Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Visueel | Visual

Visueel | Visual


<< 1 2 3 4 11 >>

Voorbladnooi se glansaand
Izak de Vries - 2011-12-23
Nelle Dreyer se outobiografie, Voorbladnooi, is Woensdag 7 Desember 2011 in The Book Lounge aan ’n waarderende Kaapstadse gehoor bekendgestel. Talle bekendes, onder wie beroemde fotograwe, het ingeloer. Izak de Vries het sy lyf paparazzo gehou. Jackie Burger (links), die redakteur van die modetydskrif Elle, het die bespreking gelei. Hier is sy saam met Nelle, die skrywer van Voorbladnooi. Lambro Tsiliyiannis (fotograaf) en Nelle Dreyer Lambro Tsiliyiannis...

Clare Menck se kunstenaarskap: ’n strewe-in-wording na die dokumentering van ’n deurleefde en geleefde wêreld
Amanda Botha - 2011-12-08
Untitled Document Clare Menck se kunstenaarskap ’n Evaluering en herwaardering van Clare Menck se kunstenaarskap word verken in ’n tentoonstelling van 120 werke wat deur Sanlam aangebied word en het op 25 Oktober 2011 in Sanlam Kunsgalery in Bellville geopen. Amanda Botha beskryf Menck se kunstenaarskap as “’n strewe-in-wording na die dokumentering van ’n deurleefde en geleefde wêreld”. Die leefwêreld van Menck word verken in vier genres –...

Dis weer tyd om “te ruk en te riel”!
Menán van Heerden - 2011-12-06
Untitled Document Die 6de ATKV Rieldans-finaal 2011 het op 3 Desember die Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) omskep in ‘n kaleidoskoop van kleur, beweging, musiek en joligheid. Die gehoor is vermaak deur seremoniemeester “Zinzi” van 7de Laan (Caroline Jacobs). Elias Nel, ATKV-projekorganiseerder, het die groepe herinner: “Ons is nie hier om te hanna-hanna poet-poet nie, ons is hier, ons gaan groot, of gaan lood”, en beklemtoon: “Ons is juis hier om die...

Andries Gouws: Pedestrian Paintings (2066–2011)
2011-12-06
Untitled Document You are cordially invited to ... Andries Gouws: Pedestrian Paintings (2006-2011) Pretoria Art Museum, Corner of Schoeman and Wessels Streets, Arcadia Park, Arcadia Thursday, 8 December: 18:00 for 18:30–20:00 Opening speaker: Prof. Michael Godby (History of Art, UCT). The exhibition runs until 29 February 2012. Museum hours: 10:00 to 17:00, Tuesday, to Sunday Closed on Mondays and public holidays Tel: 012 344 1807 Email: art.museum@tshwane.gov.za GPS: Lat: 25◦44’53.63”S...

Robinson Regstreeks: Bekendes oor SA
2011-12-06


The Lucky Packet Exhibition by Nicolaas Maritz
2011-12-06


Diane Victor herrangskik die landskap van emosie: Kuns as beswering van ’n samelewing se disfunksionaliteit
Amanda Botha - 2011-12-01
Diane Victor herrangskik die landskap van emosie: Kuns as beswering van ’n samelewing se disfunksionaliteit Diane Victor het haar gevestig as ’n hooffiguur in die Suid-Afrikaanse en internasionale kunsgemeenskap. Haar werk lewer kommentaar op die vlietende Suid-Afrikaanse sosiopolitieke landskap. In hierdie reeks, Disasters of Peace, gee sy ook ’n kopknik na haar historiese voorgangers. Hierin toon sy haar veelsydigheid van uitdrukking, nie net deur die skep van veelvuldige betekenislae...

Sanlam's 40 leading works go on show
2011-12-01
40 leading works from the Sanlam Art Collection go on show at Stephan Welz & Co at the revamped Alphen Hotel in Constantia on 7 December 2011 One of South Africa’s most important corporate art collections, the Sanlam Art Collection, will exhibit a selection of 40 leading works at Stephan Welz & Co’s premises at the Alphen Hotel in Constantia from 7 December 2011 to 14 January 2012. The Index: 40 Leading Works from the Sanlam Art Collection exhibition includes carefully selected...

Robinson Regstreeks: Rhoda Kadalie
2011-12-01


Fotoblad: Die geheim van Slangfontein word bekendgestel
Alwyn van Zyl - 2011-11-30
Die geheim van Slangfontein is ’n musiek-fliek met Rian Malan en die Radio Kalahari Orkes. Die DVD is verlede week by die Daddy Long Legs Hotel in Kaapstad bekendgestel. Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari om hom oor te gee aan die stilte, maar hy word onverhoeds bekendgestel aan Radio Kalahari met RKO agter die mikrofoon – ’n radiostasie wat hom laat soek na die geheim van Slangfontein. In episode 2 vertrek Rian en RKO na Oppikoppi 2010 vir hulle optrede daar, onder...

Naakfigure en ander huishoudelike moleste
2011-11-30
’n Uitstalling van skilderye deur Leon Fourie en beeldhouwerke deur Ruhan Janse van Vuuren Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria Galery-ure: Dinsdag tot Vrydag: 09:00 tot 18:00, Saterdag: 09:00 tot 14:00 Leon Fourie en Ruhan Janse van Vuuren se uitstalling van naakfigure en ander huishoudelike moleste, kom op die regte tyd met ons warm somersdae en almal se begeerte om van te veel klere ontslae te raak en om emosioneel meer toeganklik te word. Hul tegnies-vaardige...

Oewerbestaan se herdruk in Johannesburg gevier
Melt Myburgh - 2011-11-29
Untitled Document Die tweede oplaag van Melt Myburgh se Oewerbestaan, vroeër vanjaar bekroon met die Ingrid Jonker-prys, is in November in Johannesburg gevier met ’n partytjie wat deur Myburgh se vriende gehou is. René Bohnen was onder die 80 gaste en het foto’s geneem. Die gasvrou was Alma Kennedy. Arn en Natasja de Lange Manda Reyneke Daar is weggelê aan lekkernye uit die boonste rakke. Die Johannesburgers het soos Kapenaars...

’n Kaapse konsert vir Christa Steyn
Calvin Siderfin - 2011-11-24
Untitled Document LitNet kopknik in hierdie Kerstyd vir Christa Steyn, wat kanker het. Christa is iemand wat liedjies kan skryf en of jy nou wil of nie wil nie, jy onthou dit. "Geel madeliefies", "Aan die einde van die reënboog", "Eerste liefde". Voor mens jou kan kry, sing jy saam. Nou die aand in Stellenbosch is daar ’n fondsinsamelingskonsert gehou om haar mediese onkoste in hierdie moeilike tyd te help dek. LitNet het gaan kyk en luister watter musikante haar by Hoër Meisieskool...

Fotoblad – Die bekendstelling van David Kramer: ’n Biografie
Retha Ferguson - 2011-11-23
Untitled Document David Kramer: ’n Biografie is op 22 November in Kaapstad bekendgestel. Kramer was in gesprek met die skrywers van die boek, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers. David Kramer: A Biography was launched on 22 November in Cape Town. Kramer was in conversation with the authors of the book, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers. Annie Olivier van NB-Uitgewers David Kramer David Kramer, Mathilda Slabbert en Dawid de Villiers Dawid...

Robinson Regstreeks: Internasionale bindende klimaatsooreenkoms
2011-11-22
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 27 November 19:30–20:00 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19:30 Aardverwarming, klimaatsveranderings en natuurrampe is kwessies wat wêreldwyd ’n impak het. Die Kioto-protokol waartoe ontwikkelende lande hulself verbind het om uitlaatgasse te verminder, verval in 2012 en ’n nuwe ooreenkoms moet verseker dat lande hieroor tot ’n vergelyk kom. Die debat is oor volhoubaarheid, en die groot...

Hout Street Gallery in Paarl presents thirty-sixth Summer Salon
2011-11-22
Untitled Document Thirty-sixth Summer Salon Hout Street Gallery, Paarl 26 November until 31 January 2012 The Hout Street Gallery in Paarl presents its thirty-sixth Summer Salon from 26 November until 31 January 2012. The exhibition features a range of more than thirty South African artists, including paintings, sculptures, ceramics and Carrol Boyes functional art. “This year the opening takes a slightly different format from previous years, with an all-day event from 9am until 9pm on Saturday...

Fotoblad: Guy Buttery se bekendstelling van To Disappear in Place
Retha Ferguson - 2011-11-17


Jannie Mouton se biografie word in Somerset-Wes bekendgestel
Naomi Meyer - 2011-11-17
Die boek Jannie Mouton: En toe fire hulle my is op 15 November in Wordsworth Books in die Somerset Mall bekendgestel. Naomi Meyer het gaan luister hoe Jannie oor die Stellenbosch-mafia gesels – en tussendeur ’n paar foto’s geneem. Jannie Mouton praat oor sy boek – en staan bont om finansiële vrae te beantwoord of te ontduik. Jannie Mouton: "As die belegging te goed klink om waar te wees, dan is dit." H Liebenberg, S...

Robinson Regstreeks: Lindiwe Mazibuko
2011-11-17


Richard Long installs work of art at the Vineyard Hotel & Spa
2011-11-16
Internationally acclaimed contemporary landscape artist, Richard Long has recently completed and installed the latest of his unique works in the entrance foyer of the Vineyard Hotel & Spa. This marks Long’s first domestic installation in South Africa. The British artist has been making art in nature since the 1960s and is seen as the modern pioneer of landscape art. Lex Petousis, Owner and Group Operations Director of the Vineyard Hotel & Spa first met Richard Long upon a visit...

Art Talk brings the Venice Biennale to Cape Town
2011-11-16
Cape Town based arts journalist, writer and critic, Sean O’ Toole, will present an illustrated Art Talk about the 2011 Venice Biennale and African content in particular, at 6 Spin Street, Cape Town, on Tuesday 22 November at 6.30pm. The Art Talk is the penultimate in a monthly series hosted by the African Arts Institute. O’Toole has just returned from the Biennale, arguably the most prestigious contemporary arts festival in the world, of which the 2011 event will close on 27 ...

Fotoblad: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans-oggendseminaar
Margarethie Bredenkamp - 2011-11-16
Untitled Document Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap by Unisa het Vrydag 11 November 2011 ’n oggendseminaar aangebied oor speurromans: Leidrade, speur-, spanning- en misdaadverhale in Afrikaans. Kerneels Breytenbach het vanuit sy perspektief as uitgewer, leser en skrywer 'n oorsig van die speurverhaal as genre se spel met verwagtinge, plaaslik sowel as internasionaal, gegee. Deon Meyer het oor sy eie werk gepraat. Met woord en tong in die kies het Leon Rousseau...

Verkenning: ’n Uitstalling van skilderye deur Willem Truter
Ina van Rooyen - 2011-11-15
Untitled Document Verkenning deur Willem Truter 11–30 November Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria Willem Truter is ’n kunstenaar wat met sy vorige uiters suksesvolle uitstallings sy besondere vaardighede as illustreerder en meester van kleurgebruik bewys het. Met sy komende uitstalling, Verkenning, belig hy ’n wesenlike kenmerk van die visuele kunste, naamlik dat die kunstenaar ’n verkenner is van ’n groot aantal beelde,...

Robinson Regstreeks: Afrikaans en die US-taalbeleid
2011-11-11
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 13 November20:00–20:30 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 20:00 Taal is ’n saak waaroor emosies soms hoog loop. Die drastiese afname in Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch is die dryfkrag agter die eis van ’n groep besorgde jonger-geslag Maties en burgerlike organisasies dat Afrikaans op dié kampus van uitwissing gered moet word. Ons gesels met oud-Maties wat ’n...

An exhibition based on the novel Zoo City by Lauren Beukes
2011-11-10


Fotoblad: Die bekendstelling van Mankepank en ander verse deur Antjie Krog
Bibi Slippers - 2011-11-10
Untitled Document Antjie Krog se kinderboek Mankepank en ander verse met illustrasies deur Diek Grobler, is op Maandag 31 Oktober by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Lees Bibi Slippers se artikel oor Mankepank en ander verse hier. Mankepank en ander Verse deur Antjie Krog, geïllustreer deur Diek Grobler Halloween-aand by The Book Lounge is die perfekte geleentheid om die verskyning van Mankepank te vier en ’n glasie te klink op ’n nuwe generasie...

Robinson Regstreeks: In gesprek met Koos Bekker
2011-11-03


Photos: 20 Stellenbosch: Two Decades of South African Sculpture
Kristine Kronjé - 2011-11-03
Untitled Document On Wednesday, 26th October Joachim Schönfeldt launched 20 Stellenbosch: Two Decades of South African Sculpture with an opening parade. Almost overnight a flamboyant spectrum of sculptural pieces appeared in and around Stellenbosch in a celebration of public art (or, as contended in some cases, merely art in public spaces). Jacques Coetzer Sanell Aggenbach Guy du Toit Dylan Lewis Click here to...

Art in the Forest: Paul du Toit
2011-11-02


Foto's: Ommietafel met skrywers 2011
Naomi Bruwer - 2011-11-01
Die jaarlikse Ommietafel met skrywers het op 29 Oktober by die Taalmuseum in die Paarl plaasgevind. Vanjaar se eregaste was Mathys Roets, Alistair Izobell, Carina Stander en Gerrit Rautenbach. Die program het gefokus op reis en Martelize Brink was die gespreksleier. Die program is direk op RSG uitgesaai. Ommietafel met skrywers is aangebied in samewerking met LitNet, en Leopard's Leap-wyn is saam met ’n heerlike buffetete bedien. Martelize Brink en Mathys Roets Foto: Naomi...

Carina Stander se debuutroman Wildvreemd word bekendgestel
Naomi Meyer - 2011-11-01
Carina Stander se debuutroman, Wildvreemd, is by Lanzerac bekendgestel. Naomi Meyer was daar, en Herman Stadler (ouditeur, vriend van Carina en gas by die geleentheid) het ook ingespring en heelwat foto’s geneem. Lanzerac skakel die ligte vir die aankomelinge aan. Bradley, Davion en Portia bedien die dorstige gaste. “Moenie hare trek nie, Ilan,” sê Gerrit, Carina se man, vir eregas Ilan, hul tien maande oue seuntjie. Een nag...

Foto's: Oepse daisy word bekendgestel
Naomi Bruwer - 2011-11-01
Johan Bakkes het onlangs sy jongste boek, Oepse daisy (uitgegee deur Queillerie), by Die Poort Erfenisterrein in die Paarl bekendgestel. Gaste is genooi om hulle eie piekniekmandjies en braaivleis te bring en saam te kuier. Riku Lätti, Les Javan en Koos Koegelenberg het vir musiek gesorg. Braaivleisvure is vroeg reeds aangesteek om die geselligheid aan die gang te kry. Foto: Alwyn van Zyl Foto: Alwyn van Zyl Foto: Alwyn van Zyl Marko van...

Fotoblad: Die bekendstelling van Sirkusboere deur Sonja Loots
Margarethie Bredenkamp - 2011-10-27
Untitled Document Sonja Loots se nuwe boek Sirkusboere is op Dinsdagaand 24 Oktober by Exclusive Books in Brooklyn bekendgestel. Margarethie Bredenkamp het 'n paar foto's geneem. Daar is lekker gekuier oor ’n glasie wyn en ietsie te ete. Hier is die skrywers Helene de Kock en Jeanette Ferreira aan die gesels terwyl die skrywer Susan Olivier en Aretha du Rand in die agtergrond druk in gesprek is. Links agter staan Jackie Grobler, historikus by UP. Skrywers Helene de...

Robinson Regstreeks: Reeksmoordenaars
2011-10-27
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 30 Oktober20:00–20:30 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19:30 Die gru-storie van Louise de Waal van die Wes-Rand, wat ontvoer, verkrag en vermoor is, het almal geskok. Ons was by Louise se begrafnis, praat met nog ’n ma se wie se kind verlede jaar dood is weens dieselfde man. Ons hoor die storie van Joan Homan, die enigste meisie wat destyds uit Gert van Rooyen se huis ontsnap het. ’n Senior staatsaanklaer...

Foto's: LAPA Leeskring-seminaar by Bloemdal-restaurant
Maggie van Eeden - 2011-10-26
LAPA Uitgewers het op 25 Oktober ’n Leeskring-seminaar by die Bloemdal-restaurant in Durbanville aangebied. LAPA-lesers is getrakteer op ’n driegang-ontbyt, praatjies deur van LAPA se mees gewilde skrywers en ’n keuse van twee van die betrokke skrywers se boeke. Pieter Aspe (Pierre Aspeslag), die Nederlandse skrywer wie se eerste twee boeke (Vierkant van die wraak en Die Midasmoorde) in sy misdaadreeks onlangs deur LAPA vertaal is, was in gesprek met Daniel Hugo. Aspe het...

Africa 101: A week-long African Arts Campus
2011-10-26


An exhibition of sculptural, video based and Stereoscopic (3D) works by Wayne Barker and Don Searll
2011-10-26
Untitled Document Muse Room: Wayne Barker, Maria Fidel Regueros and Don Searl Room is a new independent multi-disciplinary exhibition and project based space focused on collaboration, dialogue and exchange. The Official launch of Room & Opening of the exhibition titled Muse Room will be held on Saturday 29 October 2011 from 18h00 at 70 Juta Precinct, Juta Street, Braamfontein. Please join us for Room’s first Exhibition Opening & Reception of: An exhibition...

Ysberge en Trekvoëls deur Evette Weyeres by die Grevilleas Galery
2011-10-25


“Opera” – ’n Uitstalling van portret-etse van enkele operahelde en-heldinne deur Marinus Wiechers
Ina van Rooyen - 2011-10-20
Boris Godunov Uitstalling: Marinus Wiechers Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw Muckleneuk, Pretoria Vrydag 21 Oktober Milton Cross, die groot operakenner, skryf: "Opera offers comedy, tragedy, pageantry and romance in a repertoire that is almost limitless." Operahelde en – heldinne is onverganklik. Met hul pragstemme op die wieke van hemelse musiek sing hulle van liefde, haat, verraad en al die menslike emosies wat die hart kan beroer. Marinus Wiechers se portret-etse...

Photos: Poetry Africa Tour
Bibi Slippers - 2011-10-20
Untitled Document On Saturday, 15th October, an exultant wave broke on the shores of Cape Town in the form of the Poetry Africa Tour, the touring leg of the annual Poetry Festival held in Durban. Lebo Mashile welcomes the audience to the Cape Town leg of the Poetry Africa Tour. Lebo Mashile Gabeba Baderoon looks out over the packed house at the CTICC. Gabeba in action Gabeba Baderoon Sandile Dikeni performs his poems from...

Fotoblad: Die Melville Poetry Festival
René Bohnen - 2011-10-20
Untitled Document Die Melville Poetry Festival het op Saterdag 15 Oktober in Johannesburg afgeskop. René Bohnen was daar met haar kamera. Melville Poetry Festival Andries Bezuidenhout, wat gelees het hoe hy maar liewers by party dorpe verbyry Botsotso Jesters op die straathoek Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem en as JC Blyk Corne Coetzee lees uit Nuwe Stemme. Colin Smuts lees die gedig voor wat sy vriend Wopko...

Robinson Regstreeks: Thuli Madonsela
2011-10-19


Die Gees van Beweging: ’n Uitstalling van olieverfskilderye deur Stefan Rossouw
2011-10-14
Stefan Rossouw is ’n toegewyde kunstenaar wat reeds vir byna 20 jaar die skilderkuns beoefen. Hy is passievol oor die ou meesters uit die klassieke tye en die briljansie en fyn detail van sy werk getuig van hierdie begeestering. Met sy eerste hoogs suksesvolle solo-uitstalling het hy die delikate kwaliteite van lig weergegee en veral hoe die oog meegevoer word deur glansende weerkaatsings. Met sy jongste uitstalling Die Gees van Beweging wat op Vrydag 7 Oktober 2011 geopen is, bou hy voort...

Fotoblad: Simposium oor die lewe en werk van Adam Small
Bibi Slippers - 2011-10-13
Untitled Document ’n Simposium oor die lewe en werk van Adam Small is op Vrydag 8 Oktober by die UWK aangebied. Small sal in Desember vanjaar sy 75ste verjaarsdag vier, en akademici met persoonlike en professionele bande met Small het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om te besin oor Small se bydrae as digter, dramaturg, filosoof en mens. Hein Willemse Wium van Zyl Nico Koopman Adinda Vermaak Madge du Preez Frank Hendricks Die...

Robinson Regstreeks: Die nuwe gesondheidsversekeringsplan
2011-10-13
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 16 Oktober20:00–20:30 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 20:00 Die nuwe voorgestelde gesondheidsversekeringsplan sal mediese dienste ingrypend verander. Die groenskrif daarvoor is nou op die tafel vir kommentaar. Dit behels onder meer dat die plan oor 14 jaar ingefaseer gaan word, en dit sal miljarde kos, alles met die doel om beter mediese dienste vir ’n groter deel van die bevolking te verskaf. Wie gaan...

Robinson Regstreeks: ''Wit skuld'' & versoening
2011-10-06
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 9 Oktober20:00–20:30 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 20:00 ’n Debat oor “wit skuld” woed in die media. Apartheid het wittes bevoordeel, veral Afrikaners. Dit was ’n onregverdige stelsel wat nie goedgepraat kan word nie. As wittes ernstig voel oor versoening en nasiebou, behoort daar ’n belasting te wees vir boetedoening van die verlede? Ander voel weer Afrikaners het baie gedoen...

Robinson Regstreeks: Munisipale bestuurders
2011-09-29
Untitled Document Robinson Regstreeks Sondagaand 2 Oktober20:00–20:30 op KykNet Robinson Regstreeks, nou in spitstyd op Sondagaand 19:30. Suid-Afrikaners is keelvol vir die swak plaaslike regering en munisipale verval. Korrupsie en vergrype is algemene kennis. Ten spyte hiervan verdien stadsbestuurders prestasiebonusse. Van die 283 munisipaliteite landswyd, is net 17 wêreldklas. Ons praat met kenners oor onbevoegde amptenare en wanbestuur en vra die adjunkminister van samewerkende...

’n Uitstalling van skilderye deur Martie Strydom
Ina van Rooyen - 2011-09-29
Untitled Document "Low tide" Haikoes van die See Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieuw-Muckleneuk Vrydag 30 September: 18h30 vir 19h00 "Blue horizon" Martie Strydom is ’n juwelier, illustreerder, finalis in die Absa Atelier kompetisie en sedert 1997 ’n voltydse kunstenaar met ’n paar suksesvolle uitstallings op haar kerfstok. Sy skilder hoofsaaklik met olieverf op doek en beeld veral die menslike figuur uit. Daarmee konsentreer...

Open Book Festival: Day 3
Bibi Slippers - 2011-09-28
Untitled Document A young blood to watch Paul Harding, author of Tinkers, in conversation with Sfiso Mzobe, author of Young Blood. Both were awarded literary prizes for their debut novels. Paul Harding was full of praise for Sfiso’s novel, drawing attention to the deep humanism which underpins this tale of a youth gone wrong. Sfiso Mzobe spoke of the divisions that still exist in our country, and about how literature can address some of our deepest...

Versindaba 2011: Adam Small se kitaar en kruis
Bibi Slippers - 2011-09-26
Die digter Adam Small is op Saterdag 24 September by die Versindaba gehuldig. Twee-en-twintig digters het op ’n uitnodiging reageer om ’n gedig te skryf wat in gesprek tree met, of hulde bring aan, hom. Die inisiatief was die breinkind van RSG-omroeper Iris Bester, en is opgeneem om verwerk te word in ’n program oor Small wat later op RSG uitgesaai sal word. Akteur Nic de Jager het ingestem om die digters wat nie die geleentheid kon bywoon nie, se verse voor te lees. Afskrifte...


<< 1 2 3 4 11 >>