Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Liriekfabriek

Liriekfabriek


<< 1 >>

Liriekfabriek: Toast Coetzer
Annie Klopper - 2008-09-09
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Vir my moet ’n goeie liriek dinge in my kop laat draai wat selfs sterker as die tune self is. Dit moet in kort sinne my gedagtes aan die gang sit sodat ek die liedjie op my eie kan verteer, my eie kan maak, in my lewe kan voeg soos Disprin in water, tamatiesous oor chips, shampoo in my hare. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê? Dit hang af waarvan jy hou, maar albums wat vir my musiek en lirieke...

Liriekfabriek: Amanda Strydom
Annie Klopper - 2008-08-22
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Vir my is die liriek die vleis van 'n lied, die fondament waarop 'n lied gebou word. Sonder 'n sterk fondasie val die huis inmekaar. Lirieke wat 'n storie vertel en die luisteraar boei, lirieke met fyngekose woorde wat enige onderwerp aanspreek, is goeie lirieke. En duidelike diksie is vir my belangrik - mens wil tog hê die luisteraar moet hoor wat jy geskryf het. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak...

Liriekfabriek: Gerald Clark
Gerald Clark - 2008-08-22
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed?Lirieke benodig ’n eerlike aanslag. Dit is waarop mense reageer en dit is wat mense laat luister. As skrywer sal jy ’n stemmetjie hoor binne jou wat jou gou sal vertel of jy nou iets uit jou duim suig of uit jou hart laat kom. Laasgenoemde maak goeie lirieke.Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê?Enige album van Koos Kombuis, Valiant Swart, David Kramer, Fokofpolisiekar en Leonard Cohen.Is die skryf van...

Liriekfabriek: Hanru Niemand
Hanru Niemand - 2008-08-13
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Ek huiwer altyd om spesifieke kriteria te noem, want daar sal altyd een song wees wat daardie “reëls” verbreek. Maar as ek moet waag, sou ek sê dat ’n paar goed vir my belangrik is. Die liriek moet klankryk wees, en op so ’n manier die musiek komplementeer. Die beeldspraak moet oorspronrklik wees, en verkieslik moet die beeldspraak self ook op ’n manier koherent wees. Dit pla my dikwels as mense ’n...

Liriekfabriek: Sean Else
Sean Else - 2008-08-12
Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Lirieke is 'n baie persoonlike ervaring. Dit ontstaan en groei uit die omstandighede en agtergrond van elke skrywer. Die beste liriekskrywers is dié mense wat met ekonomie van woorde 'n eerlike storie of emosie aan iemand anders kan oordra in totale samewerking met die universele taal van die musiek. Elke woord is musikaal vanself. Die rym en klank van elke woord is van nature ontsettend belangrik. Maar ek voel die geheim is om die regte...

Liriekfabriek: David Kramer
David Kramer - 2008-08-12
I could write a book about what I think of lyric writing, but let me be as brief as possible:A lyric is not a poem and needs to conform to a structure and specific form. A poem often needs to be read again and again for its intention to be revealed, but a lyric has to be sung and understood on first hearing. In some ways it’s like that competition where you have to write a story with only seventeen words. It needs to be concise, much like a haiku. Another analogy would be miniature painting...

Liriekfabriek: Francois Blom
Annie Klopper - 2008-06-12
Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Ek het geen idee nie. Die eerste ding wat ’n mens opval is seker die tema. As die lirieke jou emosies verwoord of jou opinies deel, is die kans groter dat jy van die song gaan hou. Dis hoekom liefdesliedjies so populêr is en lofgesange aan Satan minder gewild is. Elemente wat gewoonlik my aandag trek, is slim woordspel, verbeeldingryke beskrywings en ongewone temas. Wat my ’n kramp gee is wanneer ’n sin in ’n...

Liriekfabriek: Lize Beekman
Annie Klopper - 2008-06-12
Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Lirieke kan as “goed” beskou word as alles wat daarmee saamgaan – die melodie, die struktuur, die ritme, die rym (en selfs soms die afwesigheid van rym) – so mooi bymekaar kom en ’n geheel vorm dat die luisteraar dit nie oplet nie, en van begin tot einde ingetrek word in die inhoud (die emosie, die prentjies, die storie) van die liedjie. (As ’n ontwerper ’n rok gemaak het wat vir ’n minuut op die...

Liriekfabriek: Bouwer Bosch
Straatligkinders

Bouwer Bosch - 2008-05-21
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Wanneer iemand iets wat al baie keer gesê is, op ’n nuwe manier kan sê sonder dat dit “cheesy” klink, en ook wanneer dit eg is. Lirieke is baie meer kragtig as die kunstenaar die lirieke uitleef. Jou lirieke is jou leefstyl. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê? Thrice – The artist in the ambulance Dashboard Confessional – A mark, a mission, a brand,...

Liriekfabriek: Louis van Rensburg
Annie Klopper - 2008-05-21
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Taalvaardigheid by die skrywer is sekerlik 'n belangrike eienskap van goeie liriek. Daarmee saam ’n intuïtiewe aanvoeling vir die woordkuns - die vermoë om die regte klank/woord in die regte ruimte te plaas, sonder om iets aan die kwaliteit van die teks prys te gee. 'n Mens word waarskynlik gebore met hierdie vermoë; dit is 'n spontane proses by die begaafde skrywer. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber...

Liriekfabriek: Lara Frances
Lara Frances - 2008-05-21
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Dit is outomaties meer betekenisvol vir my as kunstenaars hul eie lirieke skryf. ’n Mens kan onmiddellik sien wanneer mense nie heeltemal verstaan wat hulle sing nie, as hulle nie self die lirieke geskryf het nie. Ek hou daarvan om musikante se lirieke te lees asof dit 'n storie is. Veral iemand soos Sheryl Crow of Dave Matthews – dit “grip” jou en jy wil net verder lees om uit te vind wat hy/sy volgende gaan...

Liriekfabriek: Johan Stemmet
Johan Stemmet - 2008-05-15
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed?Vanselfsprekend ’n goeie, sinvolle struktuur en rym, en dan natuurlik die tema wat jy aanpak en hoe jy dit aanspreek. Jou speel met en gebruik van die taal om ’n gedagte op ’n interessante manier oor te dra maak jou liriek anders as dié van die volgende skrywer. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê?Rod McKuen se The Sea, The Earth, The Sky. Enige Jacques Brel: “L'homme de la mancha...

Liriekfabriek: Bertie Coetzee
Annie Klopper - 2008-05-15
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Lirieke moet eerlik wees; as dit nie is nie, luister ek nie eers verder nie. Dit moet maak dat ek iets of 'n idee waarmee ek goed bekend is, anders sien. Die frasering moet goed wees en die klanke van die woorde moet rol in jou kop. Daai dubbel-negatief waarmee ons altyd so sukkel moet nie so geskryf word. 'n Ou in Zambië het, nadat ek op die stage gespring het saam met 'n Bob Marley lookalike genaamd Sumatta Lubassi, vir my...

Liriekfabriek: André Swiegers
Annie Klopper - 2008-05-15
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Oorspronklikheid, om clichés en “kinderrym” te vermy. Dan ook: die lirieke moet geloofwaardig kan inskakel by die musiek – soos ’n huwelik tussen musiek en woorde. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê? Sergeant Pepper's Lonely Hearts Club Band (Beatles) Blood on the Tracks (Bob Dylan) Tea for the Tillerman (Cat Stevens) Ten Summoner’s Tales (Sting)...

Liriekfabriek: Chris Chameleon
Chris Chameleon - 2008-04-24
1. Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? As ’n mens dit met die eerste hoor of lees dadelik iets daarvan inneem, dit dadelik iets in jou roer, maar met die weer en weer lees steeds nuwe dinge daarin ontdek. Wanneer dit ’n tydlose gedagte bevat, maw dit moet oor 100 jaar nog steeds so relevant soos die dag wat dit geskryf is bly. As dit lyk of die liriek die skrywer gebruik het om gebore te word, en nie of die skrywer die lied geskryf het nie. 2. Watter vyf albums...

Liriekfabriek: Frederick den Hartog
Die Helde

Frederick den Hartog - 2008-04-24
1. Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Wel, volgens my is dit bloot eerlikheid, en wanneer die lirieke op 'n subtiele en diskrete wyse die musikale inhoud van die liedjie komplimenteer. 2. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê? Incubus - Morning view Sting - Fragile The Shins - Wincing the night away Kings of Leon - Because of the times Johannes Kerkorrel - Diep 3. Dink jy die skryf van lirieke is die digkuns van die nuwe geslag? Is daar tegniese...

Liriekfabriek: Abel Kraamsaal
Annie Klopper - 2008-04-24
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Lirieke moet nie wishy-washy wees nie. Die lirieke moet jou verbeelding aangryp en jou op 'n toer neem. Ek is 'n voorstander van lirieke waarvan die letterlike interpretasie nie eens naastenby die boodskap oordra nie. Mens moet gaan diep krap in die woorde om die subteks en tema raak te lees. Amper soos 'n raaisel. Die lirieke gee vleis en binnegoed aan 'n song. Daar's niks so vieslik vir my soos leë lirieke nie. Watter...

Liriekfabriek: Hunter Kennedy
Fokofpolisiekar, aKING en Die Heuwels Fantasties

Hunter Kennedy - 2008-04-17
Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Ek hou daarvan as die lirieke meer as een ding kan beteken. Dit moet 'n visuele storie vertel. En dit moet lekker wees om te sing. Die melodie bepaal ook in 'n groot mate of die liriek suksesvol is of nie. Dit moet met mense praat op 'n menslike vlak. Watter vyf albums behoort elke musiekliefhebber op sy/haar rak te hê? Paul Simon – Graceland Bruce Springsteen – Nebraska Thin Lizzy - Greatest Hits Jay Z - Black Album...

Liriekfabriek: Richard van der Westhuizen
Richard van der Westhuizen - 2008-04-16
Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? 'n Liriek is nie 'n gedig nie, en gaan hand aan hand met 'n stuk musiek. Hoe beter die twee saamwerk, hoe beter is die liriek. Met saamwerk bedoel ek die volgende: die woorde moet moeiteloos by die musiek inpas, sonder dwang of onnatuurlike beklemtoning, maar moet bowenal die gevoel van die musiek vasvang, die emosionele en sielsinhoud daarvan weerspieël. As daar een of twee frases voorkom wat die liriek uit die alledaagse lig tot...

Liriekfabriek: Anna Davel
Anna Davel - 2008-04-16
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Vir my is dit nie noodwendig hoe intelligent die woorde is, of hoe moeilik en fenomenaal die akkoorde is nie. Dikwels kan die eenvoud van ’n liedjie my meer wegblaas as enige iets anders. Dit is vir my onmoontlik om ’n paar riglyne te gee wat altyd van toepassing sal wees. ’n Liedjie kan vir my briljant wees bloot omdat daar een sin in die liriek is wat my aangryp en wat vassteek. Dit kan ook iets so basies soos ’n musikale...

Liriekfabriek: Andries Bezuidenhout
Annie Klopper - 2008-04-16
Wat maak die lirieke van ’n liedjie goed? Vir my is ’n liriek goed as dit my op ’n ander manier na die wêreld laat kyk. Of as dit iets wat ek voel of weet, op ’n manier verwoord wat dit beter sê of sing of skree as wat ek self kan. Of dalk laat dit my iets onthou waarvan ek vergeet het, of van iets vergeet waarvan ek graag wíl vergeet. Dalk is daar ’n verskil tussen suksesvolle lirieke en goeie lirieke. "Skarumba" se liriek is dalk ...


<< 1 >>