Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Onderhoude | Interviews > Afrikaans

Afrikaans


<< 1 2 3 4 8 >>

Carina Stander en Wildvreemd: Albei deur die meule
Bibi Slippers - 2011-12-06
Untitled Document Hallo Carina, en baie geluk met die verskyning van jou eerstelingroman, Wildvreemd. Kom ons begin by die begin: jy vertel in ’n onderhoud in Rapport dat die eerste sin van jou roman hom reeds tydens jou universiteitsdae by jou aangemeld het, sommer terwyl jy in die stort was. Ek het onlangs ’n gesprek bygewoon waar Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden en André P Brink "Die begin en einde van die roman" bespreek het. Hierdie drie het almal die opinie gedeel...

Afrikaans, 'n burger van die wêreld
Jerzy Koch - 2011-11-30
Die School of English van die Adam Mickiewicz University (UAM) in Poznań, Pole, is oop vir lektorsaansoeke. Naomi Meyer het vir Jerzy Koch uitgevra oor Suid-Afrikaans en Afrikaans by dié universiteit. Dankie vir die geleentheid tot gesprek, Jerzy. Ek lees op jul School of English-lektorskap-aansoekvorm se inligtingstuk: "[T]he South African reality serves as microcosmos for the study of various dimensions of a multicultural world." Maar wat was die allereerste rede waarom Suid-Afrika...

K laat ons riel
Naomi Meyer - 2011-11-30
Die finale ronde van die ATKV-rieldanskompetisie vind op 3 Desember 2011 plaas. Naomi Meyer het Elias P Nel hieroor uitgevra. Hallo Elias, baie dankie vir die geleentheid tot gesprek. Vir diegene van ons lesers wat nog nie gesien het hoe ’n lekker riel Elias Nel kan dans nie, vertel ons asseblief van die rieldanskompetisie. Wat is dit? Die riel kan met redelike sekerheid as die oudste dansvorm in Suidelike Afrika beskou word. Die hedendaagse vorm van die dans kan direk herlei word...

Wow, dis al tyd vir die Kerskonsert
Naomi Meyer - 2011-11-24
Fiona van Kerwel WOW-Kerskonsert Neethlinghof 27 November 2011: 18h30 R100 (R50 vir skoliere) Bespreek by Computicket Of bel 021 8082019 Die Woordfeeskantoor, vertel Melt Myburgh, is baie trots op Fiona van Kerwel, die WOW-projekbestuurder. Sy is pas deur die Universiteit Stellenbosch met ’n rektorstoekenning vereer vir haar uitstekende werk met die WOW-projek. Naomi Meyer het Fiona uitgevra oor vanjaar se WOW-Kerskonsert. Fiona, dit klink my julle hou nou al heeljaar lank Woordfees...

Verna Vels na vyf dekades van Liewe Heksie
Steyn du Toit - 2011-11-24
Untitled Document Regisseur Frans Swart en Verna Vels Liewe Heksie het haar debuut in 1961 gemaak in die Siembamba-programme van die SAUK uit die pen van Verna Vels. Vyftig jaar later is Heksie te sien op al wat ‘n Suid-Afrikaanse verhoog is, danksy Lefra Produksies. Steyn du Toit gesels met Verna Vels oor waar almal se gunsteling, Heksie, haar deesdae bevind. As skrywer van Liewe Heksie, het jy ooit gedink dat ’n storie soos Liewe Heksie vandag nog kinders sal...

Boeke maak ’n verskil
Steyn du Toit - 2011-11-24
Untitled Document Books4Change gee jou die geleentheid om tweedehandse boeke teen goeie pryse te koop, asook liefdadigheidsorganisasies te ondersteun.Books4Change is in 2009 begin deur ’n ma-en-dogter-span van die Helderberg, Amelia en Christine Mulder. Steyn du Toit het by hulle gaan uitvind presies hoe die konsep werk, en presies hoe dit by liefdadigheid inpas. Waar het die idee agter Books4Change ontstaan en wie het dit begin? Ons wou al lankal ’n besigheid saam...

Van prikkelende tot omstrede temas by die Daring Doccies Dokumentêr-filmfees
Steyn du Toit - 2011-11-23
Untitled Document Sonja Ruppersberg en Paul Blom Foto: Francois Oberholster Die Daring Doccies Documentary Filmfees vier vanjaar sy tweede bestaansjaar. Steyn du Toit het met Paul Blom, die organiseerder, gaan gesels oor wat feesgangers als te wagte kan wees op die program. Wat presies is die Daring Doccies Dokumentêr-filmfees? Dit is ’n dokumentêre-rolprent-fees met prikkelende, omstrede en uiters interessante flieks van regoor die wêreld wat...

Deon Meyer vertel van sy skryfwerkswinkel by die Freedom to Create-fees
Naomi Meyer - 2011-11-22
Untitled Document Deon Meyer Deon, baie dankie vir die gespreksgeleentheid. Ons verneem jy het pas by die Freedom to Create-fees ’n skryfwerkswinkel vir jongmense aangebied. Jy het, as ’n wêreldwye topverkoper, en gesog en geag as skrywer, sekerlik al baie skryfwerkswinkels aangebied. Was enigiets verskillend by hierdie een? Ek moet bieg: ek help maar met een of twee werkswinkels per jaar – wens daar was tyd om meer betrokke te raak. Die groot verskil...

Steward van Wyk gesels oor die uitkomste van die Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs
Steward van Wyk - 2011-11-18
Untitled Document Steward van Wyk, mede-professor en voorsitter van departement Afrikaans Nederlands aan die UWK, praat met Naomi Meyer oor die vorige keer se beurswenner van die Jan Rabie en Marjorie Wallace Skrywersbeurs – en vertel wat die komitee twee keer na ’n beursaansoek sal laat kyk. Steward dien in die algemene bestuurskomitee wat die fonds hanteer, en in die beurskomitee wat aansoeke oorweeg en aanbevelings aan eersgenoemde komitee maak. Steward van Wyk Ons...

Guy Buttery verlei weer eens met uitsonderlike kitaarspel
Retha Ferguson - 2011-11-17
&amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;lt;a href="http://guybuttery.bandcamp.com/track/umtamvuna-to-disappear-in-place-version" _mce_href="http://guybuttery.bandcamp.com/track/umtamvuna-to-disappear-in-place-version"&amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;gt;Umtamvuna (To Disappear in Place Version) by Guy Buttery&amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;lt;/a&amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;amp;gt; Dinsdagaand in Langstraat was Guy Buttery se eerste Kaapstad-bekendstelling...

Boem boem, die blou bonsmannetjie gaan groen
Naomi Meyer - 2011-11-16
Alta Joubert, Lollos, Disco en Minki Burger saam met 'n jong spulletjie Lollos is soos om ’n stootwaentjie op te slaan – mens verstaan nie veel van die affêre as jy nie self klein kindertjies het nie. Vir diegene wat laat slaap op naweeksoggende en wat nie ken van chroniese oorinfeksies nie: Lollos is daardie singende, wippende blou karaktertjie wat mense soms beskryf as die Suid-Afrikaanse Barney. Toe Naomi Meyer hoor Lollos 3 (Boem Boem ons gaan Groen) is pas vrygestel...

LitNet Akademies: Ronel Callaghan in gesprek met Estelle Taylor en Roelien Goede oor die onderrigleer van tegnologiegebaseerde modules
Ronel Callaghan - 2011-11-10
Ronel Callaghan gesels met Estelle Taylor en Roelien Goede oor hulle artikel “’n Model van faktore wat die sukses van onderrigleer van tegnologiegebaseerde modules beïnvloed” (saam met Tjaart Steyn) in LitNet Akademies. Wat is die storie agter die storie van hierdie artikel? Waar kom die behoefte aan die navorsing vandaan? Wat wou u graag daarmee bereik? Roelien: Estelle het die module in rekenaargeletterdheid ontwikkel en in stand gehou. Sy het baie aandag gegee aan studente...

Waar daar weerlig is: Johann de Lange oor sy jongste bundel
Bibi Slippers - 2011-11-10
Untitled Document Hallo Johann, en baie geluk met die verskyning van Weerlig van die ongeloof. Ek wou al nadat jy die Hertzogprys gewen het, ’n onderhoud met jou voer, maar toe word ek oorval deur stage fright. Ek het gewonder of jy ook daardie senuwees ervaar het? Was dit moeilik om weer die pen op te neem nadat jy so ’n groot prys gewen het, of maak sulke goed (jy weet: fame and fortune) nie eintlik ’n indruk op jou nie? Ek het twee manuskripte, onder andere Weerlig...

Annake de Villiers gesels oor ’n ''tas vol geleenthede''
Naomi Meyer - 2011-11-09
Untitled Document Annake de Villiers, uitvoerende kunstenaar, was voorheen getroud met Jannie Moolman. Deesdae is daar ander dinge op haar agenda. Onlangs het sy op die Rynrivier opgetree saam met Lize Beekman en daarna by Aardklop saam met Rocco de Villiers. Sy gesels met Naomi Meyer oor wat haar omkrap en passievol laat raak – en oor ’n townshipkind se tas vol geleenthede. Wat laat Annake de Villiers tick? Daar is vele dinge wat vir Annake de Villiers laat “tick”....

Annake de Villiers gesels oor ’n ''tas vol geleenthede''
2011-11-08
Untitled Document Annake de Villiers en Lize Beekman Annake de Villiers, uitvoerende kunstenaar, was voorheen getroud met Jannie Moolman. Deesdae is daar ander dinge op haar agenda. Onlangs het sy op die Rynrivier opgetree saam met Lize Beekman en daarna by Aardklop saam met Rocco de Villiers. Sy gesels met Naomi Meyer oor wat haar omkrap en passievol laat raak – en oor ’n townshipkind se tas vol geleenthede. Wat laat Annake de Villiers tick? Daar is vele dinge...

Louis Esterhuizen gesels met Bibi Slippers oor sy Protea-prys vir Wat die water onthou
Bibi Slippers - 2011-11-08
Untitled Document Dag Louis. Eerstens, baie geluk met die Protea-prys wat jy ontvang het vir Wat die water onthou. Ek sien die boek is terug op Protea se lys topverkopers, so 'n mens kon aflei literêre pryse moedig die verkope van digbundels aan? En is dit 'n goeie ding? Dankie vir die vriendelike woorde, Bibi. En ja, ek reken tog dat die hernude blootstelling wat op so iets volg, wel nuwe belangstelling wek. Lesers wat ten tye van ’n bundel se verskyning dit dalk gemis het,vir welke...

Fakkel-sangbundel: Danie Brink vertel van die FAK se vlagskip
Naomi Meyer - 2011-11-02
Baie dankie vir die geleentheid tot gesprek. Vertel asseblief vir ons van die “nuwe” FAK Sangbundel. Die vorige FAK Sangbundel is in 1979 gedruk, die eerste een in 1937, dus is 2012 die 75-jarige viering van die bundel. Die 2012-bundel sal dus ’n poging wees om ’n groot gedeelte van Afrikaanse musiek sedert 1979 op te neem. Let wel, ons probeer om geen duplisering tussen die liedjies van die 1979- en 2012-bundels te doen nie. Die bundel het tien genres/rubrieke: kuns-, populêre,...

Tel jy?
Naomi Meyer - 2011-11-02
Untitled Document Simbolies ofte nie: sewe miljard mense bewoon nou amptelik die aarde. En in Suid-Afrika word die drade ten opsigte van die sensus geknoop. Naomi Meyer het vir Marius Cronjé, uitvoerende hoof van Statistieke SA in die Wes-Kaap, oor die Groot Tel uitgevra. Watter kontrolesisteme is daar om te verseker dat mense nie oorgeslaan word met betrekking tot die sensus nie? Daar is redelik baie aspekte. Daar is in die veld besoek wat ons doen gedurende die projek om te verseker...

Willem Botha, hoofredakteur van die WAT, gesels met Naomi Meyer oor Borg ’n Woord
Willem Botha - 2011-10-27
Untitled Document Wat is Borg ’n Woord? Borg ’n Woord is die WAT se jaarlikse projek om fondse te in sodat die Afrikaanse taal in sy wydste omvang opgeteken kan word. Nie net Standaardafrikaans nie, maar ook streektaal, geselstaal, uitdrukkings en die verskillende variëteite van Afrikaans soos Kaaps en Namakwalands is belangrik vir die WAT. Indien die WAT nie voltooi word nie, sal Afrikaans nooit volledig gedokumenteer word nie. Hoe borg ek ’n woord? Gaan na www.wat.co.za...

Afrikaans met moedersmelk ingekry: Christo van der Rheede gesels oor sy nuwe aanstelling en visie
Christo van der Rheede - 2011-10-18
Baie geluk met die aanstelling as uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut vanaf 1 Januarie 2012. Die meeste van ons lesers is Afrikaanssprekend en wil graag meer van die mens weet wat hierdie belangrike posisie gaan beklee. Vertel asseblief vir ons van jou onderwysagtergrond. Ek was vir 20 jaar in die onderwys en het in 1986 as musiekonderwyser te Elsiesrivier tot die onderwys toegetree. Musiekblyspele, kore en konserte was my forté. Na nege jaar het ek bevordering gekry tot...

Abraham de Vries in gesprek met Nina Botes en Neil Cochrane oor generiese merkers in die kortverhaalsiklus
Nina Botes - 2011-10-18
Abraham de Vries gesels met Nina Botes en Neil Cochrane oor hulle artikels “Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte” en “Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: ’n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van Willemien Brümmer” in LitNet Akademies. In die voorgeskiedenis tot u studie is daar ’n paar belangrike gegewens. Maar eers die eerste vraag: Hoe, waaruit het hierdie studie ontstaan, en die...

Nie sirkus of sielkundige nie, maar skrywer: Jaco Jacobs gesels met Naomi Meyer oor die monsters in sy kas
Jaco Jacobs - 2011-10-17
Untitled Document Weerwolfprobleme Jaco Jacobs Uitgewer: LAPA Uitgewers ISBN: 9780799349603 Prys: R63.95 Klik hier en koop Weerwolfprobleme nou van Kalahari.net! ’n Kas vol monsters. Het die boeke een vir een na jou gekom, of het jy die geheel reeds voor jou gesien toe jy dit begin skryf het? Ek het die boeke een-een aangepak. Omdat elke storie op sy eie bene staan en dit nie as ’n reeks gelees hoef te word nie, was dit nie nodig om (soos Rowling glo met die...

Francois Cleophas gesels met Naomi Meyer oor Adam Small
Naomi Meyer - 2011-10-12
Untitled Document Wat is die vraag oor Adam Small wat niemand ooit vra nie? Watter familievormingsfaktore maak Adam Small ’n enkeling-figuur? Is die profeet in sy eie land geëer? Het mense na Small geluister voordat hy gekies het om te swyg? Het Adam Small gekies om te swyg? Ek dink hy was geforseer ... Luister mense nou na Small se swye? Dit kan ek nie beantwoord nie. Waarom verpak mense Small so dikwels in ’n enkele “Kô lat ons sing”? Adam Small is te...

''Ek wou eerder stilbly as om een of ander twakkerige gedoentetjie op te klits.'' Sonja Loots gesels met Bibi Slippers oor Sirkusboere
Bibi Slippers - 2011-10-06
Sonja, baie geluk met die verskyning van Sirkusboere. Jy was vir 16 jaar stil ná die publikasie van Spoor. Het jy net, soos ’n wafferse Suid-Afrikaanse Donna Tartt, lank aan Sirkusboere geskaaf, of was daar ander oorwegings wat jou vir so lank uit die literêre loop gehou het? Baie dankie: vir die gelukwensing en vir die goeie geselskap waarin jy my plaas. Donna Tartt speel in ’n veel beter liga as ek, maar ek identifiseer tog met die redes wat sy aangevoer het vir haar lang...

LitNet Akademies: Braam Roux in gesprek met Renette Blignaut en Isabella Venter oor toelatingskriteria van Suid-Afrikaanse universiteite
Renette Blignaut - 2011-09-26
Braam Roux gesels met Renette Blignaut en Isabella Venter oor hulle artikel “’n Vergelykende studie van toelatingskriteria van ’n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite” in LitNet Akademies. Enige ondersoek moet sekere parameters aanvaar. Die aanvegbaarheid van veronderstellings maak die ondersoek ook kwesbaar. Vir ’n beoordeling van die waarde van die ondersoek, moet, benewens aansprake en afleidings, enkele aannames dus ook by die debat betrek...

Chris Karsten gesels met Bibi Slippers oor sy ATKV-Woordveertjies, Abel-trilogie en obsessies
Bibi Slippers - 2011-09-21
Untitled Document Hallo Chris, en baie geluk met jou twee ATKV-Woordveertjies vir Abel se ontwaking. Jy het in jou bedankingstoespraak by die Veertjie-toekenningsaand die beoordelaars bedank vir die feit dat hulle erkenning gee aan genreskrywers wat “te dikwels nog tot agterkamers verban is”. Dink jy die gety is besig om te draai in terme van die vooropgestelde idees oor die onderskeid tussen Grootse Letterkunde en genrefiksie? Raymond Chandler (skepper van die onvergeetlike Philip...

Cancer.vive: Onderhoud met Pieter du Bruyn
Nadine Petrick - 2011-09-16
Jy is ’n man wat borskanker oorleef het. Was dit aanvanklik moeilik om daaroor te praat? Toe ek hoor dat ek borskanker het, was dit vir my skokkende nuus. Op daardie stadium het ek nie omgegee wáár die kanker was nie. Die feit dat ek kanker gehad het, het alle ander gevoelens en emosies oorskadu. Ek was ook nie bewus daarvan dat dit ’n baie seldsame kanker by mans is nie. Dit was nie vir my moeilik om daaroor te praat nie. Soos ander kankerpasiënte wou ek net met iemand...

Cancer.vive: Onderhoud met Janie du Plessis
Nadine Petrick - 2011-09-16
Hoe het jy by Cancer.vive betrokke geraak? Ek is nou al jare lank betrokke met borskankerprojekte en het toe gesien hoe groot die probleem van kanker eintlik is en watse reuse-verskil bewusmaking in gemeenskappe kan maak. ’n Hele klomp van die dames wat in die vorige projekte saam met my betrokke was se mans het ook kanker gekry en ons het toe besluit om ons projek uit te brei en nie eksklusief te wees nie, en so het ons toe besluit om Cancer.vive te begin. Ons tema is die “skaam kankers”...

Cancer.vive: Onderhoud met Elise Fernandez
Nadine Petrick - 2011-09-13
Hoe het jy by Cancer.vive betrokke geraak? Ek het betrokke geraak want toe ek self met borskanker gediagnoseer is, het ek nie geweet wat om te verwag of hoe om dit te hanteer nie! My lewe was op sy kop gekeer en ek is steeds besig om dinge weer op die regte pad te kry. Ek wil graag ander mense met kanker, of wat dit oorleef het, opvoed en “empower”; en hulp verleen aan mense wat sukkel om te cope. Jy is nie net ’n borskanker-“survivor” nie, maar jy is nogal bekend...

Cancer.vive: Onderhoud met Frieda Henning
Nadine Petrick - 2011-09-08
Wat is jou betrokkenheid by Cancer.vive? Ek is ook in diens van People Living with Cancer (PLWC) en Cancer.vive is ’n nuwe projek van PLWC. Ek is die projekbestuurder. Maar wanneer ons op ons fietse klim in Johannesburg, is ek deel van die span van 25 mense wat kanker oorleef het. Ek is ses jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Hoekom is kankerbewusmaking so belangrik? Is mense regtig so oningelig? Dit is eintlik skokkend hoe oningelig mense is, op alle vlakke van die samelewing –...

Cancer.vive: Onderhoud met Yolande Lubbe
Nadine Petrick - 2011-09-08
Een van die groot projekte van Cancer.vive is ’n motorfietstoer deur die land vanaf 16 to 24 September. Hoekom motorfietse? Girls op motorfietse maak definitief ’n statement. Net soos kanker, benodig motorfietsry baie dissipline, krag en konsentrasie om veilig op die pad te bly en sodoende veilig by jou bestemming uit te kom. Motorfietsry maak jou bewus van al die gevare rondom jou – net soos met kanker moet jy heeltyd op die uitkyk wees vir enige gevaartekens. Waar gaan julle...

''Die tyd het vanself ryp geword.'' Alexander Strachan gesels oor Grenslit
JB Roux - 2011-09-06
Tydens die Grensoorlog is boeke oor dié oorlog gereeld uitgegee; dit was meestal fiksie en dikwels bedoel as protes teen die oorlog self. Hoekom het daar soveel jare verloop voor daar weer op ’n groot skaal en so intensief oor die Grensoorlog geskryf sou word? Na die Grensoorlog het die mense se aandag na ander dinge verskuif, soos die verkiesing in 1994, ’n nuwe regering, oorgang en ’n tydelike euforie aangehelp deur die wêreldrugbybekeroorwinning in 1995. Gedurende...

Maggie Marx gesels met Gerrit Rautenbach oor Kopreis
Gerrit Rautenbach - 2011-08-03
Skrywer: Gerrit Rautenbach Kategorie: Kortverhale ISBN: 9780795800245 Uitgewer: Quellerie Kopreis is jou eerste kortverhaalbundel en het pas op die rakke verskyn. Die titel dui reeds daarop dat jy reis ook as ’n metafoor in die teks aanpak. Vertel ons meer oor hoe jy onderskeid tref tussen lyfreis en kopreis en hoe jy die reise in jou bundel vir jou “rusbankreisiger”-lesers uitgekies het. ’n Mens kan nie regtig óór ’n “lyfreis”, of dan...

Binne die donkerkamer: Fourie Botha in gesprek met Bibi Slippers
Fourie Botha - 2011-07-29
Skrywer:Fourie Botha Kategorie: Poësie ISBN: 9780795800221 Uitgewer: Quellerie Koop Donkerkamer by Kalahari.net! Fourie, die titel van jou debuutbundel Donkerkamer is seker opsetlik dubbelsinnig en meerduidig – dit roep in een woord ’n hele klomp potensiële betekenisse op (wat almal baie deeglik in die bundel ontgin word). Het jy vooraf op die titel besluit en jou gedigte daarrondom geskryf, of was dit ’n gelukkige vonds wat die gedigte later net netjies bymekaargetrek...

Die lekkerste prentjie is 'n woord – Bibi Slippers in ''gesprek'' met Anne-Ghrett Erasmus
Bibi Slippers - 2011-07-19
Die lekkerste perske is 'n vy Anne-Ghrett Erasmus Uitgewer: Benedic Boeke ISBN: 9780981440859 Prys: R115.00 Klik hier en koop Die lekkerste perkse is 'n vy nou van Benedic Boeke. In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns: “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.”...

Jani Swart is "By" met geskiedenis
Maggie van Eeden - 2011-07-07
Jani Swart is laasweek aangekondig as die wenner van By en Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika se gesamentlike Facebook-kompetisie. Laer- en hoërskoolleerders kon deelneem deur ’n Facebook-profiel van hul gunstelingkarakter uit die geskiedenis te skep en letterlik woorde in sy/haar mond te lê. Yvonne Beyers (redakteur van By) en Jani het ’n paar vrae beantwoord. Yvonne Beyers van By: Wat was die idee agter die kompetisie en watter rolle het By en Nuwe Geskiedenis onderskeidelik...

LitNet Akademies-onderhoud: Braam Roux in gesprek met Machteld Strydom oor die rangordebepaling van akademiese tydskrifte
Machteld Strydom - 2011-06-29
Braam Roux gesels met Machteld Strydom oor haar artikel “’n Bydrae tot die rangordebepaling van akademiese tydskrifte”, wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het. Hoe hou die rangordening van tydskrifte met die beoefening van goeie wetenskap verband? Met ander woorde, in watter mate strook die doelstellings van wetenskaplikes en navorsers in die veld met dit waaroor dit in u artikel gaan? Die praktiese waarde en wenslikheid van die rangordening van tydskrifte kan en behoort...

Die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd: ''Ons wil jongmense aanmoedig om in Afrikaans te skryf...''
2011-06-23
Human & Rousseau nooi Afrikaanse debuut- of vroeë kortverhaalskrywers uit om hul ongepubliseerde verhale in te skryf vir die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd. Bibi Slippers het met uitgewer Janita Holtzhausen gesels oor die kompetisie, en die oplewing in die kortverhaal-genre. Wat was die impetus agter die besluit om die Nuwe Stories-kompetisie van stapel te stuur, en voorsien julle dat dit ‘n instelling sal word, soos die Nuwe Stemme-reeks vir die digkuns? Ons...

Kyk, luister en proe: Eerste Festival voor het Afrikaans in Amsterdam
Carina van der Walt - 2011-06-17
Die allereerste fees vir Afrikaans in Nederland skop Vrydagaand 17 Junie af in Amsterdam. Dit duur die hele naweek. Tot Sondagaand 19 Junie kan almal wat geïnteresseerd is in Afrikaans, kom feesvier in die Koninklike Instituut vir die Trope (KIT). Afrikaanse poësie en letterkunde, ligte musiek, toneel en uitstallings staan op die program. Die unieke historiese band van Nederland met Suid-Afrika en van Nederlands met Afrikaans was van die impulse wat verantwoordelik was vir hierdie feestelike...

Elma Smit – die wenner van Lady Rugga – oor rugby, haar prys, en vrouens in hierdie bedryf
Steyn du Toit - 2011-06-15
Untitled Document SuperSport het onlangs hul eerste vroulike rugby aanbieder aangestel. Elma Smit van Linden is uit 15 finaliste gekies om saam met die Springbokke Nieu-Seeland toe te gaan later vanjaar vir die Wêreldrugbybeker-toernooi. Steyn du Toit het met haar gesels oor rugby, haar prys, en vrouens in hierdie bedryf. Wat presies is Lady Rugga? ’n Kompetisie geloods deur SuperSport in die soeke na ’n vroulike rugbyliefhebber om veldaanbiederswerk by rugbywedstryde te doen....

Nataniël oor sy eerste DVD, Lady Gaga, en boerewors
Nataniël, Steyn du Toit - 2011-06-03
Sedert sy solo-debuut in die laat tagtigs het Nataniël al 14 CD’s, 11 boeke en meer as 55 verhoogproduksies agter die rug. Tussendeur is daar ook kostuums, tydskrifrubrieke, kombuisware, boerewors, en vele meer! Steyn du Toit het bietjie met hom gesels oor al sy ysters in die vuur, asook sy nuwe show saam met Charl du Plessis eersdaags by Joburg Promusica. Jy het so pas jou eerste live DVD uitgereik. Hoekom het dit so lank gevat en hoe sou jy Cathedral in een sin beskryf? Ek wou nooit...

Louis Krger gesels met Chris van der Merwe uit Rotterdam
Chris van der Merwe - 2011-05-24
Untitled Document Louis, ek wil begin met ’n vraag wat baie mense seker al vir jou gevra het: Hoe het dit gebeur dat jy in Nederland gekom het? Ja Chris, baie mense het al dié vraag gestel. Ek was klaar met my studies in Stellenbosch, maar ek en my vrou Quelene het nooit daaraan gedink om na Europa, of na Nederland spesifiek, te gaan nie. Ek het prof Nico Smith destyds baie goed geken, en hy het ’n vriend in Nederland gehad – Joop Lensink – wat hom gevra het of een...

Maggie Marx gesels met Paul Loots oor sy hoofrol in Roepman
Maggie van Eeden - 2011-05-23
Is Roepman die eerste film waarin jy speel? Ja. Hoe het die rol van Timus oor jou pad gekom? Esther Bredenkamp ('n drama-onderwyseres van Pretoria) het my tydens 'n kunstefees beoordeel. Sy het van die oudisie vir Timus gehoor en my ma gevra of ek sou belangstel. Toe ons die teks lees, het dit ons aangegryp en na 'n lekker uitdaging gelyk. Ek het toe vir die oudisie gegaan. Skool of toneelspel? Hoe balanseer jy die twee? Ek kies toneelspel. Op hierdie stadium is dit nog maklik om die twee...

Die digkuns van stemdikmaak – Bibi Slippers gesels met Carla Potgieter oor Letter to South Africa
Bibi Slippers - 2011-05-20
Carla, baie dankie dat jy ingestem het tot ’n onderhoud. Sal jy asseblief, net ter agtergrond, vertel wat die aanloop tot die uitgee van die boek was, en julle hoof-oorweging by die seleksie van die gedigte wat in die boek opgeneem is? Tydens die 2010-Versindaba in Stellenbosch het Marlene van Niekerk ’n kollokwium, “Brief aan Suid-Afrika”, namens die Departement Afrikaans en Nederlands aangebied. Verskeie Afrikaanse digters is gevra om ’n antwoord, variasie of herdigting...

LitNet Akademies-onderhoud: Hennie van Coller in gesprek met Carla-Marié Spies oor vertaalteorie en die vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis
Hennie van Coller - 2011-05-17
Hennie van Coller gesels met Carla-Marié Spies oor haar artikel “Funksionaliteit van die parateks in Lina Spies se vertaling van Anne Frank se dagboek, Het Achterhuis, in Afrikaans” in LitNet Akademies. Dink jy dat daar iets soos ’n “ideale” vertaalteorie bestaan? Dit is eintlik onmoontlik om ’n ideale vertaalteorie te bepaal, aangesien verskillende vertaalteorieë verskillende aspekte van vertaling uitlig. Van hulle postuleer...

Roepman: Maggie Marx gesels met John-Henry Opperman
Maggie van Eeden - 2011-05-13
Beskryf die Roepman-ervaring. Hoe het alles begin? Ek het Roepman jare terug op toer gelees. Ek het agter op ’n bakkie gelê ná optredes in die Oos-Kaap. Dit het vreeslik gereën en ek het ’n gaar matras met ons drummer gedeel. Dit was ’n aaklige trip, maar ek was in die hemel weens die magiese boek. Ek het die hele boek gelees agter op die bakkie en toe ons by Grasmere rond aankom, was ek klaar daarmee. Ek was só meegevoer dat ek daar en dan my notaboek...

Jasper van Zyl gesels met Bibi Slippers oor die voordele en ‘pitfalls’ van ’ ''jong'' debuut
Bibi Slippers - 2011-05-05
Untitled Document Haai Jasper. Ek het op my vingers getel en reken jy is nou so 24 of so. Is dit reg? Dit maak sekerlik van jou een van die jongste debutante in onlangse dae. Jy sê in ’n ou artikel op LitNet: “Poësie, my enigste ware vriendin, kan nie meer in die hande van die oues gelaat word nie. Dit is moord.” Wie sou jy sê is die jong geslag digters wat die fakkel by die oueres moet oorneem? Kan jy enige jong digters uitsonder? Wat is dit in hulle werk wat...

Piet de Jager gesels met Maggie Marx oor die vervaardiging van Roepman
Maggie van Eeden - 2011-05-05
Untitled Document Piet de Jager op die stel van Roepman Jy is ’n praktiserende senior advokaat. Hoe het jy betrokke geraak by filmvervaardiging, en hoe kombineer jy dié twee passies van jou? As laerskoolkind het ek en die Cronjé-seuns van Kimberley hulle pa, oom Jan, die projektor-operateur van die Kimberley-inry, oor naweke geassisteer. My droom om films te maak het daar posgevat en net nooit verdwyn nie. Ongelukkig het dit my 50 jaar geneem om dit te...

Paul Eilers gesels met Maggie Marx oor die Roepman-ervaring
Maggie van Eeden - 2011-05-05
Untitled Document Paul Eilers op die stel van Roepman As my navorsing korrek is, is Roepman die eerste film in ’n hele klompie jare waarby jy betrokke is en die eerste een in die swart regie-stoel. Vertel ons van die belewenis. Die maak van Roepman was ’n onvergeetlike ervaring. Die jong span wat bymekaargekom het, was net eenvoudig die beste tegnici met wie ek deur meer as 40 jaar gewerk het. Dit was vir my ’n droom wat waar geword het. Wat het jou laat...

Reney Warrington gesels met span van Bloedsuiers – ’n g’n blink-in-die-son, spalk-skiet-en-donner vampier fliek!
Reney Warrington - 2011-04-13
Untitled Document Francois van Coke as die vampier. Kom nou, ’n Afrikaanse vampierfliek wat gedeeltelik in die Klein-Karoo afspeel, met onder andere Inge Beckman as die tawwe vampierjagter Lizelle (nogal), en Francois van Coke as Ettiene – ja, wag daarvoor, ’n vampier – kan verseker net gatskop. As julle ook so dink, haas julle na www.bloedsuiersmovie.com en help met die maak van die fliek. Ja, vir so min as R30,00 kan ons besluit watse films ons wil sien....


<< 1 2 3 4 8 >>