Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Film > Rubrieke | Columns > Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi

Suzette Kotzé-Myburgh: Fliekvlooi


<< 1 2 >>

Puik spel maak 50/50 die kyk werd
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-12-07
Untitled Document 50/50 Regisseur: Jonathan Levine Kamerawerk: Terry Stacey Rolverdeling: Joseph Gordon-Levitt, Seth Rogen, Anna Kendrick, Anjelica Huston, Bryce Dallas Howard Looptyd: 100 minute Dat hierdie film konneksies het met die skeppers van Sideways en About Schmidt beloof al veel. Moet egter nie ’n komedie verwag soos die lokprent – of sommige resensente – aandui nie. Dis ’n fyngestemde drama oor ’n 27-jarige man, Adam (Joseph Gordon-Levitt), wat...

Flikker: Skeem trek voordeel uit ons ingewikkelde bevolkingsamestelling
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-11-08
Untitled Document Skeem Regisseur: Tim Green Vervaardiger: Zaheer Goodman-Bhyat Rolverdeling: Kurt Schoonraad, Wandile Molebatsi, Lilani Prinsen, Rapulana Seiphemo, Kenneth Nkosi, Grant Swanby, Quinita Adams, Terrence Bridgett In ons gekwelde land is dit ten minste ’n ligpunt dat die ingewikkelde bevolkingsamestelling uitstekende stof vir komedie bied. In Skeem word die hele spul bymekaargegooi, met besonder prettige gevolge. Richie (Kurt Schoonraad) en Vista (Wandile Molebatsi) werk...

Crazy, stupid, love: ’n Puik romantiese komedie
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-11-02
Untitled Document Crazy, stupid, love Regisseur: Glenn Ficarra en John Requa Kamerawerk: Andrew Dunn Rolverdeling: Steve Carell, Ryan Gosling, Julianne Moore, Kevin Bacon, Marisa Tomei, Jonah Bobo, Emma Stone, Analeigh Tipton Looptyd: 118 minute Om een of ander rede het ek hierdie fliek die afgelope tyd misgekyk op ons kringloop (moontlik die simpel plakkaat). As ek vroeër besef het Ryan Gosling speel daarin, sou ek lankal gaan kyk het. Ter verdere aanbeveling is daar Julianne Moore,...

Flikker: The First Grader: Veelvlakkig en boeiend
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-10-20
Untitled Document The First Grader Regisseur: Justin Chadwick Kamerawerk: Rob Hardy Rolverdeling: Oliver Litondo, Naomie Harris, Vusi Kunene, Tony Kgoroge Hierdiefilm is gegrond op die lewe van die Keniaan Kimani Maruge (oorlede in 2009). Toe die Keniaanse regering aankondig dat skoolonderrig voortaan gratis gebied sal word aan almal wat ’n geboortesertifikaat kan toon, besluit die 84-jarige Maruge om vir die eerste keer skool toe te gaan. As kind had hy nooit die geleentheid om te leer...

Robert Mugabe: What happened? – Insigryk en ewewigtig
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-09-21
Untitled Document Robert Mugabe: What happened? Regisseur: Simon Bright Dis een van die bekendste gesegdes in politiek: “Power corrupts, and absolute power corrupts absolutely.” Hierdie dokumentêr oor Robert Mugabe, vertoon by die Tri Continental Film Festival, gee ’n deeglike oorsig oor die lewe van die man wat eens van die mees bekende en gerespekteerde leiers in Afrika was. Verskillende kommentators, die meeste van hulle Zimbabwiërs, verskaf insigte oor die...

Forerunners: ’n Pragtige stuk werk
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-09-21
Untitled Document Forerunners Regisseur: Simon Wood Kamerawerk: Felix Seuffert Rolverdeling: Martin Magwaza, Karabo Malupe en Miranda Puza Sedert 1994 het vele sosiale verskuiwings in Suid-Afrika plaasgevind, onder meer die opkoms van ’n swart middelklas. Hierdie dokumentêr, vertoon by die Tri Continental Film Festival, volg die lewe van vier van hulle, twee mans en twee vroue. Net deur opskrifte wat verskillende plekname aandui, word elk se individuele verhaal moeiteloos vervleg...

The Bang Bang Club: ’n Hegte, oortuigende eenheid
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-08-24
Untitled Document The Bang Bang Club Regisseur: Steven Silver Kamerawerk: Miroslaw Baszak Rolverdeling: Ryan Phillippe, Malin Akerman, Taylor Kitsch, Neels van Jaarsveld, Frank Rautenbach Looptyd: 106 minute Dit het al ’n cliché geword: dat Suid-Afrika vol stories is wat smeek om verfilm te word – “ons mense” moet net begin om “ons stories” te vertel. Dít doen regisseur Steven Silver met onderskeiding. Die film dek die jare 1990 tot 1994,...

Biutiful – nie ’n opbeurende kykervaring nie; tog ’n moet
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-08-24
Untitled Document Biutiful Regisseur: Alejandro González Iñárritu Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Javier Bardem, Maricel Álvarez, Hanaa Bouchaib Looptyd: 140 minute Om hierdie fliek met middelklasidees van moraliteit te benader, sal die kyker nie loon nie. Dit het my laat dink aan daardie bekende spreuk van Rumi: “Out beyond ideas of wrongdoing and rightdoing there is a field. I’ll meet you there.” Uxbal (’n swaargewig-vertolking...

Flikker: The Adjustment Bureau – ’n intrige-belaaide wetenskapfiksie-liefdesverhaal
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Adjustment Bureau Regisseur: George Nolfi Kamerawerk: John Toll Rolverdeling: Matt Damon, Emily Blunt, Anthony Mackie, John Slattery, Terence Stamp Looptyd: 105 minute ’n Bloedjong politikus (Matt Damon) se briljante verkiesingsveldtog om senator te word, ly op die laaste oomblik skipbreuk. Terwyl hy sy verloorder-toespraak in die manstoilette oefen, ontmoet hy ’n vrygeestige danseres (Emily Blunt). Daar is ’n onmiddellike aantrekkingskrag tussen...

Flikker: The Lincoln Lawyer – ’n baie kykbare film met 'n gatskop-klankbaan
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Lincoln Lawyer Regisseur: Brad Furman Kamerawerk: Lukas Ettlin Rolverdeling: Matthew McConaughey; Marisa Tomei; Ryan Phillippe; Frances Fisher Looptyd: 118 minute Prokureur Mick Haller is ’n regte hardegat. Sy praktyk, wat hy uit ’n statige ou Lincoln met die nommerplaat “Not guilty” bedryf, fokus hoofsaaklik op ongure karakters uit die bendewêreld. Toe hy die geleentheid kry om ’n kliënt (Ryan Phillippe) uit Beverly Hills te...

Flikker: The Way Back getuig van wilskrag en oorlewingsvermoë
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document The Way Back Regisseur: Peter Weir Kamerawerk: Russel Boyd Rolverdeling: Jim Sturgess, Ed Harris, Colin Farrell, Saoirse Ronan Looptyd: 133 minute Dié film is gegrond op die ware verhaal van sewe gevangenes, meestal Pole, wat in die 1930’s as “vyande van die staat” in een van Stalin se strafkampe in Siberië gevange gehou is. Ná maande lange voorbereidings kry hulle dit reg om tydens ’n sneeustorm te ontsnap. Teen alle verwagting...

Flikker: Bridesmaids – nie juis ordentlik nie
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-06-30
Untitled Document Bridesmaids Regisseur: Paul Feig Kamerawerk: Robert D Yeoman Rolverdeling: Kristen Wigg, Maya Rudolph, Rose Byrne, Melissa McCarthy Looptyd: 125 minute Ten spyte van die titel is Bridesmaids geensins jou standaard chick lit-fliek nie. Inteendeel, jou flieksmaak moet ’n bietjie af wees om dit te waardeer (dink: There’s something about Mary en The sweetest thing). Annie (Kristen Wigg) en Lillian (Maya Rudolph) is beste vriende van skooldae af, en beide is nou al...

No strings attached – ’n verfrissende goeie Vrydagaandfliek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-05-17
Untitled Document No Strings Attached Regisseur: Ivan Reitman Kamerawerk: Rogier Stoffers Rolverdeling: Natalie Portman, Ashton Kutcher, Kevin Kline Looptyd: 110 minute Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe nodig ’n goeie Vrydagaandfliek is nie: daardie flieks waar jy net kan terugsit en ontspan, maar jy wil darem nie jou tyd mors met iets wat bloot laf of plein dom is nie. Daar is talle in die genre romantiese komedies wat aan die bostaande beskrywing voldoen, maar No Strings Attached is...

Jane Eyre – ’n Klassieke roman foutloos herskep in film
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-05-17
Untitled Document Jane Eyre Regisseur: Cary Fukunaga Kamerawerk: Adriano Goldman Rolverdeling: Mia Wasikowska, Michael Fassbender, Judi Dench, Jamie Bell, Sally Hawkins Looptyd: 115 minute Vandag het ons die (enigsins kunsmatige) genre chick lit, maar die lesers van die 1800’s had Jane Austen se bekoorlike romans, sowel as Emily Brontë se Wuthering Heights (menige skoolkind van my generasie se voorgeskrewe boek) en Charlotte Brontë se Jane Eyre. Al drie skrywers se boeke is al...

Flikker:Of Gods and Men stel moeilike vrae
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-12
Untitled Document Of Gods and Men (2010; Frans met Engelse onderskrifte) Regisseur: Xavier Beauvois Kamerawerk: Caroline Champetier Rolverdeling: Lambert Wilson, Michael Lonsdale, Olivier Rabourdin Looptyd: 120 minute Met vanjaar se Oscars verby, is daar dadelik ’n insinking in die aanbod in ons fliekkringloop. Desnieteenstaande moet die verspreiders van harte bedank word dat films soos hierdie enigsins vertoon word, al vermoed ek dis vir ’n baie klein gehoor. Daar is godsdiens en...

Flikker: Of Gods and Men stel moeilike vrae
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-08
Of Gods and Men (2010; Frans met Engelse onderskrifte) Regisseur: Xavier Beauvois Spelers: Lambert Wilson, Michael Lonsdale, Olivier Rabourdin Met vanjaar se Oscars verby, is daar dadelik ’n insinking in die aanbod in ons fliekkringloop. Desnieteenstaande moet die verspreiders van harte bedank word dat films soos hierdie enigsins vertoon word, al vermoed ek dis vir ’n baie klein gehoor. Daar is godsdiens en daar is spiritualiteit, en soms lyk dit of die twee niks met mekaar te doen...

Flikker: True Grit te veel van ’n verwenning
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-08
Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Hailee Steinfeld, Jeff Bridges, Matt Damon Looptyd: 100 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Februarie 2011 Ek is gewoonlik dol oor die Coens se flieks, maar hul weergawe van ’n western is dalk ietwat te veel van ’n verwenning (goeie Afrikaans vir “indulgence”). Dit ontbreek die film egter nie aan styl nie, met noulettende aandag aan detail en pragtige kinematografie. Daarby word ’n...

Flikker: ’n Paradise Stop by eg SA misdaad en humor
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-05
Paradise Stop Regisseur: Jann Turner Spelers: Rapulana Seiphemo, Kenneth Nkosi, Nick Boraine Suid-Afrikaanse films raak al hoe beter; dit maak my sommer opgewonde! Jare lank het die meeste van ons films so ’n amateuragtigheid gehad (wat ek die cringe-faktor noem), maar laasjaar is afgesluit met Spud, wat in alle opsigte puik afgerond was. Hierdie fliek is deur dieselfde span wat vir die komedie White Wedding gesorg het – regisseur Jann Turner en die twee vriende Rapulana Seiphemo...

Flikker: Never Let Me Go – als pas perfek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-04-05
Never Let Me Go Regisseur: Mark Romanek Kamerawerk: Adam Kimmel Spelers: Carey Mulligan, Keira Knightly, Andrew Garfield, Charlotte Rampling Looptyd: 103 minute Blykbaar het wetenskapfiksieskrywers per geleentheid gekla dat hulle nie kan voorbly met die uitdink van vergesogte storietemas nie, want die wetenskap haal hulle al vinniger in. Hierdie film ondersoek die morele en etiese kwessies rondom die gebruik en oes van menslike organe. Een van die vele slim tegnieke wat gebruik word, is dat die...

The King's Speech: ’n Pragtige, menslike drama
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-03-01
Untitled Document The King’s Speech Regisseur: Tom Hooper Kamerawerk: Danny Cohen Rolverdeling: Colin Firth, Geoffrey Rush and Helena Bonham Carter Looptyd: 118 mins Agter die baie bekende historiese gebeure van die abdikasie van koning Edward VIII in 1936 en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 lê ’n stukkie pynlike, persoonlike koninklike geskiedenis: die spraakgebrek waaraan koning George VI sedert kindsdag gely het. Ná sy streng, onversetlike...

Black Swan is briljant, maar ontstellend
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-02-09
Regisseur: Darren Aronofsky Kamerawerk: Matthew Libatique Rolverdeling: Natalie Portman, Mila Kunis, Barbara Hershey, Vincent Cassel Looptyd: 110 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 4 Februarie 2010 Laat ek dit dadelik sê: Ek was shell-shocked toe ek uit die teater stap. Hierdie film is briljant, maar ontstellend. Die danssekwens in die openingstoneel laat ’n mens reeds regop sit in jou stoel. Thomas Leroy (Vincent Cassel) se New Yorkse balletgeselskap sukkel om finansieel...

Flikker: The Secret in their Eyes verbluffend ineengevleg
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-02-03
The Secret in Their Eyes (2009; Spaans, met Engelse onderskrifte) Regisseur: Juan José Campanella Kamerawerk: Félix Monti Spelers: Ricardo Darín, Soledad Villamil, Pablo Rago Looptyd: 127 minute ’n Oscar is nie noodwendig ’n betroubare aanduider van gehalte nie (onthou Chicago as beste rolprent van 2003?), maar die toekenning in die kategorie beste buitelandse rolprent lewer gewoonlik ’n film op wat die moeite werd is. Dis beslis die geval met hierdie...

Flikker: Ligte aanslag in The Concert is ’n vreugde
Suzette Kotzé-Myburgh - 2011-01-11
The Concert Regisseur: Radu Mihaileanu Rolverdeling: Aleksey Guskov, Dmitri Nazarov, Mélanie Laurent, François Berléand, Miou-Miou As die fliekjaar só begin, kan hy maar aanhou! Hier is nou ’n Franse komedie, oor Russe – sien die potensiaal? – wat die nuwejaarsblues klinkend verdryf. By verlede jaar se Césars het dit twee pryse verower en ’n verdere vier benoemings ontvang. Andrei Filipov (Aleksey Guskov) was in 1980 die Bolsjoi-simfonieorkes...

Liefling ’n bietjie soos ’n advertensie van mooi mense in sagte fokus
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-11-24
Liefling Regisseur: Brian Webber Kamerawerk: Paul Krüger Rolverdeling: Lika Berning, Bobby van Jaarsveld, Rouel Beukes, Elize Cawood, Alwyn Swart, Sylvaine Strike, Paul du Toit Looptyd: 114 minute Dis as’t ware Pretoria gaan Harties toe, spesifiek die kunstenaarsdorpie Kosmos. Gé Korsten se ou trefferlied word afgestof en daaromheen word ’n dunnerige liefdesverhaal gebou, maar dis ’n volwaardige musiekblyspel – in Afrikaans! En dis allerpragtig verfilm, al...

Kortaf: The Social Network is ’n uitstekende ontleding van waar die samelewing vandag staan
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-11-24
The Social Network Regisseur: David Fincher Kamerawerk: Jeff Cronenweth Rolverdeling: Jesse Eisenberg, Andrew Garfield, Justin Timberlake, Brenda Song, Rooney Mara, Armie Hammer, Max Minghella Looptyd: 126 minute Sedert die ontwikkeling van papierdrukkuns in die vyftiende eeu het advertensies gevolg. Teen die twintigste eeu was dit algemeen en het die verbruikersamelewing behoorlik beslag gekry. En toe kom die een-en-twintigste eeu en Facebook: waar die mens homself (en beslis ook haarself) adverteer....

Flikker: Gaan kyk gerus na Susanna van Biljon
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-10-13
Susanna van Biljon Regisseur: Bromley Cawood Rolverdeling: Karen Zoid, Marie du Toit, David Rees, Leandie du Randt, Nico Panagio Hierdie jaar het ons geen tekort aan Afrikaanse films nie. Net in die laaste klompie maande was daar Jakhalsdans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en nou Susanna van Biljon. Van dié drie kry laasgenoemde my stem – Franz Marx as regisseur kén sy (populêre) Afrikaanse mark. Maar vir dié wat Nicholis Louw se springery op die...

Flikker: Meditatiewe Oceans is iets besonders
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-10-13
Oceans Regisseur: Jacques Perrin, Jacques CluzaudLooptyd: 84 minute Verlede jaar was daar Earth uit die Disney-stal, nou opgevolg deur Oceans, in ’n sterk poging om bewaringsbewustheid te vestig, beginnende by jong kinders. ’n Seun word in die raamvertelling gebruik waar die see en al sy wonderbaarlike en fabelagtige – en snaakse! – kreature aan die kyker bekend gestel word. Anders as in Earth word die minimum kommentaar gebruik. Die twee Franse regisseurs laat spoel...

Flikker: Haas jou na die teater om Oorlogswinter te sien
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-10-13
Oorlogswinter (Winter in Wartime) Regisseur: Martin Koolhoven Kamerawerk: Guido van Gennep Rolverdeling: Martijn Lakemeier,Yorick van Wageningen, Jamie Campbell Bower Looptyd: 103 minute Ek was nie lus vir nog ’n oorlogfliek nie, maar kollega François Bloemhof se resensie het my oortuig om te gaan kyk. Wat ’n uitstekende fliek! Anders as wat die voorprent ’n mens laat glo, is dit nie ’n tipiese oorlogfliek vol gevegstonele wat net aanhou en aanhou nie. Dis ’n...

Flikker: Agora bied ’n spieël aan ons in die moderne tyd
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-09-15
Agora Regisseur: Alejandro Amenábar Kamerawerk: Xavi Giménez Rolverdeling: Rachel Weisz, Max Minghella Looptyd: 126 minute Daar is tans nog verdienstelike films op ons kringloop, soos Please Give en Chloe, maar Agora is die een wat dalk die maklikste misgekyk kan word. Rachel Weisz is skitterend in die rol van Hypatia, ’n jong wiskundige en astronoom van Alexandrië in die vierde eeu ná Christus. Sy gee klas by die beroemde biblioteek van Alexandrië, en haar...

Flikker: Mao's Last Dancer bied net die regte mengsel van romanse, spanning en dans
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-09-15
Mao’s Last Dancer Regisseur: Bruce Beresford Kamerawerk: Peter James Rolverdeling: Chi Cao, Bruce Greenwood, Kyle MacLachlan, Joan Chen, Wang Shuangbao, Amanda Schull, Ferdinand Hoang Looptyd: 117 minute Soos blyk uit Cinema Nouveau se weeklikse trefferlys, is hierdie film ’n maklike keuse. Dis een van daardie flieks wat gemaklik op die skeiding tussen populêre en kunsfilms staan – iets wat moeiliker is as wat dit lyk. Dis gegrond op die ware verhaal van die balletdanser...

Flikker: The White Ribbon een van vanjaar se beste kunsfilms
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-08-12
Oorspronklike titel: Das weisse Band Regisseur: Michael Haneke Kamerawerk: Christian Berger Rolverdeling: Christian Friedel, Burghart Klaussner, Susanne Lothar, Maria-Victoria Dragus Looptyd: 140 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 30 Julie 2010 The Piano Teacher (2001) deur die Oostenrykse regisseur Michael Haneke was ’n meesterlike uitbeelding van repressie in die Freudiaanse sin (dalk ’n huldeblyk aan sy beroemde landgenoot?). Haneke se jongste film wys ons weer die gevolge...

Daring Doccies Filmfees – Zeitgeist: Addendum en Mugabe and the White African
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-08-03
Die Labia-teater in Kaapstad bied tans ’n filmfees met dokumentêre films aan: Daring Doccies (nog tot 5 Augustus). Dit sluit in films soos Gas Hole (oor die wêreldekonomie se afhanklikheid van olie en die aantyging dat alternatiewe energiebronne onderdruk word), I.O.U.S.A. (oor Amerika se stygende skuldkrisis en die implikasies daarvan vir die res van die wêreld) en The Threat (Venezuela beskik oor die wêreld se grootste oliereserwe, maar die land se charismatiese leier,...

Flikker: Robin Hood 'n aangename verrassing
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-13
Regisseur: Ridley Scott Kamerawerk: John Mathieson Rolverdeling: Russell Crowe, Cate Blanchett, Matthew Macfadyen, Mark Strong, Oscar Isaac, Kevin Durand, Mark Addy, William Hurt, Danny Huston, Max von Sydow Looptyd: 140 minute Sommige resensente het gekla dat die fliek nie die “regte” Robin Hood wys nie, maar ek was baie aangenaam verras deur hierdie “prequel” van die bekende verhaal. Robin (Russell Crowe) en sy latere manne is deel van die Engelse...

Flikker: Endgame 'n interessante kykie na die storie ágter die storie
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-13
Regisseur: Pete Travis Kamerawerk: David Odd Rolverdeling: William Hurt, Chiwetel Ejiofor, Jonny Lee Miller, Mark Strong, Derek Jacobi, John Kani Looptyd: 101 minute ’n Baie interessante kykie na die storie ágter die storie van die NP-regering se onderhandelde skikking met die ANC, wat tot die land se eerste demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. Die manne wat sentraal staan, is Thabo Mbeki (’n sjarmante vertolking deur Chiwetel Ejiofor) en Willie Esterhuyse (William Hurt),...

Flikker: Broken Embraces is vintage Almodvar
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-02
Oorspronklike titel: Los Abrazos Rotos Regisseur: Pedro Almodóvar Kamerawerk: Rodrigo Prieto Rolverdeling: Lluís Homar, Penélope Cruz, Blanca Portillo, Tamar Novas, José Luis Gómez Looptyd: 125 minute Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 18 Junie 2010 Die gevierde Spaanse regisseur Pedro Almodóvar se films is altyd iets om na uit te sien (en dankie aan die fliekowerhede dat ons hulle ten minste in Suid-Afrika te sien kry). Sy nuutste, weer met die allerpragtige...

Flikker: The Imaginarium of Doctor Parnassus 'n kleurryke skouspel
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-07-02
Titel: The Imaginarium of Doctor Parnassus Regisseur: Terry Gilliam Kamerawerk: Nicola Pecorini Rolverdeling: Heath Ledger, Christopher Plummer, Verne Troyer, Lily Cole, Andrew Garfield, Tom Waits, Johnny Depp, Colin Farrell en Jude Law Looptyd: 123 minute My groot motivering om na hierdie fliek te gaan kyk, was Tom Waits, daardie lelike sanger van vreemde musiek. En as Nick, die duiwel, stel Waits hoegenaamd nie teleur nie. Trouens, die nogal brokkerige film word op ’n manier saamgebind...

Flikker: A Serious Man meesterlik
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: A Serious Man Regisseur: Joel Coen & Ethan Coen Kamerawerk: Roger Deakins Rolverdeling: Michael Stuhlbarg, Sari Lennick, Fred Melamed, Richard Kind Looptyd: 105 minute Dante Alighieri het sy meesterstuk Die goddelike komedie genoem. Ja, nè, en op die ou end is dit net God wat lag, sê Joel en Ethan Coen met hulle nuutste film. Sommer met die proloog (’n outydse tafereeltjie wat in Pole afspeel en die befaamde Jiddisje tradisie van lewenswyshede-in-verhaalvorm satiriseer)...

Flikker: Taking Woodstock 'n klein film met 'n groot hart
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: Taking Woodstock Regisseur: Ang Lee Kamerawerk: Eric Gautier Rolverdeling: Demetri Martin, Jonathan Groff, Imelda Staunton, Emile Hirsch, Eugene Levy, Liev Schreiber Looptyd: 120 minute Dis altyd wonderlik as ’n groot regisseur soos Ang Lee ’n klein film met ’n groot hart aanpak. Hierdie een kyk na die storie ágter die storie van die beroemde (ook berugte) Woodstock-musiekfees in Augustus 1969. Nadat die owerhede van Woodstock toestemming vir die fees geweier het,...

Flikker: Mother and Child 'n stewige Hollywood-drama
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-25
Titel: Mother and ChildRegisseur: Rodrigo GarcíaRolverdeling: Annette Bening, Samuel L Jackson, Naomi Watts en Kerry WashingtonLooptyd: 125 minute As ’n fliek met hierdie titel strategies kort voor Moedersdag uitgereik word, kan ’n mens seker jou sinisme en verwagtings van sentimentele snert vergewe word. Toe heeltemal nie. Hierdie is ’n stewige drama soos ek lanklaas uit Hollywood gesien het, en as Ma en veral Ouma nie regtig oopkopmense is nie, moet jy dalk twee keer dink...

Flikker: Hachiko, A Dog’s Story verwarm
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Titel: Hachiko, A Dog’s StoryRegisseur: Lasse HallströmRolverdeling: Richard Gere, Joan Allen, Cary-Hiroyuki Tagawa, Sarah Roemer en Jason AlexanderHierdie is ’n moet vir diere- en veral hondeliefhebbers. Die sterre is uiteraard die absoluut pragtige Akita-honde, ’n skaars Japannese ras. Die verhaal is gebaseer op ’n ware gebeurtenis uit die 1930’s in Japan, maar hier is kollegeprofessor Richard Gere in ’n stewige vertolking. Die Japannese element word egter...

Flikker: Séraphine besonders in sy eenvoud
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Titel: SéraphineRegisseur: Martin ProvostRolverdeling: Yolande Moreau, Ulrich Tukur, Anne Bennent, Geneviève Mnich and Nico Rogner Séraphine Louis, wat bekend staan as Séraphine de Senlis (van die Franse dorpie Senlis), kan volgens my as ’n ware outsider artist beskryf word. Sy het vroeg in die twintigste eeu as ’n brandarm skropvrou in rykes se huise gewerk en wasgoed gedoen, maar elke stukkie vrye tyd en elke sent het sy aan haar skilderwerk bestee. Haar...

Flikker: The Accidental Husband val plat
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Regisseur: Griffin DunneRolverdeling: Uma Thurman, Colin Firth en Jeffrey Dean MorganIn Amerika, só vertel my geëmigreerde vriendin my, is brandweermanne groot, veral ná 9/11. Waar ons ons plaaslik vermaak met brandslanggrappies en so meer, is dit in Amerika heel normaal dat ’n brandweerman die held van ’n romantiese fliek is. Patrick Sullivan (Jeffrey Dean Morgan) uit New York se geromantiseerde werkersklasbuurt Queens (hy lyk soos die arm man se Javier Bardem) het...

Flikker: Jakhalsdans heel kykbaar
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-05-19
Regisseur: Darrell James RoodtDraaiboekskrywer: Deon MeyerRolverdeling: Theuns Jordaan, Elizma Theron, Christina Storm en Neil Sandilands Ek vang myself dat ek oorkrities kan wees by Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, flieks, dus was ek bedug vir hierdie film deur regisseur Darrell James Roodt, met die bekende Deon Meyer as draaiboekskrywer. Die storie is maar enkellynig: ’n skooljuffrou (Elizma Theron) wat ’n nuwe intrekker op die Karoodorpie Loxton is, vrees dat sy alles gaan verloor...

Shutter Island ’n grinterige en verrassende sielkundige riller
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-04-29
Titel: Shutter IslandRegisseur: Martin ScorseseKamerawerk: Robert Richardson Rolverdeling: Leonardo diCaprio, Mark Ruffalo, Michelle Williams, Ben Kingsley, Max von Sydow Looptyd: 135 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 12 Maart 2010 Die blote feit dat hierdie film op ’n boek deur Dennis Lehane gebaseer is, kon ’n mens al daarvan laat kennis neem het. ’n Paar jaar gelede het ons Run, Baby, Run, ook deur Lehane, gesien in die uitstekende film met Ben Affleck as regisseur (sy...

Nine ’n fees vir die sinne
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-03-17
Titel: NineRegisseur: Rob MarshallSpelers: Daniel Day-Lewis, Sophia Loren, Penélope Cruz, Nicole Kidman, Marion Cotillard, Kate Hudson, Judi Dench, Fergie Looptyd: 118 minute Lanklaas het ’n voorprent my soveel laat uitsien na die film, en Nine, ’n navolging van die werk van Federico Fellini, het my nie teleurgestel nie. Inteendeel; hierdie film is ’n fees vir die sinne – ’n (manlike) fantasie uitgedruk in meesleurende sang en dans. Guido Contini, die groot...

Vele snaaksighede in Jozi
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-03-05
Titel: JoziRegisseur: Craig FreimondRolverdeling: Carl Beukes, Lionel Newton, Nick Boraine, Jena Dover, Lindi MatshikizaEk sal my oogtande gee vir ’n goeie Suid-Afrikaanse komedie, maar aangesien dié so skaars soos hoendertande is, is my gebit nog heel. Nou is daar Jozi, deur regisseur Craig Freimond. Die hoofkarakter, James (Carl Beukes), is ’n suksesvolle draaiboekskrywer, maar sy dwelmprobleem is besig om die oorhand te kry. Sy vriende en familie, in samewerking met die Narkotikaburo,...

Up in the Air aweregs en skerp in sosiale kritiek
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-02-24
Titel: Up in the AirRegisseur: Jason Reitman Kamerawerk: Eric Steelberg Rolverdeling: George Clooney, Vera Farmiga, Anna Kendrick, Jason Bateman Looptyd: 105 minuteUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 29 Januarie 2010Van die regisseur Jason Reitman kan jy altyd iets aweregs verwag. So het Thank You for Smoking die skynheiligheid van die tabakbedryf ontbloot, terwyl Juno ’n tienerswangerskap as tema het. Sy nuutste is nie minder skerp in sy sosiale kritiek nie. Ryan Bingham (George Clooney)...

Flikker: An Education ’n stil, stadige film
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-02-08
Titel: An EducationRegisseur: Lone ScherfigLooptyd: 95 minGrootwordfilms is ’n bekende genre, en tog is dit altyd verfrissend om ’n jongeling se deurgangsrite dop te hou. Hierdie verhaal speel af in Londen in die 1960’s, met die matriekmeisie Jenny Miller wat voorberei vir toelating tot Oxford. Dis hoofsaaklik op haar pa (voortreflik gespeel deur Alfred Molina) se aandrang, dus word Jenny se voete maklik onder haar uitgeslaan deur die veel ouer Peter (Peter Saarsgard). Saam met...

Flikker: Rainbow Skellums ’n taamlike flou poging
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-19
Regisseur: Andre ScholtzRolverdeling: Alexa Strachan, Kevin EhrenreichUitreikingsdatum in Suid-Afrika: 23 Desember 2009Rainbow Skellums was my patriotiese bydrae so vroeg in die jaar, maar dis ’n taamlike flou poging van die steelkameras. ’n Mens besef net weer hoe goed regte komedie gedoen word, want hoewel al die situasies in die fliek snaaks is (het ek weer besef toe ek dit na die tyd vir iemand beskryf), kon dit vir bitter min uit-die-maag-laggery sorg. Dis ’n riem onder die...

Flikker: Every Little Step hoofsaaklik vir aanhangers
Suzette Kotzé-Myburgh - 2010-01-19
Regisseurs: Adam Del Deo en James D SternGenre: Dokumentêr Looptyd: 92 minuteEvery Little Step, die dokumentêr oor die oorspronklike Broadway-opvoering A Chorus Line, gekombineer met die herlewing daarvan in die huidige tyd is hoofsaaklik vir aanhangers. Honderde hoopvolles het opgedaag vir die oudisies, en die kyker sien hoe hulle in groepe beoordeel en gesif word, tot die uiteindelike finale oudisies en die aankondiging van wie geslaag het. Dis net eenvoudig verstommend om te sien wat...


<< 1 2 >>