Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Clinton V du Plessis: Aan die stertkant

Clinton V du Plessis: Aan die stertkant


<< 1 >>

Fokofafrikaans, ’n swanesang
Clinton V du Plessis - 2010-04-13
These are the last words I have to say That’s why this took so long to write. Uit "Famous last words", Billy Joel.   Deesdae woel dit in bruin geledere oor watter standpunt hierdie groep moet inneem in die debat wat woed rondom die naderende afsterwe van die Afrikaanse taal, hoofsaaklik en voorlopig dan in sy hoedanigheid as taal van hoëre funksies. Max du Preez het in ’n onlangse rubriek in By (tot sy en baie ander bruin kommentators se verbasing), hard op Christo van der Rheede...

Suiker(beet) ons wil jou hê, maak nie saak wat die groenes sê
Clinton V du Plessis - 2009-11-10
Die afgelope Dinsdagaand, 27 Oktober 2009, is daar op Cradock ’n openbare vergadering gehou om die verslag oor die omgewingsimpakstudie rondom die voorgestelde suikerbeet-etanol-aanleg van meer as R1 miljard te bespreek. Dié voorgestelde projek word deur sommige gesien as die goue sleutel wat die deur na die poorte van welvaart vir hierdie dorp kan ontsluit, ander weer sien dit as die klok wat die dood gaan inlui van ’n grootliks landelike bestaan met die gepaardgaande byvoordele...

Oor gemoedelike lokale realisme
Clinton V du Plessis - 2008-05-06
Dit is die kort inskrywing onder “Erkennings” in Etienne van Heerden se In stede van die liefde wat my aan die soek gaan sit tussen die magdom ou tydskrifte in my buitekamer. Hy skryf daar: “Die hoofstuk 'Harare' put uit ‘n artikel van my wat in die vroeë jare negentig in (‘n haas onopspoorbare uitgawe van) De Kat gepubliseer is.”Ek spoor dié uitgawe op (Januarie 1992, jaargang 7, nommer 7, met wyle Koos Prinsloo as sub- en boekeredakteur) – snaaks...

Die lewe is (uiteindelik) net maar ‘n dag
Clinton V du Plessis - 2007-03-30
Dit is nou net langer as ‘n jaar dat ek skoon is en ek sukkel ook nie so erg as wat ek verwag het met die onttrekkingsimptome nie. Word wel nog af en toe in die middel van die nag wakker, ongemaklik met ‘n gevoel van verlies, en staan dan liewers op as om rond te bly rol. (Dit was Dale Carnegie se raad: “If you can’t sleep, then get up and do something instead of lying there and worrying. It’s the worrying that gets to you, not the loss of sleep.”) Aanvanklik het...

Die neukery met nostalgie
Clinton V du Plessis - 2007-03-14
I haven’t fucked much with the past, but I’ve fucked plenty with the future. Over the skin of silk are scars from the splinters of stations and walls I’ve caressed. – Patti Smith, Babelogue. Ons wil almal terugneuk na daar waar ons dink ons ankers lê, na die veilige hawe van die bekende tuiste, terug na die warmte van die baarmoeder van ‘n eens beskutte bestaan.En die meeste van ons wil selfs eendag begrawe word in dáárdie omgewing waar ons wortel...

We will sing our own song
Clinton V du Plessis - 2007-02-20
Ek is ‘n reluctant patriot. Om die waarheid te sê, ek verafsku patriotisme. Samuel Johnson het mos hoeka al gesê: “Patriotism is the last refuge of a scoundrel.” As die politici begin droogmaak of die gepeupel die rat voor die oë draai, val hulle tog te graag terug op patriotisme. Kritiseer die spul en jy is ‘n slegte patriot; hou jou bek en jy is dié brulpadda in die patriotiese koor. Om ‘n goeie patriot te wees is een van die voorvereistes...

So kan dit nie aangaan nie ...
Clinton V du Plessis - 2006-10-24
Die party het ons (en die land) gefaal. Nee, fok, so kan dit nie aangaan nie. Ek het in 1994 gaan stem – vir die eerste en ook die laaste keer. Ek het met die lys name en die foto’s voor my in die klein hokkie gestaan en die merk instinktief gemaak. In dieselfde week waarin daar wyd gerapporteer word oor die parlementslede wat betrokke was by die reisskandaal, verskyn daar ’n klein beriggie in Rapport (bl 13, Nuus, 22 Oktober 2006). Onder die opskrif “Tjoppie het hom in...

Exit
Clinton V du Plessis - 2006-07-07
Ek het nog nie Robin Sharma se The monk who sold his Ferrari gelees nie, maar vir my was dit makliker as wat ek ooit gedink het dit sou wees. Dit was weer net na middernag, soos die vorige keer … Ek het ongemaklik wakkergeskrik – amper soos Bruce Springsteen met daardie “freight train running through the middle of my head”-gevoel. Moeisaam het ek die skakelaar raakgevat – dit het gevoel asof die mure al hoe nader na mekaar beweeg; die kamer het ontsettend klein...


<< 1 >>