Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Albert Maritz: Baba met die badwater...


<< 1 2 >>

Luna maak haar "big break" in Melkbos
Albert Maritz - 2011-06-28
Untitled Document There is nothing new in art except talent. – Anton Chekhov Dis lekker hoe mense se smaak verskil. En hoe smaak wankelrig gebaseer is op ’n subjektiewe opinie. “In the eye of the beholder.” En soos na die Sharks verloor het, laat weet ’n kommentator hulle skop te veel. Maar as hulle gewen het, was dit taktiese skoppies. En die ref en die aanlane het hulle laat verloor! In ’n stadium het ek altyd gaan staan en luister wie die sanger is as ek...

West Side Story, mentors en die Lotto
Albert Maritz - 2011-05-24
A school should not be a preparation for life. A school should be life … – Elbert Hubbard West Side Story is pas deur De Kuilen-hoërskool se kinders opgevoer. Die name wat betrokke was, kan jy maar neerpen, en dophou. Daar was twee regisseurs, Tanya van Rensburg en Johan Grobler. Johan was ook die musiekregisseur en dirigent. En hoede af vir die skoolhoof, Herman Mellet. Om so iets aan te pak, is vir ’n skool riskant. En hulle is met vlieënde vaandels daardeur. En etlike...

Romeo en Juliet studenteproduksie van hoogstaande kwaliteit
Albert Maritz - 2011-04-07
Untitled Document Romeo and Juliet deur William Shakespeare Director: Geoff Hyland Teater: Universiteit van Kaapstad Kleinteater met studente van die Departement Toneelspel: Bianca Flanders; Ceire Pearson; Rebecca Makin-Taylor; Phumelele Ngcobo; Oliver Booth; Oskar Sanders; Siya Sikawuti; Geoffrey Kukard; Glen Biderman-Pam; Nic Campbell; Dylan Horley; Gerald Dunrajah; Hannes Otto; Stefan Erasmus; Matthew Alves; Abdullatief Da As dit is hoe dramastudente Shakespeare opvoer, is ons toekoms in goeie...

A Midsummer Night’s Dream – meer toeganklik as ooit
Albert Maritz - 2011-04-06
Untitled Document A Midsummer Night’s Dream deur William Shakespeare Geselskap: The Mechanicals Regie: Guy de Lancey By die Universiteit van Kaapstad se Intimate-teater met Adam Neill, Danieyella Rodin, Jeroen Kronenburg, Andrew Laubscher, Emily Child, Shaun Acker, Julia Anastasopoulos, Scott Sparrow, Adrian Collins, Tinarie van Wyk Loots, Dorian Burstein, Vaneshran Arumugam, Mikkie-Dene le Roux, Carel Nel, Carl van Vrede, John Skotnes Nog nooit was Shakespeare so toeganklik soos na Guy...

Oom Anton by die see is meer as die Woordfees se beste produksie
Albert Maritz - 2011-03-23
Oom Anton by die see (Tsjechof in Jalta) deur John Driver en Jeffrey Haddow – vertaling deur Alewyn Lee Regie: Juanita Swanepoel; vir Die Klein Libertas-teater Met: Waldemar Schultz, Johann Nel, Francois Toerien, Esther von Waltzleben, Stephanie Hough, Stephanie Badenhorst, Ira Blanckenberg, Jan-Hendrik Opperman, Petrus du Preez, Hugo Theart, Gaerin Hauptfleisch Oom Anton by die See is pas aangewys as die Woordfees se beste produksie. Hierdie is omtrent die onmoontlike vermag. Die vurk...

Die Kaptein se Tier is duidelik ’n sukses, maar ...
Albert Maritz - 2011-02-02
Daar word algemeen aanvaar dat Die Kaptein se Tier ’n sukses is. Dit maak sin, wanneer jy die formidabele kragte saamsnoer van Neels van Jaarsveld, Erica Wessels, Owen Sejake, Graham Weir, ’n Fugard-teks, en die regisseur. Athol Fugard is glo die mees opgevoerde lewende dramaturg ter wêreld. Mense beskryf hom as ’n ware lewende legende. Janice Honeyman is befaamd vir haar briljante blyspele – veral oor Kerstyd in Johannesburg, en ook vir haar samewerking met die Baxter,...

Bravo, en Encore vir The Taming of the Shrew
Albert Maritz - 2011-01-20
The Taming of the Shrew deur William Shakespeare Rolverdeling: Adrian Galley, Anthea Thompson, Grant Swanby, Juliet Jenkin, Mark Hoeben, Francis Chouler, Darron Araujo, Johann Vermaak, Peter Krummeck, Jeroen Kranenburg, John Caviggia, Daniel Barnett, Richard Lothian, James MacGregor, Michael Inglis, Robyn McHarry, Chi Mhende, Gabriel Hoffman, Alexander Tops en Dewald van Zyl. Regie: Roy Sargeant. ’n Kunstekaap-produksie in Maynardville-opelugteater, Wynberg. Tot 19 Februarie. My verwysingsraamwerk...

Ons sterre verskeit (sic): Oor Annie, Liefling en Pride and Prejudice
Albert Maritz - 2010-12-15
“The worst thing about new books is that they keep us from reading the old ones” – Joseph Joubert Wat ’n vreugde was die Gilbert & Sullivan Society se produksie van Annie nie! Die ongelooflike stelle (ontwerp – Dicky Longhurst), musiek (musiekregisseur – Alastair Cockburn), kostuums (Penny Simpson), beligting (Faheem Bardien), choreografie (Roxy Levy) en klankontwerp (Liam Cookson) sorg vir ’n absoluut verrassende en briljante produksie (regie –...

Oor pyn in die knieë en die waarhede in Spud
Albert Maritz - 2010-12-15
“When an artist reasons, it is because he no longer understands anything” – André Derain David Kramer gee my ’n pyn … in die knieë! Maggies, terwyl ek daar sit en kyk na sy plaasnar met sy rooi vellies, voel ek hoe my eige knieë seg: Nee, mens kan nie; nie nou meer nie. Tyd staan mos nie stil nie. Hy sak laag, en hy doen daai skuif-wip – die plattelandse laagskoffel. So as ek die Tarzan swaai en die stoel-omtrap-triek mis – waarmee...

Verruklike teater tans te sien
Albert Maritz - 2010-12-01
Van my beste oomblikke van vermaak het ek al op die planke van die Kleinteater by die Universiteit van Kaapstad teëgekom. It’s a Boy van Robert Kirby was so ’n besonderse ervaring. Ek onthou nou nog Maureen England se ou “common” alkoholis-rassis in die rolstoel, met die fluitende “s”. En Charles Comyn. Jare lank het ek daar studente-oudisies bygewoon wat so indrukwekkend was dat mens dit kon saamgooi, kaartjies verkoop en wag dat die gehore instroom...

Die kuns van goeie spel
Albert Maritz - 2010-11-30
To die for an idea is to place a pretty high price upon conjecture – Anatole France Varsste nuus eerste. Moenie ART deur Yasmina Reza, regie deur Marthinus Basson, misloop by die Universiteit Kleinteater nie. Dis een van die grootste vreugdes om goeie akteurs ’n goeie teks te sien speel, met ’n keurige stel, en ondernemende beligting. En is Christiaan Olwagen, Wessel Pretorius en Wilhelm van der Walt nie opwindende talent nie! En so vol selfvertroue onder die hand van die...

’n Toe bek is ’n heel bek
Albert Maritz - 2010-11-09
Nothing is more terrible than activity without insight. – Thomas Carlyle ’n Reuse-sukses was die aanbieding buite Wellington van Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. Die brein daaragter is Johann Enslin, ’n jong man met baie ondernemingsgees. En ’n paar name saam met hom in die hoed, soos Danie Niehaus as Pharaoh, en Petrus du Preez wat regie, en een van die Breinbliksem-akteurs, André Terblanche as ’n pragtige, goeie akteur/sanger-uitbeelding van...

Die kortstondige raklewe van Anastasia W
Albert Maritz - 2010-10-13
Teks: Marlene van Niekerk Regie: Marthinus Basson Musiek: Braam du Toit en Mr Cat and the Jackal Met oa Nicole Holm en Eben Genis Aangebied deur TEATERteater Dié produksie het met sowel die Beeld-Aartvarkprys as die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys weggeloop. Elke akteur, musikant, sangnommer en orkesnommer, en elke teatertruuk wat die walglike, siek realisme van die verwerplike Suid-Afrikaanse mens in hierdie produksie vasvang, is van die uiterste gehalte. ’n Resensent wat...

Uitslae van die ATKV Tienertoneel-kompetisie
Albert Maritz - 2010-10-12
Die ATKV-tienertoneel is al dekades die maatstaf vir die krag van tienertoneel in Suid-Afrika. Volgens die ATKV-kompetisie se uitslae gee sommige skole byvoorbeeld erekleure. Met ander woorde, dis ’n projek wat met omsigtigheid bedryf moet word. Tienertoneel verander ook kinders se lewens positief. ’n Geselsie enige plek in die land met ’n onderwyser wat betrokke is, sal jou diep onder die indruk bring van hoe probleme soos dwelms, gedemotiveerde kinders, kinders met ouerprobleme,...

Aardklop 2010
Albert Maritz - 2010-10-12
Woensdag 29 September 09h00 Mooi Maria (Pieter Fourie) Pas arriveer van Johannesburg, net betyds vir die 09h00-optrede van die Hoërskool Durbanville, nl Mooi Maria (Pieter Fourie). Die hoërskool had vier stukke in die kompetisie, waarvan minstens drie goed genoeg was om deur te dring na die finale. En hoewel dalk nie so ondernemend soos die ander stukke nie, is dit ’n kosbare kleinood wat met rasse skrede gegroei het sedert hul eerste, wankelrige dae. Veral optredes deur Lara...

Tienertoneel in ’n beperkte kultuuromgewing
Albert Maritz - 2010-10-05
Viljé Maritz en Trix Vivier. Foto: Annemarie Brink The most savage controversies are those about matters as to which there is no good evidence either way – Bertrand Russel Een van ons heel, heel lekkerste akteurs is Neels Clasen. Die eerste keer wat ek hom op ’n verhoog gesien het, was toe hy in sy hoofseunjaar by Johannesburg se Vorentoe Hoërskool ’n hoofrol gespeel het in hul skoolstuk, as deel van die ATKV-kompetisie, in Linden-hoërskool se skoolsaal. Hy...

Poësie op die verhoogplanke
Albert Maritz - 2010-08-04
PG du Plessis se bydrae tot ons verhoogskat is legendaries. Maar werk soos sy Siener in die Suburbs kry te min blootstelling op die min verhoë wat tot die beskikking is van die Afrikaanse ou. Waar Don Lamprecht in die Francois Swart-produksie van Siener in die Suburbs glo geskuim het om die mond – van egtheid – en gesigte gesien het, het Siener nie veel “luck” die afgelope paar jaar nie. Dis by die KKNK opgevoer, maar opinies was ongeërgd. Ek is ’n baie...

Die rugbykultuur van die skaap (met apologie aan Gavin Rich)
Albert Maritz - 2010-07-29
We are healthy only to the extent that our ideas are humane. – Kurt Vonnegut Jr Drama van die week klop enigiets wat by enige teater wys ... vertoooooon word. (Ek haat verwysing na Vertooooning vir ’n Produksie of Opvoering!) Maar SA Rugby is in die Kollig! SA Rugby is in die moeilikheid. Die Karakternaam: In die spervuur staan hy! Gereed om gefusilleer te word: Snorre. Dis hoe mense respekloos na die wêreldkampioen-afrigter verwys. Want hy is ’n klein mannetjie, met...

Bakkies nie so Butch; koerante 'n vreugde
Albert Maritz - 2010-07-15
When you have no basis for an argument, abuse the plaintiff. Marcus Tullius Cicero (106–43 vC) My dosent, Johann van Heerden, was vir my ’n inspirasie. ’n Butch nommer, maar hy het sy teater geken. Ek was piepklein toe vat my pa my na ’n Pieter-Dirk Uys-stuk in die ou Space-teater. Nie die een wat nou so screwed up revamp is nie; nee – die OU Space. Die stuk se naam was Selle ou storie. En die hoofakteurs was Christine Basson – pas klaar in Egoli, en …...

Jakhalsdans nie so 'n sukses
Albert Maritz - 2010-06-14
Let us endeavour so to live that when we come to die even the undertaker will be sorry – Mark Twain Op ’n vraag aan my uit die media oor hoe die kleiner staatsubsidies die kunstenaars beïnvloed, skryf ek: Die grootte van die regering se kunste-begroting maak nie ’n verskil aan die befondsing wat kunstenaars kry nie. Ons is die Danie Gerbers van vandag, met ander woorde mense wie se werk op die hoogste vlak hul man kan staan, terwyl ons plaaslik in ’n verpolitiseerde...

Hotelle en films
Albert Maritz - 2010-06-08
Only a mediocre person is always at his best. – Somerset Maugham Die Jakaranda Nasionale Kunstefees (JNKF) se segsman is Pedro Camaro. En vir ’n fees wat groot afgebyt het, vir ’n eerste – het hulle oënskynlik goed gevaar. Vervoer vir kunstenaars was moeilik, so ons kon nie heeltyd uitkom waar ons wou nie, maar die oor op die grond het dit dat enkele stukke moes kanselleer. Terselfdertyd was ’n stuk soos Naaimasjien uitverkoop by die Encore, Marion Holm het redelik...

Teater ’n studie van die siel?
Albert Maritz - 2010-05-14
Life is not a problem to be solved, but a reality to be experienced – Sören Kierkegaard Nou een Sondag in die kerk nooi vader Rob mense wat graag gebed wil ontvang, na vore. ’n Hele klomp mense gaan vorentoe. Agter een ouerige vrou staan ’n jong meisie in hippierige klere. Sy hou een hand bo-oor die vrou se kop. En, let ek op, haar hand bewe van tyd tot tyd woes, intens. Ek dink aan die vreemde ervaring om die boek te lees van Choo Thomas oor haar lyflike ervarings...

Films, feeste en finansies
Albert Maritz - 2010-03-18
You have reached the pinnacle of success as soon as you become uninterested in money, compliments, or publicity. – Dr OA Battista In Afrikaanse teater kom die privaat vervaardiger (non-Baxter, Artscape ens) klaar met die minimum. Groot stelle eet maklik ’n reuse-hap uit ’n totale begrotinkie, omdat “privaat” produksies klaarkom met maklik 33 persent van die begroting wat ’n ooreenstemmende produksie by die groot instellings sal hê. Wat betref TV- en...

Shakespeare het die antwoord
Albert Maritz - 2010-02-09
The great artist is the simplifier – Henri Frédéric Amiel (1821–1881) O, wat is ’n openingsaand ’n wonderbittere ding. Ek is finaal van openingsaande af. Ek was by Maynardville s’n. Antony and Cleopatra. Regie: Marthinus Basson. Ek wou drie basiese dinge doen: baie mense vermy – ek is dik skaam (introvert in geleerde taal) naby-parkering kry my kaartjie kry (die organisasie was puik) en ’n bier gaan drink oorkant die straat. Maar...

Hoe ver die val?
Albert Maritz - 2009-12-17
“Dis goed om te glo jy moet met jou buurman reguit wees. Maar pasop vir die dag as jou buurman met jou ook reguit is.” CJ Langenhoven Hierdie is ’n teaterrubriek. Maar wat …?! “All the world’s a stage.” En as ’n SABC-produksie meer betekenisvol is as ’n Hollywood ene, verdien dit ’n staande ovasie. Net vanaand kyk ek hulle Scrooge met die Joeys take en dis die duidelikste vertelling van ’n klassieke verhaal wat ek nog gesien...

Frank Opperman vir minister van kultuur!
Albert Maritz - 2009-12-02
I never think of the future. It comes soon enough. – Albert Einstein Drie rillers met my laaste drie vliegritte tussen Kaapstad en Johannesburg … SAL: Hierdie een het via Anel Heydenrych op RSG gedraai. Ek moes ’n ruk gelede vlieg vanaf Johannesburg se OR Tambo-lughawe na Kaapstad. Ek skryf: Dit kom daarop neer dat ons uit die vliegtuig moes klim gister, en daarna het niemand weer met ons gepraat nie. Ons moes maar self by mense gaan vra: wat nou, en is dan van hek na...

Teaterwesens – skrapnel van ’n beter wêreld?
Albert Maritz - 2009-11-18
We hire a man – not his history. (Henry Ford) Toe ek klein was, het Pieter Fourie, as baas van KRUIK, vir Dieter Reible van Duitsland ingevoer om stukke se regie waar te neem. Daar was die ondersteuners en die anti-Reibles. Sy stukke was skouspelagtig en ryk aan uitdrukking. Bloed sou in die Nico Malan-teater oor ’n skuins verhoog stroom, Apollo het in die sybeligtingsluik verskyn – doer hoog in die lug, sy six-pack liggaam goud geverf. Aan Reible se voete was die hoogs...

Swart op wit, Engels op Stellenbosch, WP op vleuel
Albert Maritz - 2009-10-22
In his private heart no man much respects himself. – Mark Twain Met Aardklop agter die rug bly ’n paar dinge my by: niks meer as Die Stommes nie. Dis ’n verwerking van Dis ek, Anna, wat deur Hoërskool Grens opgevoer is. Kyk maats, smaak verskil, maar ek sê julle – daar's ’n paar regisseurs wat op skolevlak werk wat definitief professioneel behoort te regisseer. Om ’n stuk met leerders van ’n skool as akteurs aan te bied, en daar is nie...

Boikot almal: Aardklop, krieket en rugby
Albert Maritz - 2009-10-15
Every style that is not boring is a good one - Voltaire‘n Gewese Aardklopper skryf Aardklop sien hom nie weer nie, na hy gesien het wat hy gesien het toe hy die toneelstuk 18 by Aardklop gesien het. 18 is ‘n toneelstuk waarin skole-akteurs wat in die Kaapse TV Plus-kompetisie uitgeblink het, opgeneem is. Sien, ek stem. Ek sien nooit my kinders rook, vloek, drink (ons praat nie van Nestlé-kondensmelk nie), dwelms of seks doen nie. Ekskuus, ek het vergeet - die een was verlede jaar...

Nes Dana se mense, lyk my
Albert Maritz - 2009-09-23
Nou die aand sak ons toe op die Blou Kafee in Melkbos. Ek vergeet altyd die plek se naam ... Aaa … Seaside Blues. Ivan Zimmermann speel daar. En cute hoe hy selfs die meisies (hul is my ouderdom, so ek moet hul respekvol benaam) op die stoep buite betrek het. En hy het een of twee regtig mooi liedjies, tussen ’n ander paar nices deur. Sy "Egoli"-een is nogal baie nice en kan maklik die kenwysie word van die Egoli-fliek. Die tyd sal leer of hy die vasbyt het wat ek by Kurt Darren...

Ver van voorspoed?
2009-09-15
There is only one honest impulse at the bottom of Puritanism, and that is the impulse to punish the man with a superior capacity for happiness. - HL MenckenEk's die afgelope week in Pretoria, en werksaam saam met Bloemfonteiners. "Goeie mense," seg ou David Brink altyd. Nou die tegniese ouens is Kobus en Conrad. Goeie, nice ouens. En die aand vertel Conrad: Hy get grootgeword op Colesberg. En die dag speel hy teen ‘n skool van naby - in Karooterme is dit moer ver! En in ‘n...

Die realiteit van spel
Albert Maritz - 2009-08-27
Humankind cannot bear very much reality – TS Eliot Ek gaan kyk na die werk van ‘n kollega in Iago’s Last Dance. En ek kom tot nou toe nie lekker agter die kap van die byl nie. Die beste maatstaf om dit aan te meet is … nie die vol saal nie, maar die klein foutjies hier en daar. Daar is baie min foute, maar dis die klein ietsie wat elke nou en dan die illusie versteur wat op die ou end ‘n berg word. Dit staan soos ‘n paal bo water – mens verbloem onseker...

Gedagtes rondom drama
Albert Maritz - 2009-08-12
Conceit causes more conversation than wit - Duc de La Rochefoucauld (1613-1680) Ai, dis ’n pity om die Kalfiefees te gemis het. En selfs sonder enige van my produksies het hulle goeie werk daar gehad. Hul kon gewis sonder ons klaarkom; iemand daar het goeie keuses gemaak. Ek was daai tyd in Johannesburg. En telkens aangenaam verras oor hoe amper elke swart mens my heil op die hart gedra het. Rêrig. In 'n gesprek het ek en 'n paar mense weer besluit: rykdom, en om op die kruin...

Goeie tye en volksvreemde, kultuureie ervarings
Albert Maritz - 2009-07-30
The great pleasure in life is doing what people say you cannot do – Walter Bagehot. Ek sit in die mees volksvreemde, kultuureie ervaring. Ek dink eers van die spelers is te onervare; die visuele te staties, en die beligting afgeskeep. In die TV- reeks Torings was ’n karakter wat in die reeks prominent was, kwansuis in die Helderberg- vliegongeluk. Die ervaring was destyds vir kykers ongeloofwaardig. En hier, in Noah, is volgehoue verwysings na hedendaagse insidente wat weens die stuk...

Om te verskil ...
Albert Maritz - 2009-07-15
"The one serious conviction that a man should have is that nothing is to be taken too seriously." – Nicholas Murray Butler Met ons optredes van Elders aan Diens by die Weskus Kunstemakietie, asook by Cultivaria, was Arno Moorcroft ons klankman. Hom het ek leer ken toe hy klanktegnikus by Radio Tygerberg was. Saam het ons honderde radioflitse gemaak. My meegevoel gaan uit na sy familie, en sy kollegas, vir wie sy dood ‘n geweldige verlies is. Arno was ‘n regte, regte...

Ons skrywer-sterre en speler-sterre
Albert Maritz - 2009-06-19
‘n Scoop – die eerste keer wat Louw Verwey praat oor die grootste performance NOG in SA. Hoekom het hy na openingsaand verdwyn?Nog hierdie week te sien in Impresario (kykNET) “Thinking is easy, acting is difficult, and to put one's thoughts into action is the most difficult thing in the world.” Johann Wolfgang von Goethe Tonele uit Faan se stasie Na Aardklop se fees twee jaar gelede ry ek terug en doen by Faan se...

Ek verstaan nie rugby, eet, vlieg, China of teater nie ...
Albert Maritz - 2009-06-04
“An ass is beautiful to an ass, and a pig is beautiful to a pig.” – John Ray “New-Kassel.” Dit sê die individu van ’n nasie van lewende velslagters seker honderd maal die aand. Net vanmiddag kry ek die video op YouTube waarin jakkalse – wat lyk soos die pragtige wolfhonde met die wit en grys hare en die bambino-oë – lewend geslag word in China. Vanaand sit ek by my pel, die lekker ou, se verjaarsdagpartytjie. En ek weet hy het...

Die riviertjie vloei by die KKNK en die Wynlandse Filmfees
Albert Maritz - 2009-05-07
Public opinion in this country means everything – Abraham Lincoln So dis ’n slegte slenter teenoor Brett Pyper, nè – om te verkondig KKNK gaan dalk nie vars water hê nie. Dis sekerlik nie waar nie! En almal drink buitendien daar uit houertjies en staanfonteintjies uit, indien nie uit bierbekers nie. Met die nuwe lafheid - wat darem klink of dit nou begrawe is, beteken dit hopelik dat vorige jare se elektrisiteit euwel gebêre is. Die KKNK se elektrisiteit het...

Fleur die Caps en onsigbare verf
Albert Maritz - 2009-04-23
I dislike arguments of any kind. They are always vulgar and often convincing. – Oscar Wilde So is die Fleur du Caps iets van die verlede. En die wenners op ’n hoë standaard. In byna elke kategorie is die room van die teatergemeenskap bekroon. Maar ’n egte kunstenaar werk nie vir toekennings nie. Spelers verf op ’n onsigbare doek. Hy of sy kan nie self hul werk sien nie. Soms is daar swak werk wat vol sale trek. Soms goeie werk wat amperse leë sale net-net...

Matt Damon, Jericho en moenie dat ek julle vang by Hond se Dinges nie
Albert Maritz - 2009-04-07
A celebrity is a person who works hard all his life to become well known, and then wears dark glasses to avoid being recognised – Fred Allen Die Oude Libertas-teater het weer ’n goeie seisoen beleef en sluit dit af met hul eie produksie, Jericho. Die produksie is pragtig vir die omgewing, maar dan is min produksies in hierdie teater nie mooi vir die omgewing nie! En openingsaand was tot oorlopens toe vol. Die verhoog word gevul met die Stellenbosch Libertas-koor, akteurs, sangers,...

Albert Maritz oor Clint Eastwood en Houtkruis
Albert Maritz - 2009-03-18
Do what you can, with what you have, where you are. – Theodore Roosevelt Ek sweer Clint Eastwood is in die Kaap. Ek het hom vandag maklik sewe keer gesien. Langs ’n straat in gugs; later in ’n groen bus, en op ’n sportveld in Gugs en iewers wagtende op vervoer – het dit my gelyk. Ek self het saam met ’n klomp ouens touchies gespeel in Gugs en hulle glo my nie een as ek hulle sê nie. Ek droom selfs ek het nou die dag met Clint gepraat. * ...

Lank Leef Trudie
Albert Maritz - 2009-02-05
I would rather be a philosopher and a coward than a hero and a fool – Ambrose Pratt Pas terug van ’n teësinnige teateruitstappie. The Tempest by die ongelooflike Baxter-teater. Die nuus sê: Trudie Taljaard is vanaand dood. Henry Mylne se sms kom sekondes later. Hy was na aan haar. En ’n mens se gedagtes is in ’n verwarde warboel. En Trudie-info flits in my gedagtes verby. Sy het nou die dag besluit sy wil gesond word. Dapper gesit en oefeninge doen saam...

Graeme Smith en ander seshoue op die verhoog
Albert Maritz - 2009-01-13
Ons het nie leiers nie. Ons helde is onbekombaar. Die redes hiervoor is legio. So, toe ek vanoggend wakker word, sit ek Radio 2000 aan. En so tussen slapies deur hoor ek hoe ons krieketspan die spit afbyt teen die Ozze in die derde toets.Ek sleep toe maar gym toe; bly luister Radio 2000. En in die gym verneem ek die boksklas begin eers volgende week. So die begintyd is myne. En in die kleedkamer is reeds ‘n paar mense aan't krieket kyk. So ek gaan sit, en rond een van die lekkerste oggende...

The mass of men lead lives of quiet desperation
Albert Maritz - 2009-01-07
"The mass of men lead lives of quiet desperation." - Henry David Thoreau’n Week in die Nuwe Jaar in, en 2009 is vir sommige ’n nuwe avontuur, vir ’n klompie oustryk - salaris (is dit waar dat ’n BD by groot maatskappye R40 miljoen ’n jaar kan verdien, dat sommige mense ’n miljoen per minuut verdien?), en vir ander nog ’n jaar van stoei om oorlewing en respek. Selfs ’n hardwerkende tuinier/verwer/karwasser/akteur/teatermaker kan vroeg reeds...

Toerien en Opperman
Albert Maritz - 2008-12-04
Hoe gemaak om jou ontevredenheid uit te spreek in ʼn rubriek? Ek skryf nou die twaalfde keer oor, want ʼn vriendin sê vir my ek is ʼn "wet". Well, all the world's a stage! So mag ons nie asseblief maar oor onderwerpe wat ons hinder, ʼn storm los skryf nie? Dat die "fool" homself herken in die "mirror of nature" en sy weë aanpas nie? Maar ...Langenhoven het iets gesê soos: Pasop om met jou agterkant na mense aan te kom! Hulle mag dink...

Die onsigbares agter die gordyn
Albert Maritz - 2008-09-09
Die pastoor van ʼn ander kerk vervang die gebruiklike pastoor. Die gereelde pastoor is (mens kan seker sê) die GESIG van die kerk. En die instaan-ou amper soos ʼn plaasvervanger vir ʼn speler wat goed op die veld was. Dit kan slegte vrugte afwerp om die goeie ou te vervang terwyl hy op stryk is. Die kerkganger kan – soos die Bok-skares – amper handdoek ingooi, moed opgee of tou opgooi. Maar soos ABSA sê op die kitsbankskerm: "Moenie tou opgee nie."...

Louw Verwey is dood. Lank leef die teater!
Albert Maritz - 2008-07-29
Vanoggend se koerant dra die nuus van Blaise Koch se afsterwe. En ja, hy kom ʼn lang pad. En ja, hy was baie goed in baie stukke, soos onlangs in Clare Stopforth se Romeo & Juliet by Maynardville die stukke waaroor die koerant rapporteer, waarvoor hy toekennings gekry het, soos Boy Meets Boy, en meer. En hy was, wat voel soos eeue gelede, in Kruik se Faan-produksies ook.Maar terwyl ons by die Innibos-fees te Nelspruit was, het net sulke hartseer nuus my bereik. Die groot ou Gees wat geskryf,...

Koos en vriende, neem op die masjiengeweer!
Albert Maritz - 2008-07-10
Hy's grys. Hy sit in ʼn vloed van atmosfeer op ʼn stoeltjie. Lig van agter, lig van bo. ʼn Reënboog van lig wat oor hom hurk. Van voor is hy donker, behalwe die klein lampie wat sy kateder belig, en sy wit-beligte crotch is die backdrop – vir ʼn nuwe Suid-Afrika. Die een man en sy kitaar.Die paar liedjies waarmee hy begin, is oues, maar soveel nicer, want Koos is soveel meer van ʼn performer as in die eighties. Hy praat van brûe en alternatiewe drukke. Hy het...

Waar is die lyn tussen lelike kritiek, kundige kritiek en kwetsende kritiek?
Albert Maritz - 2008-06-25
Ek bid dat ek nie dronk moet word op klein oomblikkies van sukses, soms vals sukses, soms blote kortstondige bravade nie. Dat ek nie moet vergeet dat ek baie rede het om dankbaar te wees nie. Dat ek nie moet vergeet hoe dit voel om self aan die ontvangkant van nastiness te wees nie.Sê niks, dan is daar niks. Maar wat nie gesê word nie, bly ongesê. Maar – dis ook verkeerd, of is dit nie? Maar mens moet ervaring meet aan: Is dit ʼn mors van energie? Is die daad gebore uit...

In die sweet van jou aanskyn
Albert Maritz - 2008-05-21
Ek het 12 jaar in Johannesburg spandeer terwyl ek my voete gevind het in die vermaaklikheidsbedryf. Natuurlik was die enigste goeie ding daar die pad Kaap toe, en ek en my jong gesin het gretiglik die pad gereeld aangepak. Ons sou ook oorslaap – soms oor die kar breek; soms oor ons wou. Eendag toe ons op Victoria-Wes deur die dorp stap, sien ons ’n ou bioskoop. Ons stoot ’n agterdeur oop, en deur berge stof en spinnerakke beland ons op ’n balkon – met daar onder...


<< 1 2 >>