Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Fanus Rautenbach: Umfaanus


<< 1 >>

Die boek se naam is Tien uit tien
Fanus Rautenbach - 2010-11-24
Tien uit tien Fanus Rautenbach Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624049432 Prys: R153.00 Klik hier en koop Tien uit tien nou van Kalahari.net! Gewoonlik haal die redakteur enige stoute verwysing uit ’n nuwe boek. Nou wil ek nie net Danie Botha bedank nie, maar ek glo hy het self ’n paar skorsies bygevoeg! Tien uit tien is ’n versameling knipsels van stories en snaakse goeters uit tydskrifte vanaf 1952. Die Huisgenoot het die grootste bydrae gemaak; dankie. Soos by “Aldag...

Aprilgekkedag
Fanus Rautenbach - 2010-04-09
Aprilgekkedag, of net Gekkedag, is ’n dag wat in baie lande “gevier” word, en wel op 1 April. Die dag word herdenk met verskillende soorte poetse. Een wat ek hier gehoor het, was: “Gehoor hulle gaan Tafelberg se naam verander?” Wat is Aprilgekkedag en hoe het dit begin? Dis ’n baie goeie vraag, want ek ken nie die antwoord nie! Niemand is heeltemal seker van die oorsprong van Gekkedag nie. In die 18de eeu is beweer dat die viering teruggaan tot in die tyd...

Humor in die dood
Fanus Rautenbach - 2010-03-02
My oudste suster, Susie, is die afgelope vyf jaar deur haar dogter, Susan, en skoonseun, Dries, op Franskraal, langes Gansbaai, versorg. Susie was drie jaar ouer as ek en toe die ouetehuis op Onrus aankondig dat hulle ’n siekeboeg gaan aanbou, vra Susie of sy dit mag inwy. Die toestemming word gegee en sy is vir 24 uur die eerste en enigste inwoner. Toe verhuis sy na ’n ander siekeboeg genaamd nie Onrus nie, maar Hemelrus! Dogter, Susan, het haar om middernag gaan groet, en vertel haar...

Haai Sosati en Boere-sosaties
Fanus Rautenbach - 2009-10-22
(Ook van die Kretie en die Pletie tot by Skorriemorrie ) ’n Sosatie is vleisrepies in kerrie en kruie ingelaai daarna aan stokkies ingeryg en op die kole gebraai. Alle grappies op ’n stokkie Dit is ’n Boeresosatie Maar in Maleisiese kerrie Is dit Boere-monatie Nog lekkerder is Franse mayo Engelse mosterd, Hollandse kaas Griekse olywe Maar Spaanse Valencias is die baas Daarby kom ook Kaapse wyn Portugese peri-peri Dit is onbekend Vir die pletie en die kretie Wat van Joodse gefillette...

Verjaarsdag by die Shuttleworths
Fanus Rautenbach - 2009-10-06
Liewe Fanus!Ronel en Rick Shuttleworth van Durbanville nooi jou hartlik uit om die middag van jou 81ste verjaarsdag, op 23 September 2009, om drie-uur die middag in ons gastehuistuin te kom tee drink.Marius du Plooy van Radio Tygerberg sal jou kom oplaai. Mark Shuttleworth se ma en pa nooi Oom Fanus vir tee!? Eers trek ek die woordeboek nader en onder shuttle kry ek: pendel … pendeltuig! En Mark was die eerste tjekboek-ruimtepassasier! En nadat Mark sy merk gemaak het en ’n ziljoen...

Van Fanus tot Oom Fanus
Fanus Rautenbach - 2009-10-01
Ek was Saterdag, 26 September 2009, in die NOOP-Restaurant. Die eienaar, Abie, se bynaam toe hy klein was, was Snoopy, want hy het glo nes Snoopy van Charles M Schulz gelyk. Later is sy bynaam verkort tot Noop, en toe hy die restaurant open, word dit die Noop-restaurant. Toe emeritusprof, Johannes die Dopper (Bakkes) hoor dat my geliefde gereg beesstert is, was dit sy eerste keuse vir die storievertel-ete tydens die Cultivariafees. Voor die ete vra Noop wie het vir my ooit die lekkerste osstert...

Hier volg ’n eerbetoog aan dr Wimpie de Klerk … Of so iets.
Fanus Rautenbach - 2009-08-13
Daar is ’n paar mense op hierdie aarde, as jy tien minute in hulle geselskap was, jou ’n beter mens laat voel, en ek kan daardie mense op die vingers van my een hand tel. Duimpie ... Duimpie se maat ... Langeraat ... Fielafooi ... en Piepsinniekooi! Kom ons begin by Duimpie. Duimpie de Klerk ... uhh … Wimpie de Klerk! As ek al my vingers bymekaar tel, so lank het ek elke dag vir Die Transvaler en vir Wimpie ’n rubriek geskryf ... Of so iets! Maar eers wil ek iets prettigs...

Hier volg ‘n eerbetoog aan dr. Wimpie de Klerk, OF SO IETS.
Fanus Rautenbach - 2009-08-13
Daar is ‘n paar mense op hierdie aarde; as jy tien minute in hulle geselskap was, voel jy ‘n beter mens, en ek kan daardie mense op die vingers van my een hand tel. Duimpie...Duimpie se maat... Langeraat.. Fielefooi...en Piepsinniekooi! Kom ons begin by Duimpie. Duimpie de Klerk...e..e...e..WIMPIE DE KLERK! As ek al my vingers bymekaar tel, so lank het ek elke dag vir “Die transvaler” en vir Wimpie, ‘n rubriek geskryf ...OF SO IETS! maar eers wil ek iets prettigs...

Kitsch en die moderne penarie
Fanus Rautenbach - 2009-08-05
Elke jaar, die afgelope sewe jaar al, kom die land se beste en bekendste kunstenaars in Bellville se Burgersaal byeen en hou dan ’n liefdadigheidskonsert onder die titel Want ons kan!. In die sewe jaar het hulle al meer as een miljoen rand aan die sink-kaia-kinders (wit en bruin en swart) geskenk. Shaleen Surtie-Richards was, soos sy gespog het, die “seremoniemiesies!” Sy reken: "Ek is te swart om ’n miesies te wies en te wit om ’n madam te wies!” En na ’n...

Biduurtjie in die Oudehof
Fanus Rautenbach - 2009-06-04
Elke Woensdagoggend het ons in ’n biduurtjie in die Oudehof. (Dis eintlik ’n ouetehuis, maar wie wil nou erken dat hy in ’n ouetehuis woon? Toe verander ons die naam na Arkadia Oudehof!) Ek kry elke Woensdagoggend opdrag om halftien daar te wees. Wat ek ook doen. Die oggend lees die leraar voor uit Efesiërs, waar Paulus vir die gemeente skryf om nie dronk te word van wyn nie, maar van die Heilige Gees, en die dominee maak vergelykings tussen die verskillende dranksoorte:...

Testament
Fanus Rautenbach - 2008-12-18
(OPGESTEL 0M 16.54, SONDAG 14 DESEMBER 2008 DEUR STEFANUS PETRUS RAUTENBACH VAN ARKADIA-OUDEHOF 210, HOOFWEG 414, OBSERVATORY, KAAPSTAD) AAN MY FAMILIE Ek glo dat die Skepper my bederf het: En my geloof in Hom en my Liefde vir julle oorvloediglik Ver verby genoeg is wat Hy julle laat erf het. Ek dank die Skepper dat hy die tyd gevind het Om julle almal te skep en wedersydse Liefde in ons Harte geplant het. Ek dank Hom dat hy ook Humor vir ons in oorvloed gegee het ... sodat ons ...

Hoe meer haas
Fanus Rautenbach - 2008-10-29
Eers was daar robbe, toe noem hulle dit Robbeneiland. Ek het selfs ’n versie daaroor geskryf, wat so begin: Sewe robbe bobber om die baai; Hoeveel daar was kan mens net raai. Maar nou’t ek nie lus om oor ’n rob te tob nie En wie beweer die katte kies nie die hasepad ok nie? En daar was ’n duisternis katte. Hulle verwyder die katte, maar die kat kom weer. Hulle raak uiteindelik van die katte ontslae, maar toe kom die hase, en daar is koerante wat skryf...

“Ons leen nie meer karkasse uit nie …”
Fanus Rautenbach - 2008-10-22
Dié kennisgewing is in ’n slaghuisvenster in Soeterland, ook bekend as Sutherland, Van Wyk Louw-wêreld. Daar is ook ’n reuse-sterrewag – seker om te kyk wie leen hulle Karoo-skape en bring dit nie terug nie! Nee, wag, wat gebeur is dit: die bekendste Karoo-slaghuis in Sutherland, genaamd Soeterland, het ook die mooiste en grootste Karoo-skape. Dit hang oopgevlek in die venster. Nou kom van die ander slagters, wat ook Karoo-karkasse het, maar nie so mooi soos Soeterland...

Umfaanus se eerste 80
Fanus Rautenbach - 2008-09-30
Ek sou Ek wou In my 80 jaar My naaste dien Maar ai, my amper-eeu Het ampertjies sy dinges gesien! Presies nou 80 jaar Het ek geleef Gewerk Geloop Gery Gevry Gevlieg Gesweef Maar voor ek sterf Wil ek net dankie sê Want ek had net liefde en geluk en voorspoed En mag dié ná my dit erf, In heel my lewe: Loof Hom: die Skepper het my bederf! (KOM LAAT ONS SING, JA, KOM LAAT ONS SING!) Aaizieke-zoema-zoema-zoema Aaizieke-zoema-zoema-zei...

Oom Engel, ons onthou
Fanus Rautenbach - 2008-09-23
Oom Engel Angelbrecht is nie meer met ons op hierdie aarde nie. Dis nou oom Angle Engelbrecht wat sy hele lewe daaraan gewy het om ons beter, suiwerder Afrikaans te laat praat. Hy het jou sommer terwyl jy praat en ’n anglisisme gebruik, in die rede geval en jou sommer so woordeliks en mondelings geredigeer. “Nou vat jy ’n kans!” Oom Engel: "Jy bedoel seker: waag ’n kans?" “Goed, dan bel ek oom Engel op!” Oom Engel: "Jy bedoel seker...

Kleur die dae in, dis alles so vaal ... sê Umfaanus
Fanus Rautenbach - 2008-09-10
Is jou dae vaal en kleurloos? Voel jy soms of jy jou kleurkryt verloor het?Kleur dit in.C Louis Leipoldt het al daarmee begin:Dit is die maand Oktober,die mooiste, mooiste maand:Dan is die dag so helder,so groen is elke aand,Viooltjies in die voorhuis,Viooltjies blou en rooi!Viooltjies orals op die veld,En orals, ai, so mooi!En dan na die tuiste van die Blou Bulle:Teen die blou van die Jakarandasis die blou van die lug maar bleek ...As ons weer 'n Springboktoets wil wen, moet ons terug na:Vat...

Justus-Umfaanus-Tsungu
Fanus Rautenbach - 2008-08-19
Hier is wêreldnuus en Umfaanus is die eerste koerant wat daaroor mag skryf!‘n Kollega van my by die SAUK was die baie bekende en geliefde Sotho-omroeper Justus Tsungu, wat ‘n spesiale taak gehad het, ‘n roeping: “En dit was om my mense wat net Sotho en Engels gepraat het, Afrikaans te leer praat – en om die Afrikaners wat net Afrikaans en Engels kon praat, Sotho te leer. Dit het ek op die Afrikaanse sender van Radio Suid-Afrika (RSA) gedoen." Twaalf jaar gelede...

The good, the bad and the ugly
Fanus Rautenbach - 2008-08-05
Wat is dit op Afrikaans? Ek dink: Die goeie, die gawe en die gagga!Daar word altyd neerhalend na Benoni, die dorp aan die Oosrand, verwys, maar daar was darem al ‘n paar regverdiges in die stad Nineve. Behalwe dié wat ek hier onder noem, was daar ook nog Flinkveria se assistentpresident en die limeriekkoning van die Republiek, Engeltjie Engelbrecht, wat in Leeudoringstad gaan aftree het, nou oorlede is, maar sy hele lewe lank in Benoni skoolgehou het en later hoof van Benoni Laerskool...

Sebastian Kloon gaan rugby kyk by Nat, die grapmaker
Fanus Rautenbach - 2008-07-28
Ek ry volgens ’n perfekte kaart Muizenberg toe. Tot by Lakeside. Ek draai regs in ’n keerweer en sien die OB-Mercedes Diesel. Ek parkeer agter hom. Nat is klaar daar. Hy probeer my deur oopmaak, maar ’n teef bestorm my, ruik aan my goeters, en slaat my met haar sweep. “Welkom, Sebastian! Hoe gaan dit met hom?” “Ek sal hom vra as ek hom weer sien.” Hy lag nie meer vir my ou grappies nie, is self te besig om iets snaaks uit te dink. Nat het ’n...

Ons dink aan Mike Schutte
Fanus Rautenbach - 2008-07-23
Een van ons gereelde Umfaanus-lesers vra waarom is oom Fanus dan so stil? Dit is Roelie van Jaarsveld van Radio Laeveld. Hy vra of ons nie ietsie soos ’n huldeblyk aan Mike Schutte in Umfaanus kan plaas nie. Hy skryf hy het dit die eerste keer in een van Fanus se boeke gelees en nou wil hy dit vir Mike Schutte leen. Dit is sy grafskrif: Hier lê Mike Schutte: vir die eerste keer in sy lewe is hy dood – ernstig. Eendag vra Kallie hom: Mike, het jy enige kinders?...

’n Kat-en-muis-speletjie
Fanus Rautenbach - 2008-05-13
In een of ander stadium van ’n kind se lewe wil hy of sy graag ’n troeteldiertjie hê. “Pappa, Jaydy het die mooiste hamstertjie by haar pa gekry. Dis nie reg nie – ek wil ook een hê!” “Wat is ’n hamster?” vra die pa gewoonlik. Dan gaan haal hy sy WAT en daar staan: “Enigeen van die knaagdiere van die Ou Wêreld. Behorende aan die familie, Crecitiniae. Hulle het kort stertjies, klein oortjies, knobbelrige kieste...

''Die Bybel is kinderspeletjies!'' sê Henk Bierman vir Umfaanus
Fanus Rautenbach - 2008-01-28
Henk Bierman, wat voorheen by die SAUK ’n baie bekende omroeper was en onder andere die besonderse program “Wat sê Die Bybel?” aangebied het, het op Stilbaai gaan uitspan, en sommer so ewe stilweg ‘n besonderse boek geskryf en sommer self uitgewer gespeel ook. Ek sê uitgewer “gespeel”, want die titel van die boek is Leer die Bybel speel-speel ken. Dusver het niemand nog teen die boek se titel beswaar gemaak nie, en dis goed so, want niemand het nog...

Treurwilg? Nie Umfaanus nie!
Fanus Rautenbach - 2008-01-14
In die fliek in die Nouveau draai op die oomblik ‘n buitelandse rolprent, The Willow Tree (miskien moes die naam The Weeping Willow (treurwilg) gewees het, maar dis nie ‘n treurige fliek nie, dog wel ‘n hartseer ene, eintlik ‘n treurspel. Die "weeping willow" is so genoem want volgens die Oxford verwys die "weeping" na die voorkoms van die boom, nl "drooping" (soos in "drooping moustache", hang-snor); daarom word ‘n tragedie ‘n...

Almanak
Fanus Rautenbach - 2007-12-13
Die nuwe jaar is voor die deur en ek het nog nie my almanak van die apteek of die SAUK af gekry nie. Hoe gaan ’n mens ’n nuwe in sonder ’n almanak? “Het jy die almanak gebring?” Mammie was baie erg oor haar almanak. Pappie moes sorg dat dit vroeg in Desember van die vorige jaar al in die huis is. Ons het gewoonlik so drie almanakke, of kalenders, persent gekry. Een was van Hugo & Van der Merwe, die kruideniers, wat elke jaar, gereeld, ’n...

Badwater
Fanus Rautenbach - 2007-12-10
Dis amper alweer Kersfees – tyd vir my om weer te bad. Die badgewoonte kom doer uit die 1500’s van Engeland af: die meeste Engelse het in Junie getrou, want hulle het hul jaarlikse bad in Meimaand geniet. En tog het hulle nog lekker geruik in Junie, die troumaand. Maar ingeval hulle in Junie begin ruik het, het die bruid ’n ruiker blomme gedra. Vandaar die ruikergewoonte. Die baddens was ook maar soos dié wat ons gebruik het: sinkbaddens. Die pa (ook...

Die edelman
Fanus Rautenbach - 2007-11-05
Nou kry ek met my verjaarsdag by Petrovna Metelerkamp die jongste boek van Robert Young, 'n Harde turksvy om te kraak – herinneringe van 'n uitsaaier. Na 'n paar weke kry ek 'n vonkpos van Petrovna waarin sy na Turksvy verwys en meld dat dit jammer is dat ek en Robert Young mekaar nie beter geken het en minder saamgewerk het nie. Na aanleiding daarvan vertel ek toe die volgende: Op 'n dag lui my foon. "Faans? Dis Robert Young hier. Soos jy weet, het ek nou die Afrikaanse Drama-afdeling...

'n Wildtuinstorie
Fanus Rautenbach - 2007-09-18
Ons vertrek om 10 vm op 26 Augustus per kulula.com ("either Jan Smuts OR OR Tambo Airport"), waar ons 'n Honda huur – wat nie so gerieflik soos Frans se Merc is nie, met die gevolg dat my boude beginne seer word en ek verskuif na die agtersitplek waar ek langbeen kan sit. Die enigste nadeel is dat Frans die diere eerste sien! Ook maar gelukkig, want so ontdek ons die non, suster Hondisia: van waar ek agter sit, lyk die swart nekskermskut net soos 'n non van agter af.Ek en seun Frans...

Kom ons haka ons eie, eie Haka!
Fanus Rautenbach - 2007-08-21
Dit is al baie jare aan die gang – 'n poging tot ons eie Haka-haka! Op laerskoolbyeenkomstes, met sportgeleenthede, het ons uit volle bors geskreeu:Ons is, ons is, weet julle wie?Ons is, ons is, kan julle raai?Ons is, ons is, sonder lawaai – Ons is, ons is, glo julle my –Ons is die skool van Generaal de la Rey!En dit was lank voor die liedjie van Bok van Blerk.Later het ons variasies op ons eie Haka gemaak:Jêmblikke, visblikke, een twee drie!Ons is, ons is, weet julle wie?Ons...

Net so: een ... twee ... drie!
Fanus Rautenbach - 2007-07-17
"Toe ek op universiteit was …" Oeee, hoe baie het ek nie gedroom van die dag wat ek presies hierdie woorde sou kon sê nie! Op 'n keer in standerd 7 (graad 9 vandag) vra die leerkrag in Engels wat ons eendag wou word. Nadat elkeen sy beurt gekry het om te spog met "advokaat", "rekenmeester", "geneesheer", "veearts" en "predikant", kom die onnie by R, alfabeties. "En wat gaan jy word, Rautenbach?" vra hy op sy...

My gunstelingdinge
Fanus Rautenbach - 2007-06-11
1 Oktober 2006 het die sangster, Julie Andrews, 69 geword. Toe het sy haar ou-ou bekende en geliefde liedjie herskryf, en spot met die ouderdom. Eers gee ek die oorspronklike woorde in Engels, en probeer dit dan in Afrikaans verwerk. Die Engelse weergawe waarin sy met haarself spot: Maalox and nose-drops and needles for knittingWalkers and handrails and new dental fittingsBundles of magazines tied up in stringsThese are a few of my favourite things. Cadillacs and cataracts, and hearing aids...

Woorde wat (nog) nie in die woordeboek is nie
Fanus Rautenbach - 2007-04-12
Ek kry heelwat navrae van lesers wat die vertaling van Engelse woorde in Afrikaans soek; of lesers wat wil weet: Wat beteken dié woord en waar kom dit vandaan? Amore Bekker, wat saam met my die oggend van 3 Maart 2007 oor RSG uitgesaai het, vra of ek saam met haar op 31 Augustus 2007 op Bredasdorp se Fees sal optree, en as ek wil, of ek vir haar ’n kiekie sal stuur. “’n Tiekie?” vra ek. Sy lag haar lekker-bekker-lag. “Nie 'n tiekie nie, ’n kiekie...

'n Troudagherdenking is meestal ‘n onding
Fanus Rautenbach - 2007-03-20
Maar nie die 50ste troudag van Henk en Joey Bierman van Stilbaai nie. Waarom? Daar was nie een toespraak nie ! Jakob Jordaan, die skoonseun, het begin deur voor te lees van die gelykenis van die verlore muntstuk. In die Bybelse dae het die vroue muntstukke in hulle hooftooisels gedra. Toe verloor sy een, en dit was so goed soos ’n vrou wat vandag haar trouring verloor. Almal het gesoek en toe hulle dit kry, het hulle fees gevier. (Laat my dink aan die klassieke verhaal van die jonge man...

Oor vakansie, tasse en bruide
Fanus Rautenbach - 2007-02-06
Was bietjie met vakansie. Toe my kinders klein was (kleiner was!), sê Mamma: “Ons gaan volgende week met vakansie!” Maak hulle beswaar: “Pa het gesê ons gaan met DIE BLOUTREIN!” ‘n Paar oorvertelbare dinge het in die vakansie gebeur … “Eet koedoes tjops?” Ons is in Marlothpark, net langs die Krugerwildtuin. Die vraesteller is ‘n sewejarige knaap wat by die heining staan en een van drie koedoebulle gisteraand se oorskiet-tjops voer....

Daar’s pêre ... groooot pêre
Fanus Rautenbach - 2007-01-22
ODE AAN DIE GROOT PERDE! Einde van passeerde jaar is daar ‘n Trekperdfees by Nelson’s Creek in die Pêre(l) gehou. Daar is die mooiste perde van ons land vertoon, van die vurige Friesperd tot by ons eie trotse Boerperd waarmee ons die Ingelse kafgedraf het en altyd ‘n kortkop voor was. Ter viering van hierdie geleentheid van die Perd en Wyn is spesiale wyn gebottel en ek was gelukkig genoeg om ‘n kis daarvan persent te kry. Ek drink nie eintlik wyn nie, maar wil...

Radio net een eeu oud!
Fanus Rautenbach - 2006-12-12
My goeie vriend Hoefie Haupt verjaar op 19 September. ’n Ander goeie vriend, Martin Bothma, verjaar op 22 September. En ’n ander goeie vriend, Henk Bierman, verjaar op 26 September. My beste vriend – ek, Fanus – verjaar op 23 September. Elke jaar op een van ons verjaarsdae vier ons Kersfeesbabas ons geboortedae. Kersfeesbabas? Na die liefdesdaad neem dit mos nege maande vir die baba om gebore te word. My pa het altyd gesê ek is daar want hy het niks anders as liefde...

Pret is om ons
Fanus Rautenbach - 2006-11-28
Vandag is ek vir my halfjaarlikse gesondheidsondersoek na ‘n baie bekende hospitaal toe. Ek is na tien minute se ondersoek teen ‘n koste van R278,54 liggaamsgesond en by my volle positiewe verklaar. Ek het huppel-huppel uitgestap, en toe die vriendelike dametjie my oplaai om my terug te neem na my OUEHOF toe (is ouehof nie ‘n baie mooier en jonger woord as ouetehuis nie?), lag sy met wit tande en wys na ‘n DDM (DUUR DUITSE MOTOR) met die nommerplaat GYNAE 1 WP. In die...

Die Groot Krokodil
Fanus Rautenbach - 2006-11-14
Sy Edele PW Botha het die tydige met die ewige verwissel. Dit is baie onsmaaklik om ligsinnig hieroor te wees, tog is daar etlike humorpunte wat die verlies ligter maak. Om een of ander rede (ek kom daarby) was PW Botha bekend as Die Groot Krokodil. As daar nou humoristies verwys word na Shapiro se skitterende spotprent, word daar nie gespot nie, maar word daar gevra of mnr Botha dit ook sou geniet het. Die antwoord is "ja". Shapiro teken PW Botha, koud en nat, in ’n rivier, waar...

Die laaste basuin
Fanus Rautenbach - 2006-10-31
Daar is baie legendes oor “die laaste basuin” wat gaan blaas: legendes en ook die waarheid in die Bybel. Dit staan oa in 1 Kor 15:52: "In ’n oomblik, in ’n oogwenk, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word." En in Mattheus 24:31 verander die laaste basuin na trompetgeluid: "En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke...

Oor plastiekblomme en so
Fanus Rautenbach - 2006-10-10
Die eerste plastiekblomme (kunsblomme?) wat in Suid-Afrika gemaak en verkoop is, is gedoen deur ’n sakeman wat ek in die sestigerjare in Bloemfontein leer ken het. Noudat Pote Human, die rugby-afrigter, weer in die nuus is, dink ek daaraan en verbeel my die blomme is destyds juis deur 'n Human gemaak. Daar was ook ’n motorhandelaar met dieselfde naam. Nou wonder ek of ek dit reg het. Is daar ’n leser wat kan help? * Daardie selfde tyd moes ek ook by ’n funksie van die Suid-Afrikaanse...

Waarvandaan kom die Armeense grappe?
Fanus Rautenbach - 2006-09-12
Van Armenië af. Volgens David Marshall Lang, wat ’n boek oor Armenië geskryf het, Armenia, Cradle of Civilization (Londen: George Allen & Unwin 1978), hou die Armeniërs van argumente, maar het ook hierdie vreemde humorsin wat hulle, volgens oorlewering, by ’n denkbeeldige Radio Erevan aangeleer het. Lang skryf dat ’n man vertel dat hy by die Ottoman-weermag gaan aansluit. “Jy gaan in die Turkse Oorlog veg?” vra sy vriend. “Ja, ek gaan in...

Die Fransman
Fanus Rautenbach - 2006-07-21
Baie stories oor die Franse. Kan jy glo hierdie oom het nog nooit in sy lewe na ’n sokkerwedstryd gekyk nie, en hy besluit toe om darem na die eindwedstryd op Sondagaand, 9 Julie 2006 op TV te kyk. En daar gebeur die mees dramatiese insident van alle sporttye: Italië speel teen Frankryk, en dit lyk asof Frankryk gaan wen. Die Franse kaptein, Zidane, dink ook so. Maar toe loop een van die Italiaanse spelers agter Zidane en fluister iets sodat Zidane moet hoor. Zidane hoor nie net nie, maar...

Taxi-Gespraxi
Fanus Rautenbach - 2006-07-05
Die eerste stem wat ek hoor, is Elsa Olivier s’n: “Dit is die einde van jou onafhanklikheid en die begin van jou afhanklikheid …” Ek maak my oë oop, vee oor my voorkop … kyk na my vingers: klein bloeddruppeltjies … van die voorruit wat gebars het: ’n Toyota het my Merc ‘n dwarsklap gegee toe ek wou draai … van die Paarl af op pad terug Kaapstad toe. Waarheid: my onafhanklikheid daarmee heen. Nie rêrig nie. “Hoe word...


<< 1 >>