Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wyndagboek

Wyndagboek


<< 1 >>

8ste Stellenbosch Wynfees groter en beter in 2009
2009-05-04
Die 8ste Stellenbosch Wynfees spog hierdie jaar met ‘n groter, beter fees met meer as 13 500 gaste wat by die jaarlikse byeenkoms verwag word tussen 30 Julie - 2 Augustus in die Paul Roos sentrum. Organiseerders van die fees is vasberade om hierdie jaar alle verwagtinge te oortref met meer as 500 wyne en fynproewer happies, afkomstig van 170 verskillende uitstallers wat aan die fees sal deelneem.Die Stellenbosch Wynfees, een van die grootste streeksfeeste in die land, lok talle nasionale sowel...

Jou wyndagboek vir November
Johann H Crafford - 2008-10-29
1. Saterdag 1 November, Stellenzicht: Kom stel 10 oesjare van hierdie wynlandgoed se pinotage-wyne op die proef tydens ‘n uitsonderlike kos- en-wyn-aand in die kelder saam met wynmaker Guy Webber. Die koste is R350 per persoon. Skakel Lucille Jacobs by (021) 883 8988 vir besprekings of stuur ‘n epos aan cljacobs@distell.co.za.2. Saterdag 1 November, Somerset-Wes: Kom geniet ‘n Beyerskloof-proe by Manuka van 12:00 tot 15:00. Skakel (021) 851 6060 vir meer besonderhede.3. Saterdag/Sondag...

Wyn, kos, pret en plesier in die Helderberg
Johann H Crafford - 2008-10-09
Terwyl die winter en lente mekaar aan die keel beet het oor wie nou eintlik hierdie tyd van die jaar die septer moet swaai, het die wynmakers van die Helderberg besluit ‘n makietie wag nie noodwendig vir ideale weer nie, en van Vrydag 10 Oktober tot Sondag 12 Oktober gaan die biesies bewe soos die Rola Motors Voet van die Helderberg-fees die winterkoue gaan verdryf. Oor hierdie drie dae word mense genooi om enigeen van die 20 deelnemende wynmakerye langs die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes...

Wyngebeure in Oktober
Johann H Crafford - 2008-10-02
Ry jy te gereeld Jan Tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (én weke) op hul kop gaan keer.1. Vrydag 3 Oktober, Vergelegen: Viergangmaaltyd, wyn ingesluit, met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 vir 20:00 in die Lady Phillips Restaurant. Die koste is R270 per persoon. Skakel (021) 847 1346 om te bespreek.2. Saterdag 4 Oktober, Elgin: Kom stap saam vanaf Paul Cluver Wines op ‘n vier uur lange roete en...

Wyngebeure in September
Johann H Crafford - 2008-09-08
Ry jy te gereeld Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier's nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke (en weke) op hul kop gaan keer.1. Sop-Saterdae: Elke Saterdag tot 13 September tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75 per persoon. Skakel Sunette Rust by (021) 862-3104 of stuur ‘n epos aan nedwines@distell.co.za om te bespreek.2. Elke dag: Die...

Wyngebeure in Augustus
Johann H Crafford - 2008-08-11
1. Kaasfondue: elke Vrydag- en Saterdagaand in Augustus bied Haralds Restaurant op die Eikendal-wynlandgoed op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes sy bekende kaasfondue aan. Die koste is R125 per persoon. Skakel Harald by (021) 855 5033 of 082 663 5901 om te bespreek.2. Sop-Saterdae: Elke Saterdag in Augustus tussen 11:00 en 14:00 word mense op die Nederburg-landgoed getrakteer op tuisgemaakte sop en varsgebakte brood en patees, asook gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Die koste is R75...

Kom Paarl toe vir ‘n vuurwarm Persiese fees
Johann H Crafford - 2008-08-07
Verruil die winterbloutes vir ‘n purperwarm wyn-en-kos-ervaring by die Persië tot Paarl-fees op 16 Augustus 2008 by die bekende Nederburg-wynlandgoed buite die Paarl. Hierdie fees, met sy ryk Persiese atmosfeer, ontleen sy tema aan die legende wat te vertel het dat die shiraz-druif (ook bekend as syrah) sy oorsprong in antieke Iran gehad het sowat 7 000 jaar gelede. Getrou aan beelde van die lewe in antieke Persië sal die streek se keurigste wyne en voedsel te proe wees. Besoekers...

Wyngebeure in Julie
Johann H Crafford - 2008-07-16
Ry jy naweke Jan tuisbly se karretjie? Wel, hier’s nuus van gebeure in die wynlande wat jou naweke op hul kop gaan keer:24 JulieStellenbosch Hills: Voedsel-en-wyn-aand om 19:00 – 19:30 teen R80 per persoon. Skakel Tanja of Estelle by (021) 881-3828/9 om te bespreek.25 JulieVergelegen: Winter-aandete in die Lady Phillips Restaurant met wynmaker André van Rensburg en sjef Henrico Grobbelaar om 19:30 – 20:00 teen R270 per persoon. Skakel (021) 847-1346 vir besprekings.30 JulieSimonsig:...

Kom geniet stylvolle pieknieks op Nederburg
Johann H Crafford - 2008-06-10
Kom beleef die lekkerte van lente op Nederburg met ‘n heerlike deli-piekniek terwyl jy die soet plattelandse Drakenstein-lug inasem en jou in die asemrowende mooi van hierdie wynlandgoed verlustig.Die pieknieks word bedien onder heerlike skadubome of op die uitgestrekte grasperk, omring deur die Drakensteinberge en teen die agtergrond van die geskiedkundige Nederburg-herehuis.Smaaklike deli-piekniekmandjies met varsgebakte brood, ‘n verskeidenheid kase, kouevleise, patee, pasta, slaaie,...

Vier die seisoen van liefde!
Johann H Crafford - 2008-06-06
Ja, dit is so. Die winter het ons nog in sy wurggreep. Maar dit is nooit te laat om jou dagboek uit te pluk en nou reeds plek te maak vir die lente nie. Onthou, tyd wag vir niemand nie!Teken solank 13 en 14 September in jou dagboek aan, en skryf Durbanville Hills se naam neer. Dis ‘n Saterdag en ‘n Sondag.En dis die rede: kom vier lente by die Durbanville Hills-kelder en drink ʼn heildronk op die bekoring van somer by vanjaar se Seisoen van Sauvignon op 13 en 14 September. Geniet...

Vergelegen brei sy gewilde winterprogram uit
Johann H Crafford - 2008-06-03
Vergelegen bied dié winter ‘n reeks aktiwiteite wat strek van spesiale aandetes tot omgewingsuitstappies, en van die proe van wyn uit ‘n vaatjie tot demonstrasies van verskillende geregte.Die program skop op 25 Junie af met die eerste van drie wynproeë met wynmaker André van Rensburg as gasheer. Die wynproe begin om 18h00 en sluit ‘n aandete in. Die koste is R95 per persoon en besprekings is noodsaaklik. Die ander twee wynproegeleenthede vind op 30 Julie en 20...

Sop-Saterdae vir ‘n bietjie warmte hierdie winter
Johann H Crafford - 2008-05-22
Kies Saterdae van Julie tot September koers na Nederburg in die Klein Drakenstein vir ʼn heerlike bord sop en ander lekkernye.Van 12 Julie kan besoekers by hierdie bekende wynmakery buite die Paarl inloer vir ʼn glas vonkelwyn gevolg deur ʼn bord warm tuisgemaakte sop met varsgebakte brood en patees, en gepaste wyne uit die Nederburg-reeks. Wanneer: Elke Saterdag van 12 Julie tot 13 SeptemberTyd: 11:00–14:00Koste: R75 per persoon (sluit twee glase van ons reserwe-reeks wyne in)Vir...

Eikendal bied pruttende smulgenot met kaas fondue
Johann H Crafford - 2008-05-20
Sus die smullus met ‘n smelt-in-die-mond-eetervaring hierdie winter wanneer Harald’s – die nuut-getooide restaurant van die Eikendal-wynlandgoed – die potte laat prut met hul immergewilde kaas-fondue tussen Mei en Augustus.Vanaf 23 Mei tot 22 Junie en weer vanaf 16 Julie tot einde Augustus kan jy Vrydag- en Saterdagaande kom aansit vir sjef Harald Siedler se weergawe van die kaasfondue – ‘n nostalgiese eetervaring wat opnuut vlam gevat het sedert sy ontstaan in...

Versny uitsoekwyne hierdie Vadersdag op Nederburg
Johann H Crafford - 2008-05-20
Skep hierdie Vadersdag ʼn meesterstuk saam met jou pa op Nederburg en ervaar die kuns om uitsoekwyne te versny. Geniet vonkelwyn met jou aankoms en ontdek saam met jou gesin die pret van wynmaak deur self ʼn versnit van rooiwyne te maak. Daarna kan jy aansit vir ‘n heerlike driegangmaal in die pragtig opgeknapte besoekersentrum, waarna jy die dag kan afrond met koffie en brandewyn. Drie gelukkige pa’s staan ʼn kans om geskenkpakke met Nederburg-wyne in ʼn trekking te wen....

Groot wynmakietie op Stellenbosch om die draai
Johann H Crafford - 2008-04-22
Dit is tyd vir alle wynliefhebbers om hul vere reg te skud en koers te kies na die Boland vir die jaar se grootste wynopskop, want die Stellenbosch-wynfees vind vanaf 31 Julie tot 3 Augustus plaas by die Paul Roos-sentrum op Stellenbosch. En hierdie jaar se fees beloof ‘n allemintige, pretbelaaide makietie vir almal met ‘n lus vir die lewe en dus vir die uitsonderlike wyne van die Wes-Kaap. Die Stellenbosch-wynfees vind elke jaar plaas en lok duisende plaaslike en oorsese besoekers wat...

Allesverloren hou makietie met wyn, kos en musiek
Johann H Crafford - 2008-04-08
Allesverloren-landgoed, die oudste wynlandgoed in die Swartland en alombekend vir sy puik Shiraz en Port, bied oor die naweek van 3–4 Mei ‘n verlustiging van uitsonderlike wyne, egte Swartlandse gasvryheid, verruklike kos en musiek tydens die jaarlikse Riebeekvallei-Olyffees.Allesverloren – geleë teen die hange van die Kasteelberg tussen Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes – is die ene plesierigheid tydens dié twee pretbelaaide dae en sorg vir hope plattelandse jolyt...

Kom geniet kos en wyn op Darling
Johann H Crafford - 2008-04-08
Lekker wyn, lekker kos en lekker mense is drie van die belangrikste bestanddele vir ‘n lekker lewe. En Darling se wynmense weet hoe om wyn en kos te kombineer dat selfs slegte mense lekker sal word!Elke Saterdagaand in Mei word ‘n fees van wyn en kos op hierdie dorpie aangebied, en hulle noem dit sommer die Trinity-wynaande.Die vyf aande sal wynmakers van elk van die wynprodusente in hierdie omgewing die gelukkiges onder ons deur ‘n proe van 4/5 van hul eie wyne neem, waarna ‘n...

Eikendal-oesfees beloof ’n bielie van ’n buitelug-makietie
Johann H Crafford - 2008-03-19
Maak ’n aantekening in jou dagboek en trek jou feesvere reg vir ’n bielie van ’n buitelug-makietie. Op Sondag 13 April lei alle paaie na die Helderberg-wynlandstreek wanneer Eikendal eerbied toon aan die wonders van die druif met ’n loslit Weintaufe-oesfees wat sal sorg vir luilekker vermaak vir ’n ieder en ’n elk. Buiten dat dit ’n gewilde buitelug-makietie is propvol vermaak, heerlike kos en salige samesyn, bied hierdie kelder jou ook die unieke...


<< 1 >>