Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Gepubliseerde skrywers

Gepubliseerde skrywers


<< 1 2 >>

’n Gevoel vir ’n man
Jaco Fouché - 2011-12-13
Die werk is by die kerk. Sy is vier-en-vyftig. “Geen afhanklikes nie?” vra die pastoor. “Nee.” Sy sê nie sy het twee verhoudings beleef waarvan een byna tot ’n huwelik gelei het nie. Dis lank terug. “As jy die ergste las van my kan afhaal tot dit somer is, help dit. Meestal hoef jy net te luister en dan bid jy. Af en toe is iets meer dalk nodig.” Barbara knik. Sy gaan die werk goed doen. “Ek kyk hoe vaar jy. Dit kan permanent wees.” Die...

Deine sch÷ne Gestalt
Marlise Joubert - 2011-12-07
Hy was nooit van hierdie wêreld nie. Veral nie van hierdie stomende stofstrate en verslonste bougainvilleas wat oor onwit gebreekte muurtjies hang nie. Nog minder van meer veraf dinge soos die staalbesems van die kerkklokke wat in die bodorp al om die ander uur hulle vee-ritmes laat klink. As hy was, sou ek seker nie vir jare daarna so dikwels snags van hom gedroom het nie. Soms het ek gedink hy was ’n ander weergawe van ’n Christusfiguur uitgestuur een oggend toe die wind sy...

Op die Waagplein
Marlise Joubert - 2011-12-01
Ek het lanklaas iets van jou gehoor. My man het melding gemaak, net terloops, van jou e-pos-brief – reeds maande terug – wat die troue van jou seun, Balt, in die klein stad Kampen langs die Ijselmeer, beskryf het. Hy sou die brief vir my wys, maar soos dikwels het hy tussen al die saketransaksies vergeet daarvan. Nie moedswillig nie. Net vergeet. Ek het nou daarvan onthou. Ek het ook onthou dat ek lanklaas enigiets van jou gehoor het. Ek was die hele dag ongelukkig hieroor,...

The Exploding Trousers Part 2
Richard Jurgens - 2011-11-16
Read Part 1 here ... II “Dude,” said a voice that seemed to be coming through a plastic megaphone, “dude, wake up!’ Hilton Ellis opened an eye, and was rewarded with a sideways-on view of the gopher, Rory, of course: standing over his bed. “Can’t,” he said, turning over. “Maybe tomorrow.” Rory had not got his job as the messenger on the shoot of King Solomon’s Mines for nothing. He’d grown up on a farm in the district and had...

The Exploding Trousers Part 3
Richard Jurgens - 2011-11-16
Untitled Document Read Part 1 here ... III The picture was blurred at first, but gained in clarity as his eyes gradually adjusted to the dim light. It was a black-and-white line drawing, or an etching perhaps, in the style of illustrations in Victorian adventure stories. A woman was standing with her arms raised as she pulled aside the heavy drapes that surrounded her inner chamber. Behind her, a few economically drawn lines suggested a bed. The woman wore a light chemise that hid rather than...

Die man wat so eerlik was
Pienkes du Plessis - 2011-10-25
Meneer Daniël Graabe se eerlikheid is onomstootlik te bewys uit die volgende feite: Dit was sewe minute voor twaalf die Saterdagoggend toe hy ontdek dat daar ’n duisend pond uit die brandkas gesteel is. “Dit was ’n fout om nie vanoggend die geld te gaan bank het nie,” sê hy vir sy seun Christo. “Ek sal Maandag ’n opdrag uitreik dat alle departemente voortaan op Saterdae ’n halfuur vroeër hulle inbetalings by jou maak.” Daarmee het...

Uit Blou Maandag: Ek en my hond op ’n Maandagoggend
Erns Grundling - 2011-10-18
Ek is ’n linkshandige Skerpioen, gebore op 12 November 1979. ’n Maandag. Dieselfde jaar was die Boomtown Rats se popliedjie “I Don’t Like Mondays” ’n treffer. Later jare sou ek die liedjie dikwels hoor op Radio Algoa, die radiostasie waarmee ek op Uitenhage in die Oos-Kaap grootgeword het. Maar eers onlangs het ek ontdek Bob Geldof se inspirasie vir die lirieke was ’n 16-jarige meisie, Brenda Ann Spencer, wat op 29 Januarie 1979 by die Cleveland Elementary...

Uit Blou Maandag: ’n Maniese Maandag
Deborah Steinmair - 2011-10-18
Untitled Document and the lesson today is how to die and then the bullhorn crackles and the captain tackles with the problems and the hows and whys and he can see no reasons ’cos there are no reasons what reason do you need to die? – “I don’t like Mondays”, The Boomtown Rats Die nag voor die moord het ek diep en behaaglik geslaap. Dit was die laaste goeie nagrus van my lewe. Die volgende dag, Maandag, sou ’n rustige dag wees. My voorbereiding vir Dinsdag...

Die vierde wedren
Marlise Joubert - 2011-09-20
Untitled Document Ek het die helmet vir Pa aangegee. Voordat hy dit sou opsit, het hy sy kop laat sak, gebid soos altyd: “Omgord my met u krag vir die stryd. Laat my teenstanders onder my buk. Amen.” Toe gee ek die handskoene ook vir hom. Dit was die gewone ritueel. Igor het langs my gestaan. Die res van die pit crew was nog besig met verstellings. “Moenie worrie nie, Dan,” sê Igor. “Ons het die tyres stywer gepomp soos jy gevra het. Vandag is jy weer die...

’n Bietjie meer regs, baas Jack
Marius Ackermann - 2011-09-16
Selfs die CIA se enigsins oningewyde snuffelaars kon onmiddellik agterkom waar Fanie Verspuy se hart sit. Stapels lêers en ’n verweerde mat kry jy in elke staatsdienskantoor, maar hier is dit die mure wat praat: ‘n jeugdige Naas Botha wat die leerbal sool, ‘n lugfoto van die Uniegebou en ‘n landsvlag wat in drie kleure waai, ’n bebloede Thys Lourens wat die Curriebeker omhoog hou en, in die ereplek, ’n ou foto wat bevestig dat wat verbrou is, is verbrou:...

Damwal
Willem de Vries - 2011-08-25
Untitled Document Dis seker moegheid wat my die aand van ’n plek ver van die stadsgeruis laat droom het. Ver van waar ek beroof is; waar die rooi liggie van ’n polisieskut op my gerus het toe dit ’n dief gevolg het; waar vier mans later sy mes by hom afgeneem het in die middestad oor etensuur. My kop moes net kussing gevat het, toe is ek in ’n voorkamer van ’n plaashuis. Dit ruik na die doringbome en die stof van die Klein Karoo, maar ek ken nie die huis nie. ’n...

Watteau
Hennie Aucamp - 2011-08-25
Untitled Document Die hele ding het in ’n droom tot my gekom en daarom sal dit wel waar wees. Ek droom ek reis deur die land met ’n slank, bleek man in my geselskap; ’n Europeër op besoek. In die motor speel hy met iets wat hy iewers opgetel het. ’n Veer, sê ek wysneusig. ’n Varing, sê die Europeër koppig. ’n Varing sou al lankal verwelk het, kap ek teë. ’n Veer is nie groen nie, sê die Europeër. Die ding wat ’n...

Eerste hoofstuk: Piekniek by Hangklip
Kerneels Breytenbach - 2011-08-24
Piekniek by Hangklip Kerneels Breytenbach Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798156035 Prys: R220.95Beskikbaar vanaf 12 September 2011 Oor Die Tragiese Gebeurde In Gauteng Wat Ons Verhaal Voorafgegaan Het Prent jou dit in: Joshua Gumbo voer vroeg in April ’n opdrag van die Lucky Thirteen-sindikaat uit om ’n luukse rooi 4x4 van Japanse fabrikaat af te neem by Sonja Griessel. Hy is senuagtig. Sy woon by haar ouers. En die plek is nie soos hy verwag het dit sou wees nie. Die...

Die slagding
Nini Bennett - 2011-08-16
“Hierdie slagdingetjie bêre ek vir Kersfees,” sê mevroudominee en lig die kisvrieskas se deksel. In die skemerlig van die garage kyk ek na die skapie, verwerk en verseël in groot snitte. Daar is ysdonsies op die plastiek. “Ek het hom gistermiddag ingesit,” en sy druk die deksel ingenome toe. “Een van my pasiënte – nou ’n goeie kennis van my – het dit gebring. Jy weet, toe my man nog in die bediening was, het die gemeente ons...

Die man en die wolf
Pienkes du Plessis - 2011-07-12
Untitled Document Dit het alles op ’n besonderse aand gebeur, dieselfde aand dat doktor Markus die erepenning kry. Die Staatspresident gee dit vir hom. Die man wie se naam Barend is en wat ’n beleefde bediende is en wat vir doktor Markus werk, wat, soos almal weet, ’n baie geleerde en vername man is, sê op die besonderse aand vir doktor Markus ’n wolf het uit die dieretuin weggeraak, en dat dit ’n wit wolf is en nie ’n gewone grys wolf nie. Dis maar dieselfde...

Voelers
Marius Ackermann - 2011-06-01
Untitled Document Die weersiens was onverwags. Skaars drie maande na sy dood, en veel gouer as wat Huberta gedink het dit sou wees. Daar was ook ’n element van skok. Nadenke oor reïnkarnasie was nie juis deel van haar pligstaat as sekretaresse in die Departement Dierkunde en Entomologie nie. Toe sy een oggend weer die Departement se stoorkamer binnegaan, sit die kakkerlak haar ewe hups op heuphoogte en betrag. Sy het hom aan die voelers herken, die skraal, sensitiewe vingers wat...

Trimalchio se fees – ’n Fragment uit Petronius se Satirikon
Johann de Lange - 2011-02-16
Die derde dag het uiteindelik aangebreek, en daarmee saam die vooruitsig van ’n vry ete. Maar ons was so verinneweerd dat ons eerder wou weghardloop as rus. Terwyl ons bedruk besig was om te beraadslaag oor hoe om die komende storm te vermy, het een van Agamemnon se slawe ons onderbreek. “Wat’s fout? Weet julle dan nie wie’s vandag julle gasheer nie? Dis Trimalchio – ’n uiters elegante man … Hy het ’n waterhorlosie in sy eetkamer en ’n trompetblaser...

Portretjie
Marius Ackermann - 2011-02-09
Hulle aankoms is vol klank en kleur, heeltemal uit pas met die vaal voorstedelikheid van ons buurt. Die woonplek staan al lank leeg, en ten einde raad het die eienaar besluit om maar te verhuur. Dis Saterdagoggend, en ek is in die tuin besig. ’n Rokerige lorrietjie het pas die buurhuis se oprit binnegevaar – ’n oorbelaaide slagskip met stoel- en tafelpote wat soos kanonlope alkante toe wys. Die res van die huisraad volg in ’n selfgemaakte treiler, en ’n brullende, pers...

Die woestyndorp – Deel II
Gerrit Olivier - 2010-11-16
Klik hier vir Deel I. Op die vyfde aand bly die mislaag weg om met die uitsondering van ’n paar verdwaalde wolkies nooit weer sy verskyning te maak nie. Dis asof tyd en ruimte opgehef word in die afwisseling van sterbestrooide nagte en fel sonnige dae. Dit begin vir my voel asof ons al ’n maand hier is, sê Wilhelm die volgende middag, waar hulle tussen die rommel van die vorige aand se partytjies draairoomys koop by ’n geel vragmotor waaruit Duitse schlagers oor ’n...

Die woestyndorp
Gerrit Olivier - 2010-11-09
Deel I Die ouers kom haal hulle op die lughawe. Drie uur later, na ’n middagete by ’n restaurant langs ‘n volgepakte strand waarop twee gespierde knulle toertjies met ’n leë bierbottel aan die oefen was, nader hulle die woestyndorp vanuit die suide, op ’n soutpad vol vierwiel-aangedrewe voertuie. Links lê die blou vlak van die see; regs ’n bleekvaal oneindigheid met ’n reeks berge in die verte. Hier het die gedagte dat sand- en duineveld lewe...

Spookstorie
Kerneels Breytenbach - 2010-11-02
I Daar was ’n tyd, kort voor PW Botha se Rubicon-toespraak, toe koffie nie deel van die problematiek van die Ewige Lewe was nie. ’n Eiendomsontwikkelaar van Lambton gaan egter toe heen en verander dinge. Met argelose daadkragtigheid en minagting vir alles wat metafisies is, sloop hy ’n sinkgebou naby Germiston se stasie. ’n Beneukse poltergeist kom in die proses ’n baie sleg ding oor. Sy het, teen die raad in van ’n hele kekkelende horde van haar susters, gehoop...

Die visserman
Francois Loots - 2010-05-18
“Kyk,” sê Sannie en trek haar rok op en haar broek af. Ek is uit die veld geslaan, maar buk, net soos sy ’n oomblik gelede voor my gebuk het. En ek voel opgewonde; ek kry dieselfde gevoel as wanneer ek ’n nuwe boek oopmaak. Sus en Daan. Die kinders van die wêreld. Of Arabiese nagte, waaruit Ma soms vir my voorlees. Ek lig my hand op, maar Sannie trek meteens haar broek op, laat haar rok val, draai om en hardloop by die boorde agter die kombuis in. “Vang...

Uittreksel uit Marike se laaste dans
Deborah Steinmair - 2010-04-22
Marike se laaste dans Deborah Steinmair Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798151467 Prys: R160 Die verteller, Maud, sien van kleins af dinge wat nie daar is nie. Op ’n dag verskyn Marike, ’n voormalige presidentsvrou, aan haar by ’n robot. Sewe jaar nadat sy vermoor is, wil Marike aanbeweeg ... Vervleg met die vertelling van Maud en Marike se sporadiese ontmoetings, ontvou die verhaal van Maud se “regte” lewe. Magies-realisties, humoristies, verbeeldingryk. Klik...

Raka mˇét sterf!!!
Jaco Botha - 2009-12-08
Deur Jan-Jan Janse van Rensburg, Superjoernalis “Ek het vir jou ’n storie om te doen,” sê my Redakteur en streel saggies oor my boud. “’n Onderhoud met Claudie Thompson,” murmel sy. Sy gaan sit op my lessenaar, trek haar bene op in ’n lotus-posisie en vertel my dat die strooisageskrywer, Claudie Thompson, dit weer eens reggekry het – nog ’n blitsverkoper met haar jongste roman, Witbroodjie. “Wow!” sê ek terwyl...

Riana Scheepers se eerste kortverhaalbundel in 10 jaar!
Riana Scheepers - 2009-08-12
Katvoet, Riana Scheepers se eerste kortverhaalbundel in 10 jaar, is ’n sjarmante, onthutsende kombinasie van die sensuele en die gevaarlike, ’n bundel waarin die skynbaar alledaagse dikwels aanleiding gee tot irrasionele en selfs wonderbaarlike lewenservarings. Lees hieronder een verhaal uit Katvoet. Die dag toe Katryntjie se hoenders weggewaai het ry ons van die Karoo terug huis toe. Ons kom terug oor Bainskloof en so ver soos ons ry, sien ons die verwoesting. Dit lyk verskriklik....

Sergei en Anya
Francois Loots - 2009-07-01
Ons het die Oeralgebergte gedurende die nag oorgesteek en die volgende oggend het 'n plat, uitgestrekte wêreld ons ingewag. Moeraslande, plek-plek herfswoude, klein gehuggies. By die wa se deur was 'n rooster met dié plekke waar die trein altyd stilhou. Maar die lug was oortrokke, die hemele het hulle sluise ook oopgetrek en by die daaropvolgende plekke het niemand sy bene gaan strek nie. Van die jong mans het in die eetwa se kroeg gaan sit, maar die res van ons het klein groepies...

Arme King Jors
Pienkes du Plessis - 2009-06-24
Hy moet baie swaar gehad het, hierdie King Jors, daar ver weg in Engeland. Arme man. Dis altyd as ons eet, maar rêrig lékker eet, en as pa Hans sy bord so hoog opskep met die skaap en die hoender en die braai-aartappels, dat hy diep sug en met groot jammerte dan sê: “Arme King Jors”, voor hy wegval. Ook agterna met ’n diep bord vol souskluitjies en soet kaneelsous voor hom dat ons weer hoor: “Arme King Jors.” En dan val hy weer weg. Ons sou mettertyd...

haikoe ix
Susan Grobler - 2009-05-12


haikoe vii
Susan Grobler - 2009-05-12


Marilyn Monroe: In Seisoen
Susan Grobler - 2009-05-12
(want ek kan, ek't in 'n bioskoop grootgeword) i Marilyn: In die Lente 1926-1941 Wat is dit in 'n naam, Norma Jeane Mortenson, dat jy in jou vroeë kinderlike onskuld jouself, inferieur, nie kon vind nie? Die vrae rondom jou biologiese pa, kon of wou die mentale "film cutter", of dalk die heer Goddard, dit nie beantwoord nie, vandaar jou doopnaam Baker? Al die vrae, al die vrae, "Jongejuffer, wanneer word jou skoolgeld betaal?"...

Tuisteater
Willem de Vries - 2009-04-23
Die dwerg is al moeg vlamme geblaas. Voor 'n stokstil olifant met 'n wydgesperde bek en lang slagtande van polistireen staan hy en wag vir die volgende sein van die fotograaf. Op die voorgrond in die bedompige tent daal 'n halfnaak sweefstokartieste na die grond. Twee modelle maak klaar met hul werk. Die een het 'n handdoek om haar skouers. Die ander is toegewen in 'n laken en het 'n bofbalkeps op. Sy staar na 'n monitor en haal deur haar mond asem. Opeenvolgende...

Die vyfde engel
Francois Loots - 2009-03-18
I Die maan was gisteraand weer vol en vir hom voel dit asof die maan se ronde buik maand ná maand opswel, oorspoel en sy nagte ruïneer. Siklus ná siklus stry hy teen die stemme wat daarmee gepaard gaan. Voertsek! snou hy hulle toe. Wie ook al julle is! Of: My God, gun my rus. Gaan beproef iemand anders. Hy’s vanoggend moeg. Hy hou op skuur en staan ’n oomblik lank na nêrens en staar.Volmaan; dán woed die stemme op hulle ergste. Diep, bas stemme...

Besoekster
Wium van Zyl - 2009-03-05
Hy huiwer 'n oomblik wanneer die chauffeur die deur vir hom oophou. Die koel skynatmosfeer in die ampsmotor is verreweg verkieslik bo die somergloed wat teen hom opslaan uit die teëls van die pleintjie voor die villa. Hy wil koes vir die venynige strale van 'n woedende son. Met 'n kop soos syne behoort hy eintlik altyd hoed te dra, maar dit lyk te veel na die ou bedeling. So 'n pak klere heeldag is ook 'n marteling. Op pad voordeur toe probeer hy die verblindende wit...

Gebou 2: Burgheer
Willem de Vries - 2009-02-25
Sondae ná kerk het ons gewoonlik vir Karel Egberts in die wolke gaan kuier. Ek het lank gedink dié ou heer wat in 'n woonstel 23 verdiepings bo die stad gebly het, is Douwe. Skaars het ons daar gesit of ek is na sy klein kombuisie van blou en silwer ontbied waar hy in 'n filterkan op 'n tweeplaatstofie sterk koffie aan die brou was. My taak was om net genoeg sout by te voeg sodat dit die geur uitbring. "Te veel dan is dit ondrinkbaar, te min dan is dit te flou. So ja,...

Die perderuiters
Francois Loots - 2009-02-17
My stem het daardie somer gebreek. Toe die swaeltjies vroeg in die lente hulle verskyning op die opstal se dak gemaak het, het ek nog die stem van ’n kind gehad, al was dit ’n kind wat reeds op die brug tussen kinder- en tienerjare gestaan het. Maar teen die tyd dat die duiwe vroegoggend broeis begin rondfladder het, het ek een oggend opgestaan met ’n stem wat erger as Grootoupa (my oupagrootjie) s’n geskuur en gerasper het. Wegsteek kon ek dit nie; buitendien het ek...

Kouekoors
Hennie Aucamp - 2009-02-12
Op ’n herfsmiddag in die jaar 1922 stap ’n jong Suid-Afrikaner teen ’n helling in Brussel uit, op pad na die Rue de la Régence. Fanie Kloppers, want dis sy naam, weet dat hy in die buurt van ’n museum met beroemde Vlaamse skilderye is, maar dis nie die doel van sy tog nie. Hy moet in ’n systraat kom, en daar by ’n bepaalde nommer aanbel, want hy het ’n afspraak met die heer Demedts, ’n hoogs gerespekteerde handelaar in antikwariese boeke....

Gebou
Willem de Vries - 2009-02-11
Ek het skaars die plek herken waar ek werk toe 'n ontploffing die gebou langsaan wegruk. 'n Digte wolk snuifgeskiete beton skiet kluite in alle rigtings. Die geweld van die slag laat die kameraman steier en die beeld raak uit fokus. Terreur. Moet wees. Die nuusleser kondig aan dit is beeldmateriaal van 'n ou gebou in die Kaapse middestad wat die afgelope Sondag gesloop is. Ek wil dadelik iemand van die kantoor bel om te hoor of iemand anders ook die nuus gekyk het. Ek het niemand...

Vakansiestemming
Willem de Vries - 2009-01-14
7 Januarie 2009 Amice As 'n mens lanklaas met die hand geskryf het, is dit soos om van meet af aan te probeer teken of te leer skilder. Ek kan maar net hoop my woorde volg die lyne van wat ek bedoel. Ek ontdek die eintlike prent terwyl ek dit teken. Te veel realisme kan dit laat platval. My ouers het my hul briewe aan jou gegee om te lees en dit het my laat besluit om iets op skrif te stel. Ook omdat jy so ver is en ek gevolglik meer moet sê as wat die koerante en radioprogramme...

Die seperyter*
Neels Els - 2008-12-09
Tieng … tieng … tieng … Met reëlmaat lui die seperyter se klokkie. Nie te vinnig nie. Nie te stadig nie. Dit moet net reg wees. Jy hoor hom as hy nie reg is nie. Hoe, kon ek nooit weet nie. Maar jy weet. As die straaltjie room te dik en vinnig is, draai jy te stadig. As dit te dun is, draai jy te vinnig. Dit moet net reg wees. O...m en o...m swaai die slinger. Om, om en om draai die drom. Die lang pyp vir die melk en die korte vir die room. Nie te vinnig nie, nie te...

Chippa se reënboog
Hannes Steyn - 2008-12-08
Josef de Beer het nie juis oor sy voete geval toe ek sy winkel inwals nie."Los nou daai ... shock-boks en kom vang 'n dop. Voor die rugga begin ..." probeer ek hom in die Saterdagmiddag-mood kry. Maar Beer is Beer."Kannie," mompel hy sonder om van sy skroewedraaier af op te kyk. "Malan wil krag vóór twee na sy skuur aangelê hê." Dan roep hy ongeduldig agtertoe: "Musi, lig jou pote en bring die meter! Die son trek water." "Daan...

Stompie
Henning Janse van Vuuren - 2008-10-30
Ek maak eers ‘n U-draai en parkeer dan aan die oorkant van die straat. Eerste Straat 57 lê byna teen die treinspoor. Die straat is stil, behalwe vir die bruin, brandmaer brakkie wat op ‘n jakkalsdraffie koers kry spoor se kant toe. Die mense hier praat van die "verkeerde kant". Ek klap die bakkie se deur toe en merk dan tog ‘n fladdering in die kantgordyn by 59.Vir ‘n oomblik staan ek stil, soos ek altyd maak, om ‘n gevoel vir die plek te kry. Die draad...

Oom Kosie huil op 'n Sondag
Danie Botha - 2008-10-29
Êrens ná 1956 in die Boland Dit was ’n gewoonte: elke tweede, derde Sondagoggend halfnege gaan ons kinders saam met Pa op Boplaas toe. So twee kilometer stap ons, met die stormwatersloot met al die braambosse regs.Kon dit wees dat ons so vroeg opgegaan het dat oom Kosie en tant Wiesie nog kon inry dorp toe met die grys Ford-bakkie vir kerk? Dat ons self later kom aantrek het en na die kerk met die Oog van God gegaan het? Ek twyfel. Want hoe rustig het Pa en oom Kosie teen die...

Tweespoor-kronkelpad
Hannes Steyn - 2008-09-22
Kurt is moeg. Sy lyf is seer. Sy gemoed veel erger. Veral vanmiddag. Vir 23 dae aaneenlopende dae ry hy nou al die eentonige 200 kilo's site toe en terug. Die werkgedeelte kan nog gaan. Dit is ’n selfoonperseel wat hy bo-op Galgeberg buite McGregor bou. Dis nie soseer die fisieke aanslag op sy 43-jarige lyf wat pla nie. Selfs die 15 km gruispad die berg uit is draagbaar. Dis die terug-gedeelte wat lol. Sedert sy egskeiding drie jaar gelede het sy Bellville-huis niks anders as ‘n...

Etienne Leroux en die jaagduiwel
Rudie van Rensburg - 2008-09-22
Dis Sondagmiddag. Mense is veronderstel om stil te wees, te rus. Hy smag na die wondersoete geluidloosheid van ’n Karoo-plaas. Maar dit is ’n tevergeefse verlange: die middestad ken geen genade vir iemand wat ’n middagslapie wil inkry nie. Aan die onaardse gebulk van die Portugees se dik Rottweiler is hy al gewoond. Ook aan die Nuwe Suid-Afrikaanse agtergrondmusiek – die geloei van polisiesirenes en die eentonige geweeklaag van alarms. Maar vandag pla die Nigeriërs...

Tussen Heilbron en Verkeerdevlei
Hannes Steyn - 2008-09-17
"En moenie vergeet om ‘n opsomming van u kwartaalverslag saam te bring nie," herinner sy hom. Hy kan raai hoekom sy so formeel is, en verstaan."Sekerlik, Maria. Jammer om voorbarig te klink, maar ... maar wie gaan jou na die funksie neem?" Hy moet versigtig wees, want sy vrou mag dalk net die emosie in sy stem hoor."Ag wat, sal maar moet sien. Dalk alleen." Die moedeloosheid lê dik in haar stem en hy voel vir haar. Dit sal nogal ‘n vernedering wees...

Kaffer
M Labuschagne - 2008-09-16
Na werk besluit ek om op pad huis toe gou by my ouma ‘n draai te maak. Ek voel jammer vir haar, want sy is taamlik eensaam omdat min mense haar besoek gedurende die week. Sy sit maar heeldag en brei en TV kyk. As ‘n mens kom kuier, is sy buite haarself van blydskap en kan net nie genoeg gepraat kry nie. Ek self kom ook min by haar uit, want my prokureursfirma hou my in die week baie besig. Nee, eintlik lieg ek - ek het baie kans om by my ouma te gaan kuier. Ek doen dit nie, omdat haar...

Ondergoed
Izak de Vries - 2008-09-04
Izak de Vries Tafelberg R140 196 Sagteband 9780624046844 Klik hier en koop Byna liefde by kalahari.net! My vrou wou eenmaal Maleierlap gaan koop. Ek en sy is toe in die Bo-Kaap tussen die helderkleurige huisies en smal straatjies in waar mense ons na ’n sekere meneer Radyn se winkel verwys het. Soos ons stap, ruik ons vis en speserye. Klein dogtertjies met stywe strikkies waai en koes vinnig agter hulle handjies weg. Ou vroue met doekies oor hulle koppe beduie met helder stemme...

Die engelman
Izak de Vries - 2008-09-04
Izak de Vries Tafelberg R140 196 Sagteband 9780624046844 Klik hier en koop Byna liefde by kalahari.net! (vir Cila) Dat die brief toe vandag moes kom, dink hy. Vroegoggend is hier ’n paar meisies verby en hulle het Afrikaans gepraat. Dis dan wanneer sy lýf verlang. Sy hele lyf, nie net sy kop en sy hart nie. Dan wil hy weer vir Natalie naby hom hê. Daar is iets in die manier waarop sy hom vasgedruk het toe hy weg is wat hy steeds mis. As hy dit in woorde sou kon omskep,...

Die engelman
Izak de Vries - 2008-09-03
Die engelman (vir Cila) Dat die brief toe vandag moes kom, dink hy. Vroegoggend is hier ’n paar meisies verby en hulle het Afrikaans gepraat. Dis dan wanneer sy lýf verlang. Sy hele lyf, nie net sy kop en sy hart nie. Dan wil hy weer vir Natalie naby hom hê. Daar is iets in die manier waarop sy hom vasgedruk het toe hy weg is wat hy steeds mis. As hy dit in woorde sou kon omskep, sou dit makliker wees, maar hy kan nie. Dis nie sy kop wat daardie drukkie mis nie, dis sy alles....

Oorbly
Willem de Vries - 2008-07-28
Links van die pad is 'n vlakte wat kilometers daarvandaan in die see verdwyn. Regs is 'n harde wêreld vol brokke witterige klip soos die oorblyfsels van ou koraalriwwe. Laatmiddag nog lê die pad waarop ons ry, één donker grys strook sonder selfs 'n effense draai. Dit was die tweede dag dat ons so ver ry en die helderkleurige bord van 'n oornagplek het my die afdraaipad laat vat. 'n Entjie van die pad draai 'n stofpad tussen die klipriwwe...


<< 1 2 >>