Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Snars poëtika


<< 1 >>

En dit is die (amperse) einde
Bibi Slippers - 2011-12-07
Die week in woorde Ek het al vroeër vanjaar eenmaal iets geskryf oor Billy Collins se gedig "Aristotle". Maar noudat die einde van die jaar gevaarlik naby is, kon ek nie help om weer daaroor te dink nie. Die reeks beelde wat Collins in hierdie gedig oproep, is om van dronk te raak. En ek bedoel die goeie, duiselende tipe dronk, nie die tipe wat met kantoorpartytjies gepaard gaan nie. Ek het vanaand meditatief verkeer met die laaste strofe van Collins se gedig. Dis nou ek en my meditasie-stasie,...

R5 vir die cocoa, giggels is gratis
Bibi Slippers - 2011-12-01
Die week in woorde Ek het nie werklik dié week veel om te sê nie, behalwe ’n vinnige storietjie oor die beste R5 wat ek die afgelope tyd spandeer het. Dit was by Bikini Beach Books in Gordonsbaai, en ek het dit opgedok vir Wendy Cope se histeriese digbundel Making Cocoa for Kingsley Amis. (Ek het ook R5 gehoes vir Phillip Larkin se High Windows, nog R5 vir ’n versamelbundel van Ted Hughes, R5 vir Kid van Simon Armitage, ens ens ens tot by R50. Maar met die ander...

Om beter te kan lees, my kind
Bibi Slippers - 2011-11-24
Die week in woorde Hierdie week vra my kollega Naomi Meyer vir haar van-genoot Deon Meyer om een wenk te gee vir skrywers. Sy antwoord was eenvoudig: lees, lees, lees. Dit klink baie soos Nicole Jaekel Strauss se raad aan kortverhaalskrywers: Lees baie, en lees krities; wees net so puntenerig oor ander mense se werk as oor jou eie, en leer daaruit. En Carina Stander se raad aan digters: As jy regtig wil groei, bestaan daar nie iets soos om vir ontspanning te lees nie. Selfs al lees jy...

Wat die maand van vol is loop die snor van oor
Bibi Slippers - 2011-11-17
Die week in woorde Een van die eerste regte groot woorde wat ek op hoërskool geleer het was jukstaposisie – ek weet nie meer of dit in die kunsklas of in die Afrikaans-klas was nie. Jukstaposisie is 'n heerlike woord wat wonderlike kreatiewe moontlikhede inhou – of dit nou visueel of in woorde is. Jukstaposisie is ook die enigste verklaring/verskoning wat mens sou kon gebruik wanneer jy snorre en skryfkuns by mekaar wil uitbring. November, agter die volksnor en in die volksmond...

As mens 'n voëltjie hoor fluit
Bibi Slippers - 2011-11-11
Die week in woorde Voëls wil my net nie uitlos nie. Eers skryf Carina Stander vir my ’n e-pos en sê haar speltoetser verander my naam na ibis. Dis die voorteken. Die volgende naweek fluit die eerste voëltjie: my klasmaat in kreatiewe skryfkunde, Fanie Naudé, se voëlboek het die rakke getref. (Dis nie hierdie tipe voëlboek nie. Dis ’n kortverhaalbundel met die titel Die alfabet van die voëls. Lees die goeie resensies daarvan hier en hier....

Boereraat vir skoon papier
2011-11-04
Untitled Document Die week in woorde Blykbaar is een kuur vir skrywersblok ’n reis na ’n onbekende plek. Diés wat weet sê jy moet jouself uit jou gemaksone verwyder, ’n paar kiekies neem by jou vreemde bestemming, en dan weer tuis voor jou rekenaar kom sit en jou belewenisse herleef. Dit werk duidelik vir Joan Hambidge: sy het ’n nuwe vers aangestuur oor Istanbul. Ek kan self ook getuig dat dit werk, maar in my geval was daar interessante...

Waar is Wopko Jensma?
Bibi Slippers - 2011-10-21
Die week in woorde Party vrae het noodwendig baie antwoorde. Voor mens te hard begin wonder waar Wopko is, is dit dalk ook nodig om te vra wie Wopko was. Hierdie vraag het hy self op baie verskillende maniere beantwoord (en nie beantwoord nie). In ’n artikel wat ek op die wêreldwye web raakgegoogle het, skryf Michael Gardiner: “South African culture has experienced the multiple in individuals before, but Jensma's exploded self sought to incorporate the whole country...

Buig die boompie
Bibi Slippers - 2011-10-14
Die week in woorde Ek onthou ’n boekie waarmee ek as kind ’n hegte band gehad het. Die hoofkarakter in hierdie sage (gedruk op pofferige plastiekbladsye en boonop waterdig) was Pikkie Pikkewyn. ’n Vinnige search op Google Books lewer die volgende op: Title Pikkie Pikkewyn Author Jalna Schumann Publisher Human & Rousseau, 1984 ISBN 079811648X, 9780798116480 Length 10 pages Ek was een jaar...

As die skoen pas
Bibi Slippers - 2011-10-06
Die week in woorde Ek is nie die oppervlakkige tipe wat mense ooit op hul baadjies takseer nie. Maar boetie – hulle skoene! By die onlangse Open Book Festival het ek honderde foto’s van skoene geneem. Lesers se skoene, skrywers se skoene, organiseerders se skoene. Ghrênd skoene, sandale met sokkies, sexy hakskoene en winterstewels. Dit wil voorkom of die broeder-en-susterskap van die boek nie noodwendig voorkeur gee aan ’n sekere soort skoen nie ... hul voete word...

''Who lives in a pineapple under the sea?''
Bibi Slippers - 2011-09-22
Die week in woorde Dis nie gereeld dat ek wens dat ek eerder ’n spons was nie, maar vandag sou dit beslis nuttig gewees het. Dis onmoontlik vir enige gewone mens om alles in te neem wat dié week in die woordwêreld aangaan. Ek is behoorlik deurdrenk deur alles wat ek tot dusver by die Open Book Festival gesien en gehoor het, en dit was maar nog net dag een! Poësievoorlesings, boekbekendstellings, gesprekke oor boeke en skrywers – dit is sowaar die grootste...

Die gesing in my ore en ander September-sake
Bibi Slippers - 2011-09-16
Die week in woorde Ek is reeds drie weke terug op kantoor, maar vat vanoggend vir die eerste keer genoeg grond om eers amper te dínk aan ’n snarsie poëtika. Hier by LitNet draai die aarde tans teen ’n reuse-spoed (net om een ding!) en als spin so vinnig verby dat my ore sing. Of dalk is die geluid wat ek hoor, die lirieke wat instroom vir ons liriekkompetisie Sing ’it wat verlede week begin het? Ieder geval, as jy een van die drie mense in die land is...

Hou jou woorde "klein"
Bibi Slippers - 2011-08-25
Die week in woorde ’n Goeie brokkie raad oor woordkeuses: Don't use words too big for the subject. Don't say “infinitely” when you mean “very”. Otherwise you'll have no word left when you want to talk about something really infinite. – CS Lewis Nuut op LitNet Sulani Grobler – "Halleluja" In Memoriam: Poësie oor Patrick Peterson Hennie Aucamp – "Watteau" Marlise Joubert –...

’n Bemoedigende woordjie
Bibi Slippers - 2011-08-18
Die week in woorde ’n Bemoedigende woordjie vir almal wat soms deur redakteurs weggewys word, aangesê word om weer te probeer, en om nog een keer oor te tik: To be a writer is to sit down at one's desk in the chill portion of every day, and to write; not waiting for the little jet of the blue flame of genius to start from the breastbone – just plain going at it, in pain and delight. To be a writer is to throw away a great deal, not to be satisfied, to type again,...

Woorde vir jou pyp
Bibi Slippers - 2011-08-16
Die week in woorde As skryf vir jou lieflik en maklik en lekker is, sit die volgende woorde in jou pyp en rook dit: A writer is a person for whom writing is more difficult than it is for other people. – Thomas Mann Met ander woorde, as dit moeilik begin raak, is jy op die regte spoor! Moed hou tot volgende week. Nuwe Skryfwerk op LitNet YouTube-video: Pieter W Grobbelaar gesels oor Kampvuurstories op Kwêla (KykNet) Lees ook Francois...

Fokus op fotografie
Bibi Slippers - 2011-07-29
Die week in woorde Vandeesweek net ’n enkele aanhaling om jou oor ’n enkele tema te laat nadink: foto’s. Margaret Atwood skryf in The Tent: No more photos. Surely there are enough. No more shadows of myself thrown by light onto pieces of paper, onto squares of plastic. No more of my eyes, mouths, noses, moods, bad angles. No more yawns, teeth, wrinkles. I suffer from my own multiplicity. Two or three images would have been enough, or four, or five. That would have...

Vyf gebruike vir ’n berggansveer
Bibi Slippers - 2011-07-21
Die week in woorde As ’n berggans nou toevallig verby my woonstel in Kaapstad sou vlieg, en ewe toevallig in die proses ’n veer laat sou val, het ek toevallig reeds vyf idees gereed vir die praktiese aanwending van dese veer. Ek deel hierdie nuttige huishoudelike wenke onder die vaandel van praktiese poësie: Maak jou toetsbord skoon. Gebruik die veer om die krummels en stof wat in die krake versteek is, uit te grou. ’n Skoon toetsbord is een van die geheime...

toets
2011-07-19
In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns: “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.” In plaas van nog ’n onderhoud oor die bundel het ek besluit om Anne-Ghrett se onderbewuste ’n bietjie na die oppervlak te tart, en vir hierdie kunstenaar-digter krummeltjies...

toets
2011-07-19
In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns: “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.” In plaas van nog ’n onderhoud oor die bundel het ek besluit om Anne-Ghrett se onderbewuste ’n bietjie na die oppervlak te tart, en vir hierdie kunstenaar-digter krummeltjies...

toets
2011-07-19
In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns: “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.” In plaas van nog ’n onderhoud oor die bundel het ek besluit om Anne-Ghrett se onderbewuste ’n bietjie na die oppervlak te tart, en vir hierdie kunstenaar-digter krummeltjies...

toets
2011-07-19
In ’n onlangse onderhoud oor haar debuutbundel, Die lekkerste perske is ’n vy, praat Anne-Ghrett Erasmus oor die verhouding tussen skilderkuns en digkuns: “Daar moet verseker kruisbestuiwing plaasvind, maar ek dink dis meer in die onderbewuste dat die kwas en die pen met mekaar gesels.” In plaas van nog ’n onderhoud oor die bundel het ek besluit om Anne-Ghrett se onderbewuste ’n bietjie na die oppervlak te tart, en vir hierdie kunstenaar-digter krummeltjies...

toets
2011-07-18
Bibi Slippers Anne-Ghrett Erasmus Anne-Ghrett, by wyse van “ontmoeting” – as jy enige visuele simbool kan uitkies om jouself voor te stel – wat sou dit wees? Witvrou in Afrika Olie op doek (Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.) Stillewe met druiwe, pruime, vye en ’n spanspek – Willem van Aelst (Klik op die beeld om ’n groter weergawe te sien.) Oordaad en dekadensie. Bologne. Umberto Echo On Beauty...

Oper(h)asie City Soiree
Bibi Slippers - 2011-07-14
Die week in woorde Dis nooit lekker as jou verlede jou onverwags inhaal nie, maar dis haas onmoontlik om dit te vermy. Dié week stuur Jaco Barnard-Naudé vir ons ’n verslaggie aan oor die City Soiree by die Book Lounge in Kaapstad, en wil jy meer: ek, my geliefde én my verlede maak ’n appearance in die verhaal. Nou is dit seker maar tyd om vorendag te kom met die sak patats, om die verlede vierkant in die oë te kyk en om my geheime op die lappe te...

’n Handsak vol woorde
Bibi Slippers - 2011-07-06
Die week in woorde Ek was einde verlede week by die bekendstelling van Fourie Botha se digdebuut, Donkerkamer. Dié week is die boek in my handsak, sodat ek dit maklik kan bykom om te lees. En te kyk. Dis ’n bundel wat die verhouding tussen woord en beeld op verskeie vlakke ontgin. Fourie beskryf die lees van die bundel as volg: “Jy stap in ’n donker kamer in – dit maak nie saak waar jy begin of eindig nie.” Vir my is dit soos om in ’n handsak rond...

Die mediese sy van die skryfbedryf
Bibi Slippers - 2011-06-30
Die week in woorde Ek lees onlangs ’n kort onderhoud in die New Yorker met Jonathan Safron Foer, skrywer van Everything is Illuminated en Extremely Loud and Incredibly Close. Hy sê daarin dat hy gereeld twyfel oor sy keuse van beroep: For a long time, I thought I would like to be a doctor. Such a good profession. So explicitly good. Never a waste of time. No obstetrician goes home at the end of a long day and says, “I delivered four babies. What’s the point?” Party...

Kort-kort
Bibi Slippers - 2011-06-24
Die week in woorde Rachel Zadok tydens Short Story Day South by The Book Lounge. Klik hier vir foto's van die geleentheid. Hierdie week hou ek dit heel kort. Dinsdag 21 Junie was die kortste dag van die jaar, en om dit te vier het Rachel Zadok die Short Story Day South-inisiatief gereël. Short Story Day South was ’n viering van die verhaal in sy kort vorm en het lesers, skrywers en leerlinge aangemoedig om weer opgewonde te raak oor kortverhale. Ek...

Kort-kort
Bibi Slippers - 2011-06-24
Die week in woorde Rachel Zadok tydens Short Story Day South by The Book Lounge. Klik hier vir foto's van die geleentheid. Hierdie week hou ek dit heel kort. Dinsdag 21 Junie was die kortste dag van die jaar, en om dit te vier het Rachel Zadok die Short Story Day South-inisiatief gereël. Short Story Day South was ’n viering van die verhaal in sy kort vorm en het lesers, skrywers en leerlinge aangemoedig om weer opgewonde te raak oor kortverhale. Ek...

Verse vir vyf sintuie
Bibi Slippers - 2011-06-15
Die week in woorde ’n Toneel uit Janni Younge en die Handspring Puppet Company se produksie Ouroboros Terwyl ek nou verlede week so aangegaan het oor my ontmoeting met die werklikheid, hou ons dit dan nou maar by die hoorbare, sigbare, ruikbare, proebare realiteit, wat jy aan jou bas kan voel – al praat ons dan oor digkuns. Ek was gelukkig om onlangs Janni Younge en die Handspring Puppet Company se produksie Ouroboros te beleef. En ek bedoel regtig...

’n Oomblik in die son(paradoks)
Bibi Slippers - 2011-06-10
Die week in woorde Die week is ek in die loop van my werk herinner aan die woorde van een van my gunsteling-liedjies, deur een van my gunsteling-kunstenaars. Joanna Newsom sing en speel die harp, en skryf ongelooflike lirieke. Regtig. As jy haar nog nie ken nie, gaan luister bietjie hier. Terug by my storie: terwyl ek gedigte keur dié week, lees ek ’n reël in een digter se gedig wat die woord sonparadoks bevat. Vir my klink dit toe nes een van daai digterlike ...

Herwin en herinterpreteer
Bibi Slippers - 2011-06-02
Die week in woorde Ek het eendag ’n onderhoud met die ongelooflik talentvolle kitaarspeler Guy Buttery gelees waarin hy gesels oor hoe hy soms, wanneer hy na sekere stukke musiek luister, baie spesifieke emosies ervaar waarvoor hy nie name het nie. Dit is, volgens hom, ’n ervaring waarvan die ekwivalent nie in woorde uitgedruk kan word nie. (Ek het op en af en heen en weer op die web gesoek, maar tussen die honderde duisende miljoene artikels kon ek nie weer daardie spesifieke...

Die gedagtetrein na Matjiesfontein
Bibi Slippers - 2011-05-26
Die week in woorde Die einde is naby (en die begin). Op die dag wat die wêreld sou eindig, bevind ek my aan die linkerkant van die treinspoor in Matjiesfontein. In die Tavern, om presies te wees, want die Lord Milner Hotel wys nie die rugby nie. Nie dat ek in die rugby belangstel nie, maar ek wou graag my laaste tyd op aarde saam met my geliefde en vriende spandeer, en hulle kyk die rugby. Op die gegewe uur sit ek dus met ’n wynglas vol sjerrie en wag vir...

Politiek en poësie
Bibi Slippers - 2011-05-20
Die week in woorde Dit was Woensdag dié week stemdag in Suid-Afrika en die politiekery het hoog geloop. Lamppale het behoorlik geblom van die beloftes en die gevryery na stemme (en meegaande moddergooiery) het epiese proporsies aangeneem. Op digterlike front vier die politiek ook tans hoogty – maar dié keer is dit (genadiglik) nie die gewone binnepolitiek nie, eerder ’n paar merkbare pogings tot grensverskuiwing en ’n boek wat oorkook van opinies oor...

Die bloedlyn van die boek
Bibi Slippers - 2011-05-05
Die week in woorde 1939 was ’n gewone jaar wat op ’n Sondag begin het. Iets anders wat daardie jaar begin het, was die Tweede Wêreldoorlog. En dit was die begin van Breyten Breytenbach se lewe. 1987 was nóg ’n gewone jaar, maar die jaar het op ’n Donderdag begin. In 1987 ontwerp Tinker Hatfield die Nike Air Max en in dieselfde jaar is Jasper van Zyl in die Paarl gebore. Daar lê 48 jaar (ongeveer twee generasies) tussen die geboorte van Breytenbach...

Die diepste woord wat ek ken
Bibi Slippers - 2011-04-26
Die week in woorde Een van my heel gunsteling-liedjies van alle tye is Gert Vlok Nel, die nimlike singende digter /digtende sanger, se “Rivier”, waarin hy sing: “Rivier, o rivier, jy’s die diepste woord wat ek ken.” Ek wil nie regtig diep raak nie, eintlik net bietjie “brag” oor my onlangse riviervakansie. Ek het vir vyf dae op die Oranjerivier gaan roei. Dit was heerlik, ten spyte van die effense onlus op onse kano. Ek was heeltyd in die moeilikheid...

Om te papier of nie te papier nie – dit is een van die vrae
Bibi Slippers - 2011-04-08
Die week in woorde Gisteroggend word ek wakker en die eerste ding waaraan ek dink, is die woorde van ’n gediggie wat ek in standerd 1 vir die eisteddfod geleer het. Dit was “Emma Hackett’s Newsbook” deur Allan Ahlberg (reken Google nadat ek die eerste reëls in die enjin invoer): “Last night my mom/ Got really mad/ and threw a jam tart/ at my dad.” Heeldag loop ek en sê gedeeltes van Emma se storie op vir my eie vermaak. Finuala...


<< 1 >>