Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Rubrieke

Rubrieke


<< 1 >>

Om eerlik te wees ... Om net aan die gang te kom
Jasper van Zyl - 2007-07-18
Dis altyd moeilik om te begin. Enige skrywer sal jou vertel (en jy sal weet as jy self skryf) dat dit moordend is om te begin met 'n skryfstuk. Dis altyd moeilik om te begin draf. Dis moeilik om te begin werk, veral as jy die oggend by die Wimpy op Gansbaai (ja, Gansbaai het 'n Wimpy!) moet begin kelner speel.Maar die heel, heel moeilikste, is om te begin swot.Ek weet van geen mens op die ganse aardbol wat daarvan hou om te begin swot, om sy/haar kop te vul met die "wonderlike kennis",...

Van Matieland tot Engeland
Judith de Villiers - 2007-03-28
Vandag is dit presies twee jaar, twee maande en twee dae sedert ek Suid-Afrika verlaat het. Om die waarheid te sê, slegs tien dae nadat ek my finale NOS-eksamen (vir die ouer garde: moenie vandag die fout maak om van 'n HOD te praat voor 'n NOS-dosent nie; dis 'n vreeslike sensitiewe storie) op Stellenbosch geskryf het, het ek uit dié studentedorp gevlug. Ek het my ontvlugting geneem uit 'n omgewing waarin ek my vir vyf jaar lank verloor het. Vir vyf beautiful jare het die studentelewe...

Lonkie onbeperk: Taalversorging is sexy
Lonkie Mackenzie - 2007-03-20
Volgens die Britse skrywer en opvoedkundige Philip Pullman is taalversorging ’n manifestasie van die liefde. If you love something, sê hy, you want to look after it. Dalk is dít waarom ek so afgeskeep voel by die lees van Afrikaanse koerantberigte vol foutiewe of afwesige lees- en skryftekens, bengelende en ontbrekende verbindings-s’e, bisarre woordafkappings en brabbelsinne vol ongeskrapte woordrommel. Ook advertensies loop kwaai deur. Kort...

Oor rook, stook ... en drake
Elsa Herbst - 2007-02-20
My vorige rubrieke het ek al rokend, of liewer, stokend, geskryf. Hierdie rubriek skryf ek sonder om dit eens te oorweeg om 'n sigaret op te steek. En wel om hierdie rede, vriende: ek het ophou rook! Ek is nikotienvry en skoon van dié vreeslike euwel. Soms word ek wel oorval deur 'n skielike lus, maar dit verdwyn gou en dan voel ek weer vry en bly dat ek die nikotien-draak ore aangesit het. En dis nou waaroor hierdie geselsie gaan: Of jy nou 'n ligte roker of 'n kettingroker is –...

Om eerlik te wees ... Genade, Antjie!
Jasper van Zyl - 2007-02-20
Toe ek begin skryf het, het ek begin lees. Ek het enigiets gelees: tydskrifte, rubrieke, internetbladsye, gedigte, koerante, die agterkante van sjampoebottels, lirieke, boeke, inligtingsbrosjures. Noem dit, ek het dit gelees. Antjie Krog het gesê as jy lees, leef jy met 'n groter bewussyn. Die meeste tieners van vandag sien op teen enige Afrikaans-les waarin poësie bespreek word. Ek moet erken: ek ook. En dit gaan nie oor "die manier waarop poësie behandel word op skolevlak”,...

Om eerlik te wees ... Hoe om rassisme aan te blerk ...
Jasper van Zyl - 2006-12-12
"Jy kla oor die toestand van ons landwel, fokken doen iets daaromtrent!" - Fokofpolisiekar - "Brand Suid-Afrika" Alles het oorsake. Hierdie lewe van ons is 'n kettingreaksie. Ons loop. Ons trek skoene aan want ons wil winkel toe gaan want ons wil sigarette gaan koop want ons wil rook want dis lekker want ... So kan mens aangaan, waarskynlik tot in ewigheid. Hoewel ons iewers nie meer die woorde sal hê om die redes te verwoord nie, sal hulle altyd daar wees. Sonder redes...

Lonkie onbeperk: Faecolalia Maggsii
Lonkie Mackenzie - 2006-11-07
Ek wag nou al byna vyf maande lank vir 'n “gut”-reaksie op Jeremy Maggs se strontstorting oor onderwysers wat vroeër vanjaar in The Herald verskyn het. Beteken hierdie lang stilswye dat ons onderwysers nou maar net vuisvoos op 'n hoop bly lê terwyl elke infantiele bullebak en sy maat van ons 'n slaansak maak? Terug by Maggs se dermlediging, veral die slotkutteltjie: It’s my belief that most (teachers) fail miserably. Until I see some change on this front,...

Oor pornografie in die Land van Toe Gordyne en Geslote Deure
Elsa Herbst - 2006-11-06
Toe ek 'n vriendin van my vra wat sy dink die verskil tussen pornografie en erotika is, was haar antwoord: “Nie veel nie; die een het 'n kunstige geurtjie terwyl die ander walglik en skokkend is. Al twee maak maar jags. Oor erotika voel die voyeur minder vuil of skuldig.” 'n Ander vriendin voel daar is 'n groot verskil: “Erotika kielie met 'n grashalm en pornografie bliksem met 'n lat ... dit maak jou siel dood.” My liewe gay vriend sê weer: “Erotika is boring...

Lonkie onbeperk: Huistaal, sjmuisjtaal
Lonkie Mackenzie - 2006-10-16
Ek huppel blinkoog huis toe met die nuus: my geliefde kom ouers vra. Pa word bleek. Helder oordag skink hy vir hom en my NCVV-ma elk 'n dubbel Oude Meester. Snags syfer hulle angstige gesprekke deur deure en krake; bedags word min gepraat. Later word Dominee ingeroep – hy stem: huwelike oor kultuurgrense werk nie. My hart wil breek, want dis die eerste keer dat ek Pa sien huil. Nietemin dok my sagmoedige Engelse reus enkele dae later sy metaalgroen Manta in ons oprit. Gou word hy liefgekry,...

Om eerlik te wees ... Klein dogtertjies moet liewer klein bly
Jasper van Zyl - 2006-09-12
If you tolerate this, your children will be next. - Manic Street Preachers Die wonderlike ding van evolusie (nie Darwin se kontroversiële makro-evolusieteorie nie, maar mikro-evolusie) is dat organismes oor tyd sekere aanpassings aan die struktuur van hul eie selle en weefsel maak wat daardie spesifieke organismes in staat stel om te kan oorleef in die tyd en plek waar dit moet voortbestaan en voortplant. Dat hierdie soort evolusie bestaan, word selfs deur kerkleiers en konserwatiste wat Darwin...

Oor piesangs en kondome
Elsa Herbst - 2006-08-30
Die Amerikaners noem dit 'n lovercover, die Chinese 'n fuckiesakkie, die Nederlanders 'n spermskerm, en die Namakwalanders 'n trilskil … Só lui 'n flou grappie wat ek nou die dag per sms van 'n ou vriendin uit my laerskooldae ontvang het. “Gebruik 'n kondoom of jy sien jou gat!” propageer ons Departement van Gezundheid luidkeels. Nou wonder ek hoekom so baie mense (tieners ingesluit!) nié aan hierdie versoek gehoor wil gee nie? Hulle kan tog nie só onkundig...


<< 1 >>