Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing

Nuwe skryfwerk | New writing


<< 1 2 3 4 49 >>

cathexis
Jaco Barnard-Naudé - 2011-12-14
cathexis ek het na ’n foto of twee gekyk van my en jou glimlaggend gekiek, ’n gelukkiger tyd van moontlikheid ek het vir jou ’n Facebook-friend request gestuur, Lacan se vermaning gelees "die boodskap keer omgekeerd terug na die sender – die brief is ook ’n koevert" ek het ook meer as een SMS gekomponeer eindelose pogings om met jou te rekonsilieer jou antwoord was ’n bygewerkte internetstilte maar my melankolie kom deesdae tot rou Oedipus steek...

tromsirkel by die ewening
René Bohnen - 2011-12-14


Meditasie, tussen stede
Joan Hambidge - 2011-12-14
Untitled Document Meditasie, tussen stede Die geykte uitdrukking Eating one’s heart out doem voor die geestesoog op tussen twee stede: San Francisco en Los Angeles. Heilige Franciscus? Stad van Engele? Die tussenruimte: beleef en onthou, aankoms en vertrek gister en nou werklikheid en aanvoeling (en al die ander opposisies) laat my soek na die potustornnost of die ander wêreld. Miskien hét ek my hart in San Francisco verloor of agtergelaat. In my dagboek genoteer:...

Los Angeles, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-12-14
Untitled Document Los Angeles, ’n meditasie Soos ’n spoorsnyer in die digte bos snuffelend aan klein tekens stap ek in hierdie stad verby ’n hotel waar ek as jongeling met ’n leerbaadjie vertoef. Hollywood en al die klatergoud het toe bekoor. James Dean en Marilyn Monroe my gode. Sien die modelle vir Jaws en vele rillerfilms. “Framing the sign”, aldus Culler en ek, die woordsnyer wandel verby die handtekeninge in sement. Dean en Monroe is vort, maar lewe...

Kersverhaal-kompetisie: Botoks vir Kersfees
Sonja Cilliers - 2011-12-14
Vyf dae voor Kersfees glip Direlma by dr Fuch se estetiese kliniek in. Styf gespuit stap sy ’n uur later uit. Vee haar kuif oor haar voorkop voor sy by Pick ’n Pay instap sodat niemand die V-vormige driehoekie bloedkolletjies op haar voorkop sal raaksien nie. Tog voel sy hoe ’n paar pare oë haar berekenend betrag. Sy stop vinnig ’n laaste paar lysgoed in die trollie (’n mandjie sou te swaar wees, want sy moet wéér die kussing-sjokoladetjies koop wat...

Kersverhaal-kompetisie: ’n Ware kersverhaal
Gustaaf Pienaar - 2011-12-14
En ek dog nogal “sjalom” is ’n mooi Joodse groetwoord… Talle huiseienaars in ons kusdorp versier Kerstyd hul huise met veelkleurige liggies en so fiets vroutjie en ek nou een Vrydagaand deur die strate om die skouspel te geniet. Ons kom ’n Joodse gesin teë wat op pad terug is van die sinagoge. Die gesin – pa, ma en vier kinders – stap aan die regterkant van die straat. Hulle is uitgedos in deftige wit en swart sinagogeklere. Ons groet en ry verby....

’n Gevoel vir ’n man
Jaco Fouché - 2011-12-13
Die werk is by die kerk. Sy is vier-en-vyftig. “Geen afhanklikes nie?” vra die pastoor. “Nee.” Sy sê nie sy het twee verhoudings beleef waarvan een byna tot ’n huwelik gelei het nie. Dis lank terug. “As jy die ergste las van my kan afhaal tot dit somer is, help dit. Meestal hoef jy net te luister en dan bid jy. Af en toe is iets meer dalk nodig.” Barbara knik. Sy gaan die werk goed doen. “Ek kyk hoe vaar jy. Dit kan permanent wees.” Die...

The Incident on Heron Island
Richard Jurgens - 2011-12-13
Untitled Document I It was blazing out in the open countryside, though the calendars said that it would soon be late October. Hilton Ellis mopped his brow with the spotted handkerchief that he had knotted on his head earlier against the unaccustomed UV rays. They had walked from the bus stop, sweating heavily in the unseasonal warmth, along a long, straight bicycle path lined by a guardian row of elm trees. This had brought them at last to the wooden gate of the little yacht haven on its glittering...

Kersverhaal-kompetisie: Dakarai se beste Krismis
Martie Swanepoel - 2011-12-07
Daar is nege uur tussen my, die Tap-die-laaste-druppel-bloed-uit-jou-werkers-aandele-makelaar, en Oukersaand. Ek sal môre vir Henko en sy gesin in Kanada Skype as hulle wakker word. Ons sal seëninge oor mekaar uitspreek en dan sal ek my Woolies-Krismis-ete uitpak en my eerste bottel wyn oopmaak. En as ek lekker wil tjank vir inspirasie vir die tweede bottel, sal ek weer na Dinner for One kyk. Ja, ou Miss Sophie van Sandton. “Tjorts op my familie,” sal ek sê. Almal...

En dit is die (amperse) einde
Bibi Slippers - 2011-12-07
Die week in woorde Ek het al vroeër vanjaar eenmaal iets geskryf oor Billy Collins se gedig "Aristotle". Maar noudat die einde van die jaar gevaarlik naby is, kon ek nie help om weer daaroor te dink nie. Die reeks beelde wat Collins in hierdie gedig oproep, is om van dronk te raak. En ek bedoel die goeie, duiselende tipe dronk, nie die tipe wat met kantoorpartytjies gepaard gaan nie. Ek het vanaand meditatief verkeer met die laaste strofe van Collins se gedig. Dis nou ek en my meditasie-stasie,...

nou dat dit aand is
Gerhard Bothma - 2011-12-07


Kersverhaal-kompetisie: ’n Kitaar vir Kersfees
Boet Snyman - 2011-12-07
Sy naam is Jan. Sonder dat hy dit weet, vertel sy blouselblou oë ’n storie. Partykeer hartseer en ander kere weer gemaak-happy. Hy bly op die strand en slaap onder ’n stuk seil ... sommerso. Die erg verslete klere change hy nooit nie. Maar hy is nie common nie. Nee ... nee, ek het self gekyk en self gesien. Vandag was hy besig. Dit is besigheid, sê hy, goeie besigheid. Baie kleingeld gekry van ryk vrouens wat skuldig vir hom kyk . Toehande vinnig uithou wanneer...

Meditasie, Herinnering
Joan Hambidge - 2011-12-07
Meditasie, Herinnering Trocadéro, dié woord soos ’n herinnering aan of indruk van ’n vreemde stad, ’n herhalende droom verskyn dit een nag aan my: Tro-ca-dé-ro … Iewers gehoor, gelees, gesien? In die gevoelige oorskulp klink dit op, soos perdepote, geweerskote, hierdie woord, hierdie gelade simboliese woord; plek van handel, glo, oorspronklik. Trocadéro omsluit vir my ’n reis, ’n herbesoek aan ’n ruimte waar ek ’n...

Droewe gondel
De Waal Venter - 2011-12-07
Tomas Tranströmer Sorgegondolen nr 2 Droewe gondel I Twee ou mans, skoonvader en skoonseun, Liszt en Wagner, bly by die Groot Kanaal saam met die rustelose vrou wat getroud is met koning Midas wat alles verander wat hy aanraak in Wagner. Die see se koue groen stoot op deur die paleisvloere. Wagner is gemerk, sy beroemd Punch-profiel is moeër as voorheen sy gesig ’n wit vlag. Die gondel is swaar gelaai met hul lewens, twee retoer en ’n enkel. II ’n Venster...

Deine schöne Gestalt
Marlise Joubert - 2011-12-07
Hy was nooit van hierdie wêreld nie. Veral nie van hierdie stomende stofstrate en verslonste bougainvilleas wat oor onwit gebreekte muurtjies hang nie. Nog minder van meer veraf dinge soos die staalbesems van die kerkklokke wat in die bodorp al om die ander uur hulle vee-ritmes laat klink. As hy was, sou ek seker nie vir jare daarna so dikwels snags van hom gedroom het nie. Soms het ek gedink hy was ’n ander weergawe van ’n Christusfiguur uitgestuur een oggend toe die wind sy...

R5 vir die cocoa, giggels is gratis
Bibi Slippers - 2011-12-01
Die week in woorde Ek het nie werklik dié week veel om te sê nie, behalwe ’n vinnige storietjie oor die beste R5 wat ek die afgelope tyd spandeer het. Dit was by Bikini Beach Books in Gordonsbaai, en ek het dit opgedok vir Wendy Cope se histeriese digbundel Making Cocoa for Kingsley Amis. (Ek het ook R5 gehoes vir Phillip Larkin se High Windows, nog R5 vir ’n versamelbundel van Ted Hughes, R5 vir Kid van Simon Armitage, ens ens ens tot by R50. Maar met die ander...

Tokio, 'n meditasie
Joan Hambidge - 2011-12-01
Tokio, ’n meditasie ’n Nokia met ’n buik gelaai vol sms’e, ’n Dell Vostro met leggers vol herinneringe en foto’s geneem met ’n digitale kamera, twee e-posbusse wat swel by die dag. Ek maak my los van hierdie boodskappe, aanmanings, registrasies. You’ve got mail! raas die inboks in die Shiba Park-hotel. Vroeër immer so ’n kamer gedeel of verlang na die ander, die immer afwesige of vertrekkende. Nou is die hotelkamer ’n lafenis,...

Op die Waagplein
Marlise Joubert - 2011-12-01
Ek het lanklaas iets van jou gehoor. My man het melding gemaak, net terloops, van jou e-pos-brief – reeds maande terug – wat die troue van jou seun, Balt, in die klein stad Kampen langs die Ijselmeer, beskryf het. Hy sou die brief vir my wys, maar soos dikwels het hy tussen al die saketransaksies vergeet daarvan. Nie moedswillig nie. Net vergeet. Ek het nou daarvan onthou. Ek het ook onthou dat ek lanklaas enigiets van jou gehoor het. Ek was die hele dag ongelukkig hieroor,...

Kersverhaal-kompetisie: ’n Tweede kans vir Kersfees
Maritza Meiring - 2011-11-29
Verslons en verslete ploeter hy in die straat rond. Van asblik tot asblik, honger vingers vat en gryp en grou. Niks! Leeg! Net leë papiersakke – niks vir sy grommende, leë maag nie! “Vrate!” skel hy. “Selfsugtige vrate!” Skoorvoetend en skoppend strompel hy sy weg deur die eensame straat. Moeitevol knyp hy die koerant, al geel van ouderdom, stywer onder sy arm vas. Die koerant is al wat hy oor het van sy lewe. ’n Lewe wat was. Al wat nog vir die dag...

Kersverhaal-kompetisie: Kersfees met hom
Rhona Scheepers - 2011-11-29
Waar sy vroegoggend na die kombuis sluip, voel sy die verlange brand. Die pyn in haar bors skud sy diepe sugting af. Haar oog vang die tafel. Wit en silwer was die tema wat sy gekies het. Die duursaamheid op haar oorlede ma se wit tafeldoek klimaks tot mooi. Hier en daar ’n rooi kruldraad in die lang regop houers. Vir werklikheid van onthou. Gisteraand het sy eers die pakkie toegedraai. Met silwer papier en ’n wit lint kruis en dwars daarom. Ferm het haar vingers gewerk, nes sy...

Kersverhaal-kompetisie: Die apteker
Linda Möller - 2011-11-29
Hy stap by die apteek in, en ignoreer blatant die man wat by die deur by hom geld bedel. Met ’n inderhase wegkom-aksie, weg van die bedelaar se stem, loop hy die Kersboom onderstebo. Die geklingel van klokkies laat hom sy fronskop vashou en die blinkskitter van balle wat rol verblind hom en dryf hom tot verdere irritasie op hierdie snikhete Desemberoggend. Die heeldag spook die man se woorde by hom: “O ja, jy’s mos die apteker met die swart hart.” Net voor toemaaktyd lui...

A crucial connection
Jaco Fouché - 2011-11-29
Untitled Document I was worried. Two months into my new job I had to admit I couldn’t do it. The job was selling water-related apparatus – high-pressure pumps, pH meters, conductivity meters, water filters, spraying nozzles, that sort of thing. Before that, I was in information technology, which I didn’t really take to, or maybe it was all the talk about starting your own business and being your own man that got to me. In those days, not long after Mandela came to power, white...

Om beter te kan lees, my kind
Bibi Slippers - 2011-11-24
Die week in woorde Hierdie week vra my kollega Naomi Meyer vir haar van-genoot Deon Meyer om een wenk te gee vir skrywers. Sy antwoord was eenvoudig: lees, lees, lees. Dit klink baie soos Nicole Jaekel Strauss se raad aan kortverhaalskrywers: Lees baie, en lees krities; wees net so puntenerig oor ander mense se werk as oor jou eie, en leer daaruit. En Carina Stander se raad aan digters: As jy regtig wil groei, bestaan daar nie iets soos om vir ontspanning te lees nie. Selfs al lees jy...

April en stilte
De Waal Venter - 2011-11-24


Stolen rivers
Phillippa Yaa de Villiers - 2011-11-24
Stolen rivers for Chiwoniso Maraire We Africans came to Berlin to sing and recite poetry. We had an agenda: remembering our anthems of loss, galloping, consuming, the pillage, the cries like forest fires, like haunted children, how can we, how can we even begin to redress? Enraged, we wanted revenge, and then, Chiwoniso, you stepped on to the stage and you opened your mouth and every stolen river of platinum and gold poured out of your mouth in song; your voice etched us out of the night and...

Il Gigante
Cas Vos - 2011-11-24


Il Gigante
Cas Vos - 2011-11-24


The Exploding Trousers Part 4
Richard Jurgens - 2011-11-23
Untitled Document Read Part I here ... IV Preparations for shooting the climactic scene of the film had been continuing since dawn. The set had been built in the barn of an abandoned farmhouse not far, Hilton guessed, from the majestic ruins of Great Zimbabwe. A small town of trailers and tents had been set up around the farm compound. The area was crowded with trucks, generators, mobile cranes and catering vans. Thick coils of electrical cables snaked all over the ground and into the old barn,...

Washington DC, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-23
Untitled Document Washington DC, ’n meditasie ’n Sondagoggend in hierdie stad leer my alles van hóé om eensaamheid te verstaan: alleen op ’n dubbeldekker-bus, solo in ’n koffiewinkel, enkel in ’n restaurant in Georgetown. Klanklose televisie, ’n soutpot sonder maat, ’n Spaanse kelner sukkelend met ’n bestelling en ’n hotelkamer sonder ’n concierge of nagbestuurder. Maar dis eers om vyf vm, post hierdie Sondag, toe...

Wat die maand van vol is loop die snor van oor
Bibi Slippers - 2011-11-17
Die week in woorde Een van die eerste regte groot woorde wat ek op hoërskool geleer het was jukstaposisie – ek weet nie meer of dit in die kunsklas of in die Afrikaans-klas was nie. Jukstaposisie is 'n heerlike woord wat wonderlike kreatiewe moontlikhede inhou – of dit nou visueel of in woorde is. Jukstaposisie is ook die enigste verklaring/verskoning wat mens sou kon gebruik wanneer jy snorre en skryfkuns by mekaar wil uitbring. November, agter die volksnor en in die volksmond...

Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s
Jaco Barnard-Naudé - 2011-11-17
Heidegger (vanuit Todtnauberg) 1950s “Wat kan ek nou nog vir julle vertel? Seuns, dogters, julle is tog wel bekend met die mossie? Twee vir ’n stuiwer, sê die Bybel en nie een van hulle val sonder die Vader op die aarde. Moeilik om te glo, ja, die dooie god by Nietzsche, sowaar, hande vol vere is nog geen voël nie! Maar ék sê nou vir julle: waar die Arnika uitbundig bloei in die Swartwoud se donker turf, vér van die Führer se bunker,...

The Exploding Trousers Part 2
Richard Jurgens - 2011-11-16
Read Part 1 here ... II “Dude,” said a voice that seemed to be coming through a plastic megaphone, “dude, wake up!’ Hilton Ellis opened an eye, and was rewarded with a sideways-on view of the gopher, Rory, of course: standing over his bed. “Can’t,” he said, turning over. “Maybe tomorrow.” Rory had not got his job as the messenger on the shoot of King Solomon’s Mines for nothing. He’d grown up on a farm in the district and had...

The Exploding Trousers Part 3
Richard Jurgens - 2011-11-16
Untitled Document Read Part 1 here ... III The picture was blurred at first, but gained in clarity as his eyes gradually adjusted to the dim light. It was a black-and-white line drawing, or an etching perhaps, in the style of illustrations in Victorian adventure stories. A woman was standing with her arms raised as she pulled aside the heavy drapes that surrounded her inner chamber. Behind her, a few economically drawn lines suggested a bed. The woman wore a light chemise that hid rather than...

weghol haikoe
DW Gouws - 2011-11-15


As mens 'n voëltjie hoor fluit
Bibi Slippers - 2011-11-11
Die week in woorde Voëls wil my net nie uitlos nie. Eers skryf Carina Stander vir my ’n e-pos en sê haar speltoetser verander my naam na ibis. Dis die voorteken. Die volgende naweek fluit die eerste voëltjie: my klasmaat in kreatiewe skryfkunde, Fanie Naudé, se voëlboek het die rakke getref. (Dis nie hierdie tipe voëlboek nie. Dis ’n kortverhaalbundel met die titel Die alfabet van die voëls. Lees die goeie resensies daarvan hier en hier....

Sel(f)portret op 55, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-08
Untitled Document Sel(f)portret op 55, ’n meditasie In watter hotelkamer, op watter vreemde kontinent het hierdie foto uit my Fuji geklik? Gepofte oë (ja watter on-lieflikheid is sy nie hier nie?), wrewelmond, ysterdraadhare, gekleurde wenkbroue en huilsakke onder die bril geplaas op ’n snuffelende neus. Gordyne effens oopgeskuif, hempkraag ópgeslaan. Voetjie-vir-voetjie word jy emigrant, verwys jy na Eybers tevergeefs, selfverraaier, uitgevang met Nixon-wenkbroue,...

Mobius-strip
Johann de Lange - 2011-11-08
Untitled Document Mobius-strip Alfred Corn’n Onverwagse lenige halfdraai, sy kurktrek- torsie terug en óm, om blikke te sluit, die stroom wat wakker skok nét so verrassend – so … hardkoppig? So sidderend – waar maar vier of vyf invalle, houdings meeding. Ek het gewonder of enigiets behalwe ’n stoeierslyf en nek óp kan heliks om die blos te ontbloot, die koel duursaamheid van ’n gesig nog klam van ’n warm stort, en ons...

Boereraat vir skoon papier
2011-11-04
Untitled Document Die week in woorde Blykbaar is een kuur vir skrywersblok ’n reis na ’n onbekende plek. Diés wat weet sê jy moet jouself uit jou gemaksone verwyder, ’n paar kiekies neem by jou vreemde bestemming, en dan weer tuis voor jou rekenaar kom sit en jou belewenisse herleef. Dit werk duidelik vir Joan Hambidge: sy het ’n nuwe vers aangestuur oor Istanbul. Ek kan self ook getuig dat dit werk, maar in my geval was daar interessante...

Kompetisie: Drie gunstelingspreuke | Competition: Three Sayings
2011-11-04
Untitled Document “Siembamba, almal babas ...” Sagmoedige Neelsie inspireer met sy sêgoed in Jan Scannell se boek Spreuke van CJ Langenhoven. Maar hy het ’n groter nalatenskap agtergelaat: Die Burger-koerant en die eertydse volkslied, “Die Stem”. Daar is baie ander wie se woorde ewe onthoubaar is. Wie se en watter spreuk spreek tot jou? Vertel ons en jy kan twee kraaknuwe boeke wen. Stuur jou drie gunsteling-aanhalings, sêgoed of spreuke na wen@litnet.co.za....

The Exploding Trousers Part 1
Richard Jurgens - 2011-11-02
Untitled Document I “There we are, then,” Sandy said, standing back to examine his handiwork. Hilton Ellis had been making an attempt to learn his lines, and he hadn’t noticed the transformation that had been taking place in the mirror under the make-up guy’s subtly flitting fingers. He looked up to find Adolf Dorkman, Mombasa pirate, scourge of the East coast and greasy B-movie sub-plot bad guy, staring bellicosely back at him. “‘A rancid German adventurer’,...

Jungle Jim Call for Submissions
2011-11-02
Untitled Document Jungle Jim is a bi-monthly illustrated print publication, aiming on spreading narrative, imagination and concept-driven African stories. Taking from the pulp tradition, we publish short and serialized fiction that entertains and engrosses in all dramatic genres (horror, sci-fi, crime, detective, western, romance, adventure etc.), accessible to all, but with a high quality of writing. We seek to publish stories that explore the collision between visceral daring of pulp and the...

Istanbul, ’n meditasie
Joan Hambidge - 2011-11-01
Istanbul, ’n meditasieIn ’n troebel droom skeur ek die binneblad van ’n boek uit, daar waar die biblioteekdatumstempel staan. Die boek handel oor hulle, die dooies, die vertrekkendes wat soms in drome hul opwagting maak of in vreemde stede op ’n haar na lyk soos ’n inwoner van ’n stad, maar praat met ’n vreemde tongval, verbaas opkyk en nooit terug groet nie of in ’n glaskas van ’n museum uitgestrek lê en onsiende staar. Hulle lewens...

Klokslag
Marietjie Steenberg - 2011-10-27
Untitled Document Klokslag nag, na nag, na nag soos ’n kerklike langs ’n siekbed waak hy oor jou – bedag op die weerlose rus waarmee slaap jÏŒú seÑ‘n, maar hom verag maar agter daardie oopgesig front wat elke asemteug van jou observeer tril die fyn draadjie van sy lont met die ritmiese tik van elke ratjie tot snaarstyf voor hy die stilte verwond steek sy laaste lag deur die stilte se dun vel geduldig het hy op dié uur gewag terwyl sy draadwerk ongesiens...

The first time she smelled him
Hilda Smits - 2011-10-27
Untitled Document The first time she smelled him was some time after midnight. She had fallen asleep in front of the television again, the stem of a half-empty wine glass limply clasped in one sleepy hand. The half-burned cigarette in the ashtray on the arm of the sofa had grown a long grey tongue. The television was blue and blurring like the fragments of a forgotten dream and a woman’s irritatingly upbeat voice was jabbering on about some celebrity with enormous breasts and feisty shivering...

Dawn Garisch wins the Inaugural Sol Plaatje European Union Poetry Award for the poem ‘Miracle’
2011-10-26
Untitled Document The Jacana Literary Foundation is pleased to announce the winner of the Sol Plaatje European Union Poetry Award 2011. Dawn Garisch accepted the honour for her poem ‘Miracle’ at a prize-giving ceremony at the Poetry Africa festival in Durban.Second place went to Beverly Rycroft for her entry ‘Has your Dad got a bird yet?’. Third place was jointly awarded to Kea’ Modimoeng for ‘Be lebetse batlhoki’ (‘They have forgotten the poor’)...

Die man wat so eerlik was
Pienkes du Plessis - 2011-10-25
Meneer Daniël Graabe se eerlikheid is onomstootlik te bewys uit die volgende feite: Dit was sewe minute voor twaalf die Saterdagoggend toe hy ontdek dat daar ’n duisend pond uit die brandkas gesteel is. “Dit was ’n fout om nie vanoggend die geld te gaan bank het nie,” sê hy vir sy seun Christo. “Ek sal Maandag ’n opdrag uitreik dat alle departemente voortaan op Saterdae ’n halfuur vroeër hulle inbetalings by jou maak.” Daarmee het...

Afrikaanse Skrywersunie word geloods
2011-10-24
Afrikaanse Skrywersunie word geloods In opvolging van ’n mandaat wat aan ons verskaf is deur ’n vergadering van Afrikaanse skrywers tydens die Woordfees vroeër vanjaar op Stellenbosch, verneem ons graag langs hierdie weg van u of u as mede-skrywer daarin sou belang stel om lid te word van die Afrikaanse Skrywersunie. Ons onderneem om binne die volgende maande ’n amptelike stigtingsbyeenkoms te belê. ’n Aanduiding van u steun in hierdie stadium sal help om...

Waar is Wopko Jensma?
Bibi Slippers - 2011-10-21
Die week in woorde Party vrae het noodwendig baie antwoorde. Voor mens te hard begin wonder waar Wopko is, is dit dalk ook nodig om te vra wie Wopko was. Hierdie vraag het hy self op baie verskillende maniere beantwoord (en nie beantwoord nie). In ’n artikel wat ek op die wêreldwye web raakgegoogle het, skryf Michael Gardiner: “South African culture has experienced the multiple in individuals before, but Jensma's exploded self sought to incorporate the whole country...

aardreg
Celesté Fritze - 2011-10-20
Untitled Document aardreg jy kan maar sê jy boer volhoubaar, hersikleer na die werkershuis jy kan voorgee op jou grond het jy ’n hart vir ’n rooikat piekolie ’n uitnodiging om meer mielies te plant, redeneer jy ’n sangoma uitroep, ja, ontgin jou woordeskat antroposentries die polikrisis is ’n groengek se agendapunt, aardjurisprudensie, lag jy waar hoor jy als die mens-Natuur-band se los konneksie is twak, onheilig soos ’n uilroep, hier regeer ék,...

hoenderkode
Celesté Fritze - 2011-10-20



<< 1 2 3 4 49 >>