Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Rubrieke | Columns > Egon se nuusbrief uit Israel

Egon se nuusbrief uit Israel


<< 1 >>

Weer tyd vir die Jerusalem Internasionale Boekefees
Egon - 2011-03-18
Elke tweede jaar is dit boekfeestyd – ek het al meermale in hierdie nuusbrief oor die fees geskryf en moet maar weer so maak. Lekker was tog nog nooit sleg nie. Hierdie jaar het ek besluit: ek pak my koffertjie en gaan bly vir die hele week in pelle wat oorsee is se woonstel. Dit was heerlik. Ek het my vir vier dae tuisgemaak en al die baie verloklikhede van die Heilige Stad ontsê om my in boeke te verdiep. Elke dag het ek tussen drie en vyf seminare oor boeke en skrywe bygewoon en gewonder...

Trek
Egon - 2011-02-10
Na ons heerlike rondloopsomer in Europa kom ons tuis en Judy sê so half uit die bloute: “Ek wil nie soos my ma oud word nie – omring deur eindelose stukkies papier wat ek nie eens meer onthou hoekom ek dit nie wou weggooi nie.” Sy begin sakke en dose vol ou papiere, notas, klasbeplannings en studente-naamlyste van die tagtiger- en negentigerjare deur die snippermasjien jaag en dra dan die swart sakke vol papierlinte na die herwinningsdrom toe. “Jou 1 500 boeke en al...

Visiting two islands
Egon - 2010-09-30
Once upon a time I had a friend. His name was Bruce and he used to entertain me with stories of how as a young gay man he had fled the conservatism of South Africa. He had been to London. He had been to Italy. But the stories that stayed with me were his accounts of Mykonos. Walking the streets of Mykonos this past week, I found myself looking for Bruce. Of course, he is not here, because this week we have remembered not only his birthday but also his death eleven years ago. I wonder how he would...

Stukkies van New York!
Egon - 2010-06-25
Ek kyk by die venster uit. Die vliegtuig se vlerk verdwyn kort-kort soos slierte sneeu my uitsig belemmer. Ons skrik verbaas toe die wiele die aarde soos ’n ligvoetige danser raak. Omdat dit bedek was onder ’n poeierwit mantel, kon ons nie die aanloopbaan sien nader kom nie. JFK “Welcome to John F Kennedy Airport,” kom die stem oor die interkom. “New York, New York,” volg Frank Sinatra in my kop. “These vagabond shoes are longing to stray; right through...

Op reis na Olga Kirsch
Egon - 2009-09-23
Toe ek vroeër vanjaar ná verskeie briefwisselings met kenners besluit het om ’n biografie oor Olga Kirsch, die alleen Joodse stem in die Afrikaanse digkuns, na te vors, het my liewe vriendin Santa op Stellenbosch my gewaarsku: “Jy dit doen dit slegs as jy hou van speurder speel.” Goeie advies. Soos elke moderne navorser het ek my dadelik tot Google gewend, en ek was oorweldig deur die min eerder as die baie feite oor hierdie digteres, wat ná Elisabeth Eybers...

Liefde en haat in Tel Aviv
Egon - 2009-08-03
2 killed as gunman mows down youths in Tel Aviv gay center(Jerusalem Post, August 1, 2009 23:15 | Updated Aug 2, 2009 4:02)Two people were killed on Saturday night and several others were injured when a gunman burst into a gay community center in the heart of Tel Aviv and opened fire with a machine gun."These were teenagers," Yaniv Weisman, chairman of the Israeli Gay Youth organization, told The Jerusalem Post. With tears in his eyes, Weisman added, "they came to this center from...

Nuusbrief uit Berlyn
Egon - 2009-07-22
Ek kuier te lekker by twee vriendinne, reeds vyftien jaar 'n couple and goed gevestig beide in die gay-wêreld en in hul openbare lewe. Sibyll Klotz is leier van die Groenparty in die Tempelhof-Schonefeld-gebied van Berlyn. (Berlyn is opgedeel in 12 streke, elk met sy eie stadsraad – Klaus Wowereit is burgemeester oor die hele stad en uitgesproke homo, maar dit weet jy reeds.) Sibyll is uit die kas sonder om verskoning aan te teken. Sy is 'n besonderse vrou, aktief in vele maatskaplike...

Die Groot Gevaar
Egon - 2009-04-29
Pesag in die woestyn. Dit klink mos nou teologies korrek, maar het mens jou nou al ooit afgevra: Hoe het die ou Israeliete 40 jaar in die woestyn oorleef? Watse goggas en rotte en ongediertes het hulle gepla? Ons praat net altyd oor die kos!Ons is pas terug na vier dae se kamp in die woestyn. Dit was heerlik buiten vir die wind wat ons tentjie amper weggewaai het en die oom in die tent langsaan wat gesnork het, maar niks wat die ou Israeliete nie ook oorgekom het nie. Ons is terug by die huis -...

Boekefees in Jerusalem
Egon - 2009-04-02
Die Jode is veronderstel om die mense van die Boek te wees en daar word dikwels rondom dié idee gespeel, gespot en kommentaar gelewer. Jy kan in ʼn eenvoudige Ashkanzi-huis instap en al is daar nie veel daar nie, sal daar boeke wees. Skryf, praat, debatteer is ʼn integrale deel van die Joodse kultuur - kyk maar net hoeveel Nobelpryswenners vir literatuur Jode was. En een of ander tyd kom amper almal Jerusalem toe.So ʼn maand gelede was die tweejaarlikse Boekefees hier in Jerusalem....

Gaza-oorlog
Egon Roth - 2009-02-17
Dis Donderdagoggend en ek sit nog in die bed en lees, koppie tee langs my, Mongane Wally Serote op my skoot. Dis heerlik stil, die vroeë-oggend-verkeer uit ons straatjie is weg, Judy is al kollege toe en ek het nog ’n halfuur voor ek moet regmaak en vertrek na die kollege waar ek klasgee. Die nuus vanoggend oor die oorlog in Gaza laat die angsgevoel diep binnekant net stywer saamtrek. Ek is te bang om my liewe student Nimrod, wie se vrou swanger is met hul eerste kind, weer te...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gaza-oorlog
Egon - 2009-02-17
Dis Donderdagoggend en ek sit nog in die bed en lees, koppie tee langs my, Mongane Wally Serote op my skoot. Dis heerlik stil, die vroeë-oggend-verkeer uit ons straatjie is weg, Judy is al kollege toe en ek het nog ’n halfuur voor ek moet regmaak en vertrek na die kollege waar ek klasgee. Die nuus vanoggend oor die oorlog in Gaza laat die angsgevoel diep binnekant net stywer saamtrek. Ek is te bang om my liewe student Nimrod, wie se vrou swanger is met hul eerste kind, weer te...

Egon se nuusbrief uit Israel: Pole
Egon - 2008-09-09
Een van my studente vra my: “Egon, as ek luister wanneer jy vertel van jou en Judy se reise, is ek jaloers. Dit klink altyd so eksoties. Kan jy ons help om iets te beplan?" “Vir seker,” sê ek, en ‘n paar dae later ontmoet ons om haar en haar man se vakansie na Duitsland te beplan. Ons verduidelik hoe om die internet te "surf" vir goedkoop vlugte. “O nee,” sê sy verstom, “ons vlieg nie ‘charter’- of nagvlugte...

Egon se nuusbrief uit Israel: Hoe dinge verander
Egon - 2008-02-04
In my Oktober-nuusbrief het ek vertel van ʼn insident net voor ons van Israel se warm somer gevlug het, toe ʼn sekere dame my “'n abominasie in die oë van die Here” genoem het. Nou heet sy vir baie mevrou Abominasie!My eerste Vrydagaand terug in Israel voel ek bietjie wees met dié dat Judy nog in Duitsland by haar ma kuier. Ek besluit om sinagoge toe te gaan. Mevrou Abominasie het dwarsdeur my gekyk, maar die rabbi en sy vrou en my pelle se verwelkoming was warm soos...

Egon se nuusbrief uit Israel: Kersfees
Egon - 2007-12-18
Ek het vandag my eerste Kersgroete deur die pos ontvang en dit was nogal ʼn skok.Dis Desember. Dis ʼn matige winter met af en toe ʼn donderstorm en weerlig wat ons laat hol om die rekenaar af te sit en dan lê ons in die bed en drink sjerrie en vergeet van alles wat nie goed en vreedsaam is nie.Maar aan Kersfees dink ons glad nie. Om die waarheid te sê hierdie nuusbrief aan LitNet het my nou gedwing om daaraan te dink. Ek onthou my eerste Kersfees hier het my dogter by ons...

Egon se nuusbrief uit Israel – En toe trou ons!
Egon - 2007-11-09
“Kan u my asseblief deursit na iemand wat weet van ‘same-sex’-huwelike?” vra ek onseker.“Jammer, Dame, wat’s dit?” vra die vrou op die skakelbord.“U weet, as ’n man met ’n man trou en ’n vrou met ’n vrou,” sê ek half verbouereerd.“Oeee, Dame bedoel ‘n civil union!” antwoord sy verlig. Ek is ook verlig. My jong vriendinne wat reeds die pad by "Home Affairs" geloop het, het vertel dat die...

Egon se nuusbrief uit Israel: Uit die kas gegooi
Egon - 2007-10-23
Die issue van uit die klas klim is vir die meeste van ons gays ʼn probleem. Sommige is uit op een plek maar op ʼn ander nog binnekant toegesluit, terwyl ander omtrent hul lewe lank half verskuil in die skaduwees van die kas bly. Ek het die ander aand twee vrouens ontmoet wat in laasgenoemde situasie is. Die een is getroud, maar hulle is reeds vir meer as twintig jaar lovers! Eendag wil ek met hulle gesels en uitvind hoe werk dit. Hoe lewe mens jou hele lewe as leuen? Maar dan is dit half...

Meditasie in die woestyn oor trou
Egon - 2007-08-07
Nou onlangs het ek en Judy ‘n paar dae in die woestyn spandeer. Die eerste aand was ons in die Judease wildernis en daarna in die gebied suid van Kidron. As mens eers wegbeweeg van die hoofpad wat noord-suid langs die Dooie See loop, kom jy in ’n klipwoestyn van oop verlate vlaktes. Dit was vir my dadelik duidelik hoekom Jesus gereeld daarheen ontvlug het – die stilte is oorweldigend en tog kalmerend. Die wind waai jou gedagtes oop en jou perspektief verander. “Hier...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gilbert en George
Egon - 2007-06-20
We are only human sculptures in that we get up every day, walking sometimes, reading rarely, eating often, thinking always, smoking moderately, enjoying enjoyment, … loving nightly … Jare gelede sê ’n vriendin vir my: “Wat jy nodig het, is femme vrou – nie ’n butch dyke nie!” Die stelling was vir my vreemd. Wat ek nodig gehad het, was ’n mens – "mensch", soos ons in Jiddisj sou sê. Die benaming same-sex relations het...

Egon se nuusbrief uit Israel: As jou suster sterf
Egon - 2007-05-28
Wel eintlik is sy nie my suster nie, maar my stiefsuster. Dié feit het ek vir die grootste gedeelte van my lewe probeer vergeet. Want ek was lief vir haar. Haar ouers was vriende met my ouers en ons is in dieselfde kraaminrigting twee dae uitmekaar gebore. Haar ma was my pa se minnares toe beide nog getroud was en ek het al gewonder of sy my stiefsuster of my halfsuster was. Ek het altyd vermoed dat my pa haar liewer gehad het as vir my, want ek was so anders as hulle: hulle was jollers en...

Egon se nuusbrief uit Israel: Bat mitzvah en partytjies
Egon - 2007-03-28
Gewoonlik hou ons nie daarvan om ons vir die Sabbat aan vaste reëlings te verbind nie, maar verlede week was ’n uitsondering. Dit was Daphne se bat mitzvah, amper soos om “voorgestel” te word in die Gereformeerde tradisie, en iets wat gebeur as ’n dogter twaalf en ’n seun dertien is. By seuns heet dit bar mitzvah. Dis ’n spesiale geleentheid as die dogter of seun vorentoe geroep word om vir die eerste maal voor die gemeente uit die Torah te lees. Toe ons...

Egon se nuusbrief uit Israel: Gym en storte
Egon - 2007-03-01
Ons gesels vandag in die klas oor die wonderwerke wat dit vir die Hebreeuse slawe moontlik gemaak het om uit Egipte te ontsnap. Ons bespreek toe die verskillende teorieë wat verklarings bied vir die paddas en sprinkane, die vlooie en die vlieë. Uiteindelik besluit ’n mens dat al was die wonderwerk daarin geleë dat die dinge alles op presies die regte oomblik gebeur het, was dit steeds genoeg van ’n wonderwerk! In my eie lewe sien ek dikwels dat die wonder van iets juis...

Egon se nuusbrief uit Israel: Kersfees en Chanoeka
Egon - 2007-01-26
en my verse kan leef omdat die verlange die asem is van die poësie (Uit "Manifes" deur Lina Spies) Ek belowe dat ek nie nou my nuusbrief uit Israel sal misbruik om vir u oor die verlange te dig nie. Om in Afrikaans te dig sou in elk geval vir my ’n vreemde opdrag wees. Ek dig slegs in Engels en droom van die dag wat ek in Hebreeus ten minste gedigte sal kan léés. Maar dalk is Kersnaweek tog ’n goeie tyd om oor die verlange te skrywe,...

Egon se nuusbrief uit Israel: Ongewoon gewone dae
Egon - 2007-01-15
Een van ons lesers skryf dat my en Judy se lewe so eksoties en opwindend klink. Natuurlik is dit te verstane, met nuusbriewe oor Hamburg en Londen, Berlyn en München, selfs Jerusalem, maar dis nie noodwendig die hele waarheid nie. Dis waar dat ons twee maande van die jaar nie hier in Israel is nie: ons is óf by Judy se familie in Duitsland óf by myne in Suid-Afrika en dit sorg vir goeie stories. Maar vir tien maande van die jaar volg ons die gewone roetine van opstaan, klasgee,...

Egon se nuusbrief uit Israel: Jerusalem Pride uiteindelik!
Egon - 2006-11-28
Embleem Ek sit nog en wonder oor wat om volgende te doen, toe die oproep kom. “Die Hooggeregshof het besluit: die Jerusalem Pride sal voortgaan – nie as optog nie, maar as byeenkoms in die universiteitstadion!” Ek is op en uit in my mooi Yaris op pad Jerusalem toe. Die laatmiddagverkeer deur die Aravah is druk en in een van die Arabiese dorpe is ’n groot verkeersknoop, maar met my Yehuda Poliker reis ek voort. Verlede jaar ná die ernstige onderhandelinge om...

Hamburg Pride Parade 2006
Egon - 2006-10-31
Heinrich Heine in Hamburg: die romantiese Joodse digter het ’n kort wyle in die stad gewoon Ek het lank gewonder waar die naam Christopher Street Parade vandaan kom, en natuurlik was die antwoord met behulp van die internet nie moeilik om te vind nie. Dis ’n stukkie geskiedenis wat ons jonger lesers gerus kan nagaan – begin by Wikipedia) – want dis altyd belangrik om te besef dat om gay te wees eers in die afgelope paar dekades in die meeste Westerse lande...

Egon se nuusbrief uit Israel: Oorlogstories
Egon - 2006-10-23
Home, where my thought’s escaping Home, where my music's playing Home, where my love lies waiting Silently for me. (Homeward Bound – Simon & Garfunkel) Nog nooit vantevore was ek so bly om die sleutel in die slot te draai, die lig aan te skakel en by my huis te wees soos na hierdie vakansie in Europa nie. Eintlik is dit altyd lekker om na ’n lang tyd terug te kom na geliefde bekende dinge, maar hierdie keer was net anders. Dis nie dat ons vakansie...


<< 1 >>