Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Artikels | Features

Artikels | Features


<< 1 >>

''Met elke gedig was die gehoor stil na die laaste woord''
Maryke Steenkamp oor Danie Marais by die Poetry International Festival in Rotterdam

Maryke Steenkamp - 2007-07-03
Die Suid-Afrikaanse digter Danie Marais het opgetree by die Poetry International Festival in Rotterdam, Nederland. Maryke Steenkamp was meegevoer. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Moet bieg dat ek eers bietjie moes Google om te sien presies wat Danie al gepubliseer het. Ek kon onthou dat ek al hier en daar van sy gedigte raakgelees het, maar was nog nooit ‘n ywerige bewonderaar nie. Nietemin het ek besluit die geleentheid om my moedertaal op volksvreemde grond te hoor, is nie te versmaai...

Spook van die gedierte
Liezel van Beek - 2007-05-15
Desmond Tutu was verlede week in Taiwan. Dit was ‘n welkome verrassing om ‘n stukkie Suid-Afrika hier te ontvang, want ek verlang juis deesdae so baie huis toe. Sy besoek het ʼn idee in my binneste laat borrel wat gesmeek het vir genoeg groente om ʼn lekker dik en geurige sop te maak. Maar ek kon eenvoudig nie daarvoor tyd maak nie. En, soos met die meeste dinge wat jy te lank onbewaak verhit, kook dit spoedig droog. Uit die droë bodem van my gedagtepot skraap ek nou...

Expat Netwerk
André Ferero - 2007-03-21
Dit was vroeg Januarie 2006 – daardie tyd van die jaar wanneer mens soms groot besluite neem. Ons het pas teruggekeer van 'n rustige vakansie in die berge van Lesotho. Soos dié van julle wat reeds daar gaan reis het, sal weet, is Lesotho 'n plek waar mens baie tyd kry vir dink. En vir planne maak. Vandat ek kan onthou, maak ek nooit Nuwejaarsvoornemens nie - mens vergeet of ignoreer dit mos in elk geval 'n week of twee later. Ons belangrike besluit het dus niks met welbedoelde voornemens...

My hart in Suid-Afrika
Margaritha Nel - 2007-03-20
Vanuit Ad Dammam, waar ek reeds twee jaar woon en werk, is ek nou wel aangepas? Ek lees weekliks my LitNet-nuusbrief, ek luister na RSG oor die internet, ek lees reaksies en ervaringe op webblaaie van expats. Ek kou daaraan; ek loop soms dae en herkou aan verskeie opinies en ervaringe, weeg myne deeglik op. Ek het twee weke gelede my kontrak verleng na Augustus, en nou lees ek steeds, dalk meer. Herkou ook meer. Vanoggend van 'n vriend wat ook in Suid-Afrika is met verlof, gehoor dat die petrol nou...

Mind the gap: eerste ervarings in die Wildernis van Onderwys in Engeland
Maretha Davel Joubert - 2007-02-20
Wil jy graag in Engeland kom skool hou? Jy het reeds al die nare stories gehoor, die koerant- en tydskrifartikels gelees, en bietjie webnavorsing gedoen. Jy kan nie glo dat studente só ongeskik kan wees nie, jy het vertroue in jou vermoëns as onderwyser en jy glo jy sal dit maak … Dit was my houding voor ek die onbekende Engelse skoolstelsel betree het. My arrogansie en spontane idealistiese ingesteldheid - kenmerkend van onderwysers die wêreld vol - was egter al wat my laat...

Tsotsi spyt
Karina Karoolsie - 2006-10-24
As 'n patriotiese expat bevind ek my dikwels in situasies waar ek Suid-Afrika skaamteloos bemark as 'n droomlandskap, en Saterdagaand was geen uitsondering nie. Ek was die enigste Afrikaner in 'n groep Engelse in 'n cool bar in Londen. Ons gesels oor werk, kuier en travel en een van hulle vra my hoe lank mens sal nodig hê om Suid-Afrika deeglik te bewonder. "'n Leeftyd," sê ek, en begin te verduidelik oor die wonderlike weer, die fusion van kosmopolitaanse Kaapstad met ru-mooi...

Expatuithangplekke - update vir België
Lizelle Botes - 2006-09-28
Die persepsie wat meeste mense van België het, is dat dit 'n klein landjie is wat net bier en sjokolade het om te bied - nie verkeerd nie, maar nog soveel meer as jy bietjie dieper gaan kyk. Die Suid-Afrikaners wat hulself hier gevestig het oor die jare, hetsy tydelik of permanent, of toevallig hier beland het en nog steeds hier is, sal jou verseker kan vertel van al die ander minder gekende skatte ... Maar 'n paar waarvoor SA'ners hier 'n spesiale plekkie het: Suid-Afrikaanse club in België...


<< 1 >>