom. Ek onthou die spyskaart van daardie Sondae: Tamatie- of roomsop, vis en spaarsgekerfde lamsboud en doodgekookte groente. Met roomys of dadelpoeding en vla … En my pa wat smak aan ’n groen Grünberger...

Dank die sterre vir Engels
Philip de Beer - 2011-11-15
Untitled Documen Ek was vanaf 2008 tot 2010 ’n student aan die US. Ek beoog ook om weer in 2012 te studeer. En ek dank die sterre vir Engels op kampus. Daar is wel ’n paar elemente van persoonlike vooroordeelwat ek graag op die tafel wil lê voordat ek hier verder gaan. Eerstens, alhoewel my moedertaal Afrikaans is, was my universiteitsopvoeding omtrent 100 persent Engels gewees. Ek praat beide tale, elk met ’n baie anderse waardering as vir die ander. Die redes waarom ek...

NG Kerk getuie van Christus
Leopold Scholtz - 2011-10-26
Untitled Document Die taak van die Christelike kerk, tot sy diepste kern gereduseer, is om ’n getuie vir Christus in die wêreld te wees. Nie noodwendig om sekulêre ideologieë, regerings of ander wêreldlike instansies te legitimeer – of te verdoem – nie, maar om oor sy geloof in die opgestane Jesus Christus te getuig. Oor die inhoud en wyse van die getuienis verskaf die Bybel riglyne. Dit hou in ’n simbiotiese verbintenis tussen die vertikale element...

Deurbraak in die Belhar-besluit
Piet Naudé - 2011-10-26
Untitled Document Ek was op pad tussen George en Port Elizabeth toe ek die sms van kollega Rheti van Niekerk kry dat die NGK se Algemene Sinode deurbraakbesluite oor kerkhereniging en Belhar geneem het. Ek is nie tans meer aktief betrokke by kerklike leierskap nie, en het nie die binnekringdebatte noukeurig gevolg nie. Maar ek was onmiddellik bly en verlig oor die nuus. Die rede hiervoor is dat ek nooit sinies oor die kerk of spesifiek die NGK was of kon word nie. Tydens ’n bespreking...

Die Malema-haatspraak-uitspraak
Danny Titus - 2011-09-16
Die een ding wat vir my belangrik is in die Malema-haatspraak-uitspraak is die feit dat daar wel ’n uitspraak is. Die proses verder is die appèlprosedures wat nou nog moet volg. Die ANC het aangedui dat hulle appèl gaan aanteken. Die reaksies op die uitspraak bevestig verder hoe verdeeld ons steeds is as ’n nasie, as ons enigsins ’n nasie is. Malema het reeds aangedui dat hy gaan appelleer. Volgens hom het die Gelykheidshof apartheid by die agterdeur laat inglip....

“Awudubule ibhunu” – shoot the boer
Cornelius Thomas - 2011-09-16
Mens kan sê ’n klassieke geval van haatspraak is “bululani abathakathi” (“maak die towenaars dood”). Alhoewel apokrief, is hierdie stelling aanduidend van vrees en haat vir “die ander”, en toe-eiening. In 1952 is daar gesê “Kill the Romans” en suster Aidan Quinlan is vermoor en gekannibaliseer. Later het die PAC se “militêre vleuel”, Poqo, gesê “kill the amaBhulu”. In die sewentigerjare is “impimpi”...

Is kapitalisme se dae getel?
Cornelius Jansen van Rensburg - 2011-09-08
Sedert die finansiële krisis van 2008 word daar opnuut gekyk na die wyse waarop die wêreld sake doen. Hierdie selfondersoek het selfs die idees van sentrale ekonomiese beplanning laat herleef en eintlik die hele debat oor die kernbeginsels van ekonomie heropen. Swak ekonomiese besluite deur regerings, asook die feit dat groot banke skotvry van hul troebelagtige praktyke afgekom het, het belastingbetalers wêreldwyd woedend gemaak. Dit is dus nie vreemd dat “bankiers” en...

Die elites vs die hordes
Christi van der Westhuizen - 2011-09-08
Die oorsprong van die huidige krisis in kapitalisme lê in die skuif weg van Keynesiaanse kapitalisme na neoliberale kapitalisme in die globale Noorde. Histories is die deurslaggewende oomblik die VSA se besluit in 1971 om uit die Bretton Woods-stelsel van kapitaalbeheer te tree. Hierdie besluit het die devaluering van die dollar ten doel gehad en is geneem weens Amerikaanse produkte se toenemende onmededingendheid in vergelyking met produkte van Duitsland en Japan, wat gelei het tot ‘n...

Amerika se ondemokratiese kapitalisme verkeer in 'n ernstige oorlewingskrisis
Sampie Terreblanche - 2011-09-08
Die kapitalisme kan nie in ’n politieke (of staatkundige) vakuum bestaan nie. Die kapitalisme is te alle tye ’n deel van ’n tweeledige politiek-ekonomiese stelsel waar ’n ondemokraties-verkose of ’n demokraties-verkose staat die politieke “sy” van die tweeledige politiek-ekonomiese stelsel vorm en waar kapitalisme die ekonomiese “sy” van die tweeledige stelsel vorm. Die kapitalisme het te alle tye ’n staat nodig wat die wetlike raamwerk...

Die einde van kapitalisme? Maar het dit ooit begin?
Hans Pienaar - 2011-09-08
Die term kapitalisme was nog altyd onbevredigend, want dit verwys nie na ’n ideologie, of ’n doktrine, dissipline, of selfs ’n stelsel nie (daarvoor is daar te veel ongestruktureerde areas). Aan die een kant is daar wat ’n mens hiperkapitalisme kan noem, met Adam Smith se “invisible hand” van die mark as die sentrale meganisme, en laissez faire die algemene opdrag. Weens die finansiële ineenstortings wat deur natuurlike ekonomiese siklusse geskep is, is Adam...

Lewegewing aan ’n herrese SA Talewet?
Vic Webb - 2011-09-02
Dis duidelik dat daar etlike probleme is met die hersiene SA Talewet. Tydens ’n onlangse bespreking daarvan in Centurion het regsgeleerdes gewys op verskille tussen die 2003-voorstel en die huidige een, veral die weglating van belangrike definisies, beginsels en maatreëls. Hulle het gevra: Wat moet bygevoeg word? Wat moet weggelaat word? Wat moet verander word? Hoe moet dit gebeur? Die vraag is egter: Gaan hul antwoorde enige verskil maak? Die Suid-Afrikaanse regering het ’n...

Nuwe talewet: ’n Holderstebolder dokument?
Jacques van der Elst - 2011-09-01
Die konsep-talewet (2011) moet oorgeskryf word en opnuut gemeet word aan die konsep wat in 2003 opgestel is, maar wat jare lank as konsep lê en stof vergaar het en nooit deur die parlement geloods is nie. Dit was die mening van ’n aantal regslui en ander akademici wat verlede week in Pretoria onder die vaandel van die Afrikaanse Taalraad en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vergader het. Die 2011-weergawe wat die talebestel in Suid-Afrika moet bereël, verskaf eintlik...

Die senuweeagtige toestand van Suid Afrika: welvaartbelasting as deurslaggewende element in gesprekke oor ras vandag
Rothney Tshaka - 2011-08-23
Untitled Document Oudaartsbiskop Desmond Tutu se toespraak het vanuit diverse sektore van ons land reaksie uitgelok. Daar is natuurlik ’n hele aantal sake wat hy in sy toespraak aangeraak het wat ewe belangrik is, maar dit is die idee van welvaartbelasting wat direk aan die geskiedenis van apartheid gekoppel word wat die meeste aandag kry. Gegewe ons spesifieke geskiedenis van rassisme wat in hierdie land onder wetlike apartheid vasgemaak is, kan dit natuurlik verwag word. Die persepsie bestaan...

“Wittes” betaal reeds ’n reuse welvaartsbelasting
Kallie Kriel - 2011-08-23
Untitled Document Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se voorstel dat wittes welvaartsbelasting moet betaal, is net so sinloos soos om voor te stel dat ’n sokkerbal rond moet wees. Almal weet dat ’n sokkerbal se vorm reeds rond is en waarskynlik nog lank rond gaan bly. Die punt is dat “wittes” – om die rasse-term in Tutu se voorstel te gebruik – reeds buitensporig swaar dra aan wat gesien kan word as verskeie vorme van “welvaartsbelasting”. Alhoewel...

Laat die jeug gesien en gehoor word
Ernst Roets - 2011-03-24
Kinders moet gesien en nie gehoor word nie ... Of so lui die oeroue sêding. Aanhangers van hierdie lewensbenadering se ore sou vir seker by die laaste ATR-beraad getuit het. Nou praat ek van die ATR-Jeugberaad wat gedurende die Woordfees in Stellenbosch aangebied is. Jongmense van uiteenlopende agtergronde het onder een dak vergader om die goed waaroor hulle op sosiale en/of politieke vlak van mekaar verskil, vir eers agter te laat en te praat oor dit waaroor hulle saamstem – Afrikaans!...

Afrikaans en 16 Junie (Jeugdag)
Virgilio Daniels - 2011-03-24
Afrikaans moet vrygemaak word van sy onnodige bagasie wat dit gekry het as gevolg van mense se onverantwoordelike sienswyses. Afrikaans is nie die hoofrede waarom die onluste van 1976 gebeur het nie. Dit was bloot die vonk wat die vuur aangewakker het. Die apartheidsregering het dit gebruik as ’n stuk gereedskap om die swart kultuurgroepe van die land nog verder te onderdruk. Die sosio-ekonomiese omstandighede van die onderdruktes en die onmenslikheid van die politieke stelsel van die tyd kan...

Die komplekse "Ek"
Paul Cilliers - 2011-03-24
Hierdie artikel het op 19 Maart in By (Beeld en Die Burger) verskyn. Mens kan nie jouself sien nie. Ek probeer nie laf wees nie, ek is heel ernstig. Jy is jou eie blinde kol. Jy kan jou voete en hande sien, jou arms en bene (jou bobene net van bo), jou bors (nie heeltemal tot bo nie) en jou maag, tot die mate wat jy daarna wil kyk. Maar jou gesig, die deel wat mens by uitstek assosieer met wie jy is, dié kan jy nie sien nie. As jy langs jou neus af loer, kan jy so ’n deurskynende pienkerige...

Elf en die sander
Johan Hattingh - 2011-03-16
Ons het vanaand van ons span se kant af by herhaling beklemtoon dat die konsepte van die self en die ander hoogs problematies is, en dat ons diep in die moeilikheid is die oomblik as ons dink ons weet wie is die self en wat is die ander. Soos kollega Paul Cilliers tereg aangetoon het, is die self te dig om in ’n paar woorde te kan voorstel, wat my laat dink dat ons eintlik moet skrik as ons besef wat alles ingemeng is in dit wat ons die self noem; en soos kollega Vasti Roodt uitgewys het, is...

Beter sonder ander?
Vasti Roodt - 2011-03-16
Eintlik wil ek nie graag hier wees nie, en julle wil my ook nie graag hier hê nie. Julle wil ook nie graag hier wees nie, en ek wil julle ook nie graag hier hê nie. Maar hier sit julle en hier staan ek. As ons nie vanaand in mekaar se geselskap vasgevang was nie, was ons iewers anders, in die valstrik van ander mense se teenwoordigheid. Daar is geen uitkomkans nie: waar ek ook al gaan, sal daar altyd ander wees. Om ’n self te wees is om altyd met ander gepla te wees. In sy bekende...

Die essensiële “ek”
Hannes Smit - 2011-03-16
Goeienaand dames en here Ek hoor dat u dit sover geniet het om na die toesprake van my kollegas te luister. Ek is egter seker dat terwyl u daarna geluister het, baie van u nie anders kon doen as om te dink: “Dis alles goed en wel, maar wat ek eintlik wil weet is: Wat sal die Taalanalitiese filosofie sê oor hierdie kwessie?”. Ek wil u komplimenteer op sulke ingeligte denke en so ’n uitstekende vraag. Ek staan vanaand hier om hierdie vraag te beantwoord. Vir dié van...

Die ander kant
Servaas van der Berg - 2011-03-16
Ek lees nou die dag vir die eerste keer, op Hannes se aanbeveling, ’n deel van ’n sport-outobiografie en, tot my verbasing, geniet ek dit toe nogal. Dit het vir my duidelik gemaak dat daar eintlik nooit soveel rede was as wat ek gedink het om die saamgeflanste biografieë van politici of onlangse sport-ikone te vermy nie. Sien, my oorspronklike reaksie teen die genre het waarskynlik minder te doen gehad met die boeke se inhoud as met ’n irriterende neiging van hulle uitgewers...

Sê nou daar ís geen ander nie?
Anton van Niekerk - 2011-03-16
Ek wil met julle iets deel wat my van kleins af agtervolg. Ek weet nie regtig of dit ’n fobie of ’n fantasie is nie. Dit betrap my nou nog soms, tydig en ontydig – in my bed, in die badkamer, as ek voor ’n klas staan, as ek my skoene skoonmaak, wanneer ek by vriende kuier, wanneer ’n verkeersman my van die pad af trek, wanneer ek rugby kyk, ja, selfs wanneer ek die koerant lees: dis die moontlikheid dat ek alleen in die wêreld is. Veral dat ander mense, wat so...

Vrye Woord: Ope brief aan Media24 oor nasionale boekeredakteur, reaksies ingesluit
2011-03-16
Ope brief aan die bestuur van Media24 Aan: Mnr Francois Groepe cc: Mnre Abraham van Zyl, Peet Kruger, Tim du Plessis Beste mnr Groepe en ander bestuurslede Vrye Woord is ’n drukgroep skrywers wat die vrymoedigheid het om u vrae oor die enkele beoogde nasionale boekeredakteur vir u streekskoerante te vra nadat mnr Tim du Plessis reeds ’n basiese verduideliking vir die besluit gegee het en ons dit aan woordwerkers help deurstuur het. U is bewus van die wydverspreide ontevredenheid oor...

Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid moet handhaaf
Jeanette Ferreira - 2011-03-10
Ek sien nie juis probleme met ’n algemene boekeredakteur nie. Omdat ek self vir al die Media24-koerante resenseer sedert ek nie meer aan ’n uitgewery verbonde is nie, het ek die idee gekry etiek en onafhanklikheid is in ’n groot mate die resensent se verantwoordelikheid. (...) Andersyds resenseer ek boeke van uitgewerye vir wie ek as redakteur vryskutwerk doen en ek het nog nooit geskroom om negatiewe kritiek te gee as dit nodig was nie. Dit is die resensent wat sy/haar geloofwaardigheid...

Om te boikot of nie? ’n E-posgesprek
Gerrit Brand - 2011-03-08
Charl-Pierre Naudé skryf: Beste kollegas Dis situasie raak net verskrikliker. Ek is bevrees ek is nie oortuig deur die positiewe prentjie wat Tim geskets het nie. Ek vra die koerante, en spesifiek vir Tim du Plessis, wat iemand is wat die hoër funksies van taal op die hart dra: Besin weer! Die kardinale punt is die skeiding van "magte". Daar moet verskillende boekeredakteurs wees, wat elk verskillende resensente kan aanstel. Een boekeredakteur wat verskeie resensente mag aanstel...

Die oplossing is eenvoudig
Paul C Venter - 2011-03-08


Wat sal ’n boikot tog regkry?
Dawid van Lill - 2011-03-08
Ek verstom my oor die vurigheid waaroor die debat oor een boekeredakteur gevoer word. Dit voel amper asof sommige skrywers dit as een van die Tekens van die Tye beskou. En dit nogal só kort voor 2012? Laat ’n mens dink, of hoe? Ek moet ruiterlik erken dat ek nie die debat van die begin af gevolg het nie, maar die felheid daarvan het my tog opgeval. Alle partye het ’n deeltjie van die waarheid beet, so lyk dit my, maar misleiding van weerskante kan ook nie uitgesluit word...

Mens kan net hoop
Petrovna Metelerkamp - 2011-03-07


Die literêre aktiwiteit in die taal moet so dinamies en divers moontlik wees
Louise Viljoen - 2011-03-07
Afrikaans is ’n klein, maar potente, taal. Om die vitaliteit van Afrikaans te behou, moet die literêre aktiwiteit in die taal so dinamies en divers moontlik wees. Die gesprek rondom boeke (wat resensies insluit) speel ’n baie belangrike rol in die lewendigheid van ’n letterkunde en die volwassenheid van die intellektuele debatte wat in ’n taal gevoer word. Verskillende boekeblaaie onder die leiding van kundige boekeredakteurs in Afrikaanse koerante is nodig om...

Die doodsklok vir die Afrikaanse letterkunde
Nicol Stassen - 2011-03-07
Benewens Afrikaanse boeke is die gedrukte en elektroniese nuusmedia die belangrikste manier waarop Afrikaanse intellektuele en lesers kommunikeer. Die Afrikaanse intellektuele wêreld is oor dekades hierdeur in stand gehou en verruim. Agt jaar gelede was die boekeblaaie van Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport en Insig (later Boeke-Insig) nog hiervoor beskikbaar. Dit is aangevul deur radioprogramme van Daniel Hugo, televisieprogramme van onder andere Hettie Scholtz, en enkele letterkundige...

Een ontoelaatbare verschraling
Hans C ten Berge - 2011-03-07
Ik onderschrijf het verzoek aan Media24 om af te zien van de aanstelling van één boekredacteur ... Een ontoelaatbare verschraling en (mogelijk intimiderende) eenduidigheid zal het gevolg zijn. Daarvoor is de Afrikaanse literatuur in al haar verschijningsvormen te rijk en verscheiden van aard. Uniformering is altijd en overal desastreus! Als geïnteresseerde buitenstaander en Nederlandse auteur sluit ik mij aan bij het protest van mijn collega's in Zuid-Afrika. <<...

Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours
Laurens van Krevelen - 2011-03-07
Natuurlijk is het een teken van marginalisering van de literatuur in het publieke discours, en dus van het serieuze boek. Ik ben het dus eens met Marga Collings en de meeste anderen. Niet geschoolde lezers komen zo weer minder in contact met ideeën van een meer kansvolle groep in de maatschappij. Het plan is dus even schadelijk voor het literaire, relatief kleine publiek als voor het veel grotere, minder ontwikkelde publiek. << Terug na die “Een boekeredakteur”-miniseminaar...

Dat die forum vérder gaan verklein, is erg kommerwekkend
Alida Potgieter - 2011-03-04
Ek wil ook graag my kommer uitspreek oor een nasionale boekeredakteur vir die Afrikaanse koerante: In my lang uitgewersloopbaan het ek gesien hoe die forum vir boekbesprekings deur die jare verklein: daar verskyn soveel minder indringende resensies van ’n Afrikaanse boek as ’n dekade of twee gelede. Dat die forum vérder gaan verklein, is vir my erg kommerwekkend. En dat ’n boek en skrywer se sukses dalk gaan afhang van één resensie in die onderskeie Afrikaanse...

’n Veelheid van stemme is nodig
Andries Visagie - 2011-03-03
Die plan om ’n enkele boekeredakteur vir Beeld, Die Burger en Die Volksblad aan te stel, sal ongetwyfeld ’n verlies vir boekeliefhebbers beteken. ’n Veelheid van stemme is nodig om aan die leserspubliek ’n gebalanseerde siening van ’n boek te gee. Indien slegs een of twee resensies van ’n bepaalde boek verskyn, is dit goed moontlik dat net enkele aspekte van daardie boek aandag sal geniet. ’n Resensie open ’n gesprek oor ’n bepaalde boek en hoe...

Boeke-besluit is geen katastrofe
Johan Swarts - 2011-03-03
Gaats. Al wat ’n Afrikaanse skrywer is, is tans up in arms oor Media24 se besluit om die boekeredakteurs van Die Burger, Volksblad en Beeld se poste af te skaf en ’n oorhoofse redakteur in hulle plek aan te stel. Almal, van Breyten Breytenbach tot Joan Hambidge, reken hierdie skuif kan niks minder as katastrofiese nagevolge vir die Afrikaanse boekebedryf inhou nie. (As jy nie weet waaroor bogenoemde gaan nie – of glad nie hieroor omgee nie – hou onmiddellik op lees en gaan...

Diversiteit van resensies is van allergrootste belang
Kerneels Breytenbach - 2011-03-02
As een van Die Burger se oudboekeredakteurs is dit seker noodwendig dat ek nie sal dink dis ’n baie skrander skuif om een persoon verantwoordelik te maak vir ’n boekeblad wat deur Beeld, Volksblad en Die Burger gedeel sal word nie. Ek kan die gronde vir hierdie diepe oortuiging herlei na een gesprek wat ek in die vroeë jare tagtig gehad het met Danie van Niekerk, destyds besturende direkteur van Tafelberg-Uitgewers. Ons het in die kroegie van die Café Royal gesit en hy het...

Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings
Charles Malan - 2011-03-02
Charles Malan skryf in reaksie op Marga Collings Marga, jou woorde is musiek in die ore van baie van ons wat by julle publiseer. Jy wys op die gebreke in die belangrikste argumente om sentralisering te regverdig, in die besonder: Hoeveel word nou eintlik “bespaar” as die belange van die Afrikaanse letterkunde en geesteslewe opgeweeg word? Hoe kan die superredakteur seker wees dat die superresensent wat ’n enkele boek gewoonlik ’n enkele keer moet bespreek, die vermoë...

Resensies in die dagblaaie is ’n voedingsaar tot die diskoers
Marga Collings - 2011-03-02
Gerugte oor die vermindering van die drie boekeblaaie in die Afrikaanse dagblaaie – Beeld, Die Burger en Volksblad – tot een nasionale boekeblad is reeds lankal in omloop, en binne die groep is daar ernstige gesprekke oor die saak gevoer. Ek het dus gehoop dat daar van die plan afgesien is – totdat die pos vir die nasionale boekeredakteur geadverteer is. Media24 en Naspers het oor die jare heen groot geld uitgee aan borgskappe tot die voordeel van Afrikaans: die kunstefeeste,...

Verruiming of verskraling?
Gerrit Brand - 2011-03-02
Die volgende brief is ontvang van Eloise Wessels, uitvoerende hoof van NB-uitgewers. Charles Malan en Gerrit Brand se antwoorde volg daarna. Beste Charles Ons as uitgewers deel uiteraard die skrywers se besorgdheid oor enige verskraling van aandag aan Afrikaanse boeke, en daarom het ek, toe die advertensie vir die nasionale boekeredakteur onder my aandag gekom het, dadelik met Abraham van Zyl (hoof van Media24-koerante) gepraat. Hy het op sy beurt ’n gesprek gereël met my en...

Ope brief aan Tim du Plessis
Charles Malan - 2011-03-01
Tim, dankie dat jy die oorwegings van ’n enkele redakteur met skrywers deel. Ek het nou jou uiteensetting van die nuwe situasie gelees (dit is ook op LitNet), en ek is bevrees dit is nie gerusstellend nie – inteendeel. Ek aanvaar graag dat jy die heil van die letterkunde op die hart dra en die beste bedoelings het, maar niks wat jy skryf, besweer die beswaarmakers se ergste vrese nie. Ja, ja, vir verskeidenheid en meer blootstelling, maar wat van die kernbesware: minder stemme oor die...

Sentralisering is die weg na totale beheer
Ampie Coetzee - 2011-03-01
Een boekeredakteur kan dan alles besluit oor resensies: die persone wat kan skryf, die lengte, die strekking daarvan. Wat dan uiteindelik sal uitloop op die kanonisering (as dit nog van toepassing is) van dit wat deel word van die “Afrikaanse letterkunde”. Wat van plasing in Groot verseboek, byvoorbeeld? Sê nou die hoofredakteur dink 'n bundel is te swak en laat dit nie resenseer nie. Sê nou net daar's een goeie gedig daarin? Sentralisering is die weg na totale beheer. ...

Die minagting vir die boekeblad by Media24
Willie Burger - 2011-03-01
Natuurlik sal daar goeie en mooi verduidelikings wees dat hierdie eintlik ’n verbetering is. Maar die punt is dat hierdie saak eintlik nou al ’n baie lang aanloop het. Destyds, toe Peet Kruger weg is by Beeld om na al die koerante oorhoofs om te sien, was daar al sprake daarvan dat al meer dele van die koerante saamgevoeg gaan word. As ’n mens mooi nadink oor die bestaande boekeblaaie oor die afgelope klompie jare, kan mens sien dat die minagting vir die boekeblad by Media24 nou...

Die verhaal van vervlakking en agteruitgang
Crito - 2011-03-01
’n Bietjie meer as ’n maand gelede het Heindrich Wyngaard ’n verdoemende resensie van sy boek Ons in Rapport op die lyf geloop. Die bespreking, deur Jason Lloyd, was van só ’n aard dat dit die boek se kanse op ’n goeie ontvangs by die publiek sou vernietig het as dit die enigste resensie was wat daarvan verskyn het. Vandeesweek het Die Burger ’n positiewe bespreking daarvan deur Michael le Cordeur geplaas – ’n korrektief wat die...


<< 1 2 3 4 9 >>