Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Breytenbachs

Breytenbachs


<< 1 2 >>

Vir watter tipe permit moet professionele mense aansoek doen om in Brittanje te werk of hul eie besigheid te begin? Breytenbachs antwoord
2009-01-30
Vraag Ek en my man beoefen albei professionele beroepe in Suid-Afrika. Ons wil beide graag van die geleentheid gebruik maak om ’n paar jaar se ondervinding op te doen in ’n ander land. Brittanje lyk vir ons na die beste keuse, omdat dit so naby aan Europa is, en ons dan sodoende ook sommer daar kan rondtoer gedurende ons vakansies. My man is ’n rekenmeester en hoewel ek ook ’n professionele kwalifikasie het, wil ek graag my eie besigheid begin terwyl ek daar is. Is...

Kan Suid-Afrikaners in Brittange gaan studeer? Breytenbachs antwoord
2009-01-13
Vraag My dogter doen uitsonderlik goed op skool en wil graag na skool verder studeer in Brittanje. Is dit moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer of is daar groot administratiewe reëlings in terme van visums om die droom van haar te kan realiseer? Antwoord Dit is inderdaad moontlik vir Suid-Afrikaners om in Brittanje te studeer. Dit is ook heeltemal binne bereik vir Suid-Afrikaners om ’n studentevisum te bekom vir die land indien hulle gekeur word vir studie aan ’n...

Ek wil graag 'n besigheid begin in Brittanje. Is daar 'n manier waarop ek dit kan bewerkstellig? Breytenbachs antwoord
Breytenbachs - 2008-12-02
Vraag Ek wil graag ’n besigheid begin in Brittanje. Ongelukkig het ek nie enige kwalifikasies nie, maar wel die nodige kapitaal om dinge van die grond af te kry. Is daar ’n manier waarop ek sal kan kwalifiseer vir ’n tipe permit om dit te kan bewerkstellig? Antwoord Ja, daar is inderdaad ’n baie opwindende permit beskikbaar vir oorsese burgers wat in Brittanje wil investeer. Dit is die sogenaamde Vlak 1 Permit vir Entrepreneurs wat op 30 Junie 2008 bekend gestel is....

Ek verstaan dat die baie gewilde tweejaar-werksvakansievisum waarmee so baie jong Suid-Afrikaners in Brittanje werk, opgeskort word. Is daar nog moontlikhede vir jongmense om in Brittanje te werk?
Breytenbachs - 2008-11-14
VraagEk verstaan dat die baie gewilde tweejaar-werksvakansievisum waarmee so baie jong Suid-Afrikaners in Brittanje werk, opgeskort word. Is daar nog moontlikhede vir jongmense om in Brittanje te werk? AntwoordDit is ongelukkig wel waar dat die tweejaar-werksvakansievisum opgeskort en vervang word met 'n Jeug-Mobiliteit-skema, en wel op 27 November 2008. Vanaf dié datum sal slegs burgers van Australië, Kanada, Nieu-Seeland en Japan mag aansoek doen vir die nuwe skema. Gelukkig kan...

Daar is blykbaar in Brittanje ’n tipe permit het wat jou ook toelaat om in Brittanje te werk sodra jy daar gegradueer het. Kan julle my dalk meer hiervan vertel?
Breytenbachs - 2008-10-13
Vraag:Ek is tans besig met my matriek en wil graag my studie in Brittanje voortsit. My suster werk in Engeland en het my vertel dat Brittanje 'n tipe permit het wat jou ook toelaat om in Brittanje te werk sodra jy daar gegradueer het. Kan julle my dalk meer hiervan vertel? Antwoord:Ja, daar is inderdaad ‘n baie voordelige permit beskikbaar vir oorsese burgers wat in Brittanje gradueer. Dit is die sogenaamde Vlak 1 Poststudie-permit, wat op 30 Junie 2008 bekendgestel is. Dié tipe...

Is dit waar dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum waarmee so baie jong mense in Engeland gaan werk opgeskort gaan word?
Breytenbachs - 2008-10-07
Vraag:Is dit waar dat die gewilde twee-jaar werksvakansie visum waarmee so baie jong mense in Engeland gaan werk opgeskort gaan word? Indien wel, wanneer word dit opgeskort? Ek sal nog bitter graag wil aansoek doen. Antwoord:Dit is ongelukkig wel waar dat die twee-jaar werksvakansie visum opgeskort gaan word en vervang gaan word met 'n nuwe Jeug-Mobiliteit-skema. Dit gaan gebeur in November 2008. Alle aanduidings is dat Suid-Afrikaners nie gaan kwalifiseer om aansoek te doen vir die visum wat...

Wat behels die Vlak 1-permit vir hoogs geskoolde persone in Brittanje? Breytenbachs vertel
Breytenbachs - 2008-09-09
Vraag Ek wil vreeslik graag in Brittanje gaan werk. Ek het egter te laat gewag en kwalifiseer nie meer ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansievisum nie. Ek is gegradueerd en het my eie besigheid hier in Suid-Afrika wat baie goed vaar, maar wil graag bietjie my vlerke sprei. Is daar ’n tipe permit waarvoor ek sal kan kwalifiseer vir Brittanje? Antwoord Dit klink of jy ’n uitstekende kandidaat is vir die baie gewilde Vlak 1-permit vir hoogs geskoolde persone. Hierdie permit...

Hoe nou gemaak dat die HSMP-permit om in Brittanje te woon en werk opgeskort is? Breytenbachs vertel
Breytenbachs - 2008-08-27
Vraag Ek wou vreeslik graag aansoek gedoen het vir die HSMP-permit om in Brittanje te woon en werk, maar het nou gehoor dié tipe permit is opgeskort. Wat nou? Antwoord Dit is inderdaad waar dat die HSMP-permit, of permit vir hoogs geskoolde migrante, opgeskort is. Die goeie nuus is egter dat dit vervang is met die nuwe Vlak 1 vir geskoolde persone – dit is die eerste vlak van die nuwe punte-gebaseerde immigrasie-stelsel wat Brittanje besig is om te implementeer. Die nuwe Vlak 1-permit...

Kan ek in Brittanje gaan kuier nadat ek die vorige keer my visumvoorwaardes oortree het? Breytenbachs antwoord
Breytenbachs - 2008-08-04
Vraag Ek was voorheen in Brittanje gewees met ’n studentevisum en het twee weke langer in die land gebly as wat my visum toegelaat het. Ek is nou uitgenooi om by vriende te gaan kuier en wil baie graag gaan, maar is bang dat ek by die doeane voorgekeer gaan word en terug na Suid-Afrika gedeporteer gaan word as hulle agterkom ek het my visum op ’n vorige besoek oorskry. Is daar enigiets wat ek kan doen om dit te verhoed? Antwoord Suid-Afrikaanse burgers benodig normaalweg nie...

Is dit waar dat dit nie meer moontlik is vir jong Suid-Afrikaners om aansoek te doen vir die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te werk nie?
Breytenbachs - 2008-07-22
VraagIs dit waar dat dit nie meer moontlik is vir jong Suid-Afrikaners om aansoek te doen vir die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te werk nie?AntwoordNee, dit is steeds moontlik vir Suid-Afrikaners om aansoek te doen vir die tweejaar-werksvakansievisum. Die Britse regering het egter wel ’n dokument uitgereik waarin hulle planne uiteensit om die huidige tweejaar-werksvakansievisum te vervang met ’n Jeugmobiliteit-skema. Dit sal na verwagting geïmplementeer word aan die...

Is dit moontlik om dubbele burgerskap te hê – Suid-Afrikaans en Brits?
Breytenbachs - 2008-06-24
VraagEk wil graag van die geleentheid gebruik maak om ’n paar jaar in die Verenigde Koninkryk te gaan woon en werk en sodoende my loopbaan te bevorder. Ek wil ook graag in die proses Britse burgerskap verkry. Is dit moontlik om dubbele burgerskap te hê – Suid Afrikaans en Brits?AntwoordDit is inderdaad moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê. Breytenbachs beveel alle Suid-Afrikaanse burgers aan om hul Suid-Afrikaanse burgerskap te beskerm alvorens hulle...

Kwalifiseer jy vir Britse burgerskap met `n tweejaar-werksvakansievisum?
Breytenbachs - 2008-06-24
VraagMy seun oorweeg dit om na Brittanje te gaan met die gewilde tweejaar-werksvakansievisum. Sal hy vir Britse burgerskap kwalifiseer met dié tipe permit?AntwoordAlvorens ‘n persoon kan kwalifiseer vir Britse burgerskap, moet hy vir ‘n jaar lank die status van permanente verblyf hê. Permanente verblyf kan op ‘n verskeidenheid maniere verkry word. Hier onder word net enkele van die maniere genoem, aangesien daar ook ander maniere is om dit te bereik:• Op grond...

Gaan die opskorting van die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te gaan woon en werk mense raak wat tans daar is? Breytenbachs antwoord
Breytenbachs - 2008-06-06
My dogter het omtrent ’n maand gelede na Brittanje gegaan met haar tweejaar-werksvakansievisum. Sy is nou baie bekommerd, want sy het gerugte gehoor dat dié tipe visum opgeskort gaan word. Is dit waar, en indien wel, hoe gaan dit haar beïnvloed? Antwoord Dit is inderdaad waar dat die Britse regering beplan om rondom die einde van Augustus 2008 die tweejaar-werkvakansievisum op te skort en te vervang met ’n nuwe jeugmobiliteit-skema. Die nuwe skema sal gelukkig nie...

Gaan die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te gaan woon en werk opgeskort word? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2008-05-27
Vraag Ek wil graag aan die einde van 2008 aansoek doen vir die tweejaar-werksvakansievisum om in Brittanje te gaan woon en werk. Ek het egter gerugte gehoor dat dié tipe visum opgeskort gaan word. Steek daar enige waarheid hierin? Antwoord Dit is inderdaad waar dat die tweejaar-werksvakansievisum opgeskort gaan word. Die Britse regering het ’n dokument uitgereik waarin hulle planne uiteensit om die huidige tweejaar-werkvakansievisum te vervang met ’n jeugmobiliteit-skema....

Wat is die onderhoudsversteiste in die nuwe Britse immigrasiereëls? Breytenbachs vertel
2008-05-13
Vraag My belangstelling is finansies en dit is my droom om in die finansiële hoofstad van Europa in die bankwese te werk. Ek het uitgevind oor Britse visums en wil aansoek doen om die permit vir hoogs geskoolde migrante later dié jaar. Ek is tans besig om al my dokumentasie reg te kry vir my aansoek, maar het ook gehoor dat mens nou met die nuwe Britse immigrasiereëls moet kan bewys dat jy jouself en afhanklikes sal kan onderhou en dat dit met bankstate gedoen moet word. Kan...

Kan ek met die tweejaar-werksvakansievisum `n besigheid in Engeland begin?
Breytenbachs - 2008-04-22
VraagEk is 29 jaar oud en as ek reg verstaan, kwalifiseer ek nog ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansievisum. Ek het ’n graad in Arbeidsterapie en bedryf my eie konsultasiebesigheid in Suid-Afrika. Wat ek wil weet, is of ek toegelaat sal word om iets soortgelyk te begin in Engeland. Sal die reëls van die visum my toelaat om so iets te doen?AntwoordDie tweejaar-werksvakansievisum is een van die gewildste maniere vir jong Suid-Afrikaners om oorsese werksondervinding op te doen en...

Wat is die vereistes vir 'n Suid-Afrikaner om in Brittanje te studeer? Breytenbachs antwoord
2008-04-02
Vraag My seun is tans in sy laaste skooljaar in Suid-Afrika. Ons ondersoek die moontlikheid vir hom om aan ’n Britse universiteit sy studie voort te sit na skool. Kan julle my asseblief inlig oor die vereistes vir ’n Suid-Afrikaner om in Brittanje te studeer? En sal dit vir hom moontlik wees om deeltydse werk te doen terwyl hy studeer? Antwoord Die immigrasiereëls ten opsigte van studentevisums bepaal dat ’n student by ’n goedgekeurde instansie (universiteite val...

Hoe kwalifiseer mens vir ’n tweejaar-werksvakansievisum in Engeland en is daar enige werksbeperkings op?
Breytenbachs - 2008-03-18
Ek wil graag Engeland toe gaan op die tweejaar-werksvakansievisum. Kan julle vir my sê wat is die vereistes om te kwalifiseer vir dié tipe visum? En is daar enige werksbeperkings op ’n mens terwyl jy in Engeland is met dié tipe visum? Antwoord Die tweejaar-werksvakansievisum is een van die gewildste maniere vir jong Suid-Afrikaners om oorsese werksondervinding op te doen en die wêreld te verken. Om te kwalifiseer vir dié tipe visum, moet...

Gaan die nuwe puntestelsel my kanse op `n Britse-grootouer-visum versleg?
Breytenbachs - 2008-03-03
VraagEk verstaan dat die Britse regering besig is om die huidige immigrasiestelsel te vervang met ’n tipe puntestelsel. Ek het ’n Britse grootouer gehad en ek verstaan dat dit my sal kwalifiseer vir die Britse-grootouer-visum waarmee jy sonder beperkings in Brittanje kan werk. Gaan hierdie permit ook vervang word wanneer die puntestelsel in werking tree?AntwoordDie Britse-grootouer-visum, indien dié tipe visum sou voortbestaan, sal buite die nuwe puntegebaseerde immigrasiestelsel...

Moet aansoekers vir die tweejaar-werksvakansievisum hulle kwalifikasies onderspeel of nie? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2008-02-20
Vraag Blykbaar rig julle deesdae ’n spesiale waarskuwing aan tweejaar-werksvakansiegangers wat beplan om dalk later op ’n ander basis in die VK te werk, dat hulle nie hulle kwalifikasies moet onderspeel in hulle aansoek nie. Kan julle my meer vertel, aangesien ek op die punt staan om aansoek te doen vir die tipe visum? Antwoord Ja, dit is inderdaad so dat Breytenbachs deesdae ’n spesiale waarskuwing rig aan aansoekers vir die tweejaar-werksvakansievisum. Aansoekers...

Is die Britse visum vir Suid-Afrikaners in die gedrang?
Hannes Breytenbach - 2008-02-11
VraagEk wil graag aansoek doen om die tweejaar-werksvakansievisum, maar het nou by ’n vriendin van my in Engeland gehoor dat die visum moontlik in die gedrang is vir Suid-Afrikaners. Is dit waar?AntwoordDie Britse regering is tans besig om hulle hele Britse immigrasiestelsel te hersien en te vervang met ’n puntgebaseerde stelsel. Die nuwe puntgebaseerde immigrasiestelsel gaan bestaan uit vyf vlakke, wat min of meer korrelleer met die tipes visums en permitte wat tans beskikbaar is. Dit...

Wat maak 'n HSMP-permit meer voordelig as 'n gewone werkspermit? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2008-01-30
VraagEk is ’n ingenieur met so ’n paar jaar se werksondervinding. Daar is ’n moontlikheid dat ’n Britse werkgewer vir my ’n werkspermit kan reël, maar nou het ’n vriend van my wat daar werk, gesê ek moet eerder kyk om aansoek te doen vir die HSMP-permit, aangesien dit meer voordele het. Kan julle my asseblief inlig wat dié tipe permit meer voordelig maak as ’n gewone werkspermit en vir hoe lank dit toegeken word?AntwoordIndien jy so gelukkig...

Hoe kwalifiseer mens vir 'n tweejaar-werkvakansievisum? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2008-01-18
VraagEk wil baie graag in Engeland gaan werk met die tweejaar-werkvakansievisum waarmee so baie mense oorsee gaan. Hoe kwalifiseer mens hiervoor en wat is die reëls rakende werk met die visum?AntwoordOm te kwalifiseer moet jy aan die volgende vereistes voldoen: Jy is tussen 17 en 30 jaar oud. Jy is ‘n burger van ‘n Statebondsland (Suid-Afrika is wel ‘n Statebondsland), Lesotho uitgesluit, of jy is 'n Britse Oorsese Burger of Britse Territoriale Oorsese Burger....

Geld die ongetroude-lewensmaat-visum ook vir gayverhoudings? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-12-12
Vraag Ek is die afgelope sewe jaar in ’n gayverhouding, waarvan ons vyf jaar saamwoon. My vriend werk vir ’n firma met ’n takkantoor in Londen en hulle beoog nou om hom soontoe te stuur vir ’n jaar of langer om uit te help met ’n groot projek. Volgens wat ek verstaan reël hulle vir hom ’n werkspermit. Hoewel ons albei bly is oor die loopbaanvooruitsigte wat vir hom wag met die skuif, is ons erg besorg oor ons eie persoonlike situasie. Is daar enige manier...

As my man 'n werkspermit kry om vir twee jaar in Brittanje te werk sal ek en die kinders saam kan gaan? Breytenbachs verduidelik
Hannes Breytenbach - 2007-12-04
Vraag My man is besig om te onderhandel met ’n Britse firma om vir twee jaar op ’n kontrakbasis in Brittanje te gaan werk. Indien die onderhandelinge goed afloop, sal die firma vir hom ’n werkspermit reël vir die tydperk. Wat my bekommer, is of dit moontlik sal wees vir my en die kinders om by hom aan te sluit in Brittanje tydens die twee jaar. En verder, sal ek kan werk terwyl ons daar woon? Antwoord Indien jou man suksesvol is om ’n werkspermit te kry, sal julle...

Tot watter mate word ek toegelaat om besigheid te doen terwyl ek die VK besoek? Breytenbachs reageer
Hannes Breytenbach - 2007-11-27
Vraag Ek wil graag weet in watter mate ek toegelaat sal word om besigheid te doen terwyl ek op ’n besoek is in die Verenigde Koninkryk. Verder, moet ek ’n visum kry om die VK te besoek vir besigheid en persoonlike doeleindes? Antwoord Suid-Afrikaners word in terme van die Britse immigrasiereëls geklassifiseer as nievisum-burgers. Dit beteken dat jy nie ‘n visum nodig het om die VK te besoek om besigheid te doen of besoek af te lê as ‘n toeris nie, mits jou...

Moet ek 'n Engelse taaltoets slaag as ek in die VK wil woon? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-11-20
Vraag Ek het gehoor dat mens nou deesdae ’n Engelse taaltoets moet aflê as jy in die VK wil gaan woon en werk. Is dit waar? Antwoord Huidiglik moet slegs mense wat aansoek doen vir die permit vir hoogs geskoolde migrante (HSMP) bewys lewer van hul Engelse taalvaardigheid. Dit word gedoen deur ’n Engelse taaltoets af te lê of deur te toon dat jy jou tersiêre onderrig in Engels ontvang het. Die Britse eerste minister, Gordon Brown, het egter nou kort gelede aangekondig...

Tweejaar-werksvakansievisum of HSMP-permit? Breytenbachs bespreek die voordele
Hannes Breytenbach - 2007-10-23
VraagEk wil graag Engeland toe gaan om bietjie my horisonne te verbreed en oorsese werksondervinding te verkry. Ek is graad-gekwalifiseerd en het ’n paar jaar se werksondervinding. Ouderdomsgewys kwalifiseer ek nog vir die tweejaar-werksvakansievisum (ek is nog onder 30), maar vriende van my het nou gesê ek moet eerder kyk of ek nie ’n HSMP-permit of werkspermit kan bekom nie, aangesien daar meer voordele daaraan verbonde is. Is dit inderdaad so en wat is die voordele bo die werksvakansievisum?AntwoordJa,...

Is dit moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-10-17
Vraag My dogter gaan binnekort aansoek doen vir haar Britse burgerskap. Ek is ietwat besorgd oor hoe dit haar Suid-Afrikaanse burgerskap gaan beïnvloed, want haar langtermynplanne is om terug te keer na Suid-Afrika en haar eie besigheid hier oop te maak. Is daar ’n manier hoe sy Britse burgerskap kan kry en nog steeds haar Suid-Afrikaanse burgerskap sal kan behou? Antwoord Ja, dit is inderdaad moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê. Om dit te bewerkstellig...

Kry ek outomaties Britse burgerskap weens die feit dat ek met 'n Britse burger getroud is? Breytenbachs vertel ...
2007-10-05
VraagMy man is ’n Britse burger en ek ’n gebore en getoë Suid-Afrikaner. Ons is nou al bykans sewe jaar getroud en het nog die hele duur van ons huwelik in Suid-Afrika gebly. Ons oorweeg dit om dalk vir ’n ruk in Engeland te gaan woon en werk. Wat ek wil weet, is of ek outomaties Britse burgerskap sal kry weens die feit dat ek met ’n Britse burger getroud is.Antwoord’n Huwelik met ’n Britse burger verleen nie outomaties aan ’n persoon Britse burgerskap...

My eksman is verplig om onderhoud te betaal, is dié bevel steeds geldig en afdwingbaar al is hy in Engeland?
Hannes Breytenbach - 2007-09-19
Vraag My eksman is woonagtig in Engeland sedert ons egskeiding voorverlede jaar. Ons het twee kinders uit ons huwelik saam en die toesig oor hulle is aan my toegeken. My man het beperkte toegang en is ook verplig om onderhoud te betaal. Hy het egter die afgelope paar maande nie onderhoud betaal vir die kinders nie en ek weet nie hoe hofbevel geraak word deur die feit dat ek en die kinders in Suid-Afrika is en hy in Engeland nie. Is die onderhoudsbevel steeds geldig en afdwingbaar, al is hy in Engeland?...

Hoe kies ek 'n betroubare immigrasie-adviseur vir permitte en visums na Brittanje? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-08-28
Vraag Ek het onlangs bietjie rondgekyk op die internet en afgekom op ‘n webwerf waar daar heelparty mense is wat hulle dienste as immigrasie-adviseurs vir permitte en visums na Brittanje adverteer. Ek is maar altyd bang om sommer van enigeen se dienste gebruik te maak en wil weet of daar ‘n organisasie is wat dié tipe dienste in Brittanje reguleer, sodat ek dan ten minste seker kan wees ek word in ‘n mate beskerm. Antwoord Om immigrasiedienste en -advies te bied...

Is dit moontlik vir Suid-Afrikaanse burgers om in Engeland te trou terwyl hulle op tweejaar-werksvakansievisums is?
Hannes Breytenbach - 2007-08-16
Vraag My suster en haar vriend is op tweejaar-werksvakansievisums in Engeland. Hulle het nou besluit hulle wil graag in Engeland trou en hulle seremonie op die Engelse platteland hê. Is dit inderdaad moontlik om in Engeland te trou as Suid-Afrikaanse burgers en dit terwyl hulle op dié tipe visum is? Verder, indien dit wel vir hulle moontlik is om daar te trou, het die nabye familie wat wil oorvlieg vir die troue, enige spesiale tipe visums nodig? Antwoord Ja, dit sal wel moontlik...

Wat is die implikasies vir 'n Britse werkgewer as hy uitgevang word dat van sy werknemers se visums reeds verval het? Breytenbachs vertel
2007-08-01
Vraag Ek is pas terug in Suid-Afrika uit Brittanje nadat my tweejaar-werksvakansievisum verval het. Die werkgewer by wie ek daar gewerk het, het ‘n paar mense in diens wie se visums reeds maande gelede verval het en dit lyk of hy maar net anderpad kyk. Wat is die implikasies vir so ’n Britse werkgewer as hy uitgevang word? Antwoord Tans kan ‘n Britse werkgewer wat mense onwettig in diens het, boetes opgelê word van tot £5 000 (sowat R70 000) per oortreding. Die Britse...

Ek oorweeg om 'n vertoning te reël vir 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep; moet die kunstenaars 'n spesifieke tipe visum of iets hê? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-07-23
Vraag Ek is betrokke in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en hoor gereeld van Suid-Afrikaanse musikante wat in die Verenigde Koninkryk optree. Skynbaar borg julle ook baie van hulle. Ek oorweeg dit baie sterk om ’n vertoning of drie te reël vir ’n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Wat ek wil weet is of dit nodig is vir ’n kunstenaar om ’n spesifieke tipe visum of iets te moet hê om daar op te tree? Of kan hulle maar net oorgaan as besoekers en dan een of twee...

My beursie en paspoort is in SA gesteel maar my kaartjie terug na Brittanje is bespreek vir oor 'n week. Sal ek met 'n tydelike paspoort terug na Brittanje kan reis? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-07-02
Vraag Ek is op die oomblik in Suid-Afrika met vakansie en sit met ‘n lekker penarie. Ek woon en werk in Brittanje met ‘n grootouervisum, maar my handsak met my beursie en paspoort is gister in Johannesburg gesteel. My kaartjie terug na Brittanje is bespreek vir oor ‘n week. Sal ek met ‘n tydelike paspoort na Brittanje kan reis? Antwoord Suid-Afrikaanse burgers word nie toegelaat om Brittanje binne te kom met enige ander dokument as ‘n geldige Suid-Afrikaanse...

Hoe beïnvloed dit jou posisie as jy op 'n studentevisum in Brittanje geboorte skenk? Sal die kind Britse burgerskap kry? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-06-27
VraagMy dogter en haar jarelange vriend is in Brittanje op studentevisums. Ek het nou die nuus gekry dat sy swanger is met hulle kind. Ek is erg bekommerd oor hoe dit hulle immigrasiestatus gaan raak. Dit lyk of sy van plan is om haar studies voort te sit en in Brittanje aan die kind geboorte te skenk. Sal sy dit kan doen? En verder, sal die kind Britse burgerskap kry omdat hy/sy daar gebore word?AntwoordJou dogter sal in Brittanje geboorte kan skenk. Sodra die kind gebore is en jou dogter ’n...

Is daar statistiek beskikbaar oor die getal Suid-Afrikaners wat elke jaar Britse burgerskap verkry? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-06-11
Vraag Ek is sommer nuuskierig om te weet of daar statistiek beskikbaar is oor die getal Suid-Afrikaners wat elke jaar Britse burgerskap verkry. En ook: Is dit moontlik om dubbele burgerskap te hê – beide Brits en Suid-Afrikaans? Antwoord Dit is inderdaad moontlik om beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap te hê. Die meeste Suid-Afrikaners doen deur ‘n eenvoudige proses aansoek om hul Suid-Afrikaanse burgerskap te beskerm alvorens hulle aansoek doen om hulle Britse...

Is dit moontlik om vir my ma 'n visum te bekom om op 'n permanente grondslag by ons in Brittanje te kom bly? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-06-06
Vraag Ek en my man het nou onlangs Britse burgerskap verkry en het nou dubbele burgerskap, Brits en Suid-Afrikaans. Ons hou tans vakansie in Suid-Afrika en ek het nou eers regtig bewus geword van hoe eensaam my ma hier is. Ek is haar enigste kind en sy is reeds baie jare ’n weduwee met geen ander naby familie nie. Ek is ook bekommerd oor haar finansiële situasie. Wat ek wil weet is of dit moontlik vir ons sal wees om vir haar ’n visum te bekom om op ’n permanente grondslag...

Sal my dogter haar Suid-Afrikaanse burgerskap outomaties verloor wanneer sy haar Britse burgerskap kry? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-05-21
Vraag My dogter is al ’n hele rukkie in Brittanje en sy kan binnekort aansoek doen vir haar Britse burgerskap. Haar hart is egter maar nog altyd in Suid-Afrika en sy wil graag terugkom oor ’n jaar of drie. Kan sy haar Suid-Afrikaanse burgerskap behou en sodoende dubbele burgerskap kry – vir Suid-Afrika en Brittanje? Antwoord Jou dogter moet aansoek doen by die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris om haar Suid-Afrikaanse burgerskap te behou, alvorens sy aansoek doen om Britse...

Wie kan help met inligting oor hoe om te kwalifiseer vir die HSMP sodat jy in Brittanje kan werk? Breytenbachs kan ...
Hannes Breytenbach - 2007-05-17
Vraag Ek wil baie graag Britse werksondervinding opdoen. Ek kwalifiseer nog ouderdomsgewys vir die tweejaar-werksvakansie, maar het gehoor by ’n personeelagent in Londen dat dié tipe visum beperkend is as mens regtig jou loopbaan in Brittanje wil bevorder. Sy het voorgestel ek kyk of ek kan kwalifiseer vir die HSMP. Kan julle help met inligting? Antwoord Die HSMP is inderdaad ‘n beter permit vir iemand wat sy/haar loopbaan wil bevorder, aangesien daar geen werksbeperkings...

Wat gebeur as 'n persoon langer as die voorgeskrewe twaalf maande van die tweejaar-werksvakansie in Brittanje werk? Breytenbachs vertel
Hannes Breytenbach - 2007-04-23
Vraag Wat gebeur as ’n persoon langer as die voorgeskrewe twaalf maande van die tweejaar-werksvakansie in Brittanje werk? My vriendin werk tans al langer as ’n jaar op die visum en is baie bekommerd dat sy uitgevang gaan word. Antwoord Die reëls van die tweejaar-werksvakansie stipuleer duidelik dat ‘n persoon nie langer as twaalf maande op dié tipe visum mag werk nie. Die Britse regering sien enige oortreding van die Britse immigrasie reëls in ‘n baie...

Internasionale studente wat gradueer van 'n Britse universiteit word toegelaat om 'n jaar lank in Brittanje te werk. Breytenbachs verduidelik ...
Hannes Breytenbach - 2007-04-17
Vraag Ek was voorheen in Brittanje gewees op ’n tweejaar-werksvakansie en oorweeg dit nou om terug te gaan soontoe en vir ’n graad te studeer aan een van die Britse universiteite. Ek het ’n gerug gehoor dat daar nou ’n skema is wat mens toelaat om in Brittanje te werk nadat jy daar studeer het. Kan julle vir my meer besonderhede gee? Antwoord Die Britse regering het inderdaad ’n nuwe skema aangekondig wat internasionale studente sal toelaat om ’n jaar in Brittanje...

Hoe werk huwelikskontrakte in die VK? Breytenbachs antwoord
Hannes Breytenbach - 2007-04-12
Vraag Ek is ’n Suid-Afrikaanse burger en trou oor drie maande met my Britse verloofde. Ons is van plan om die troue in Engeland te hê. Ek is bewus daarvan dat daar verskillende maniere is om in Suid-Afrika te trou – binne gemeenskap van goedere, buite gemeenskap van goedere, ensovoorts. Wat ek wil weet is, hoe werk dit in Engeland? Kan julle my asseblief advies gee in dié verband? Antwoord Aangesien jy met ‘n Britse burger trou, sal jou huwelik beheer word...

Die ongetroude-lewensmaat-visum. Breytenbachs vertel meer
Hannes Breytenbach - 2007-04-04
Vraag ’n Britse maatskappy het ’n werkspermit vir my vriend gereël en hy is gevolglik nou onlangs soontoe om daar te begin werk aan ’n langtermynprojek. Ons is reeds ’n geruime tyd betrokke in ’n ernstige verhouding en het saamgewoon in Suid-Afrika. Die situasie is vir ons ’n groot dilemma, aangesien dit nie lyk of ek vir enigeen van die Britse permitte of visums kwalifiseer nie en dus nie by hom sal kan aansluit oorsee nie. Ek weet dat as ons trou, ek...

Eiendomsreg in Brittanje: Is die verkoper binne magte om op so 'n laat stadium te onttrek? Breytenbachs antwoord ...
Hannes Breytenbach - 2007-03-14
Vraag: Ek het ’n paar jaar terug in Brittanje gewerk en wou nog altyd vir my ’n eiendom daar bekom om te verhuur, aangesien ek graag so my investeringsportefeulje wil diversifiseer en ek beïndruk is met die langtermynvertoning van die Britse eiendomsmark. Ek het via vriende en die internet nou ’n rukkie terug uiteindelik ’n plekkie gekry wat binne my smaak en prysklas val en dan ook die eiendomsagentskap ingelig om die nodige te doen om die koop deur te voer. In...

Kan die kinders van 'n persoon wat in Brittanje naturaliseer Britse burgerskap verkry? Breytenbachs antwoord ...
Hannes Breytenbach - 2007-02-21
Vraag: My dogter en skoonseun woon en werk op die oomblik in Brittanje. Hulle wil graag met ‘n gesin begin sodra hulle hul Britse burgerskap verkry. Sal hulle kinders outomaties Britse burgers wees? Sal dit die situasie beïnvloed as hulle ten tyde van die geboorte van die kinders nie in Engeland is nie? Antwoord: Wanneer ‘n persoon Britse burgerskap verkry deurdat hy/sy die vereiste tyd in Brittanje was op ‘n permit in die permanente kategorie van visums soos die HSMP, werkspermit...

Hoe om te kwalifiseer vir 'n Permit vir Hoogs Geskoolde Persone
Hannes Breytenbach - 2007-01-22
Vraag Ek wil baie graag vroeg hierdie jaar Engeland toe gaan om internasionale werksondervinding op te doen. Ek is nog jonk genoeg om te kwalifiseer vir die tweejaar-werksvakansie, maar ‘n vriendin van my wat in Engeland werk vir ‘n personeelagentskap reken ek gaan baie dom wees om nie aansoek te doen vir die HSMP-visum nie, aangesien dit baie meer voordele inhou. Kan julle asseblief vir my verduidelik hoe mense punte kan verdien om vir die permit te kwalifiseer, aangesien ek dan graag...

Breytenbachs beantwoord jou vrae oor studentevisums en tweejaar-werksvakansievisums
Hannes Breytenbach - 2006-12-14
Vraag: Ek het so vier jaar terug klaar gestudeer, intussen gewerk en wil nou graag volgende jaar Engeland toe gaan op ‘n tweejaar-werksvakansievisum en sommer verdere werksondervinding opdoen in my veld. Iemand wat al daar was, sê egter ek gaan dom wees om nie eerder vir die HSMP-permit aansoek te doen nie. Ek het geen benul hoe die verskillende permitte werk nie, so sal bly wees as julle kan raadgee. Antwoord: Die tweejaar-werksvakansievisum is ‘n tydelike visum. Dit word...

Oorsese planne vir die nuwe jaar?
Hannes Breytenbach - 2006-12-13
Die einde van ‘n jaar is tradisioneel ‘n tyd waar daar weer beplanning gedoen word vir die nuwe een. Baie mense ondersoek ook dié tyd van die jaar die moontlikheid om hul vlerke bietjie oorsee te gaan sprei. Brittanje bly ‘n gewilde keuse, grootliks weens die feit dat Suid-Afrikaners kultureel baie maklik in die land aanpas en daar reeds ‘n groot gevestigde Suid-Afrikaanse diaspora in die land is, wat die aanpassing net soveel makliker maak. Om ‘n oorsig...


<< 1 2 >>