Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Michael le Cordeur: Die punt is

Michael le Cordeur: Die punt is


<< 1 >>

Die rustelose kind van Worcester: ’n digter sonder erkenning
Michael le Cordeur - 2011-10-13
Dis tyd dat die uitgewers hul trots in hul sak steek en die erkenning aan Floris Brown gee wat hom toekom. Of gaan ons, soos in die geval van ’n ander reus en bruin gemeenskapsdigter, Adam Small, wag totdat dit reeds te laat is? Michael le Cordeur het Saterdag ’n lesing gelewer by die Versindaba op die kampus van die US waarin hy geargumenteer het dat Brown as digter reeds wasdom bereik het, miskenning ten spyt. Floris Brown na sy optrede in Zuid-Afrikahuis in Amsterdam Ek...

Die pad na versoening is lank ...
Michael le Cordeur - 2011-07-27
Untitled Document Dit het die afgelope tyd weer eens duidelik geword dat die pad na versoening besonder lank is en daar sal nog baie water (en trane) in die see loop voordat ons na onsself kan verwys as die reënboognasie waarvan Desmond Tutu gedroom het en wat Madiba ons gevra het om te bou. Dié van u wat onlangs my lesing by die SA Akademie se simposium op Potchefstroom bygewoon het, sal onthou dat ek gepraat het oor: ’n Postapartheid-onderwysstelsel vir die nuwe Suid-Afrikaanse...

’n Swart taal is ’n gulde geleentheid
Michael le Cordeur - 2011-04-14
Untitled Document ’n Swart student in haar vierde jaar kom die afgelope week na my toe met ’n eenvoudige versoek: “Dok, kan jy my asseblief help om Afrikaans aan te leer? Die taal is so mooi, en ek voel dit sal ’n bate wees as ek benewens isiXhosa en Engels ook Afrikaans kan praat.” Jy kon my omtik met ’n veer. “Natuurlik, Nosiwe, ek help graag.” As ons as Afrikaanssprekendes dieselfde ingesteldheid as hierdie jong dame kan hê, kan ons almal...

Hoe vier ons Jeugdag? Watter boodskap gee ons aan die jeug?
Michael le Cordeur - 2011-03-22
Ons het so pas Menseregtedag gevier en dis binnekort weer tyd om Jeugdag te vier. Maar die jeug het steeds geen basiese menseregte nie en Jeugdag is vandag een van die mees verdelende dae op ons kalender. Aan die een kant is daar die groep wat ’n groot byeenkoms bywoon terwyl die hoofspreker slagspreuke skreeu met ’n gebalde vuis in die lug. Aan die ander kant is daar diegene wat 16 Junie sien as net nog ’n dag weg van die werk en die boeke en as hoogtepunt ’n braai. Toe...

Ek is (ook) ’n Afrikaan: Is Suid-Afrika ’n tuiste vir almal?
Michael le Cordeur - 2011-03-09
Die onlangse debat oor rassisme na aanleiding van Annelie Botes se gewraakte woorde, “Ek hou nie van swart mense nie”, asook Jimmy Manyi se rassistiese opmerking dat daar ’n oorkonsentrasie van bruin mense in die Wes-Kaap is, het opnuut die aandag gevestig op die rassekwessie in ons land en die vraag laat onstaan: Wie is almal Suid-Afrikaners? Almal wat Suid-Afrikaanse burgerskap geniet, sou ’n mens kon sê. Maar dis nie so eenvoudig nie. Die uitdrukking “’n...

Wellington se klopse: die bes-bewaarde geheim in Suid-Afrika
Micheal le Cordeur - 2011-02-09
Dis 1 Januarie 2011. Ten spyte van die reën heers daar afwagting in die Boland Rugbystadion op die koms van die Wellingtonse klopse vir die jaarlikse Klopse-kompetisie. Die reën is ongewoon vir dié tyd van die jaar. Dit het reeds die jaarlikse optog deur die strate van Wellington gepootjie. Maar dit het nie die groot skare verhinder om reeds die hoofpawiljoen vol te pak nie. Dis hoe passievol die mense is oor hulle klopse. Die klopsetradisie in Wellington is dalk nie so bekend soos...

Moedertaalonderrig bevorder leerderprestasie en kulturele diversiteit
Michael le Cordeur - 2011-01-18
Met die afskaffing van apartheid het die nuwe regering die edele beginsel van ’n veeltaligheidsbeleid aanvaar wat erkenning aan 11 amptelike tale gegee het. Daarmee is die grondslag gelê vir twee belangrike ontwikkelingsinisiatiewe wat as meganismes kon dien in die proses van nasiebou in ons jong demokrasie: kulturele diversiteit en moedertaalonderrig. Volgens ’n wêreldverslag van UNESCO het kulturele diversiteit met die draai van die eeu as ’n sleutelbegrip na vore...

As ’n kind nie kan lees nie
Micheal le Cordeur - 2010-10-19
“Dit mag mos nie wees nie. Hoe het die kind op die hoërskool gekom?” My seun, wat sy ma help met die opstelpunte van haar graad 8-leerders, is sigbaar ontsteld. My vrou, soos ek ’n Afrikaans-onderwyser in murg en been, gee een kyk na die opstelboek: “Dis Pietie,1 hy kan nie lees nie.” Dis elke jaar se storie. Elke jaar beland daar kinders op hoërskool wat nie kan lees nie. Byna elke hoërskool waarvan ek weet. En die syfer groei steeds ... Hoe het Suid-Afrika...

Wat Suid-Afrika by Pole kan leer, en wat nie
Micheal le Cordeur - 2010-09-29
Warsawa is ’n moderne wêreldstad – terloops, die naam is nie Warsaw (Engels) of Warskou (Afrikaans) nie. Skou, oftewel beskou, soos in het gesien oftewel saw is ver verwyderd van die oorspronklike betekenis. Volgens die dosente by die Frederick Chopin Universiteit van Warsawa, asook die toergids wat ons op die Chopin-toer begelei het, was ene Wars en sy vrou Zawa die eerste inwoners van die Poolse hoofstad en is die stad na hulle vernoem. Afrikaans se beheptheid om alles te wil...

Tyd om ’n doel te skop in elke skool
Michael le Cordeur - 2010-08-10
Dis Vrydagmiddag skuins na drie. Ek sit voor my rekenaar en skryf. Ek is grieperig en moes op doktersorders binnenshuis bly. Êrens klink die gejuig op van ’n uitbundige skare. ’n Paar vuvuzelas se nou al aanvaarbare geblêr kleur die prentjie verder in. Dis ’n prentjiemooi middag op Wellington. ’n Sonskynmiddag hier in die winter met die sneeubedekte Hawekwaberge as backdrop maak my tuisdorp een van die mooiste plekke in die land. Dis die jaarlikse derby tussen...

Maak 16 Junie relevant vir alle jongmense
Michael le Cordeur - 2010-06-25
Michael le Cordeur was op 16 Junie 1976 in matriek en dink terug aan wat daardie dag gebeur het en hoe dit die landskap van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onherroeplik sou verander. Ek wil onder geen omstandighede voorgee dat hierdie slegs my verhaal is nie. My storie is hoogstens ’n metafoor vir duisende ander wat, soos ek, dieselfde gebeure beleef het. Dit is ’n poging om erkenning te gee aan almal wat help skryf het aan die storie van die nuwe Suid-Afrika, maar wie se name...

Rachel’s Angels: Styg uit bo hul omstandighede
Micheal le Cordeur - 2010-03-01
Die redakteur van Die Burger, Henry Jeffries, roer onlangs in sy weeklikse rubriek die kwessie aan van hoe om meer minderbevoorregte Afrikaanssprekende, en veral bruin/swart, studente in kontak met die Universiteit Stellenbosch (US) te bring en dit vir hulle moontlik te maak om op universiteit te studeer. Die US is onder groot druk om sy diversiteitsprofiel te verbeter en dit in lyn te bring met die transformasiedoelwitte van die regering soos uiteengesit in die Witskrif op Hoër onderwys van...

Hoe lyk ’n bruin intellektueel?
Michael le Cordeur - 2010-02-15
Die frase bruin intellektuele het die afgelope week sy kop uitgesteek. Daar sou kwansuis net drie “bruin intellektuele” by FW de Klerk se Taalberaad op die plaas Vredenheim (is die naam nie ironies nie?) net buite Stellenbosch opdaag (ek was een van die drie). En by die internasionale Roots-kongres verlede jaar, September by UWK (waar ek ’n voordrag gegee het), sou ’n klein groepie “bruin intellektuele” glo die kongres wou kaap. En verlede Sondag in Rapport vra...

Die punt is: Moedertaalonderrig is nie ’n voorreg nie; dit is ’n mensereg
Michael le Cordeur - 2010-01-18
Dis weer daardie tyd van die jaar. Suid-Afrika se matriekuitslae is pas bekend gestel en dit is, soos die afgelope agt jaar, weer laer as die vorige jaar. Hierdie jaar het slegs 60,6 persent van alle matrieks deurgekom vergeleke met 62,7 persent verlede jaar. Sedert 2003 het die matriekuitslae met reëlmaat gedaal, die talle pogings om dit te verbeter ten spyt. Daar word baie redes aangevoer vir die swak matriekuitslae. Sommige meen dat Uitkomsgebaseerde Onderrig (UGO) uiteindelik sy tol...

Hoërskool Ermelo: ’n kans om ’n slag te slaan vir Suid-Afrika én Afrikaans
Michael le Cordeur - 2010-01-10
Teen hierdie tyd is dit ou nuus dat die Hoërskool Ermelo sy taalbeleid gewysig het om van aanstaande jaar af ook Engelse (lees swart) leerders toe te laat. Volgens berigte het die skool se bestuursraad hierdie besluit “vrywillig” geneem, maar die publiek is slim genoeg om te weet dat daar van alle kante druk uitgeoefen is. Dis soos wanneer mnr Maroga van Eskom uit sy pos bedank en dan agterna aankondig dat hy dit “vrywillig” doen. Die doel van hierdie artikel is om die...

De Doorns: ’n xenofobiese nagmerrie
Michael le Cordeur - 2009-12-08
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) beskryf xenofobie as "vreemdelingehaat; afkeer van alles wat vreemd is"; en sê ook: “Xenofobie ontwikkel gou as te veel mense van ’n vreemde kultuur hulle in ’n land vestig.” Volgens die Instituut van Rasse-aangeleenthede is daar tans tot soveel as vyf miljoen onwettige immigrante in Suid-Afrika, die meeste afkomstig uit Zimbabwe. Ander beweer dat daar net soveel wettige immigrante met werkpermitte in ons...

Bafana O, Bafana: die probleem strek veel dieper
Michael le Cordeur - 2009-11-10
“Dis mos goedkoper om ’n Brasiliaanse afrigter ’n paar miljoen dollar te betaal en te hoop vir die beste! Hoop dat Bafana Bafanaons nie weer in die steek gaan laat nie.”Dit is ’n uittreksel uit ’n artikel wat ek in 2007 vir die onderwystydskrif Die Wynstok geskryf het. Dit was net nadat Suid-Afrika die Rugbywêreldbeker in Frankryk gewen het. ’n Gees van opwinding het soos ’n golf deur die land gespoel. Almal was trots op die Springbokke. En...

Ons skole het verander in tronke
Michael le Cordeur - 2009-10-28
Toe ek onlangs die koerantopskrif "Metaalverklikkers om 109 skole wapenvry te maak" lees, het die woorde van Cicero my bygeval: "The authority of those who teach is often an obstacle to those who want to learn."Dat daar ‘n groot skroef los is in die onderwys is lankal nie meer ‘n geheim nie. Jy kan enige dagblad oopslaan en die boodskap is daar vir almal om te lees: Jonathan Jansen, Mamphela Ramphele, Rhoda Kadalie en Paul Golditch is van die leiers wat gereeld hul...

Kyk na die telbord, sê Pieter
Michael le Cordeur - 2009-10-09
Nou waarom, sal mense wonder, wil ek my vandag uitspreek oor iets so omstrede soos rugby? Enigeen wat ‘n mening durf waag oor hierdie sport, moet tog weet hy tender vir moeilikheid? En wat weet ek in elk geval van rugby? Wel, ek loop nou nie juis daarmee te koop nie, maar die uwe het op sy dag genoeg rugby gespeel om ten minste te weet wanneer ‘n speler sy plek verdien (en nie daar is net omdat sommige dink hy is ‘n kwota nie) of wanneer ‘n afrigter sy sout werd is. Mag ek...

Caster Semenya: Deur haar eie mense in die steek gelaat
Michael le Cordeur - 2009-10-02
So van die kant af het ek - en ek glo baie ander Suid-Afrikaners – die Caster Semenya-sage dopgehou. En hoe meer ons kyk, hoe leliker word die storie. Ek wil na drie aspekte verwys. Eerstens is daar die hantering van die saak deur die IAAF. Dat hulle lelik gefouteer het, is so helder soos daglig. Daar is steeds een vraag wat onbeantwoord bly: die IAAF het reeds verskeie vroue geslagstoetse laat ondergaan, en tog weet niemand in die wêreld wie hulle is nie. Hoe het dit dan gebeur dat...

Sutherland: plek van Engele en Sterre
Michael le Cordeur - 2009-09-10
Toe ek nog ’n kind was, het my ouers loseerders gehad. Almal leerders aan die Hoërskool Bergrivier. Destyds (die vroeë jare sewentig) was Bergrivier, Schoonspruit, Esselenpark, Noorder-Paarl en Emil Weder die enigste beskikbare hoërskole vir die bruin Afrikaanse plattelandse kind in die Wes-Kaap.1 Die skole het nie koshuise gehad nie; kinders moes hul ouerhuis verlaat en elders ’n losiesouer vind as hulle wou hoërskool toe gaan. So was daar wyle Adam McClune van...

Meneer, ek soek werk
Michael le Cordeur - 2009-08-27
Soms trek die ou lewe mens ‘n lekker streep. Die lewe is nooit reguit of glashelder nie. Altyd die kinkel in die kabel. Hy leer jou om die soet saam met die suur te ervaar, want, sê my ma, so kweek jy waardering vir die lewe. Hierdie skrywer het die voorreg om elke oggend een van ons land se mooiste en oudste dorpe binne te ry, om daar tussen die akkerbome my brood en botter te verdien. Om ‘n toekoms vir my kinders te skep. Maar voor jy Stellenbosch binnery, moet jy eers stilhou...


<< 1 >>